You are on page 1of 1

04.11.

2019

Nou ja dit is 23.11 en ek gaan nou slaap was ‘n besige dag gewees. Het my boetie Tzaneen toe gevat
dat hulle die chemo port kan uit haal. By boetie het dinge gereel sonder om vir Eden te se so sy was
baie kwaad toe sy by die huis gekom het. Het my en lientjie sommer uit die kombuis uitgejaag en
daarna met haar foon gesit en speel. Ek het regtig op ‘n punt gedink ek moet liewer ry. Gelukkig het
ek gebly sy het kom onverskoning vra en alles is nou weer reg. Lientjie is darem al in die bed. Sodra
ek hier klaar is gaan e kook bed toe. O voor ek vergeet ek het amper ‘n vlakvark gestamp hy het reg
oor die pad gehardloop gelukkig het ek hom net gemis. Die Here het vir my Korintiers 1 gegee om te
lees. Die les wat ek uit hierdie stuk uit geleer het is dat ons net op God moet vertrou en aan
niemand anders nie. Hy is ons Enigste ware God. So baie mense is verdeel tussen God en die wereld
self sons wat se ons glo, Ons moet net op die Here vertrou en Hy sal ons deur die moeilike tye en
goeie tye bystaan.

Dankie liewe Vader vir nog ‘n dag wat U vir ons gegee het. Dankie dat U saam met ons was vandag
en dat alles goed afgeloop het en ons weer veilig by die huis gekom het. Dankie liewe Vader vir al
die gunstes en gawes wat ons so uit U Vader hand ontvang, want ons al nietige en sondige mense
verdien dit nie. Liewe Vader gaan asb saam met elkeen wat U mag nodige he vandag wat ‘n moeilike
nag in die oe staar. Staan hulle ook naby en help hulle om deur hierdie nag te kom. Gaan ook saam
met die mense wat haat, wrokke, bitterheid in harte rond dra help hulle ook dat hulle harte sal oop
gaan en hulle U stem sal hoor, so ook in hulle gedagtes. Vader ek bid dit vir my familie, vriende, en
die vreemdeling op straat wat dit nodige mag he. Liewe Vader gaan so ook deur hierdie nag bewaar
ons dat ons ‘n rustige nagrus sal genie tom more oggend te kan opstaan vir nog ‘n dag wat U vir ons
gegee het. Liewe Vader vergewe asb alles wat ons teen U gesondig het, Heilige Gees help ons asb
om aan ons foute te werk dat ons goed doen in ons Vader se oe. Dankie vir U genade, liefde en alles
wat U vir ons gee, want sonder U is ons niks. Ons het U nodig elke sekonde van die dag. Dankie baie
vir al die wonderlike mense wat U op my pad gebring het. Liewe Here ek het nog so baie om te leer
en te groei en ek vra vanaand Heilige Gees help my asb met dit want sonder U kan ek dit nie doen
nie. Liewe Vader laat Awie asb more oggend veilig terug kom huistoe en help hom dat dit ‘n rustige
skof sal wees. Dankie liewe Vader vir alles en dit bid ek in U groot en wonderlike naam. Amen

You might also like