Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Meer as moord
Meer as moord
Meer as moord
Ebook272 pages4 hours

Meer as moord

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

“Ons het met ’n fanatikus te doen. Iemand wat jou uitspraak ter harte geneem het en volgens sy eie oortuiging en vertolking gaan optree het. Soms, Pastoor kan die bose ook in die kleed van ‘n bekeerde in ‘n kerk beweeg. Daar is mense wat boos op hierdie aarde aankom. Jy kan hom of haar nie verander nie. Dis slegte saad wat net bose vrugte kan voortbring…”

LanguageAfrikaans
PublisherHugo le Roux
Release dateFeb 23, 2017
ISBN9781386560197
Meer as moord
Author

Hugo Le Roux

Hugo Le Roux, alias van Gert Basson se eerste verhaal word in Die Jongspan gepubliseer terwyl hy in standerd drie is. Geboortenaam Gert Cornelius Basson  Nasionaliteit Suid-Afrika  Beroep Joernalis, redakteur, skrywer. Hugo le Roux Hand van vergelding Bloedfamilie Bloedoffer vir Lilith Meer as moord Kamerling – moord op die drumpel Helkruin Terwyl die krokodil sing Skrywersname: Gert Basson Dirk de Beer Lindeque de Beer Cor Lindeque Hugo le Roux Danz Cloete Chris Sasner Gert Cornelius  

Read more from Hugo Le Roux

Related to Meer as moord

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Meer as moord

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Meer as moord - Hugo Le Roux

    HOOFSTUK 1

    Ruk Edelingh kyk met afgryse na die verminkte liggaam op die Persiese mat. Langs hom sluk Steen Coetzer hoorbaar. Ruk haal tydsaam die plastiekhandskoene uit ’n houer en trek dit aan. Lelik, nè, Inspekteur?

    Sy nuwe assistent met die deurmekaar bos rooi hare knik net. Ruk sak op sy hurke langs die liggaam neer. Versigtig stoot hy die welige, swartgrys kuif van die man se breë voorkop weg. ’n Rukkie lank hou hy dit so en laat sak dit dan weer versigtig. Hy draai die kop effens na regs sodat hy dit ook van agter kan beskou. Geen koeëlwonde nie. Hy lig die pante van die donkergroen Harris-tweed-sportbaadjie weg van die bolyf en laat sy oë oor die roomkleurige hemp gly. Die donkergroen krawat met die bont ontwerp hang komieklik oor die bebloede kraag van die hemp. Die voorkant van die hemp is plek-plek bloed­be­vlek. Hy laat sak die pant en kyk af na die beskuit­kleurige sportbroek en skoene. Tot by die knieë is die kledingstuk een bloedvlek met fyner spatsels na onder.

    Agter hom hoor Ruk dat die distriksgeneesheer opgedaag het. Hy kom met ’n steun orent en groet die effens gesette man wat, dokterstas in die hand, oorkant hom kom staan. Haai, Dok. Dis ’n lelike een dié.

    Dokter Deejay Morkel kyk oor sy halflensbril na die groot speurder. Moord is áltyd lelik, ou Rukkie...en deesdae is daar al meer van hulle, nè? Hy glip die plastiekhandskoene oor sy buitengewoon groot hande en sak steunend op sy knieë langs die lyk neer. Die vroeë oggendson wat in ’n lang paneel deur die een venster val, weerkaats van die geneesheer se gladde swart hare wat dig teen sy kop gekam is.

    Ruk en Steen kyk hoedat hy vinnig en profes­sioneel te werk gaan. Hy draai die liggaam heeltemal op sy rug en vir die eerste keer het hulle ’n duidelike beeld van die dooie se gelaatstrekke. Ruk herken dadelik die gesig wat hy al dikwels in tydskrifte en koerante gesien het – Ralph Spaarwater. Hy is...wás een van die bekendste TV-draaiboekskrywers in die land. Die swaar gelaats­trekke is nou bleek en strak. Die kepe langs die dikkerige neus en verby die netjies geknipte grys snor en mond wat in ’n pyn-grimas vertrek is, verleen nou ’n ruheid aan die eens aantreklike gesig.

    Steen praat vir die eerste keer. Waarom die arme ou se hande afsny? Dis verdomp pervers, Kaptein.

    Ruk knik ingedagte. Hoe lyk dit, Dok?

