You are on page 1of 46

(2009)

AFDELING D KOMMUNIKATIEWE TAAL

VRAAG 8 SINSTRUKTURE

Hierdie advertensie met die opskrif 'WEES BLY JY'S 'N MAN' het onlangs verskyn. Bestudeer die
advertensie. Skryf dan die sinne wat daarop gebaseer is oor soos aangedui.

8.1 John vra vir James of hy saam met hom 'n drankie wil gaan drink.
John vra: "…" (1)

8.2 James dink nie aan allerhande dinge om te doen nie. Hy fokus net op die drankie wat
hy gaan drink.
James dink nie aan allerhande dinge om te doen nie, aangesien … (1)

8.3 John nooi ook vir Sandy sodat sy saam met hulle kan gaan.
John nooi ook vir Sandy om … (1)

8.4 James gaan dadelik na die restaurant toe. Sandy is al lank verlief op James.
James, op wie …, … (1)

8.5 Sandy koop gereeld nuwe klere by die duurste boetieks om James te beïndruk.
In die verlede … (1)

8.6 Gaan Sandy sowel 'n kniebroek as 'n bloes na die restaurant toe aantrek?
Nee, Sandy gaan … (1)

Bladsy 1 van 46
8.7 Sandy besluit op 'n denim en 'n geblomde bloesie. Sy weet nie watter skoene om aan
te trek nie.
Nadat …, … (1)

8.8 Sy kies uiteindelik 'n gemaklike paar sandale, maar sy weet nie of alles bymekaar pas
nie.
'n Paar minute gelede …, maar sy weet nie of alles bymekaar pas nie. (1)

8.9 Het jy al 'n meisie met soveel skoene soos Sandy ontmoet?
Nee, … (1)

8.10 Sandy kom by die restaurant aan, maar sy kan nie besluit wat sy wil drink nie.
Sandy kan nie besluit wat sy wil drink wanneer … (1)

8.11 Die verskeidenheid is baie groot, tog hou sy van niks wat sy sien nie.
Al … (1)

8.12 Sandy kies uiteindelik 'n aarbei-melkskommel om haar dors te les.


'n Aarbei-melkskommel… (1)
[12]

VRAAG 9 WOORDSTRUKTURE

Lees die volgende paragraaf wat ook op die advertensie gebaseer is, deur. Doen elke keer wat
tussen hakies gevra word. Skryf net die nommer en die korrekte antwoord in jou antwoordskrif
neer.

Die advertensie op bladsy 13 probeer bewys dat dit vir mans baie 9.1 (eenvoudig – gee die
vergrotende trap) as vir vrouens is wanneer hulle besluite moet neem. 'n Man sal nie eers 9.2
(argument – gee die korrekte vorm van die woord) oor wat hy moet 9.3 (aansit/aantrek –
kies die korrekte woord) as 'n vriend hom vir 'n drankie nooi nie. Hy sal 9.4 (onmiddellik –
sinoniem) in sy motor klim en na die restaurant of 9.5 (bar – gee die korrekte Afrikaanse
woord) toe ry.
'n Vrou, daarenteen, se kop werk heeltemal anders: sy sal 9.6 (bv. – skryf die afkorting voluit)
eers moet besluit watter soort broek sy gaan dra. Sy sal 9.7 (baie ongelukkig – gee die
intensiewe vorm) wees as die broek van haar 9.8 (kies – gee die korrekte vorm van die
woord) haar nie 9.9 (maar/maer – kies die korrekte woord) laat lyk nie. Daarna sal sy 'n
9.10 (top – gee die verkleiningsvorm) wat die 9.11 (goed – gee die oortreffende trap) by die
broek pas, probeer kry. Sy besluit uiteindelik op 'n 9.12 (sonder moue – gee een woord)
bloesie. Sy kyk na die rye en rye 9.13 (poleer – gee die korrekte vorm van die byvoeglike
naamwoord) skoene in haar kas. Sy sien 'n foto van haar vriendin 9.14 (op/aan/teen – kies die
korrekte voorsetsel) die muur, en besluit om skoene aan te trek wat soos 9.15 (syne/haar s'n/
hare – kies die korrekte voornaamwoord) lyk. Sy kom uiteindelik om 9.16 (19.15 – skryf in
woorde) by die restaurant aan.
[16 × ½ = 8]

Bladsy 2 van 46
VRAAG 10 TAALKOMMUNIKASIE

As skoolkinders Saterdae aan sportbyeenkomste deelneem, is dit dikwels interessanter om na die


ouers se reaksies langs die sportveld te kyk as na die spel self. Veral party ma's leef hulle dikwels
só in die spel in dat hulle nie eens agterkom dat ander mense hulle dophou nie.

Kyk na die prentjie hieronder en doen dan die volgende:

Elke respons hieronder moet 10 – 12 woorde lank wees (een of twee sinne).

10.1 Vrou nommer 2 gebruik albei hande om na iets te wys. Skryf nou neer wat sy sê
terwyl sy dit doen. (2)

10.2 Vrou nommer 3 is kwaad oor wat een van die opponente gedoen het. Skryf neer
wat sy vir hom skree. (2)

10.3 Vrou nommer 4 probeer demonstreer watter beweging haar seun moet uitvoer.
Skryf neer wat sy vir hom skree om te doen. (2)

10.4 Die kort mannetjie agter haar (nommer 5) lyk nogal geïrriteerd, want die vrou gaan
so tekere dat hy nie goed kan sien nie. Skryf neer wat hý op hierdie oomblik dink.
Skryf die woorde neer soos wat hy dit dink. (2)

10.5 Die vrou heel regs (nommer 7) frons en hou haar een hand voor haar mond. Skryf
haar gedagte neer soos wat sy dit dink. (2)
[10]

[Bron: NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 14 tot
16 IEB Copyright © 2009]

Bladsy 3 van 46
(2010)
VRAAG 8 SINSTRUKTURE

Bestudeer die spotprent hieronder. Herskryf dan die sinne soos aangedui.

8.1 Die inbreker sê vir sy makker: "Hier hoef ons nie kwaad te word nie."
Die inbreker sê vir sy makker dat … (1)

8.2 Die gesin moet onmiddellik al hulle besittings aan die inbrekers oorhandig.
Al hulle besittings … (1)

8.3 Die hond het 'n demper om sy bek, want hy blaf gedurig.
Die hond het 'n demper om sy bek omdat … (1)

8.4 Die hond het 'n demper om sy bek sodat dit sy gedurige geblaf kan laat ophou.
Die hond het 'n demper om sy bek om … (1)

8.5 Die arme man het selfs sy pistole vir hulle gegee. Hy kon die inbrekers met die pistole
skiet.
Die arme man het selfs sy pistole waarmee … (1)

8.6 Die gesin was baie gehoorsaam. Die inbrekers het hulle geen kwaad aangedoen nie.
Omdat … , … (1)

8.7 Die verskrikte seuntjie bied sy kettie aan om die inbrekers te kalmeer.
Volgende keer … (1)

8.8 Alarms, hoë heinings en weerstand kan tot geweldsmisdade lei.


Bladsy 4 van 46
Beeld se opskrif het gelui dat … (1)

8.9 Gelukkig sien die inbrekers nie die twee selfone op die laaikas raak nie.
Laasnag … (1)

8.10 Het die gesin al geslaap toe die inbrekers by die huis ingekom het?
Nee, … (1)

8.11 Gisteraand het die hele gesin 'n vreeslike ondervinding gehad.
Op hierdie oomblik … (1)

8.12 Al het die seuntjie baie groot geskrik, het hy die hele tyd kalm gebly.
Alhoewel … (1)
[12]
VRAAG 9 WOORDSTRUKTURE

Lees die volgende paragraaf wat ook op die spotprent gebaseer is, deur. Doen elke keer wat
tussen hakies gevra word. Skryf net die nommer en die korrekte antwoord in jou
antwoordskrif neer.

Dit is 9.1 (2.00 – skryf in woorde) in die oggend. Die Smit-gesin word deur twee 9.2 (dief –
meervoud) oorval. Hulle besluit om nie met die inbrekers te 9.3 (argument – korrekte vorm
van die woord) nie en oorhandig al hulle goed 9.4 (vir + wat – betreklike voornaamwoord)
hulle so lief is 9.5 (vir/na/aan – korrekte voorsetsel) die inbrekers. Die inbrekers kan nie
9.6 (belowe/geloof/glo – kies die korrekte woord) wat hulle sien wanneer mevrou Smit haar
9.7 (baie duur – intensiewe vorm) en 9.8 (nuut – korrekte vorm van die woord) juwele vir
hulle wys nie.
Die 9.9 (verbaas – deelwoord) inbreker sê vir sy makker dat dit die 9.10 (goed – oortreffende
trap) huis is waar hulle nog ooit ingebreek het! Hoe minder mense saamwerk, hoe
9.11 (kwaad – vergrotende trap) word inbrekers gewoonlik. 9.12 (Vlg. – skryf voluit) keer
moet hulle net kalm bly en die mense se gevoelens 9.13 (respek – korrekte vorm van die
woord). Die vorige gesin 9.14 (wat/wie – kies die korrekte woord) hulle beroof het, het ‘n
9.15 (huil – deelwoord) baba gehad en dit het hulle baie senuweeagtig gemaak. Gelukkig is
dit hierdie keer baie 9.16 (moeiliker – antoniem).
[16 × ½ = 8]

VRAAG 10 TAALKOMMUNIKASIE

Kyk na die prentjie hieronder. Die situasie speel in 'n hofsaal af. Bestudeer die liggaamshouding,
gesigsuitdrukking en gebare van die karakters deeglik en voer die instruksies by elke vraag uit.

