You are on page 1of 22

TERMINOLOGIE EN DEFINISIES RTT

Afkorting/Definisie Beskrywing
.BMP/JPEG Lêeruitbreidings wat met grafika lêers geassosieer word
.dot/.ott-lêer Profielvormlêer/template
‘Second Life’ ‘n Voorbeeld van ‘n virtuele aanlynwêreld
3G Tegnologie wat gebruik word om met die Internet te koppel
deur gebruik te maak van ‘n selfoon. Dit behels gewone
stem-kommunikasie en data-oordrag in die vorm van die
aflaai van inligting, die stuur van e-posse en IM (instant
messaging). GPRS, EDGE, HSDPA is almal stappe van
hierdie ontwikkelingsproses.
Aandrywers/drivers Programmatuur wat deur die bedryfstelsel gebruik word om
met die randapparatuur, byvoorbeeld drukkers, te
kommunikeer
Aanlyn-hulp F1-sleutel. Die meeste programme sal 3 keuses bied:
 Om ‘n vraag in te tik
 Die inhoudsopgawe vir hulp te raadpleeg
 Toegang via ‘n hulp-indeks te verkry
Aanlyn-veilings Dit span die internet in om kopers en verkopers van goedere
regoor die wêreld bymekaar te bring
Aanraakskerm (Touch screen) ‘n Toestel wat as ‘n toevoer- en afvoer-toestel optree
Absolute selverwysing Is ‘n selverwysing wat nie verander wanneer die funksie of
formule gekopieer word nie. Om ‘n selverwysing absoluut
te maak, moet ‘n $-teken voor die kolomletter en rynommer
gevoeg word
ADSL Tipe telefoonlyn wat data vinniger oordra as ontvang
Aftaster (scanner) Is ‘n toevoerstel wat beelde in die rekenaar inlees.
AMD ‘n Maatskappy wat rekenaarverwerkers vervaardig
Analoogseine Bestaan uit elektro-magnetiese golwe wat aaneenlopend
verander
Anti-spam Programmatuur wat gemorspos verwyder.
Apparatuur Die dele van die rekenaar wat ons kan sien en waaraan ons
kan vat. Muis, skerm, sleutelbord en komponente binne die
rekenaar
Audio Out-poort Luidsprekers en oorfone word hier ingeprop
Bandwydte Die totale hoeveelheid data wat van een punt na ‘n ander in
‘n gegewe tyd oorgedra kan word, m.a.w. die spoed
waarteen data oorgedra word. Word in bisse per sekonde
aangedui. Kilobisse per sekonde (kbps) of megabisse
(mbps). Hoe groter die bandwydte, hoe meer betaal jy
Bediener/server ‘n Toestel wat netwerk- en/of e-pos toegang in ‘n instelling
beheer
Bedryfstelsel Windows XP, Microsoft Office Word 2007 ens.
Berging/stoor Sekondêre geheue. Bergingstoestelle is hardeskyf en optiese
skyf (CD of DVD), eksterne hardeskyf, CD, DVD,
geheuestokkie/memory stick. ‘n Plek waar die rekenaar die
data en programme waarmee dit gewerk het, stoor – selfs as
die krag af is. Ons stoor dokumente wat ons geskep het,
sodat ons dit weer kan oproep.
Bestuur van lêers en lêergidse Om jou lêers georganiseerd te hou:
 Gaan gereeld deur jou lêers en skrap lêers wat jy nie
TERMINOLOGIE EN DEFINISIES RTT
meer benodig nie, asook enige duplikate of ou kopieë
van lêers
 Gebruik betekenisvolle name wanneer jy jou werk stoor.
 Skep sub-lêergidse sodra daar ‘n klomp lêers in een
spesifieke lêergids begin ophoop
 Hou slegs die nuutste kopieë van lêers. Hou ook jou
geheuestokkie in gedagte.
Bidorbuy/Bid or buy ‘n Suid-Afrikaanse aanlyn veilingswebruimte
BIOS (Basic Input Output Instruksies om die rekenaar aan te skakel word op ‘n
System) spesiale geheuevlokkie gestoor. Wanneer jy die rekenaar
aanskakel, kom BIOS in aksie en kontroleer die apparatuur
van die rekenaar en soek die bedryfstelsel.
BlackBerry Dit is ‘n eienskap wat by jou selfoon gevoeg word sodat e-
pos-boodskappe direk na jou foon gestuur kan word. Jy hoef
dus nie te konnekteer en vir nuwe e-pos te gaan kyk nie. Jy
kan ook e-pos stuur.
Blog eerder as webtuiste  Min tegniese vaardigheid benodig
 Makliker om te skep
 Makliker om te onderhou
 Makliker om data op te laai
 Sommige persone verkies om ‘n aanlyndagboek te hou
en nie ‘n hele webtuiste nie
Blogs Weblogs of net blogs is persoonlike webtuistes. Die formaat
wissel van ‘n persoonlike dagboek tot ‘n nuusbrief of
rubriek. Enigeen kan dit lees. Blogging laat enigeen toe om
hul gedagtes te publiseer.
Bluetooth Lêers van een selfoon na ‘n ander oor te dra. Is ‘n kort
afstand radio-konneksie wat data-oordrag tussen toestelle
bewerkstellig. ‘n Bluetooth-toestel hoef nie in sig van die
ander toestel te wees nie. Werk die beste binne ‘n radius van
10 meter.
Breëband Die publisering van klank- of video-lêers op die internet. Jy
kan terwyl jy op die internet is, ‘n telefoonoproep ontvang of
maak. M.a.w. breëband is hoëspoed altyd/voortdurende
gekonnekteerde internet toegang
CAD Argitekte, grafiese kunstenaars en ontwerpers ontwerp hul
skeppings in die kuberruimte deur CAD-tekenfasiliteite te
gebruik
Capped bandwith Beperkte bandwydte. Jy word beperk tot ‘n sekere aantal
megagrepe data wat jy kan aflaai
Chipset, SVE-socket, USB- Komponente wat deel is van ‘n rekenaar se moederbord
poort
Clipboard ‘n Tydelike stoorplek vir items wat in ‘n program soos MS-
Word gekopieer of uitgesny (cut) is
Com Staan vir uitbreiding in ‘n e-pos adres
Conditional Formatting in Wanneer jy selle wil formateer wat aan sekere kriteria
Excel voldoen kan jy van hierdie funksie gebruik maak.
CPU Central Processing Unit. Die deel wat alle
programinstruksies uitvoer. Hoofvervaardigers is Intel,
AMD en Motorola
Crop ‘n Aksie wat op ‘n beeld of foto uitgevoer word om
TERMINOLOGIE EN DEFINISIES RTT
ongewenste dele daarvan te verwyder
CRT Gewone tafelrekenaar skerm. Groot, lomp, swaar, beeld
swakker as LCD skerm, stremmend op oë
Data Rou, onverwerkte feite
Datum invoeg As jy die huidige datum wil invoeg, en wil hê dit moet
outomaties aanpas met die tyd, gebruik =TODAY()
Defragmentering/Defrag Die lêers word na aangrensende posisies op die skyf
herskryf. Windows probeer om ‘n lêer as ‘n eenheid te
stoor, maar dit is baie keer nie moontlik nie aangesien die
voortdurende uitvee van lêers en skep van nuwe lêers die
beskikbaarheid van groot genoeg aaneenlopende spasies
