You are on page 1of 2

HERE BE DRAGONS - MEMORANDUM

1.1 Dit verwys na die gebruik om drake of seemonsters op kaarte te teken by dié
wêrelddele wat nog nie ontdek is nie. Omdat dit onbekend was, was die
seevaarders ook bang vir daardie dele en hulle het gevrees dat daar baie gevare
kan skuil.
1.2 In hierdie gedig verwys dit na die moontlike gevare wat op die internet skuil en
die pa se waarskuwings daarteen.

2.1 Om iets te bemeester/vinnig reg te kry.


2.2 Hy het sy pa se wagwoord vinnig/maklik uitgewerk.
3. wagwoord
4. Dit plaas die klem op die pa se wagwoord wat nie sterk is nie.
5. rits op die internet/swerf op die internet
6. surf, nuwe ruimtes, GoogleEarth, kaart, reis, Pole, Parys, vlae plant, kleims
afsteek.

7. Daar is oral gevare – nie net op die internet nie.


8. Dit beklemtoon dat die spreker selfversekerd is.
Dit kan ook dui op sy ongeduld met sy pa omdat hy hom nie die vryheid van die
internet wil gee nie.
9. Wanneer jy ʼn plek ontdek het. Dis ook ʼn manier om te sê dat die spesifieke plek
joune is.

10. Die eerste diamant- en gouddelwers. Ontdekkingsreisigers


11. Daar is nie meer fisiese plekke in die wêreld om te ontdek nie. Die nuwe geslag
moet nou nuwe dinge op die internet ontdek.

12.1 Alleenplasing.
12.2 Dit beklemtoon die spreker se soeke na vryheid.
13. maar (r. 17)
14. Vóór die wending (strofes 1-5) is die toon selfversekerd. Ná die wending
(stroe 6-9) verander die toon na onsekerheid en weerloosheid.

15. virus, wurm, Trojaanse perd, komperkraak, pedofiel, sluipdief, kuberstorm.


16. kuberkraak
17. Hy wil dan op ʼn logiese manier met sy pa praat.
18. Retoriese vrae.
19. Nee.
Dit maak geen sin nie. ʼn USB (geheuestokkie) word gebruik om inligting op
te stoor. Hy kan nie sy gemoed op sy pa se geheue stoor nie.
20. Die spreker wil vry wees om op sy eie die internet te verken, maar hy wil nie die
verantwoordelikheid, wat met hierdie vryheid gepaard gaan, aanvaar nie – hy wil
steeds hê sy pa moet sy probleme oplos
21. Die angs van die ouer generasie noudat hul greep op inligting en toegang tot
inligting bedreig word deur die internet. Hulle het dus beheer verloor oor wat
hulle hul kinders toelaat om te weet.

22. Dit ondersteun die spreker se soeke na vryheid.

You might also like