Bladsy 5 van 46
Elke respons hieronder moet 10 – 15 woorde lank wees (een of twee sinne).

10.1 Die polisieman (nommer 1) is baie honger en dink aan die kos wat sy vrou vir hom
vir middagete ingepak het. Skryf sy gedagte neer soos wat hy dit dink. (2)

10.2 Die man (nommer 2) is woedend omdat die vrou (nommer 4) sy motor gestamp het.
Hy vertel Regter Knot (nommer 3) presies hoe die vrou (nommer 4) sy motor gestamp
het. Skryf neer wat hy vir die regter sê. (2)

10.3 Regter Knot (nommer 3) is baie verveeld met die man se verduideliking. Skryf haar
gedagte neer soos wat sy dit dink. (2)

10.4 Die vrou (nommer 4) dink alles is 'n grap en sy beledig die man se motor. Skryf neer
wat sy van die motor sê. (2)

10.5 Die polisievrou (nommer 5) wens dat sy eerder 'n ander werk gekies het. Skryf neer
watter werk sy eerder sal wil doen en motiveer waarom sy eerder die ander werk sal
wil doen. Skryf haar gedagte neer soos wat sy dit dink. (2)
[10]
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I Bladsy 14 tot 16
IEB Copyright © 2010

Bladsy 6 van 46
(2011)
VRAAG 8 SINSTRUKTURE

Bestudeer die strokiesprent hieronder. Herskryf dan die sinne soos aangedui.

8.1 "Jy moet 'n paar briewe vir Sara skryf."


Jeremy se ma sê dat . . . (1)

8.2 Sy het diep gedagtes en gedigte vir Jeremy se pa geskryf.


Sy het sowel . . . (1)

8.3 Hulle het jare gelede uitgegaan en sy het bladsye vol gedagtes neergeskryf.
Op die oomblik . . . (1)

8.4 Sy het haar gedagtes op papier geskryf, daarna het sy gedigte neergepen.
Nadat . . . (1)

8.5 Jeremy se ma gee vir hom raad sodat hy Sara se hart kan verower.
Jeremy se ma gee vir hom raad om . . . (1)

8.6 Die brief was binne 'n paar dae by sy pa. Sy het die brief poskantoor toe gevat.
Die brief wat . . . (1)

8.7 Jeremy se ma het elke week 'n liefdesbrief by die poskantoor gepos.
'n Liefdesbrief . . . (1)

8.8 'n SMS word egter vinnig deur Jeremy gestuur om sy liefde oor te dra.
Jeremy . . . (1)
8.9 Skryf Jeremy se ma nog liefdesbriewe?
Nee, ... (1)

8.10 Jeremy sê vir sy ma dat hy meer daarvan hou om per SMS te kommunikeer.
Jeremy sê: "Ma, ..." (1)

Bladsy 7 van 46
8.11 Jeremy se ma is baie teleurgesteld met sy houding.
Volgende keer ... (1)

8.12 Omdat hy nie na haar luister nie, is sy baie teleurgesteld.


Hy luister nie na haar nie, gevolglik ... (1)
[12]
VRAAG 9 WOORDSTRUKTURE

Lees die volgende paragrawe wat ook op die strokiesprent (bl. 13) gebaseer is, deur. Doen elke
keer wat tussen hakies gevra word. Skryf net die nommer en die korrekte antwoord in jou
antwoordskrif neer.

Kommunikasie het deur die jare baie verander. Kyk 9.1 (bv. – skryf voluit) hoe min mense nog
deesdae vir mekaar 9.2 (brief – meervoud) skryf. Dit was so 'n 9.3 (goed – korrekte vorm van die
woord) manier om jou gevoelens 9.4 (uitdruk – korrekte vorm van werkwoord). Vandag 9.5
(communicate – gee die Afrikaanse woord) mense eerder 9.6 (deur middel van – gee die
afkorting) hul selfone. Die 9.7 (maklik – oortreffende trap) manier is om 'n SMS te stuur. In ons
moderne lewens 9.8 (kies, verkies, keuse – kies die regte woord) ons SMS'e of 'n 9.9
(e-pos/epos – kies die korrekte spelling) bo briewe. Dis 'n 9.10 (baie vinnige – gee die
intensiewe vorm) manier om 'n boodskap te stuur.
As ons na die spotprent kyk, kan ons sien dat Jeremy se ma probeer om hom te vertel hoe
romanties 9.11 (sy/haar/syne – kies die korrekte voornaamwoord) verhouding met Jeremy se pa
was. Gedurende hulle 9.12 (kind + jare – vorm 'n samestelling) het hulle tot 9.13 (15:00 – skryf
die woord) in die middag skoolgegaan. Daar was nie tyd om sterk 9.14 (drink – gee die korrekte
vorm van die woord) te gebruik nie – hulle het hul ouers 9.15 (respek – gee die korrekte vorm van
die woord) en baie onskuldige klein 9.16 (gedig – verkleiningsvorm) vir mekaar geskryf.
[8]
VRAAG 10 TAALKOMMUNIKASIE

Kyk na die prentjie hieronder. Die situasie speel in 'n dokter se wagkamer af. Bestudeer die
liggaamshoudings, gesigsuitdrukkings en gebare van die karakters deeglik en voer die instruksies
by die vrae wat volg, uit.

Bladsy 8 van 46
Elke respons moet 15 – 20 woorde lank wees. Jy kan een of twee sinne by elke respons skryf.

10.1 Die dokter se ontvangsdame (nommer 1) is baie besig en sy raak geïrriteerd


met die vrou wat haar hand opsteek. Skryf neer wat sy dink. (2)

10.2 Die vrou met haar hand in die lug (nommer 2) voel dat sy dadelik gehelp
moet word. Watter rede gee sy? Skryf haar woorde neer. (2)

10.3 Die man met die verband om sy kop (nommer 3) het baie pyn en hy dink aan die
insident wat tot sy beserings gelei het. Skryf kortliks neer wat hy dink. (2)

10.4 Die swanger vrou (nommer 4) lyk effens verward, want sy gaan vandag hoor
of sy 'n seuntjie of 'n dogtertjie verwag. Skryf neer wat sy besig is om te dink;
sê watter geslag baba sy wil hê en hoekom. (2)

10.5 Die nuusleser op die TV (nommer 5) lees van iets verskrikliks wat op 'n
ander plek in die wêreld gebeur het. Skryf neer wat hy vir die televisiekykers lees. (2)
[10]
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I
IEB Copyright © 2011

(2012)
VRAAG 8 SINSTRUKTURE

Bestudeer die strokiesprent hieronder. Herskryf dan die sinne soos aangedui.

8.1 Jeremy dink aan verskonings omdat hy nie sy opstel wil skryf nie.
Jeremy dink aan verskonings om … (1)

8.2 Jeremy het op sy rug gaan lê waarna hy hardop begin dink het.
Nadat … (1)

8.3 "Jy moet eenvoudig net die opstel skryf."


Jeremy se vriend sê dat … (1)

8.4 Baie verskonings is deur Jeremy uitgedink om die skryfwerk te vermy.


Jeremy… (1)
Bladsy 9 van 46
8.5 Het Jeremy al met sy huiswerk begin?
Nee, … (1)

8.6 Omdat hy nie 'n loopbaan het nie, sal hy van dorp tot dorp ry.
Hy het nie 'n loopbaan nie, daarom … (1)

8.7 Jeremy sê vir sy vriend John dat hy op die straathoeke wil sing om geld te maak.
Jeremy sê vir sy vriend: "John, … " (1)

8.8 Jeremy staan nie eens op om vir John te help nie.


Gister … (1)

8.9 Jeremy beoefen sy musiektalent op straathoeke.


Jeremy behoort ... (1)

8.10 Jeremy gebruik elke keer 'n simpel verskoning.


'n Simpel verskoning … (1)

8.11 Die motor is stukkend. Die motor staan langs die pad.
Die motor wat … (1)

8.12 Jeremy besluit om nie sy opstel te skryf nie.


Verlede week … (1)
[12]
VRAAG 9 WOORDSTRUKTURE

Lees die volgende paragraaf wat op die strokiesprent hierbo gebaseer is, deur. Doen elke
keer wat tussen hakies gevra word. Skryf net die nommer en die korrekte antwoord in jou
antwoordskrif neer.