verminder. Hierdie fragmentasie van lêers kan die
toegangspoed tot die skyf verminder.
Diginet Diginet is Telkom se toegewyde of gehuurde lyn geskik vir
besighede. Dit bied ‘n vaste digitale koppeling tussen twee
fisiese punte, wat altyd aan is. Dit is duur.
Digitale kloof (Digital divide) Verwys na die beskikbaarheid van en toegang tot tegnologie
Digitale seine Bestaan uit twee waardes wat met ‘n 1 of 0 voorgestel word.
Digitale skeiding/kloof/digital Verwys na toegang tot tegnologie m.a.w. ’n term wat verwys
divide na die gaping tussen mense wat toegang het tot tegnologie
en mense wat dit nie het nie
DIMM ‘n Apparatuur-item wat geassosieer kan word met die
hoofgeheue van ‘n rekenaar. Dit verbeter die werkverrigting
van jou rekenaar. Dual Inline Memory Modules
DOS Disk Operating System
Dotcom Besighede wat slegs besigheid doe oor die wêreldwye web,
staan bekend as .... besighede
Drukkers Inkspuitdrukkers:
 spuit mikroskopiese kolletjies in op papier
 is relatief goedkoop
 is taamlik duur om te gebruik, (cartridges is duur)
 lewer goeie kwaliteit kleurdrukstukke
 is effens stadiger as laserdrukkers
Laserdrukkers:
 werk soos fotokopieerder
 is duur om aan te koop
 is goedkoper om te gebruik as inkspuitdrukkers
 druk vinniger as inkspuitdrukkers
 druk in swart anders moet jy ‘n kleur laserdrukker koop.
Dotmatriksdrukkers:
 werk deur prentjies wat deur ‘n inklint op die papier
slaan
 is essensieel indien jy ‘n deurslagkopie van jou uitdruk
wil hê
 lewer die laagste kwaliteit drukwerk
 is die goedkoopste om te gebruik
Drukkers – Multifunksie Dit is ‘n drukker wat ‘n kopieermasjien, ‘n aftaster en ‘n
faksmasjien is
Drywer ‘n Program wat randapparatuur beheer
Drywerprogram Laat die bedryfstelsel met die apparatuur kommunikeer en
beheer dit
TERMINOLOGIE EN DEFINISIES RTT
DTP (Desktop Publishing) Hierdie pakkette stel die gebruiker in staat om dokumente
wat teks en grafika insluit professioneel uit te lê.
Programmatuur waarmee professionele dokumente soos
brosjures vir publikasie geskep kan word. Voorbeelde is
QuarkXpress en Adobe InDesign.
Duimnaelskets/thumbnail ‘n Klein prentjie wat ‘n voorskou bied van ‘n lêer sonder om
die lêer oop te maak
DVD Voorbeeld van ‘n optiese stoormedium wat groot
hoeveelhede data kan stoor bv. ‘n volledige film
E-Bay Aanlyn-veiling webtuiste
EDGE Digitale selfoontegnologie wat dataversending verbeter
Een Gigagreep (Gigabyte) 1024 MB
E-handel Om sake te doen via die Internet
Eiendomsregtelike Is sagteware waarvoor jy ‘n lisensie moet koop om dit te kan
programmatuur gebruik
Encrypt Om teks na kodes te herlei, vertaal
E-pos  To-veld: Die persoon aan wie jy die boodskap wil stuur
se naam kom hier in.
 Cc-veld: Die adres van enige ander persoon wat ‘n
afskrif van die boodskap moet kry
 Bcc-veld: Voeg ‘n adres van iemand hier in wat ook die
boodskap moet kry. Hierdie veld sal nie op die ander e-
posse verskyn nie.
 Subject-veld: Voeg ‘n kort beskrywing van die
onderwerp van die boodskap in.
 Aanhegsels mag nie te groot wees nie. Kompakteer
sulke lêers.
Ergonamika Die ontwerp en uitleg van toestelle. Fisiese werksomgewing
moet ook in aanmerking geneem word. Stoel waarop jy sit,
vensters, temperatuur, ligte ens.
E-scrap Weggooi van rekenaar apparatuur op rommelhope en
terreine waar opvulling plaasvind
Ethernet
F1 Windows Hulpfunksie. ‘n Sleutel wat gebruik word om
toegang tot meeste programmatuur se ingeboude hulpstelsel
te verkry
Facebook, Twitter, Wenke vir veilige klets:
Kletskamers ens.  Moenie persoonlike detail soos naam, adres, tel nr. vir
mense gee nie.
 Moenie afspreek om iemand êrens te ontmoet nie.
 Indien jou ongemaklik laat voel deur vuil taal te gebruik
of persoonlike vrae te vra, eindig die gesprek dadelik
 Moenie jou regte naam gebruik nie. Gebruik ‘n bynaam
wat ook nie jou geslag sal verklap nie.
 Moenie lêers vanaf vreemdelinge aanvaar nie. Jy kan
virusse kry.
FAQ ‘n Stel vrae en antwoorde wat met ‘n spesifieke onderwerp
verband hou
Filmlêers .mpg
Firewall/netskans Sagteware wat ontwerp is om die ongemagtigde elektroniese
toegang tot ‘n rekenaarnetwerk te voorkom. Dit monitor of
TERMINOLOGIE EN DEFINISIES RTT
programme op jou rekenaar met die Internet probeer
kommunikeer
FireWire Dis ‘n koppeling wat hoë-spoed data-oordrag tussen toestelle
en die rekenaar moontlik maak. Meestal gebruik om video-
kameras aan ‘n rekenaar te koppel en om sekere tipes
eksterne hardeskywe te koppel.
Firmware Instruksies op ‘n ROM wat die apparatuur laat werk
Freeware Sagteware wat kosteloos van die Internet afgelaai kan word
Geheue versus stoor Die geheue bevat die data en instruksies wat die rekenaar
gebruik terwyl dit aangeskakel is en besig is om te werk.
RAM is die geheue van die rekenaar. Geheue is elektronies
en werk baie vinnig.
Stoor word gebruik om programme en data meer permanent
te stoor.
Stoormedia: hardeskyf, flash-skyf, CD, DVD
GG (‘GB’) ‘n Maateenheid van die kapasiteit van die nuutste SD-kaarte
GHz Spoed van moderne verwerkers word daarin gemeet
GIGO Verkeerde toevoer van data sal die verkeerde afvoer van data
gee
GPS ‘n Toestel wat gebruik kan word om vas te stel waar jy is en
wat gebruik kan word om aanwysings na ‘n ander plek toe te
ontvang. Die satelliet stuur die seine en die GPS ontvang
die seine
Grafieke se waarde Excel ‘n Grafiek is ‘n visuele voorstelling van data en resultate.
Grafieke maak dit maklik om data te vergelyk, patrone raak
te sien en voorspellings te maak.
Grafieksoorte  Kolom- of balkgrafiek: Is ‘n goeie manier om data
visueel voor te stel en jy kan duidelik sien waar waardes
groter as ander is.
 Lyngrafiek: Is ‘n vinnige manier om te sien hoe
waardes oor ‘n tydperk verander het. M.a.w. of waardes
gestyg of gedaal het.
 Sirkelgrafiek: (Pie chart) Word gebruik wanneer ‘n
mens wil sien watter gedeelte elke item van die geheel
uitmaak.

