You are on page 1of 3

Tema: Gesigsuitdrukkings

SINSOORTE

Graad 4 Afrikaans HT: Werkkaart

Taalvaardigheid: Taalstrukture en -konvensies

SINSOORTE
In Afrikaans kry ons verskillende soorte sinne wat ons gebruik wanneer ons lees, praat
en skryf. Hierdie sinne word dan ook op verskillende maniere gelees en gesê.
Let op na die leestekens by elke sinsoort!

Hier is die 4 sinsoorte waarna ons nou gaan kyk:


1. Stelsin - ’n Stelling word gemaak.
Bv. Ek sit op die stoel.
Daar kom ’n PUNT aan die einde van ’n stelsin.

2. Bevelsin - ’n Opdrag word gegee.


Bv. Gaan sit nou op die stoel.
Aan die einde van ’n bevelsin kan ’n PUNT of
UITROEPTEKEN gebruik word. Dit hang af van die sin.

3. Uitroepsin - ’n Uitroep word gemaak.


Bv. Die stoel se poot gaan breek!
Aan die einde van ’n uitroepsin moet daar ALTYD ’n
UITROEPTEKEN geskryf word.

4. Vraagsin - ’n Vraag word gevra.


Bv. Het die poot toe gebreek?
Aan die einde van ’n vraagsin moet daar ALTYD ’n
VRAAGTEKEN geskryf word.

1
BAIE BELANGRIK:
As jy die verkeerde leesteken gebruik is jou sin VERKEERD.
Dink aan verskillende gesigsuitdrukkings wanneer jy sinsoorte leer. Mense het
verskillende uitdrukkings wanneer hulle sekere sinne sê – net soos sinsoorte
verskillende leestekens aan die einde moet hê.

Oefening:

Benoem die sinsoorte van die volgende sinne:

1. Ek is baie gelukkig. (1)


2. Hoekom lyk jy so hartseer? (1)
3. Kom onmiddellik hier! (1)
4. Ek wil nie nou saamgaan nie. (1)
5. Gaan haal jou huiswerkboek. (1)
6. Hoera! Ons het die wedstryd gewen! (1)
7. Maak jou kamer skoon! (1)
8. Wil jy vanmiddag by my kom speel? (1)
9. Ek hou baie van rugby. (1)
10. Eina! Ek het op die teer geval! (1)

Skryf die volgende sinne oor en vul die korrekte leesteken aan die
einde van die sin met ’n kleurpen in:

11. Gaan bêre jou glas (1)


12. Moet ek vir jou koeldrank ingooi (1)
13. Pasop vir die kar (1)
14. Dit is mooi tekkies wat jy gekoop het (1)
15. Staan verder weg van die braai (1)

Skryf die naam van die leesteken/leestekens neer wat aan die einde
van die volgende sinsoorte gebruik moet word:

16. Sal jy jou kamer netjies maak (1)


17. Ag nee, ek is alweer siek (1)
18. Ek is so lief vir sjokolade (1)
19. Sit nou stil (1)

20. Skryf nou jou eie uitroepsin neer. (1)

[20]

2
Memorandum:

1. Stelsin ✓ (1)

2. Vraagsin ✓ (1)

3. Uitroepsin ✓ (1)

4. Stelsin ✓ (1)

5. Bevelsin ✓ (1)

6. Uitroepsin ✓ (1)

7. Bevelsin ✓ (1)

8. Vraagsin ✓ (1)

9. Stelsin ✓ (1)

10. Uitroepsin ✓ (1)

11. Gaan bêre jou glas. / ! ✓ (1)

12. Moet ek vir jou koeldrank ingooi? ✓ (1)

13. Pasop vir die kar! ✓ (1)

14. Dit is mooi tekkies wat jy gekoop het. ✓ (1)

15. Staan verder weg van die braai. / ! ✓ (1)

16. Vraagteken ✓ (1)

17. Uitroepteken ✓ (1)

18. Punt ✓ (1)

19. Punt of uitroepteken ✓ (1)

20. Leerder se eie sin. (Uitroepsin met uitroepteken) ✓ (1)

[20]

You might also like