You are on page 1of 20

Julie / July 2013

Nuwe Lewe Montagu is n gemeente van die AGS.

Ons missie is om mense na Jesus toe te lei op enige manier! Our mission is to lead people to Jesus by any means possible.

www.nlmontagu.org

Uit Pastoor Lourens se hart


Liewe Vriende, Die winter is hier, en alles voel bietjie anders. Die skole is gesluit en baie mense is weg vir die vakansie. Dit is vir my lekker om weer eens aan julle te skryf. Elke mens het drome en ambisies. As jy oor jou eie lewe nadink sal jy aan allerhande dinge kan dink wat jy graag anders sal wil maak. In jou werk, in jou gesinslewe, in jou verhouding met God. 2 Timotheus 2:4-6 is wonderlike teks wat daaroor handel dat `n mens gerig moet wees op doelwitte, moet streef na ideale, moet werk met ywer. Daar staan: Vers 4: n Soldaat in aktiewe diens wat sy bevelvoerder tevrede wil stel, bemoei hom nie met die dinge van die gewone lewe nie. Wanneer `n soldaat in uniform is moet hy fokus op sy taak. Hy kan nie sommer sy pos verlaat nie. Sy identiteit verander. Hy is nie meer `n gewone burger nie. Hy is nou `n verteenwoordiger van iets veel groter. Die soldaat fokus op sy taak. Die vermo om te fokus is een van die sleutels tot sukses. Hierdie vers gaan dus oor fokus. Ons moet soos soldate wees wat heeltemal kan fokus op dit waarmee ons besig is. Vers 5: n Atleet wat aan n wedstryd deelneem, kan die prys wen slegs as hy volgens die rels meeding. Vandag werk dinge eintlik nog net so. As op die sportveld meeding, en jy verbreek die rels, kry jy `n geelkaart of `n waarskuwing. As jy aanhou om rels te breek word jy afgestuur of gediskwalifiseer. Ons moet daarna streef om die regte ding op die regte tyd en op die regte manier te doen. Ons moet daarna streef om eerlik en deursigtig te wees. Hierdie vers gaan oor integriteit. Ons moet wees soos atlete wat met integriteit aan die spel deelneem. Verse 6: Die boer wat die harde werk doen, behoort eerste n deel van die oes te kry . Die beginsel is dit: ywer word beloon. Harde werk gee betekenis aan `n mens se arbeid. Elke werkomgewing het sy eie uitdagings en die lewe is swaar. Maar die uitdagings van die lewe weeg nie swaarder as die waarheidsbeginsels van God nie. As `n mens hard werk aan die regte dinge sal daar `n oes wees. En so wil ek jou bemoedig. Gee jou beste. Werk hard. Werk ywerig aan die vervulling van jou doelwitte. Ons moet wees soos boere wat met ywer werk in die wete dat daar `n oes sal wees. Slotsom: Wat kan ons dus hieruit leer? Fokus + Integriteit + ywer = sukses. Sengroete, Lourens

Barmhartigheidsbediening deur Minnie Thomson


Die Barmhartigheidsbediening fokus op welsynshulp en noodsituasies. Ons besoek huishoudings wat behoefte het aan basiese lewensmiddele en bied fisiese hulp en geestelike ondersteuning. Die winter is weer hier. Baie van ons geniet die winter. `n Lekker vuurtjie in die kaggel, en `n warm bed om in te kruip. Vir ander mense is die winter minder aangenaam. Die Barmhartigheidsbediening wil graag hierdie winter warm klere, komberse en duvets beskikbaar h om te gee vir mense wat dit nodig het. Indien jy goeie en heel klere, komberse of duvets vir hierdie goeie doel wil skenk (dit hoef nie nuut te wees nie, solank dit heel en netjies is), kan jy dit op `n Sondagoggend by die boekwinkel afgee. Ons glo dat hierdie bediening tydens die winter van 2013 vir baie mense tot sen gaan wees. Baie dankie dat julle jul harte oopgemaak het vir die Barmhartigheidsbediening. Julle ruimhartige ondersteuning maak soveel dinge moontlik!

Kinderbediening deur Thys Verreynne


Met die draad wat af is en die gronde wat skoon is, is die opwinding soveel groter omdat ons besef dat dit nie meer 'n droom is nie, maar 'n werklikheid en is die plek so GROOT! Dit sal nog 'n tyd wees voordat ons die huis in gebruik sal neem, want daar is dinge in en om die huis wat eers in plek moet kom. BID vir wysheid vir die regte naam! Ek glo die nuwe huis is hoog op die agenda met al die idees en planne van al die bedienaars en kinders. Die tema sal moontlik met groei te doen wees, maar ons wil nie te veel weggee nie en weet dat die kinders is en moet deel wees van alle besluite, want dit is mos hulle huis!!!!!