Om verandering aan grafieke te maak:


 Regsklik op enige deel van die grafiek wat jy wil
verander. ‘n Keuselys verskyn
 Klik op die opsie wat jy wil verander.

Om ‘n tipe grafiek te verander:


 Regsklik op die grafiek. ‘n Keuselys verskyn
 Kies Chart Type en verander die tipe

Verander die datareeks:


 Regsklik op die grafiek.
 Kies Source data, Series en verwyder (remove) Series1
 Klik op die rooi pyltjie by Category (X) axis labels en
merk die jare
 Druk <Enter> en klik op OK
TERMINOLOGIE EN DEFINISIES RTT

Om prentjies en kleureffekte in grafieke te voeg:


 Regsklik op enige balke van die grafiek.
 Kies Format Data Series, Patterns, Fill Effects,
Picture, Select Picture
 Om Kleure te gebruik:
 Kies Format Data Series, Patterns, Fill Effects,
Gradient of Texture of Pattern
Grafika Word in twee groepe verdeel:
 Vektorgrafika
 Bitmapgrafika
 Belangrikste verskil is dat bitmap-grafika nie in ‘n Word
dokument geredigeer kan word nie. ‘n Foto-redigerings
program moet gebruik word vir wysigings daaraan.
Vektorgrafika word saamgestel uit verskeie vorms in
verskeie lae opmekaar. Hierdie vorms kan losgemaak
(ungrouped) word van mekaar, geskuif en verander
word. ‘n Nuwe prent kan so geskep word deur
verskillende prente te gebruik wat opgebreek word en
verskillend aanmekaar gevoeg word.
 AutoShapes, WordArt en lyne, asook sommige ClipArt
prente is voorbeelde van vektorgrafika
Grafika- en ontwerppakkette CorelDraw, Adobe Photoshop, Adobe Illustrator,
Macromedia FreeHand, AutoCAD en Microsoft Paint.
Grafikaprogram Toepassingsprogram wat ook gebruik word om ongewenste
dele van ‘n foto of beeld te verwyder
Green computing ‘n Moderne konsep wat dikwels met ‘n papierlose kantoor
geassosieer word. Om omgewingsvriendelike
rekenaarprodukte te gebruik
GUI/GGK ‘n Koppelvlak wat die gebruiker toelaat om met teks,
grafieke en visuele beeldmateriaal/ikone te werk
Hacker Steel data en gebruik hulpbronne waarop hul nie geregtig is
nie.
Hiperskakel (Hyperlink) ‘n Skakel binne ‘n dokument waarmee jy gekoppel word aan
‘n verwante dokument of webwerf. Word gewoonlik
aangedui deur blou teks wat onderstreep is, of grafika met ‘n
blou buitelyn
Hoax Dit is e-pos boodskappe wat vra dat jy dit moet aanstuur vir
baie mense. Dis gewoonlik ‘n bedrogspul.
Hot spots Is ‘n koordlose netwerk wat koppeling aan die Internet vir
draagbare rekenaars en ander draagbare toestelle bied.
HTML Taal van dokumente op die Wêreldwye Web
HTTPS Die ligging van ‘n bron of ‘n webtuiste op die Internet. Die
(s) dui aan dat die bron veilig is (secure). Daar kan ook ‘n
slotjie wees.
iBurst/Sentech (My wireless) Koordlose Internet opsie werk via radio-tegnologie
Ikone op Internet Explorer se
balkie

Back-knoppie: Neem jou terug na die vorige bladsy waarna


jy al reeds gekyk het.
TERMINOLOGIE EN DEFINISIES RTT

Forward-knoppie: Neem jou vorentoe nadat jy die Back-


knoppie gebruik het.

Stop-knoppie: Sal enige huidige aksies deur Internet


Explorer stop.

Refresh-knoppie: Herlaai die jongste weergawe van ‘n


webblad wat beskou word. Kan ook gebruik word om ‘n
bladsy te herlaai indien daar ‘n onderbreking plaasgevind
het.

Home-knoppie: Neem jou terug na die bladsy wat jy as die


verstekbladsy vir Internet Explorer gestel het.

Search-knoppie: Maak die venster oop wat jy kan gebruik


om sekere tipes inligting te soek.

Favorites-knoppie: Laat jou toe om kortpaaie (shortcuts) na


die webblaaie wat jy die meeste besoek, te stoor. Jy kan ook
gunsteling webtuistes se adresse stoor.

History-knoppie: Help jou om die webblaaie wat jy


voorheen besoek het, te vind.

Mail-knoppie: Laat jou toe om e-posboodskappe via jou


webblaaier te stuur en te ontvang.

Print-knoppie laat jou toe om die bladsy waarna jy tans kyk


te druk.

Research-knoppie: Laat jou toe om in te tik waaroor jy


navorsing wil doen.
Ikoon ‘n Grafiese beeld/prent wat ‘n sekere handeling op die
rekenaar uitbeeld
IKT-toestelle Rekenaars, PDA’s en selfone
Infrarooi Werk soos dié van ‘n televisie se afstandbeheer. Is geskik
vir baie kort afstande tussen twee in-sig punte. Daar mag
geen fisiese blokkasie in die pad van die lig wees nie.
Inligting Uitkoms van die verwerking van data wat bruikbaar en
betekenisvol moet wees
Internet ‘n Wêreldwye versameling van rekenaars of netwerke wat
dwarsoor die wêreld deur middel van telefoonlyne,
mikrogolwe en satelliet gekoppel is.
Internet Explorer Is ‘n webblaaier wat deur Microsoft ontwikkel is. Dit laat
jou toe om webblaaie te beskou en te verken.
Internet koppeling Kuberkafee, Hot spots, Tuis, Besighede
Internet veilig gebruik:  Wees versigtig vir vreemde en onbekende e-pos adresse.
 Kontroleer die onderwerp van die e-posboodskap.
 Wees versigtig vir aanloklike en gratis aanbiedinge en
onderwerpe wat onverstaanbaar is.
 Kyk of daar ‘n aanhegsel is. Moenie aanhegsels
TERMINOLOGIE EN DEFINISIES RTT
oopmaak as jy nie een verwag nie.
 Wees versigtig vir phising-aanvalle.
 Wees versigtig vir spyware.
 Wees versigtig vir vensters wat opspring en sê dat jy ‘n
