You are on page 1of 54

1

In this issue: Volume 2 Number 8

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


2

In hierdie uitgawe: Volume 2 Nommer 10

Gevaar voorentoe – volks ontwapening


SA PREPPER

ISSN 2313-1349 = SA Prepper


Elke volksmoord is voorafgegaan deur ontwapening van die gewone
bevolking. Is dit waartoe ons op pad is? Elke landsburger het,
SA PREPPER is an independent volgens die grondwet, die reg op lewe. Onlosmaaklik hiervan moet
monthly publication for the
prepper community of South daar die reg wees vir self beskerming en die reg om gewere te besit
Africa. Copyright on all articles
and material published in SA
om dit moontlik te maak.
PREPPER resides with the
publisher and no part may be
copied or reproduced without
permission of the publisher.
MRE’s – Maaltye Reg om te Eet
Opinions expressed in articles do
not necessarily reflect those of Militêre styl Maaltye Reg om te Eet (MRE’s) is lig gewig en
the editor, editorial committee or
publishers. voedsaam. Jy kan hulle aanlyn koop of jou eie maak.

SA PREPPER Wonde toewerk


PO Box 436
Villiersdorp, 6848
South Africa Wonde moet somtyds toegewerk word. Daar is verskeie metodes
Tel. 028 840 0011 om dit te doen.
Email: cscheney@telkomsa.net
Office address: 11a Caledon
Street, Villiersdorp.
Gevaarlike spinnekoppe
Suid Afrika het verskeie gevaarlike spinnekoppe. Hoe om hulle uit
te ken en te vermy is iets wat elke prepper behoort te weet.
EDITOR, DESIGN
&LAYOUT
Cleve. Cheney Optrede na ‘n ramp
Email: cscheney@telkomsa.net
Office address: 11a Caledon Street,
Villiersdorp. Aardskudding, vloed, brand – daar is verkeie rampe wat jou huis
kan beskadig of selfs vernietig. Wat moet jou optrede wees na ‘n
ramp?

Plastiese vullis sakke – meer waardevol


as wat jy dik In ‘n oorlewings situasie is die nederige vullis
sak ‘n waardevolle bate. Jy behoort ‘n goeie voorraad van hierdie
nuttige item in jou nood vooraad op te berg.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


3

Green Fire Ec0 – vuuraanstekers


Wanneer jy vuur moet maak sal hierdie produk tot jou redding
kom. Dit brand skoon met ‘n sigbare vlam en is nie toksiese nie.
Preppers sal daarvan hou.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


4

SA PREPPER
SKYNHEILIGHEID – VAN DIE HOOGSTE ORDER

Die regering het onlangs baie te sê gehad oor rasisme en hoe hulle daarteen gekant is.
Nuwe wetgewing sal teen September 2016 verskyn wat enige neerhalende rasistiese
uitspraak onwettige sal maak strafbaar met gevangenisstraf. Selfs spotprent
kunstenaars is gewaarsku dat enige “subtiele rasisme” in hulle spotprente nie geduld
sal word nie.

Wat skynheiligheid! Dit is van die hoogste order. As ‘n blanke persoon waag om enige
negatiewe rasistiese opmerking te maak “daal die woede van die gode” op hulle koppe
neer. Probeer om “De La Rey” in die openbaar te sing en kyk wat gebeur maar die
President kan aanhou om sy “Bring my masjien geweer” stryd liedjie te sing, swart
groepe sing “kill the farmer kill the boer” en vertoon plakarte met hierdie slagspreuke
vrylik, student dra T-hemde met die slagspreuke “kill all whites”, die sosiale media is
vol giftige haatspraak teenoor blankes wat ‘n rasse oorlog aanhits en die regering doen
min of niks daaromtrent.

Swart politici hou aan om rasse spanning aan te blaas deur om hulle volgelinge
herhaaldelik te herinder aan die onregte en misdade van apartheid wat aan hulle deur
die blankes gerig is – eder – as hulle bedoelinge van eenheid en versoening opreg was
– om sluiting oor die verlede te bring en aan te beweeg.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


5

Maar dit wil voorkom asof die laaste ding wat hulle wil doen is om die “strydbyl te
begrawe” – hulle WIL die rasse haat en spanning voortsit omdat dit hulle, hulle
politieke en persoonlike agendas pas. Die huidige regering IS en sal aanhou om
rasisties te wees.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


6

Dit word aan blankes gesê dat hulle al die werk opneem en vir hierdie rede is Swart
Ekonomiese Bemagtiging (SEB) en regstellende aksie ingestel. Wat ‘n klug! Hoe kan
die blankes van die land wat slegs 10% van die bevolking opmaak al die
werksgeleenthede vul. – al was elkeen van hulle in ‘n pos! Dit is ‘n wiskundige
onmoontlikheid. Dit ontbloot SEB en regstellende aksie as niks minder as ras
diskriminasie en meganismes waardeur blankes verarm kan word en bydra tot die
blanke volksmoord wat in die land plaasvind. Ontneem die individu die reg om ‘n
eerlike bestaan te voer en hy of sy sal op die ou einde aan honger sterf. Dit is slegs ‘n
ander vorm van volksmoord wat die moorde van blankes op plase en nou, al hoe meer,
in die stedelike areas plaasvind, komplementeer. Die feit dat die regering min gedoen
het om hierdie toestand van sake te erken is bewys van hulle verdorwe
onverskilligheid wanneer blankes die teikens van rasisme en diskriminasie is.

Slegs as en wanneer die regering ‘n einde maak aan swart ekonomiese bemagtiging en
regstellende aksie, en blankes toelaat om op ‘n gelyke speelveld vir werksgeleenthede
te kompeteer, slegs wanneer die politici ophou om vlambare uitlatings te maak oor die
verlede om daardeur rasse spanning aan te hits, slegs wanneer hulle swartes begin
vasvat wat haatvolle rasistiese opmerkings teenoor blankes maak, slegs wanneer hulle
ophou om hulle strydliedjies te sing, slegs wanneer hulle Afrikaaners toelaat om
Afrikaanse instellings te hê (soos skole en universiteite) en vir blanke diversiteit toe te
laat as deel van die “sogenaamde” rëenboog nasie, sal die huidige regering enige
kredietwaardigheid dra. Tot dan sal die “eensydige rasisme” waar swartes toegelaat is
om openlik blankes te dreig, verneder, af te kraak, te beledig en te vermoor ontbloot
word as skynheiligheid van die hoogste order. Dit wil lyk asof eensydige rasisme (waar
swartes blankes teiken) nou en in die toekoms geduld gaan word. Blankes word van
hulle werk, eiendom, taal, geloof, kultuur en lewens ontneem. As dit nie rasse
diskriminasie en volksmoord is nie wat is dit dan?

Suid Afrika het ‘n waterskeiding in die land se geskiedenis op 30ste Maart 2016 bereik
toe die konsitusionale hof President Zuma en die Nasionale Vergadering skuldig
bevind het deurdat hulle die aanbevelings van die Openbare Beskermer verontagsaam
het en daardeur gefaal het om die konstitusie van die land te handhaaf en te beskerm.

Dit kon ‘n geskiedkundige dag gewees het wanneer die parliament gevra was om te
stem of President Zuma uit sy pos moet bedank of nie en daardeur bewys dat geen
individu bokant die wet verhewe is nie en ook ‘n boodskap aan alle korrupte politici te
stuur dat korrupsie en oneerlikheid nie geduld sal word nie. Ongelukkig het die ANC
besluit om die President te steun. Dit was ‘n donker dag vir Suid Afrika omdat die
regerende party bewys het dat hulle hulself as bokant die wet en konstitusie van die
land beskou. Dit was inderdaad ‘n geskiedkundige dag in die geskiedenis van Suid
Afrika. Dit kan lei tot verdere onstabiliteit in die land. Die EFF se leier Julius Malema
het gesê dat as die ANC nie van Zuma ontslae raak sal hulle (die EFF) hom verwyder

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


7

en arresteer. Van die amptelike opposisie partye het ook gevra dat parliament ontbind
moet word en nasionale verkiesings gehou moet word. Julius Malema het ook op ‘n
televise onderhoud met Al Jazeera op die 24ste April 2016 gesê dat hulle bereid is om ‘n
gewapende stryd teen die ANC regering op te neem indien die ANC hulle protes aksies
met geweld probeer onderdruk of met die munisipale verkiesings uitslae in Augustus
probeer konkel.

Baie mense hou nie van Malema nie of waarvoor hy staan maar hy het die durf en
moed gehad om die ANC aan te vat na die hoogste hof van die land toe te neem en die
saak te wen. Hy het homself nou ‘n groot vyand van die ANC gemaak.

‘n VRAAG VIR DIE PRESIDENT

Ons President maak uitlatings wat elke Suid


Afrikaner – swart, kleurling en blanke –
behoort diep te bekommer. Soos sy onlangse
uitlating toe hy ‘n groep tradisionele leiers in
Pretoria toegespreek het toe hy die opmerking
gemaak het dat, “I think we can resolve these
matters in an African way, not through the
law….”

Hierdie uitlating is gemaak skaars ‘n week na die Konstitusionale Hof se bevindings


oor die Nkandla saak en die President se sogenaamde “verskoning”.

Twee vrae moet nou gevra word:

As iets nie volgens die wet is, is dit dan nie weteloos en meer belangrik, as die
President verwys na die “African way” wat presies het hy in gedagte?

Het hy miskien van die volgende in gedagte gehad?

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


8

 Die Rwanda volksmoord van 1994 wanneer tot 1 miljoen matige Hutu en Tutsi
mense vermoor is deur die Hutu meerderheid.
 Die mens slagting van 100 000 Ugandanese burgers deur Idi Amin en Milton
Obote
 Die massa moord van 20 000Ndebele mense deur Robert Mugabe van
Zimbabwe se Vyfde Brigade in Januarie 1983.
 Die volksmoord uitgevoer deur Al Bashir in die Darfur provinsie van Sudan
tussen 2003 - 2010 toe soveel as 400 000 mense vermoor is en miljoene verdryf
is.
 Die “etniese reiniging” en volksmoord wat plaasvind in die Sentrale Afrikaans
Republiek sedert 2013.

