You are on page 1of 2

Song lyrics to Sprokie Vir 'n Stadskind: As die reen van stof en roet verby is en die rook verdwyn

Sal daar in die sterrelose hemel 'n neonboog verskyn En kyk maar goed, want as jy hom vind vertel ek vir jou 'n sprokie, my kind van 'n skatkis met ou kettings gebind aan die neonboog se punt Volg hom elke nag langs swart riviere Kyk nie eenmaal om As jy aanhou stap tien duisend ure sal jy dalk daar kom Maar hier moet jy jou nimmer laat bind want so lei die ou, ou sprokie, my kind As jy geluk en vreugde wil vind soek die neonboog se punt Volg hom elke nag langds swart riviere oor kranse van beton Dalk vind jy die land van blou safiere dalk 'n brokkie son

VRAE 1. Waar woon die kind? Motiveer jou antwoord deur een word uit die teks aan te haal In die stad. sterreloos 2. Watter vier dinge verdwyn as dit nag word? Rook, reen, stof en roet 3. Wat verskyn snags in die hemel? Gee een word. Neonboog 4. Wat sal die kind, volgens die sprokie, aan die neonboog vind? n Skatkis met ou kettings gebind. (n pot vol goud) 5. Met watter woorde verwys die spreker na: Teerstrate in die stad? Swart riviere Hoe geboue in die stad? kranse van beton 6. Watter woorde in strofe 3 dui daarop dat die kind miskien daar sal kom? As jy aanhou stap, tienduisend ure, sal jy dalk daar kom 7. Watter twee dinge sal die kind miskien aan die neonboog se punt vind? Geluk en vreugde en goeie dinge 8. Word die land van blou saffiere en n brokkie son letterlik of figuurlik gebruik? Figuurlik 9. Hoekom moet die kind hierdie skatkis in die nag gaan soek? Want jy kan die neonboog in die nag sien as jy weg is uit die stad uit.

You might also like