You are on page 1of 56

1

In this issue: Volume 2 Number 8

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


2

In hierdie uitgawe: Volume 2 Nommer

ISSN 2313-1349 = SA Prepper Jou lewe in jou hande


In ‘n noodgeval al wat jy moontlik sal kan gryp is jou “grypsak” – dit
SA PREPPER
is net so belangrik soos jou “bugout bag”.

SA PREPPER is an independent
Slimplanne om jou kinders oorlewing en
monthly publication for the
prepper community of South
Africa. Copyright on all articles
prepping te leer
and material published in SA
PREPPER resides with the As jy weet hoe kan kinders dit geniet om oorlewings en prepping
publisher and no part may be
copied or reproduced without vaardighede te leer wat hulle handig te pas sal kom in ‘n noodgeval.
permission of the publisher.
Opinions expressed in articles do
not necessarily reflect those of
the editor, editorial committee or
Gebruik jou geld verstandig
publishers.
Jou geld word hard verdien maar ons los dit soms vir “veilige’
bewaring in die hande van die mees onbetroubaarste instansies.
SA PREPPER
PO Box 436 Hoe kan ons, ons geld beter bestee en beter aanwend?
Villiersdorp, 6848
South Africa
Tel. 028 840 0011
Email: cscheney@telkomsa.net
Plastiese Water Bottel Filter
Office address: 11a Caledon
Street, Villiersdorp.
Maak hierdie filter vir onder R50.

Jy is wat jy eet.
EDITOR, DESIGN Weerstand teen geneties gemodifiseerde voedsel is aan die
&LAYOUT
Cleve. Cheney toeneem. Mense word beter ingelig oor die gesondheids risikos
Email: cscheney@telkomsa.net daaran verbonde en is opsoek na gesonder alternatiewe.
Office address: 11a Caledon Street,
Villiersdorp.

Koors!
Koors – oorsake, funksies en gevare.

Berei jou eie rantsoenpakke voor


Kommersiële rantsoenpakke is duur. Berei jou eie voor teen helfte
van die koste en na eie smaak.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


3

SA PREPPER
Die spoed van ineenstorting
In hierdie artikel wil ons graag julle aandag vestig op hoe vinnig die samelewing kan
instort en anargie kan uitbreek.

Mense wat van konflik sones ervaring het en plekke waar burgeroorlog uitgebreek het
soos in die Balkans, Kosovo, Ukraine, Sirië, Libië, Yemen, Irak en baie ander vertel
almal dieselfde storie.

Dit begin altyd met “lewe soos normaal”. Mense wat met hulle normale aktiwiteite
aangaan – ry werk toe, neem die kinders skool toe, inkopies, besoek vriende – al die
dinge wat “normaal” in die samelewing aangaan.

Maar tenspyte van die feit dat alles “normaal” blyk te wees is daar spanning net onder
die oppervlakte. Eendag word die spanning sigbaar en begin versprei. Kort voor lank
is daar wydverspreide ontevredenheid met die heersende regering en mense begin vir
verandering vra. Werkloosheid, armoede, politieke spanning, druk op vryheid van
spraak, ongelyke verspreiding van rykdom, korrupsie op alle regeringsvlakke,
vervolging van minderheidsgroepe, onvervulde verwagtings, swak dienslewering, rasse
en etniese verskille – al dra daarby toe dat spanning opbou. Verdeeldheid manifesteer
in die begin as “spelers” wat deur wettige en wetlike politieke en sosiale weë probeer
om verandering te bring. Wettige en vreedsame protes aksies is die volgende skakel in
die ketting van gebeurtenisse. Maar wanneer vreedsame aspirasies onderdruk word,
sowel as vrye spraak van die media en individue, begin protesaksies toe te neem en
word al hoe meer geweldadig. Hierdie protesaksies word dan ook met geweld
onderdruk. Verspreide plekke van onrus begin uitbreek maar is op dié stadium nie
wydverspreid nie. Mense wat protesteer vra vie nasionale verkiesings of dat die
regering moet bedank. As nasionale verkiesings geweier word of wel gehou word maar
die uitslae word gemanipuleer deur die heersende regering en verandering vind nie
plaas nie begin geweld vinnig te versprei en binne ‘n paar weke of maande kan ‘n hele
land in anargie en burger oorlog gedompel word.

In ‘n Al Jazera onderhoud op 24 April 2016 (21h30) het Julius Malema gesê dat as die
ANC die EFF se vreedsame aksies met geweld antwoord sal die EFF se geduld opraak
en hulle sal die ANC regering deur die loop van ‘n geweer verwyder. Hy het ook gesê
dat as die ANC met die uitslae van die toekomstige munisipale verkiesings konkel sal
die EFF die wapen teen die regering opneem.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


4

In lande waar burger oorlog uitgebreek het, het meeste landsburgers gedink dat die
polisie en weermag die geweldadige onrus vinnig onder beheer sou bring en wet en
order sou herstel het. Maar geweldadige botsings tussen “rebelle” en veiligheidsmagte
het vinnig versprei en voordat mense hulle oë kon uitvee was die land in ‘n bloedige
burgeroorlog gedompel.

Al die mense wat in sulke situasies betrokke was, was verras deur die spoed waarteen
dinge geeskaleer en heel en al buite beheer geraak het. Van die punt waar groepe
begin vra het vir veranderings of dat die regering moet bedank tot volskaalse burger
oorlog was in meeste gevalle ‘n paar weke of maande. Van jou kinders skool toe neem,
by jou gesogte restaurant uiteet, of saam met jou vrou inkopies by die plaaslike mall te
gaan doen tot vir jou lewe vlug, wegkruip in die puin van geboue wat gebom is, aas vir
stukkies kos in vullishope, waar winkelrakke binne dae leegeloop het, geforseer om
besoedelde water te drink, die onvermoë om geld by kitsbanke te trek, aan gruweldade
blootgestel te word, waar rioolstelsels ophou werk het, geen elektrisiteit, van jou huis
moet vlug en daagliks in vrees vir jou lewe moet loop, waar hospitale nie meer
funksioneer het en kan binne weke gebeur. As jy wag vir hierdie dinge om te begin
gebeur voordat jy begin voorberei het jy al klaar te lank gewag!

Ons moet van die geskiedenis en regte gebeurtenisse leer. Dit is die werklikheid en om
te glo dat sulke goed nie in Suid Afrika kan gebeur is nie net naïve nie dit is onnosel.

Al die element vir die “perfekte storm” is alreeds in plek. Ons kan leterlik ‘n paar
selfoon oproepe weg van anargie wees. Ons hoop dat daar regdenkende mense in Suid
Afrika sal wees om die situasies wat tans bestaan op vreedsame wyse kan ontlont.
Maar ons moet ook realisties kyk na die feite op die grond en voorbereid wees vir wat
kan gebeur. Moet nooit sê dat jy nie vroegtydige waarskuwing ontvang het nie!

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


5

D aar is ‘n verskil ‘n “dra sak” en ‘n “grypsak” (Engels: “bugout bag”).


‘n “Dra sak” is ‘n nood sak wat jy ALTYD saamdra waar jy ookal gaan. Elke dag – altyd.

‘n “Grypsak” het baie meer “goed”. Die inhoud daarvan is vir kort tot langtermyn oorlewing
situasies.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


6

Dit is wat jy saamvat as dit “tyd is om te gaan”, om pad te gee wanneer dinge ernstig
raak.

Jou grypsak is nie iets wat jy die hele tyd saam met jou gaan rondra nie – as jy by die
huis uitgaan, inkopies gaan doen, kinders skool toe vat ens. Dit is onprakties en sal jou
baie ooglopend maak.

Vir dag tot dag gebruik, gebruik jou dra sak. Dit is meer kompak en ‘n meer kleiner
weergawe van ‘n grypsak. Nie so goed toegerus nie maar goed genoeg voorsien om vir
2-3 dae aan die gang te hou. Wat jy altyd saam met jou dra – op jou rug of in jou hande
kan letterlik die verskil tussen die lewe en die dood maak.

Ons weet nooit wanneer ‘n nood gaan ontstaan nie. Jy mag jouself miskien in ‘n plek
bevind waar ‘n demonstrasie plaasvind wat skielik geweldadig word en uit beheer uit
raak en jy moet uit jou voertuig klim en vir jou lewe vlug. Jou voertuig raak ontklaar in
in ‘n verafgeleë plek en die weer word skielik vriesend koud. Jy is vêr van ‘n dokter of
hospitaal en jy ontwikkel ‘n ernstige allergie van ‘n bysteek. Jy is besig om hout te kap
en jy sny jouself ernstig op die bobeen. Bloeding is ernstig en jy kan binne minute
doodbloei. Daar is oneidelike moontlikhede….

Met ’n dra sak op altyd op hande kan jy baie noodgevalle hanteer. Jy kan ook jou dra
sak as ‘n priorities sak beskou. Wanneer dit by oorlewing kom is jou prioriteite die
volgende:

 Jy het lug nodig om asem te haal


 Jy het water nodig en ‘n manier om dit te suiwer
 Jy moet vuur kan maak en warm bly
 Jy het “prioriteits” medisyne en eerstehulp benodighede nodig
 Jy het ‘n iets nodig waarmee jy jouself kan verdedig
 Jy het geld nodig
 Persoonlike dokumente
 Kos (nie krities vir die eerste paar dae) maar is uitstekende vir morale en om
jou energie vlakke hoog te hou
 Kommunikase middel
 Multitool en ‘n lengte tou (paracord)
 Lig

Ons gaan nou hierdie lys bestudeer om te sien hoe ons aan hierdie prioriteite gaan
voldoen en om ons dra sak so lig en kompak te hou en net om saam te dra wat nodig
is.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


7

LUG OM ASEM TE HAAL

Jy sal miskien kunsmatige asemhaling of KPR aan iemand moet toedien. Jy het die
volgende nodig:

 ‘n KPR / kunsmatige asemhaling mondstuk


 ‘, Lugweg vir ‘n volwassenes en ‘n kind

WATER BEHOEFTES

Water is lewensnoodsaaklik – jy kan nie daarsonder klaarkom nie! Dit is noodsaaklik


dat jy die volgende altyd by jou moet saamdra:

 ‘n 1 Litre water bottel (vol) in jou dra sak.