Hierdie is net ‘n paar voorbeelde uit Afrika en ‘n mens kan opreg vra of dit die “African
way” is wat die President in gedagte het om swartes en blankes en almal wat sou waag
om teen die ANC regerende party te staan wil/sal hanteer? Is dit miskien die rede
waarom Al Bashir nie deur die Suid Afrikaanse regering (ANC) op opdrag van die
Internasionale Kriminele Hof, nie gearesteer is nie – omdat hy “bo die wet” staan en
dinge die “African way” gedoen het?

Wanneer die President Umshini Wami (Bring my my masjien geweer) het hy die does
“African way” in gedagte? Wanneer hy sê: “You must remember that a man called Jan
van Riebeek arrived here on April 6, 1652 and that was the start of the trouble in this
country,” het hy in gedagte die “African way” om hierdie probleem op te los?

Het President Zuma die “African way” in gedagte wanneer hy se dat Suid Afrika dit
oorweeg om as ‘n lid van die Internasionale Kriminele Hof uit te tree?

Wat elke wetsgehoorsame Suid Afrikaner – swart, kleurling en blanke – moet


bekommer was toe die heersende party teen die afdanking van die President gestem
het omdat hy nie die konstitusie van die land gehandhaaf of beskerm het, en daardeur
hulself met weteloosheid en die “African way” vereenselwig het. Hierdie siening word
bevestig deur die feit dat die heersende party versuim het om Al Bashir te arresteer
soos deur die Internasionale Kriminele Hof beveel is.

Wanneer ons van die gevaar van volksmoord praat in Suid Afrika moet dit duidelik
verstaan word dat die bedreiging word nie alleen op blankes gerig maar almal
(insluitend swartes en kleurlinge) wie teen die heersende meerderheid party gekant
staan.

Miskien, miskien het ons ‘n waterskeiding in ons land bereik waar miljoene Suid
Afrikaners die “lig” begin sien, wat die regerende party sal dwing om hulle weë aan te
pas en te verander en ook die moed sal hê om die huidige President van sy pos te
onthef.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


9

Mag die kom van sy gaan gou wees en ons moet hoop en bid dat die persoon wat hom
vervang nie dieselfde wetelose siening sal he nie.

Suid Afrika is so ‘n pragtige land en sy mense het so baie potensieël maar ons het ‘n
tydperk betreë waar die toekoms van hierdie land in die weegskaal hang. Mag dit deur
wet en order en regverdigheid regeer word met mense wat goed teenoormekaar gesind
is, waar wonde genees word, die verlede agter ons gesit word en die toekoms omhels.
Die alternatief is ondenkbaar.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


10

O p hierdie stadium is ons gelukkig om in Suid Afrika wetlik


vuurwapens te kan besit. Ja die proses om ‘n lisensie in die
hande te kry is langdradige en frustreerend maar meeste
wetsgehoorsame landsburgers mag ‘n verskeidenheid vuurwapens
besit insluitend, handwapens, gewere, haelgewere en selfs, in somige
gevalle, semi-automatiese militêre tipe aanvalswapens.

Dit is deel van ons kultuur - van die tyd wat ons op hierdie kontinent aangekom het.
Vuurwapens is gebruik om kos op die tafel te sit en ter self verdediging vir meer as 350
jaar. Maar daar broei ‘n storm op die horison – donker wolke trek bymekaar en Suid
Afrikaners word gewaarsku van die gevaar van nie net wapen beheer nie maar volks
ontwapening!

Om ‘n brëer perspektief te kry moet daar verstaan word dat daar magte is wat hier aan
die werk is om die beheer en die uiteindelike konfiskering van vuurwapens uit die
hande van wetsgehoorsame burgers dwarsdeur die wêreld beplan word sodat regerings

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


11

en state hulle beheer oor populasies kan uitoefen wie ontwapen en dus hulpeloos en
verdedingloos teenoor die regeringsmagte sal staan.
As jy nog nie daarvan gehoor het nie laat my toe om jou in te lig oor die “United
Nations Arms Trade Treaty (ATT)” wat in Desember 2014 in werking getree het en wie
se doel is om die handel in konvensionele wapens, wat kleingeskut insluit
(handwapens, gewere en haelgewere), te reguleer vir die doel om “contributing to
international and regional peace, reducing human suffering, and promoting co-
operation, transparency and responsible action by and among states”.
Die ATT berus op die hipotese dat die onwettige handel in klein geskut ‘n groot en
ernstige probleem is wat globale aksie d.m.v die VN benodig word. Deur om die
onwettige handel in vuurwapens as ‘n verskoning te gebruik is dit die doel van die VN
om uiteindelik all burgers van elke land te ontwapen – selfs dié wetsgehoorsame
burgers wie vuurwapens besit vir ontspannings, sport of self verdedigings doeleindes.

Regerings wêreldwyd sal dus volkome beheer oor magtelose (ontwapende) populasies
uitoefen. Baie gerieflik! Dit is naïef – baie naïef om te glo dat georganiseerde misdaad
en ekstremiste groepe nie toegang tot wapens sal hê nie wat wetsgehoorsame
landsburgers kwesbaar teenoor, tiraniese, en despotiese regerings, kriminele en
terroriste laat.

Kriminele en terroriste
verkies ongewapende
slagoffers…

Diktators verkies
ongewapende
landsburgers….

Suid Afrika was een van die lande wat die ATT geteken het op 25ste September 2013, die
verdrag bekragtig het op 2de Desember 2014 en wat op die 4de Desember 2014 in
werking getree het. Om bondig te wees – die VN (Nuwe Wêreld Order) en die regering

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


12

van hierdie land beplan om alle gewere uit die hande van wetsgehoorsame burgers te
konfiskeer. Die skrif is op die muur.

Die President van ons land het dit baie duidelik gestel dat as hy sy s’n kon kry sal geen
private landsburger vuurwapens besit nie (dit is verseker sy en die regerings se beeld
vir die toekoms). Slegs polisie, weermag en sekuriteits maatskappye sal wetlik
vuurwapens kan besit. Die polisie en weermag sal kastig landsburgers beskerm.

Ongelukkig is dit voldonge feit dat die Suid Afrikaanse polisie en veiligheidsdienste
nie landburgers effektiwelik kan beskerm nie. Hierdie jaar se misdaad statistiek is weer
bewys daarvan -17 805 moorde, 17 537 poging tot moord, aanval met die doel om
ernstige liggaamlike besering aan te rig 182 556, diefstal met beswarende
omstandighede 129 045……. Waar was die polisie om hierdie “oorlogsone” vlak van
misdaad te verhoed?

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


13

Hoeveel van die slagoffers van geweldadige geweld was wetsgehoorsame landsburgers
wat aansoek gedoen het vir ‘n vuurwapen wat geweier is? Vir ongeldige redes. Of wat
nog gewag het vir die uitgerekte prosedures om sy gang te gaan. Wat gaan die
statistieke wees wanneer mense nie meer toegang tot vuurwapens het om hulself te
verdedig? Volksmoord? Is dit per toeval dat in sekere lande dat volksmoord kort op
die hakke van volksontwapening plaasgevind het? (Russland, Sjina, Uganda,
Kambodia, Duitsland, Libië, Kuba om slegs ‘n paar te noem).

As ons grondwet eenigsins iets sou beteken (?) dan die besit van ‘n vuurwapen vir self
verdediging behoort die REG van elke wetsgehoorsame Suid Afrikaner te wees.
Hoekom sê ek so?

Volgens die Suid Afrikaanse Grondwet het elke burger van hierdie land die:

 Reg tot lewe en onder die Handves van Regte het elke burger die reg tot...
 Vryheid en sekuriteit van die persoon.

Beide hierdie regte moet impliseer dat die individu die reg het tot self verdediging.

As ‘n wetsgehoorsame Suid Afrikaanse burger aansoek doen vir ‘n vuurwapen vir self-
verdediging – of ‘n bestaande lisensie wil hernu - en die aansoek word vir geen geldige
rede geweier (teenstrydig met die Handves van Regte) – wat gereeld deesdae gebeur –
en die persoon word vermoor of ernstig beseer deur ‘n krimineel of terroris met ‘n
gevaarlike wapen (kapbyl, mes, geweer ens.), kan daar nie ‘n saak teen die staat
gemaak word as ‘n medepligtige in die moord/poging tot moord saak, omdat die
middel tot self-beskerming deur die staat geweier is. Met ander woorde die middel
waarmee die individu hom or haar self kon beskerm is deur die staat weerhou.

Ek is nie ‘n prokureur nie maar die logieke hiervan maak vir my s’n.

Maar, volgens die opinie van kundiges waarmee ek gepraat het sal so ‘n saak teen die
staat nooit slaag nie. Hoekom nie? Nie antwoord is voor die hand liggend. Die staat is
bo die gereg (die grondwet), soos onlangs herhaaldelik in ons land bewys. Om op die
Grondwet en Handves van Regte staat te maak is ‘n mors van tyd. Hulle is nie die
papier werd waarop hulle geskryf is sovêr dit die regering aangaan.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


14

Die reg om ‘n vuurwapen te besit vir self verdedigings doeleindes behoort ook
lewenslank te duur. Daar behoort geen tyds limiet daarop te wees nie (5 jaar, 10 jaar
ens.) omdat:

 ‘n Persoon se reg op lewe en sekuriteit hou so lank as wat hulle lewe.


 ‘n Wettige vuurwapen is ‘n persoonlike besitting en behalwe vir die geval waar
dit onwettige gebruik word, behoort dit ‘n lewenslange besitting te bly. As ‘n
hernuwing vir ‘n vuurwapen lisensie gedoen word en dit word vir geen geldige
rede afgekeur en die individu word beveel om die wapen aan die polisie te
oorhandig is net niks meer as blatante diefstal van persoonlike eiendom,
afpersing en ‘n skending van die Handves van Regte deur die staat want die
persoon word nooit vergoed vir die waarde van die vuurwapen nie en hy word
van die reg van self verdediging ontneem.

