Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Tienerharte 1: Hartklop
Tienerharte 1: Hartklop
Tienerharte 1: Hartklop
Ebook162 pages2 hours

Tienerharte 1: Hartklop

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

Vandat Megan kan onthou, maak haar broer se beste vriend, Dewald, haar knieë lam. Nou is Stefan en Dewald op universiteit en slaan glo al die meisie se voete onder hulle uit. Sy is seker daar is al ʼn geheime ondersteunersgroep op kampus gestig vir meisies wie se harte deur die twee gebreek is. Gedurende die Desembervakansie op Paternoster sukkel Megan al hoe meer om haar gevoelens weg te steek. Maar haar oorbeskermende broer sal nooit toelaat dat daar iets tussen haar en Dewald gebeur nie.
Vir ’n groot gedeelte van Dewald se hoërskoollewe het Megan elke aand die hoofrol in sy drome gespeel. Eers was sy net Megan, sy beste pel se kleinsus, maar elke jaar moes hy toekyk hoe sy uit haar awkward stages groei en net mooier en mooier word. Maar Guy Code 101, soos ons almal weet, sê jy date nie jou beste pel se kleinsus nie . . .
Hierdie romantiese reeks met heelwat avontuur, aksie en hartstog sal lesers vasgevang hou tot die laaste bladsy!
LanguageAfrikaans
Release dateFeb 1, 2016
ISBN9780798171564
Tienerharte 1: Hartklop
Author

Cecilia Steyn

Cecilia Steyn is die trotse ma van twee pragtige seuns en woon in Klerksdorp, Noord-Wes. Deesdae as sy nie lees nie, skryf sy. Sy is op 9 September 1974 in Welkom in die Vrystaat gebore, die jongste van drie kinders. Na skool skop sy haar loopbaan af in die kleinhandel Apteekbedryf. Vandag is sy die takadministreerder van HealthPharm Wilkpoppies. Op die dappere ouderdom van 40 probeer sy in 2014, onder die mentorskap van haar broer en bekende skrywer, Fanie Viljoen, vir die eerste keer haar hand aan die skryfkuns. Op 9 Januarie 2015 verskyn haar eerste kortverhaal, "Evan se Pizza", in die Vrouekeur, en in 2015 is haar eerste jeugromans aanvaar vir publikasie.

Read more from Cecilia Steyn

Related to Tienerharte 1

Titles in the series (4)

View More

Related ebooks

Related articles

Reviews for Tienerharte 1

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Tienerharte 1 - Cecilia Steyn

    Cecilia Steyn

    Hartklop

    TIENERHARTE 1

    Human & Rousseau

    Vir Marius

    — C. S.

    Megan

    AI, MA. MA MOES NIE, sê ek toe ek my tas in die kamer neersit. Ek glimlag. My ma het sowaar vir my nuwe beddegoed en nuwe gordyne gekoop en my saai ou meubels ’n welverdiende lagie wit verf gegee.

    Ek streel oor die sagte wit duvet met pienk en pers satynskoenlappers. Dis pragtig. Op my spieëlkas, langs ’n foto van my ma, pa, broer Stefan en myself, staan ’n potjie varsgeplukte rose.

    Dankie, dit lyk nes ’n prentjie uit ’n boek, sê ek en gee my ma nog ’n soen op haar wang.

    Ag, my kind, ek sien jou heeltemal te min, ek moet jou mos ’n bietjie bederf, sê Ma terwyl ek my skouers optrek en diep inasem. Dis so lekker om by die huis te wees. My ma het klaar my vensters wyd oopgegooi sodat ’n ligte seebries nou deur my kamer trek.

    Pak solank jou tas uit, dan gooi ek vir ons iets in om te drink, sê Ma. As jy klaar is, kom kombuis toe.

    Ma se voetstappe verdwyn in die gang af terwyl sy saggies neurie. Sy is duidelik bly een van haar kinders is al by die huis vir die Desembervakansie.

    My ma bly al die afgelope twee jaar, vandat sy en my pa geskei is, op Paternoster. Sy het vir haar ’n oulike kliphuis met blouraam-vensters gekoop. Die plek laat my aan ’n huis in ’n sprokiesverhaal dink, al verskil is dat die huis ’n asemrowende see-uitsig het.

    Sy en my pa het besluit dit sal beter wees om elkeen sy eie gang te gaan en ons kinders die alewige bakleiery te spaar. As hulle nie oor my pa se lang ure op kantoor vasgesit het nie, was dit die veranderinge aan die huis, of watter kleur motor hulle moet koop. Op die ou einde was elke besluit wat geneem moes word net ’n toutrekkery.

    Om die besluit vir my ma en pa maklik te maak, het ek gekies om in Johannesburg by my pa te bly en skool daar klaar te maak. Ek het graad elf onder die knie en volgende jaar is ek in matriek.

