You are on page 1of 2

16.10.

2019

Ek weet nie regtig waar ek moet begin nie en hoe ek dit moet doen. Maar hier gaan ek, met
spelfoute en al.

Dit is vandag presies ‘n maand date k terug is by die huis en so baie het gebeur vandat ek terug
gekom het. Ek moet weer my verhoudings met my man en kind aanwerk en versterk want altwee
het baie gely die afgelope ruk. Ek weet ek moet tenminste probeer, ek is dit aan hulle verskildig.
Hulle het deur hel gegaan die afgelope tyd oor my. Ek vat nog elke dag soos dit kom en probeer dit
hanteer al is dit hoe moeilik. Ek het gister net weer eens besef watse inpak my siekte op my familie
het en gehad het. Ek verstaan dit party dae self nog nie so hoe moet hulle dit verstaan en hanteer.
Al wat ek kan doen is om dit in die Here se hande te los want op my eie kan ek dit nie doen nie.
Deur my skoonpa het ek by ‘n groupie mense aangesluit wat elke oggend bybel studie het en ek
moet se dit help my om weer die wereld in die oe te kyk. Lientie was gister by ‘n sielkundige gewees
en daar is my 9jare kind wat ly aan post dramatisie sindroom en dit voorkom of dit waardeur ek
gegaan het ‘n groot inpak op my familie gehad het en ek sal daaraan moet werk en probeer red waar
ek kan. Ek hoop maar dat ons dinge met haar kan oplos en dat ons kan aangaan met ons lewens.
Die vyand het lekker fees gevier in my familie maar dit is nou klaar. Hy is nie meer welkom in my
huis nie en sover moontlik gaan ek hom nie weer toegang gee in my lewe en in my huis nie. In
hierdie huis is net die Here en die Heilige Gees welkom, ek moet ons as ‘n gesin weer terug kry dat
ons geloof kan groei en kan sterk wees vir alles wat die vyand na ons kant toe gooi. Ek gaan nie dit
wat nou met my kind gebeur het dat dit my so onstel date k haar nie kan help nie. Ek moet sterk
staan vir haar en ek moet ook sterk staan vir my man. Ek dink deur alles het hy die meeste gely, hy
moes vir ons altwee sterk wees en ook daar vir Liefie. Dit het hom geestelik uitgeput en ek moet dit
nou weer probeer op ‘n manier weer reg kry. Al hoe ek dit gaan reg kry is deur die genade van die
Here want op my eie kan ek dit nie doen nie. My hart en verstand moet die verlede agter laat en net
fokus op die toekoms. Op nou te worry oor die verlede gaan my niks help nie, dit gaan net weer
veroorsaak dat dinge weer gaan skeef loop. My dokters het gese ek moet dit alles agter my sit en
net fokus op die toekoms en dit is wat ek nou gaan probeer doen, maar ek kan die nie op my eie
doen nie. Ek gaan my familie, vriende en die grootste van als die Here en Heilige Gees nodig he. Ek
moet al my probleme elke dag vir Hom gee en vra vir raad hoe om dit optelos en wag dat Hy op Sy
tyd my die antwoord gaan gee om dit optelos. Dankie liewe Vader dat U, U enige seun vir my sondes
gestuur het om te sterf vir my sondes en as ek so terug kyk na my lewe het ek ‘n hele paar grootstes
gemaak maar tog is U nog steeds hier vir my en help my om deur elke moeilike tyd te kom. U het
elke keer ingegryp en my gehelp want anders was ek nie vandag hier nie. U het nog werk vir my en
ek moet net stil raak en luister wat U vir my wil se wat my doel nog op aarde is. Ek weet my gesin is
eerste, maar ek is seker daar moet nog ‘n groter plan wees vir my lewe dis hoekom U my elke gered
het en daarvoor wil ek vir U baie dankie se dat U my so lief het tenspyte van alles.
Dankie liewe Here vir my gesin en dankie date k elke oggend kan opstaan en weet dat U nog werk
het vir my om te doen. Dankie vir my familie en vriende wat daar is vir my ek moet net uitruik na
hulle toe. Dankie liewe Here vir nog ‘n dag wat U vir my gegee het en date k weet dat U elke
sekonde by ons was. Gaan asb nou saam met ons waar ons nou gaan slaap bewaar ons dat ons
rustig kan slaap. Hou ons veilig in U handed at ons more oggend weer kan opstaan en nog ‘n dag
wat U vir ons gegee het kan deurmaak. Gaan ook so met almal wat U nodig het U weet wie hulle
almal is en waardeur elke een gaan, vir die wat ‘n moeilike nag moet ingaan bid ek dat U by hulle sal
wees en hulle beskerm. Here staan ook die mense naby wat haat, wraak en bitterheid in hulle harte
het en kras woorde gebruik. Help hulle om te siend dat daar ‘n ander uitweg is en dat hulle harte
weer sal heel word met U genade en liefde ek bid dit vir my familie, vriende en die vreemdeling op
straat. Dankie liewe Here vir alles wat U vir ons gee en doen, want sonder U sal ons nie kan bestaan
nie. Alles wat ons het en is, is alles net uit genade uit en liefde vir ons. Dankie vir alles wat U vir ons
doen en vergewe asb alles wat ons teen U sondig en help en leer ons om op die regte pad terug te
kom dat ons dade en woorde U goed keuring sal wegdra. Dankie liewe Here vir U genade, liefde en
alles wat ons so uit U Vader hand ontvang elke dag. Dit bid ek in U groot en wonderlike naam. Amen

Vir eers is dit al vir nou, tot later

Ekke

You might also like