Discover millions of ebooks, audiobooks, and so much more with a free trial

Only $11.99/month after trial. Cancel anytime.

Duiwelse Lêplek: ‘n Nefilim Riller, #1
Duiwelse Lêplek: ‘n Nefilim Riller, #1
Duiwelse Lêplek: ‘n Nefilim Riller, #1
Ebook420 pages6 hours

Duiwelse Lêplek: ‘n Nefilim Riller, #1

Rating: 0 out of 5 stars

()

Read preview

About this ebook

My naam is Steven Cabbott, en ek is 'n voormalige spioen met 'n donker verlede. Ek probeer verander, maar sommige gewoontes bly by jou, en doodmaak is een van daardie gewoontes.

  • WENNER: Pinnacle Book Achievement Award - Beste Riller (Somer 2018)
  • WENNER: Lesers se Gunsteling Boek Toekenning - Bronsmedalje: Fiksie - Bonatuurlike (2019)
  • FINALIS: Next Generation Indie Book Award - Paranormaal (2019)

Ek het onlangs demone begin sien en moes selfs teen ‘n paar veg. Ek vermoed dit het iets te doen met my kak mal ma. Sy het my pa vermoor toe ek jonk was, en beweer hy was 'n demoon. Ek het gedink sy is mal. Nou is ek nie meer so seker nie.

Ek het teruggekeer huis toe om die waarheid oor my verlede te ontdek, toe my ou vlam, Kate, my hulp vra. Ek het in sestien jaar niks van haar gehoor nie, maar ek skuld haar. ’n Geheimsinnige kultus het haar tienerdogter ontvoer, en ek is die enigste kans wat sy het om haar terug te kry.

Wat soos 'n eenvoudige saak gelyk het, verander in 'n veel groter stryd tussen lig en duisternis. Dit blyk dat beide die hemel en die hel my dienste wil gebruik, wat my tot 'n taamlike moeilike keuse dwing. Om sake te vererger, wil 'n gevalle engel 'n ongesonde romantiese verhouding met my hê en sal net nie nee vir 'n antwoord aanvaar nie. Of ten minste is dit wat ek dink, maar om eerlik te wees, ek het net 'n voorlopige greep op die werklikheid op die oomblik.

As jy van Jim Butcher, Michael Anderle, Shayne Silvers of K.F. Breene hou, sal jy mal wees oor die bekroonde "A Nefilim Riller"-reeks.

EVOLVED PUBLISHING BIED aan 'n intrige en opwindende blik binne 'n groot stryd tussen goed en kwaad, wat moontlik lei tot die Einde van Dae, met die eerste boek in die bekroonde "’n Nefilim Riller"-reeks. [DRM-vry]

D. Donovan, Senior Resensent, Midwest Book Resensie, sê: "Lesers wat 'n inspuiting van die bonatuurlike geniet eerder as 'n storie wat geheel en al op anderwêreldse kragte gebaseer is, sal net die regte mengsel van paranormale spanning en intrige waardeer wat hierdie riller tot lewe bring. .. ['n] aanskoulike, wen verhaal van 'n voormalige egpaar se konfrontasie met mekaar, en 'n breër dreigement wat die leser van die begin af aangryp en byna onmoontlik blyk te wees om neer te lê. Riller-gehore sal Duiwelse Lêplek meer as ’n kerf bo ander in die genre vind.” [Keuse van die Maand - September 2018]

LanguageAfrikaans
Release dateJun 15, 2023
ISBN9781667458526
Duiwelse Lêplek: ‘n Nefilim Riller, #1

Related to Duiwelse Lêplek

Titles in the series (2)

View More

Related ebooks

Related articles

Related categories

Reviews for Duiwelse Lêplek

Rating: 0 out of 5 stars
0 ratings

0 ratings0 reviews

What did you think?

Tap to rate

Review must be at least 10 words

    Book preview

    Duiwelse Lêplek - Jeff Altabef

    Duiwelse Lêplek

    Jeff Altabef

    ––––––––

    Vertaal deur Charnell van der Westhuizen 

    Duiwelse Lêplek

    Geskryf deur Jeff Altabef

    Kopiereg © 2023 Jeff Altabef

    Alle regte voorbehou

    Versprei deur Babelcube, Inc.

    www.babelcube.com

    Vertaal deur Charnell van der Westhuizen

    Buitebladontwerp © 2023 D. Robert Pease

    Babelcube Books en Babelcube is handelsmerke van Babelcube Inc.

    Kopiereg

    www.EvolvedPub.com

    Om seker te maak jy mis nooit uit op enige belangrike aankondigings wat met ons boeke, spesiale promosies, ens. verband hou nie, teken asseblief in op ons nuusbrief by die adres hieronder. En moenie vrees nie, ons sal jou nie gemorspos stuur nie, en ons sal ook nie jou inligting met enigiemand anders deel nie.

    Evolved Publishing Nuusbrief

    (NOTA: Nuusbriewe is in Engels geskryf.)