 ‘n Manier om water te suiwer. Jy moet of ‘n “Lifestraw” of “Sawyer Mini Water
Filter” in jou sak dra asook ten minste 20 water suiwerings tablette.

VUURMAAK

Daar moet ten minste 2 van die volgende in jou dra sak wees:

 ‘n Boks vuurhoutjies
 ‘n Sigaret aansteker (“lighter)
 Firelighters
 Flint en staal

Vuur is een van jou belangrikste elemente van oorlewing. Daarsonder verminder jy jou
kanse. Om jouself droog te hou is ‘n “nood poncho” (plastiese rëenjas) ‘n aanbeveling.

PRIORITEIT MEDISYNE

Hier moet jy lewensgevaarlike noodgevalle in ag neem. Ons het alreeds die lugweg
genoem. Daarby is ernstige bloeding lewensgevaarlik en daarvoor behoort jy die
volgende te hê: Here you should consider life threatening emergencies. We have
already mentioned the airway. In addition to this serious bleeding is a life threatening
condition and to treat this you should have the following:

 ‘n Militêre gevegs toerniket (CAT)


 ‘n Israeli weermag gevegsverband
 2 Wond verbande

Mediesie toestande wat lewensgevaarlik kan wees sluit ook in die volgende (in hakkies
verskyn wat jy moet saamdra hiervoor):

 Allergiese skok (anti-histamien inspuitbaar, adrenaline 1ml 1:000 oplossing en


‘n 1cc spuit).

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


8

 Dreigende hart aanval (Nitrolingual sproei of cayenne peper)


 Erge dehidrasie as gevolg van braking, diaree of hitte steek (Valoid tablette om
braking te beheer, Immodium / Lomotil / vir die diaree en to control diarrhoea,
aspirien of Myprodol vir pyn/koors, Rehidrate poeier om elektroliet balans te
herstel)
 Diabetes (suikersiekte noodgeval) (insulien en glucose poeier / oplossing).
 Koue / skok (skok kombers)
 Ernstige infeksie ( breë spektrum antibiotiese tablette)

Jy behoort ook ‘n paar dae se vooraad by jou te dra vir enige kroniese siekte wat jy het
(bloeddruk pille, insulien ens.)

SELF VERDEDIGING

Ons lewe in ‘n geweldadige samelewing and in ‘n lewensgevaarlike situasie moet jy


jouself met dodelike krag moet kan beskerm. Hou ten minste een van die volgende by
jou (meer as een is ‘n aanbeveling):

 Handwapen met ten minste 20 rondtes.


 ‘n Gevegs mes
 Peper sproei / skuim
 Taser

GELD

Dra ten minste R 1000 by jou in R20 en R10 note ten alle tye. Dra jou krediet kaart ook
by maar onthou dat automatiese (ATM) masjiene mag nie altyd werkend of beskikbaar
wees nie. Carry at least R 1000 in smaller notes (R20 and R10) with you at all times.
Credit card and ATM facilities may not be available.

PERSOONLIKE DOKUMENTE

Hou jou ID kaart, bestuurders lisensie, vuurwapen lisensies en bank kaarte by jou.

KOS

Jy sal miskien honger ly maar jy sal nie aan


honger doodgaan indien jy vir ‘n week sonder
kos moet gaan maar jou morale gaan vinnig val
indien jy niks het om te eet nie. Die nadeel om
kos in jou dra sak te dra is dat dit baie plek
opneem en dit maak die dra sak swaarder.

As jy toegang tot ‘n vakuum verseël verpaker het


seel jou kos in ‘n vakuum sak. Dit maak dit meer

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


9

kompak, hou dit droog en die inhoud hou


langer. Kos vir 1-3 dae sal ‘n groot “plus” wees
maar moet nie as prioriteit beskou word nie.

As jy besluit om kos saam te dra vermy blikke en items wat baie spasie opneem.
Gebruik sop poeier, energie drankies waarby water bygevoeg moet word, “energy
bars”, tee/koffie sakkies en gedihidreerde kosse.

KOMMUNIKASIE

Dit is belangrik om met familie en vriende in kontak te bly. Selfoon ontvangs mag nie
altyd beskikbaar wees nie maar dra jou selfoon by jou. As jy probeer ontvlug sal dit
miskien nodig wees om van jou selfoon ontslae te raak want jy kan maklik daardeur
opgespoor word. Dra ‘n seinspieël en ‘n fluitjie by jou.

MULTITOOL EN TOU (Paracord)

‘n Goeie “Multitool” (bv. Leatherman) het baie gebruike en moet as noodsaaklik


beskou word. 10 meters paracord is ook ‘n sterk aanbeveling.

LIG

‘n Goeie flits en spaar batterye behoort deel van die dra sak te wees.

DIE SAK SELF

Die sak moet nie te groot wees nie maar moet al jou benodighede bevat. Sommige
mense beweer dat dit nie ‘n goeie idee is om militêre tipe sakke te gebruik nie (Khaki,
swart, olyf groen of “camo”) as dit te opvallend is en aandag kan trek en dat neutrale
kleure ‘n beter opsie is.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


10

Daar steek miskien waarheid daarin maar militêre kleure en style is deesdae by gewild
onder gewone mense en is dus nie so ‘n “issue” nie.

Die sak moet goeie kwaliteit en sterk wees. Verskeie grote sakke is beter as net een
groot sak. Jy kan jou goedere opdeel in medies, vuur en skuiling, kos en water, self
verdediging, kommunikasie/lig en geld en persoonlike dokumente in aparte sakke
bêre. Dan weet jy waar om te soek vir iets as jy dit nodig kry.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


11

S ommige kinders kan angstig raak indien daar vir hulle gesê word dat daar
voorbereidings getref word vir ‘n toekomstige ramp of nood. As ‘n ouer is
daar slim maniere om jou kinders vir moelike tye voor te berei sonder dat hulle eers
daarvan bewus is. Die sleutels is pret, genot, uitdaging, beloning en ‘n s’n van
vervulling.

Wat jy met jou kinders gaan doen is om hulle te leer om meer selfstandig te wees en
nie op ander die hele tyd staat te maak nie. Kinders sal geen aansporing nodig hê om
aan sekere van die ondergenoemde aktiwiteite deel te neem nie waar ander bietjie
motivering sal nodig kry.

Jy gaan hulle vaardighede leer wat meer belangrik as “gadgets” en “goed”.

Ongelukkig het meeste stads kinders in “techno geeks” verander en bring hulle dae
deur om knoppies te druk en soos zombies in klein skermpies te staar. Baie ouers het
hulle gedistansieer van die verantwoordelikheid om hulle kinders te leer om
selfstandig te wees en dit moet aangespreek word.

Kampeer, rotsklim, stap en boot ry

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


12

Om te kamp is groot pret en terwyl jy die pret saam met jou kinders geniet kan jy
hulle die volgende leer:

 Hoe om ‘n veilige, sekuur en gemaklike kamp plek uit te soek


 Hoe om kamp op te rig (tent opslaan, vuurmaak plek voor te berei, ablusies
ens.)
 Vuurmaak (deur om verskeie tegnieke te gebruik).

 Leer hulle hoe om oor ‘n oop vuur kos te kook.


 Leer hulle waar om water te vind en hoe om dit veilig te maak om te drink.
 Neem veilige voorsorg teen wilde diere en slegte weer.
 Hoe om ‘n skuiling te bou.
 Leer hulle hoe om eetbare en medisinale plante uit te ken.
 Leer hulle oor plaaslike wilde diere, slange, spinnekoppe, skerpioene ens. en
hulle gewoontes.
 Leer hulle hoe om verskeie gereedskap veilig te gebruik (bv. messe, byle, sae
ens.).

Rotsklim is ‘n manier om jou kinders te leer hoe om hindernisse oor te steek, vrees vir
hoogtes te oorkom, en tou vaardighede te leer wat baie praktiese toepassings het.

Bootry is ‘n manier om jou kinders te leer hoe om veilig met en in ‘n boot te vaar, hoe
om water hindernisse verby te steek, water navigasie en hoe om ‘n boot te onderhou.

Staptogte sal jou kinders fiks en sterk hou en hulle leer om gewigte oor ‘n lang afstand
te dra. Dit sal ook geleenthede skep om hulle navigasie vaardighede te leer (kompas en
kaartlees, gebruik van GPS ens.) en hoe om weer toestande te monitor.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


13

Jag en visvang

Die kwessies is nie of jy ten gunste van jag en visvang is of nie. Die werklikheid is dat
in ‘n oorlewings situasie word mense gedwing om te jag en vis te vang om aan die lewe
te bly. Dié wat nie hierdie vaardighede het se kanse om te oorleef neem drasties af.
Daar is menige vaardighede geassosieer met jag en visvang en om hierdie vaardighede
te besit is om beter voorbereid te wees. Vaardighede soos:

 Kennis van en die veilige gebruik van vuurwapens, ammunisie en ander jag
wapens (pyl en boë, slingervel, ens.).

 Skietkuns
 Laai van ammunisie
 Diere gedrag verstaan
 Spoorsny
 Hoe om diere / voëls/ visse af te slag, en te kook of preserveer.
 Knope maak
 Visse te vang

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


14

Tuis nood drills (vuur / inbrekers)

Baie gevare en bedreigings kan in die huis realiseer. Beserings, brand, inbrekers om
net ‘n paar te noem. Stuur jou kind op ‘n basiese brandbestrydings kursus. Meeste
kinders sal dink dit is groot pret maar terselfdetyd word hulle geleer hoe om tydens en
brand nood op te tree.

