You are on page 1of 10

SAHETI: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 7 van 12

NASIENRIGLYNE

VRAAG 1 NUWE BEGIN

Jy was mos in Huisgenoot en in die koerante?” vra ‘n vrou die volgende oggend by die
ontbyttafel. Een van die B&B se gaste. ‘n Tannie met ‘n pruilbekkie en nuuskierige oë. Fronsend
takseer sy my.
[bl. 21]

1.1 Watter posisie by Lawson moet Greg opgee toe die waarheid oor sy pa uitgekom
het? (1)

HOOFSEUN / HOOFSEUNSKAP

1.2 Wat was die waarheid oor sy pa?. (1)

Sy pa was deel van die komplot/ sy pa was betrokke by Project Nursery Rhyme

1.3 Aan watter universiteit het Greg gaan studeer? (1)

Maties / Stellenbosch / Stellies


B l a d s y 1 | 10
SAHETI
1.4 Hoe kon Greg vir sy studies betaal? (1)

Turst geld /

1.5 Wat was Greg se motivering om nie in Johannesburg te bly nie? (1)

Hy wou wegkom van wat met sy pa/lewe gebeur het / nuwe begin

1.6 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die antwoord
neer.

Die meisie, Chloe bly langs Greg in die woonstelle. Wat studeer sy?

A Sportswetenskap
B Fisioterapie
C Musiek
D Kuns (1)

D : KUNS

1.7 Wat het een van die aande gebeur wat Greg laat besef het, hy kan nie sy verlede
ontsnap nie? (1)

By ‘Vensters se teater het iemand hom erken en gevra of hy nie na die Baker
gaan soek nie.

1.8 Waarom sal Chris Owen teleurgesteld wees as hy hoor wat Greg studeer? (1)
Greg studeer sport / sportwetenskap en nie besigheid nie.

1.9 Plank wil graag dat Greg vir Lisa ontmoet. Wat het verkeerd gegaan toe hy haar die
eerste keer ontmoet? (1)

Lisa se pa herken Greg en verbied Lisa om by hom te wees.

1.10 Waarom voel Greg skuldig oor sy pa wat in die tronk is? (1)

Greg het die inligting gegee wat sy pa in die tronk laat beland het.

1.11 Gee ’n bewys dat Greg se pa nie veilig in die tronk is nie. (1)

Dr Pienaar is in die tronk aangerand / iemand het gedreig dat sy pa nie veilig is
nie/ pa is aangerand in ICU

1.12 Watter idee plant die vrou in die aanhaling in Greg se kop? (1)
Om na die Baker te gaan soek.

1.13 Waarom hou Greg nie daarvan om op sy rekenaar te werk nie? (1)
Dit herinner hom aan wat gebeur het met Eckhardt / die verlede

B l a d s y 2 | 10
SAHETI
SAHETI: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 7 van 12
1.14 Wie het Greg oortuig om aan ‘Vensters’ deel te neem? (1)
Chloe

1.15 Waarom het Greg aan die einde van die dag nie aan die ‘Vensters’ konsert
deelgeneem nie? (1)
Hy voel hy kan nie sy verlede net so agterlaat nie / hy kan nie sing, dans en laf
wees nie. Dink dit is kinderagtig
[15]

VRAAG 2 GREG IS NIE ALLEEN NIE...

Die Wayback Machine.


Maandagoggend skrik ek wakker met die woorde in my kop. Dis is asof my brein oornag ‘n
oplossing gekry het vir die PlusUltraMed-webblad probleem. Ek sit die Nespresso-koffiemaker
aan en gaan plak voor die laptop neer.
[bl. 42]

2.1 Alhoewel Greg graag die verlede wou vergeet word dit moeiliker en
moeiliker want dit is asof die verlede hom agtervolg

Skryf 'n paragraaf van tussen 80–120 woorde oor hoe Greg se verlede hom
gevolg het.

Verwys in die paragraaf na:

 Vier voorbeelde wat wys dat mense wat vir die Baker werk vir Greg
gevind het en hom volg en dophou. (4)
- Iemand volg hom in Stellies
- ‘n Vrou vra vrae oor hom
- Iemand op ‘n motorfiets volg hom
- Hulle breek by se woonstel in
- Iemand skryf op die venster in sy woonstel
- Tom word vermoor

 Hoekom motiveer dit Greg net meer om die Baker te soek? (1)
Hy voel onveilig / sy pa is nie veilig nie / wil ‘n nuwe lewe begin

 Waarom voel Greg hy het Xander se hulp nodig? (1)


Xander ken rekenaars/ Xander is ook aangeraak deur die Baker

 Waarom wil Greg nie vir Xander vra om hom te help soek nie?
Gee twee redes (2)
Hy is nog kwaad vir hom
Hy vertrou hom nie
/ onseker of Xander eerlik kan wees / sal wees

 Wie se liggaam vind die polisie in die stroompie? (1)


Tom

 Waarom het iemand sy tong uitgesny? (1)


B l a d s y 3 | 10
SAHETI
‘n Teken dat hy nie moet praat nie.

