You are on page 1of 4

ASMA

May 11, 2013 at 5:35pm

Boere raad wat slym losmaak en daai bors oopmaak.

• Bloekomolie wat jy by die apteek koop. Gebruik eenmalig! Daai slymbolle sal loskom! 7
Druppel is veilig om te gebruik, maar meer as 3 eetl kan gesondheidsgevare inhou! Bloekom olie
is die basis van amper alle hoes en verkoue medisyne, maar word so verdun dan dit veilig is vir
menslike gebruik. VERSIGTIG: As jy gastro-intestinale of lewer probleme het, of swanger is,
moet nie Bloekomolie inneem nie! Drup so 7 druppels op 'n teelepel suiker en sluk weg met
water. Daai slymbolle sal loskom!

• Brongitis: Gooi bottel behoedmiddel in ‘n glas coke, dit smaak soos vanilla ice cream. Help
onmiddellik.

• In 'n noodsituasie, en jy het nie een of ander asmapompie byderhand nie, verrig 'n koppie baie
sterk swart koffie feitlik onmiddellik wondere. As ek bedoel sterk, bedoel ek so 3 opgehoopte
teelepels koffiepoeier. Jy kan wel suiker ingooi as jy wil. Die kaffein in die koffie maak jou
lugweë feitlik onmiddellik oop!  

• Witdulsies op suiker werk soos n bom, so 8 druppels op ‘n eetlepel suiker - dit het vir my ma
gewerk en sy het emfiseem gehad. Sy het dit elke aand gedrink. 

• Paar druppels bloekomolie in bak kookwater, met handdoek oor die kop, waarvan jy die stoom
in asem.
• Stoom gereeld met die volgende mengsel: 10ml Friars Balsem, 10ml Borsdruppels (Lennons)
op een liter warm water. Gewaarborg om te werk. Ook vir enige borskwaal, verkoue en griep.

• Drink daagliks 1 teelepel borrie in warm water.

• Meng ‘n bottel heuning met ‘n groot blik zambuk salf en eet ‘n teelepel 2-3 x ‘n dag. Bevestig
dat dit werk!

• Raad van 'n lid: Om n bors oop te kry. Vat n mespunt koeksoda saam met teelepel heuning.
Meng met kookwater. Gooi dan gewone water daarna by en drink. Dit werk soos n bom. Ek
gebruik dit vir my asma.

Cathlene Beukes Sjoe. Baie dankie. Gaan dit beslis probeer.

Like · Reply · June 20 at 5:28pm

Saloom Kruger Baie dankie , is daar dalk n raad wat kan help om optehou rook ?

Like · Reply · June 11 at 9:07pm

Elma Smith Ongelukkig werk blokomolie nie vir almal met asma nie my gesin kan
gladnie olies gebruik nie .Los koffie en drink rooibostee dit verbeter ook asma.Dit verskil
van mens tot mens.

Like · Reply · May 21 at 8:14am

Lizette Voges Oosthuizen Kan ek dit gebruik vir my seuntjie van 3 jaar?

Like · Reply · April 16 at 5:32pm · Edited


Debbie Vanheerden en as jou kind 1 jaar oud is gaan die middles werk

Like · Reply · February 12 at 12:11pm

Berenice Esau Is daar ni raad vi seun van 4 met ASMA

Like · Reply · August 1, 2013 at 1:26pm

Bridgitte Duiker Hercules More ek Wil graag weet wat kan Mens gebruik vir n drie
Jarige wat asmaborsie het? Is daar dalk ietsie wat sal help dankie!

Like · Reply · August 1, 2013 at 8:30am

Bredett Grobler Kan ek een van die gebruik vir my seuntjie 5maande oud?

Like · Reply · July 20, 2013 at 9:52am

Annette Anni Milne Baie dankie

Like · Reply · May 11, 2013 at 10:18pm


Maryna Kruger Bester Eerste ding wat jy drink in die oggend is n glas melk met n fyn
knoffelhuisie in en dit is die laaste drink van die aand ook

You might also like