    ~~~

    ENGLISH VERSION

    DEVIL’S DEN

    A Nephilim Thriller – Book 1

    Copyright © 2018 Jeff Altabef

    ~~~

    DUIWELSE LÊPLEK

    ‘n Nefilim Riller – Boek 1

    Kopiereg © 2023 Jeff Altabef

    Vertaal na Afrikaans deur Charnell van der Westhuizen

    ~~~

    Redakteur: Kimberly Goebel

    Senior Redakteur: Robb Grindstaff

    Voorblad Kunstenaar: D. Robert Pease

    Binne Ontwerper: Lane Diamond

    ~~~

    UITGEWER SE NOTA:

    Aan die einde van hierdie roman van ongeveer 102 069 woorde, sal jy 'n Spesiale Voorskou van Duiwelse Dans, Jeff Altabef se tweede roman uit hierdie ’n Nefilim Riller-reeks vind. Ons verskaf dit as 'n GRATIS ekstra diens, en jy moet dit op geen manier beskou as deel van die prys wat jy vir hierdie boek betaal het nie. Ons hoop jy sal beide die geleentheid waardeer en geniet. Dankie.

    ~~~

    eBoek Lisensie Notas:

    Jy mag nie enige deel van hierdie boek op enige manier gebruik, reproduseer of versend sonder skriftelike toestemming nie, behalwe in die geval van kort aanhalings wat in kritiese artikels en resensies gebruik word, of in ooreenstemming met federale wette oor billike gebruik. Alle regte word voorbehou.

    Hierdie eBoek is slegs vir jou persoonlike genot gelisensieer; dit mag nie herverkoop of aan ander mense weggegee word nie. As jy hierdie boek met 'n ander persoon wil deel, koop asseblief 'n bykomende kopie vir elke ontvanger. As jy hierdie boek lees en dit nie gekoop het nie, of dit is nie net vir jou gebruik gekoop nie, keer asseblief terug na jou e-boekhandelaar en koop jou eie kopie. Dankie dat jy die harde werk van hierdie skrywer respekteer.

    ~~~

    Vrywaring:

    Dit is 'n fiksiewerk. Name, karakters, plekke en insidente is produkte van die skrywer se verbeelding, of die skrywer het dit fiktief gebruik.

    BOEKE DEUR JEFF ALTABEF

    ~~~

    ‘n Nefilim Riller

    Boek 1: Duiwelse Lêplek

    Boek 2: Duiwelse Dans

    Boek 3: Duiwelse Ooreenkoms

    Boek 4: Duiwelse Dag

    ~~~

    BOEKE DEUR JEFF ALTABEF IN ENGELS

    ~~~

    A POINT THRILLER

    Book 1: Fracture Point

    Book 2: Shatter Point

    Enemies of the State - A Steven Cabbott Short Story

    ~~~

    CHOSEN

    Book 1: Wind Catcher

    Book 2: Brink of Dawn

    Book 3: Scorched Souls

    Second Chances - A Chosen Short Story 2.5

    ~~~

    RED DEATH

    Book 1: Red Death

    Book 2: The Ghost King

    ~~~

    www.EvolvedPub.com/JAltabefBooks

    BONUS INHOUD

    ~~~

    Ons bied graag vir jou 'n spesiale voorskou aan die einde van hierdie boek, met

    die eerste twee hoofstukke van DUIWELSE DANS, die tweede boek in hierdie Nefilim Riller-reeks.

    ~~~

    Inhoudsopgawe

    Kopiereg

    Boeke deur Jeff Altabef

    BONUS INHOUD

    Toewyding

    DUIWELSE LÊPLEK

    Hoofstuk 1

    Hoofstuk 2

    Hoofstuk 3

    Hoofstuk 4

    Hoofstuk 5

    Hoofstuk 6

    Hoofstuk 7

    Hoofstuk 8

    Hoofstuk 9

    Hoofstuk 10

    Hoofstuk 11

    Hoofstuk 12

    Hoofstuk 13

    Hoofstuk 14

    Hoofstuk 15

    Hoofstuk 16

    Hoofstuk 17

    Hoofstuk 18

    Hoofstuk 19

    Hoofstuk 20

    Hoofstuk 21

    Hoofstuk 22

    Hoofstuk 23

    Hoofstuk 24

    Hoofstuk 25

    Hoofstuk 26

    Hoofstuk 27

    Hoofstuk 28

    Hoofstuk 29

    Hoofstuk 30

    Hoofstuk 31

    Hoofstuk 32

    Hoofstuk 33

    Hoofstuk 34

    Hoofstuk 35

    Hoofstuk 36

    Hoofstuk 37

    Hoofstuk 38

    Hoofstuk 39

    Hoofstuk 40

    Hoofstuk 41

    Hoofstuk 42

    Hoofstuk 43

    Hoofstuk 44

    Hoofstuk 45

    Hoofstuk 46

    Hoofstuk 47

    Hoofstuk 48

    Hoofstuk 49

    Hoofstuk 50

    Hoofstuk 51

    Hoofstuk 52

    Hoofstuk 53

    Hoofstuk 54

    Hoofstuk 55

    Hoofstuk 56

    Hoofstuk 57

    Hoofstuk 58

    Hoofstuk 59

    Hoofstuk 60

    Hoofstuk 61

    Hoofstuk 62

    Spesiale Voorskou: DUIWELSE DANS

    Erkennings

    Inligting oor die skrywer

    TOEWYDING

    ~~~

    Vir al die engele wat tussen ons wandel.