Jeremy staan met sy hande in sy 9.1 (sak – meervoud) en luister na sy ma. 9.2 (Hy/Sy – kies die
korrekte voornaamwoord) het nou net sy skoolboeke in sy 9.3 (kar – gee 'n sinoniem) gelaai. Die
ou kar 9.4 (leen/leun/leuen – kies die korrekte woord) na die een kant toe 9.5 (a.g.v. – skryf die
afkorting uit) die gewig van al die boeke. Die kar se klein 9.6 (wiel – gee die verkleiningvorm) is
pap. Jeremy se boeke is 9.7 (baie swaar – gee die intensiewe vorm) en hy het 'n vurkhyser nodig
om dit na sy motor te vervoer. Die skool begin op 'n 9.8 (Maandag – gee die afkorting) en sy ma is
baie 9.9 (opwen – gee die korrekte vorm van die woord) daaroor. Sy voel dat Jeremy nog baie
9.10 (lewe + lesse – vorm 'n samestelling) op skool moet leer. Hy is al 9.11 (12 – skryf die woord)

Bladsy 10 van 46
jaar op skool en hy voel nie meer 9.12 (ge-inspireerd/ geïnspireerd/ gêinspireerd – kies die
korrekte woord) om te werk nie. Dit is die 9.13 (moeg – oortreffende trap) wat hy nog ooit in sy
hele 9.14 (life – gee die Afrikaanse woord) gevoel het. Hy wonder of ander kinders se 9.15 (ma –
gee die meervoud) ook so bly is dat die skool weer begin. Ten minste is die skooldag om 9.16
(14:00 – skryf die woord) oor en verby.
[8]
VRAAG 10 KOMMUNIKASIE
Lees die inligting hieronder deeglik en voer die instruksies uit by die vrae wat volg.

Jy analiseer jou punte saam met jou ouers.


Skryf elke keer die respons van die persoon wat praat, neer. Elke respons moet tussen 15
en 20 woorde lank wees. Die respons kan uit een of twee sinne bestaan.
10.1 In een vak het jou punte van 'n D-simbool na 'n A-simbool verbeter. Wat sê jou pa
hiervan? (2)

10.2 In een vak het jou punte glad nie verbeter nie. Jy voel nie gelukkig hieroor nie,
want jy het baie tyd aan hierdie vak bestee om te verbeter. Wat sê jy vir jou ma
hieroor? (2)

10.3 In 'n ander vak het jou punte met een simbool verswak! Jou pa wil weet hoekom.
Wat is jou antwoord/verskoning? (2)

10.4 Jou punt vir Lewensoriëntering is baie swak! Jou onderwyser het die volgende in
jou rapport geskryf:

'Hierdie leerling konsentreer nie in my klas nie en werk nie hard genoeg om 'n beter punt te
verdien nie.'

Jy voel ongelukkig en stem nie saam met hierdie kommentaar nie. Vertel nou vir jou
ouers wat die eintlike rede is waarom die punt so swak is. (2)

10.5 Die gemiddeld van al jou vakke saam is baie hoër as voorheen. Jou pa is baie
beïndruk hiermee en wil vir jou beloon vir jou harde werk. Wat sê jou pa vir jou?
Noem ook die 'geskenk' wat hy vir jou wil gee omdat jou gemiddelde punt verbeter het. (2)
[10]
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I
IEB Copyright © 2012

Bladsy 11 van 46
(2013)
VRAAG 8 SINSTRUKTURE

Bestudeer die strokiesprent hieronder. Dit is van toepassing op Vraag 8 en Vraag 9.

VRAAG 8 SINSTRUKTURE

Bestudeer die voorafgaande strokiesprent en herskryf die sinne soos aangedui:

8.1 Die man sit en luister na die nuus.

Gister ... (1)

Bladsy 12 van 46
8.2 Is die vleis op die rooster al gaar?

Nee, ... (1)


8.3 Aangesien die weer goed is, kuier die gesin buite in die tuin.

Die gesin kuier buite in die tuin, want ... (1)

8.4 Robert sit eenkant op die stoel omdat hy na die nuus luister.

Robert sit eenkant op die stoel om ... (1)

8.5 Jy moet saam met die manne drink as hulle vleis braai.

Jy hoef ... (1)

8.6 Die man sit op die stoel. Hy hou nie van bier nie.

Die man wat ... (1)

8.7 Hierdie mense het elke naweek wors op die rooster gebraai.

Wors ... (1)

8.8 Koos vra vir Robert: "Wil jy saam met ons 'n drankie drink?"

Koos vra vir Robert of ... (1)

8.9 Die vrouens word gereeld deur die mans alleen gelaat.

Die mans ... (1)

8.10 Hy probeer die bier drink, maar hy hou nie daarvan nie.

Al ... (1)

8.11 Robert neem 'n slukkie bier. Hy gooi die res van die bier weg.

Nadat ... (2)


[12]

VRAAG 9 WOORDSTRUKTURE

Verwys terug na die strokiesprent. Lees die volgende paragraaf deur en doen dan
elke keer wat tussen hakies gevra word. Skryf slegs die nommer en die korrekte
antwoord in jou antwoordskrif neer.

Daar is 9.1 (4 – skryf die woord) mans en twee 9.2 (vrou – gee die meervoud) wat
saam buite in die tuin is. Die mans het elkeen 'n klein 9.3 (blik – gee die verkleinwoord)
bier in die hand. Die stoele 9.4 (op + wat – gee een woord) hulle sit, is baie gemaklik. Die
gesin hou elke 9.5 (Saterdag – gee die afkorting) 'n braaivleis. Ouma dra 'n 9.6 (glasses
– gee die Afrikaanse woord). Ouma hou nie daarvan dat hulle 9.7 (bier, wyn, sjerrie,
brandewyn – gee die versamelnaam) drink 9.8 (i.p.v. – skryf die afkorting uit)
Bladsy 13 van 46
koeldrank nie. Sy dink die mans raak te 9.9 (opgewonde/opwindend/opgewende – kies
die korrekte woord) as hulle te lekker saam kuier. Robert hou nie van bier nie en sê dit
smaak 9.10 (baie bitter – gee die intensiewe vorm). Hy gooi die bier in die 9.11 (mug –
gee die Afrikaanse woord) 9.12 ... (vul die korrekte voorsetsel in) sy rug op die gras
uit. Die ander mans vra geskok of hy 9.13 (mal – gee 'n sinoniem) is. Dit is die vinnigste
wat drie mans op die gras duik om die bier te kry. Die jong man se 9.14 (teehemp/T-
hemp/T hemp – kies die korrekte woord) span styf om sy bo-arms. Om hierdie mans so
op die grond te sien rondkruip, is die 9.15 (snaaks – gee die oortreffende trap) ding ooit.
Teen 9.16 (21:00 – skryf die tyd uit) is almal doodmoeg en gaan hulle slaap.
[16 × ½ = 8]

VRAAG 10 KOMMUNIKASIE

 Lees die inligting hieronder, wat op die spotprent gebaseer is, deeglik deur.
 Voer die instruksies, wat by elke situasie gevra word, uit.
 Skryf elke keer die woorde neer van die persoon wat praat.
 Elke respons moet tussen 12 – 18 woorde lank wees.
 Die respons kan uit een of twee sinne bestaan.

10.1 Die man met die sigaret in sy mond is bekommerd oor sy eie gesondheid.
Wat sê hy vir sy vriend? (2)

10.2 Sy vriend wat saam met hom stap, gee vir die man wat rook advies oor
wat hy moontlik kan doen om sy gesondheid te verbeter. Skryf neer wat
hy vir sy vriend sê. (2)

10.3 Die tienerseun, wat agter die twee mans stap, is laat vir 'n afspraak met
sy meisie. Hy skakel haar op sy selfoon om verskoning te maak. Watter rede
gee hy vir haar oor hoekom hy laat is? (2)

10.4 Die baba in die stootwaentjie huil omdat sy honger is. Wat sê haar mamma
Bladsy 14 van 46
vir die baba om haar te sus/paai? (2)

10.5 Die klein seuntjie met die pet op sy kop het weggedwaal van sy ouers en
voel bang en alleen. Wat sê/vra hy vir al die mense om hom? (2)
[10]
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I
IEB Copyright © 2013

(2014)
VRAAG 8 SINSTRUKTURE

8.1 Die seun speel op die klimraam. Hy ry op die swaai.


Nadat … (2)

8.2 Het die vrou al so 'n gelukkige seuntjie gesien?


Nee, … (1)

8.3 Die seuntjie jaag met sy driewiel by die vroue verby.


'n Rukkie gelede … (1)

8.4 Aangesien dit pouse is, speel die kinders op die speelgrond.
Die kinders speel op die speelgrond, want … (1)

8.5 Die onderwyseres staan en kyk na die seuntjie.


Verlede week … (1)

Bladsy 15 van 46
8.6 Die seun het die sokkerbal hard geskop.
Die sokkerbal … (1)

8.7 Die skoolhoof lyk bekommerd. Die onderwyseres praat met die skoolhoof.
Die skoolhoof met wie … (1)

8.8 Die onderwyseres sê: "Hy't 'n lewendige verbeelding."


Die onderwyseres sê dat … (1)

8.9 Die kleuterskool is veiliger as ander skole.


Volgende jaar … (1)

8.10 Die meisie hou haar pop vas omdat sy die pop beskerm.
Die meisie hou haar pop vas om … (1)

8.11 Die onderwysers moet 'n ogie oor die kinders hou.
Die onderwysers behoort … (1)
[12]

VRAAG 9 WOORDSTRUKTURE

Verwys na die strokiesprent hieronder. Lees die daaropvolgende paragraaf deur en doen
dan elke keer wat tussen hakies gevra word. Skryf slegs die nommer en die korrekte
antwoord in jou antwoordskrif neer.