Miskien is die regering se bedoelinge eerbaar. ‘n “Wapen vrye” Suid Afrika -


bedoelende die ontwapening van alle wetsgehoorsame burgers – sal waarskynlik die
land ‘n veiliger plek maak om in te lewe. Maar is die regering en “anti-geweer” groepe
en organisasies naïef genoeg om te glo dat kriminele en terroriste nie toegang tot
onwettige wapens gaan hê nie? Miskien is die regering se bedoelings om
wetsgehoorsame swart, blank en kleurling mense van hierdie land te ontwapen nie so
eerbaar soos wat hulle wil voorgee nie en daaragter skuil ‘n verskuilde agenda. Besluit
jy maar self.

Watter opsies bly vir ons oor as die regering, mense van hierdie land van die middele
tot self verdediging wil ontneem deur:

 Die afkeur van vuurwapen lisensie aansoeke


 Die afkeur van lisensie hernuwing aansoeke
 Die skep van nuwe wetgewing wat die besit van
persoonlike vuurwapens verbied
 Konfiskering van alle wettige vuurwapens wat
deur wetsgehoorsame burgers besit word?
Ek los die leser om sy eie afleidings te maak.

VERWYSINGS

http://businesstech.co.za/news/government/103105/watch-zuma-wants-stricter-gun-control-in-sa/

https://en.wikipedia.org/wiki/Arms_Trade_Treaty

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


15

A s en wanneer
dinge skeef loop en daar ‘n
ineenstorting van beskaafde
norme plaasvind sal jy en
jou geliefdes nog moet eet
en die waarskynlikheid
bestaan dat kos tekorte die
orde van die dag gaan wees.
Die waarskynlikheid
bestaan ook dat jy “aan die
beweeg” sal moet eet en
daar gaan ook beperkte
toegang tot geriewe en
toebehore wees.

Dit is tydens hierdie tipe situasie wanneer Meals Ready to Eat uiters waardevol gaan
wees. MRE’s is basies rantsoenpakke wat vir soldate verpak word onder operasionele
toestande. Hulle is kompak, liggewig, voedsaam en smaaklik. SA Prepper het onlangs
een op die proef gestel. Die MRE is verpak in ‘n verseëlde dik plastiek sak.

Die inhoud het uit die volgende bestaan:

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


16

 Hoof gereg (in hierdie geval beesvleis met groente) – klaar gaar en reg om te
eet. Kan verhit of koud gëet word.
 Gebraaide rys – klaar gaar en reg om te eet. Kan verhit of koud gëet word.
 Beskuit (soos ProVita).
 Sjokolade beskuit.
 Electroliet oranje drankie – poeier (water moet bygevoeg word).
 1 – Koffie sakkie en romer.
 2 – Suiker sakkies.
 1 – Sout sakkie.
 1 – Konfyt sakkie.
 1 – Peper sakkie.
 1 – Servet.
 1 – “Wet wipe”.
 ‘n Plastiese lepel.

1 MRE bevat 1200 -1300 kalorië. Gemiddelde kalorië benodig onder operasionele
toestande is -3600 vir mans en 2000-2800 vir vrouens. Om aan daaglikse kalorie
behoeftes te voldoen sal ‘n volwasse man 3 MRE’s en ‘n vrou 2 MRE’s benodig.

Die hoof gereg en rys is in foelie belynde vakuum sakkies verseël. Die sakkies kan net
so in warm water gedompel word om warm gemaak te word of die inhoud kan in ‘n
kastrol gegooi word en oor ‘n gas of oop vuur warm gemaak word. Omdat dit al klaar
gaar is kan dit ook koud gëet word sonder verwarming.

Die hoofmaal was baie smaaklik, vullend en voedsaam. MRE’s kan aanlyn bestel word.
Hulle is duur so dit is die moeite werd om daarin te dink om jou eie rantsoen pakke
voor te berei en te verpak. Jy kan self die inhoud bepaal maar jy moet seker wees dat
dit gesond en voedsaam is.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


17

Dit word sterk aanbeveel dat jy voorraad begin opbou van MRE’s wat gekoop is of wat
jy self oopgemaak het. Hou hulle lig en kompak. Gebruik vries gedroogde produkte as
jy hulle in die hande kan kry. Moet nie swaar verpakkings materiaal gebruik nie soos
blikke en vloeistowwe. Jy kan water by die goed byvoeg indien nodig. Jou MRE’s sal
langer hou as jy hulle onder vakuum seël.

http://www.mealsreadytoeat.co.za/

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


18

nder normale toestande sal jy na jou naaste dokter, kliniek of hospitaal toe gaan
om ‘n wond te laat toewerk. Maar wat sal jy doen onder “abnormale” toestande as die
situasie dit onmoontlik sou maak om by mediese deskundiges uit te kom en jy self die
werk moet doen? Sal jy dit kan doen?

Eerstens – wanneer moet ons nie ‘n wond toewerk nie:

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


19

 Wanneer die wond ernstig is met moontlike skade aan dieperliggende strukture
of organe en wat sjirurgie gaan benodig.
 Wanneer daar ernstige bloeding is. Die eerste prioriteit is om die bloeding
onder beheer te bring.
 Wanneer ‘n voorwerp ingebed is. Soms sal ‘n voorwerp wat vassit ‘n wond seel
en bloeding verhoed. Verwydering van die voorwerp kan tot erge bloeding ly.
Behandeling van hierdie tipe wond sal op ‘n ander tyd bespreek word.
 Wanneer die wond deur ‘n dier of mens byt veroorsaak is. Hierdie wonde is
baie vatbaar vir infeksie en moet oopgelaat word om te dreineer.
 Diep steek wonde is ook vatbaar vir infeksie en moet nie toegewerk word nie.

Wat is die doel om wonde toe te werk?


1. Om ‘n wond toe te werk wat te groot is om alleen toe te gaan. Die toewerk met
verskeie tegnieke sal geneesing verspoedig.
2. Om infeksie te voorkom. Die toemaak van ‘n oop wind sal die risiko van
infeksie verminder.
3. Om letselvorming nadat die wond genees het te verminder.

Om te besluit of die wond oopgelos moet word of toegewerk moet word, neem die
volgende in ag:

 Die breedte van die wond – as die kante van die wond bymekaar getrek moet
word om die onderliggende weefsel te bedek moet die wond toegewerk word.
 Die diepte van die wond – as die wond meer as 6 mm diep is moet dit
toegewerk word.
 Die ligging van die wond – as die wond op ‘n plek van die liggaam geleë is waar
daar baie beweging plaasvind sal dit toegewerk moet word om te verhoed dat
rekking en beweging die wond aanhou oopmaak.

Daar is verskeie metodes beskikbaar om wonde toe te maak:

Steke: Vir steke word draad of garing materiaal gebruik vir toewerk. Steke kan van
oplosbaar of onoplosbare materiaal gemaak word. Oplosbare steke word deur die
liggaam oor ‘n tydperk afgebreek en geabsorber.
Permanente, onoplosbare steke word soms verkies want hulle is bestand teen liggaam
chemikalië wat hulle te vroeg miskien sal laat oplos voordat geneesing voltooi is.
Onoplosbare steke word aanbeveel om langtermyn wondsluiting te bewerkstellig en
genoeg tyd te gun om volkome geneesing te laat plaasvind.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


20

Stitches (sutures) used to close a wound on a leg


Krammetjies: Krammetjies word baie gebruik. Slegs steke word meer gebruik. Wond
krammetjies word van vleklose staal gemaak is reghoekig in vorm met ‘n opening aan
die onderkant. Die groot voordeel van krammetjies is dat wonde vinniger toegroei en
daar is minder kans van infeksie.

Krammetjies word gebruik in reguit wonde en in areas wat nie van kosmetiese belang
is soos die gesig en hande byvoorbeeld. Hulle is veral nuttig op kop wonde en harige
areas van die liggaam. Gewone steke is moeilik om in harige areas in te sit want die
hare kom in die pad. Krammetjies veroorsaak erger letsels as gewone steke maar is nie
sigbaar in haarige areas wanneer die hare weer toegroei.

Krammetjies wat gebruik is om ‘n kop wond toe te maak.

Weefsel gom: Weefsel gom kan gebruik word op klein, skoon eenvoudige wonde wat
nie onder spanning is nie. Hierdie metode werk goed op kinders omdat dit vinniger en
minder pyn veroorsaak as steke. Nietemin het weefsel kleefstof / gom ook nadele. As

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


21

dit gebruik word sonder om vooraf die wond goed skoon te maak (wat pynlik kan
wees), verhoog dit die moontlikheid van infeksie. Daarby is die risiko dat die wond
weer kan oopgaan groter as met steke en moet dus elke 2 dae ondersoek word.
Weefsel kleefstof word nie aanbeveel onder die volgende omstandighede:

 As daar spanning n die wond is


 As dit ‘n ingewikkelde sny/wond is
 As die wond lank en diep is
 As die sny op ‘n harige plek van die liggaam is
 As die wond op ‘n plek is waar daar vel voue voorkom.

Die gebruik van weefsel kleefstof is so te se pynloos.

Wond toemaak met weefsel kleefstof

Wond stroke/pleisters: Vel sluiting stroke / pleisters is ‘n relatiewe nuwe metode en


is ‘n alternatief vir steke. Hulle word gebruik om kort en lank snywonde te sluit en
bevorder vinnige natuurlike geneesing. Die dun pleisters hou die gesnyde vel verm
aanmekaar en beskerm die wond teen vullis, water en kieme. Die metode veroorsaak
min letsels en verhoed teen infeksie.

