You are on page 1of 11

Here Be Dragons

Izak de Vries
1.1 Dit verwys na die gebruik om drake of
seemonsters op kaarte te teken by dié
wêrelddele wat nog nie ontdek is nie. Omdat
dit onbekend was, was die seevaarders ook bang
vir daardie dele en hulle het gevrees dat daar
baie gevare kan skuil.
1.2 In hierdie gedig verwys dit na die moontlike
gevare wat op die internet skuil en die pa se
waarskuwings daarteen.
2.1 Om iets te bemeester/vinnig reg te kry.
2.2 Hy het sy pa se wagwoord vinnig/maklik
uitgewerk.
3. wagwoord
4. Dit plaas die klem op die pa se wagwoord wat
nie sterk is nie.
5. rits op die internet/swerf op die internet
6. surf, nuwe ruimtes, GoogleEarth, kaart, reis,
Pole, Parys, vlae plant, kleims afsteek.
7. Daar is oral gevare – nie net op die
internet nie.
8. Dit beklemtoon dat die spreker
selfversekerd is.
Dit kan ook dui op sy ongeduld met sy pa
omdat hy hom nie die vryheid van die
internet wil gee nie.
9. Wanneer jy ʼn plek ontdek het. Dis ook ʼn
manier om te sê dat die spesifieke plek joune
is.
10. Die eerste diamant- en gouddelwers.
11. Daar is nie meer fisiese plekke in die wêreld
om te ontdek nie. Die nuwe geslag moet nou
nuwe dinge op die internet ontdek.
12.1Alleenplasing.
12.2Dit beklemtoon die spreker se soeke na
vryheid.
13. maar (r. 17)
14. Vóór die wending (strofes 1-5) is die toon
selfversekerd. Ná die wending (strofes 6-9)
verander die toon na onsekerheid en
weerloosheid.
15. virus, wurm, Trojaanse perd, komperkraak,
pedofiel, sluipdief, kuberstorm.
16. kuberkraak
17. Hy wil dan op ʼn logiese manier met sy pa
praat.
18. Retoriese vrae.
19. Nee.
Dit maak geen sin nie. ʼn USB
(geheuestokkie) word gebruik om inligting op
te stoor. Hy kan nie sy gemoed op sy pa se
geheue stoor nie.
20. Die spreker wil vry wees om op sy eie die
internet te verken, maar hy wil nie die
verantwoordelikheid, wat met hierdie vryheid
gepaardgaan, aanvaar nie – hy wil steeds hê
sy pa moet sy probleme oplos.
21. Die angs van die ouer generasie noudat hul
greep op inligting en toegang tot inligting bedreig
word deur die internet. Hulle het dus beheer
verloor oor wat hulle hul kinders toelaat om te
weet.
22. Dit ondersteun die spreker se soeke na vryheid.

You might also like