    My broer, Stefan, is na skool Stellenbosch toe om regte te swot. Hy het so pas sy tweede jaar voltooi. Meer as een akker het al op sy kop geval, so hy is deur en deur ’n Matie.

    Ma het niks gesê nie, maar Stefan sal seker môre kom. Ek hoop hy bring ’n vriend saam. Ek het een spesifieke vriend in gedagte. Dewald Malan. Vandat ek kan onthou, is ek verlief op Dewald.

    Hy het eendag saam met Stefan by ons huis aangekom toe hulle al twee in graad agt was. Hulle het aan ’n wetenskapprojek gewerk en ek het in die geheim kort-kort vir hom geloer, of sommer uit my eie uit vir hulle koeldrank en koekies aangedra. Ek het toe al gedink hy’s die mooiste ou op twee bene.

    Ek het sy naam my hele huiswerkboek vol gedoodle en solank my handtekening as Megan Malan geoefen. Agterna het ek ander prentjies daaroor gekrap sodat niemand dit kan sien nie.

    Van daardie dag af is hy en Stefan onafskeidbaar. Hulle het alles saam gedoen en nou, op universiteit, slaan hulle glo al die meisies se voete onder hulle uit en vry hulle dat die akkers val!

    Dit sal my nie verbaas as daar al ’n geheime ondersteunersgroep op kampus gestig is vir meisies wie se harte deur die twee gebreek is nie.

    Die oorvol tas kreun toe ek hom op die bed sit. Met moeite trek ek die ritssluiter versigtig oop en daar in die middel van my klere, binne-in ’n handdoek, is my waardevolste besittings toegevou soos ’n baba in ’n kombersie: My boeke.

    Ek beplan om die vakansie al die classics te lees, soos Jane Eyre en nog ’n paar ander. Pride and Prejudice kry ’n spesiale plek op my bedkassie reg langs my kopkussing. Dis beslis eerste op my lysie.

    Tablette en e-boeklesers is die rage, maar ek is outyds in daai opsig. Ek hou nog daarvan om ’n boek te voel en te ruik en in my hande vas te hou.

    Ek trek vinnig my kort, afgesnyde denim en T-hemp aan en wals kombuis toe vir daardie beloofde glas koeldrank.

    Hallo, Sus! Groot hande gryp my van agter net toe ek die kombuis binnestap en draai my in die rondte. Dis Stefan. Hy was nog altyd die beste broer waarvoor ’n mens kon vra.

    Nee man, Stefan, jy gaan my laat val! Stefan sit my neer en krap my hare deurmekaar, nes hy altyd gedoen het toe hy nog op skool was. Ek steier agtertoe en verloor my balans, net om deur nog ’n paar sterk hande gevang te word.

    Versigtig, keer ’n bekende stem.

    My binnegoed voel soos iets wat so pas deur ’n wasmasjien se spinsiklus verrinneweer is. Dewald! Ek vat verleë aan my hare wat Stefan nou net omgekrap het en probeer dit plat stryk met my vingers. Ek kan voel hoe ’n blos oor my wange kruip.

    Dankie, goeie save, sê ek toe ek omdraai en verdrink in die twee mooiste blou poele, oë wat ek ken vandat ek twaalf jaar oud is. Maak jou mond toe, Megan, en onthou om asem te haal, sê ek vir myself.

    Hei, sê Dewald.

    Hei jouself, dis ’n lekker . . . en voor ek hom kan vertel wat ’n lekker verrassing dit is, gryp Dewald my vas asof hy my jare laas gesien het. Eintlik het hy my maande laas gesien. Ses maande om presies te wees. Ek kla natuurlik nie oor die spontane omhelsing nie.

    Nee, ek gebruik die geleentheid om sy sterk lyf goed te bevoel en sy lekker reuk in te asem. Aangesien hy my nou so vasdruk, hoekom nie? Ek voel soos ’n blinde wat ’n padkaart probeer lees en vat beslis skelm notas.

    Stefan gluur my aan. Hy lig sy wenkbroue vir my asof dit ék is wat iets onbehoorliks aangevang het, maar voor hy iets kan sê, los Dewald my heeltemal te vinnig.

    Ek neem aan daai wenkbroue is ’n geheime kode vir arme Dewald.

    Teleurgesteld staan ek so ’n paar treë weg. Hy maak ongemaklik keel skoon en gaan staan aan die ander kant van die kombuistafel. Asof hy kilometers tussen ons wil sit.

    Sjoe, lyk my Dewald het jou gemis, Megan, sê Stefan geamuseerd.

    Relax, paai Dewald en haal sy skouers traak-my-nie-agtig op. So wat daarvan as ek het? daag Dewald vir Stefan uit. Ek het Megan net lanklaas gesien, oukei? voeg hy by.