Wond toemaak met wond stroke / pleisters

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


22

Hierdie wond stroke kan op klein en lang diep snye gebruik word waar bloeding erger
is as met geringe wonde. Wond pleisters moet nie oor groot areas van die liggaam
gebruik word of naby die oë nie. Gebruik van wond stroke is pynloos.

Gebruik van steke om wonde toe te werk

As jy ‘n wond met steke wil toewerk het jy die volgende nodig:

 Geboë aartang
 Reguit aartang (getand)
 Sjirurgiese skêr
 Pinset
 Steke (Grote 3-0 of 4-0 nie oplosbare nylon of sy steek materiaal vir die toewerk
van vel en spierweefsel in volwassenes. Gebruik Oplosbare steke vir kinders
indien beskikbaar.)
 Steek naald (FSL, FS2 of PS2 grote snydende steek naald – word vir vel en
spierweefsel gebruik)
 Antiseptiese middel (Betadiene of Hibitane)
 Gaas en verbande
 Spuit en spuitnaald (5ml)
 Plaaslike verdowingsmiddel (Lignocaine, Planocaine, Novacaine)
 Sjirurgiese handskoene

Steek stel

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


23

Metode:

 Dra beskermende sjirurgiese handskoene.


 Maak die wond met antiseptiese middel en water skoon.
 Maak ‘n spuit en dun naald oop.
 Maak die spuit vol met lokale verdowingsmiddel.
 Spuit klein hoeveelhede in die weefsel in en om die wond.
 Gee tyd vir die verdowings middel om te werk (5 – 6 minute).
 Daar is baie soorte steek knope wat gebruik kan word. Bly by die eenvoudigste
knoop soos op die volgende bladsy aangedui. There are many different types of
sutures and knots. Stick to the basic square knot as shown on the following
page.
 Vewyder die steeknaald en materiaal van die verpakking. Plaas in ‘n steriele
bakkie met antiseptiese middel reg vir gebruik.
 Maak die geboë aartang wat gebruik gaan word om die steeknaald vas te hou
met antiseptiese middel skoon.
 Knyp die steeknaald met die geboë aartang omtrent ‘n derde van die steekaald
se punt af vas.
 Hou die aartand in jou handpalm vas met jou wysvinger en duim naby die punt.
Met ‘n draai beweging van die hand steek die naald teen ‘n hoek van 900 grade
onder die vel en deur die onderliggende weefsel en uit aan die teenoorgestelde
sy van die wond.
 Trek die naald deur met ‘n reguit aartang of pinset, trek die vel bymekaar
(sonder te veel spanning) en maak ‘n knoop. Sny die punte van die steek
materiaal af.
 Herhaal met die tweede, derde ens. steek. Elke steek word afsonderlik ‘n knoop
in gemaak soos onder aangedui. Sorg dat daar nie te veel spanning is wat kan
veroorsaak dat die steke los skeur. Vir meeste areas in die liggaam – gesig
uitgesluit – moet steke 3-4 mm van die kant van die wond wees en 5 – 10 mm
van mekaar af.
 Maak die wond weer skoon en smeer antiseptiese salf op.
 Bedek met ‘n steriele verband.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


24

Suture technique

Basiese steek knoop

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


25

Wanneer jy gewone steke inset trek die knoop kant toe – moet dit nie in die middel
van die wond los nie (sien onder).

Verwydering van steke:

Die steke word na 7 – 10 dae verwyder en veroorsaak gewoonlik net ‘n knypende pyn
wat nie te ongemaklik vir die pasiënt is nie.

1. Sny die steek waar dit oor die wond kruis.

2. Knyp die knoop met ‘n pinset of aartang vas en trek liggies die steek uit.

Gebruik van krammetjies om wonde toe te werk

As jy ‘n wond met krammetjies wil toewerk het jy die volgende nodig:

 Sjirurgiese handskoene
 Sjirurgiese krammetjie masjien
 Sjirurgiese krammetjies
 Antiseptiese middel (Betadiene of Hibitane)
 Gaas en verbande
 Spuit en spuitnaald (5ml)
 Plaaslike verdowingsmiddel (Lignocaine, Planocaine, Novacaine)

Metode:

 Dra beskermende sjirurgiese handskoene.


 Maak die wond met antiseptiese middel en water skoon.
 Maak ‘n spuit en dun naald oop.
 Maak die spuit vol met lokale verdowingsmiddel.
 Spuit klein hoeveelhede in die weefsel in en om die wond.
 Gee tyd vir die verdowings middel om te werk (5 – 6 minute).
 ‘n Assistent gebruik ‘n pinset om die vel saam te trek sodat die dermis teen
mekaar raak.
 Plaas die middel van die krammetjies masjien oor die middel van die sny waar
die vel bymekaarkom en druk die handvatsel liggies om die krammetjies in en
deur die vel te druk.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


26

 Skyf die krammetjies masjien a paar millimeter voorentoe en herhaal.


 Die krammetjies moet ongeveer 1cm van mekaar wees.
 Maak die wond weer skoon en smeer antiseptiese salf op.
 Bedek met ‘n steriele verband.

Om krammetjies te verwyder:

‘n Spesiale krammetjies verwyderaar word gebruik.

Plaas die kake van die toestel onder die krammetjies en maak die toestel toe. Dit buig
die krammetjies wat dan maklik verwyder kan word.

Gebruik van weefsel kleefstof om wonde toe te maak

As jy ‘n wond met weefsel kleefstof wil toemaak het jy die volgende nodig:

 Sjirurgiese handskoene
 Weefsel kleefstof
 Antiseptiese middel (Betadiene of Hibitane)
 Gaas en verbande

Metode:

 Dra beskermende sjirurgiese


handskoene.
 Maak die wond met antiseptiese
middel en water skoon.
 Plaas ‘n klein druppeltjie
kleefstof elke paar millimeter in
die wond in. Kapillêre kragte
trek die kleefstof saam om ‘n
ononderbroke lyn te vorm.
 Druk en hou die kante van die
wond bymekaar totdat dit teen
mekaar vaskleef.
 Maak die wond weer skoon en
smeer antiseptiese salf op.
 Bedek met ‘n steriele verband.
Wond toemaak met weefsel kleefstof

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


27

Gebruik van wond stroke / pleisters om wonde toe te maak

As jy ‘n wond met wond stroke / pleisters wil toemaak het jy die volgende nodig:

 Wond stroke / pleisters


 Sjirurgiese handskoene
 Antiseptiese middel (Betadiene of Hibitane)
 Gaas en verbande
Metode:

 Dra beskermende sjirurgiese handskoene.


 Maak die wond met antiseptiese middel en water skoon.
 Vewyder die stroke / pleisters van die verpakking.
 Trek die vel bymekaar en plaas die pleister oor die middel van die sny en druk
die pleister kante toe om dit te laat vassit.
 Die pleisters moet gemaklik sit en moet nie die vel te styf aanmekaar vastrek
nie.
 Plaas die volgende strook op en herhaal totdat die wond oor sy geheel
toegetrek is.
 Maak die wond weer skoon en smeer antiseptiese salf op.
 Bedek met ‘n steriele verband.
 Vervang die verband daagliks maar hou die pleisters in plek vir ‘n maksimum
van 7 dae.
 As die wond besmet word, opswel of
abnormal pynlik voel, of die pasiënt
‘n brand sensasie in die wond het,
verwyder die stroke.
 Vel stroke / pleisters is ook handig
om te gebruik nadat steke of
krammetjies verwyder is. Hulle
verskaf ondersteuning aan die vel wat
onlangs genees is.
Verwydering

Verwydering is maklik maar doen dit


versigtig. Trek die pleister liggies van
teenoorgestelde kante liggies op en wees
veral versigtig as jy die pleister oor die wond
oplig dat jy die wond nie weer oopmaak nie.
Trek stadig en geleidelik elke die pleisters
afsonderlik los – moet nie ruk nie.

JY kan ‘n stel om wonde toe te werk by


Mariska tlcwitbank@gmail.com vir R130
bestel.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


28

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


29

oskuns en oorlewings
vaardighede het baie te doen
met improvisasie. Improvisasie
is om iets te gebruik vir ‘n doel
waarvoor dit nie gemaak is nie.

Die verskil tussen om redelik


gemaklik of baie ongemaklik
te wees, honger te gaan of iets
in die hande te kry om te eet,
deur om van dors dood te gaan
of genoeg te hê om te drink,
hang baie af van ‘n mens se
vermoë om te improviseer.

‘n Goeie manier om te oefen


is om na allerdaagse items te
kyk en jouself te vra hoe ‘n
spesifieke item op verkillende
maniere in ‘n oorlewings
situasie gebruik kan word.

Dit leer jou om “uit die box te dink” maar as jy eers snap hoe sal jy aangenaam veras
wees oor die idees wat jy kan uitdink.

Dit is lekker om, om ‘n kampvuur met vriende te sit en te bespreek hoe jy kan
improviseer. ‘n Lee blik – waarvoor kan dit gebruik word? Wat van ‘n lengte elektriese
draad of ‘n stuk aluminium foelie? Items wat ons normaalweg as rommel sou beskou
kan onder oorlewings toestande lewensredend wees.

Wat van ‘n nederige plastiese vullis sak? Die soort wat jy gebruik in jou asblik om al
jou rommel en gemors om in te gooi. Hulle word van dun plastiek gemaak en kom in
verskeie kleure – gewoonlik swart, wit of groen. Hulle is ook in verkillende diktes
beskikbaar.

‘n Groot vullis sak kan klein gevou word en pas maklik in selfs ‘n klein oorlewings
sakkie in en wanneer jy besef hoe waardevol dit kan wees sal jy nooit daarsonder gaan.
Ek dra ten minste drie in my grypsak.