2.2 Greg sien Xander op die kampus. Hoekom was dit moeilik om hom te vang? (1)

Hy harloop vinning(?) Hy het altyd gedraf / fiks

2.3 Wat is Xander se regte van? (1)

Gericke

2.4 Waarom dink jy het Xander met Greg kontak begin maak? Gee twee redes. (2)

Greg het hom die video gestuur / Xander wil nou ook die Baker vang / Ander logiese redes
2.5 Waarom voel Plank dat Xander nie ’n goeie mens is nie? (1)
Hy is nie betroubaar nie,
[15]

VRAAG 3 – BESOEK AAN JOHANNESBURG

Dis al laat toe ek uiteindelik voor ons huis stop. Ek tip die bestuurder met die Uber-app en kry my
tas. Uit my broeksak grawe ek my huissleutels, druk die afstandbeheer en stap met die oprit huis
toe. Daar brand lig in my ma-hulle se kamer, ook op die stoep. Dis waar ek uiteindelik my tas
neersit, die deur oopsluit en die skok van my lewe kry.

[bl. 58]

“Greg bel vir Plank om hom te vertel van alles wat in Johannesburg gebeur het”

3.1 Plank: Waarom was jy kwaad vir jou ma toe jy by die huis kom?

Greg: Andre / kerel was by die huis (1)

3.2 Plank: Hoekom het jou ma dit gedoen?

Greg: Sy was alleen / pa in die tronk (1)

3.3 Plank: Wat was die man se naam en watse werk doen hy?

Greg: Andre Chemiese Ingenieur


(2)

3.4 Plank: Waarom was jou pa so bang terwyl hy in die tronk is?

Greg: Baker sal iemand stuur om hom te beseer/ dood te maak (1)

3.5 Plank: Die tronk moet sleg wees. Gee my drie redes waarom die tronk
nie lekker vir jou pa was nie.
Greg: Daar is baie geraas (3)

B l a d s y 4 | 10
SAHETI
SAHETI: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 7 van 12
Die kos in nie lekker nie
Die musiek is hard / sokker op die radio
Dit ruik nie lekker nie
Sel is klein
Geen privaatheid
Luise
Flikkerende ligter

3.6 Plank: Waarom wil jou pa nie hê jy moet na die Baker soek nie?

Greg: Die Baker is gevaarlik (1)

3.7 Plank: Ek hoor jy het vir Nicole gesien. Hoekom het haar lewe drasties
verander?
Greg: Haar lewe het verander want sy het ‘n Baba (1)

3.8 Plank: Dink jy Nicole wil nog ’n verhouding met jou hê en hoe voel jy
daaroor?

Greg: Ja, ek wil nie want ek voel niks vir haar meer nie. (2)

3.9 Plank: Nicole dink sy het dinge in haar lewe uitgemis. Waarom voel sy
sy het uitgemis?

Greg: Sy het ‘n kans om te studeer nie / iets van haarself te maak. Sy is (1)
altd besig met die baba

3.10 Plank: Waarom wou jou ma gehad het jy moet na die Lawson partytjie
toe gaan?

Greg: Om mense te ontmoet wat hom kan help (1)

3.11 Plank: Ek weet jy wou nie – maar hoekom het jy gegaan?

Greg: Ek het gegaan want my ma het my gevra (1)


[15]

B l a d s y 5 | 10
SAHETI
VRAAG 4 DIE SOEKTOG NA DIE BAKER

Opdrag:
Greg en Xander besluit om uiteindelik saam na die Baker te soek. Die soektog is
nie maklik nie want hulle is nie goeie vriende nie en hulle vertrou mekaar glad nie.

 Jou opstel moet 'n inleidings- en slotparagraaf hê.


 Die punte tussen hakies dui aan hoeveel feite verwag word.
 Gebruik die kolpunte hieronder om jou te help.
 Skryf die getal woorde aan die einde van jou opstel neer.

Inleiding

Paragraaf A

Xander en Greg besluit om ’n profiel saam te stel van watter tipe persoon die
Baker kan wees.

 Noem 5 eienskappe wat hulle identifiseer wat kan help om die Baker te identifiseer (5)

- Hy is nie jonk nie


- Hou van klassGreg eHieke musiek
- Chemikus / viroloog / dokter
- ‘ ‘n siek ou
- Iemand wat dalk deel was van die weermag
- Iemand wat alreeds vorige kere so iets probeer het
- Hy het baie kontakte
- Baie kliënte op die donkerweb, verstaan rekenaars.
- Wil geld maak

Paragraaf B
Greg en Plank gaan saam Turkye toe waar hulle vir Xander ontmoet
 Waarom moes Plank saamgaan? (1)
Hy het die mikrosyfie in sy hand geplant
 Gee twee redes waarom Xander gevoel het hy kon nie vir Greg vertrou nie. (2)
Greg is net soos sy pa
Greg wil dalk ook wraak neem/ manipuleer
 Hoe het Greg en Xander beplan om die Baker uit te lok? (1)
Te soek vir iemand wat ‘gif’ kan maak op die donkerweb

Wat het Plank gedoen wat veroorsaak het dat Xander hom in Turkye agterlos
Hy het sy meisie gebel

B l a d s y 6 | 10
SAHETI
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 7 van 10
Paragraaf C
Florence is dalk die plek!