Bladsy 16 van 46
Die man wat in die tuin staan, speel 9.1 ( ____ – benoem die sportsoort). Al is dit net 9.2 (09h00
– skryf die tyd uit) in die oggend, is dit baie warm. Die man is al 9.3 (80 – skryf die woord) jaar
oud. Hy is amper heeltemal 9.4 (kaal – gee 'n sinoniem), en lyk te snaaks met net 'n kortbroek
aan
en 'n 9.5 (mus/pet/hoed – kies die korrekte woord) op sy kop. Omdat hy al 9.6 (baie oud – gee
die intensiewe vorm) is, moet hy 'n 9.7 (glasses – gee die korrekte Afrikaanse woord) dra.
Sy vrou maak die venster 9.8 (wyd oop – gee die intensiewe vorm) en raas met hom. Die klein
9.9 (kat – gee die verkleinwoord) sit op die bure se karavaan. Die ou man gee nie om dat twee
9.10 (vrou – gee die meervoud) deur die vensters na hom kyk nie. Al wat hy wil doen, is om die
klein 9.11 (bal – gee die verkleinwoord) met die stok raak te slaan. Om hom met so min klere
aan
in die tuin te sien, is die 9.12 (snaaks – gee die oortreffende trap) ding ooit. Die buurvrou staan
9.13 ( ____ – gee die korrekte voorsetsel) die gordyn en 9.14 (luier/loer/leer – kies die
korrekte
spelling) skelm vir hom. Die ou man dra 'n verband om sy een knie 9.15 (a.g.v. – skryf die
afkorting uit) 'n besering wat hy verlede 9.16 (Feb. – skryf voluit) gekry het.
[8]
VRAAG 10 KOMMUNIKASIE

 Lees die inligting hieronder wat op die prentjie gebaseer is, deeglik deur.
 Voer die instruksies, wat by elke situasie gevra word, uit.
 Skryf elke keer net die woorde neer van die persoon wat praat.
 Elke respons moet tussen 12 – 18 woorde lank wees.
 Die respons kan uit een of twee sinne bestaan.

Dit is Saterdagaand en die gesin sit aan tafel en eet.

10.1 Die ma vra beleefd vir haar seun, Danie, om vir haar die slaaibak aan te gee. Sy
noem ook hoekom hy dit vir haar moet aangee. Skryf haar woorde neer. (2)

10.2 Die pa komplimenteer sy vrou met die lekker kos. Hy is ook gelukkig met die
soort kos wat sy gemaak het. Wat sê hy vir sy vrou? (2)

10.3 Danie, die seun, vertel opgewonde vir sy pa van hulle sport by die skool en hoe hy
Bladsy 17 van 46
in die wedstryd presteer het. Wat sê hy? (2)
10.4 Hulle dogter se vriendin, Susan, bring die naweek saam met die gesin deur. Sy
vertel vir almal waarheen en waarom haar ouers vir die naweek weggegaan het.
Skryf neer wat sy vir die gesin sê. (2)

10.5 Karen, hulle dogter, vertel dramaties vir almal van die fliek wat sy en Susan
Saterdagoggend gesien het en hoe bang hulle gevoel het omdat dit 'n riller was.
Wat sê sy vir haar ouers? (2)
[10]
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I
IEB Copyright © 2014

(2015)
VRAAG 8 SINSTRUKTURE

Bestudeer die strokiesprent hieronder en skryf dan die sinne wat daarop gebaseer is
oor soos aangedui. Moenie die basiese betekenis van die sinne verander nie.

8.1 Tradisionele skoolhandboeke sal elke dag werk. Hulle het nie elektrisiteit nodig nie.
Tradisionele skoolhandboeke wat ... (1)

8.2 Die man kondig aan: "Ons stel beurtkrag-bestande skoolhandboeke bekend!"

Bladsy 18 van 46
Die man kondig aan dat ... (1)

8.3 Jy gebruik nie elektrisiteit vir hierdie boeke nie.


Jy hoef ... (1)

8.4 Baie skole gebruik nou tablette om papier te bespaar.


Baie skole gebruik nou tablette sodat ... (1)

8.5 Die krag gaan af en die tablette kan nie gebruik word nie.
Toe ... (1)
8.6 Party skole gebruik gewone handboeke, dus het hulle nie kabels nodig nie.
In die verlede ... (1)

8.7 Die skool het tablette vir al die leerders gekoop. Eskom het elke dag met ure se
beurtkrag begin.
Die skool het tablette vir al die leerders gekoop voordat ... (1)

8.8 Het jy al gehoor van 'n tablet wat geen virusse het nie?
Nee, ... (1)

8.9 Skoolhandboeke is by boekwinkels beskikbaar, want daar kom baie donker dae.
Volgende jaar ... (1)

8.10 Leerders moet dadelik gewone skoolhandboeke koop om vir beurtkrag voorsiening
te maak.
Gewone skoolhandboeke ... (1)

8.11 Inhoud word vooraf deur die skool gelaai om die leerders te help.
Die skool ... (1)

8.12 Baie skole het tablette vir die leerders gekoop, maar hulle kan dit nie gebruik nie.
Al ... , kan hulle dit nie gebruik nie. (1)
[12]
VRAAG 9 WOORDSTRUKTURE

Baie skole in 9.1 (S.A. – skryf in woorde) is besig om na tablette toe oor te skakel. Tog is
daar skole wat 9.2 (beslis – gee 'n sinoniem) nie gaan oorskakel nie. Die sukses hang van
die 9.3 (onderwysers – vroulike vorm) af. Hulle sal 9.4 (elke dag – een woord)
innoverende lesse moet voorberei, en dit gaan nie so 9.5 (maklik – antoniem) wees nie.
Waar leerders 9.6 (vroeg – gee die vergrotende trap) met penne en 9.7 (potlood – gee
die meervoud) moes regkom, sal hulle nou elke dag moet seker maak dat hulle 9.8 (baie
nuwe – intensiewe vorm) tablette gelaai is en al die Toepassings het wat hulle 9.9 (nodig
het – een woord).
'n Mens 9.10 (respek – afgeleide werkwoord) die skole se besluite en hoop dat dit
suksesvol sal wees. Maar die dae wanneer daar beurtkrag gaan wees, 9.11 (m.a.w. –
skryf voluit) wanneer daar geen elektrisiteit gaan wees nie, sal leerders maar weer hul 9.12
(oog – meervoud) moet oophou vir gewone papierboeke. Ons weet hulle is 9.13 (nie
skuldig nie – een woord), maar dis ongelukkig die realiteit waarmee Eskom ons gelos het.
Die mense 9.14 (wat/wie – kies die korrekte woord) hierdie besluite geneem het, het te
lank geneem om 'n oplossing te soek.
Dit sal 9.15 (interesting – gee die korrekte Afrikaans) wees om te sien hoe skole hierdie
probleem gaan 9.16 (behandel/handel/hanteer – kies die korrekte woord).
Bladsy 19 van 46
[8]

VRAAG 10 KOMMUNIKASIE

'n Leser het onlangs 'n brief aan Volksblad geskryf waarin sy kla oor die min klere en die
gesoenery van skoolkinders by 'n swemgala. Die volgende spotprent het toe in Volksblad
van 27 Januarie 2015 verskyn. Bestudeer die spotprent en voltooi dan die instruksies
onderaan die spotprent.

Elke respons moet tussen 15 en 20 woorde lank wees. Jy mag een of twee sinne oor elkeen skryf.

10.1 Die vrou by praatborrel 1 is baie ontsteld oor die kinders langs die swembad se klere en
hul gevryery. Wat sê sy vir haar man om haar woede en ontsteltenis uit te spreek? (2)

10.2 Haar man hou die kinders deur sy verkyker dop (praatborrel 2) en dink sy vrou kla
onnodig. Wat sê hy vir sy vrou om haar te kalmeer? (2)

10.3 Die figuurtjie by praatborrel 3 sien dat haar kêrel sy armspiere probeer bult. Wat sê sy
vir hom om hom te terg? (2)

10.4 Die seun by praatborrel 4 dink baie van homself en spog oor sy prestasies.
Wat sê hy wat aandui dat hy dink hy is beter as ander? (2)

10.5 Die meisie by nommer 5 is baie positief oor die item waarin sy gaan swem.
Wat dink sy terwyl sy besig is om gereed te maak om in te duik? (2)
[10]
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I
IEB Copyright © 2015

Bladsy 20 van 46
(2016)
VRAAG 8 SINSTRUKTURE

Bestudeer die strokiesprent hieronder. Herskryf die sinne soos aangedui.

8.1 Die onderwyser sê: "Julle moet die werk netjies doen."
Die onderwyser het 'n week gelede gesê ... (1)

8.2 Meneer Smit staan en praat met die studente in sy klas.


Verlede Vrydag ... (1)

8.3 Stoor julle werk sodat julle more daarmee kan aangaan.
Stoor julle werk, want ... (1)

8.4 Meneer Smit het elke aand 'n interessante les beplan.
'n Interessante les ... (1)

8.5 Het Jannie al ooit die regte ding in die klas gedoen?
Nee, ... (1)

8.6 Die student sit agter in die klas. Hy speel 'n rekenaarspeletjie.
Die student wat ... (1)

8.7 Jannie vra of hy in die volgende les weer sy speletjie kan speel.
Jannie vra: "...". (1)

8.8 Meneer Smit probeer vir Jannie iets leer, maar Jannie wil nie konsentreer nie.
Al ... (1)

8.9 Studente moet altyd in die klas werk.


Studente behoort ... (1)

8.10 Jannie sit agter in die klas omdat hy rekenaarspeletjies speel.


Jannie sit agter in die klas om ... (1)

8.11 Gister het meneer Smit na Jannie toe gestap en sy rekenaar afgeskakel.
Nou ... (2)

Bladsy 21 van 46
[12]
VRAAG 9 WOORDSTRUKTURE
Lees die paragrawe wat op die prent hieronder gebaseer is, deur. Doen elke keer wat tussen
hakies gevra word. Skryf die nommer en die korrekte antwoord in jou antwoordskrif neer.