    Hoofstuk 1

    5 Desember, 2041, 3:23 PM

    Die wolke breek en verander 'n somber, vaal dag in 'n helder, briljante een. Die warm son streel Megan se gesig, en sy glimlag. Sy wil graag die res van die dag buite deurbring en die onverwagte somerweer geniet, maar sy is heeltemal te besig.

    Wanneer sy die straat oorsteek, sien sy iets glinster in die verte, en sy gaan staan stil vir ‘n oomblik want sy is oorval deur 'n ongemaklike gevoel wat haar maag laat draai. Die skielike sonlig skitter van 'n nuwe, wit bussie af wat langs die randsteen voor Peterson se klein kruidenierswinkel geparkeer is.

    Dis vreemd. Wanneer laas het 'n nuwe motor in hierdie woonbuurt geparkeer gestaan?

    Miskien kry Mnr. Peterson 'n aflewering, maar waar is die logo of ander identifiseerbare merke? En gewoonlik is afleweringswaens oud en afgeleef.

    'n Klein koue rilling het teen haar rug afgehardloop en haar hart klop dawerend. Die bussie skep 'n soort gangetjie met die glasmuur van die klein kruideniersware aan die een kant en die voertuig aan die ander kant, en die swart vensters keer dat sy binne in die bussie kan sien.

    Ek is laf. Dit is net 'n bussie. Om op straat te staan en na dit te staar is simpel. Sy het skoolwerk om klaar te maak en kantore om skoon te maak. Daar is nie tyd om kinderagtig te wees nie. 'n Nuwe bussie kan haar nie seermaak nie, en haar woonstelgebou is net 'n halwe blok weg, so sy skuif haar rugsak op haar skouers reg en marsjeer vorentoe.

    Sodra sy die voorkant van die bakkie bereik het, kom 'n man agter die voertuig uit en blokkeer haar pad vorentoe.

    Hoofstuk 2

    6 Desember, 2041, 5:17 AM

    Ek neem die hele stad in – die reuk, die smaak, die vrees – en is dadelik spyt daaroor. Twintig jaar gelede het ek laas hierdie stad my huis genoem en die terugkering bring net weer die giftige herinneringe terug wat ek probeer begrawe het. Ek het destyds by die weermag aangesluit om hierdie plek te ontsnap, maar ek moes van beter geweet het. Dit is 'n deel van my soos 'n arm of 'n been. So hard as wat ek probeer, kan ek dit nie net afsny en in die riool weggooi nie.

    Die krotbuurt se strate het nie veel verander nie. Hulle is leeg en uitgeput. Die lug ruik vieslik, 'n giftige bredie van woede en desperaatheid wat bymekaar gehou word deur die wil om te oorleef ten koste van enigiemand en enigiets. As ek diep asemhaal en konsentreer, kan ek nog die vaagste spoor van hoop vang. Wanneer dit doodgaan, sal die land heeltemal hel toe gaan. Sover ek kan agterkom, is dit 'n wedloop om te sien wie eerste daar kom—die plek of ek. Ek wed op myself.

    ’n Amper vol maan haal die angel uit die donker uit. Die maan laat my dink aan 'n ou storie wat 'n mede-soldaat my eenkeer vertel het. Die storie is nie besonders merkwaardig nie, maar dit het by my vasgesteek.

    Charlie het was 'n rukkie ‘n soldaat gewees, miskien drie jaar, twee en 'n half jaar meer as ek. Hy het in 'n toekoms geglo. Hy het geglo goeie dinge het vir hom gewag toe hy sy toer voltooi het. Hy het selfs geglo dat hy eendag uit die weermag sou kom. Basies was hy 'n idioot gewees wat niks meer sin gehad het as 'n hoop klippe nie.

    Hy het daarvan gehou om stories te vertel. Meeste van hulle is heeltemal onsinnig, maar een aand, onder die silwer lig van 'n maan soos hierdie, het hy vir my 'n verhaal vertel van drie hekse wat almal se toekoms beheer het. Hierdie hekse weef snare wat ons lot bepaal op 'n groot weefgetouw. Trek aan een tou en romanse blom; ruk aan 'n ander en siekte slaan toe; sny die hartsnaar, en die dood neem jou.