Wanneer jy in terme van oorlewing dink, onthou altyd die prioriteite: oor die kort
termyn het jy lug nodig om te asem, water om te drink, die vermoë om vuur te maak,
om gesond te bly en om ‘n skuiling op te rig om jouself warm te hou as dit koud word
en koel te hou wanneer dit warm word. Kos kom eers in aanmerking in medium tot
lang termyn oorlewing omdat jy redelik lank daarsonder kan klaarkom voordat jy

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


30

begin swak word. Jy sal wel honger pyne ervaar in die begin maar hulle sal na ‘n paar
dae afneem en dan verdwyn.

Nou kom ons keer terug na ons vullis sak toe: dink water, skuiling en houer.

Water is ‘n prioriteit. As jy in die bos verdwaal kan dit binne drie dae noodlotig wees
as jy nie drink water in die hande kan kry nie – veral as dit warm is. ‘n Kort vinnige
reënbui kan uitsak maar die dorre aarde sal die water vinnig opsuig. Deur vinnig ‘n
“dammetjie” met ‘n swart plastiese sak te maak in ‘n grond holtetjie, as jy ‘n reënbui
sien aankom, kan jy moontlik water opvang wat die verskil tussen lewe of dood kan
maak. Jy sal verbaas wees hoeveel water jy in ‘n minuut of twee so kan opvang.

Die vullis sak kan ook gebruik word om ‘n son nog (“solar still”) te maak. Grou ‘n gat
ongeveer ‘n meter diep met ‘n deursnee van om en by ‘n halwe meter. Maak die gat vol
met vars sappige / vogryke plantegroei (blare en gras) met ‘n houer bo op in die
middel. Bedek die gat met ‘n vullis sak -verkieslik swart want dit absorber hitte en help
die proses van transpirasie (verlies van vog uit plante uit). Plaas ‘n klip in die middel
bokant die houer wat onder die sak geplaas is. Pak sand op die omtrek van die sak om
dit te seël en in plek te hou. Wanneer die plantegroei “sweet” kolekteer water druppels
onder op die plastiese sak wat geleidelik na die middel toe dreineer en in die houer
drip. Vervang die plantegroei elke paar uur met vars materiaal. Moet nie onrealietiese
verwagtings koester nie. As jy goeie werk daarvan maak sal jy miskien tussen 20-50ml
water elke paar uur kolekteer maar in ‘n desperate situasie sal elke druppel help. ‘n
Alternatief is om ‘n plastiese sak op die punt van ‘n blaar ryke tak vas te maak. Die
blare gee vog af wat op die sak kondenseer en sal bietjie drinkbare water kolekteer.
Sien Figuur 1.

Figuur 1: Gebruik van ‘n plastiese sak om water te kolekteer.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


31

Die sak kan ook gebruik word om water te filtreer. Maak


klein gatjies onder in die sak. Plaas ‘n laag gruis onder aan
gevolg deur ‘n laag skoon rivier sand. Gooi vuil water bo in.
Soos wat die vuil water deur die sand en gruis deurbeweeg
sal van die vullis uitgefiltreer word en dit sal skoner onder
uitkom – reg om gekook te word om dit te suiwer en
drinkbaar te maak (sien Figuur 2).

Figuur 2: ‘n Sak kan gebruik word om water te filtreer.

Ons moet ook nie vergeet dat die


sak as ‘n nuttige hoer gebruik kan
word. Dit kan “net so” gebruik
word of in kleiner stukke
opgesny word om ‘n paar houers
te maak – vir water, kos en items
toerusting – sien Figuur 3.

Figuur 3: Gebruik van die vullis sak as ‘n houer.

As die weer nat en of koud word warm bly is ‘n oorlewings prioriteit. ‘n Reënjas kan
van ‘n vullis sak gemaak word deur om ‘n gat daarin te sny vir jou kop. As dit baie nat
en of koud is moet nie gate vir jou arms in die sak sny nie – dit maak meer plek vir
water en die koue om in te gaan. Die plastiese materiaal keer water en wind en hou jou
warmer. Eder om die gat in die middel van die sak te sny vir jou kop sny ‘n hoek van
die verseëlde kant af en gebruik dit vir ‘n hoed om jou kop droog te hou. In koue weer
verloor jy baie hitte deur jou kop. Een sak is gewoonlik genoeg om jou bolyf warm en
droog te hou. As jy ‘n tweede sak het kan dit gebruik word om ‘n broek van te maak.
Stukkies plastiek kan ook gebruik word om handskoene te maak of ‘n “serf” om sand
uit jou neus in mond te hou tydens ‘n sand / stofstorm. Jy kan ook lengtes plastiese
materiaal om jou onderbene draai – dit hou klitse uit jou kouse uit en help om hulle
droog te hou. In koue, winderige of reënerige weer kan ‘n groot plastiese vullis sak
gebruik word om ‘n skuiling of grondseile van te maak. Sien Figuur 4.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


32

Figuur 4: Gebruik van ‘n plastiese vullis sak om jou droog en warm te hou.

Uit ‘n eerstehulp perspektief gesien kan ‘n vullis sak gebruik word om verbande te
maak, suigwonde van die borskas toe te maak, ‘n toerniket, of om spalke mee vas te
maak of ‘n slinger vir ‘n beseerde arm. Sien Figuur 5.

Figuur 5: Aanwending van ‘n vullis sak vir eerstehulp.

‘n Opgeblaasde vullis sak kan


gebruik word as ‘n vlot as jy ‘n diep
rivier of dam moet oorsteek. Jy kan
jou klere daarin plaas dan word hulle
terselfdetyd droog gehou. Sien
Figuur 6.

Figuur 6: Gebruik van ‘n vullis sak as


‘n vlot as jy water moet oorsteek.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


33

As jy helder vullis sakke het (bv. oranje, wit, blou, rooi) kan hulle opgesny word en
aangewend word as sein panele wat van die lug sigbaar sal wees. Swart plastiek sal
goed teen ‘n agtergrond van wit sand vertoon. Sien Figuur 7.

Figuur 7: Gebruik van stroke plastiese materiaal vir lug seine.

Om kos in die hande te kry kan die sak op ‘n gebuigde of vertakte tak vasgemaak word
om ‘n “”net” te maak. Klein insekte, paddas en visse kan daarmee gevang word. Maak
klein gate onderaan om lug of water deur te laat wanneer dit as ‘n vangnet gebruik
word. Sien Figuur 8.

Figuur 8: Die vullis sak kan as ‘n “vangnet” gebruik word.

Wanneer ‘n plastiese sak gedraai word om tou van te maak word dit baie sterk. Dit kan
dan aangewend word as ‘n tou om iemand uit ‘n gat uit te trek of te laat sak, of iemand
mee vas te maak. As ‘n paar “toue” saamgevleg word kan dit selfs gebruik word om ‘n
voertuig uit water / modder / sand uit te sleep. Sien Figuur 9.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


34

Figuur 9: ‘n “Tou” uit plastiese sakke gemaak het baie gebruike.

Jy kan ‘n draagbare stort maak deur om klein gatjies onder in die sak te maak en dit
dan met water vol te maak. Sien Figuur 10.

Figure 10: A portable shower

Hier is maar net ‘n paar maniere hoe die nederige ou vullis sak in ‘n noodgeval
aangewend kan word. Daar is seker heelwat meer.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


35

S uid Afrika huisves ongeveer 2000 spinnekop spesies. Die goeie nuus is dat
slegs 4 of 5 hiervan is giftig genoeg om van mediese belang vir mense te wees.
Spinnekoppe het ‘n wye verspreiding en kan feitlik op enige plek voorkom. Dit is dus
raadsaam om bewus te wees van spinnekoppe en om die gevaarlike soorte te kan
uitken. ‘n Byt deur een van die gevaarlike soorte kan jou baie siek maak maar dit is
onwaarskynlik dat jy daarvan sal doodgaan – selfs sonder enige mediese behandeling.
Meeste spinnekoppe vervul belangrike dienste vir die mensdom deur om op insekte te
voed baie waarvan ‘n baie grooter risiko vir mense inhou. Spinnekoppe voed op
muskiete, vlieë en ‘n groot verskeidenheid ongewerweldes. Van ons skadelose spesies
soos die groot bobbejaanspinnekop en die rëen spinnekop lyk miskien skrikwekkend
maar hulle is nie giftig nie. Bobbejaanspinnekope kan seer byt maar hulle spuit geen
gifstof in ‘n mens in nie.

Die bobbejaanspinnekop is groot en lyk skrikwekkend maar is nie een van ons giftige
spesies nie.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


36

Die doodmaak van elke spinnekop wat ons sien is onnodig. Voordat ons na die effek
en behandeling van giftige soorte van nader bestudeer kom ons kyk watter
voorsorgmaatreëls getref kan word om te verhoed dat ons deur giftige spinnekoppe
gebyt word.

VOORSORGMAATREëLS
 Hou jou tuin en erf skoon – spinnekoppe hou daarvan om in rommel en vullis te
skuil.
 Inspekteer die onderkant van vensterrame en onder tuin meubels gereeld – ‘n
gunsteling skuilplek vir knoppie spinnekoppe.
 As jy gereeld spinnekoppe in jou huis kry inspekteer jou kinders en jou eie
beddegoed voordat jy inkruip in die aand.
 Moet nie goed op die vloer laat rondlê nie – moedig jou kinders aan om hulle
speelgoed en klere weg te pak.
 Gaan die voue van gordyne na – sak spinnekoppe maak nes in die voue.
 Kyk agter portret rame – spinnekoppe hou daarvan om daaragter te skuil.
 Inspekteer jou skoene voordat jy hulle aantrek. Baie mense word op hulle voete
deur spinnekoppe gebyt.
 Moet nie kleure op die waslyn oornag laat hang. As jy dit doen inspekteer hulle
goed voordat hulle gebêre of aangetrek word.
 As jy ‘n spinnekop probleem het spuit Baygon Green aan die binnekant van
vensterrame en deur kosyne elke 4 weke. Dit sal ongelukkig alle spinnekoppe
doodmaak nie giftige soorte ingesluit. Doen dit net as dit absoluut nodig is!
 Wees versigtig wanneer jy vuurmaakhout bymekaar maak of klippe optel – dit is
plekke waarvan spinnekoppe hou.