Om 9.1 (pets – gee die korrekte Afrikaanse woord) aan te hou, is 'n groot verantwoordelikheid.
Hoe 9.2 (baie – gee die vergrotende trap) diere jy het, hoe groter is die verantwoordelikheid.
Diere soos katte en honde moet 9.3 (elke oggend – gee een woord) kos gegee word, want hulle
hou 9.4 (van + dit – gee die korrekte woord) dat mense hulle vroeg kos gee en baie aandag 9.5
(... – gee die korrekte voorsetsel) hulle gee. My 9.6 (vriend – gee die vroulike vorm), Coretha,
het vier 9.7 (uitput – gee die teenwoordige deelwoord) groot honde en sy laat hulle toe om in
die huis te kom. Nie almal se 9.8 (lief – gee die verlede deelwoord) hond is altyd soet nie. 'n
Mens moet net seker maak dat die honde weet wie Baas en wie Klaas is. Die eienaars van diere
wat nie ferm genoeg is nie, het later probleme om hulle diere 9.9 (by die huis – gee een woord)
in 9.10 (toon/toom – kies die korrekte woord om die uitdrukking te voltooi) te hou.
Sommige mense móét nie diere aanhou nie, want hulle 9.11 (verafsku – gee 'n sinoniem) diere.
Ander mense kan nie enige diere aanhou nie want hulle is allergies vir huisdiere. Dit is 9.12 (a.g.v.
– skryf die afkorting uit) die diere se hare.
Diere hou van roetine: gee elke dag jou diere op dieselfde tyd kos. Kenners stel voor jy gee hulle
om 9.13 (08:00 – skryf die tyd uit) in die oggend en ongeveer om 18:00 9.14 (elke aand – gee
slegs een woord) kos. Wanneer jy met jou hond in die openbaar wil gaan stap, moet jy 'n goeie
9.15 (leash – gee die korrekte Afrikaanse woord) hê.
Dit is belangrik dat mense soveel aandag aan hulle viervoetige maatjies (9.16 wei/wy – kies die
korrekte woord) sodat hulle nie afgeskeep voel nie.
[8]
VRAAG 10 KOMMUNIKASIE

Lees die inligting hieronder wat op die foto gebaseer is, deeglik deur. Voer die instruksies,
wat by elke situasie gevra word, uit. Skryf elke keer die woorde neer van die persoon wat
praat. Elke respons moet tussen 15–20 woorde lank wees. Die respons kan uit een of twee
sinne bestaan.

Bladsy 22 van 46
10.1 Susan (A) wil 'n foto van almal neem. Sy vra beleefd vir die mense by die tafel om vir
die foto te poseer. Sy sê ook vir hulle aan wie sy die foto wil stuur. Skryf neer wat sy vir
hulle sê. (2)

10.2 Kobus (B) vra vir sy ouer broer (E) om die sokkerbal saam met hom te skop.
Hy is ongeduldig en kan nie wag totdat sy broer klaar is nie. Skryf neer wat hy vir sy
ouer broer sê. (2)

10.3 Die ouer broer (E) is nie lus om nou te speel nie. Watter rede gee hy vir sy jonger boetie
om nie te speel nie? (2)

10.4 Hulle pa (C) is ook by die piekniek, maar hy is bekommerd oor al die werk wat vir hom
wag om gedoen te word. Hy probeer dink aan hoe hy die werk gedoen gaan kry. Skryf
neer wat hy dink. (2)

10.5 Jan (D) is Susan se kêrel. Hy voel baie gelukkig dat hierdie gesin hom met ope arms
aanvaar en deel van die gesin laat voel. Wat sê hy vir almal? (2)
[10]
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I
IEB Copyright © 2016

Bladsy 23 van 46
(2017)
VRAAG 8 SINSTRUKTURE

Bestudeer die spotprent hieronder. Herskryf die sinne soos aangedui.

8.1 Pa vra sy seun: "Moet jy nie vandag studeer nie?"


Pa vra sy seun of ... (1)

8.2 Die seun moet vir die eksamen leer.


Die seun behoort ... (1)

8.3 Die motor is oulik. Die seun en sy meisie sit in die motor.
Die motor waarin ... (1)

8.4 Gaan die seun nog vandag verder studeer?


Nee, die seun ... (1)

8.5 Die seun neem sy meisie strand toe om te gaan swem.


Gister ... (1)

8.6 Die seun het elke dag sy motor op die besige pad bestuur.
Sy motor ... (1)

8.7 Die seun is bereid om te studeer.


Volgende week ... (1)

8.8 Die seun wil nie by die huis bly nie. Die meisie wil nie by die huis bly nie.
Nóg ... nóg ... (1)

8.9 Die seun gaan winkels toe sodat hy kan ontspan.


Die seun gaan winkels toe om ... (1)

8.10 Hy studeer nie hard genoeg nie en hy gaan in die eksamen sukkel.
Hy studeer nie hard genoeg nie; dus ... (1)
Bladsy 24 van 46
8.11 Die seun is verbaas wanneer hy sy uitslae kry.
Verlede jaar ... (2)
[12]

VRAAG 9 WOORDSTRUKTURE

Lees die paragraaf wat op die prent gebaseer is, deur. Doen dan elke keer wat tussen
hakies gevra word. Skryf die nommer en die korrekte antwoord in jou Antwoordboek neer.

Darryl se 9.1 (ma en pa – gee een woord) is baie bekommerd oor 9.2 (hom/ sy/haar – kies die
korrekte voornaamwoord) omdat daar amper 9.3 (elke dag – gee een woord) betogings by die
9.4 (university – gee die korrekte Afrikaanse woord) is. Darryl staan en 9.5 (hyg/huig/heig –
kies die korrekte spelling) by die deur. Sy 9.6 (skeur – gee die verlede deelwoord) klere wys
dat hy deur 'n 9.7 (difficult – gee die korrekte Afrikaanse woord) tyd is. Ons weet dat die
vertrek agter Darryl se pa die 9.8 (____ – skryf die naam van die vertrek neer) is, want daar is 'n
yskas in die agtergrond. Darryl se ma is 9.9 (baie bang – gee die intensiewe vorm) dat hy nie
gaan 9.10 (druip – gee die teenoorgestelde betekenis) nie, want hy kan nie 9.11 (____ – gee
die korrekte voorsetsel) sy werk konsentreer nie. Dit sal beteken dat hy 9.12 (na aanleiding van
– gee die korrekte afkorting) al die onluste eers sy graad oor vyf jaar sal kry.
Darryl moet elke dag deur die 9.13 (stry – gee die teenwoordige deelwoord) betogers worstel
om by die verskillende 9.14 (eksamenlokaal – gee die meervoud) uit te kom. Gister was die 9.15
(drie – gee die rangtelwoord) dag in 'n ry dat hy laat vir sy eksamen was. Niemand sal tevrede
wees met die posisie 9.16 (wat +in – gee die korrekte vorm van die betreklike
voornaamwoord) Darryl hom bevind nie.
[8]

Bladsy 25 van 46
VRAAG 10 KOMMUNIKASIE

Lees die inligting hieronder wat op die foto gebaseer is, deeglik deur. Voer die instruksies,
wat by elke situasie gevra word, uit. Skryf elke keer die woorde neer van die persoon wat
praat. Elke respons moet 15–20 woorde lank wees. Die respons kan uit een of twee sinne
bestaan.

10.1 Die lewensredder (A) waarsku almal om nie in die see te gaan nie. Hy gee ook die rede
daarvoor. Wat sê hy vir almal? (2)

10.2 Die man (B) is onrustig oor die mense wat nog swem en wil weet hoe hulle gehelp kan
word. Wat vra hy vir die lewensredder? (2)

10.3 Die meisie (C) is bekommerd oor die veiligheid van die mense op die skiboot. Wat sê sy vir
haar vriendin langs haar? (2)

10.4 Die man (D) kan nie sy seun kry nie. Hy is angstig en gee 'n beskrywing van hoe sy
seun lyk. Wat vra hy vir die mense? (2)

10.5 Die man (E) sien dat die gevaar verby is en hy stel die ander mense op die strand gerus.
Wat sê hy vir almal wat daar staan? (2)
[10]
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I
IEB Copyright © 2017

Bladsy 26 van 46
(2018)
VRAAG 8 SINSTRUKTURE

Bestudeer die strokiesprent hieronder en herskryf dan die sinne soos aangedui.

8.1 Hy het 'n lang lys van moontlike universiteite.


Volgende keer … (1)

8.2 Het jy al op 'n universiteit vir volgende jaar besluit?


Nee, … (1)

8.3 Die seun stel 'n lang lys van universiteite op.
Vroeër … (1)

8.4 Die pa sê dat hy 'n interessante keuse gemaak het.


Die pa sê: "…" (1)

8.5 Die seun behoort die keuse op sy eie te maak.


Die seun hoef … (1)

8.6 Die seun is entoesiasties deur sy ouers aangemoedig om hoog te mik.


Die ouers … (1)

8.7 Hy stel 'n lys van universiteite op en hy doen aansoek.


Nadat … (1)

8.8 Die ouers motiveer hulle seun om 'n wyse besluit te neem.
Die ouers motiveer hulle seun sodat … (1)

8.9 Hy hou van "partytjie"-universiteite, maar hy moet ook studeer.


Al … (1)

8.10 Sy pa sal die seun met die lys van universiteite help.
Die seun … (1)

8.11 Die seun is in graad 12. Die pa praat met die seun.
Die seun met wie … (1)

8.12 Hy het weer noukeurig na die lys gekyk.


Vandag … (1)
[12]

Bladsy 27 van 46
VRAAG 9 WOORDSTRUKTURE

Lees die paragraaf wat op die prent gebaseer is deur. Doen dan elke keer wat tussen hakies
gevra word. Skryf die nommer en korrekte antwoord in jou antwoordboek neer.

