Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Studiewerkgids: Droomdelwers Graad 11 Huistaal
Studiewerkgids: Droomdelwers Graad 11 Huistaal
Studiewerkgids: Droomdelwers Graad 11 Huistaal
Ebook303 pages1 hour

Studiewerkgids: Droomdelwers Graad 11 Huistaal

Rating: 4 out of 5 stars

4/5

()

Read preview

About this ebook

Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam sê, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek.
Inhoud van hierdie studiewerkgids:
• ’n Opsomming van die verhaal.
• ’n Bespreking van die basiese kenmerke van die roman, aan die hand van die teks.
• Agtergrondinligting en annotasies.
• Hoofstuk-vir-hoofstuk opsommings, vrae en assesseringstake, met plek vir leerders se antwoorde.
LanguageAfrikaans
PublisherBest Books
Release dateNov 17, 2015
ISBN9781776070206
Studiewerkgids: Droomdelwers Graad 11 Huistaal
Author

Pieter Rademeyer

Pieter Rademeyer is 'n vakadviseur by die Departement van Basiese Onderwys.

Related to Studiewerkgids

Related ebooks

Related articles

Reviews for Studiewerkgids

Rating: 4 out of 5 stars
4/5

2 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Studiewerkgids - Pieter Rademeyer

    Best Books Studiewerkgids: Droomdelwers

    vir Graad 11 Huistaal

    saamgestel deur

    Pieter Rademeyer

    Die uitleg van hierdie digitale uitgawe van die Best Books Studiewerkgids: Droomdelwers vir Graad 11 Huistaal kan verskil van dié van die gedrukte weergawe, afhangende van die instellings op jou leser. Die uitleg vertoon optimaal as jy die standaard instellings op jou leser gebruik. Lesers kan eksperimenteer met die instellings om die vertoning te verbeter. Die bladsyverwysings in hierdie uitgawe verwys na die bladsye in die gedrukte boek. Antwoorde beskikbaar op webwerf.

    Droomdelwers is goedgekeur vir Graad 11 Huistaal en hierdie studiewerkgids se bladsyverwysings stem ooreen met die gedrukte weergawe van dié roman.

    Soutmansland (Temalied)

    Mens sou dink die see is vol genoeg

    en die wêreld oud en die mense moeg

    want die haan het gekraai – ons het mekaar verraai

    so skraap die sout weer op ’n hoop

    want die winde gaan draai

    En ons doen wat ons moet doen

    dit kan nie anders nie – dis hoe ons met die tyd versoen

    ons doen wat ons moet doen

    akkers skraap en sout van die aarde raak

    ’n Enk’le dag kan by ’n leeftyd gaan draai

    en die rugsak laai wat ons saam met ons dra

    op die soutpan se ooptes kan ons ook verdwaal

    ma’ hou die vrees verby, want die waarheid maak vry

    En ons doen wat ons moet doen

    dit kan nie anders nie – dis hoe ons met die tyd versoen

    ons doen wat ons moet doen

    akkers skraap en sout van die aarde raak

    Liriek: Lize Beekman

    (Kopiereg © L. Beekman/SAMRO 1996)

    1. INLEIDING

    Hoe om hierdie studiewerkgids te gebruik

    Die doel van hierdie studiewerkgids is om die roman vir jou makliker te maak om te verstaan en jou eindelik te help om goed in toetse en eksamens te vaar.

    Hierdie gids is beslis nie ’n plaasvervanger vir die lees van die roman nie, maar dit moet eerder saam met die roman en die leesgids voor in die roman gebruik word.

    Die menings wat hier uitgespreek word, is ook nie die enigste korrekte menings oor die roman nie.

    Hierdie studiewerkgids bevat die volgende:

    •Die benadering tot die onderrig van die letterkunde word kortliks opgesom.

    •Ons gee vir jou kortliks agtergrondinligting oor die skrywer van hierdie roman, Esta Steyn.

    •In afdeling A kry jy die geleentheid om die sluitingstegniek toe te pas deur die korrekte ontbrekende woord in te vul wat die inhoud van hierdie roman sal vaslê. Jy moet die roman en die leesgids (voor in die roman) lees en bestudeer voordat jy hierdie afdeling aanpak.