    Hy het vir my hierdie hekse se name vertel, maar my geheue is nie so goed soos dit was nie en is dit nie belangrik nie. Hy het hulle die Lotgevalle genoem. Hy het elke aand vir hulle gebede gedoen en hulle gesmeek om goed vir hom te wees, om aan die regte toutjies te trek. Die volgende dag het 'n skerpskutter 'n gat in sy kop geblaas. Dele van sy skedel en brein het op my uniform gespat. Ek onthou nog die geluid wat die hoë kaliber koeël gemaak het toe dit deur sy helmet en sy skedel geskeur het. ’n Sieklike slag—die geluid van die dood.

    Miskien het die Lotgevalle hom net lank genoeg laat leef om vir my hul storie te vertel. Op hierdie manier sal ek weet hulle is verantwoordelik vir my penarie. Dit lyk soos iets wat hulle sou doen, soos om 'n vinger in jou oog te steek.

    Ek dink Charlie was reg oor die Lotgevalle, maar hy was verkeerd oor een ding. Om gat te kruip, doen nie veel goed met hulle nie. Hulle sal die tapisserieë op enige manier weef net om hulleself te behaag. Tog, op 'n vreemde manier, bied die storie my hoop, 'n tikkie troos. As hierdie hekse bestaan, kan hulle my lot verander, my pad verander, 'n nuwe tou by my tapisserie voeg. Dit sal goed wees, want daar is niks anders as woelige water om my nie. Dit is dalk flou - hierdie idee dat die lot my kan red - maar 'n drenkeling sal na enigiets gryp as hy dink dit kan hom aan die gang hou, en ek voel hoe die water teen my gesig spoel.

    Hekse of nie, ek het teruggekeer na die stad van my geboorte. Die noorde van Philly lyk net effens anders as die vorige keer wat ek hier was. Meeste van die winkels lyk dieselfde: klein wynkelders, 'n paar kroeë, drankwinkels, masseersalonne en tjek-geldplekke. Een woonstelgebou is nuut, terwyl die ander in ‘n slegter toestand lyk. Al die winkels is toegesluit met swaar metaal hekke, behalwe vir 'n paar van die snaaksste kroeë en die lukrake masseersalon met 'n rooi neon Oop bord wat steeds in 'n venster brand.

    In 'n stegie af, onthul die maanlig 'n blik op die paadjie voor my: 'n rot skarrel uit my pad, 'n vullishouer loop oor aan my regterkant, 'n halfdosyn leë bottels teen 'n muur aan my linkerkant opgestapel. Diep skaduwees soos putte woon hier in die hoekies en deure.

    Ek is nie meer as drie blokke van my bestemming af nie, die woonstelgebou waar ek deurgebring het wat as my kleintyd wat verby is kon gaan.

    'n Skoen skraap teen die sypaadjie agter my. Iemand sluip agter my aan — 'n man, skraal, en versigtig. Hy loop rustig, wat nie maklik is om in 'n stegie te doen nie.

    Ek draai 'n paar duim sodat die rugsak oor my skouer die agtervolger se uitsig blokkeer terwyl ek my hand in die sak van my ou weermagbaadjie steek en 'n vierduim-lem uithaal.

    ’n Tree beweeg hom nader aan my en dan nog een. Hy is nou binne ‘n armlengte se bereik. As hy my wou doodmaak, moes hy dit al gedoen het.

    Ek draai vinnig om en druk die punt van die mes teen die vreemdeling se keel.

    Die ou man vries en lig sy hande in die lug om te wys dat hy oorgee. Diep groewe is gekerf in die vreemdeling se donker gesig. Draderige, grys hare hang tot by sy skouers, sy wange skraal, asof sy vel styf teen sy skedel gespan is. Hy dra 'n swart reënjas, swart broek en swart skoene. Sy skraal lyf hang geboë vorentoe, gebuig op sy hangende skouers. Hy lyk sieklik en ruik vreeslik, 'n kombinasie van liggaamsreuke, drank, en iets nog erger wat ek probeer uit blokkeer. Tog skyn lig in sy amandelkleurige oë. Hy wil lewe, wat iets beteken. Miskien alles beteken.

    Wie het jou gestuur, ou man?

    Niemand het my iewers heen gestuur nie. Ek woon in hierdie strate.

    Ek druk die lem teen sy vel. Is jy ‘n mens of ‘n demoon? Moenie vir my lieg nie.

    ’n Mens...ek dink. Ek is al baie dinge genoem, maar nooit ’n demoon nie.

    Paranoïes? Meer as 'n bietjie, maar dit is beter as wat 'n demoon my hart uitruk en my hel toe sleep, so ek bekyk hom op en af vir tekens van 'n duiwel. Geen helse vuur brand in sy oë nie, en ek sien geen ander ooglopende tekens nie. In my ervaring is demone egter skelm. Ek het nog nooit iemand met vlerke, horings of 'n stert ontmoet nie. Ek het 'n rukkie terug een in 'n stegie in New York City doodgemaak wat sy uiterlike vorm transformeer het. Hande verander in kloue en tande wat in slagtande verander is. Hy het my amper doodgemaak, daardie een. Hy het met sy kaal hande probeer om my hart uit te ruk. Ek het die letsels om dit te bewys. Ten minste is dit hoe ek dit onthou. Dit was donker, en nadat ek hom in die oog gesteek het, het hy teruggekeer na sy normale vorm.

