You are on page 1of 5

Aktiwiteit 6: Begripslees

Vraag 1:
Lees die volgende stuk met aandag deur en beantwoord dan die daaropvolgende vrae.

Vingers wat kan sien…

1. Louis Braille was ‘n seuntjie van drie toe hy eendag in sy pa se


werkswinkel ‘n messie optel en daarmee begin werk. Sy pa was n’
saalmaker en hulle het in ‘n klein dorpie naby Parys gewoon. Louis se
hand het gegly en die messie het hom per ongeluk in die oog gesteek.
Die wond het infeksie gekry en ‘n rukkie daarna was hy in albei oë blind.
2. Die dorpie se priester het vir die eensame seuntjie stories uit die Bybel
voorgelees en die wondere van die natuur beskryf. Hy het vinnig geleer
en toe hy sewe was, is hy by die gewone skool in die dorpie toegelaat.
3. Louis was baie intelligent, en al moes die ander kinders alles vir hom
voorlees, was hy steeds eerste in sy klas. Maar na ‘n ruk het hy
ongeduldig begin raak. “Moet iemand anders dan áltyd vir my lees?” het
hy keer op keer vir sy ouers gevra.
4. Op tien is hy na die Instituut vir Blindes in Parys. Uiteindelik kon hy self
boeke lees, want daar was 14 boeke wat in vet, verhewe alfabetletters
gedruk is. Alhoewel dit moeilik was om te lees, het Louis gou almal
deurgelees. Daarna moes ander mense wat kon sien, maar weer vir hom
voorlees. Hy was verveeld en gefrustreerd.
5. “Sonder boeke kan blindes nooit lees nie,” het hy gesê en begin wonder.
“Is daar nie ‟n beter manier om boeke vir blindes te maak nie?” Sy vinnige
brein het dadelik begin dink aan ‘n makliker alfabetstelsel vir blindes.
6. Op ‘n dag het Louis ‟n weermagsoffisier, kaptein Charles Barbier,
ontmoet en van sy alfabetkode met verhewe dotjies gehoor. Die kaptein
het ‘n kode ontwerp waarmee boodskappe snags in die donker gelees
kon word deur verhewe dotjies op karton met die vingers te voel. Louis
het geweet: dít is die sleutel tot die alfabet wat hy moet uitdink. Hy het
dag en nag daaraan gewerk. Sy grootste ideaal was om ‟n skrif te
ontwikkel wat blindes kon lees.
7. Die hoof en personeel van die Instituut vir Blindes kon skaars glo dat ‘n
kind dit uitgedink het. Tog het die instituut die gebruik van die alfabet
verbied. Die braille-skrif is eers in 1847 deur die instituut aanvaar. Louis
het toe eers, 23 jaar later, erkenning vir sy wonderlike uitvinding gekry.
8. Louis Braille is in 1852 dood. ‘n Borsbeeld is by die skool vir hom
opgerig. Die Braille-alfabet is daarna oral in die wêreld gebruik en
vandag nog “sien” blindes met hulle vingers as hulle die braille-skrif
lees.
Noudat jy die stuk deurgelees het, kan jy die volgende vrae beantwoord.

1.1. Sê of die volgende WAAR of ONWAAR is. Gee ’n rede vir jou antwoord.
1.1.1. Louis Braille was blind in sy een oog nadat ‟n mes hom in die oog gesteek het.

1.1.2. Toe Louis sewe jaar oud was, het hy by ‟n normale skool begin skoolgaan.
(2)
1.2. Watter WOORD sê vir ons watter beroep Louis se pa beoefen het? (1)

1.3. Hoekom het Louis blind geword? Verduidelik in JOU EIE WOORDE wat
met hom gebeur het. (2)

1.4. Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die NOMMER van die KORREKTE
ANTWOORD neer.
1.4.1 Die eerste persoon wat vir Louis stories voorgelees het, was:
A) ʼn klasmaat.
B) sy fasiliteerder.
C) die dorpie se priester. (1)

1.4.2 Hoekom was Louis gou verveeld by die Instituut vir Blindes?
A) Hy het nie maats daar gehad nie
B) Hy kon nie self die spesiale boeke vir blindes lees nie.
C) Hy het die 14 boeke wat in vet, verhewe letters gedruk is, gou deurgelees en
niks meer gehad om te lees nie.. (1)

1.5. Watter skrif lees blinde mense? (1)

1.6. Haal ‘n voorbeeld van personifikasie uit die teks aan. (1)

1.7. Louis Braille het in ‘n klein dorpie naby Parys gewoon.


In watter LAND het hy gewoon? (1)
1.8. Pas die sinne in KOLOM B by die regte name, datums en plekke in
KOLOM A. Skryf SLEGS die NOMMER en LETTER van die KORREKTE antwoord neer.
BV. 1.8.11 – K

KOLOM A KOLOM B
1.8.1 Louis Braille A Sien met vingers.
1.8.2 Charles Barbier B Die man wat ‟n skrif vir blindes ontwikkel
1.8.3 Blindes het, wat vandag nog wêreldwyd gebruik
word.
C ‘n Weermag offisier wat ‘n alfabetkode met
verhewe dotjies ontwerp het.
D ‘n Borsbeeld is by die skool

(3x1=3)
[13]
Vraag 2: Bestudeer die onderstaande advertensie en beantwoord die vrae wat volg:
2.1 Waarom is dit belangrik dat kinders ingeënt moet word? (1)
2.2. Haal EEN woord aan wat aandui dat seker kindersiektes gevaarlik is vir kinders. (1)
2.3 Noem DRIE groepe wat sal baat vind as kinders ingeënt word. (3)
2.4 Dink jy dit is belangrik dat kinders hulle inentings kry? Motiveer jou antwoord. (2)
[7]
Totaal: [20]

You might also like