Dit is baie belangrik, veral in Suid


Afrika, om kinders te leer hoe om
huis inbraak te voorkom en wat om te
doen indien ma en pa nie by die huis
is nie en ‘n “ongenooide gas” betree
die perseel of probeer om by die
woning inbreek.

Houtwerk en basiese onderhoud vaardighede

Voor die huidige regering in bewind gekom het was deel van elke hoërskool se
leerplan hout en metaalwerk. Leerlinge is basiese hout en metaalwerk vaardighede
geleer asook hoe om gereedskap te gebruik asook basiese elektriese kennis. Kinders
deesdae is baie onhandig en min van hulle besit hierdie vaardighede. Hierdie
vaardighede is baie belangrik vir oorlewing en jy behoort jou kind aan te moedig en te
help om hierdie kennis op te doen. Help hulle om ‘n boomhuis te bou, of meubels vir
hulle kamers of ‘n renstel. Vra vir hulle om (onder jou toesig) ‘n elektriese prop te
bedraad. Leer hulle hoe om sement te meng, baksteen te lê, te sweis en hoe om krag
gereedskap te gebruik. Daar sal ‘n dag miskien kom waar hy ‘n huis moet bou, of ‘n
belangrike stuk toerusting moet sweis. Hierdie vaardighede sal hulle vir die res van
hulle lewens kan gebruik en hulle meer selfstandig maak. Eder om die nuutste Ipod
of ander “skerm” foefie vir verjaardig te koop vir hulle gereedskap.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


15

Help met die onderhoud van voertuie en ander toerusting

Leer jou kind om goed te onderhou. Begin met hulle speelgoed, fietse en windbuks.
Kry hulle om hulle fietse te was, pap wiele reg te maak en om stukkende goed te
vervang. Leer hulle hoe om veilig vuurwapens skoon te maak en te onderhou. Begin
met ‘n windbuks (ja elke kind – dogters ingesluit, behoort ‘n windbuks te hê.) Soos
wat hulle ouer word laat hulle jou help om jou voertuig te diens en met ander klein
werkies in en om die huis ‘n hand te gee. Teen die tyd wat hulle tieners is behoort
hulle ‘n voertuig te kan diens en parte te vervang. Moedig hulle aan om te leer om
goed te onderhou en reg te maak eder om goed weg te gooi en dit met iets nuuts te
vervang. Jy leer hulle om selfstandig te wees. Wat gaan hulle doen as daar nie ‘n
werktuigkundige, elektrisien, bouer, geweersmid of loodgieter beskikbaar is om te
help?

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


16

Tuinmaak en met lewende hawe werk

Dit is waar ma en pa ‘n inset kan lewer. Help jou


kinders om ‘n groentetuin voor te berei. Hulle
moet die saad saai, natgooi en die beddens van
onkruid skoon hou. Wanneer jy groente oes
maak dit deel van familie maaltye (dit help ook
om onkoste te bespaar). Laat jou kinders van
hulle produkte verkoop om ekstra sakgeld te
verdien. “n Goeie idee is om ‘n klompie
hoenders aan te hou. Die kinders moet
verantwoordelikheid aanvaar om die hoenders
daagliks kos en water te gee, eiers in te samel en
die hok skoon te hou. Weereens kan die eiers
gebruik word om die familie te help voed, geruil
word vir ander goedere of verkoop word.
Groente kweek en lewende hawe kundigheid sal
jou kinders leer om vir hulle kos benodighede
selfstandig te wees.

Eerste hulp

Eerste hulp kennis kan ‘n lewe red en dit word hoogs aanbeveel om jou kinders van ‘n
jong ouderdom eerste hulp te begin leer of stuur hulle op ‘n kursus. Soos wat hulle
ouer word stuur hulle op meer gevorderde kursusse. Hou oefen sessies met hulle by
die huis op ‘n gereelde basis dat die kinders aan verskeie scenarios gewoond kan raak.
Hoe meer hulle oefen hoe beter sal hulle ‘n werklike situasie hanteer.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


17

Moedig jou kinders aan om aan sportsoorte deel te neem wat hulle fiksheid en
krag sal help opbou.

Fisiese fiksheid, krag en stamina is ‘n belangrike faktor in voorbereiding. Kontak


sportsoorte sal kinders ook leer om taai te wees. A gesonde dieet om te verhoed dat
kinders oorgewig word en deelname aan sportsoorte soos rugby, sokker, landloop,
krieket, atletiek, bergfietsry, swem, gimnastiek, tennis en squash moet deur elke ouer
wat omgee aangemoedig word. In ‘n nood oorlewings situasie (bv. as ‘n vlugteling) sal
fisiese fiksheid en uithou vermoë die kans van oorlewing aansienlik verhoog en enige
sportsoort wat hierdie eienskappe bou en bevorder sal jou kind beter in staat stel vir
enige gebeurlikheid.

Self verdediging klasse

Ons lewe in ‘n wêreld waar kinders slagoffers


geword het van verwronge mense. Om jou
kinders op self verdedigings klasse te stuur sal
hulle beter toerus om met bullebakke en die
“low lifes” van die gemeenskap af te reken en
word sterk aanbeveel. Mense mag verskil
maar ek dink die Israeliese krav maga tipe self
verdediging is die mees prakties vir werklike
situasies. Self verdedigings klasse sal jou kind
ook taai maak en sy or haar self vertroue
versterk.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


18

Basiese kook vaardighede

Meeste mense sal geskok wees om te weet hoeveel kinders nie weet hoe om ‘n koppie
tee of koffie te maak, ‘n eier gaar te maak of ‘n stukkie wors te braai! Regtig! Leer jou
kinders basiese kook kuns. Laat hulle in die kombuis help en by die braai. Jong kinders
is veral gretig om te help en kan op ‘n jong ouderdom leer hoe om kos voor te berei en
te kook. Hulle sal miskien een dag hulle in ‘n situasie bevind waar “kits kosse” (“fast
foods”) nie beskikbaar is nie en ma en pa is nie daar om te help nie. Leer hulle om
“stokbrood” te maak en ook om oor ‘n oop vuur te kook.

Airsoft en paintball speletjies

Die aanmoediging van jou kinders om in “airsoft” en “paintball” speletjies deel te neem
sal hulle skietvernuf en strategie vaardighede opskerp en spanwerk leer wat in ‘n
oorlewings situasie van kardinale belang is.

Higiëne

Een van die belangrikste “vaardighede” wat soms oorsien word is om kinders higiëne
te leer – veral in situasies waar al die normale geriewe nie beskikbaar is nie en waar dit
makliker is om siektes op te doen. Gereelde hande was, liggame skoon hou, tande
borsel, higiëniese voorbereiding van kos, suiwering van water, verwydering van
rommel en gemors en streng toilet gewoontes is absoluut belangrik en moet aandag
geniet.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


19

I n gevaarlike en onsekere tye soos dié waarin ons tans verkeer moet ons mooi
dink oor wat ons met ons geld doen. Ek vind dit vreemd dat selfs mense wat naby die
broodlyn leef hulle geld op nie-noodsaaklikhede en luukshede, wat hulle nie kan
bekostig nie, spandeer. Ipods, selfone, uitspatige klere, skoene, handsakke, hairstyle
ens. En dit is die armer mense van die samelewing waarna ek verwys! Dié in die hoër
inkomste kategorie is net so onverskullig behalwe dat hulle nie-noodsaaklike goedere
van die duurste is. Enige surplus geld wat hulle het “belê” hulle in die aandeels mark of
hulle deponeer dit in die ergste plek van almal – die bank! Hier verdien hulle bitter
min indien enige rente vir hulle spaargeld en hoe langer hulle geld in die bank sit hoe
meer waarde verloor dit. Wanneer buitelandse banke (bv. Barclays) in Suid Afrika
begin disinvesteer behoort dit ‘n sterk boodskap uit te stuur.

Geld kan waardeloos wees indien daar niks is om daarmee te koop nie. As daar nie
kos, water of medisyne is of wat ookal kan jy tasse vol geld hê en dit sal niks beteken
nie. Ek sit en kyk hoe mense in lang rye toustaan in Venezuela om kos te koop. Hulle
het miskien geld om baie kos te koop maar daar is min kos beskikbaar.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


20

Mense staan tou om kos te koop -Venezuela


Wanneer daar geen medisyne of kos of ammunisie of brandstof beskikbaar is nie help
dit niks as jy geld het maar daar is niks waarvoor jy soek! Daar kan ‘n tyd kom
wanneer lewensnoodsaaklike bates (kom ons noem hulle LB’s) skaars kan word of selfs
onverkrygbaar. Dit beteken dat NOU is die tyd om jou geld wys te bestee en in LB’s te
investeer vir die toekoms terwyl jy nog kan.

LB’s of die middele wat jou in staat stel om hulle te bekom is bates wat in waarde
TOENEEM. Kos, weens die droogte wat ons beleef het en stygende vervoer koste word
elke maand al hoe duurder. Farmaseutiese maatskappye verhoog die kostes van hulle
medisyne en produkte omdat hulle hoër lone moet betaal en ontwikkelings en
produksie koste moet delg. Skoon drinkbare water word duurder omdat dit skaarser
word.

