You are on page 1of 22

Die wêreld het so klein geword

Alta Marincowitz
Titel

Figuurlike betekenis: verwys na die wêreld as ‘n


globale (universele) dorpie
Die wêreld het kleiner geword as gevolg van
moderne tegnologie
“so” – dui op die graad waarin die wêreld
kleiner geword het.
Spreker

‘n Volwasse vrou of tienermeisie


Strofe 1

Kortste strofe maar grootste ruimte


Sluit aan by die eenvoud van die lewe op die plaas
Reël 1 & 2

“Toe” – voegwoord word gebruik wanneer iemand ‘n storie


vertel.
“wye vlakte” en “boord” – Ouma het waarskynlik op ‘n
plaas gewoon
Reël 3

Boeke was die ouma se generasie se bron van kennis


“lees boeke in hul soeke na kennis” - assonansie
Reël 4

“klets” – gesels oor kleinighede


“foun” – sleng vir telefoon (spreektaal in die 1960’s en 70’s
“twee kortes en drie langes” – luitoon van die plaastelefoon
Strofe 2

Langer strofe, maar reëls is meer kompak as


strofe 1 (wêreld word kleiner).
Dit suggereer dat die wêreld al hoe meer
kompleks word, veral in terme van tegnologie
Reël 5 & 6

“ruim erf” – Ma bly in die dorp op ‘n groot erf


Steeds plek vir ‘n groot tuin
Reël 7

 “vasgenael voor die kassie“ – Ma is geboei of gefassineer deur wat sy


op die televisie sien
 “kassie” is informeel vir televisiestel
 Ironie – Ma woon op ‘n groot erf, maar spandeer haar tyd binne voor
die televisie
 Aandagstreep – vestig aandag op die inligting wat volg in reël 8. Meer
inligting volg oor hulle drome oor plekke wat hulle op die televisie
sien.
Reël 8

Televisie stel die ma bloot aan plekke regoor die


wêreld en sy droom daarvan om hierdie plekke te
besoek
“wye wêreld” – w-alliterasie beklemtoon die idee van
‘n wye wêreld wat wag om ontdek te word.
Reël 10 & 11

“Haar niggies in die stad gaan naweke fliek” – die


bioskoop word ‘n gewilde vorm van vermaak in die
stede
“en voor matriek sien sy hoe die eerste selfoon lyk” –
nuwe tegnologie, 1994 in Suid-Afrika
Strofe 3

Langste strofe in die gedig


Die lengte beklemtoon die groot oorvloed van informasie op
die internet beskikbaar
Die beknopte / kompakte tipografie en kort reëls sluit aan by
die idee dat die wêreld soveel kleiner geword het.
Strofe 3

Enjambement in reëls 18 tot 24 versnel die tempo en is in


kontras met die stadige tempo van strofe 1
Spreker se fisiese leefruimte is kleiner as haar ma en ouma
s’n
Reël 12

Deur middle van tegnologie (die rekenaar) het die


spreker toegang tot die internet, dus kan sy die hele
wêreld tot in haar kamer bring
Reël 13

Metafore – die internet is die spreker se speelplek.


Die wêreldwye web word metafories vergelyk met die plaaswerf
waar haar ouma gespeel het.
Gumtree (advertensiewebwerf) word metafories vergelyk met die
bome in die boord waar haar ouma gespeel het.
Reël 14 & 15

 “boek” – woordspeling op Facebook asook ‘n verwysing na die boeke


wat haar ouma vir kennis gebruik het.
 “gedeeltelik ontsluier” – letterlike en figuurlike betekenis
 “klankloos klets en kuier” – k-alliterasie beklemtoon die oksimoron
tussen klankloos en klets
 Klets (r. 4) en klets (r. 15) is kontrasterend: spreker klets indirek
(elektronies, klankloos) terwyl haar ouma direk klets (telefonies, met
klank)
Reël 16 & 17

Inligting en kennis is maklik bekombaar vir die


spreker, in vergelyking met haar ouma.
Deur die kliek van ‘n muis kan sy inligting kry
asook met mense kommunikeer.
Reël 18 & 19

 “duiselingwekkend” – gevoel van opwinding oor al die moontlikhede


wat die internet hou
 Woord word tipografies opgebreek – skep ‘n visuele beeld
 GROOT word beklemtoon deur die gebruik van hoofletters. Dit
beklemtoon die idee dat die moontlikhede groot en oorweldigend is.
 Visuele kontras tussen GROOT (r. 19) en klein (r. 20)
Reël 20 tot 24

Die spreker het ‘n wêreld vol inligting en dit


alles pas in haar klein kamertjie in.
Geografies is sy beperk tot haar kamer, maar
kan ook alles inpas deur middel van tegnologie.
Tema

Die internet bring die wêreld tot in ons huis


Moderne tegnologie het ‘n groot impak op die
leefwyse van moderne generasies
Digvorm

Vrye vers
Geen vaste rymskema kom voor nie, maar daar
is wel leestekens en hoofletters

You might also like