You are on page 1of 2

AFRIKAANS HUISTAAL: GR.

9
BEGRIPLEES HERSIENING: WERKKAART

TEKS 1:Lees die artikel wat op 12 Oktober 2017 in Die Burger verskyn het aandagtig
deur. Beantwoord dan die vrae wat volg.

https://wolkskool.co.za/kontak
1.1 Verduidelik in jou eie woorde wat `n “potjierol” in die opskrif van die artikel is. (2)

1.2 Watter probleem wat baie mense raak, word in hierdie artikel aangespreek? (1)

1.3 Dink jy, dit is gepaste taalgebruik om van ‘n potjierol in die koerantopskrif te
praat? Motiveer jou antwoord. (2)
1.4 Beskryf kortliks wat die Obe-City-indeks se hooffunksie is. (1)

1.5 Hoekom, dink jy, het die joernalis ‘n artikel oor wat die Obe-City-indeks oor
potjierolle bevind het, geskryf? (1)

1.6 Gee ‘n sinoniem uit die teks wat dieselfde as oorgewig beteken. (1)

1.7 Hoekom kry vetsug die skuld vir laer produktiwiteit en afwesigheid by mense
se werksplek? Verwys na albei aspekte in jou antwoord. (2)
1.8 Behalwe mense se eetgewoontes, noem nog TWEE redes waarom mense
al hoe meer aan vetsug ly. (2)

1.9 Lei uit die teks en die opskrif af wat Port Elizabeth se bynaam is en skryf dit
neer. (1)
1.10 Gee ‘n moontlike rede hoekom jy dink meer inwoners van Kaapstad die beste
telling ten opsigte van hulle groente-en vrugte-aankope het. (antwoord nie in
leesstuk nie) (1)
1.11 Is die koerantopskrif ‘n feit of ‘n mening? Motiveer jou antwoord. (2)

1.12 Word die woorde “kers opsteek” in paragraaf 12 letterlik (denotatief) of


figuurlik (konnotatief) gebruik?Motiveer jou antwoord. (2)
1.13 Wat is die doel,met ander woorde wat wil die joernalis met die skryf van hierdie
artikel bereik, en wie is die teikengroep? (2)

[20]

You might also like