Geld in die bank is nie meer veilig soos in vroër dae. Die geld van kliënte in banke in
Griekeland, Ireland, Cyprus, Spanje en in ander lande, is deur die banke gebruik om
bank skuld te betaal en limiete is geplaas op wat kliënte van hulle eie geld kon ontrek.
Sommige banke het hulle deure vir hulle kliënte toegemaak. Die aandeelmark het baie
onstabiel geraak en sommige kenners voorspel dat die aandeelmark wêreldwyd in duie
kan stort. Dan gaan jy niks geld hê om noodsaaklikhede te koop of, wat jy uit die bank
gaan kry gaan baie minder wees as wat jy verwag het.

Watookal die toekoms inhou moet jy nog kan eet en drink, en siekte behandel. As
onrus of selfs burger oorlog uitbreek sal jy wapens en ammunisie benodig om jou
familie te verdedig. Dink en plan vooruit!

Eder om jou geld op luukse en nie-noodsaaklikhede te mors begin jou geld “investeer”
in voorade op te bou van kos, water (en maniere om dit te suiwer), medisyne (veral as
jy op kroniese medikasie is), ammunisie, brandstof, parafien, gas, toilet papier, seep,
tandepaste ens. As jy ‘n goeie vooraad noodsaaklikhede het en dinge loop lelik skeef
loop sal jy nie net genoeg vir joue familie het maar dit wat jy het sou aansienlik in

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


21

waarde toegeneem het wat jy ook sal kan verkoop of ruil vir goed wat jy miskien nodig
gaan kry.

Nog iets om in gedagte te hou is dat die waarde van ons geld eenheid verswak vinnig
en verswak verder elke keer een van ons politici iets onverantwoordelik of irrasioneel
aanvang of onrus versprei wat ons land al hoe meer onstabiel maak. Kombineer dit
saam met verhoogde inflasie en dit kan soos in Zimbabwe eindig waar banknote in
2008 gedruk is van een honderd triljoen dollars wat nie genoeg was omtrent om ‘n
brood te koop! Die geld was waardeloos. Dan al het jy die geld gehad kon jy niks
daarmee koop nie. En dit in ‘n land wat op ‘n stadium die brood mandjie van Afrika
was!

Die ironie van die saak is, is dat hierdie banknoot wat meer nulle op gehad het as
enige banknoot wat ooit gedruk is, ‘n versamelaars waarde van $57 het! Wat ‘n grap!
Dit mag miskien snaaks wees indien dit nie so ‘n tragedie vir die mense van Zimbabwe
was (behalwe vir die elite). Meeste mense in Zimbabwe verkeer nog in diep armoede.
Die land het hulle geld eenheid gelos in 2008 en maak sedert gebruik van ander lande
se geld eenhede om besigheid te doen.

Daar is optimistiese mense in ons land wat oortuig is dat Suid Afrika nooit dieselfde
pad as Zimbabwe sal loop nie maar snaaks genoeg die aantal optimiste is besig om te
krimp. Ek wonder hoekom?

Dit maak dus goeie s’n om nou, terwyl ons eenheid nog waarde het, en inflasie nog
betreklik laag is, en lewensnoodsalike goedere nog beskikbaar is dat jy jou geld om ‘n
wyse manier gebruik om op lewensnoodsaaklike goedere te begin opberg.

Nog iets wat jy aan kan dink om te koop wat ‘n baie goeie medium tot lang termyn
belegging kan wees is FISIESE goud (wat alreeds skaarser begin raak) en silwer. As jy
nog nie daarvan bewus is nie het die prys van goud onlangs weer begin skyf en $1280
per ons bereik het. Lande soos Russland, Sjina en Frankryk koop al die goud wat hulle
hand op kan le. Dit laat ‘n mens wonder hoekom?
Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12
22

D ie drink van vuil of besoedelde water is ‘n vinnige manier om parasiete in


te kry en gevaarlike siektes soos cholera en ingewande koors op te doen.
Een van die stappe van watersuiwering is filtrasie. Jy sal miskien nie altyd
gesofistikeerde filtreerders tot jou beskikking hê en sal moet improviseer.
In hierdie artikel gaan ons ‘n geimproviseerde water filter beskryf wat van ‘n paar
basiese goed gemaak is – waarvan jy miskien selfs op ‘n ashoop sal kan optel. Hou in
gedagte dat in die geval van sosiale ineenstorting sal jy ongewone maniere moet
gebruik om aan die lewe te bly.

Wat jy gaan nodig kry is ‘n leë 2 litre plastiese koeldrank bottel, ‘n kommersiële water
filter (of een wat jy self kan opmaak soos later aan in die artikel aangedui) en ‘n buis
silikoon.

Neem die leë bottel en sny die deksel met so bietjie van die “nek” af. Sny die res van
die bottel in die helfte deur.

Sny ‘n ronde gat in die onderste deel van die bottel met ‘n deursnee waarin die nek van
deksel wat jy afgesny het styf sal pas. Die skroef gedeelte van die deksel moet na buite
wys. Gebruik silikoon om die deksel in die onderste helfte van die bottel vas te gom.

Neem nou die water filter en sny ‘n gat in die boonste gedeelte van die boonste helfte
van die bottel sodat die filter styf daarin pas. Keer die boonste helfte om en seël die
filter se rand met silikoon.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


23

Kommersiële water filter

Druk die omgekeerde boonste helfte deel van die bottel met die filter in die onderste
een in en gom vas met silikoon.

Maak die boonste helfte met ongefiltreerde water vol. Dit sal stadig deur die filter
beweeg en in die onderste helfte van die bottel kolekteer. Wanneer gefiltreerde water
benodig word draai die deksel los en giet.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


24

As jy nie ‘n kommersiële filter het kan jy jou eie maak. Neem ‘n lengte PVC pyp en
isolasie band en mak ‘n stuk fyn materiaal onder vas. Gooi ‘n laag fyn sand onder in die
pyp, gevolg deur geaktiveerde koolstof en dan weer ‘n laag fyn sand. Bedek die boonste
opening ook met ‘n laag fyn geweefde materiaal en bind vas met die isolasie band.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


25

W anneer jou lewe of welsyn bedreig word deur dié wat jou wil kwaad aandoen
‘n wapen byderhand is ‘n groot voordeel. ‘n Vuurwapen is natuurlik die beste opsie
maar jy sal miskien nie altyd toegelaat word om een te besit of by jou te hê nie. Peper
sproei, Tasers en /of ‘n mes is ook opsies maar hier beskryf ons ‘n self verdedigings
wapen wat lig, maklik wegsteekbaar, en hoogs doeltreffend is en wat moeilik is om van
jou weg te neem.

Die “B2B self defence knuckle knife” sit baie krag in jou vuis. Gemaak van hoe kwaliteit
staal, dit het 3 punte wat verskerp is en ‘n afgeplatte handvatsel wat gemaklik in die
hand sit as jy ‘n vuis maak.

Dit kan gebruik word om voorentoe of weeskante sywaarts te slaan. Die handvatsel is
bedek met geweefde paracord en sit gemaklik in die hand. Die paracord kan in ‘n
noodgeval losgemaak word en vir verskeie doele aangewend word. Die “B2B self
defence knuckle knife” is ‘n formidabele “close quarter” wapen in die hande van ‘n
man, vrou of kind.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


26

Die “B2B self defence knuckle knife” kom in ‘n kwaliteit hand gestikte skede wat met
‘n koord om die nek gehang kan word en onder jou klere versteek – byderhand indien
jy dit ooit nodig het.

Dit pas ook lekker in die holte van jou rug.

VOOR AGTER

Versteekte dra posisies vir die “B2B self defence knuckle knife”.

Hierdie self verdedigings wapen kan ‘n lewensreder wees en elke prepper behoort een
vir elke familie lid te hê. Die “B2B self defence knuckle knife” met skede kos R500 en is
beskikbaar by b2bsurvival@gmail.com.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


27

W at jy eet bepaal tot ‘n groot mate die kondisie van jou liggaam en jou
gesondheid. As jou diët baie suiker en versadigde vette bevat is die kanse goed dat jy
hoë kolesterol en hartprobleme kan ontwikkel asook suikersiekte.

Preppers behoort versigtig te wees wat hulle eet - dit is as hulle gesond wil bly. Een
van die grootste bedreigings wat ons deesdae in die gesig staar is Geneties
Gemodifiseerde voedsel of as hulle ook bekend staan - Geneties Gemodifiseerde
Organismes (GMO’s).

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


28

Voedsel word geneties gemodifiseerd om groter te word, hoë opbrengste te lewer,


beter te smaak en meer weerstand ten peste en siektes te bied. Klink goed ne! Waarom
dan het lande soos Oostenryk, Bulgaria, Duitsland, Griekeland, Ireland, Japan, Nieeu
Seeland, Russland, Skotland, Russland en Frankryk die invoer van GMO’s verbied en
verban? Hoekom is daar wêreldwyd toeneemende weerstand teen GM voedsels?
Onlangs is protesaksies teen die maatskapye wat GM voedsels produseer in groot
hoofstede van die wêreld gehou waarvan Monsanto, Syngenta, DuPont en Dow van
die grootstes is?

Kan dit wees dat daar iets donker agter GM voedsels skuil waarvan meeste mense nie
van bewus is nie?

Wat is die dryfkrag en doel agter die modifisering van stapel voedsels? Daar is drie
woorde wat hierdie vraag kan beantwoord geld, beheer en ontvolking.

Voedsel is al lank al deur die wêreld se magtige elite geïdentifiseer as ‘n middel om


wêreld populasie af te bring en om mense te beheer. Dit is moontlik gemaak deur die
genetiese modifisering van voedsel. As jy beheer oor saad produksie kan bekom en
boere kan dwing om eksklusief by jou maatskapy saad te koop gee dit vir jou ‘n
monopolie wat miljarde dollars beteken – GROOT, GROOT geld!

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


29

Wat dan is die redes waarom ons so vêr as moontlik die inname en groei van GM
voedsel moet vermy en al dié wat GMO’s produseer moet teenstaan?