prys kan wen, dat jy jou konneksiespoed kan verhoog of
foutboodskappe vertoon, want hierdie vensters kan jou
na ‘n ander webtuiste neem of selfs spyware installeer.
Maak onmiddellik toe. Maak seker dat jou anti-
virusprogram se virus-kontrole aangeskakel is en hou die
program op datum.
 Kry ‘n anti-spam program. Skakel ook die spam-filters
wat in jou e-pos-pakket beskikbaar is, aan.
 Wanneer jy goedere oor die Internet koop, moet jy seker
maak dat die organisasie van wie jy koop, ‘n goeie
reputasie het en betroubaar is.
 Wees altyd op jou hoede wanneer jy oor die Internet
klets – die persoon met wie jy klets mag dalk nie wees
wie of wat hy/sy voorgee nie.
Internet-bankdienste: Jy kan die volgende doen:
 Besigtig jou rekeningsaldo’s
 Rekeningbetalings
 Oordrag van fondse tussen verskillende rekeninge of na
‘n ander persoon
 Bestel van tjekboeke
Voordele:
 Banksake 24 uur per dag, 7 dae ‘n week vanaf jou huis
 Transaksies is vinniger en kos minder
 Jy hoef nie in lang rye te staan nie
Nadele:
 Nuwe vaardighede moet aangeleer word
 Mense se vertroue moet eers gewen word voordat hulle
sal aanvaar dat die transaksies veilig is en dat hulle geld
nie gesteel sal word nie.
Intranet ‘n Private maatskappynetwerk wat toegang beperk tot die
werknemers van die maatskappy
IP-adres Unieke identifikasienommer wat aan elke rekenaar op die
Internet toegewys word
iPod ‘n Populêre draagbare media-speler wat deur die Apple-
maatskappy vervaardig word. ‘n Oudiospeler wat ook as ‘n
stoorapparaat gebruik kan word
ISP ‘n Maatskappy wat Internetkonneksie teen ‘n fooi verskaf
JPEG Voorbeeld van ‘n grafiese lêerformaat wat ontwerp is om
stoorspasie te verminder. Dus gekompakteerde formaat
Kaartleser Gleuwe waarin geheuekaarte geprop word. Bv. digitale
kameras en slimfone. Kaartlesers maak dit moontlik om
data maklik en vinnig na en van die geheuekaarte te lees en
oor te dra.
Kaartleser se doel op ‘n ‘n Verskeidenheid geheuekaarte kan gelees word. ‘n Kabel
skootrekenaar word nie benodig om foto’s van ‘n kamera of ander
stoortoestel af te laai nie.
Kabelloos/wireless Die geskikste tipe netwerkverbinding vir ‘n
TERMINOLOGIE EN DEFINISIES RTT
skool/universiteit ens. waar verbindings tussen die
verskillende geboue gemaak moet word. Bluetooth en
Infrarooi is mees algemene manier.
Kbps Eenheid waarin oplaai- en aflaaispoed vanaf die internet
gemeet word
Koekie/Cookie ‘n Tekslêer wat deur die webbediener op jou rekenaar
gestoor word. Dit gee inligting oor die gebruiker se
voorkeure en keuses ten opsigte van ‘n spesifieke webtuiste
Kommunikasiemetodes SMS, Selfoon, Faks, E-pos
Konteks-sensitiewe kieslyste Kan verkry word deur op die muis te regsklik. ‘n Opwip-
kieslys met opsies wat van toepassing is op die huidige taak
of objek wat jy gekies het, verskyn dan gewoonlik
Kortpadsleutels <Ctrl><:> vertoon die huidige datum
<Ctrl><Shift><:> vertoon die huidige tyd
F4 - Indien jy dit druk nadat jy ‘n selverwysing ingetik het,
sal die ry en kolom absolute selverwysings kry.
F1 – Helpfunksie
Esc – Laat jou uit ‘n opsie gaan of gee jou kans om keuses
wat jy gemaak het, te kanselleer
<Windows><E> Maak Windows Explorer oop
<Windows><D> Maak die werkskerm (desktop) oop
Kragbron (Power supply) Die kragbron bevat ‘n waaier wat rekenaarkomponente
afkoel. Swak kragvoorsiening kan veroorsaak dat jou stelsel
crash
LAN Lokale area netwerk
LCD ‘n Plat skerm
Linux Oopbronprogrammatuur
Lisensie-ooreenkomste  Enkelgebruikerslisensie: Slegs op een rekenaar gebruik
word.
 Multi-gebruikerlisensie: Toegestaan aan instansies waar
‘n aantal PC’s die programmatuur gelyktydig gaan
gebruik. Die aantal rekenaars word in die lisensie-
ooreenkoms bepaal.
 Terreinlisensie: stel ‘n organisasie in staat om die
programmatuur te installeer op soveel van hul rekenaars
as wat hulle wil. Kostes hieraan is goedkoper as om vir
elke rekenaar ‘n lisensie te koop
Mail-merge Data kan vanaf een pakket in ‘n ander pakket geruik word
Makro/Macro ‘n Kenmerk van baie toepassingsprogramme wat toelaat dat
‘n reeks sleutel- en/of muisaksies vinnig gedupliseer of
herhaal word
Malware Dit is ‘n versamelnaam vir programmatuur wat ‘n
kwaadwillige intensie het. Dit is programmatuur wat geskep
is om die rekenaar ongemagtig te infiltreer, te beskadig, data
korrup te maak of data/identiteit te steel.
Voorbeelde van Malware
 Virusse
 Spyware
 Adware
 Trojan horses
 Rekenaarwurms
TERMINOLOGIE EN DEFINISIES RTT
 Rootkits
Microsoft Office Access ‘n Databasis program om inligting te stoor. Wanneer jy
stelle data oor dieselfde tipe onderwerp of objek versamel, is
dit handig om dit in ‘n databasis te stoor.
Microsoft Office Excel Spreitabel (Spreadsheet) Waarin finansiële state gedoen
word. geskik vir numeriese data te verwerk om betekenis uit
die data te haal. Omdat ‘n grafiek ‘n grafiese voorstelling
van data is, kan dit baie handig wees om afleidings te maak
en om neigings raak te sien.
Microsoft Office Frontpage Skep ‘n professionele dokument wat teks en grafika insluit
Microsoft Office InfoPath Ontwerp en voltooi vorms om informasie weer te gebruik