GIFTIGE SOORTE

Sand krap spinnekop (sand crab spider)

Hierdie spinnekoppe kom in droë woestyn en sanderige gebiede voor, is skaars en


word selde raakgeloop. Hulle lyk soos krappe met sand op hulle liggame. Hierdie
spesies is heelwaaarskynlik die giftigste en kan lewensgevaarlik wees indien mediese
hulp nie beskikbaar is nie.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


37

Sand krap spinnekop


Daar is geen gedokumenteerde gevalle van mense wat deur hierdie spinnekoppe
gebyt is maar navorsing op konyne dui daarop dat hulle mag lewensgevaarlik wees
vir mense. Hulle byte veroorsaak massiewe weefsel skade en interne bloeding.
Viool spinnekoppe

Viool spinnekoppe word oorals in Suid Afrika aangetref. Hulle is bruin met donker
merke insluitend ‘n merk op die rug wat soos ‘n viol lyk.

Viool merk

Viool spinnekop

Hulle het ‘n hoogs giftige sitotoksiese (weefsel vernietigende) gifstof. Die byt in die
begin is klein en oppervlakkig van voorkoms. Na ‘n paar uur begin die bytplek opswel
en die vel begin verkleur. Blaasvorming vind oor die volgende paar dae voor en
wanneer die blaasvel begin afdop verskyn ‘n sweeragtige wond. Dit is belangrik om te
verhoed dat sekondere infeksie intree. Sonder behandeling kan die wond skepties
word en die weefsel kan begin ontbind (nekrose). Weefsel skade kan erg word.
Bytplekke van hierdie spinnekoppe veroorsaak permanente letsels. Byte vind
meestal in die nag plaas wanneer die persoon aan die slaap is. Die slagtande is klein
en die bytmerke is na aan mekaar.
Geen teengif is vir viool spinnekop byte beskikbaar en behandeling word op die
bekamping van infeksie toegespits en om geneesing te bevorder.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


38

Bytplekke van viool spinnekoppe wat die weefsel skade illustreer.

Sak spinnekoppe

Sak spinnekoppe is geelerig met ‘n donker kop. Hulle kom gereeld en huise voor
veral in die voue van gordyne. Hulle is die oorsaak van 70-75% spinnekop byte wat
weefsel skade (nekrose) veroorsaak. Dit is ‘n aggressiewe spinnekop wat meestal in
die aand byt wanneer die slagoffer op die rondlopende spinnekop is sy slaap rol.
Sak spinnekoppe het ‘n sitotoksiese gif. Die byt is in die begin pynloos maar simptome
begin 2 – 8 uur later. Die bytplek lyk in die begin soos dié van ‘n muskiet maar swel op
en word al hoe pynlikker. Die wond sweer en kan ‘n letsel van so groot as 10 cm in
deursnee vorm wat mediese behandeling benodig. Behandeling met antibiotika mag
nodig wees om sekondêre infeksie te bekamp. Die wond sal tussen 2 – 4 weke neem
om te genees maar kan maande neem om te herstel.

Langbeen sak spinnekop (foto regs N. Larsen)


Geen teengif is beskikbaar nie maar antibiotika word normaalweg gebruik om
sekondêre infeksie te voorkom of te behandel. No anti-venom is available, but
antibiotics are needed to treat the lesion and prevent infection and tissue damage.
Hospitalisasie is normaalweg nie nodig nie maar plastiese sjirurgie word some
benodig om beskadigde weefsel te herstel.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


39

Knopie spinnekoppe

Knopie spinnekoppe kom wydverspreid in Suid Afrika voor. Hulle skuil in donker stil
plekke en bevat ‘n neurotoksiese gif wat die sentrale senuweestelsel aantas. Slegs die
wyfies het lank genoeg slagtande om mens vel te deurdring. Daar is twee tipes
knoppie spinnekoppe in Suid Afrika – die swart knoppie spinnekop en die bruin
knoppie spinnekop.
Swart knoppie spinnekoppe: Dit is een van die mees bekendste Suid Afrikaanse
spinnekoppe en word maklik geïdentifiseer deur die rooi uurglas vormige merk
onder op die ronde abdomen.

Die byt is gewoonlik baie pynlik en die slagoffer sweet baie. Verhoogde bloeddruk ,
rusteloosheid, spierpyne, krampe, styf maagspiere, been pyne en been swakheid is
van die ander simptome. Die pasiënt word rooi in die gesig, die gesig sweet, die
ooglede hang en lippe swel. In erge gevalle sal die liggaam onbeheersd ruk.

Knopie spinnekop byte word gewoonlik in die hospitaal met teengif behandel.
Pasiënte herstel genoeg in meeste gevalle om 24 – 48 uur later huis toe te gaan.

Swart knopie spinnekop

Minder as 5% van onbehandelde bytgevalle sterf – gewoonlik aan asemhalings


probleme. Alhoewel daar geen gedokumenteerde sterfgevalle as gevolg van knoppie
spinnekop byte aangemeld is oor die afgelope 50 jaar, het knoppie spinnekop gif die
vermoë om gevaarlike simptome te veroorsaak – veral in jong kinders en ou mense.

Bruin knoppie spinnekoppe: Die simptome van ‘n byt deur hierdie spesies is minder
erg en word gekonsentreerd om die byt self. Die bytplek en omliggende area brand en
kliere naby daaran swel op. Die bytplek het ‘n rooi kol wat omring word deur bleek vel
en ‘n uitslag. Die persoon herstel volkome binne ‘n dag of twee.

WAT OM TE DOEN AS JY GEBYT WORD

Baie mense word in hul slaap deur spinnekoppe gebyt en word eers later daarvan
bewus.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


40

 Bly kalm. ‘n Spinnekop byt beteken nie onmiddelike dood nie! In meeste
gevalle al wat jy sal miskien benodig is ‘n pynstillers, antihistamien en goeie
wond behandeling om infeksie te voorkom. Keep calm.
 Vir sand krap, viool, sak en knopie spinnekop byte moet jy by ‘n dokter of
hospitaal uitkom. Kinders moet veral deur ‘n dokter ondersoek word.
 Probeer die spinnekop vang – dit vergemaklik identifikasie van die soort.
 Was die bytplek goed met seep en water en pak met ys.
 Wonde moet skoongehou word en antiseptiese room aangesmeer word.
 Alle spinnekop byt slagoffers moet ‘n tetanus inspuiting kry.
 As ernstige simptome te voorskyn kom, kom so gou as moontlik by ‘n dokter
uit.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


41

S oms word ons voor die tyd gewaarsku van ‘n komende ramp. Radio en TV mag
waarskuwings uitryk van stormweer, brandgevaar, ‘n vulkaan wat gaan uitbars of die
publiek maan om kos, medisyne en water op te berg as uiters koue weer op pad is.

As ons vooraf gewaarsku is kan ons die nodige stappe neem om lewens eiendom
verlies te verminder deur om voorsorgmaatreëls te tref. Maar dit gebeur ook dat ‘n
ramp skielek en sonder waarskuwing plaasvind voordat ons kan voorberei of vlug. Wat
moet ons doen na ‘n ramp as ons slagoffers word van vloed, tsunami, aardskudding,
brand, warrelwind of ander natuur of sosiale ramp?

Daar is sommige algemene reëls wat van enige ramp van toepassing is. Kom ons kyk
eers hierna voordat ons na spesifieke rampe kyk.

1. Verseker dat almal veilig is – kontak familie en vriende om dit te bevestig.


2. Pas eerstehulp toe vir die beseerdes / siekes en gee ondersteuning aan dié wat
miskien treur na die verlies van geliefdes of besittings.
3. Help met reddings pogings.
4. Help met die verspreiding van kos, water, komberse en medisyne.
5. Tref reëlings vir tydelike verblyf indien nodig.
6. Organiseer werk en help groepe.
7. Herstel kommunikasie en help om infrastruktuur weer aan die werk te kry.
8. Help om wet en order te handhaaf.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


42

Of jy huis toe terugkeur of na die ramp vir die eerste keer uit jou huis / skuiling
uitkom, wees op die uitkyk vir nuwe gevare wat as gevolg van die ramp tot stand
gekom het - paaie wat verspoel is, krag drade wat op die grond lê besoedelde
drinkwater ens. Meld probleme by die plaaslike owerhede aan in die hoop dat hulle
weer dinge aan die gang kan kry en skade herstel.

INSPEKTEER JOU HUIS / WONING VIR ENIGE SKADE • Kyk vir strukturele skade,
los of beskadigde krag drade, water en gas lekke voordat jy jou woning binnegaan. •
Moet nie ‘n vuur beskadigde gebou binnegaan voordat dit deur deskundiges
geinspekteer is. • Inspekteer die yskas en verwyder voedsel wat bederf is. • Kontak jou
assuransie / makelaar. • Kontak publieke veiligheid departemente indien nodig.

Kom ons kyk nou na rampsoorte.

TORNADOES (WARRELWINDE)

Na ‘n tornado: Wees op die uitkyk vir onstabiele strukture, rommel, gebreekte


glas, skerp metaal voorwerpe.

 Meeste beserings wat plaasvind na ’n tornado verby is, kom voor tydens
reddings pogings of wanneer mense hulself beseer tydens opruiming of skade
bepaling.
 Hou tret met verwikkelinge op nood radio en bevestig met plaaslike owerhede
of dit veilig is om na ‘n gebied terug te keer.

 Onthou, tornadoes kan erge verwoesting saai – kragdrade afwaai, gas en water
lyne beskadig, strukture onstabiel maak ens. Baie beserings word veroorsaak
deur skerp voorwerpe. Wees versigtig net na die ramp en wanneer jy met
opruimings werk begin.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


43

SIKLONE

Na ‘n sikloon: Wees op die uitkyk vir vloed waters en storms wat nog aktief is.