    Ek skraap liggies die ou ballie se vel in sy nek net om seker te wees in die skamele lig. ’n Karmosynrooi druppeltjie rol by sy nek af.

    Haai, dit het seergemaak. Hy vryf die bloed van sy nek af. Hoekom het jy so iets gaan doen?

    Net om seker te maak. Demoniese bloed vloei soos swart slyk, en dit stink soos swael. Sy bloed ruik vreemd soet.

    Ek glip die mes terug in my sak. 'Dit is nie veilig om mense te bekruip nie, ou toppie."

    Die man laat sak sy arms. Wie, ek? Ek het niemand bekruip nie. Ek loop stilweg, dis al. Dit is goed om hier in die skaduwees in te smelt. Dit hou my aan die lewe, laat my kennis dra van dinge.

    Regso.

    Die ou toppie is my welkom tuis komitee, en hy is meer as wat ek verdien. Ek gaan voort met my stap in die stegie, en hy hou tred langs my.

    Ek het jou nog nie voorheen hier rond gesien nie, sê hy.

    Ek het nie besef ek moet by jou inklok nie. Is daar iewers 'n kantoor?

    Ek woon al lank hier, dis al. Daar gaan nie veel aan wat ek nie van weet nie. Ek ken omtrent almal.

    Ek stop vir 'n sekonde. Dalk kan die ou toppie my help. Ek haal my foon uit my sak en swiep met my vinger oor die skerm tot by 'n prentjie wat 'n straatkunstenaar vir my op 'n tablet geskep het. Hy was geen Rembrandt nie, maar hy het ordentlik genoeg die werk gedoen om 'n gesig te skep wat ek van 'n leeftyd gelede onthou het. Verouderings sagteware het die jare bygevoeg, so dit behoort nou soos sy te lyk.

    Ek wys hom die kunstenaar se weergawe. Ken jy hierdie persoon? Het jy haar al ooit hier rond gesien?

    Hy trek sy skouers op. Sy lyk sieklik. Ek kan nie sê ek het haar al gesien nie.

    Sy het twintig jaar gelede dwelms vir die Monarg-bende verkoop. Sy het saam met haar seun in 'n gebou hier rond gewoon. Kyk weer.

    Hy skud sy kop. So baie mense kom en gaan. Boonop het die Monargs 'n tyd gelede verdwyn. Miskien vyf jaar terug? My kennis van tyd is nie meer wat dit was nie, so ek kan nie met sekerheid sê nie. Sy het egter 'n slegte voorkoms aan haar. Prontuit vieslik.

    Jy kan jouself nie eers indink nie. Sy het meer van my gesteel as wat ek jou kan sê.

    Is jy seker jy wil haar opspoor? Sommige mense is beter af begrawe in die verlede.

    Sy is waarskynlik in elk geval seker dood, maar sy is die enigste persoon wat dalk antwoorde vir my het.

    Wie is sy?

    My ma.

    My ma het demone gesien, en sy was bekommerd dat hulle haar hel toe sou sleep. Toe ek dertien was, het sy my pa in 'n woedebui vermoor en hom met 'n skêr doodgesteek en beweer dat hy 'n demoon is. Toe sy by my wou begin, het ek gevlug en by die weermag aangesluit. Ek was vyftien. Ek het gedink sy is mal, maar dit was voordat ek self demone begin sien het. Nou weet ek nie meer nie. Ek probeer onthou hoe my pa se bloed gelyk het en ek kan nie. Alhoewel, onthou ek die reuk en dit laat my maag draai en maak dit my bekommerd. As my ma reg was oor my pa 'n demoon is, wat maak dit van my? Is ek tot dieselfde lot bestem?

    Ek hoor my ou opleidingsinstrukteur se stem in my kop. Lyk lewendig, Kolwyntjie. Jy het geselskap.

    Ek weet. Ek is nie meer ’n leerling nie, Caesar, sê ek hardop.

    Praat jy met my? vra die ou toppie, verstaanbaar verward.

    Net ’n spook uit my verlede wat nie sy groot mond sal hou en my alleen sal los nie. Ek gee vir die ou toppie 'n twintig-rand-noot. Jy beter jou uit die voete maak. Sommige vyandiggesinde persone kom nader.

    Die ou toppie vat die geld en kyk met skrefies oë in die stegie af. Die groep persone gaan onder 'n lig van 'n woonstelgebou se venster verby. Dit is die Rooi Drake. Hulle is 'n gemene klomp. Jy sal beter af wees om weg te hardloop.

    Ek het nie my drafskoene saamgebring nie.

    Daar is vier van hulle en hulle is gevaarlik.

