You are on page 1of 10

S.A.

is ń droë land
Roan Whittaker
10F
Daai is hoe SA gaan lyk as ons
nie hierdie droogte stop sit
nie.
Suider Afrika, spesifiek die Wes-Kaap,
ervaar op hierdie oomblik een van die
ergtse droogtes wat al ooit hierdie deel
van die land getref het. Deur om
verskillende metodes wat verder genoem
sal word te gebruik kan totale droogte
voorkom.
Die Wes-Kaap beleef ń ernstige droogte
en het ń groot watertekort. Water is ń
baie skaars hulpbron veral in Suid Afrika.
Volgens die weeklikse staat van reservoirs
se verslag van die Departement van Water
en Sanitasie soos op 4 September 2017,
was damvlakke in die Wes-Kaap slegs 34%
vol.Die Munisipaliteit van Wes-Kaap het
gese dat verbruik te hoog bly en daar is al
streng maatreëls ingestel daarvoor. Die
gemiddelde damvlakke in Gauteng,Noord-
Kaap en Noordwes is meer as 80% vol.
Damme in die Vrystaat, Limpopo en
Mpumalanga is tussen 74% en 78% vol,
terwyl damme in die Oos-Kaap (57%) en
KwaZulu-Natal(51%) meer as halfvol is.
Clanwilliam-dam is ook een van die
damme wat tekort aan water het. Die dam
was in 2016 100.8%vol water en vanjaar is
daar slegs 38.4% water in die dam. Hierdie
water tekort kan lei tot mislukte
graanoeste en kan ook lei na werkverlies
in die Wes-Kaap.
Pieter van Aarde, produksiebestuurder by
Klawer Wynkelder op Klawer, is van
mening dat die droogte almal aan die
knyptang het.
“Ons het nou al uit die rivier gepomp om
aan te vul glo dat dit wel sal reën,” sê van
Aarde.
Volgens Sybrand Teubes van Tuebes Wyne
was die winter vanjaar heelwat later en
daarom hoop hy dat die reën ook later sal
opdaag.
“Die wingerd vereis goeie besproeiing in
die winter en hierdie winter was dit
taamlik droog. Boere wat toegang het tot
die Olifantsrivier pomp water uit die
rivier-wat vars water het as gevolg van
invloeiing vanaf Sutherland en Citrusdal
wat die afgelope tyd goei reën gehad,” sê
Teubes.
As gevolg hiervan word boere en normale
burgers van Suid Afrika benadeel. Boere
moet eerder water pomp vanaf naby
riviere, wag vir dit om te reën of hoop en
bid dat hulle oes gaan oorleef. Burgers
moet in hulle huise sit en te wonder
wanneer hulle water afgesit gaan word of
hulle krane leeg gaan wees. Die ekonomie
dra die las van hierdie droogte ook. Vir
elke R1 wat die landboubedryf verloor,
verloor die ekonomie R1.50. Sodra die
oeste begin dood gaan, raak die kos vir die
burgers minder. Sodra die kos minder
raak, moet die land kos invoer, wat baie
geld kos. As die land nie kos invoer nie,
begin mense trek of mense gaan dood. Dit
veroorsaak werkloosheid syfers om te
styg. Daar is n droogtetaakspan, wat die
Departement van Landbou, Bosbou en
Visserye,die
Nywerheidsontwikkelingskorporasie(IDC)
Agri SA en sy affiliasies, die Land Bank,
Agbiz, die Nasionale Ramphulpfonds en
burgerlike samelewingsorganisasies insluit
vergader aan die einde van Januarie 2016
weer. Alhoewel die munisipaliteit
waterbeperkings ingestel het, is water
vlakke nogsteeds laag. Vir die land om af
te hang van die hoop dat daar reën gaan
wees gaan nie baie help nie. Die land
moet meer tyd spandeer aan regulasies
instel vir water gebruik. Die landbou
sektor gaan ń ekonomiese knou van meer
as R5 miljard verloor as daar nie aksie
geneem word nie. Die geraamde
werksverliese in hierdie sektor is rondom
30 000. StasSA, ń maatskapy wat
statistieke in Suid Afrika bestudeer, het
werskdata in Februarie bekendgestel.
Hierdie data dui aan dat
werksgeleenthede in die sektor inteendeel
vermeerder het. Dit beteken die droogte
het veroorsaak dat mense hulle werke
verloor het, wat dan al hierdie nuwe
werksgeleenthede gemaak het. Die
landbousektor moes sy waterverbruik met
ń gemiddelde 60% vermider en in
sommige areas is die aantal water
toegelaat, al klaar gebruik.
Om hierdie waterkrisis te beveg het ons
oplossings nodig. Ons kan plante plant wat
nie baie water benodig nie.
Sprinklerstelsels gebruik wat self
aanskakel. Seker maak dat waterpype glad
nie lek nie. Sit ń bottle vol sand in die
toiletbak. Nie die toilet onnodig spoel nie.
Stort in plaas van bad. Gebruik ń emmer in
die stort, om water op te vang en gebruik
daai water vir die plante. Moenie te veel
badwater gebruik as jy bad nie, en
familielede kan badwater deel. Pak die
skottelgoedwasser en wasmasjien vol
voordat jy dit aanskakel. Stel besproeiing
so dat slegs die plante nat word. Maak die
gras net nat met water uit die geute uit.
Maak net jou tuin vroeg in die oggend of
namiddag nat, nie tussen 10:00-15:00 nie.
Maak seker dat die swembad se
waterpomp nie lek nie. Moenie tuinslange
oop vergeet nie. As jy rerig jou motor
moet was, was dit op gras en gebruik ń
emmer.
Die land se waterkrisis is baie ernstig. As
daar nie aksie geneem word nie gaan
hierdie land by die drein afgaan, nes ons
gemorste water. Alhoewel daar mense is
wat ń verskil maak is daar nie genoeg nie.
Bibliografie:
MaroelaMedia.com
Netwerk24.com
Mymatzikame.com

You might also like