Teenstrydig met wat deur die produsente gesê word is daar toeneemende
wetenskaplike bewys dat GMO’s nie net nadelig vir menslike gebruik is maar
gevaarlik.

Sommige langtermyn navorsings projekte dui daarop dat die inname van GM voedsels
kan die volgende uitwerkings hê:
 Orgaan skade
 Immuun sisteem probleme
 Onvrugbaarheid
 Die oordrag van toksiese pesdoders van GM produkte na swanger vrouens en
hulle ongebore babas.
 Kanker
 Glyphosate — die mees algemene plantdoders wat om GM gewasse gebruik
word beinvloed negatief die normale ingewande bakterie van mense wat lei na
ingewande probleme.
 Autisme

Die besluit van Russland en ander lande om die invoer van GM produkte te verban is
gebaseer op meer as tien jaar se navorsing deur Dr. Irina Ermakova. Sy het bewys dat
een van die tegnieke wat gebruik is in die skep van GMO saad is om gewas vormende
grond bakterie in te bou waarvan sy die volgende gewaarsku het:

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


30

“Inname en gebruik van GMO’s …kan lei tot die vorming van
gewasse, kankers en vetsug in diere”.

Dr. Ermakova’s se GMO navorsing is deur Fraanse


wetenskaplike Gilles-Eric Séralini, een van die wêreld se
top molekulêre bioloë by die Univesiteit van Caen,
bevestig. Sy navorsing het bewys dat “erge gesondheids
newe effekte, wat bors gewasse, nier en lewer skade
wat na ‘n vroër sterfte gelei het” het voorgekom in
laboratorium rotte wat GM gemodifiseerde mielies
gevoer is”

Pogings is deur die groot GM produsente aangewend


om hierdie twee uitstaande wetenskaplikes se reputasies
te diskrediteer en hom hulle swart te probeer smeer
omdat hulle die moed gehad het om hulle tee te staan.

1. GMO’s besmet natuurlike saad

Kruis bestuiwing kan tussen natuurlike saad en GM


saad plaasvind en die natuurlike saad gene poel vir ewig
kontamineer.
Dit hou enorme gevolge in vir toekomstige generasies. GMO kontaminasie veroorsaak
ook groot verliese vir boere wat nie GM saad wil gebruik nie en wat poog om die
natuurlike gene poel suiwer te hou en te bewaar.

GMO’s verminder dus genetiese diversiteit en plante met verminderde diversiteit kan
nie droogte, swam infeksies om insek pes aanvalle hanteer soos natuurlike plante, wat
ernstige gevolge kan inhou vir boere en gemeenskappe wat afhanklik van GMO
gewasse geword het vir hulle oorlewing.

2. GMO’s word vervaardig om die gebruik van plantdoders en pesdoders te


verhoog.

Meeste GM gewasse is vervaardig om plantdoders/pesdoders tolerant te wees. Dit


beteken dat hoër konsentrasies plantdoders (soos Roundup byvoorbeeld) op voedsel
gewasse gebruik kan word. Die gebruik van hoer konsentrasies lei tot die ontwikkeling
van “super onkruide” en “super peste” wat al hoe moeiliker raak om te beheer. Hoër
konsentrasies van hierdie gevaarlike chemikalië beeindig ook in die kos van die eind
verbruiker wat gesondheids risikos inhou en veroorsaak siektes en toestande wat ons
nie anders sou opdoen het nie. Roundup – een van die chemiese plantdoders wat deur
Monsanto vervaardig word is met geboorte defekte, kankers, hormoon defekte en
steriliteit gekoppel.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


31

3. Daar is ‘n gevaarlike gebrek aan regerings oorsig

Meeste van die gesondheids en omgewings risikos wat aan GMO’s gekoppel word
word deur die regering geignoreer. Die beste wat hulle doen is om op die etikette van
produkte aan te dui dat GM middels in die produk gebruik is maar dit is so vêr as wat
hulle gaan. Hulle hou nie die algemene publiek ingelig oor die gevare van GM
produkte nie.

4. Die groot vervaardigers van GM produkte is nie eerlik met die


algemene publiek oor die gevare van GM produkte nie.

Maatskappye soos Monsanto het vir ons gesê dat produkte soos Agent Orange, PCBs,
en DDT was veilig vir die mens. Dit is later bewys dat hierdie chemikalië HOOGS
gevaarlik en HOOGS onveilig is vir mense. Hulle gebruik nou weereens oppervlakkige
en onbetroubare navorsing studies om te “bewys” dat GMO’s veilig is. Onafhanklike
wetenskaplikes het hulle vasgevat en hulle “navorsing” oopgevleg as bedryfs bevonds
om probleme NIE raak te sien nie en om ongunstige bevindings nie te raporteer nie.
Wetenskaplikes wat probleme met GMO’s ontdek het is aangeval, bedreig, gesensor,
afgedank en bevondsing weerhou. Pogings deur die media om probleme met GMO’s te
ontbloot is ook dikwels gesensor.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


32

5. GMO’s beskadig die natuur

GM gewasse en die plantdoders/pesdoders wat saam gebruik word rig skade aan
die natuurlewe en ekosisteme. Hulle verswak biodiversiteit, besoedel die grond, en
waterbronne en is nie volhoubaar nie. Roundup (glyphosate) – een van die GMO
plantdoders wat die meeste gebruik word is in effek ‘n antibiotika wat grond
kwaliteit kan vernietig en die plant se voedselwaarde.

6. GMO’s verhoog nie opbrengse nie en dra baie minder by as wat


geraporteer is om ‘n honger wêreld te voed.

Die volgende word uit die “Concerned Scientists’ 2009 report Failure to Yield”
aangehaal:

“Whereas sustainable non-GMO agricultural methods used in developing countries


have conclusively resulted in yield increases of 79% and higher, GMOs do not, on
average, increase yields at all. This was evident in the Union of Concerned Scientists’
2009 report Failure to Yield―the definitive study to date on GM crops and yield.
The International Assessment of Agricultural Knowledge, Science and Technology for 58
governments, stated that GM crop yields were “highly variable” and in some cases,
“yields declined.” The report noted, “Assessment of the technology lags behind its
development, information is anecdotal and contradictory, and uncertainty about
possible benefits and damage is unavoidable.” They determined that the current GMOs
have nothing to offer the goals of reducing hunger and poverty, improving nutrition,
health and rural livelihoods, and facilitating social and environmental sustainability.

On the contrary, GMOs divert money and resources that would otherwise be spent on
more safe, reliable, and appropriate technologies.”

7. GMO vervaardigers het gesê dat die gebruik van GMO’s die gebruik
van plant en pesdoders metertyd sal laat afneem.

Volgens navorsing is die aanduiding presies die teenoorgestelde en dat die behoeftes
aan die gebruik van plant en pesdoders in assossiasie met GM gewasse TOEGENEEM
het.

8. Patent reg

GMO vervaardigers behou patentreg op hulle sade. Maatskapye soos Monsanto het
berug geword deurdat hulle klein boere hof toe sleep omdat hulle organiese sade deur
GM sade kruisbestuif is. Boere wat GM saad gebruik kan nie hulle saad oes om weer te
plant nie. GM saad groei net een keer. Dit maak boere afhanklik van die GM saad
vervaardigers en die groot korporasies hou dus beheer oor voedsel produksie.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


33

9. Korporatiewe beskerming

Die Verenigde State het ‘n wet deurgevoer wat vrystelling aan groot GM voedsel
vervaardigers verleen. Hulle kan nie gedagvaar word as dit bevind word dat hulle
produkte skadelik vir mense of die omgewing is!

Watter produkte is geneties gemodifiseerd?

Wat kan jy doen?

 Word beter ingelig


 Kyk na produk etikette – as dit se dat die produk GM is MOET DIT NIE KOOP
OF GEBRUIK NIE – vir jou eie veiligheid en gesondheid. Onthou “jy is wat jy
eet” en as jy aanhou GM produkte te eet gaan jou gesondheid ‘n duur prys
betaal.
 Lobby teen die vervaardigers en verskaffers van GM produkte. against the
producers and suppliers of GM products. Boikot jou plaaslike supermark indien
hulle GM produkte verkoop.
 Teken petisies en handig hulle in by die bestuurder van winkels wat GM
produkte verkoop.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


34

 Gebruik produkte wat “organies” gegroei en gekweek word vir jou eie
gesondheids onthalwe en van die natuur.

Deur om die gebruik van GM produkte te vermy dra jy by tot verbruiker verwerping
van sulke produkte uit die voedsel ketting sal forseer.

Omdat GM produkte geen voordeel vir die verbruiker inhou nie, al begin ‘n klein
persentasie van verbruikers hulle te verwerp sal produkte wat hulle bevat ‘n
bemarkings aanspreeklikheid vir die vervaardiger word. Voedsel maatskappye sal
mettertyd GM produkte ook verwerp. Dit het in Europa in 1999 gebeur nadat mense
gewaarsku is teen die potensiële gevare wat GMO’s produkte inhou.

Die punt is dat GMO’s is nie as veilig bewys nie, inteendeel navorsing bewys die
teenoorgestelde neiging en dit is die rede waarom baie lande produkte waarmee die
DNA gepeuter is verban het.

Die beste wat jy kan doen is om produkte wat organies gesertifiseer is te gebruik en
jou geliefdes en vriende te waarsku teen die gevare van GM produkte.

Die enigste mense wat voordeel uit GM voedsel trek is die wêreld se rykes en hul
maatskappye wat fortuine maak uit die verkoop van GM produkte. Onthou ook dat
mense beheer kan word deur voedsel en as saad produksie in die hande van ‘n paar
maatskappye rus kan hulle die wêreld se voedsel produksie beheer en ook betrokke
wees in ‘n program om wêreld bevolking te verminder.