Marie is 9.1 (worried – gee die Afrikaanse woord) oor haar seun. Hy is in graad 12, maar stel
nie in skoolwerk belang nie. Hy is 'n 9.2 (lag – gee die teenwoordige deelwoord) kind wat die
lewe geniet en nie sy 9.3 (kind + dae – gee die samestelling) wil laat gaan nie. Hy weet nie wat
dit 9.4 (beteken / bedoel – kies die korrekte woord) om hard te werk nie. Hy kom 9.5 (elke
middag – gee een woord) om 9.6 (14:30 – skryf uit in woorde) by die huis en kyk net die
heeltyd TV. Sy ma hoop hy sal dit 9.7 (waardeur / waardeer – kies die korrekte spelling) as sy
vir 9.8 (hy / haar / hom – kies die korrekte voornaamwoord) Marmite koop om sy brein krag te
gee. Dit sal haar net 9.9 (kwaad – gee die vergrotende trap) maak as hy matriek dop en by haar
bly tot hy 9.10 (80 – skryf uit in woorde) is. Sy laaste 9.11 (verskoning – gee die
verkleinwoord) was dat daar geen 9.12 (moontlikheid – gee die meervoud) vir matrikulante is
nie. Sy ma sê 9.13 (dis / dus) nonsens, want al haar ander kinders het matriek geslaag en sy dink
hy probeer 9.14 (dit + met – gee een woord) wegkom dat hy net lui is. Dalk as hy 'n 9.15 (half –
gee die korrekte vorm van die woord) bottel Marmite eet, sal hy meer werk op sy 9.16 (laptop –
gee die Afrikaanse woord) doen en minder speletjies speel.
[8]
VRAAG 10 KOMMUNIKASIE

 Lees die inligting hieronder, wat op die spotprent gebaseer is, deeglik deur.
 Voer die instruksies, wat by elke situasie gevra word, uit.
 Skryf elke keer die woorde neer van die persoon wat praat.
 Elke respons moet 15–20 woorde lank wees.

Bladsy 28 van 46
10.1 Die skoolhoof (A) praat met die ouers by oueraand. Hy waarsku hulle oor die gevare
wat op die jeug van vandag wag. Skryf neer wat die skoolhoof vir die ouers sê om hulle te
waarsku. Noem ook een van die gevare waarteen die skoolhoof hulle waarsku. (2)

10.2 Die een vrou (B) is nou baie bekommerd oor haar kinders. Skryf neer wat sy moontlik
dink om haar kommer uit te druk. (2)

10.3 Die een ma (C) stem glad nie saam met die skoolhoof nie. Skryf neer wat sy vir hom
sal sê om te wys dat sy van hom verskil. (2)

10.4 Die pa (D) dink dat die skoolhoof uit voeling met die werklikheid is. Wat sal hy sê om te
wys dat hy skepties oor die skoolhoof se toespraak is? (2)

10.5 Die pa (E) dink dat die hoof wonderlik is en hy wens hom geluk met sy toespraak.
Skryf die pa se woorde van gelukwensing aan die skoolhoof neer. (2)
[10]
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I
IEB Copyright © 2018

(2019)
VRAAG 8 SINSTRUKTURE

Bestudeer die strokiesprent hieronder en skryf dan die sinne oor soos aangedui.

Bladsy 29 van 46
8.1 Die kinders luister na Meester. Die kinders sit in die Wetenskapklas.
Die kinders wat … (1)

8.2 Baie eksperimente word elke jaar deur Meester beplan.


Meester … (1)

8.3 Meester moet sy eksperimente voor die les oefen.


Meester behoort … (1)

8.4 Meester sal baie versigtig wees, aangesien hy baie eksperimente doen.
Hy doen baie eksperimente, daarom … (1)

8.5 Meester vra vir die klas: "Moet ek die rooi vloeistof by die geel vloeistof gooi?"
Meester vra vir die klas of … (1)

8.6 Meester besluit om nie die eksperiment te doen nie.


Verlede week … (1)

8.7 Het Meester nog eksperimente om vandag te wys?


Nee, … (1)

8.8 Die studente is opgewonde en help Meester met die eksperimente.


Volgende keer … (1)

8.9 Die studente wil hulle ore toehou wanneer Meester sy eksperimente doen.
Gister … (2)

8.10 Die student geniet Meester se les. Sy eksperimente maak hom bang.
Alhoewel … (1)

8.11 Meester kan die studente wys om gevaarlike eksperimente te doen.


Die studente … (1)
[12]
VRAAG 9 WOORDSTRUKTURE

Lees die paragraaf wat op die strokiesprent gebaseer is deur. Doen elke keer wat tussen
hakies gevra word.

Skryf die nommer en korrekte antwoord ONDER MEKAAR in jou Antwoordboek neer.

Bladsy 30 van 46
Jeremy se tas word al hoe 9.1 (swaar – gee die vergrotende trap) soos die week aangaan. 9.2
(Vrydag – gee die afkorting) het hy die 9.3 (baie – gee die oortreffende trap) huiswerk. Hy
moet 9.4 (asb. – skryf die afkorting uit) nie die naweek saam met sy vriende uitgaan nie.
Donderdag was Jeremy se 9.5 (oog – gee die meervoud) so groot soos pierings, want hy kon nie
9.6 (belowe/glo – kies die korrekte woord) dat hy so baie werk het nie. Hy loop elke dag
dieselfde 9.7 (pad – gee die verkleining) om by sy skool te kom. Al die 9.8 (mamma – gee die
meervoud) is bekommerd oor hulle kinders se rûe. Jeremy 9.9 (wie/wat – kies die korrekte
woord) daar loop se rug is baie seer en hy voel soos 'n 9.10 (oud – gee die korrekte vorm van
die adjektief) man. Dit is vir Jeremy 9.11 (maklik – gee 'n antoniem) om met so 'n swaar tas
rond te loop. Hy is nog 9.12 (baie jonk – gee die intensiewe vorm) en behoort nie so 'n swaar
tas te dra nie. Jeremy 9.13 (konsentrasie – gee die afgeleide werkwoord) hard om nie om te val
nie. Sy 9.14 (skok – gee die verlede deelwoord) ma 9.15 (weet/ken – kies die korrekte woord)
nie wat om te doen om 9.16 (hy/sy/hom – kies die korrekte voornaamwoord) te help nie.
[8]
VRAAG 10 KOMMUNIKASIE

 Lees die inligting hieronder deur.


 Voer die instruksies wat by elke situasie gevra word, uit.
 Skryf elke keer die woorde neer van die persoon wat praat. (Jy hoef nie aanhalingstekens
te gebruik nie.)
 Elke respons moet 15 tot 20 woorde lank wees. Onthou om jou woordtelling neer te skryf.
 Moenie die vetgedrukte woorde in jou respons herhaal nie.

Die studente het hulle laaste matriekvraestel geskryf. Hulle gesels terwyl hulle na die skoolhek
stap.

10.1 Meisie A is baie deurmekaar oor al die opsies na skool en het nog nie 'n besluit geneem
oor haar toekomsplanne nie. Sy vra vir Seun E om vir haar voorstelle te maak.
Skryf neer wat sy vir hom vra. (2)

10.2 Seun E het al sy planne gemaak. Skryf neer wat hy vir meisie A antwoord om vir haar raad
te gee oor die lewe na skool. (2)

10.3 Meisie C het 'n boek by Seun E geleen, maar sy het vergeet om dit terug te gee.
Skryf neer hoe sy vir hom om verskoning gaan vra. (2)

10.4 Seun D probeer meisie B oorreed om die aand saam na 'n partytjie te gaan.
Skryf neer wat hy sê om haar te oortuig om saam te gaan. (2)

10.5 Meisie B is baie opgewonde dat skool verby is. Skryf neer wat sy sê om haar blydskap uit
te druk. (2)
[10]
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I
IEB Copyright © 2019

Bladsy 31 van 46
(2020)
VRAAG 8 SINSTRUKTURE

Die onderstaande taalsinne is op die strokiesprent gebaseer. Herskryf die


sinne soos aangedui.

