You are on page 1of 2

07.11.

2019

Wel ja dis ‘n rukkie wat ek nie skryf het nie. Dit het goed gegaan die afgelope tyd niks het gebeur
wat my ontstel het nie. Ons was dinsdag aand by die sangdank diens by die NG Kerk gewees van die
groen skool en dit was ‘n wonderlike belewenis gewees. Daai kinders sing so mooi en die kerk was
amper vol gewees. Geraldine en Des was ook daar gewees. Was gister by die bybel studie gewees
saam met tannie corrie. Ek het gevra hoe kan hulle iemand lief he wat hulle nog net ‘n paar keer
gesien het en nie regtig ken nie. Tannie Corre en Sue se antwoord was as jy die Here in jou hart het
dan kom die liefde vanself. Al die mense in daai groepie het diep in my hart geklim. Hulle is nou
regtig baie dierbare mense. By die bybel studie gister aand moes ons vir ons kinders bid en ook vir
ander kinders want die vyand is ooral en hy probeer ons kinders van die Here af wegvat maak nie
saak hoe klein hulle is nie. Awie is nou werk toe om onderhoude te voer vir mense wat by hom
moet kom werk. Lientjie is skool toe. Olga en Boas is hier en is besig met hulle eie dinge. Ons het in
lientjie se kamer ingetrek want ons aircon is stukkend. Ek het eers net die matras gevat maar het
vandag besluit om die base ook daar te sit. In die proses het ek my linkerkanste toon lekker gestamp
dat hy bloei.

Die Here het my Efesiers 5 gegee waat daar staan ons is mense van die lig en ons moet ook so lewe.
Ons moet nie goed doen wat verkeerd is in die Here se oe nie. Hy het ons so lief en wil net he dat
ons Hom moet raak sien en aanneem as ons salig maker. Hy sal ons donker verlede verlig. Ons moet
ook ons ouers eer en die vrou moet onderdanig wees aan haar man. Die man moet sy vrou so lief he
soos hy sy eie liggaam lief het.

Dankie Liewe Vader vir nog ‘n dag wat U vir ons gegee het. Dankie dat U ons bewaar het deur die
donker nag. Gaan ook so met ons deur hierdie dag ly en, behoed en bewaar ons en gee ons die
nodige verstand en moed om enige iets wat na ons kan toe kom te kan oorkom. Liewe Vader ek bid
weer vandag gaan saam met al die kinders van die wereld. Maak nie saak hoe klein hulle is nie, die
vyand probeer ons kinders vir homself vat want hy weet die is U groot soft spot. Liewe Here ek bid
die bloed van Jesus oor elke kind maak nie saak watse ras of geloof nie almal is kosbaar vir U. Dankie
dat ons met ons problem na U toe kan kom maar ook kan dankie se vir dit wat U vir ons doen.
Dankie vir U liefde en genade en alles wat U vir ons gee. Want alles wat ons is en het kom net van U
af. Ons kan nie sonder U lewe nie. Gaan ook so met almal wat U nodige het vandag U wee twat
elkeen se behoefte is U ken hulle by die naam. Gaan ook saam met hulle en ly en bewaar hulle en
gee hulle die nodge moet om deur hierdie dag te kom maak nie saak hoe moeilik dit is nie. Dankie
baie liewe Vader dat U mense op ‘n mens se pad bring wat net wanneer ‘n mens moed opgee dan
help hull eons weer op met U genade en krag. Dankie Liewe Vader vir almal in my lewe gaan saam
met elkeen van hulle. Al wat ek verder kan se is dankie, al is dankie ‘n baie klein woordjie vir alles
wat U vir ons gedoen het en nog gaan doen. Amen

You might also like