VERWYSINGS
http://www.ucsusa.org/food_and_agriculture/our-failing-food-system/genetic-
engineering/failure-to-yield.html#.Vu-1dtJ94dU

http://www.motherearthnews.com/natural-health/gmo-safety-
zmgz13amzsto.aspx#ixzz3BgLY9uZG

http://enveurope.springeropen.com/articles/10.1186/2190-4715-24-24

http://responsibletechnology.org/roundup-damages-beneficial-gut-bacteria-
promotes-botulism-and-other-pathogens/

http://www.mnn.com/food/healthy-eating/stories/monsanto-wins-supreme-court-
case-on-gmo-soybean-seeds

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


35

oors kan sowel goed en sleg wees. ‘n Verhoogde liggaamstemperatuur (koors)


is een van die maniere wat die imuunstelsel van die liggaam gebruik of infeksie te
bestry. Maar soms kan die temperatuur te hoog styg en in dié geval kan ‘n koors
ernstig wees wat na komplikasies toe kan lei.

Dokters sê dat as ‘n koors nie te hoog is nie is dit nie nodig om stappe te neem om dit
te verlaag. Dit help om die infeksie tee te staan.

Koors van self is nie ‘n siekte nie maar ‘n simptoom van ‘n onderliggende siekte of
toestand.

Koors gaan gepaard met ‘n gevoel van ongemaklikheid, en meeste mense voel beter as
die koors behandel word. Maar, afhangend van jou ouderdom, fisiese kondisie en die
onderliggende oorsaak van die koors mag jy moontlik mediese behandeling benodig
vir die koors. Baie deskundiges glo dat koors is ‘n natuurlike liggaams beskerming teen
infeksie. Daar is ook koors oorsake wat nie met infeksie geassossier is.

As ‘n koors te hoog word kan dit gevaarlik wees en behoort behandel te word sowel as
die onderliggende oorsaak daarvan.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


36

OORSAKE VAN KOORS

Die deel van die brein wat liggaamstemperatuur reguleer word die hipotalamus
genoem. Normale liggaamstemperatuur is 370C (98.40F). In antwoord op infeksie,
siekte of ander oorsaak kan die hipotalamus liggaamstemperatuur hoër stel.

 Die mees algemene oorsake van koors is infeksies soos verkoues, griep,
gastroenteritis, infeksies van die oor, longe, vel, keel blaas of niere.
 Verkeie siektes soos kolera, ingewandekoors, malaria, breinvlies ontsteking, en
bosluisekoors kan byvoorbeeld tot koors lei.
 Toestande wat inflammasie veroorsaak.
 Hitte uitputting en hitte steek.
 Kanker.
 Reaksie op inentings.
 Bloed klonte.
 Reaksie op sekere medisyne.
 Autoimmune siektes soos artritis, inflammatoriese derm siekte en lupus.
 Hormoon versteurings.

KOORS DIAGNOSE

 Wat is “normale” en “abnormale” liggaamstemperatuur”? Die Tabel onder gee


‘n lys van liggaamstemperature wat by “normaal” begin en styg tot
lewensgevaarlike vlakke.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


37

 Die meet van temperatuur

Die meet van liggaamstemperatuur is maklik maar die identifisering van die
onderliggende oorsaak is belangrik. Daar is verkeie temperatuur meet toestelle
beskikbaar.

Kliniese termometer

Dit word met kwik gevul en kan gebruik word om rektale, armholte en mond
temperatuur te meet.

Digitale termometer

Digitale elektroniese termometers meet temperatuur deur middel van ‘n hitte sensor
en benodig ‘n battery om te werk. Die temperatuur word vinnig gemeet – gewoonlik
30 sekondes of minder en kan gebruik word om rektale, armholte en mond
temperatuur te meet.

Oor termometer

Oor termometers het ‘n oorstuk wat in die oorkanaal gedruk word. Dit meet die
temperatuur van die oordrom wat so akkuraat is as rektale temperatuur. Die grootste
voordeel van die meet apparaat is dat dit temperatuur binne 2 sekondes meet. Dit verg
geen samewerking van ‘n kind nie en veroorsaak geen ongemaklikheid.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


38

Temporale slagaar termometer

Hierdie infrarooi termometers meet bloed temperatuur binne in die temporale slagaar
wat die voorkom kruis aan beide kante van die kop. Die lesings is meer akkuraat as oor
temperatuur metings en kan binne sekondes geneem word sonder om ‘n kind te steur.

Temperatuur stroke
Vloeibare kristal strokies wat teen die voorkop gedruk word is nie baie akkuraat nie en
word nie aanbeveel.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


39

Koors oor 102°F (38.9°C) kan met ‘n hand op die kop gevoel word maar is moelik om
lae graad koors te voel.

Vir preppers word ‘n oor of temporale slagaar termometer aanbeveel PLUS ‘n


standaard kliniese termometer wat nie batterye benodig nie. As ‘n temporale of oor
termometer te duur vir jou is om te koop, koop dan ‘n digitale kliniese termometer om
saam met jou kwik termometer te gaan.

 Tekens en simptome van koors kan die volgende insluit:

 Temperatuur hoër as 380C


 Vel rooi en warm
 Beverasies en kouekoors
 Seer spiere en gewrigte
 Kopseer
 Sweet
 Vinnige hartklop
 Duisteligheid
 Seer oë
 Swakheid
 Met baie hoë koors (oor 400C – 104 0F) kan verwaring, konvulsies en
hallusinasies voorkom.

Metodes om temperatuur te meet:

Met ‘n kliniese termometer – Maak die termometer skoon met seep en skoon water of
alkohol. Skud die termometer om die kwik onder te dwing. Plaas die termometer onder
die tong (mond moet dan toe gehou word), in die armholte, of ‘n kort entjie in die
rektum– 12 -25mm - (smeer met Vaseline). Die termometer word in plek gehou vir ten
minste een minute voordat ‘n lesing geneem word.

Digitale termometer – soos bo maar druk die knopie om lesing te begin. Wanneer die
sein hoorbaar word kan die termometer verwyder word en die lesing geneem.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


40

Met ‘n oor termometer – Plaas oorstuk binne in die oor kanaal en druk knopie om
lesing te begin. Verwyder wanneer die sein gehoor word en neem die lesing.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


41

Met ‘n temporale slagaar of voorkop termometer – Hou die “scanner” teen die slaap
of voorkop en druk die knopie om lesing te inisieer. Verwyder wanneer die sein gehoor
word en neem die lesing.

Daar kan verskille wees in die proses in verskillende toestelle. Volg die vervaardiger se
instruksies wat met die toestel verpak word..

BEHANDELING VIR KOORS

Vir ‘n lae graad koors (37.2 – 37.80C) is geen behandeling nodig nie maar die pasiënt
moet noukeurig gemonitor word. As die koors 380C of hoër word moet stappe geneem
word om die koors te verlaag en die onderliggende oorsaak moet behandel word.

As ‘n persoon ‘n koors het kan van die volgende middels gebruik word om dit te
behandel:

 Aspirien (slegs vir volwassenes)


 Disprin (sien bo)
 Myprodol
 Panado
 Naproxen
 Acetaminophen en
 Ibuprofen (Advil)

Addisionele stappe wat geneem kan word sluit die volgende in:

 Toediening van antibiotiese middels om infeksies / siektes te behandel.


 Plaas ‘n klam, koue lappie op die voorkop

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


42

 In die geval van hoë koors in babas plaas die baba in ‘n koel bad en spoel hulle
lyfies met koel water af om die koors te breek.

 In die geval van hoë koors onder veld toestande (bv. hittesteek) plaas die
pasiënt in die koelte (skaduwee), verwyder buite klere, spat die liggaam met
water nat en waai die nat vel met ‘n handoek of iets soortgelyk. Herhaal en hou
aan totdat die koors begin daal. In ‘n meer kliniese omgewing word yswater in
die rektum gespuit om die kern temperatuur af te dwing.

Hoe koors deur hittesteek veroorsaak. Verwyder buite klere (1 en 2). Spat liggaam met
water net (3). Waai die pasiënt koel (4). Herhaal totdat temperatuur begin daal.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


43

‘n Persoon met ‘n koors moet baie vloeistowwe inneem en moet goed gehidreer bly,
moet in ‘n goed geventileerde vertrek geplaas word en moet nie warm aangetrek wees
nie. Hou komberse byderhand indien die persoon kouekoors kry.

Vermy die inname van kafeïen en alkohol wat dehidrasie kan verhoog.

PROGNOSIS VAN ‘n KOORS


Die prognose van ‘n koors hang van die oorsaak af. Meeste koorse hou van self op na ‘n
rukkie of met simptomatiese behandeling. As die oorsaak ‘n siekte/infeksie is kan dit
aanhou totdat die siekte/infeksie opgeklaar is.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


44

atpacks! Iemand wat al militêre diens verrig het sal onmiddelik weet waarvan
gepraat word. Net het niks met lang stert knaagdiere te doen nie. Dit is ‘n verkorting
van die naam “rantsoen pakke”.

Rantsoen pakke is ontwerp vir soldate. ‘n Rantsoen pak moet aan die volgende
vereistes voldoen:

1. Dit moet smaakvol, voedsaam en vullend wees en moet voldoen aan die
individue se voeding en energie vereistes.
2. Dit moet kompak wees.
3. Dit moet nie swaar wees nie.
4. Dit moet lank kan hou – ‘n lang rak lewe.

VOEDING EN ENERGIE VEREISTES

Die inhoud van ‘n rantsoen pak moet aan jou fisiologiese behoeftes voldoen en genoeg
energie verskaf vir strawwe fisiese aktiwiteite.