    My hart sink in my skoene. Iets in my wens Dewald wil een oggend opstaan en besef ek is die meisie van sy drome. Dat hy nooit weer na een van daardie Stellenbosch-floskoppies sal kyk nie.

    Hande tuis, pel, brom Stefan. Megan is nog veels te jonk om na ouens te kyk, voeg hy by en gee Dewald ’n vuil kyk. Jy’s anyway vir haar soos ’n broer, ou, sê Stefan en vryf sowaar weer my hare deurmekaar.

    Ek wonder of dit regtig is hoe Dewald oor my voel. Asof ek sy kleinsus is. Dit verduidelik ten minste die drukkie wat ek nou net gekry het.

    In Stefan se oë sal ek seker altyd ’n laerskooldogtertjie met ’n haasbek bly. Hy sal dit nooit aanvaar dat ek ook grootword en dalk in ouens kan belangstel nie. Vir hom is ek nog ’n eiland wat ongerep lê en wag om ontdek te word en dit is beslis wat ek die vakansie sal wees. Miskien is dit tyd dat Megan Bruwer, A.K.A Eiland Megan, ontdek moet word.

    Ek glimlag geheimsinnig en die woorde wat my pa vir my gesê het voor ek uit Johannesburg weg is, kom weer by my op: Leef ’n bietjie, Megan, jy is heeltemal te stil en rustig vir jou ouderdom. Doen die vakansie iets lekkers, iets onbeplans. Gaan op ’n avontuur, raak verlief. Wees veilig, maar belowe my net jy sal jou Desembervakansie geniet!

    Min het my pa geweet ek het al lankal my hart verloor.

    Dewald

    VIR ’N GROOT GEDEELTE van my hoërskoollewe het Megan elke aand die hoofrol in my drome (jip, daai tipe drome) gespeel. Eers was sy net Megan, my beste pel se kleinsus, maar vandat ek in graad twaalf was, het my opinie van haar begin verander.

    Elke jaar moes ek toekyk hoe sy uit haar awkward stages groei en net al hoe mooier word. Maar Guy Code 101, soos ons almal weet, sê jy date nie jou beste pel se kleinsus nie.

    Ek het my nou sommer vir Stefan vererg. Hy hoef my nie so aan te gluur om sy punt te bewys nie. Ek verstaan Megan is nog ’n bietjie jonk. Heeltemal te jonk om ’n ou op universiteit te date. As dit my sus was sou ek ook so oorbeskermend gewees het, maar sy opmerking dat ek en Megan soos broer en suster is, kon nie meer verkeerd gewees het nie.

    Ek het ’n sus, Lisa, en dit wat ek vir Megan voel kan beslis nie met my gevoelens vir Lisa vergelyk word nie. Dit sal ek natuurlik nooit vir Stefan sê nie.

    Ek wens ek kon Megan nog bietjie langer so vasgehou het. Daardie vervlakste rekkie uit haar sagte hare haal en dit los skud sodat dit oor haar skouers val, nes ek daarvan hou. Maar dit sal ek vanaand doen, in my drome natuurlik.

    MEGAN EN TANNIE KATRIEN stap vooruit stoep toe. Ek kan nie glo Megan kruip so onder my vel in nie. Voordat ek by die kombuis uitstap, druk Stefan sy hand teen my borskas om my te stop.

    Ek is ernstig, nie Megan nie. Die laaste ding wat sy nou nodig het, is ’n kêrel wat ver van haar af bly en haar aandag van haar skoolwerk aftrek. Netnou staan en raak sy verlief, Dewald, en jy weet wat gebeur as onskuldige meisies verlief raak op ouens soos ons. Sy moet nou op haar matriekjaar fokus. Dis ’n belangrike tyd in haar lewe.

    Stefan hou vir my sy hand uit soos ’n vredesoffer. Asof ek ’n eed moet aflê dat ek vir Megan sal uitlos. Ek vat sy hand en skud dit om te wys ek verstaan.

    Ek kan hom seker ook nie blameer nie. Hy, van almal, weet hoe erg dit op universiteit gaan. Almal vry in die bondel en dink niks daarvan nie. Onskuldige pret.

    My gedagtes gaan na een spesifieke meisie. Elaine. Ek stoot die gedagte aan haar na my agterkop en probeer dit daar hou.

    Ek gaan sit senuweeagtig op die rottangbankie op die stoep en Megan kom sit sowaar langs my. Nie dat ek kla nie, sy gee duidelik nie om oor haar broer se reëls nie en as ek mooi daaroor dink, moet ek miskien ook nie.

    Dit voel of die temperatuur op die stoep so pas tien grade gestyg het.

    Wanneer het julle gekom? vra Megan vir my terwyl sy al hoe breër glimlag en vir Stefan totaal en al ignoreer.

    Ons het gisteraand deurgery, sê ek. Ek het skielik ’n helse probleem om te konsentreer met Megan se kaal bobeen wat elke af en toe aan

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1