Microsoft Office Outlook Stuur en ontvang e-poss, bestuur jou skedule, kontakte en
take

Microsoft Office PowerPoint Aanbiedingsprogram waarmee ons skyfievertonings


saamstel en ook Webblaaie kan skep. Grafiese
aanbiedingspakkette kombineer teks, klank en grafika,
insluitend animasie, in ‘n aanbieding
Microsoft Office Publisher Skep, ontwerp en redigeer nuusbriewe, brosjures,
strooibiljette en Webblaaie.

Microsoft Office Word Dokument waarin jy dokumente soos briewe, verslae ens.
tik

Mikrogolf
Modem ‘n Stuk toerusting wat een rekenaar met ander rekenaars laat
kommunikeer deur middel van ‘n gewone telefoonlyn
Moederbord Grootste elektroniese stroombaan. Die ander komponente
word hierin geprop en gebruik die moederbord om met
mekaar te kommunikeer
Mozilla Firefox Voorbeeld van ‘n webblaaier (web browser)
Mp3 Klanklêers, musiek
Muis Balmuis: Benodig ‘n muisblad om te kan funksioneer.
Moet op ‘n plat, egalige oppervlak gebruik word. Raak
maklik vuil
Optiese muis: Benodig nie muisblad, Kan op enige
oppervlak werk behalwe spieël. Geen skoonmaak. Gebruik
‘n LED lig in plaas van ‘n bal.
Multimedia Verwys na rekenaarprogramme wat geskryf is met die doel
om inligting aan te bied deur middel van ‘n kombinasie van
teks, klank, prente, animasie en video
MXit Voordele:
 Kan met ander mense praat wanneer hy/sy tyd het
 Goedkoper opsie as Sms
 Het nie ‘n rekenaar nodig nie – net ‘n selfoon
 Kan studiegroepe stig, ens.
Netiket  Moenie groot lêers per e-pos stuur nie, selfs al is hulle
ge-zip. Probeer om aanhegsels klein te hou.
 E-pos moet duidelik en foutloos wees
TERMINOLOGIE EN DEFINISIES RTT
 Moenie slegs in hoofletters tik nie. Dit beteken jy is
kwaad, skree op iemand
 Geen beledigende boodskappe
 Geen kettingbriewe nie
 Duidelike onderwerp op die subject line intik
 Geen persoonlike inligting oor iemand anders in nie
Netwerk Is ‘n groep rekenaars wat deur middel van een of ander
kommunikasiemedium verbind is en wat gebruikers toelaat
om apparatuur, programmatuur, data en inligting te deel.
Redes vir die gebruik van ‘n netwerk:
 Deel van duur toerusting
 Deel van data
 Oordra van inligting en data
 Verhoogde beheer en sekuriteit
 Kommunikasie
 Speletjies
Waaruit bestaan ‘n netwerk:
 Netwerkapparatuur: Rekenaars, drukkers, aftasters
ens. wat gedeel kan word.
 Kommunikasiemedia: UTP kabels
 Netwerkkaart: Die netwerkkabel word hieraan
gekoppel
 Netwerkbedryfstelsel: Programmatuur wat alle
kommunikasie in ‘n netwerk beheer.
Nutsprogramme
OCR-programmatuur Word benodig as jy teks wil inskandeer wat jy in ‘n
woordverwerker wil redigeer. Skakel geskandeerde teks om
na redigeerbare teks.
OKH/OCR Programmatuur wat die redigering van ‘n afgetaste
(scanned) dokument moontlik maak
Oopbronprogrammatuur/Open Programmatuur wat gratis beskikbaar is en die gebruiker
source software toelaat om dit na sy eie behoeftes aan te pas. Voorbeelde is
OpenOffice. Die bronkode kan soos benodig, verander
word.
Opvoedkundige Die aanleer van vaardigheid bv. tikprogramme,
programmatuur leesprogramme, wiskunde programme.
Die vind van inligting deur middel van elektroniese
verwysingsmateriaal. Bv. Ensiklopedieë op CD soos
Encarta, elektroniese woordboeke en reisgidse
Org ‘n Domein of gedeelte van ‘n webadres wat dui op ‘n nie-
winsgewende organisasie
OSS (Open Source Software) Apparatuur wat gebruikers in staat stel om programmatuur te
gebruik, te verander, verbeter en dit te herversprei. Linux is
‘n voorbeeld hiervan
PAN, LAN, WAN, GAN Volgorde van netwerke van klein na groot
Paste special-funksie Deur dit te gebruik kan jy spesifiseer om die antwoord van
die berekening te kopieer en nie die funksie/formule nie.
Path Die aanwysing van ‘n lêer
PDA/Persoonlike Digitale ‘n Handtoestel wat funksies soos elektroniese dagboek
Assistent fasiliteite, e-pos, daaglikse afsprake, kontaknommers,
adresse, reminders, alarms bevat en vir toegang tot die
TERMINOLOGIE EN DEFINISIES RTT
Internet gebruik kan word.
PDF In sommige gevalle het jy ‘n spesifieke program nodig om
‘n lêer oop te maak en die inhoud te lees. Hierdie dokumente
word so versprei sodat hulle nie verander kan word nie.
Adobe Acrobat maak sulke lêers oop
Phising Jy word gevra om van jou persoonlike inligting te verskaf
soos rekeningnommers, persoonlike besonderhede en
wagwoorde. Hierdie inligting word dan gebruik om die
persoon elektronies na te maak en so bedrog te pleeg. Dit
staan bekend as identiteitsdiefstal.
PIM
‘n PIM (Personal Information Manager is programmatuur
soortgelyk aan Outlook. Dit help jou om jou lewe te
organiseer – dit hou boek van kontaknommers, adresse en e-
posadresse, afsprake, verjaarsdae, taaklyste, ens. Dit is ‘n
soort ‘opgegradeerde’ elektroniese dagboek wat jou sal
herinner aan dinge wat jy dalk mag vergeet.
Piracy Die roof van programmatuur
Plagiaat Wanneer jy navorsing doen en die inligting direk kopieer.
Jy mag inligting net so gebruik, maar dan moet jy die bron
direk aanhaal en daarna verwys.
Plug and Play toestelle Is ‘n tipe tegnologie wat jou in staat stel om iets soos ‘n flash
disk, aftaster, drukker of ander toerusting sonder moeite aan
jou rekenaar te koppel. Jy konnekteer eenvoudig ‘n kabel.
Die rekenaar identifiseer die nuwe apparatuur en aktiveer die
programmatuur wat die nuwe toestel moet beheer.
Plug-ins Soos meer en meer multimedia-inhoud by die web gevoeg
word, word spesiale plug-in-programme deur die gebruiker
benodig vir spesiale effekte soos klank en ‘flash’ animasies.
Voorbeelde is Winamp vir klank en Flash en QuickTime om
video’s te speel
Podcasting Gebruikers kan klank- of videolêers op die Internet
publiseer. Die term podcaster, verwys na die moontlikheid
om hierdie lêers op jou iPod te laai sodat jy op enige plek
daarna kan kyk of luister
Poslyste Mailing lists word deur mense opgestel wat gemeenskaplike
belange het en wat inligting oor ‘n spesifieke onderwerp wil
deel. ‘n Poslys oor die internet gebruik mense se e-
posadresse. As jy ;n e-posboodskap na so ‘n poslys stuur,
word dit aan almal wat by die poslys ingeskryf het, gestuur.
Possamevoeging/mail merge ‘n Kenmerk van ‘n woordverwerkingstoepassing wat jou
toelaat om baie afskrifte van verpersoonlike briewe te maak
Programmatuur Spesifieke instruksies wat vir die rekenaar sê wat om te
doen.
Word in twee groepe gedeel:
Toepassingsprogrammatuur:
Is ‘n groep programme wat spesiale take vir die gebruiker
uitvoer. Bv. speletjieprogrammaguur, woordverwerkings
programmatuur soos MS Word wat ons in staat stel om
briewe te skryf en dokumente voor te berei. Grafika
programmatuur soos Microsoft Paint waarmee ons prente
kan skep.
TERMINOLOGIE EN DEFINISIES RTT
Stelselprogrammatuur:
Waarmee die rekenaar beheer, ondersteun en bedryf word.
Sluit programme in wat ons bedryfstelsels noem. Bv.
Windows XP, Windows 2007, Linux
Protokol Vasgestelde standaarde vir die oordrag van data tussen
verskillende toestelle
RAM Primêre geheue. Hierdie kaarte word DIMM’s genoem.
RAM Random Access Memory, die geheue van die rekenaar
Randapparatuur  Skerm: CRT of LCD skerms. LCD is plat skerms, bevat
minder lood en verbruik minder elektrisiteit. Is egter
duurder.
 Muis
 Sleutelbord
 Drukker: Het ek kleur nodig? Wil ek deurslagkopieë
maak
 Aftaster
Read-only lêers  Sulke lêers kan slegs gelees word. Jy kan nie
veranderinge aanbring nie.
 Jy kan die Read-only-eienskap verander deur in
