You are on page 1of 4

Tema: Restaurant

IN DIE RESTAURANT

Graad 4 Afrikaans HT: Werkkaart

Taalvaardigheid: Taalstrukture en -konvensies


Lettergrepe en klankgrepe

Lettergrepe:
- Klankdele waarin woorde opgedeel word.
- Ons kry oop en geslote lettergrepe.
- Oop lettergreep: Eindig op ’n vokaal/klinker. (a, e, i, o, u)
- Geslote lettergreep: Eindig op ’n konsonant/medeklinker.
Voorbeelde:
(Die o en die g dui aan of dit ’n oop of geslote lettergreep is.)
Kom (g) – kom (g) – mer (g)
Pot (g) – lood (g) – sak (g) – kie (o)

Klankgrepe:
- Die verdeling van klanke volgens hoe ’n woord klink.
- Woorde word hier steeds soos in lettergrepe verdeel, maar volgens die
klank wat jy hoor as jy die woord hardop sê.
- Woorde mag hier verkeerd gespel word. (Woorde klink nie altyd presies
soos ons dit skryf nie.)
Voorbeelde:
Komkommer: kom – ko – mer
Potloodsakkie: pot – lood – sa – kie

ET-ter-gre-pE
Lank-gre-pe
1
Instruksie:
Lees die volgende teks en beantwoord die vrae wat daarop volg:

Leesstuk:

In die restaurant
Dis heerlik om in ’n restaurant te werk. Daar is altyd gawe kliёnte met wie jy kan
gesels so tussendeur die harde werk en baie rondloop. Met my voorskoot aan
probeer ek die beste kelnerin in die hele Suid-Afrika wees en bring ek elke spyskaart
met my mooiste glimlag na die tafel. Hier neem ek gou ’n bestelling en vir die paartjie
in die hoek vat ek nagereg. Die oom en tannie het ’n heerlike koppie tee bestel en
tafel 7 benodig nog drie stoele. Vandag is weer ’n bedrywige dag in hiérdie
restaurant. Gelukkig kry ek darem saam met elke rekening ’n heerlike fooitjie...

2
Oefening:

1. Verdeel die volgende woorde in lettergrepe. Dui ook by elke


lettergreep aan of dit oop (o) of geslote (g) is. (10)
1.1. Ysblokkie: ____________________
1.2. Bord: ________________________
1.3. Tafel: ________________________
1.4. Messegoed: ___________________
1.5. Rekening: ____________________
1.6. Sambreel: ____________________
1.7. Suiker: _______________________
1.8. Spyskaart: ___________________
1.9. Kelnerin: _____________________
1.10. Kliënt: _______________________
2. Verdeel die volgende woorde in klankgrepe: (10)
2.1. Beker: _______________________
2.2. Lepel: _______________________
2.3. Botter: _______________________
2.4. Bakkie: ______________________
2.5. Strootjie: _____________________
3. Is die volgende woorde in lettergrepe of klankgrepe verdeel? (10)
3.1. vur-ke: ______________________
3.2. ko-pie: _______________________
3.3. stoe-le: ______________________
3.4. na-ge-reg: ____________________
3.5. voor-skoot: ___________________
3.6. be-ste-ling: ___________________
3.7. kom-buis: ____________________
3.8. ei-e-naar: ____________________
3.9. ge-bou: ______________________
3.10. kon-tant: _____________________
[30]

3
Memorandum:
(10)
1.
1.1. Ys(g)-blok(g)-kie(o)
1.2. Bord(g)
1.3. Ta(o)-fel(g)
1.4. Mes(g)-se(o)-goed(g)
1.5. Re(o)-ke(o)-ning(g)
1.6. Sam(g)-breel(g)
1.7. Sui(o)-ker(g)
1.8. Spys(g)-kaart(g)
1.9. Kel(g)-ne(o)-rin(g)
1.10. Kli(o)-ënt(g)
2. (10)
2.1. bee-kir
2.2. lee-pil
2.3. bo-ter / bo-tir
2.4. ba-kie
2.5. strooi – kie
3. (10)
3.1. Lettergrepe
3.2. Klankgrepe of klankgrepe
3.3. Lettergrepe
3.4. Lettergrepe
3.5. Lettergrepe
3.6. Klankgrepe
3.7. Lettergrepe
3.8. Lettergrepe
3.9. Lettergrepe of klankgrepe
3.10. Lettergrepe
[30]

You might also like