Jan Sebastian Rabie is op 14 November 1920 op George gebore. Hy matrikuleer op Riversdal en verwerf in 1945 ’n MA-graad in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch. In 1948 ver...view moreJan Sebastian Rabie is op 14 November 1920 op George gebore. Hy matrikuleer op Riversdal en verwerf in 1945 ’n MA-graad in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch. In 1948 vertrek hy na Parys en vir die volgende sewe jaar is dié stad sy basis. Die tydperk het ’n belangrike invloed op sy skryfwerk én sy lewe, want dis waar hy die skilder Marjorie Wallace ontmoet met wie hy in 1955 trou. Met hul terugkeer in Suid-Afrika bly hulle in Groenpunt en werk hy by die SAUK. In 1966 vertrek Jan en Marjorie met ’n Carnegie-beurs na Amerika en reis weer rond en woon vir drie jaar op die eiland, Kreta. In 1970 gaan woon hulle op Onrus totdat Jan op 15 November 2001, ’n dag na sy 81ste verjaardag, oorlede is.view less