Windows Explorer op die lêernaam te regsklik en dan
Properties te kies en dit af te haal.
 Lêers wat op ‘n CD oopgemaak word is Read-only.
Recipient Ontvanger van data
Recycle Bin Lêers word permanent verwyder. Geskrapte lêers en
lêergidse van jou hardeskyf word in die recycle bin geplaas
en nie permanent geskrap nie. Jy moet dit self permanent
skrap deur die recycle bin skoon te maak (delete). Jy kan
lêers ook restore uit nie recycle bin uit.
Regte as verbruiker Jy besit nooit programmatuur nie – jy het slegs betaal vir die
reg om dit te gebruik.
Rekenaargebruik in die Aanvaarbare gebruik van rekenaartoerusting:
werksomgewing  Gebruik van die besigheid se rekenaars vir privaatwerk
 Stuur en ontvang van private e-pos by die werk
 Speel van rekenaarspeletjies
 Installeer van programme wat nie aan die besigheid
gelisensieer is nie
 Installeer van besigheid se programmatuur op ‘n
persoonlike rekenaar
 Vandalisme en diefstal van toerusting
 Die grootte van lêers wat afgelaai kan word en e-pos
aanhangsels
 Misbruik van internetfasiliteite vir die aflaai van
programmatuur, private inkopies, rondrits in plaas
daarvan om te werk, toegang tot pornografie.
Rekenkundige pakkette ACCPAC, Microsoft Money, Quicken en Pastel
RFID ‘n Rekenaarvlokkie of –merker (tag) wat aan items geheg
word vir identifikasiedoeleindes
Rich Text format Dit is handig om ‘n dokument na rtf te kan omskakel omdat
dit ‘n lêerformaat is wat deur baie woordverwerkers
oopgemaak kan word.
ROM Spesiale tipe geheue wat sy data behou selfs al is die krag af.
TERMINOLOGIE EN DEFINISIES RTT
ROM word in geheueskyfies op die moederbord en in ander
komponente soos die videokaart, klankkaart, DVD-
aandrywer aangetref. Dit bevat instruksies en data wat
uitvoer reeds wanneer die rekenaar aangeskakel word.
Roofkopiëring en kopiereg Hierdie misdrywe kan ‘n organisasie finansieel ruïneer
omdat boetes baie hoog is as jy gevang word. Sluit die
volgende in:
 ‘n Werknemer installeer geroofde programme op ‘n
werksrekenaar. Die organisasie sal aanspreeklik gehou
word.
 Die gebruik van beelde en klanke wat kopiereg het, in
voorleggings, biljette, advertensies, brosjures, ens. Kry
eers toestemming om te gebruik.
 Sluit ook in kopiëring van musiek en flieks.
RSI Die naam vir beserings as gevolg van vinnige herhalende
werk op ‘n rekenaar. Hande, arms, rug, oë ens.
Rugsteun (back-up) van lêers Wenke vir rugsteun:
 Maak kopieë van alle oorspronklike skywe van die
bedryfstelsel en toepassingsprogramme.
 Voer die algemene huishoudelike take uit om seker te
maak dat jy nie onnodige skyfspasie mors met
duplikaatlêers nie
 Gebruik Windows Explorer om al die lêers te vind wat
sedert die laaste rugsteun verander is
 Flash disks moenie vir rugsteun gebruik word nie, maar
om data van een rekenaar na ;n ander oor te dra.
 CD’s en DVD’s is baie meer betroubaar vir rugsteun.
 Skeduleer die rugsteunproses sodat dit outomaties
gedoen word.
Safe mode Beteken dat Windows begin en slegs die heel basiese
konfigurasie laai. Om die rekenaar in safe mode te laai, druk
<F8> wanneer jy laai (voor die Windows logo verskyn).
Safe-mode sal jou rekenaar stadiger maak as wanneer jy in
Normale mode dit herroep
Seksies ‘n Seksie verwys na ‘n gedeelte van ‘n dokument waarvan
die bladsy-formatering kan verskil van die res van die
dokument. Word gebruik om bladsy-uitleg in ‘n dokument
afsonderlik te formateer. Seksies word gevorm deur ‘n
section break in te voeg.
Sekuriteitsrisiko’s  Malware
 Ongemagtigde toegang
 Ongemagtigde gebruik
 Steel van apparatuur
 Steel van programmatuur
 Data-diefstal
 Stelselfaling (system failure)
Shareware Shareware mag gekopieer en met ander gedeel word. Jy
mag dit nie verander of verkoop nie.
Shift ‘n Sleutel wat saam met die Enter-sleutel gedruk word om
na ‘n nuwe reël in MS-Word te gaan sonder dat ‘n nuwe
paragraaf geskep word
TERMINOLOGIE EN DEFINISIES RTT
Sigprobleme en die werk met Nutsprogram wat saam met ‘n bedryfstelsel kom het die
‘n rekenaar volgende beskikbaar vir hierdie probleem
 Toeganklikheidsopsies – vergrootopsie (Magnifier)
 Vertelopsie (Narration option)
 Resolusie (Resolusie)
Skakellyn Gewone telefoonlyn. Jy betaal vir die tyd en afstand van die
oproep. Moet internet koppel om in te gaan.
Skootrekenaar teenoor  Skootrekenaar kos meer vir minder apparatuur
gewone rekenaar  Kan slegs 2 – 4 ure op batterykrag werk
 Is duurder om te herstel en amper onmoontlik om op te
gradeer
 Is meer delikaat as gewone rekenaars en kan baie
makliker beskadig en gesteel word
 Sal langer neem om herstel te word as dit vir herstelwerk
moet ingaan
Skype Skype is een van die gewildste programme wat gebruik kan
word om m.b.v. VoIP te kommunikeer. Dit laat jou toe om
video-oproepe te maak indien jy ‘n webcam aan jou rekenaar
gekoppel het.
Slimfoon (smart phone) Dit is ‘n ekstra sterk selfoon – dit kan ‘n PDA wees met
selfoonfasiliteite bygevoeg, of ‘n selfoon met PDA-
fasiliteite.
Slimfone beskik oor die volgende eienskappe:
 ‘n Bedryfstelsel
 Die vermoë om as PIM te dien
 Die vermoë om PIM-data met jou PC te sinchroniseer
 Die vermoë om toegang tot die Internet te verkry
 Die vermoë om e-pos te stuur en te ontvang
 Die vermoë om ekstra programme soos nutsprogramme,
speletjies en selfs e-boek-lesers te laai
 Die vermoë om as MP3-speler op te tree
 Programmeerbaarheid (jy kan jou eie programme skryf
en dan op jou foon gebruik)
 Kamera/video-eienskappe
 Afgeskaalde weergawes van gewilde toepassings
 Die vermoë om as modem op te tree vir ‘n skootrekenaar
 Kabellose konnekteerbaarheid
Soekenjin ‘n Rekenaarprogram wat gebruik word om webtuistes,
Internetlêers en webblaaie te soek
Soorte vrae by die hantering  Sleutelvraag: Vraag wat na ‘n oplossing lei
van inligting  Feitelike vrae: Ja, nee antwoorde. Watter, hoeveel, wat,
waar, ens.
 Ondersoekende vrae: Hoe goed ...? Hoe gerieflik ....?
Hou mense ....? ens.
 Verander vrae: Wat sal gebeur as ....? Wat sal die
gevolge wees ....?
 Beoordelingsvrae: Hoe vergelyk ons ......? ens.
Spam Is die elektroniese ekwivalent van gemorspos.
Spyware/spioenware Programmatuur wat sonder jou medewete op jou rekenaar
geïnstalleer word. Dit word gebruik om tred te hou met jou
TERMINOLOGIE EN DEFINISIES RTT
Internetgewoontes en kan so jou persoonlike detail
onderskep en aangestuur word na ‘n ander persoon op die
Internet. Dit kan veroorsaak dat advertensies opspring terwyl
jy op die Internet is of jou tuisblad verander sonder jou
toestemming.
Programme wat spyware kan soek en afhaal is AdWare,
Microsoft AntiSpyware of Spybot Search and Destroy.
Stelselprogrammatuur Programmatuur wat die rekenaar beheer, ondersteun en
bedryf
Stelselsagteware Unix, Linux, Palm OS
Style Wanneer ons ‘n dokument skep, moet ons dieselfde tipe
formatering konsekwent deur die hele dokument toepas.
Suite Toepassingsprogramme wat saam in ‘n groep beskikbaar is
en so verkoop word
SVE/CPU Sentrale verwerkings eenheid. Die deel van die rekenaar
wat al die instruksies uitvoer.
Switch/hub ‘n Toestel wat gebruik word om die rekenaars in ‘n netwerk
te konnekteer. Die switch beskik oor ‘n aantal poorte waarin
die netwerkkabels vanaf die verskillende rekenaars in die
netwerk ingeprop word. Dit beheer die oordrag van data in
die netwerk
Task Manager <Ctrl><Alt><Delete>
Templaat/template
Tipes opgraderings:  Byvoeging van RAM: Verbeter spoed van rekenaar