    Die bleekblou oë peil hom oor die halfmas­brilletjie. Blêddie sad, my ou. Hy kom met ’n gedempte kragwoord orent. Hy was een van die beste...Het jy ooit sy reeks oor Cetshwayo gesien? Dit was...Maar jy wil nie weet oor sy verlede nie, nè? Dit kom later. Ek sal sê hy is meer as vier en twintig uur gelede vermoor.

    So gedink, sê Ruk en wys na die mat waarop die liggaam lê. Byna geen bloed nie en die bloed aan sy klere is gestol...Die moord is nie in hierdie vertrek gepleeg nie. Laat my jou verslag kry sodra dit gereed is, Dok.

    Hy draai na die vrouespeurder van Forensies. Wanneer julle hier klaar is, kan julle die lyk maar verwyder, Sersant.

    Hy kyk na die ander geregsdienaars wat op die agtergrond in die ruim sitkamer staan. Wie het die liggaam gekry en wie was eerste op die toneel?

    ’n Uniformkonstabel tree vinnig na vore. Ek het dit aangemeld, Kaptein...konstabel Stillerman van die Rif polisiestasie. Dis nie ver van hier af nie en—

    Ek weet waar dit is, Konstabel. Wie het dit aangemeld en hoe laat?

    Dit was twintig oor agt vanoggend, Kaptein, en die huishoudster, mevrou Appel, het ons geskakel...Dis mevrou Appel op die stoel, Kaptein.

    Ruk draai na die gryskopvrou op die groot geblomde vleuelstoel. Haar hande is wringend op haar skoot en die donker ogies kyk onrustig van die een geregsdienaar na die ander. Hy loop nader en gaan sit op sy hurke by haar. Hy plaas sy hand sagkens oor hare. Goeiemôre, Mevrou. Ek weet dit moet ’n skok vir u gewees het om meneer Spaarwater só te gekry het...Maar dink u u sal nou met my daaroor kan praat? Net ’n paar vrae?

    Die skraal vroutjie knik en die donker ogies bly nou op hom gefokus. Vra maar, Meneer...Ja, dit was ’n verskriklikheid om arme Ralph so te kry...Hy was soos ’n eie kind, weet u? Na ou mevrou Spaarwater se dood in agt-en-negentig het ek maar aangebly en vir hom gesorg...die arme Ralphie.

    U woon dus in?

    Nee, Meneer. My seun Michael kom laai my elke oggend af en in die middae op. Hy’s in die computer-besigheid my Michael...Ralph het hom die kursus laat loop daarin en nou... Die trane vloei oor die skraal wange.

    Hoe laat het u vanoggend op meneer Spaarwater se...op hom afgekom?

    Dit moes net ná agt gewees het, want Mickey laai my gewoonlik so vyf voor agt hier af. Ek’t net my jas en hoed opgehang gehad in die kas in die scullery. Ek het dadelik hierheen gekom om die gordyne oop te trek...Ek doen dit altyd eerste, want Ralph het daarvan gehou dat al die vertrekke oop en sonnig moes wees. Eers het ek hom nie dadelik gesien nie, maar toe ek omdraai van die venster af toe... Sy laat sak haar kop in haar hande.

    Ruk staan op. Het iemand al mevrou Appel se seun geskakel?

    Ja, Kaptein, antwoord Stillerman. Hy’s op pad.

    Ruk laat rus sy hand op haar smal skouer. Sodra Michael hier is, kan hy u huis toe neem, Mevrou. Ons sal later weer gesels as dit nodig is.

    Hy wink Stillerman nader. Ek wil ’n wag by die hek hê en sorg dat niemand onnodig in die tuin of oprit rondloop of onnodig hier inry nie.

    Ek sal eers met my bevelvoerder moet—

    Kry hom aan die lyn. Ek sal self met hom praat. Julle manne sal hier moet kom uithelp...dis buitendien in julle wyk.

    Hy kyk hoe Spaarwater gesak en uitgedra word, dan draai hy na die rooikop-inspekteur toe. Steen, kry vir inspekteurs De Meyer en Galiem hier. Ons sal hierdie huis met ’n fynkam moet deurgaan. Ek wil hulle tjop-tjop hier hê.

    Die nuus oor die moord op een van Suid-Afrika se voorste draaiboekskrywers is reeds landwyd bekend toe Ruk en sy span vieruur die middag terugkeer op kantoor. Hy moes ’n vinnige persverklaring op die grasperk van die vermoorde se huis uitreik. Op die talle vrae het hy so kalm moontlik die ou geykte antwoord gegee: Geen verdere kommen­taar, dames en here.