‘n Sikloon kan skade veroorsaak soos dié van vloede, donderstorms, en tornadoes als
in een. As jy skuiling geneem het voor die sikloon sal jy redelik veilig wees om uit te
kom as die sikloon eers verby is. Daar kan nog donderstorms voorkom.

 Monitor verwikkelinge op die plaaslike weerstasies en radio voordat jy uit jou


skuiling uitkom. As jou krag af is wees versigtig met die gebruik van kerse en
oop vlamme omdat gaslyne wat beskadig is kan lek en ontploffings kan
plaasvind. Gebruik eder flitse / koplampe vir lig.
 As jy voor die storm na ‘n veilige plek toe gereis het bevestig met die owerhede
of dit veilig is om terug te keer.
 Onthou dat daar vloedwaters en diep staande water na die storm teenwoordig
mag wees en dit sal miskien nog nie veilig wees om terug te keer.
 Na die sikloon kan daar beskadigde krag drade, gas lyne, en geboue wees en
meeste water sal besoedel wees.

 Wanneer dit veilig is om huis toe terug te keer, inspekteer jou woning en
dokumenteer alle skade (vir versekerings doeleindes). Raporteer skade aan
owerhede en versekerings maatskapy.
 Gooi bedorwe voedsel wat in jou vrieskas / yskas was, weg. Wees op die uitkyk
vir ongunstige weer wat op die sikloon mag volg.

AARDBEWINGS

Na ‘n aardbewing: Wees op die uitkyk vir onstabiele strukture, gas en brandstof


lekasies, vure en rommel.

 Na ‘n aardbewing moet nie dink dat die gevaar verby is. Na skokke kan geboue
wat al klaar verswak is laat intuimel en verdere skade verrig.
 Ontmoet familie of medewerkers op ‘n veilige plek weg van beskadigde geboue
en onstabiele strukture. Bly weg van kragdrade wat hang, plekke waar gas of
brandstof lek en weg van stukkende glas metaal en ander ramp rommel.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


44

 As jy onder puin begrawe is maak soveel geraas moontlik sodat reddings


spanne van jou teenwoordigheid bewus raak. Slaan op pype met enige
voorwerp wat jy in die hande kan kry, skreeu en fluit. As jy kan bedek jou mond
met jou hande, klere of sakdoek om stof uit jou mond en neus te hou. As jy kan
beweeg en ‘n onstsnappingsroete kan sien beweeg stadig uit. Probeer om nie
aan puin en los strukture te raak nie – dit kan op jou ineenstort.
 Wanneer jy self veilig is pas eerstehulp toe aan die wat dit benodig. Luister op
die radio vir nood boodskappe en inligting.
 Wees reg om na hoër grond toe te beweeg as jy op die kus bly. Aardbewings
kan tsunamis veroorsaak.
 As die aardbewing gering was inspekteer jou woning en erf om skade vas te stel.
As jou huis struktuur beskadig is kry deskundiges om daarna te kom kyk. Bly
uit die woning as daar strukturele skade aangerig is.

VLOEDE EN TSUNAMI

Na ‘n vloed of tsunami: Wees op die uitkyk vir vloedwaters, puin en onstabiele


strukture.

 Moet nie in bewegende of diep water loop nie – al is die storm/tsunami verby.
 Luister vir inligting op die radio. Bly uit die pad uit van nood dienste en
reddings personeel wat by slagoffers probeer uitkom.
 Hou in gedagte dat enige area wat gevloed is sal vererger indien reënweer
terugkeer. ‘n Klein hoeveelheid addisionele rëen kan ‘n groot impak hê.
 Vloedwaters sal puin, voertuie en strukture meesleur – bly weg van hierdie
areas en beskadigde strukture.
 Vloedwaters kan deur olie, brandstof, chemikalië of riool besoedel word. Bly uit
die vloedwaters uit en moet dit nie sonder suiwering probeer drink nie. Moet
nie na ‘n aarde wat gevloed is terugkeer totdat die owerhede dit as veilig
verklaar.

Onthou dat as jy enige plek langs ‘n kuslyn woon dat jy deur ‘n tsunami getref kan
word.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


45

VUUR
Na ‘n vuur: Wees versigtig vir onstabiele strukture, rook inaseming, giftige
gasse en opvolg brande.

 Huis brande is uiters vernietigend. Jy sal heel waarskynlik nie na jou woning toe
kan terugkeer na ‘n huis brand.
 Wag totdat deskundiges dit veilig verklaar voordat jy na jou huis toe terugkeer
(of wat daarvan oorbly).

 Kontak jou assuransie, huis eienaar (as jy huur) of bank waar jy ‘n huislening
het om hulle van die brand te verwittig.
 Wanneer die brandweer verklaar dat dit veilig is om na jou huis toe terug te
keer probeer om waardevolle items te herwin en maak ‘n skade beraming. As
die huis nie woonbaar is nie laat die polisie weet dat jy nie daarin gaan bly nie.
Vuur beskadigde gebou word gereeld deur diewe en plunderaars geteiken.

Plunderaars is altyd ‘n probleem na groot rampe. Hou altyd grypsakke reg in jou
voertuig of in jou huis wat jy in ‘n nood situasie kan gryp as jy vinnig moet pad gee.
Maak seker dat die grypsakke nie nodige oorlewing goedere bevat wat jou ten minste
vir 72 uur aan die gang kan hou in ‘n nood situasie.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


46

Skulderkenning?
Posted on February 1, 2016 by Bestuur

Die vergadering van die Afrika Unie het sopas in Addis Ababa tot
‘n einde gekom. Zuma het gisteraand in ‘n toespraak daar weer laat val dat die ANC in
die proses is om Suid Afrika uit die Internasionale Kriminelehof te onttrek. Volgens
Zuma is dit nou onmoontlik vir Suid Afrika om steeds deel van hierdie hof wat teen
menseregteskendings optree, te wees. Die Hof het verskeie sake teen
menseregteskendings teen Afrika leiers aanhangig gemaak, en dien blykbaar as
afskrikmiddel.
Die hof is saamgestel nadat Suid Afrika in Julie 2002 ingestem het tot die Rome
Statuut wat op 17 Julie 1998 tydens ‘n diplomatieke konferensie aangeneem is. Die
Rome Statuut het voorgestel dat die Internasionale Kriminelehof vier spesifieke
misdade ondersoek en skuldiges vervolg. Hierdie misdade is volksmoord, misdaad
teen die mensdom, misdade van aggressie en oorlogsmisdade.
Dit is uiters vreemd dat die ANC so gretig is om te onttrek van ‘n hof wat sulke
misdade aanspreek. Die ANC het ook bewys dat hy persone wat hulself aan sulke
misdade skuldig maak, goedgesind is. Die Soedanese President, Omar al-Bashir wat
voortvlugtend is van die Internasionale Kriminelehof weens beweerde wandade in
Darfur, was ‘n eregas by die laaste Afrika Unie vergadering in Sandton. Volgens die
Rome Statuut moes Suid Afrika hom arresteer. ‘n Suid Afrikaanse hof het ook bepaal
dat al-Bashir gearresteer moet word. Die ANC regering het egter toegesien dat hy
veilig op ‘n vliegtuig kon kom en die land verlaat.

In ‘n land soos Suid Afrika waar ‘n komende volksmoord daagliks op die lippe van ‘n
minderheid blanke gemeenskap is, is sulke regeringsvyandigheid teen ‘n
internasionale hof wat sulke wandade hanteer, uiters kommerwekkend. Alhoewel ‘n

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


47

onttrekking uit hierdie hof niemand vrywaar van sulke dade nie, is dit steeds ‘n
merkwaardig duidelike standpunt wat die regering inneem.

Niemand posisioneer hulself in vyandigheid teen ‘n strafproses waarvan hul nie


skuldig is of gaan wees nie. Hierdie optrede behoort ‘n baie duidelike waarskuwing
aan die blanke bevolking van Suid Afrika te wees. In ‘n gesprek met Gregory Stanton,
President van Genocide Watch in Washington DC, is Suidlander Bestuur spesifiek
attent gemaak daarop dat regerings in vorige Afrika plaasmoorde nog altyd direk
betrokke was. Dr Stanton het ons van sy persoonlike ondervindinge vertel tydens
onder andere die Rwanda slagting.

Ons het al dikwels uitgewys dat die regering ‘n merkbare rol in die opbou tot ‘n
menseslagting in Suid Afrika speel. Hierdie verklaring deur Zuma bevestig dit.

ORGANISATORIESE STRUKTURE

Ons het al dikwels uitgewys dat die regering ‘n merkbare rol in die opbou tot ‘n
menseslagting in Suid Afrika speel. Hierdie verklaring deur Zuma bevestig dit.

Voorbereiding vir anargie, ekonomiese verval, natuurrampe ens. is ‘n gewilde praktyk


wêreldwyd. Ons sien in Amerika en Europa veral enorme ‘prepper’ groepe opstaan. Op
Dstv word daar selfs programme hieroor gemaak.

U sit nou en lees een van die mees omslagtigste en vooraanstaande tydskrifte van
wêreldgehalte. Daar is egter baie groot tekortkominge in die internasionale ‘preppers’
gemeenskap. Van die grootste bedreiging wat bestaan in tye van anargie, word tot ‘n
groot mate nie aangespreek nie. In Amerika is dit veral die geval, maar ook so in ander
lande.

Hierdie risiko wat blindelings geignoreer word, is organisatories van aard. Oraloor
maak mense gereed deur kosvoorrade, brandstof, wapens, selfs bunkers en
uitkykpunte op afgeleë plase in te rig. Hierdie mense hou oefeninge, simuleer aanvalle
en leer allerlei oorlewingstegnieke. In die meeste gevalle waar ‘n georganiseerde
samelewing weens een of ander vorm van onstabiliteit ineenstort, is die grootste
langtermyn gevaar nie dat jou kos, water of ammunisie gaan opraak nie. Daardie
gevaar is die onvermoë van ‘n groter area, ‘n kollektiewe getal gemeenskappe, om te
koördineer en weer bestuurstrukture op te rig.