    •In afdeling B kan jy ’n blitstoets aflê soos wat jy deur die roman lees. Gebruik hierdie afdeling om ná ongeveer elke tien bladsye stil te staan en eers die inhoud vas te lê. Vul die blokraaisels in en teken aan hoe jy gevaar het. Maak ook kort aantekeninge oor aspekte wat vir jou interessant is en lys enigiets wat vir jou onduidelik is.

    •In afdeling C word die verskillende prosakomponente bespreek met baie spesifieke voorbeelde uit die roman om sodoende die elemente duideliker te maak. Dit is baie belangrik dat jy krities betrokke bly en deelneem aan die bestuderingsproses en daarom kry jy deurentyd die geleentheid om jou gedagtes en voorbeelde neer te pen.

    •Die kontekstuele vrae in afdeling D is tipiese voorbeelde van die vrae wat jy in die eksamen kan verwag. Die vraag oor elke hoofstuk tel ook 25 punte – soos in die eksamen – en die vraagstelling is presies volgens die verwagtinge van die KABV. Die kognitiewe denkvlakke word in [ ]-hakies langs die vrae aangedui en die puntetoekenning in ( )-hakies.

    •In afdeling E word die literêre opstel baie deeglik bespreek en nuttige wenke word gegee vir die beplanning en beantwoording só ’n eksamenvraag. ’n Konsepvraag word vanaf die beplanningsfase tot by ’n finale produk geïllustreer en temas of idees vir moontlike langvrae word ook gelys. Jy kan hierdie vrae vir eksamendoeleindes beplan. Die rubriek wat gebruik word om hierdie opstel te merk is ook ingesluit.

    •Afdeling F is woordeskatuitbreidingsoefeninge. Jy lees die leidrade, soek die korrekte woorde (op die bladsye soos tussen hakies aangedui) en vul die blokraaisels in.

    •Vraestel 3-voorbereiding word in afdeling G behandel met gedagtes en voorstelle (gebaseer op gegewens uit hierdie roman) vir onderwerpe vir al die skryfstukke wat jy aan die einde van jou Graad 11-jaar moet kan skryf. Verdere besprekingspunte vir klasgesprekke of onvoorbereide mondeling word ook in hierdie afdeling gegee.

    •Afdeling H bestaan uit ’n glossarium van literêre begrippe met gepaste voorbeelde daarvan uit die roman om jou verstaan van die begrippe te versterk.

    Benadering tot die bestudering van letterkunde

    Die belangrikste rede vir die lees van letterkunde in die klaskamer is om by jou, die leerder, ’n sensitiwiteit te wek vir taal wat meer verfynd, letterkundig, simbolies en betekenisvol gebruik kan word.

    Die onderrig van letterkunde is nie altyd maklik nie, maar dit is onmoontlik sonder die persoonlike en eerlike interpretasie en kommentaar van jou, as leerder. Indien jy nie ’n literêre teks self verstaan nie, het jy nie veel geleer nie.

    Interpretasie gaan nie oor wat reg of verkeerd is nie, maar oor wat binne konteks van die literêre teks vir jou betekenisvol is.

    Die doel van die onderrig van literêre tekste is om aan leerders te wys hoe hul huistaal subtiel, intelligent, verbeeldingryk en vindingryk gebruik kan word. Só ’n ondersoek beteken dat die funksie en betekenis van beeldspraak en stylfigure, sinstrukture, woordkeuse, deurlopende motiewe, die gebruik van simboliek, kleur en klank geëksamineer kan word.

    Dit is belangrik om te onthou dat die onderrig van letterkunde nie gaan oor die onderrig van die regte antwoord nie. Deeglike lees van ’n teks behels interpretasie, kreatiewe en persoonlike belewing en die ondersoek daarvan.

    Agtergrondinligting oor die skrywer

    Esta Steyn is op 23 Julie 1945 op Struisbaai gebore, waar haar ouers, Hennie en Hettie Ellis, ’n losieshuis besit het. Sy is die jongste van drie dogters.

