Brief Van Die Redakteurs
Die soeke na plekke waar ons weer méns kan voel, is een van die groot redes waarom die wildernisse van Botswana so gewild is onder Weg-lesers. Dis maklik om neerslagtig te raak as jy die nuus dophou en die dolle gedruis van die wêreld om jou aanskou.