8.1 Die seun sit en praat met sy onderwyser.


Gisteroggend ... (1)

8.2 Is die onderwyser nog besig om sy les aan te bied?


Nee, ... (1)

8.3 Die onderwyser praat met die student, want hy verstaan nie Wiskunde nie.
Die onderwyser praat met die student aangesien ... (1)

8.4 Die onderwyser sê : "Jy vaar altyd sleg in my toetse."


Die onderwyser sê dat ... (1)

8.5 Die seun ontwrig elke dag die onderwyser se lesse.


Die onderwyser se lesse ... (1)

8.6 Die onderwyser raas met die seun. Hy stuur die seun na die skoolhoof toe.
Nadat ... (1)

8.7 Die seun sal die huiswerk netjies by die huis inhaal.
Die huiswerk ... (1)

8.8 Die seun moet 'n tweede kans kry om sy werk te doen.
Die seun behoort ... (1)

8.9 Die seun het sy boeke by die skool.


Volgende Vrydag ... (1)

8.10 Hy sal elke middag moet studeer om Wiskunde te slaag.


Hy sal elke middag moet studeer sodat ... (1)

8.11 Die seun moet alle sport vir ses maande staak.
Die seun hoef ... (1)

8.12 Het jy al ooit van so 'n stoute seun gehoor?


Nee, ek ... (1)
[12]
Bladsy 32 van 46
VRAAG 9 WOORDSTRUKTURE

Lees die paragraaf wat op die onderstaande strokiesprent gebaseer is, deur.
Doen elke keer wat tussen hakies gevra word. Skryf die nommer en die
korrekte antwoord in jou antwoordboek neer.

Die 9.1 (jong/jonk – kies die korrekte woord) seun gee 9.2 (elke oggend – gee een
woord) en saans vir sy hond kos. Hy gee vir die hond stiptelik om 06:00 vanaf Maandag
tot 9.3 (Sondag – gee die afkorting) sy kos buite by die 9.4 (honde hok/hondehok –
kies die korrekte antwoord). Dit is belangrik vir 9.5 (pets – gee die korrekte Afrikaanse
woord) om ook 'n vaste roetine te hê.
Die seun besluit om die hond 'n poets 9.6 (___ – vul die ontbrekende woord in) bak. Sy
vriendin is 9.7 (neuskierig/nuuskierig – kies die korrekte spelling van die woord) en
hoop dat hy dalk 'n 9.8 (liefde + brief – gee die korrekte vorm van die woord) skryf wat
9.9 (aan/vir – kies die korrekte voorsetsel) haar bedoel is. Hy verduidelik dat dit 'n spyskaart is
wat in Frans geskryf is. Mense wat van 9.10 (____ – die land waar Frans
die spreektaal is) kom, sal dit verstaan. Hy 9.11 (glo/belowe – kies die korrekte woord)
sy hond sal niks daarvan verstaan nie. Die hond het die spyskaart 9.12 (onmiddelik/
onmiddellik – kies die korrekte spelling) deurgelees. Hy was 9.13 (kwaad – gee die
intensiewe vorm) vir die seun. Vir die hond was dit die laaste strooi. Dit was die 9.14 (erg
– gee die oortreffende trap) ding wat die seun kon doen. Die seun was wreed omdat hy
sy hond soos 'n gek 9.15 (i.p.v. – skryf die afkorting in woorde uit) 'n 9.16 (koning –
gee die verkleinvorm) laat voel het.
[8]
VRAAG 10 KOMMUNIKASIE

 Lees die inligting hieronder deur.


 Voer die instruksies wat by elke situasie gevra word, uit.
 Skryf elke keer die woorde neer van die persoon wat praat. (Jy hoef nie aanhalingstekens
te gebruik nie.)

Bladsy 33 van 46
 Elke respons moet 15–20 woorde lank wees. Onthou om jou woordtelling elke
keer neer te skryf.
Moenie die vetgedrukte woorde in jou respons herhaal nie.

Die ondersteuners by die skool se waterpolowedstryd kyk na hulle kinders


se spel.

10.1 Persoon A se seun is die doelwagter en speel op die oomblik baie goed. Sy
praat met haar vriendin langs haar en lewer positiewe kommentaar oor
haar seun se spel.

Skryf neer wat sy vir haar vriendin sê en noem iets spesifiek wat haar
seun in die spel gedoen het. (2)

10.2 Persoon B se selfoon lui. Hy is geïrriteerd, want hy moet nou die oproep
beantwoord en hy sal die spel in die swembad mis.
Wat sê/vra hy vir die persoon wat hom geskakel het? (2)

Bladsy 34 van 46
10.3 Die fotograaf (persoon C) het 'n probleem met sy kamera. Hy is kwaad,
want hy kan nie verder foto's neem nie.

Wat is sy reaksie en wat sê hy is die rede vir die probleem? (2)

10.4 Hierdie ondersteuner (persoon D) is baie opgewonde oor die wedstryd.


Wat sê sy om haar span te inspireer om beter te speel? (2)

10.5 Hierdie man (persoon E) is ontevrede met 'n besluit wat die skeidsregter
gemaak het. Hy dink die skeidsregter het verkeerd opgetree.

Wat sê hy vir die skeidsregter en wat, voel hy, het die skeidsregter verkeerd
gedoen? (2)
[10]
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I
IEB Copyright © 2020

(2021)
VRAAG 8 SINSTRUKTURE

Bestudeer die prent hieronder en skryf dan die sinne oor soos aangedui.

8.1 Andile wil sy kos eet, maar hy luister eers na Bongi se grappie.
Alhoewel ... (1)

8.2 Bongi ontmoet elke Vrydag sy vriende vir middagete.


Bongi hoef ... (1)

8.3 Andile het 'n grappie om vir die groep te vertel.


Volgende keer ... (1)

8.4 Het hulle al by hierdie restaurant middagete geëet?


Nee, ... (1)

Bladsy 35 van 46
8.5 Hulle wag voor die restaurant; dan gaan hulle saam in.
Verlede week ... (1)

8.6 Helen vra: "Andile, gee vir my die sout aan?"


Helen vra vir Andile om ... (1)

8.7 Shafiek is versadig, want hy het 'n groot ontbyt geëet.


Shafiek is versadig omdat ... (1)

8.8 Die hele restaurant word elke oggend deur die kelners skoongemaak.
Die kelners ... (1)

8.9 Al die mense moet teen vieruur uit die restaurant wees.
Al die mense behoort ... (1)

8.10 Almal het saam gewerk, daarom was hulle nie ongemaklik nie.
Op die oomblik... (1)

8.11 Die kos in die restaurant is duur, maar dit is baie lekker.
Al ... (1)

8.12 Shafiek vra: "Wanneer moet ons terug by die werk wees?"
Shafiek vra ... (1)
[12]

VRAAG 9 WOORDSTRUKTURE

Lees die paragraaf wat op die prent gebaseer is, deur. Doen elke keer wat tussen hakies
gevra word.

Skryf die nommer en die korrekte antwoord ONDER MEKAAR in jou Antwoordboek neer.

Bladsy 36 van 46
Baie mense in 9.1 (SA – skryf die afkorting uit) hou daarvan om 9.2 (oor/in – kies die korrekte
voorsetsel) naweke buite in die 9.3 (garden – gee die korrekte Afrikaanse woord) te braai.
Daar is baie 9.4 (pa en ma – gee die meervoud) wat verkies om kwaliteit tyd so met hulle kinders
te spandeer. Dit is nie moontlik om 9.5 (elke dag – gee een woord) te braai nie; daarom is dit 'n
9.6 (spesiaal – gee die korrekte vorm van die woord) geleentheid vir die hele gesin om
bymekaar te kom. Ma gebruik altyd 'n wit 9.7 (tafel doek/tafeldoek – kies die korrekte woord)
om oor die tafel te sit. Sy plaas die messe, 9.8 (vurke – gee die verkleinvorm) en borde op die
tafel. Pa is in beheer van die braai, 9.9 (m.a.w. – skryf die afkorting uit) hy sal seker maak dat
elkeen se vleis korrek gaar gemaak is. Ma sal die 9.10 (kook – gee die verlede deelwoord) kos
van die kombuis bring en dit 9.11 (.... – vul die korrekte voorsetsel in) die tafel sit. Pa maak
gewoonlik drie stukkies vleis vir elkeen. Dit 9.12 (beteken/bedoel – kies die korrekte woord) dat
hy dus 9.13 (12 – skryf in woorde uit) stukkies vleis altesame moet braai. Terwyl almal besig is,
sit die 9.14 (jong – gee die intensiewe vorm) seun en luister na die 9.15 (sing – gee die
teenwoordige deelwoord) voëls, wat in die bome hulle neste gemaak het. Almal gaan 9.16
(kortliks/binnekort – kies die korrekte woord) hulle kos opskep en gesellig om die groot tafel
kuier.
[8]
VRAAG 10 KOMMUNIKASIE

 Lees die inligting hieronder deur.


 Voer die instruksies, wat by elke situasie gevra word, uit.
 Skryf telkens die woorde neer van die persoon wat praat.
 Elke respons moet 15–20 woorde lank wees.
 Skryf elke sin se woordtelling neer.
 Moenie die vetgedrukte woorde in jou respons herhaal nie.

10.1 Die persoon op die bus (A) is ongeduldig omdat die bus so lank stilhou en hy haastig is.
Wat sê hy vir die mense buite die bus? Gee ook 'n rede waarom hy so haastig is. Skryf neer
wat hy sê. (2)

10.2 Die vrou (B) vra beleefd vir die busbestuurder om vir die man in die bus (A) te sê om nie
op die mense buite te skree nie. Sy gee ook 'n rede waarom die persoon (A) nie op hulle
moet skree nie. Skryf neer wat sy vir die busbestuurder sê. (2)

10.3 Die vrou (C) is kwaad en jaag almal aan. Sy wil net so vinnig moontlik op die bus kom.
Sy gee ook 'n rede hoekom sy by haar sitplek wil uitkom. Skryf neer wat sy sê. (2)
Bladsy 37 van 46
10.4 Persoon (D) sê vriendelik dat die vrou (E) vóór hom op die bus mag klim. Hy gee ook
'n rede waarom hy die voorstel maak. Skryf neer wat hy vir die vrou sê. (2)

10.5 Die ouer vrou (E) bedank die jong man (D) en sy sê ook vir hom hoekom sy die man
se aanbod aanvaar om voor hom op die bus te klim. Skryf neer wat sy vir die man sê. (2)
[10]
NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I
IEB Copyright © 2021

(2022)
AFDELING D TAALVAARDIGHEID

VRAAG 8 SINSTRUKTURE

Bestudeer die prent hieronder. Herskryf die sinne soos aangedui.