    Klink nie regverdig nie, of hoe? Hulle sal nog vier nodig hê om ’n kans te staan.

    Die ou toppie smelt in die skaduwees in waar dit 'n kollig sou verg om hom te vind.

    Ek kyk na die tyd op my foon. Dit is twee weke, ses dae en sewe ure sedert ek laas iemand vermoor het.

    ‘n Jammerte, ek wou regtig drie weke bereik het.

    Hoofstuk 3

    Ek kyk om seker te maak dat my Smith en Wesson stewig in die holster op my rug is en stap dreigend na die vier jong mans, wat my nog nie gesien het nie. Een is heeltemal gesuip, terwyl 'n tweede 'n bietjie minder gedrink is as die eerste een maar loop ook steierend , maar hy is steeds gekompromitteer. Die ander twee loop selfversekerd, asof hulle hierdie stegie besit, wat seker waar is. Al vier dra leerstewels met staalpunte wat bedoel is om weerlose mense te skop. Hierdie ouens is presies die tipe om dit te doen—weerlose mense te skop.

    Die groep loop kuierend onder 'n ander lig minder as 'n blok verder. Hulle dra swart baadjies met Rooi Draak-kolle op hul bors. Ek bestudeer hulle van links na regs: die dronkaard, 'n steroïed-geïnduseerde reus, 'n skraal ou met 'n senuweeagtige stappie, en 'n lang kêrel wat 'n bofbalkolf soos 'n nagstok swaai.

    Die skelmagtige ou stop onder die lig en tik die reus langs hom. Kyk, George. Ons het ’n besoeker.

    Ek stop tien tree van die bende. Ek kon omdraai en weghardloop soos die ou toppie se voorstel. Ek kan nog steeds, maar ek sal nie. Caesar se stem dreun in my kop. Hy wil hê ek moet straf, pyn veroorsaak, hierdie boewe seermaak. Die klank eskaleer met ander stemme wat by syne aansluit.

    Dit begin oorvol raak in my gedagtes, maar ek veg hard teen die geraas en die opbouende druk en bied die vier ‘n kans. Hulle verdien dit, en ek kan dit steeds bied. Miskien sal die Lotgevalle op hulle skyn.

    Ek loop net verby. Dit sal die beste wees as jy eenkant toe staan. Ek het geen moeilikheid met julle nie, en ek is haastig.

    Die Skelm grinnik en haal 'n Glock onder sy baadjie uit. Die Reus gryp 'n ses duim lem uit 'n skede op sy gordel, en die vertraagde een met die kolf in sy hande tik dit dreigend. Die dronkaard, te morsdood om iets te doen, skud sy kop en wieg van kant tot kant.

    My opleiding skop in. Ek moet eers die leier met die geweer ontwapen, dan die reus en uiteindelik die ou met die kolf. Ek kan die dronk ou tot later ignoreer. Die ergste wat hy kan doen is om op my te braak. My enigste probleem: die afstand wat ons skei. Tien treë is sewe te veel. Drie sal ideaal wees.

    Ek strompel doelbewus 'n bietjie vorentoe om soos 'n ongekoördineerde boef op te tree. Ek lig my hande in die lug om hulle op hul gemak te stel en bied 'n laaste kans vir hulle aan om hulself te red. Ek dink regtig nie jy waardeer wat volgende gaan gebeur nie.

    Die leier rig die geweer horisontaal op my bors, bende-styl. Die loop bewe 'n bietjie en sy houding is heeltemal verkeerd. Hy sal gelukkig wees om die kant van 'n skuur op dertig treë te tref, maar ek is nou net vyf tree weg, wat my ‘n baie makliker teiken maak om te tref as 'n skuur.

    Hy swaai die geweer in my rigting. Stop net daar, doos. Ek weet presies wat gaan gebeur. Jy gaan vir my daardie rugsak gee en dan gaan ons jou deursoek vir enigiets anders wat ons dalk wil hê. En as jy gelukkig is, sal jy met net ’n pak slae oorleef. Andersins...

    Die vertraagde grinnik en swaai die kolf in 'n boog. Sy oë glinster. Hy hou daarvan om pyn te veroorsaak; gedroogde bloed strepe loop teen die kolf as ‘n waarskuwing. Dit is darem 'n ou hout een. Hy verdien punte daarvoor. Ek haat die nuwe titanium kolwe. Hulle klink nie reg as hulle iemand slaan nie.

    Ek verstel die band op my rugsak sodat dit nie te veel sal swaai en in my pad kom nie, gee twee treë vorentoe en staar na die leier. Ek weet wat hy dink. Hy sien 'n maklike teiken, 'n ongewapende man, nie besonder lank nie, net minder as ses voet en nie besonders breed nie. Soms kan voorkoms bedrieglik wees, tensy jy mooi genoeg kyk.