U sien, bestuurstrukture is wat ‘n gemeenskap laat funksioneer. Dit is soos ‘n groot


hoop houtstompe wat ‘n kampvuur aan die brand hou. Haal hulle van die vuur af,
verwyder hulle van mekaar, en een vir een gaan hulle dood. In Suid Afrika is dit soveel

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


48

meer die geval. Vat ‘n klein dorpie. Daarin het elkeen ‘n werk, ‘n rol, ‘n
verantwoordelikheid. Elkeen word deur inkomste, of dit nou ‘n salaris of winste is,
gedryf om sy verantwoordelikheid na te kom. Rioolstelsels word onderhou, krag word
voorsien, dienste word gelewer, winkels se rakke bly vol. Die Boere saai en oes, die
arbeiders verdien hul loon. Elkeen vervul sy rol in daardie samelewing. Dit is die
bestuur van die dorp, distrik, omgewing of provinsie wat toesien dat elkeen se
behoeftes aangespreek word.

In ‘n vlugtelingsituasie word duisende mense uit hul daaglikse lewensgang verwyder.


Al daag daardie duisende goed voorbereid in ‘n vooraf geidentifiseerde omgewing op,
met swaar gelaaide voertuie vol kos en ander oorlewingsmiddele, sal selfs dit oud
word. Nie alles wat nodig is, kan saamgeneem word nie. Geisoleerd met ‘n beperkte
vermoë om jou veilig te hou, jou geliefdes te beskerm, en aan al die lewensbehoeftes
soos medies, sekuriteit, sanitasie ens. oor die langtermyn te voldoen, sal daardie
gemeenskap van ‘preppers’ uiteindelik net swakker, meer blootgestel en kwesbaar
raak.

Hierdie is ‘n afdeling wat op hierdie stadium slegs in Suid Afrika in pynlike detail met
‘n enorme opgeleide personeelstruktuur vooraf beplan is.

Die Suidlanders is die enigste organisasie van sy soort. Alhoewel derduisende mense
vir die fisiese voorberei het, en weet waar hulle veilige plekke is, beskik die Suidlander
strukture oor ‘n netwerk van personeel wat juis hierdie strukture wat ons in ‘n dorpie
sien funksioneer, dadelik kan begin oprig in ‘n veilige gebied.

Een van die grootste fokuspunte van die Suidlanders is om dadelik produksie,
infrastruktuur, sekuriteit en dienste in werking te hou deur duisende poste te vul
waarin vooraf opgeleide personeel kan funksioneer. Alhoewel ons die vuur wat uit baie
verskillende stompe bestaan verskuif na ‘n veilige plek, hou ons hom bymekaar gepak
om voort te brand in plaas van doodgaan.

Raak deel van hierdie strukture, skakel in. Moet nooit u voorbereiding afskeep nie.
Hou aan om u kennis te verbreed deur uselfs soveel as moontlik bloot te stel aan
media soos hierdie tydskrif. Dankie vir SA Preppers vir die uitmuntende werk wat julle
doen.

Groete, Suidlanders

Burgeroorlog Vrese
Posted on April 25, 2016 by Bestuur
Dit is opvallend dat meer gesaghebbendes deesdae ‘n komende volskaalse gewapende
rewolusie begin vrees en die risiko daarvan in duidelike terme beskryf. Na Malema se
uitspraak dat sy party bereid is om die ANC deur die loop van ‘n geweer te ontsetel,
het hierdie realiteit nou by verskeie mense begin posvat.
Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10
49

Die ANC, Patricia de Lille en die South African National Civic Organisation (SANCO)
het Malema se aggresiewe militêre benadering geidentifiseer as oorsake van stygende
geweld. Patricia de Lille noem dat talle gewelddadige protesaksies in Kaapstad direk
aan die EFF gekoppel kan word.

Zizi Kodwa van die ANC sê dat Malema se beskrywing van gewelddadige oorname baie
ernstiger implikasies het “…for someone to call for a bloodbath and mass slaughter.
Because a civil war will bring about manslaughter, nothing else.” Selfs Frans Cronje,
Hoof van die Instituut vir Rasseverhoudinge identifiseer dat jeug-werkloosheid, die
groepering waarin Malema se grootste steun lê, ‘n tydbom is. Hy noem dat minder as
50% van jongmense in 2014 aktief aan die arbeidsmark deelgeneem het. “Die
uitdagings wat ons jeug beleef is soos ‘n kruitvat…”

Dit word net erger, Cronje identifiseer ook dat hierdie werklose jeug maklik ingetrek
word in militante bewegings, bewegings wat nou openlik met burgeroorlog dreig “Dit
maak die grond ryp vir politieke ekstremiste, en sommige politieke partye buit die
frustrasies van jongmense uit.”

Volgens politieke ontleder verbonde aan die Noordwes Universiteit, Theo Venter, is
die groot aantal betogings en diensleweringsproteste ‘n simptoom van die probleem,
en kan ons verwag om meer daarvan te sien. “Dit behoort vir ons ‘n rooivlag te
wees…hulle raak ongeduldig.” Prof Raymond Parsons van die Noordwes Universiteit se
sakeskool sê ook dit behoort ‘n rooilig vir die regering te wees.
Volgens Khathu Ramukumba, hoof van die nasionale jeugontwikkelingsagentskap
(NYDA), verlaat tussen 500 000 en 600 000 jongmense jaarliks die skool voor matriek.
Hierdie swart massa kan dan nie in die werksmag opgeneem word nie weens swak
kwalifikasies. Die poel waaruit rewolusionêre werwing gedoen kan word, raak jaarliks
groter.

Ons het voorheen verduidelik hoe elke jaar wat verbygaan sonder dat ‘n rewolusie
uitbreek, die sneeubal net groter laat bou. Elke jaar waarin dit nie gebeur nie
veroorsaak dat dit net groter en meer gewelddadig gaan uitbars wanneer dit
uiteindelik gebeur.

Dinge bou op tot ‘n hoogtepunt, is u gereed?

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


50

Green Fire

Die vermoe om vuur te kan maak in ‘n oorlewings situasie is van kardinale belang Al
het ‘n ‘n sigaret aansteker of vuurhoutjies is dit baie moelik om ‘n vuur aan te steek as
die hout klam of nat is. Dit is waar vuuraanstekers handig te pas kom. Die Green Fire
Eco-firelighter is ‘n produk wat in elke prepper se grypsak of “bugout bag” behoort te
wees.

Wat maak hierdie ‘n goeie produk?

 Maklik om te gebruik. Wanneer dit in aanraking met ‘n oop vlam kom is


aansteekbaarheid en brandbaarheid 100% gewaarborg.

 Omgewingsvriendelik.

 Bevat geen petroleum produkte en is nie giftig nie.

 Omdat dit was gebaseer is kan dit vir lank gestoor word en sal nie uitdroog nie.

 Brand met ‘n helder vlam wat ook lig kan verskaf.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


51

 Nie plofbaar nie.

 Die produk word in buise verpak wat goed seel en bevat 8 vuuraanstekers. Een
vuuraansteker kan gebruik word om veelvoudige vure aan die brand te steek.
As die vuur aan die gang is verwyder die brandende vuuraansteker, blaas dit
uit, en bêre dit vir toekomstige gebruik.

 Brand warmer as meeste ander vuuraanstekers. .

Om jou Green Fire Eco-firelighters te bestel gaan na jan@greenfireignitor.co.za of


besoek hulle webblad www.greenfireignitor.co.za

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


52

Suiker
Suiker kan ons lewens op meer as een manier versoet! Hier is ‘n paar voorbeelde waar
suiker aangewend kan word.

1. Hou gebakte goedere varser vir langer

As jy ‘n paar suiker klonte in jou brood of koekblik bêre sal die gebakte goedere
langer hou.

2. Raak ontslae van wurms in jou grond.

Nematoda is wurms wat in die grond voorkom wat


parasiete is van plante en diere. Hulle kan jou groente
gewas beskadig of selfs vernietig. Strooi bietjie suiker
om jou plante om hierdie parasiete weg te hou en om ‘n
lekker “klimaat” te skep vir goeie grond organismes.

3. Red jou kaas!

Om te verhoed dat skimmel op jou kaas groei gooi ‘n


paar suiker klonte in jou kaas houer. Dit verminder die
groei van skimmel.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


53

4. Beheer kakerlakke.

Meng suiker met bietjie bakpoeier om kakkerlakke te beheer. Die suiker lok hulle en
die bakpoeier maak hulle dood.

5. Behandel en genees wonde.

Navorsing het bewys dat ‘n knippie


suiker in ‘n wond of bedseer help om
bakterie te dood en die wond vinniger
te laat genees.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10


54

In die volgende uitgawe:

Jou lewe in jou hande


In ‘n noodgeval al wat jy moontlik sal kan gryp is jou “grypsak” – dit
is net so belangrik soos jou “bugout bag”.

Slimplanne om jou kinders oorlewing en


prepping te leer
As jy weet hoe kan kinders dit geniet om oorlewings en prepping
vaardighede te leer wat hulle handig te pas sal kom in ‘n noodgeval.

Gebruik jou geld verstandig


Jou geld word hard verdien maar ons los dit soms vir “veilige’
bewaring in die hande van die mees onbetroubaarste instansies.
Hoe kan ons ons geld beter bestee en beter aanwend?

Plastiese Water Bottel Filter


Maak hierdie filter vir onder R50.

Jy is wat jy eet.
Weerstand teen geneties gemodifiseerde voedsel is aan die
toeneem. Mense word beter ingelig oor die gesondheids risikos
daaran verbonde en is opsoek na gesonder alternatiewe.

Koors!
Koors – oorsake, funksies en gevare.

Berei jou eie rantsoen pakke voor


Kommersiële rantsoenpakke is duur. Verpak jou eie teen helfte van
die koste en na jou eie smaak.

Risiko ernstig opneem Volume 2 Nommer 10

You might also like