 Byvoeging van ‘n hardeskyf: Gee meer stoorspasie vir
jou lêers
 Byvoeging/vervanging van die optiese skyf: Wanneer jy
‘n beter skyf wil insit. Jy ‘n tweede skyf vir skyf-tot-
skyf kopiëring wil byvoeg
 Verandering van videobeheerder: Ekstra videokaart
ingeprop word of die bestaande kaart vervang
Tipes webtuistes  Webblad vir menings en sienings – DBV, Cotland’s
Baby Sanctuary, FreeMe en Greenpeace
 Nuuswebtuistes – CNN SkyNews, SundayTimes, Beeld,
Radiostasies
 Portaalwebtuiste – Google, MWEB,Yahoo, Excite, Alta
Vista, Ananzi, Aardvark, Mieliestronk
 Persoonlike webtuiste – Blogs
 Webtuistes wat inligting verskaf – PcWebopedia,
Encyclopaedia World Book, woordeboeke,
HowStuffWorks en die Suid-Afrikaanse Inkomstediens
 Besigheids- of bemarkingswebtuiste – Woolworths, Pick
‘n Pay, Kulula, SAL, Kalahari.net, TELKOM
 Webtuistes vir vermaak –Video, musiek, sport ens.
 Sosiale netwerktuiste – MySpace, Facebook, Twitter
Toegewyde of gehuurde lyn Verskaf 24-uur-per-dag-konneksie. Jy hoef nie eers te
koppel om op internet te gaan nie. Betaal ‘n vaste
maandelikse bedrag. Ononderbroke ADSL-konneksie
Toepassingsprogrammatuur ‘n Stel programme wat ‘n spesifieke taak vir ons as
gebruikers uitvoer
Tutoriale Hulle gee jou ‘n baie goeie oorsig oor alles wat nuut is in die
TERMINOLOGIE EN DEFINISIES RTT
spesifieke weergawe van die program, die oorhoofse
funksies en eienskappe van die program, sowel as wenke oor
hoe om die program te gebruik
Txt Beste formaat om te gebruik wanneer data vanaf ‘n databasis
as ‘n e-pos-aanhegsel gestuur word om in verskeie
databasispakkette ingelees te word
Uitbreidingskaart Grafikakaart, klankkaart, ens.
UPS (Uninterrupted Power ‘n Nuttige toestel om tydens kragonderbrekings te hê.
Supply) Verskaf krag as daar ‘n kragonderbreking is
URL Ander naam vir ‘n webadres.
USB ‘n Algemene poort wat gebruik word om toerusting aan ‘n
rekenaar te koppel
UTP Kabels wat gebruik word as jy bv. ‘n LAN opstel om die
rekenaars met mekaar te verbind
Validering/Validation rule Term wat gebruik word om die korrektheid van die data in
‘n databasis- of sigbladtoepassing te kontroleer. Ons moet
onderskei tussen geldigheid en korrektheid van data. Dit is
nie te sê dat waardes wat geldig is, noodwendig korrek is
nie. Ons kan verkeerd tik.
Versending van besigheids- Per hand, per e-pos, pos van besigheidsbriewe, faks
kommunikasie
Verstekwaarde/default value: Is ‘n waarde wat aan ‘n veld toegeken word by die skep van
ACCESS ‘n nuwe rekord. Die veld sal dan outomaties hierdie waarde
vertoon en die gebruiker kan dan die waarde verander indien
nodig.
Verwydering (uninstalling) Jy kan of die Add or Remove Programs-opsie in die
van programmatuur Control Panel kies, of verkieslik die Uninstall-opsie van die
betrokke program gebruik. Dit kan nie net ge-delete word
nie. Die lêers wat aan ‘n program behoort, is dikwels in
verskeie lêergidse gestoor, veral in die Program Files-
lêergids. Die Uninstall-nutsprogram verseker dat die
program en sy bygaande komponente korrek verwyder word.
Video-konferensie Dit is ‘n konferensie wat oor ‘n rekenaarnetwerk tussen twee
of meer mense wat op verskillende plekke is, plaasvind. Die
rekenaarnetwerk versend die klank en video.
Elke deelnemer aan die konferensie moet ‘n video-kamera,
mikrofoon en luidsprekers aan sy rekenaar gekoppel hê.
Soos wat hulle praat, word hul stemme deur die netwerk
versend en deur die luidsprekers uitgesaai. Die beelde word
deur die kamera versend en verskyn in ‘n venster op al die
deelnemers se monitors.
Vind/find ‘n Eienskap van baie toepassingsprogramme wat ‘n mens
toelaat om teks vinnig in ‘n dokument op te spoor
Virusprogramme Eset Nod32, AVG, Symantec, Norton, McAfee, Panda, Bid
Defender
Virusse Hoe weet ek as daar ‘n virus op my rekenaar is:
 Lêers begin verdwyn
 Rekenaar werk stadig
 Programme funksioneer nie korrek nie
 Dramatiese afname in beskikbare spasie op die hardeskyf
 Gebruiker ontvang foutboodskappe wat hy nog nie
TERMINOLOGIE EN DEFINISIES RTT
tevore gekry het nie
 Die rekenaar laai nie meer nie (reboot nie)
VoIP Tegnologie (Protokol) wat mense in staat stel om
telefoonoproepe oor die Internet te maak. As jy oor ‘n
breëband Internet-konneksie beskik, kan jy met enigiemand
op enige plek in die wêreld praat en terselfdertyd
boodskappe stuur, mits albei op die selfde tyd aan die
Internet gekoppel is.
VPN (Virtual Private ‘n Private netwerk wat die Internet gebruik om rekenaars in
Network) staat te stel om met mekaar te konnekteer asof hulle in ‘n
LAN of WAN gekonnekteer is
WAN Wye area netwerk. Strek oor ‘n wye geografiese area
Wat doen jy as die hardeskyf  Disk Cleanup-nutsfasiliteit om spasie beskikbaar te
te vol is maak deur tydelike Internet-lêers te verwyder
 Maak die Recycle Bin leeg
 Gebruik die Zip-fasiliteit om groot lêers wat ‘n tyd in
onbruik was, saam te pers
 Uninstall programme wat jy geïnstalleer het, maar nie
meer gebruik nie
Webblad/webblaaier(browser) Is ‘n program wat gebruik word om toegang te verkry tot
webblaaie op die Internet. Voorbeelde is Internet Explorer,
Opera, Safari, Mozilla, Firefox en Netscape Navigator
Webbladontwerp Microsoft Expression Web, Microsoft SharePoint Designer
en Adobe Dreamweaver
Webcam Is ‘n kamera wat op ‘n plek geïnstalleer is en wat lewendige
beelde na ‘n web-bediener stuur. Jy kry toegang tot die
lêerbediener via die Internet en kan die huidige of nuutste
beeld op die webtuiste beskou.
Jy het ‘n digitale kamera nodig wat die beelde na ‘n rekenaar
versend. Programmatuur wat gebruik word om die kamera
te beheer en wat beelde op vasgestelde tydsintervalle vaslê
Webcasting Dit is soortgelyk aan ‘n televisieprogram wat uitgesaai word,
maar is spesifiek vir Internet-transmissie ontwerp. Toegang
kan verkry word deur tot die betrokke lêerbediener te
koppel.
Wi-Fi
Wikipedia ‘n Vrye Ensiklopedie. Enigiemand kan artikels skryf. Dit
kan ook geredigeer word. Dit is nie betroubaar nie.
Kontroleer inligting met ander inligting wat op betroubare
webtuistes gekry word. M.a.w. die nuutste inligting vir
sekere onderwerpe is beskikbaar indien gewone
rekenaargebruikers, wat kenners in die vakgebied is, die
moeite gedoen het om dit te korrigeer. Maar nie alle
rekenaargebruikers wat inligting verskaf se inlig is geldig
nie. Hulle is ook nie noodwendig kenners nie
Wildcards ? en * : Windows laat die gebruik hierdie tekens om een of
meer karakters voor te stel wanneer daar vir lêers en
lêergidse gesoek word. Dit kan in die plek van een of meer
onbekende karakters gebruik word.
TERMINOLOGIE EN DEFINISIES RTT
WinZip Die meeste bedryfstelsels beskik oor nutsfasiliteite om lêers
saam te pers.
Die terme zip en unzip word gebruik om te verwys na die
saampersing en uitbreiding van lêers.
WISP (Wireless Internet Hot Spots vereis dat jy by ‘n WISP moet aansluit waar
Service Provider) koppeling per dag of per maand betaal word.
Wizard Interaktiewe dialoog wat jou help om take te voltooi. ‘n
Reeks stappe wat deur dialoogbokse gevolg word om
spesifieke take te verrig
Woordverwerker ‘n Program wat gebruik word om dokumente te skep, te
redigeer, te formateer en te druk
Wurm/Worm ‘n Program wat geleidelik gestoorde data en lêers vernietig
www Wêreldwye web. Is ‘n groot versameling van interaktiewe
multimedia dokumente wat op rekenaars oor die hele wêreld
gestoor is. ‘n Multimediagedeelte van die Internet