    In 1948 verhuis die Ellis-gesin na Montagu. Die bekende skrywer Elise Muller se suster is haar eerste onderwyser en kweek by Esta die droom om ’n skryfster te word.

    Daarna trek hulle in 1954 na Worcester, waar Esta in 1963 aan die Hoër Meisieskool Worcester matrikuleer.

    Op negentien verskyn haar eerste kortverhaal, Fiasko vir vier, in Sarie, en daarna volg vele tydskrifverhale en -sketse vir Sarie en Huisgenoot.

    In 1969 trou Esta met Le Roux Steyn, ’n apteker, en hulle vestig hulle op Saldanhabaai.

    Hier werk Esta in hul apteek, skilder en skryf.

    Sy word ’n gesoute weskusser met ’n intieme kennis van sy mense, bedrywighede en natuur. Hierdie wêreld is dan ook dikwels die ruimte vir daaropvolgende romans, toneelstukke en televisiereekse.

    Droomdelwers is oorspronklik in 1996 as Soutmansland, ’n televisiereeks in opdrag van die SAUK, geskryf.

    2. AFDELING A: VASLEGGING VAN DIE INHOUD

    Verhaalopsomming

    Letterkundebestudering kan nie plaasvind indien jy nie die storie gelees het nie. Maak doodseker dat jy die storie gelees het asook die verhaalopsomming in die leesgids voorin die skooluitgawe bestudeer het.

    Nadat jy Droomdelwers gelees en die leesgids noukeurig bestudeer het, kan jy die volgende invul om jou kennis van die storielyn te toets en vas te lê.

    Hoofstuk 1 (p. 3–34)

    SOUTMANSDAL

    1.1__________, die hoofkarakter, kom die Sondagoggend per bus op die 1.2 __________-stasie aan ná 1.3 __________ jaar in die Silwerkruis-tronk in die Vrystaat. Haar ma se broer, oom 1.4 __________, kom haal haar die oggend en hul vertrek na die groot huis by die 1.5 __________ Soutmyn in die dorpie 1.6 __________.

    1.7 __________ se tweede vrou, 1.8 __________, en haar ma, 1.9 __________, ontvang hul met ’n spesiale middagete.

    Die Bonthuys-gesin kom groet vinnig en Phil gaan roep 1.10 __________ wat met haar lappoppe in die stuurkajuit van die stootskraper by die 1.11 __________ speel.

    Aan die middagetetafel is Sielie baie sku, maar streel tog later haar suster, 1.12 __________, se arm. Mara blaker uit dat almal weet dat Leendra haar 1.13 __________ vermoor het.

    Leendra gesels die Sondagmiddag met haar oom in die studeerkamer oor haar toekoms. Sy wil graag met haar 1.14 __________ ’n besigheid begin. Phil het haar pa, 1.15 __________, se aandeel in die soutmyn uitgekoop en daarna het Hendrik die 1.16 __________ in die Kleinkloof gekoop en hulle het daarheen verhuis.

    Leendra is baie ontsteld toe sy hoor haar ma se 1.17 __________ is deur ’n handelaar van die Kaap gekoop. Sy storm by die huis uit en gaan sit op die 1.18 __________ waar sy as kind vissies gevang het. 1.19 __________ kom daar aan en probeer haar kalmeer.

    Leendra stap teen 1.20 __________ terug en rook ’n sigaret voor 1.21 __________ se kafee, waar sy vir Boeta kry. Hy nooi haar in en hulle praat oor Sielie, die 1.22 __________ en die 1.23 __________.

    Leendra sê 1.24 __________ het nie gehou van haar verhouding met 1.25 __________ nie en het ’n aandeel aan die gebeure gehad.

    Sondagaand lê Leendra in haar bed en dink aan die 1.26 __________ en hoe sy na 1.27 __________ verlang het. Sielie bring haar 1.28 __________-lappop om by Leendra te slaap. Leendra skrik die nag wakker met die herinnering van ’n 1.29 __________ wat voor die ontploffing by haar pa was.