    Hy sak moeg agter sy lessenaar neer. Steen bly huiwerig langs sy eie lessenaar staan. Hy is nog nie heeltemal op sy gemak met die ou grote nie. Te oordeel aan sy reputasie kan hy ’n derduiwel wees en hy’t nog nie heeltemal die dood van sy vorige assistent en makker, sersant Wietsman Blou, verwerk nie.

    Ruk kyk na die jongman wat so half onseker langs sy lessenaar staan. Hoe lyk dit, wil jy nie iewers vir ons ’n koffietjie gaan kry nie? My beker is in die kombuis...die afgetjipte blou emalje een...Vat jy sommer ou Wiets s’n...dis die oranje een. Hy skud sy kop net liggies toe die jongman hom bedank en die kantoor vinnig verlaat.

    Die beker staan tog net daar...Ou Wiets...hoe sou hy op vanoggend se toneel gereageer het? Altyd iets pittig te sê gehad ongeag wát die situasie was. Sy bekkigheid het hom al ’n paar keer by meerderes in die moeilikheid laat beland. Hy blaas sy asem lank en sugtend uit. Sal maar sien hoe die nuwe seun die leisels opneem.

    Hy vryf oor sy oë en voel die tamheid deur hom spoel. Hel, maar hy’s moeg. Hy kan nie onthou wanneer laas hy behoorlik geslaap het nie. Dis die een grusaamheid op die ander en die een van vanoggend...Hy trek die koevert nader wat hy in die huis met items gevul het wat hulle moontlik met die ondersoek sal kan help.

    Hy sprei die inhoud voor hom oop. Daar is nie veel nie. ’n Sakboek met name, adresse en telefoonnommers, ’n dagboek, ’n fotoalbum wat ’n beeld gee van sy kleintyd af tot en met die laaste toekenning wat hy vir ’n TV-drama ontvang het. Geen foto’s van ’n vrou of kinders nie. Hy weet dat Spaarwater ’n oujongkêrel was wat altyd ’n ander vrou aan die arm gehad het. Klaarblyklik het nie een van hulle ooit by hom ingetrek of was die verhouding so ernstig dat hy foto’s van hulle gehou het nie.

    Steen kom in met die stomende beker koffie en ’n pak Ouma karringmelkbeskuit. Ruk neem twee. Wat jy waar kry?

    Dit het sommer net daar gestaan, Kaptein en my ouma het altyd gesê: ‘Optelgoed is jakkals...’

    Ruk lag hardop. Jy is ou Wiets se beker waardig, mater. Wietsman sou trots op jou gewees het. Jy beter die pak wegsteek as jy nie wil hê alle hel moet hier uitbreek nie. As ek dit nie mis het nie, behoort daai pakkie aan inspekteur Willemse en hy raak moeilik as sy goed wegraak.

    O klíp, Kaptein...daai Willemse is ’n terror. Hy gaan bêre die doos in die onderste laai van die liasseerkabinet agter hom en pak ’n klompie lêers bo-oor.

    Ruk lag en doop die eerste beskuit in sy beker. Toe die laaste beskuit verorber is, sê hy: Gesteelde beskuit behoort lekkerder te smaak, weet jy, Stenie. Nie dat dit nie lekker was nie, maar ek sweer my ouma se beskuit was lekkerder.

    Gekoopte tuisgemaakte goed smaak nooit soos die regte produk nie, Kappie...e...Kaptein.

    Kappie is oukei...Ou Wiets het my soms sommer Chief genoem. Kappie is oukei, seuntjie. Wie het Spaar­water so gehaat dat hy of hulle sy hande afsny en hom doodmartel? Waarom sy hande en—

    Omdat hy daarmee skryf. Dalk het hy iemand te na gekom in een van sy stories. Daar’s ’n klomp weirdo’s daarbuite.

    Dan weet jy. Ek dink jy’s reg...die hande het te doen met sy skryfwerk. Vind uit waar kan ons al die draaiboeke of wat hulle ook die TV-stories noem, in die hande kry. Laat maak kopieë vir elkeen van ons. Ek wil dit vanaand nog hê...ons gaan stories lees. As jy uitgevind het waar dit is, stuur dan vir De Meyer om dit te gaan haal.

    Steen staan op. Daai De Meyer gaan niks hiervan hou nie. Hy wou juis vanmiddag vroeg tjaila...warm date of iets.