Databasis Access Is ‘n versameling van data of feite aangaande ‘n sekere


onderwerp. Wanneer data gestoor word deur ‘n rekenaar en
programmatuur soos Microsoft Access te gebruik, sal dit jou
in staat stel om:
 data elektronies op ‘n gestruktureerde en georganiseerde
wyse te stoor
 data met behulp van Access te wysig en te manipuleer
 die data binne sekondes deur die rekenaar te laat verwerk
tot inligting
 Geldigheidsreël: (Validation rule) Verhoed gebruikers
om foutiewe data in ‘n databasistabel in te sleutel
 Input Mask: Is ‘n kode wat tydens die skep van ‘n tabel
in Design View in die Field Properties van ‘n spesifieke
veld ingesltutel kan word. Die volgende voorbeelde van
Input Mask formate:
Selfoonnommers: Tien syfers m.a.w. 0000000000
Landlynnommers: (000)-00000000
Registrasienommers van voertuie: LLL000LL
Kodes: Handboek bls. 167 en 168
 Validation text: Dit is die boodskap wat vertoon moet
word indien die gebruiker ongeldige data intik
 Veld: ‘n Enkele feit of die kleinste eenheid van data kan
as ‘n veld beskou word. As jy ‘n kliëntebasis skep, is
moontlike feite wat jy oor elke kliënt kon stoor, ‘n
kliëntenommer, titel, naam, van, adres en
telefoonnommer. Elke feit sou dan in ‘n veld gestoor
wees.
 Rekord: ‘n Versameling van velde wat die
TERMINOLOGIE EN DEFINISIES RTT
besonderhede oor ‘n bepaalde entiteit bevat, vorm ‘n
rekord.
 Tabel: (Table) Word gebruik om data in te stoor.
Bestaan uit rye en kolomme waar elke rekord in ‘n ry, en
elke veld in ‘n kolom vertoon woord.
 Vorm: (Form) Bevat presies dieselfde data as die tabel,
maar in die vorm word slegs een rekord se velde op ‘n
slag vertoon. Word gebruik om data te beskou en in te
sleutel deur van ‘n ‘vorm’ op die skerm gebruik te maak
 Verslae: (Reports) Word gebruik om inligting op te
som en te groepeer. Kan gebruik word om inligting
vanuit ‘n databasis in ‘n gestruktureerde en
geformateerde formaat te vertoon of te druk.
Databasis: Access DATA tipes:
 Text: Ook alfanumeriese karakters genoem. Letters,
syfers of spesiale karakters. Word gebruik vir die name
van mense, stede, besighede, ens. Getalle waarmee daar
nie wiskundige berekeninge uitgevoer kan word nie,
soos telefoonnommers en poskodes.
 Memo: Vir lang teks-inskrywings soos kommentaar of
verduidelikings.
 Number: Vir data wat uit getalle bestaan waarmee
rekenkundige berekeninge gedoen kan word.
Voorbeelde is ouderdom, aantal en afstand.
 Date/Time: Vir datums en tye.
 Currency: Vir geldeenhede bv. prys
 AutoNumber: Sekwensiële getalle, beginnende by 1,
wat outomaties deur Access toegeken word by elke nuwe
rekord. Elke getal is sodoende uniek en kan dus as die
primêre sleutel gebruik word.
 Yes/No: Boole-waarde. Die waardes YES of NO sal
toegeken word. Bv. Neem ‘n leerder aan sport deel?
 OLE object: Grafika, video, of dokumente wat met ‘n
ander pakket geskep is.
 Hyperlink: Webadres wat gekoppel is aan ‘n dokument
of ‘n webbladsy.
 LookupWizard: ‘n Lys van voorafbepaalde waardes
kan hier gestoor word, waarvan dan net een bepaalde
waarde gekies word.

 Primêre sleutel: Is ‘n veld wat elke rekord met ‘n


unieke waarde identifiseer. Dit kan die ID van ‘n
persoon wees, of bloot die nommer toegeken deur die
AutoNumber-datatipe. ‘n Primêre sleutel word gebruik
om te verseker dat daar nie duplikaat-rekords in ‘n
databasis is nie.
 Datasheet View toon die inhoud van die tabel in rye en
kolomme en word gebruik om data in te sleutel en te
verander.
 Design View word gebruik om ‘n nuwe tabel te skep op
om die uitleg van ‘n bestaande tabel te verander. In
TERMINOLOGIE EN DEFINISIES RTT
hierdie voorstelling kan jy die veldname spesifiseer en
ook die datatipe en eienskappe van elke veld.
 Field Properties word gebruik om die verskillende
eienskappe van ‘n veld te definieer.
 Sortering van velde: In ‘n navraag word velde wat as
gesorteer gemerk is in die Sort-ry, in volgorde van links
na regs gesorteer. Jy moet sorg dat die veld wat jy eerste
wil sorteer heel links in die navraag voorkom wanneer jy
die navraag skep Die veld wat tweede gesorteer moet
word, moet regs van die eerste veld in die navraag
voorkom en moet ook in die Sort-ry aangedui word.

 Afdelings in ‘n verslag:
 Report header: Die inligting in hierdie afdeling word
slegs aan die begin van die verslag gedruk. Dit word
gewoonlik vir die titel van die verslag gebruik. Inligting
oor die maatskappy of persoon wat die verslag geskep
het, kan hier voorkom.
 Detail-afdeling: Dit beval die velde wat jy van elke
rekord gedruk wil hê. Hierdie deel beslaan die grootste
gedeelte van die verslag.
 Page Footer: Hierdie afdeling word aan die onderkant
van elke bladsy gedruk. Bladsynommers word hier
gedruk.
 Report Footer: Die inligting in hierdie afdeling word
heel aan die einde van die verslag gedruk. Dit bevat
gewoonlik opsommende berekeninge of statistiek wat op
al die rekords in die verslag toegepas is.

Berekeninge in ‘n verslag:
 =Sum([Getal]) Bereken die som van die verskillende
rekords se waardes vir die veld Getal.
 =Avg([Punt]) Bereken die gemiddeld van die
verskillende rekords se waardes vir die veld Punt.
 =Count([Titel]) Tel hoeveel Titels daar in die tabel is.
 =Count(*) Tel hoeveel rekords daar in die tabel is.
 =Min([Punt]) Bepaal die waarde van die laagste waarde
vir die veld Punt.
 =Max([Punt]) Bepaal die waarde van die hoogste
waarde vir die veld Punt
 =[Page] Vertoon die huidige bladsynommer.
 =Date() Lewer vandag se datum
 =Nov() Lewer vandag se datum. Kan ook verstel word
om die tyd saam met die datum te vertoon.
TERMINOLOGIE EN DEFINISIES RTT

Foutboodskappe in Excel ##### Die kolom is nie wyd genoeg om die getal in
die sel te vertoon nie.
Maak sel groter, verklein die skrif, ander
getalformaat te gebruik
#VALUE Daar word na selle in die formule verwys
waarvan die datatipe nie in n berekening
gebruik kan word nie. Bv. Jy wil ‘n sel wat teks
bevat vermenigvuldig met ‘n getal.
Maak seker dat selverwysings en waardes ‘n
datatipe is waarmee berekeninge gedoen kan
word
#DIV/0! Kom voor wanneer deling deur 0 probeer word.
Daar word na ‘n blanko sel verwys in die
formule, en Excel beskou ‘n leë sel as 0. Of die
gemiddeld van ‘n leë reeks word bepaal.
Verander die deler na ‘n ander getal as nul.
Verwys na selle wat waardes bevat
#NAME? Die formule se funksienaam of die selverwysing
word nie deur Excel herken nie. Average is die
mees algemene spelfout. Die (“) rondom
teksverwysings is uitgelaat. Die (:) in ‘n
reeksverwysing is uitgelaat.
Kontroleer die spelling van die funksienaam.
#REF! Wanneer Excel ‘n selverwysing in ‘n formule
teëkom wat nie meer geldig is nie.
‘n Hele kolom/ry is uitgevee en die
selverwysing bestaan nie meer nie, of ‘n sel is
uitgevee deur die Edit, delete opsie is gebruik.
Gebruik die undo-opsie as die boodskap vertoon
word.
#NUM! Kom voor wanneer jy ‘n ongeldige numeriese
waarde in ‘n funksie gebruik wat ‘n numeriese
waarde as een van sy argumente benodig.
Jy probeer om die vierkantswortel van ‘n
negatiewe getal te bereken.
Maak seker dat alle numeriese waardes geldig is
vir die berekening waarvoor dit gebruik moet
word.

You might also like