    VLAKTEVLEI

    Pastoor 1.30 __________ Killian kondig die Sondagoggend in die kerk aan dat hy na die 1.31 __________-gemeente in 1.32 __________ beroep is en vra vir die gemeente se voorbidding, want hy moet binnekort besluit. Die gemeente is 1.33 __________ oor die nuus.

    Gerald stap later die Sondagmiddag see toe, waar hy 1.34 __________ ontmoet en haar probeer kalmeer. Later besoek hy en sy vrou, 1.35 __________, die siek ant Gertie Syster.

    Kêppies stap na ant Sweetie se kafee en sien hoe Phil met Leendra aankom. Hy besluit hy sal in 1.36 __________ op die skoolterrein gaan woon wanneer sy seun-hulle weggaan.

    Teen skemer gaan drink hy en 1.37 __________ nagmaalwyn in die kerk. Gerald betrap hulle daar en vra uit oor Leendra.

    Kêppies sê Hendrik het self die 1.38 __________ by die steengroef gebou. Eendag het ’n ontploffing die huis uitmekaar geskiet en Leendra en Sielie se ma en pa is dood. Mense sê dit was gas, maar hy sê dit was 1.39 __________. Daardie aand het Leendra haar kêrel, 1.40 __________, by die 1.41 __________ doodgeskiet. Die mense meen sy wou eintlik vir Redelinghuys doodskiet.

    Die Sondagaand werk Gerald in die 1.42 __________. Jamaina kom binne om te hoor wanneer hy huis toe kom en hulle bespreek sy besluit om Atlantis se beroep te aanvaar.

    DIE HOTEL

    Die Sondag 1.43 __________ gesels Gilbert met sy pa, 1.44 __________, oor sy plan om ’n 1.45 __________ te ontwikkel waar 1.46 __________ nou lê.

    Gilbert se ma, 1.47 __________, en suster, 1.48 __________, kom tuis nadat hulle 1.49 __________ in die 1.50 __________ gaan doen het.

    [Hoe het jy gevaar? ____/50 punte]

    Hoofstuk 2 (p. 35–60)

    SOUTMANSDAL

    In die oggend kyk Leendra hoe oom Phil en 2.1 __________ saam met die werkers sout skraap. Sy vra toestemming om met die bakkie 2.2 __________ toe te ry om haar bestuurslisensie te hernu. Bontie nooi Leendra vir 2.3 __________. Hy sê ook dat die soutpanne al hoe meer 2.4 __________ en hulle moet kyk om ’n 2.5 __________ in te kry om te kom kyk.

    Sielie sit agter ant Sweetie se kafee en sy maak ’n 2.6 __________-pop. Ant Sweetie gaan roep 2.7 __________ waar hy op die trappie sit en sy 2.8 __________-kaartjie krap.

    2.9 __________ arriveer dan in ’n rooi viertrekbakkie van die Kaap. Hy koop 2.10 __________ en vra waar die 2.11 __________ in haar rotstuin vandaan kom. Koster sê dit kom van die Du Preezs se plaas, 2.12 __________.

    Leendra kom by ant Sweetie aan en is vies oor die padvark wat haar amper omgery het. Sy vra of 2.13 __________ wil saamry Dwarsmansdal om haar lisensie te hernu.

    Kêppies dink aan wat 2.14 __________ hom vertel het van die planne om 2.15 __________ te ontruim vir ’n vakansieoord.

    Sielie speel in die 2.16 __________. Haar 2.17 __________-pop troos haar nuwe 2.18 __________-pop dat sy nooit weer tronk toe sal gaan nie.

    Mara vertel vir Lucia in die soutmynkantoor dat sy ’n oproep gekry het van 2.19 __________ om te sê haar kleinseun, 2.20 __________, is ’n geoloog in die Kaap. Toe Lucia sê dat sy Leendra na die poskantoor en bank op Soutmansdal gestuur het, sê Mara dat Leendra nie met geld vertrou moet word nie.

    Die middag voor die 2.21 __________ word Leendra weer deur Samuel se rooi bakkie vol modder gespat. Koster is ook daar om in die geheim 2.22 __________ te koop. Leendra

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1