    Sy alie – hy kan anderdag gaan vry. Vanaand lees hy stories.

    Die telefoon skel en Ruk tel die gehoorstuk dadelik op. Edelingh.

    Dis die distriksgeneesheer. Jy’t ’n lelike een hierdie keer gekry, Rukkie. Hierdie arme man se hande is afgesny en hy’s net so gelaat om dood te bloei...Hy’s dood aan bloedverlies en doodeenvoudig aan skok. Kan jy jou die verskriklike lyding indink? Jy het met ’n monster te doen, Ruk.

    Die speurder druk sy vingers deur die digte bos bruinblond hare wat tot ver agter teen sy nek af kartel. Asof ek dit nodig het, Dok...Dis ’n bose dêm dorp dié. Dankie dat jy geskakel het. Ek kry dan seker môreoggend jou volledige verslag. Hy lui af en tel die sakboekie op. Hy kyk na die lang lys name en nommers. Hier en daar herken hy ’n bekende naam in die toneel- en filmwêreld. Wie van hulle is dalk die moordenaar?

    Steen kom laggend in. De Meyer noem jou die mooiste name, Kappie. Ek dink daai man aanbid die grond waarop jy loop.

    Ruk glimlag. Dit gebeur nogal van tyd tot tyd. Hy hou die boekie uit na Steen toe. Vind vir my uit wie het die laaste drama of reeks van Spaarwater vervaardig, skakel hom of haar en sê ek en jy kom dadelik oor. Hy leun oor en skakel die interkom aan. Duke, hardloop gou hiernatoe.

    Galiem is binne oomblikke oorkant Ruk se lessenaar. Ek wil hê jy moet ’n span saamstel en elkeen in daardie straat gaan ondervra – ook die mense wat agter Spaarwater gewoon het. As iemand laatnag in die straat genies het, wil ek dit weet. As daar ’n voertuig was, wil ek weet watter fabrikaat en as een of ander insomniak iets verdag gesien het, wil ek—

    Inso...wát, Cap’n?

    Agter hom lag Steen met sy hand oor die mondstuk van die foon.

    Iemand wat aan slapeloosheid lei. Daar ís glo sulke mense...Loop snags rond of loer deur vensters na wat daarbuite in die nag aangaan.

    I knew that! sê Duke met ’n vies kyk na Steen wat nou gedemp met iemand praat. Will do, Cap’n. Ek kry sommer nou ’n team op die job. Maar die manne gaan moer strip. Almal is lekker moeg vir die double shifts. Dalk moet die Diens dit oorweeg om net imsonia-dingese aan te stel. Hy loop toe Ruk hom wegwuif.

    Steen kom nader. Ons het ’n afspraak met Michiel Doubell van Doubell Films. Hy het byna al Spaarwater se stories verfilm, ook die een wat glo binnekort in aanmer­king gaan kom vir ’n toekenning in Frankryk. Hy wag vir ons in sy kantoor. Dis in Midrand. Ons sal moet wikkel, die verkeer is...

    Hy word onderbreek deur ’n klop aan die oop deur. Hulle kyk na die lang, sonblonde meisie in die opening. Die opgekamde kuif laat haar nog langer voorkom as wat sy is. Die lewendige, donkerbruin oë beweeg vinnig van Steen na Ruk. Daar is net ’n sweem van ’n glimlag om die rosige lippe. Sy tree behoedsaam na binne en Steen, wat nader aan haar is, kan nou die kuiltjie in haar ken net-net uitmaak. Hy kug en tree om sy lessenaar.

    Kan ek help...e...Juffrou?

    Dina Steyn van Arena. Sy steek haar hand na hom uit en hy voel die stewige greep toe hy haar hand skud.

    Steen Coetzer...inspekteur. Hy beduie half lomp na Ruk wat nou agter sy lessenaar opstaan. En dis kaptein Edelingh.

    O, dan’s ek by die regte kantoor...Ek wil graag met u praat oor die Spaarwatermoord, Kaptein. Sy hou haar hand uit na hom.

    Ruk neem die uitgestrekte hand en net soos Steen is hy beïndruk deur die meisie se stewige greep. Hy hou haar donker kykers met sy groenbruines. Ek is bevrees as u vir ’n onderhoud kom aanklop het, het u verniet gekom. Ek het niks by my persverklaring van vanmiddag te voeg nie. U sal maar soos al die ander verslaggewers moet wag totdat ons ondersoek verder gevorder is.