    Daar is vir my 'n maklike uitweg uit hierdie gemors. Al het die leier sy Glock op my bors gerig, is ek steeds 'n te vinnige teiken vir hom. Ek kan my Smith en Wesson uittrek en hom in die bors skiet voor hy die sneller druk. Nadat hy uitgeskakel is, sal die ander drie waarskynlik hardloop, of in die geval van die gesuipte ou, wegstrompel. Ek sal een tree na my linkerkant gee vir ingeval die leier vinniger is as wat ek dink hy is. Op dié manier sal hy my mis, selfs al slaag hy daarin om 'n ronde af te vuur. My kans op sukses is so naby aan 100 persent, dit is nie eers die moeite werd om die wiskunde in my kop te doen nie.

    Daar is net een probleem met die maklike uitweg. Ek wil dit nie hê nie. Nie vanaand nie. Nie in my ou buurt op soek na my ma nie, so ek werk 'n ander plan uit. My enigste vraag—sal die Glock werklik werk? Ek skep twee scenario's om die onsekerheid te oorkom, albei ewe effektief. My kans op sukses daal van byna 100 persent tot 'n hanteerbare 96.

    Ek glimlag 'n dom glimlag om die leier op sy gemak te stel. Dit is jou laaste kans. Ek het nie 'n probleem met julle nie. Beweeg eenkant toe of jy sal spyt wees. Ek mors al te veel tyd.

    Die leier lag, maar dit klink geforseerd. Die geweerloop bewe 'n bietjie meer as 'n oomblik vroeër.

    My selfvertroue ontsenu hom. Diep binne in hom weet hy dat hy in die moeilikheid is. Sy intuïsie is besig om hom blaffend te waarsku. Dit is nie sy skuld dat hy nie verstaan wat dit vir hom probeer sê nie. Hy is slegs 'n produk van sy ervaring, en hy het nog nooit iemand soos ek ontmoet nie. As hy enige sin het, sal hy die sneller trek - maar hy sal nie. Hy is die tipe wat die laaste woord nodig het. So 'n skraal ou gebruik sy tong as 'n wapen om teen die leer op te beweeg.

    So, hy gooi 'n belediging uit. Kan jy nie tel nie, of is jy net te stadig? Daar is vier van ons en net een van jou.

    Ek wys na die dronkaard heel links, wie se kop teen sy bors sak. Jy kan nie die dronkie bytel nie. Kyk na hom. Hy is op die punt om neer te val.

    Die leier flits sy blik na sy vriend. 'n Maklik om te voorspel onwillekeurige reaksie. Dit neem nie langer as 'n hartklop nie, maar dit is genoeg.

    Ek swiep vorentoe, gryp die Glock, draai en ruk. Die geweer kom vry, en in een gladde beweging skiet ek die reus in die bobeen. In die stegie klink die geweerskoot soos 'n ontploffing. Die ander drie ouens vries vir 'n kosbare sekonde.

    Ek kap die leier in die keel, wat die maer man op sy knieë laat sak. ’n Knieg teen die voorkop slaan hom uit.

    Die vertraagde grinnik vir my. Die vonkel in sy oë word bloedrooi en vlam met helse vuur. Welkom tuis, Stevie, sê hy in 'n diep stem wat klink of dit uit die hel self opgekom het.

    Hy vlieg vorentoe, beweeg vinniger as wat hy moet vir sy grootte, en steek die punt van die kolf in my maag vas. Die slag buig my vooroor, en ek laat val die Glock. Hy slaan my met 'n regtervuis wat my agtertoe laat steier.

    My kop draai. Ek het nie daarop gereken om teen 'n demoon te veg nie. Dit gooi die wiskunde af en nie op 'n goeie manier nie.

    Hoekom baklei jy teen ons? grom hy. Sluit by ons aan, Stevie. Jy is nou so naby daaraan om in een van ons te verander.

    Nooit.

    ’n Jammerte. Hy het groot planne vir jou.

    Die demoon swaai die kolf in 'n bose rigting na my kop. Ek duik af en skop sy knie. Sy been gee in onder hom. Ek gryp hom aan die skouers en stamp hom kop eerste teen 'n muur. Stukkies baksteen vlok af en val op die grond.

    Hy laat val die kolf.

    Ek rol my skouer en slaan my vuis in sy nier area in. Die hou sou 'n lynstaanspeler lamgelê het, maar dit registreer skaars by hom.

    Hy gryp my nek met albei hande vas en begin te druk.

    Ek probeer sy arms aftrek, maar hy is te sterk.

    Ligte flits voor my oë. Sy gesig verander, sy neus verander in 'n snoet en tande wat uitsteek in slagtande. Nog 'n minuut en ek is dood.

    Ek gryp my handgeweer. My vingers glip van die greep af en my longe pyn. Ek probeer weer, maak my hand op die handvatsel toe, trek dit los uit die holster en skiet hom in die bors.

    Sy gesig word strak, en hy rol agtertoe. Bloed, so swart soos die nag, sypel uit sy bors uit, en die swael-stank brand my neus.