Jou daaglikse energie behoeftes sal van jou geslag, gewig, ouderdom en vlak van
aktiwiteit afhang. Militêre rantsoen pakke word ontwerp vir ‘n man van ongeveer
70 kg liggaams massa in die 20 jaar ouderdoms kategorie wat aan strawwe fisiese
aktiwiteite blootgestel gaan word. Om aan hierdie energie behoeftes te voldoen sal
die gemiddelde soldaat ongeveer 3 000 – 3 500 kcal (12 500 -14 600 kJ) per 24 uur
benodig. Hierdie syfers is meer as voldoende om aan te werk wanneer jy jou eie
rantsoen pakke opmaak. Die Amerikaanse aanbeveel daaglikse kalorie inname is
2 600 vir mans en 2000 vir vrouens. Meeste voedselhouers word met ‘n etikette
voorsien wat die energievlakke van die inhoud aandui. As jy van kalorië tot kilojoules
moet omskakel moet jy met 4.19 vermenigvuldig. Om van kJ na kalorië om te skakel
moet jy met 4.19 deel.

Die inhoud van die rantsoen pak moet smaaklik en vullend wees en daar moet ook ‘n
verskeidenheid van inhoude wees om eentonigheid te vermy. Dit word aanbeveel dat

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


45

versoeters (suiker of heuning), sout en bietjie speserye bygevoeg word wat smaak aan
die disse kan gee.

KOMPAK

Rantsoen pakke moet gereeld deur die verbruiker daarvan gedra word. Die verbruiker
kan ‘n soldaat, stapper of vlugteling wees. Dit is belangrik dat die houer so kompak as
moontlik moet wees om plek te maak vir ander benodighede soos water, klere,
mediese voorade, ammunisie ens. Al die pakplek wat jy het kan nie net deur jou
rantsoen pakke opgeneem word.

Militêre rantsoen pakke word gewoonlik in karton houers gepak. Soldate verwyder
normaalweg die inhoud en druk dit in hulle rugsakke / klere. Die karton houer word
weggegooi of gebruik om vuur te maak. Hulle ruil inhoud items met mekaar.

Om kompak te wees vermy vloeistowwe, …houers en


geblikte goedere. Bly by gedroogde en
gedehidreerde goedere waarby water bygevoeg moet
word. Hierdie goedere hou ook gewoonlik langer.
Om spasie te spaar verpak jou goedere in ‘n
vakuumsak en vakuum om lug uit die sak te suig.
Maak klein gaatjies met ‘n naald in pakkies en
houers voordat die vakuum proses uitgevoer word
om lug ook uit die kleiner houers te verwyder.

LIG GEWIG

Rantsoen pakke moet gereeld gedra word en moet


lig wees. Dit is nog ‘n rede om droë en
gedehidreerde goedere te gebruik en om geblikte
goedere te vermy. (which are also a problem to
dispose of), and liquids.

Jy behoort ten minste 3 rantsoen pakke in jou primêre drasak altyd by jou te dra en 6
in jou “bugout”/grypsak.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


46

LANG RAK LEWE

Wanneer jy goedere vir rantsoen pakke koop kyk na die vervaldatums. Moet nie goed
koop wat binnekort gaan verval. Gedehidreerde goedere het ‘n langer rak lewe.
Voorbeelde hiervan is: sop poeiers, poeier vrugtesappe, poeier melk, tee, koffie,
aartappel poeier, pasta ens. Wanneer jy jou rantsoen pakke opmaak skryf die datum
op die pak wanneer dit verpak is. Na 6 maande as die rantsoen pakke nog nie gebruik
is maak gebruik van die inhoud of gee die inhoud vir iemand en maak nuwe rantsoen
pakke op. Onthou om jou rantsoenpakke gereeld te inspekteer. Stoor in ‘n koel droë
plek weg van vog en hitte. Hitte en vog sal die lewe van jou rantsoen pakke drasties
verkort.

INHOUD

Jy kan in jou rantsoen pakke pak wat jy wil maar hier is ‘n lys goedere wat aanbeveel
word om vir jou ‘n ideë te gee wat daarin behoort te wees om genoeg kalorie te verskaf
vir 12 ure. Medisyne om diaree, braking, naarheid en maagkrampe te behandel word
ook in hierdie voorbeeld ingesluit.

KOS
2 – Pakkies” minute noodles” (1300 kJ)
2 – 20g sop pakkies (2 porsies) - (646kJ)
1 – Smash (aartappel) 104g (4 porsies) - (1584 kJ)
1 – Soya mince - (1406 kJ)
2 – Koffie sakkies (inhoud koffie, suiker en romer) contains coffee, creamer and sugar)
4- Suiker sakkies
2 – Tee sakkies
2 – Cremora sakkies
1 – Sout sakkie
1 – Sakkie poeier melk
1 – Peper sakkie
2 – Tomato sauce/Vinegar/Chutney/Mustard sakkies
1 – Pak suig lekkers - (426 kJ)
1 – Rol glucose lekkers
2 –Pakkies Game / Powerade energie drank - (1220 kJ)
1 - Sakkie – neute / droë vrugte 50g
1 – Sakkie Toppers room beskuit (50g) – (510 kJ)
1 – Lepel
1 – Vurk
1 – Servet
1 – Lighter of houer vuurhoutjies

MEDIES
2 – Disprin tablette
1 – Valoid tablet
2– Immodium tablette
2 – Water suiwerings tablette
1 – Pleister

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


47

Verskeidenheid kan in hierdie rantsoen pak gebou word deur om koffie te vervang met
‘n sjokolade drankie, verkeie sop en “minute noodle” geure te gebruik, rys in plaas van
Smash, verkillende soorte lekkers of droë vrugte ens.

As jy babas of klein kinders het sal spesiale rantsoen pakke vir hulle gepak moet word.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


48

Mag Ek Skiet Of Nie?


Posted on April 19, 2016 by Bestuur

Ons lewe in ‘n baie gevaarlike samelewing. Meeste mense het ‘n behoefte om hulself te
bewapen om sodoende hul geliefdes veilig te hou. Moorde op plase en stedelik het
ekstreme vlakke aangeneem en niemand voel meer veilig nie.
Saam met ‘n vuurwapen kom ‘n baie groot verantwoordelikheid. Dit is ook ons
verantwoordelikheid om onsself te vergewis van wanneer en in waste omstandighede,
ons ‘n vuurwapen mag gebruik.

Die volgende skrywe doen die rondte op sosiale media en gee ‘n baie goeie
verduideliking van die regsimplikasie van wanneer ‘n inbreker in jou huis doodgeskiet
word.

Krediet hiermee aan die skrywer, ons beveel aan dat elke lid die artikel aandagtig
deurlees.

“Mag jy ’n inbreker wat jy in jou huis betrap summier doodskiet? Philip de Bruin het
die kenners gevra.

Die kort antwoord is: “Ja, jy mag ’n inbreker in jou huis skiet en selfs doodskiet.” Maar
met dié antwoord saam kom ’n norring regsreëls en regsbeginsels wat ook weer in ’n
paar woorde saamgevat kan word: Wederregtelikheid en die redelike mens. Prof. Tom

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


49

Coetzee van Potchefstroom, wat sy doktorsgraad in strafreg verwerf het en lank as


streeklanddros waargeneem het, stel dit só:

“As ’n lid van die publiek bewus word van ’n inbreker in sy huis, of dit nou in die dag
of die nag is, en so ’n inbreker betrap, wéét hy mos dat daardie inbreker nie daar is om
’n koppie koffie te kom drink nie. “Dit help jou niks om na die inbreker toe te stap nie
en vir hom te sê: ‘Hallo, my naam is Tom Coetzee. Waarmee kan ek help? O, jy breek
in? Nou beplan jy om my of my vrou of my kinders te beseer of te vermoor of te
verkrag? Indien dit die geval is, wys my asseblief net gou eers jou wapen sodat ek ’n
soortgelyke wapen kan gaan haal om myself mee te verdedig.’ “Teen daardie tyd is die
huisbewoner lankal ’n lyk. In ’n land soos Suid-Afrika, waar die howe geregtelik kennis
kan neem van die geweldige aantal inbrake in die land waarvan die meeste met baie
ernstige geweld gepaardgaan, sal die redelike mens se eerste gedagte wees dat hy
homself, sy vrou en sy kinders moet beskerm teen ’n moontlike gewelddadige aanval.

“Onthou dat wat ook al die huiseienaar besluit, hy letterlik breukdele van sekondes
het om te besluit of hy gaan skiet of nie. Hy het nie die voordeel van regters en
aanklaers wat later in gemakstoele by hul lessenaars rustig die feite kan oorweeg om te
besluit of hy billik opgetree het deur die inbreker te skiet nie. “Dis in die meeste
gevalle letterlik ’n geval van dis jy of ek. Dit is waar die geykte regsreël inkom van die
redelike-mens-toets. Die redelike mens sal in sulke omstandighede nie huiwer om sy
eie lewe, sy gesin se lewens en sy eiendom teen die inbreker te beskerm nie. “As die
huiseienaar ’n vuurwapen by hom het, is daar net een manier om die inbreker te stuit:
Skiet hom! Dit maak nie saak of die inbreker ’n wapen van watter aard ook al by hom
het nie.

“Daar kan nie van die redelike mens verwag word om die inbreker eers te vra watter
wapen hy by hom het nie. “Dit is redelik dat die huiseienaar onmiddellik skiet, al is dit
’n doodskoot. Van moord op die inbreker is daar in sulke omstandighede geen sprake
nie, want die huisbewoner se handeling was nie wederregtelik nie. “Hy het nie geskiet
omdat hy keelvol is vir misdaad nie, hy het geskiet omdat hy wettig sy lewe en dié van
sy gesin en sy eiendom wou beskerm.”