    U verstaan my verkeerd, Kaptein. Ek kom u inlig­ting gee wat moontlik lig op die ondersoek sal werp. U sien, ek het onlangs ’n diepte-artikel vir die tydskrif gedoen oor Ralph en sy werk.

    Juffrou as jy iets weet, sal ek dit waardeer as jy my dadelik vertel. Ons is onderweg na ’n belangrike afspraak.

    Aan die vernouing van haar oë kan hy sien dat sy haar vir hom vererg. Ek wil nie jou tyd mors nie, miskien moet ek liefs nou gaan en my inligting in die tydskrif plaas.

    Ruk byt op sy tande en afgemete vra hy: Juffrou, oor watter inligting beskik jy?

    ’n Oomblik staan hulle mekaar so en meet, dan kyk sy vlugtig na Steen en terug na die grimmige Ruk. Ek het twee weke aan die onderhoud met Ralph gewerk en in die tyd het ons mekaar redelik goed leer ken. Hy was ’n aangename en oop mens. Eendag...ek dink dit was hier teen die einde van die reeks onderhoude, het ek hom redelik terughoudend, ietwat afsydig gevind. Dit was al asof hy nie gekonsentreer het nie, nie meer so entoesiasties oor die artikel was nie. En u weet, die meeste mense is nogal gevlei wanneer Arena iets oor hulle plaas.

    Het hy gesê wat dit is wat hom kwel? vra Ruk.

    Eers heelwat later toe ek hom trompop gevra het wat skeel. Hy het so ’n gebaartjie met sy hande gemaak en gesê dat hy ’n ontstellende dreigbrief gekry het. Toe het hy gemaak gelag en gesê hy steur hom nie aan sulke twak nie, maar vir my was dit duidelik dat hy tog baie omge­krap was.

    Het hy vir jou gesê wat in die brief gestaan het of dit dalk aan jou gewys?

    Nee, Kaptein. Ek het hom gevra of hy dit by die polisie aangegee het en hy’t nee geantwoord. Sulke mense verdien nie soveel moeite nie, het hy dit afgemaak. Die kere daarna het hy dit blykbaar verwerk want ons onder­houd het normaalweg verloop. Sy kyk reguit na die offisier se streng gesig. Is dit van enige nut?

    Kan wees...maar dis vreemd. Ons het daardie huis met ’n fynkam deurgegaan vanoggend en nie een van ons het op iets naastenby soos ’n dreigbrief afgekom nie. Maar nietemin, dankie, juffrou Steyn. Ek sal u later weer kontak as dit nodig is en...jammer as ek netnou effens aan die kortaf kant was, maar...

    Sy lig haar hand om hom te keer. Ek begryp. Uit haar klein leersakkie wat oor een skouer hang, haal sy haar visitekaartjie. Daar’s my nommer. U kan my enige tyd skakel as u nog nadere besonderhede wil hê...Beter nog, ek sal more vir u ’n afskrif van my artikel stuur. Wie weet, dalk is daar net iets wat lig op die saak sal werp.

    Baie dankie...ek sien uit daarna.

    Sy groet en die volgende oomblik is dit net hy en Steen wat na mekaar aanstaar. Die sweem van haar parfuum ’n onsigbare band tussen hulle.

    HOOFSTUK 2

    Michiel Doubell is ’n groot fors man met ’n salpeter bokbaard sonder snor. Sy kop is eierdopkaal en sy wenkbroue digte grys boë bokant lewendige blou-blou oë. Die neus is groot en gekrom bokant ’n ewe groot, vriendelike, ietwat vlesige mond. Hoe kan ek tot hulp wees in die verskriklike saak, Kaptein? vra hy nadat hulle gegroet en plaasgeneem het voor sy reuse lessenaar van ligte hout.

    U het Spaarwater seker baie goed geken, meneer Doubell, aangesien u byna al sy films vervaardig het?

    Seker beter as enigiemand anders, Kaptein. Ons was meer as sakevennote, ons was vriende in die ware sin van die woord. En ek weet van geen vyand wat Ralph gehad het nie...Jaloesie, dit was natuurlik altyd daar. Maar in dié bedryf is dit algemeen. Maar móórd! Hy skud sy kop. Ek kan aan niemand dink wat so iets sou doen nie. Ralph was ’n vriendelike, opregte soort mens. Mense het van hom gehou.