    Hy frons vir my. Jy het my baadjie verwoes. Nou gaan ek met jou speel voor ek jou hel toe stuur.

    Man, jy stink. Ek gryp die kolf van die grond af, tol om en kraak die kolf teen sy kop. Die slag slaan hom op sy knieë, en ek begin swaai. Vier swaaie later en daar is niks meer van sy kop oor behalwe been fragmente en ‘n teeragtige slyk nie.

    Ek kyk na my foon om te sien wanneer ek my reeks beëindig het en vries. Tel dit om 'n demoon dood te maak? Hy was immers nie mens nie. Nee, demone tel nie, so ek sit my foon weg.

    Gesuipte ou begin op te gooi. Wat de fok het nou net gebeur?

    Jy moet die mense met wie jy uithang, opgradeer. Demone is nie goeie geselskap nie.

    Jy het Doug doodgemaak. Hy wankel agtertoe. Wie de hel is jy?

    Goeie vraag. Ek het self probleme met daardie een. Hoe het hy geweet wat my naam is? Ek stap na hom toe, kolf nog in my hand.

    Ek weet nie, man. Ek het hom niks hoor sê nie.

    Hy het my op my naam genoem. Verduidelik. Ek gee nog 'n tree.

    Hy begin te huil. Ek weet nie. Ons het pas teruggekom van 'n partytjie af. Geen groot probleem nie.

    Hy lyk eerlik, en hy is te gesuip om 'n oortuigende vertoning te lewer. Ek dink in elk geval daaraan om hulle almal dood te maak. Ek sal sy nek breek (drie sekondes), die skelmgesig leier in die kop skiet (nog twee sekondes) en die reus met my mes afhandel (tien sekondes). Ek verkies om my mes te gebruik. Dit is meer persoonlik as om iemand te skiet en laat my kreatief wees. Dit is belangrik om verbeeldingryk te wees. Ek het so min afsetpunte om myself uit te druk.

    Om die trio te vermoor sou my altesaam vyftien sekondes neem, maar om die demoon dood te maak, het die stemme in my kop vir eers bevredig. Net Caesar se stem blaf vir my, en hy dring nie daarop aan dat ek hulle doodmaak nie. Hy is van plan om my te spot omdat ek gehuiwer het. Ek fokus my energie, maak my gedagtes skoon, en sy stem verdwyn.

    Die spiergeboude boef kreun. Ek bloei. Jy het my geskiet. Dit maak regtig seer.

    Hy klink 'n bietjie soos 'n blêrende skaap, en ek heroorweeg my besluit terwyl ek na hom toe stap

    Ernstig. Ek skop-trap op sy kop om hom stil te maak. Die reus buk agteroor grond toe, bewusteloos.

    Wat is jou naam? Vra ek aan die dronkaard.

    Griffin.

    Soos die toweragtige wese 

    Huh?

    Ek moet eerlik met jou wees, ek sien dit nie, Griff. Jy is nog jonk en weliswaar nie op jou beste nie, maar ek dink jou ouers het onredelike verwagtinge aan jou gestel. Ek wys na die reus. Hy sal uitbloei as jy hom nie dokter toe neem nie.

    Fok hom. Luister man. Moet my net nie doodmaak nie.

    Jy sien, dit is nie juis toweragtige denke nie, Griff. Ek wys die Smith en Wesson na sy bors. Watter tipe bende bedryf julle in elk geval? Is jy nie veronderstel om 'n broederskap te wees nie? Almal vir een en een vir almal. Daai tipe kak. Jy gee bendes ’n slegte naam.

    Jy is ’n fokken maniak. Jy het Doug se gesig laat inval.

    Hy het my geen keuse gegee nie. Ek holster die Smith en Wesson aan my sy, tel die Glock van die sypaadjie af op en steek dit in my baadjiesak. Het jy gesien waarin hy verander het?

    Griffin skud sy kop. Ek weet nie wat ek gesien het nie.

    Wel, dit is wat drank en dwelms aan jou sal doen. Ek hoop jy het ’n waardevolle les hier geleer.

    Al wat ek gesien het, was dat jy daardie kolf swaai.

    Griff moes die mes gegryp het wat die reus laat val het. Hy swaai die lem in onsekere swaaie, wankelend heen en weer op sy hakke. Bly weg van my af.

    Watter lot ook al sy toekoms beheer, sluit die skêr op sy hartsnaar.

    Ernstig. Goed, Griff. Sit dit neer, en ek sal jou nie seermaak nie. Jy het my nog nie vies gemaak nie, maar jy begin my irriteer. Buitendien, glip ek die Glock uit my sak uit en rig dit op hom, my geweer oortref jou mes, Vonkie. Jy het drie sekondes om die mes te laat val, en ek doen geen snotterige aftellings nie. Die besluit is joune.

    Hy laat val die mes.

    Goeie besluit, sê ek. "Eerlik gesê,

    Enjoying the preview?
    Page 1 of 1