Die strafregkenner prof. Callie Snyman, voorheen van Unisa, stel dit in sy
gesaghebbende boek Strafreg – wat in regskringe bekend staan as aanklaers se “Bybel”,
so:

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


50

“Veronderstel dat X, terwyl sy in haar huis slaap, in die middel van die nag wakker
word en agterkom dat ’n inbreker haar kamer of dié van ’n familielid nader. Mag X
summier skiet, of moet sy die inbreker eers vra om hom te identifiseer en die doel van
sy besoek te verduidelik ten einde te kan besluit wat, objektief beskou, in die
omstandighede die gepaste afweerhandeling sal wees? “Moet sy eers die inbreker in
hegtenis probeer neem en dan die polisie bel? “Daar word aan die hand gedoen dat X
in so ’n situasie geregtig is om summier op die inbreker te skiet. Selfs al kom dit later
aan die lig dat die inbreker ongewapen en fisiek swak was en maklik deur X oorrompel
kon gewees het? is…? is dit uiters onwaarskynlik dat ’n hof sal beslis dat X
wederregtelik opgetree het deur na die inbreker te skiet.

’n Mens se huis is jou kasteel. Dit is die laaste bastion van jou veiligheid. Ondervinding
leer dat selfs ’n oomblik se huiwering deur X in dié soort omstandighede fataal vir X
mag wees. “Om aan X die reg te weier om in sulke omstandighede te skiet, sou daarop
neerkom dat van haar verwag word om met haar lewe of dié van haar familie te
dobbel, en dit kan die reg nie van haar verwag nie.”

Dié siening bevredig ook die regsgevoel van Johann Gresse, voorsitter van die
strafregkomitee van die prokureursorde van die noordelike provinsies. Hy voeg by dat
die openbare belang en mening ook nog ’n rol sal speel. Geen lid van die publiek sal
ontevrede wees omdat ’n inbreker in ’n huis doodgeskiet word nie. Sowel Coetzee as
Snyman is dit eens dat daar nie regtens van die huisbewoner(s) verwag kan word om
aan die moontlike dreigende aanval op hulle te ontkom deur eers te probeer vlug nie.
“Dit sal daarop neerkom dat sulke onskuldige mense gedwing word om die veiligheid
van hul eie huis te verlaat sodat ’n inbreker sy sin kan kry. Reg moet dus die knie buig
voor onreg, wat regtens onaanvaarbaar is,” sê Coetzee.

Snyman stel dit so: “Die reg verwag nie van X om uit haar eie huis te vlug as sy daar
aangeval word nie. Haar huis of woonplek is haar laaste toevlugsoord – haar ‘kasteel’ –
waar sy haar teen alle onreg kan beskerm. “Boonop erken ons howe die beginsel dat as
dit vir X gevaarlik is om te vlug, in die sin dat sy haar dan blootstel aan byvoorbeeld ’n
steek (met ’n mes) of ’n koeël in die rug, sy nié hoef te vlug nie, maar haar aanvaller
buite aksie kan stel. Dit is die aanvaller (die inbreker) wat opsetlik die wederregtelike
aanval loods wat die risiko van besering of dood dra, nie die aangevallene nie.”

Coetzee en Gresse beklemtoon dit egter dié uitleg van die reg gee in geen
omstandighede aan enigiemand die reg om links en regs mense te skiet nie. Daar is ’n
groot verskil tussen ’n inbreker in jou huis wat doodgeskiet mag word en iemand wat

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


51

buite in jou tuin rondsluip, klaarblyklik met die bedoeling om te steel of in te breek.
“As ’n huisbewoner so iemand in sy tuin sien, is daar, weer volgens die redelike-mens-
toets, geen rede om te glo dat daardie persoon inderdaad gaan inbreek nie. “Tweedens
het die huisbewoner genoeg tyd om die polisie te ontbied of sy alarmstelsel te aktiveer.
Hy kan selfs waarskuwingskote in die lug afvuur om die sluiper te probeer verjaag.
“Die feit dat ’n inbreker binne-in jou huis doodgeskiet mag word, mag nooit ’n free for
all word waarin later dan selfs mense op jou sypaadjie voor die huis doodgeskiet word
nie.”

Die doodskiet van ’n inbreker in jou huis is reeds in 2003 deur oudregter Johann
Kriegler in ’n uitspraak in die konstitusionele hof onregstreeks bevestig toe hy gesê het
polisielede mag slegs tydens inhegtenisnemings waarteen verdagtes hulle verset op
verdagtes skiet as die beampte “redelike gronde het om te glo”? dat die verdagte ’n
onmiddellike gevaar van ernstige liggaamlike leed vir die beampte of ander lede van
die publiek inhou. Dié “redelike gronde om te glo” kan net so op ’n huisbewoner van
toepassing gemaak word wat ’n inbreker in sy huis betrap, sê Coetzee.

ONTHOU: Jy bly die een wat dalk in die hof jou daad moet gaan verduidelik en dit
regverdig!! Soos wat jy alleen agter jou wapen staan gaan jy dalk alleen in die hof ook
staan – maak seker jy kan beide gevalle hanteer indien nodig!!

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


52

Denne keëltjies, hars en naalde.


Alhoewel dennebome nie inheemse is nie word spesies van
hierdie bome in baie dele van die land aangetref. Denne
keëltjies, hars en naalde kan op verskeie maniere nuttig
aangewend.

1. As jy ‘n verkoue of griep voel aankom maak ‘n tee deur om


warm water op dennenaalde te gooi en laat staan vir 3-5
minute. Drink dan die aftreksel. Denne naalde bevat
antiseptiese, anti-oxidant, anti-inflammatoriese en
bloedstelpende eienskappe en is ook goed om te help om
slym los te maak en op te hoes. Shikimic suur, die hoof
bestandeel van Tamiflu word van dennenaalde geoes.

2. Die hars kan gebruik word om goed waterdig te maak (tente, skoene, handskoene
ens.) en straal ‘n sagte lig uit wanneer dit gebrand word. Die geur wat vrygestel word
wanneer dit brand is ‘n goeie insek afweer middel.

3. Deur om die hars te konsentreer (deur om dit te


verhit) kan ‘n goeie veelsydige kleefstof gemaak
word. Om die kleefstof te maak berei fyn koolstof
voor. Verwyder die verhitte hars vloeistof van die
stoof en meng die fyn koolstof poeier in. Dit moet
omtrent ‘n derde van die volume van die hars
opmaak. Steek ‘n stokkie in die mengsel in en draai
dit om ‘n balletjie te vorm. Die kleefstof word dan so
gestoor totdat dit benodig word. As kleefstof benodig
word verhit dit totdat dit vloeibaar is.

4. Bruin of groen dennenaalde maak ‘n uitstekende “matras “ om op te slaap as jy gaan


kamp of in ‘n oorlewings situasie. Dit vorm ‘n goeie isolasie tussen jou en die grond en
help om warm te bly.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


53

5. Denne keëltjies bevat eetbare, smaaklike, en hoogs voedsame denne neute.

6. As jy jouself sny sit denne hars op die wond. Dit help moet bloedstolling en om
infeksie te voorkom. Die hars is ook goed om brandwonde mee te behandel. Die
binnebas kan ook aangewend word as ‘n verband / pleister.

7. Denne keëltjies is uitstekende om vuur mee te maak. Hulle band vinnig en gee
lekker hitte af. Die geur van die brandende keëltjies help om muskiete te verdryf. Hars
is goed om vuur aan die gang te kry.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


54

8. Denne naalde is baie goed vir jou tuin. ‘n Laag daarvan help om vog in die grond te
behou en insuleer plante teen koue.

9. Denne hars kan op jou vel gesmeer word as ‘n insek en muskiet afweermiddel.

10. Die binnebas is eetbaar.

11. As jy heuning uit ‘n by nes wil verwyder is dennenaalde uitstekende om in ‘n roker


te gebruik om die bye te verdryf. Die smeulende naalde maak baie rook wat ook
gebruik kan word as ‘n sein in ‘n noodgeval.

12. Dennenaalde kan gebruik word om kussings en matrase te vul as stofering.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


55

In die volgende uitgawe:

Die prys van vryheid


Ons is nie vry nie! ‘n Keuse sal een van die dae gemaak moet word.
Die prys van vryheid sal hoog wees. Is jy bereid om die prys te
betaal?

Kook met jou kar


Aan die beweeg, of met vakansie? ‘n Warm ete sal baie welkom
wees. Geen stoof nie? Uit gas vir jou stofie geraak? Goeie nuus – as
jy ‘n motor het kan jy ‘n warm ete geniet.

Bottel sonlig
Hier is ‘n goeie voorbeeld hoe items wat gereeld op die ashoop
beland prakties gebruik kan word – soos om lig in ‘n donker vertrek
te kry en dieselfde tyd geld te spaar!

Van die netwerk af wasmasjien


Die netwerk stort ineen. Geen elektrisiteit nie. Daardie moderne
wasmasjien wat jy gekoop het is nou nutteloos. Higiëne moet nog
gehandhaaf word – klere gewas word. Maar hoe? Hier is ‘n
inoverende idee vir ‘n “van die netwerk af” was masjien.

Allergië
Allergië kan lastig wees. Neus wat loop, oë wat traan, hoes, proes
en nies! Allergie kan ook dodelik wees. As ‘n prepper moet jy weet
hoe allergie veroorsaak word, hoe om hulle te vermy en hoe om
hulle te behandel.

Maak jou eie sonoond


Kook verniet maak goeie s’n. As jy nie toegang tot elektrisiteit het is
dit ‘n werkbare opsie net solank die son skyn. Hier is ‘n plan om jou
eie “sonkoker” te maak.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12


56

Tuisgemaakte tandepaste
Dit is die doel van elke prepper om onafhanklik van die sisteem te
raak. Hoekom dan jou tande met ‘n kommersiële produk borsel?
Hoekom maak jy nie jou eie tandepaste nie?

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 12

You might also like