    En tog, sê Ruk, is daar iewers iemand wat hom genoeg gehaat het om hom op so ’n uiters wrede manier om die lewe te bring. Is daar enige van sy stories waarin iemand of instansie te na gekom word? Het julle nie besware ontvang van...

    Wag! roep Doubell uit en pluk een van sy laaie oop. Hy bring ’n opgevoude vel papier te voorskyn en hou dit na Ruk toe uit. Ek en Ralph en ’n paar van die ander wat betrokke is by die nuutste produksie wat nou gebeeldsaai word, het dieselfde briewe ontvang...elkeen is met ander lettertipes aanmekaar gesit. Party se bewoording verskil, maar die boodskap is basies dieselfde.

    Ruk vou die brief oop en is bewus daarvan dat Steen nader leun om oor sy skouer te lees. In verskillende lettertipes wat uit opskrifte en advertensies geknip is, lees hulle die baie bekende woorde:

    Jy m aG die Naam Van die HERE

    jOu GOD nIe Ydellik geBRuik

    nie WANt Die HERE SaL

    Die Een wAt Sy NA AM YdElliK

    geBruIk Nie ONGESTRAF LaaT

    BLY nie

    Ruk vou die vel papier en steek dit in sy binnesak. U gee seker nie om as ek dit saamneem nie, nè?

    Michiel skud sy kop. Jy sal dieselfde of soortgelyke aanhalings kry by Alkmaar Beyleveld, Susan Ashton, Henri Potgieter, Clem Hofmeyer, en natuurlik het Ralph ook een gekry.

    Dis juis die probleem, sê Ruk. Ons kon nêrens so ’n boodskap in sy huis opspoor nie.

    Michiel vryf oor die knoetsige neus. Ek glo nie Ralph sou dit sommer laat rondlê het nie...Dis heel waarskynlik in sy kluis. Die groot muurspieël in sy slaapkamer versteek die kluis. Om dit weg te skuif, moet jy die middelste twee skroewe bo en onder na links draai. Hy trek ’n notablok nader en begin skryf terwyl hy praat. Hier’s die kluis se kode...Dit behoort vir jou ’n aandui­ding te wees van hoe naby aan mekaar ek en Ralph was en in hoe ’n mate ons mekaar vertrou het. Hy stoot die skeurvel oor na die speurder. Hy het ook die kode van my kluis gehad.

    Ruk kyk vlugtig na die kode en steek dit dan in sy sak. Sê my, meneer Doubell...

    Noem my Michiel – almal doen dit. In die vermaaklikheidswêreld dring ons nie aan op die formele aanspreekvorm nie.

    Dankie, Michiel...Wat is die betrokkenheid van die ander in die produksie?

    Wel, ek’s natuurlik die vervaardiger, Alkmaar Beyleveld is die regisseur. Henri Potgieter het die musiek vir die werk gekomponeer en Susan en Clem is die hoofrolspelers...O ja, byna vergeet ek, Surprise Dhlamini, hoof uitvoerende beampte van drama by SABC, het ook iets soortgelyks gekry.

    En die reeks...e...

    Die Gokker.

    Gokker?

    Dis ’n chancer, Kaptein, verduidelik Steen. Ek’t dit gaan naslaan...dis ’n ou ongebruikte woord, maar hy sê die ding nogal mooi, nè? Dit pas so reg by baie chancers wat ek ken – gokkers!

    Michiel glimlag. Juis. Ralph was altyd een om na iets anders te gaan soek – hetsy temas of woorde. Baie talentvol...dis alles só blêddie onnodig, so ’n vermorsing van wonderlike talent. Julle moet die vuilgoed aankeer...Ruk...Maar maak hom vrek voordat julle hom inbring...Tronkstraf sal geen doel dien nie...Niemand tevrede stel nie. Die trane in sy oë is geen toneelspel nie. Hy snuit sy neus in ’n groot blou sakdoek. Ek’s jammer...ek raak maklik emosioneel en Ralph...

    Ruk beduie met ’n gebaar van sy hand dat hy verstaan. Sê my, die reeks – ís daar baie lasterlikhede?

    Michiel snuif ’n paar keer en sit die sakdoek versigtig weg. "Daar ís vloekwoorde en ja...op ’n paar plekke word die Here se naam...e...gebruik. Die koerante het nogal ’n ding daarvan gemaak...Dis een van die Afrikaanse stukke op TV waarin

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1