8.1 Die pen is rooi. Die onderwyser skryf met die pen.

Die pen waarmee … (1)

8.2 Die seun sê: "Ek moet met die onderwyser praat."

Die seun sê … (1)

8.3 Die meisie hou haar hand in die lug om iets vir die onderwyser te vra.

Haar hand … (1)

Bladsy 38 van 46
8.4 Die onderwyser het professionele klere aangetrek.

Vandag … (1)

8.5 Die onderwyser draai sy kop, want hy kyk na die meisie.

Die onderwyser draai sy kop om … (1)

8.6 Die meisie gaan voor in die klas staan. Sy wil met die onderwyser praat.

Nadat … (1)

8.7 Die seun vergeet van sy skoolwerk wanneer hy sy vriende sien.

Vroeër … (1)

8.8 Het jy al ooit so 'n goeie onderwyser gehad?

Nee, … (1)

8.9 Die onderwyser het baie boeke in sy skooltas.

Volgende week … (1)

8.10 Die seun steek sy hand op om 'n vraag te vra.

Laas keer … (1)

8.11 Die onderwyser is gou deur die seun in die klas gestop.

Die seun … (1)

8.12 Die onderwyser het baie werk aangesien dit amper die einde van die termyn is.

Die onderwyser het baie werk dus … (1)


[12]

Bladsy 39 van 46
VRAAG 9 WOORDSTRUKTURE

Lees die paragraaf wat op die prent gebaseer is, deur. Doen elke keer wat tussen hakies
gevra word.

Skryf die nommer en die korrekte antwoord ONDER MEKAAR in jou Antwoordboek neer.

Dit is 9.1 (autumn – gee die Afrikaanse woord) en dit word al hoe 9.2 (vroeg – gee die

vergrotende trap) donker. Dit is nou eers 9.3 (17:30 – skryf uit in woorde) en ek kan voel dat dit

9.4 (koud – gee die vergrotende trap) as 'n maand 9.5 (gelede/verlede – kies die korrekte

antwoord) is.

Die gesin is baie lief 9.6 (op/met/vir – kies die korrekte voorsetsel) mekaar. Hierdie 9.7 (plek –

gee die verkleining) langs die rivier is 9.8 (beslis – gee 'n sinoniem) 'n goeie 9.9

(kies/keuse/verkies – kies die korrekte woord) vir 'n piekniekplek. Pa maak altyd seker dat die

piekniekplek 9.10 (gevaarlik – gee die antoniem) is. 9.11 (Baba – gee die meervoud) sal

hierdie plek ook geniet. 9.12 Ma (konsentrasie – gee die werkwoord) baie hard om nie die 9.13

(braai – gee die swak verlede deelwoord) worsies te brand nie.

Bladsy 40 van 46
9.14 (Hulle/hulle se/hulle s'n – kies die korrekte voornaamwoord) gesinstyd is vir die gesin

baie belangrik. Die ouers maak altyd tyd 9.15 (vir + dit – gee een woord) en Ma word 9.16

(kwaad – gee die intensiewe vorm) as iets gebeur wat hulle gesinstyd bederf.

[8]

VRAAG 10 KOMMUNIKASIE

 Kyk na die prent hieronder.


 Ná die prent volg vyf punte wat elk 'n denkbeeldige situasie skets.
 Lees elke situasie wat geskets word en skryf 'n sin neer wat jy dink die persoon in die
situasie sou sê.
 In die beskrywing van elke situasie is 'n paar vetgedrukte woorde. Hierdie woorde mag nie
in jou sin herhaal word nie.
 Elke antwoord moet 15–20 woorde lank wees.
 Skryf elke antwoord se woordtelling neer.

10.1 Jy is laat vir jou sokkeroefening. Wat sê jy vir jou afrigter om om verskoning te vra.
Noem ook hoekom jy laat is. (2)

10.2 Die afrigter is baie ontsteld/kwaad. Wat sê hy vir jou om sy ontsteltenis/woede te wys?
Noem ook wat die straf gaan wees omdat jy laat was. (2)

10.3 Die ander spanmaats is baie geskok oor wat die afrigter sê.
Wat sê hulle vir jou om te wys hoe geskok hulle is? Noem ook wat hulle oor die saak
gaan doen. (2)

Bladsy 41 van 46
10.4 Jou ma is baie bekommerd oor die emosionele letsels wat die afrigter se woorde op jou
gaan los. Watter raad gee sy vir jou? (2)

10.5 Jou vriendin nooi jou uit om iets prettig te gaan doen. Skryf haar uitnodiging neer en
ook wat sy voorstel julle gaan doen. (2)
[10]

(2023)
AFDELING D TAALVAARDIGHEID

VRAAG 8 SINSTRUKTURE

Bestudeer die spotprent hieronder. Herskryf die sinne soos aangedui.

Bladsy 42 van 46
[12]

Bladsy 43 van 46
VRAAG 9 WOORDSTRUKTURE

Lees die paragraaf wat op die prent gebaseer is, deur. Doen elke keer wat tussen hakies
gevra word.

Skryf die nommer en die antwoord ONDER MEKAAR in jou Antwoordboek neer.

Met die uitbreek van Covid-19 het baie 9.1 (huisgesin – gee die meervoud) oor die hele 9.2
(werêld/wêreld – kies die korrekte spelling van die woord) se omstandighede heeltemal
verander. Baie mense moes feitlik 9.3 (dadelik – gee 'n sinoniem) van die huis af begin werk.
Hierdie man het nie besef dat 9.4 ( ... – gee die korrekte voornaamwoord) vrou hom sou kry om
die huis skoon te maak nie. Hy dra 'n 9.5 (blom – gee die verlede deelwoord) doek op sy kop en
hy praat met sy baas op sy 9.6 (cell phone – gee die korrekte Afrikaanse woord). Die 9.7
(moeg – gee die korrekte vorm van die woord) kat lê en slaap op die vrou se 9.8 (lap – gee die
korrekte Afrikaanse woord) terwyl sy 9.9 (toe/na/op – kies die korrekte woord) haar TV-
program kyk. Die 9.10 (slaap – gee die teenwoordige deelwoord) kat pla haar nie. Sy hou haar
koppie en 9.11( ... – vul die korrekte woord in) in haar hande vas. Die vrou dink dat die inperking
die 9.12 (goed – gee die oortreffende trap) ding is wat met haar man kon gebeur het. Sy 9.13
Bladsy 44 van 46
(erken/herken – kies die korrekte woord) dat dit vir haar snaaks is om haar man so te sien
werk. Hy is besig om die 9.14 (mat – gee die verkleining) met die stofsuier skoon te maak.
Gelukkig is dit 'n 9.15 (nuwe – gee die intensiewe vorm) stofsuier wat nog goed werk. Daar is
ook die vuil 9.16 (messe, vurke, borde, koppies en potte – gee een woord hiervoor) in die
kombuis wat hy moet was.
[8]

VRAAG 10 KOMMUNIKASIE

 Kyk na die prentjie en lees die inligting hieronder deur.


 Voer die instruksies, wat by elke denkbeeldige situasie gevra word, uit.
 Skryf elke keer die woorde neer van wat jy dink die persoon in dié situasie sou sê.
 Jy mag nie die vetgedrukte woorde in jou sin herhaal nie.
 Elke respons wat jy skryf moet 15–20 woorde lank wees.
 Skryf elke antwoord se woordtelling neer.

Die matriekdanskomitee bespreek hulle planne vir die dans.

[Bron: Google images]

Bladsy 45 van 46
10.1 Die meisie (A) vertel opgewonde aan die res van die groep dat sy aan 'n briljante
tema/idee vir die matriekdans gedink het. Wat sê sy vir die groep is die tema of idee? (2)

10.2 Die seun (B) is skepties oor die meisie (A) se idee vir die dans en hy gee 'n rede hoekom
dit nie by hulle skool sal werk nie. Skryf neer wat hy vir haar sê. (2)

10.3 Meisie (C) hou van die meisie (A) se idee. Sy is bekommerd en herinner hulle almal dat
hulle nie baie tyd het om die dans te reël nie. Sy noem ook een groot voordeel/positiewe
ding van meisie (A) se voorstel. Wat sê sy vir die groep? (2)

10.4 Hierdie meisie (D) stel almal gerus dat hulle alles betyds sal kan organiseer. Sy het 'n
kontak wat hulle kan help. Sy vertel vir hulle wie die kontak is en waarmee hierdie persoon
sal kan help. Skryf neer wat sy vir die groep sê. (2)

10.5 Die seun (E) is kwaad, want hulle ignoreer hom, maar hy het iets belangriks oor die dans
om aan die groep te sê. Skryf neer wat dit is wat die seun vir hulle sê. (2)
[10]

Bladsy 46 van 46

You might also like