You are on page 1of 2

30.10.

2019

Nou ja dit is ‘n rukkie wat ek nie iets geskryf het nie want net so baie het gebeur. Ek weet nie eers
waar om te begin nie. Ons het toe gery Pretoria toe en alles goed afgeloop hulle behoort vandag by
Tannie Marie Pedro oor te slaap en more ry hulle Prieska toe. Het darem lekker in Pretoria gekuier
self my ma het lekker met hulle gekuier. Ek het nog niks van hulle gehoor nie en dit is al na 6 sal
hulle nadat ek hier klaar is vra of hulle veilig is. Lientjie was weer by Rennet gewees en Lientjie se sy
voel beter. Ek bid dat alles wat haar pla nou uitgesort kan word voor dit in iets groots verander. Ek
was weer by die Bybel studie toe gewees vanoggend ek moet se ek het beter gevoel toe ek daar weg
is. Ek het vanoggend toe gaan vra hoe dit gaan met ons bure skuins oorkant ons. Die oom is baie
siek hy is by die huis ek sal hulle in my gebede hou net soos ek al die ander mense in my gebede
gaan hou. Want daar is so baie mense wat my in hulle gebede hou en daar is mense wat dit ook baie
nodig het. Ons was gister toe Tzaneen toe gewees hulle kon net vir Eden doen my boetie moet
maandag oggend daar wees by die hospitaal hulle gaan dit in die teater doen. Eden het nie regtig
die nuus gekry waarop sy gehoop het nie maar ek glo en vertrou dat sys al berusting daarmee kry en
die lewe aanpak een dag op ‘n slag. Ek besef net weer dat daar mense is wat met seer en stukkende
harte rond loop ek is nie die enigste een nie. Al wat ons kan doen is om te bid en mekaar op te dra
aan ons Hemelse Vader, net Hy kan ons hierdeur dra. Ek kan net dankie se vir al die mense wat die
Here op my pad gebring het die afgelope paar maande. Die groepie van elke woensdag is ‘n
wonderlike groepie en hulle het my aanvaar dadelik en hulle liefde en gebede is van die wat my elke
dag deur dra. En daarvoor se ek net baie dankie liewe Here, want ek weet dis soos U dit bestem het.
Ek het my ma gebel hulle was so 13:00 se kant in steynsrus gewees, maar se het nie wi-fi of data nie
so sy kon my nie laat weet nie. Ek het dit ook op die groep gesit. Awie begin vanaand met nagskof
en ek moet vir hom weer bietjie tee gaan maak want die koffie is klaar 

Dankie liewe Vader dat U ons deur hierdie dag gedra het gaan so ook vanaand saam met ons as ons
gaan slaap. Wees U by ons dat ons “n rustige nagrus kan geniet. Gaan ook so saam met die mense
wat vandag moet werk gaan U ook asb saam met hulle dat hulle more oggend weer veilig by hulle
families kan terug keer. Liewe Vader gaan ook saam met die mense wat U nodig het, liewe Vader
daar is so baie mense daar buite wat U nodig het gaan asb saam met almal van hulle. U weet wie dit
is U ken hulle by die naam en U wee twat hulle probleme is. Liewe Vader ek bid dit vir my familie,
vriende en die vreemdeling op straat. Liewe Vader ek bring vanaand ons bure oorkant die pad na U
toe, liewe Vader hulle gaan nou deur ‘n baie moeilike tyd. Staan hulle ook naby en gee hulle
rustigheid en wysheid om deur elke dag te kom. Liewe Vader dan wile k net vra dat U saam met die
bybel studie groepie gaan, U wee twat elkeen nodig het. Staan hulle naby en help hulle om deur die
week te kom tot ons mekaar weer sien. Dankie liewe Vader dat U my na hulle toe gelei het want
daar leer ek so baie dinge en vandag toe ek van hulle a fry het ek baie beter gevoel as voor die tyd.
Dankie dat my ma’le veilig in steynsrus aangekom het, gaan ook so met hulle more waar hulle die
laaste stukkie aanpak. Wees hulle naby dat hulle veilig by die huis kan kom. Dankie liewe Vader vir
alles wat U vir ons gee en doen want ons verdien dit nie en tog gee U dit elke liewe dag vir ons.
Dankie vir U groot genade en liefde en dat on sweet ons kan enige tyd na U toe kom met ons
probleme. Dankie liewe Vader vir alles want on sweet dit is alles uit genade uit. Amen

You might also like