 Hoe het Greg en Xander uitgevind dat die Baker dalk in Florence is? (1)
Hulle het die IP adres gevind met die video (codex)
 Hoe het hulle die fisiese adres van die Baker gevind? (1)
Sy rekenaar gekraak en het ‘n rekening gekry
 Waarom was dit moeilik vir Greg om dadelik Florence toe te gaan en wat is die plan
wat hulle maak? (2)
Sonder paspoorte / kry dit op die Donkerweb
 Hoekom was oom Dirk ook in Florence? (1)
 Hy het kom soek na Greg / sy ma het gevra
Paragraaf D

Die waterstad
 Watter stad is bekend as Die Waterstad? (1)
Venesië
 Watter twee redes is daar om te glo dat Ayla se pa dalk die Baker is? (2)
Doktors / Reis baie rond
 Wie is die Baker en waar het Greg kom al vantevore gesien? (2)
Dr Stadler , by sy huis as gas van sy ouers
Slot

Taal en struktuur (5)


[25]

70 punte

B l a d s y 7 | 10
SAHETI
AFDELING B TRANSAKSIONELE

SKRYFWERK INSTRUKSIES VIR AFDELING B

1. Beantwoord ALBEI vrae in hierdie afdeling.

2. Begin elke vraag op 'n nuwe bladsy. Skryf die vraagnommer boaan die
bladsy neer.

3. Skryf die getal woorde aan die einde van elke vraag neer.

4. Tydens die nasien van hierdie afdeling sal na die volgende gekyk word:

 kennis van die vereistes van die spesifieke skryfstuk


 interpretasie van die opdrag
 inhoud en idees
 register en toon
 taalgebruik

5. Beplanning

Dit is 'n goeie idee om jou skryfstuk te beplan voordat jy dit begin skryf. Die
beplanning word egter nie gemerk of bepunt nie.

5.1 Skryf die opskrif, BEPLANNING, boaan.

5.2 Trek 'n streep deur jou beplanning sodra jy klaar is met jou skryfstuk.

VRAAG 5 BLOG – BLY OF RY?

Situasie:
Jy skryf ’n gereelde blog oor jou lewe. Jy wonder of dit
’n goeie idee is om te emigreer. Jy is baie onseker of
jy moet gaan of bly.
Opdrag:
Skryf 'n blog van tussen 150 en 220 woorde
waarin jy:
 Vertel wanneer jy begin dink het om te emigreer;
 Vertel waarom jy begin dink het om te emigreer ;
 Gee twee redes waarom dit dalk beter sal wees om te bly;
 Indien jy wel emigreer, waarheen sal jy gaan en hoekom.

Instruksies:
 Jy word aangeraai om jou paragrawe volgens die bostaande aspekte in te deel.
 Jou blog moet 'n opskrif, kort inleidings- en slotparagraaf hê.
 Die inhoud van jou blog moet tussen 150 en 220 woorde lank wees.
 Skryf die totale aantal woorde onderaan jou blog neer.
[20]

B l a d s y 8 | 10
SAHETI
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL II Bladsy 9 van 10

VRAAG 6 E-POS

Situasie:
Jy het besluit om wel te emigreer. Ongelukkig is dit nie die paradys
of die wonderlike lewe wat jy gedink het dit sal wees nie.
Jy skryf ’n epos aan jou beste vriend om dit te deel.

Opdrag:
Jy skryf ’n epos aan jou beste vriend om jou ervarings te deel:
 Waar is jy en waarom hou jy nie van die plek nie;
 Wat is ’n paar van die baie dinge van Suid-Afrika wat jy mis;
 Wat is jy van plan om te doen.
Instruksies:
 Die inhoud van jou e-pos moet tussen 60 en 100 woorde lank wees.
 Gebruik die kolpunte om jou met die inhoud te help
 Skryf die totale getal woorde wat jy gebruik het onderaan jou werk neer.
 Jy kan die onderstaande formaat vir jou e-pos gebruik.

Aan:

Onderwerp:
==============================================================
Liewe vriend (gee naam)

Hoop ek sien jou gou!


(Jou naam) [10]

30 punte

Totaal: 100 punte

B l a d s y 9 | 10
SAHETI
B l a d s y 10 | 10
SAHETI

You might also like