ONS GROOT GENEESHEER getuienis deur Alta Stemmet


Ek was op die 21 Mei 2013 opgeneem in Vergelegen hospitaal nadat ek aan erge bloedarmoede gelei het, nadat ek baie moeg was en vir 'n baie lang tydperk geen eetlus gehad het nie. Sommer die eerste dag het hul uitgevind daar is groot fout met my bloedtellings, nadat hul stukkie van my beenmurg afgehaal het en ook die beenmurg self getoets het, het ek 'n bloedoortapping gekry en ek was regtig baie siek. Dr. Engelbrecht het aan my verduidelik ek het MDS, 'n ernstige siekte waarvoor daar geen genesing is nie. In eenvoudige taal, my liggaam maak misvormende rooibloed en witbloedselle asook misvormende plaatjies. My lewe kan verleng word met BAIE duur inspuitings en bloedoortappings, maar die einde van die siekte is Leukemie. In S.A. doen hul nie beenmurg oorplantings vir pasinte ouer as 30 jaar nie want dit is te gevaarlik. Dr.Engelbrecht stuur my toe na 'n beenmurg spesialis wat toe bevestig en my 'n sprankie hoop gee, dalk is dit die matige MDS maar daarvoor wag hul vir die stukkie been wat in 'n labrotoriium getoets word. Die uitslag kom "jammer dis toe nie waarvoor ons gehoop het nie". Volgende moes ek toe op die 24 Junie gaan vir my volgende bloedtoets waarvolgens hul sal kan vasstel presies hoe my behandeling toegedien moet word. Nou voordat ek verder vertel net die volgende. My suster woon in Bredasdorp en het ons al voorheen genooi om na die wonderlike "bediening" te kom luister wat hul kerk aanbied, maar elke keer het daar iets voorgeval, alhoewel ons graag wou gaan. Toe ek die nuus kry van die siekte het ek 'n skielike begeerte gehad om dit by te woon en Johan en ek het dit die aand bespreek en hy voel ook ons moet gaan. Voordat ek nog my sus kon bel, bel sy die volgende oggend en s "Alta ek weet dis moeilik en wil jou nie onder verpligting stel nie maar ons kerk bied die naweek weer die OTC (overcomers through Christ) aan." Ek het dadelik ja ges, wat 'n wonderlike naweek, ek kan dit vir enige iemand aanbeveel. Verskeie mense het vir my gedurende die naweek gebid en Sondag middag met die afsluiting gee die Here vir my 'n visie van 'n babatjie in die baarmoeder van die mamma, en onmiddelik weet ek dat 'n baba word met nuwe beenmurg gebore en ek is nou die baba en die Here gaan vir my nuwe rugmurg gee! Halleluja! Ek het vorentoe gegaan en getuig van dit wat ek ervaar het. Nou kom ek terug na die bloedtoets van 24 Junie. My dogter moes die dure inspuitings gaan optel by hospitaal. Ek wag toe om te hoor wat dr s, sodat die behandeling kan begin. Donderdag bel die dr. my om te vra of ek nie asseblief net die toets sal laat oordoen nie want hy dink my bloed is omgeruil met iemand anders s'n. Vrydag is ek met 'n lag in my gemoed Pathcare toewant ek het GEWEET dit was my bloed en ek is gesond!!! Die dokter bel later en s moet asb. geen behandeling begin nie, die tellings van jou bloed is normaal. Hy s hy het nog nooit so iets in sy hele lewe

as dokter gesien nie!!!!! en al wat ek kan doen is om te s watter wonderlike God dien ons....dankie, dankie - my bloedtellings was soos volg: rooibloed was 6 en is nou 16.5, witbloed was 1 en is nou 3.4, plaatjies was 106 is nou 185!!! MDS staan vir Chroniese Miloedleukemie. Dis my getuienis. Die bediening wat ek bygewoon het word OTC genoem. (www.otcoverberg.com] Vriendelike groete, Alta

Sendingnuus deur Tina Verreynne


Karl en Ida Sapp: Hulle het ons gebede baie nodig en vra ek dringend dat ons vir hulle sal intree in gebed. Hulle tyd in Yunnan is min, want hulle visums verval begin Julie en hulle het nie die nodige finansies om dit te hernu nie. Hulle gaan terug na die VSA en ook om Alianna se gesondheid wat nou vir hulle belangrik is. (Volg die Sapp familie op
http://seriouslysapp.blogspot.com/)

Estie Mellet: Sy was in Suid-Afrika vir 'n kort vakansie en het geskakel, maar ons het saam besef dat haar tyd is kort en dat sy die tyd met haar familie moet deurbring en sal einde Desember, begin Januarie die gemeente besoek. Elkeen is welkom om 'n boodskap te e-pos of te sms wat haar kan bemoedig. Kry haar inligting in haar nuusbriewe of kontak vir Janine, Ron of vir Tina. Edward en Madili Ackerman: Hulle gaan einde Junie kom kuier en Edward gaan die Woord die 30 Junie aan die gemeente bring. Hulle sien vreeslik uit om ons te besoek en al die bekendes te sien en om te kuier. Lees hulle nuusbrief en raak betrokke deur te skryf, te e-pos of om 'n sms te stuur. Ons sien uit om hulle weer te sien!
(http://www.asm.org.za/)

Wessel, Joan en Tiago v.d. Merwe: Die Angola sendelinge is baie stil en weet ek dat ons altyd vir hulle gesondheid en veiligheid kan bid. Gedurende Juniemaand se skoolvakansies kry hulle baie besoekers en kan daar gebid word vir die besoekers se reisveiligheid, gesondheid en werke om die sendelinge daar by te staan, te bemoedig en om dinge op die basis te bou of waar die nood ook is. Dra hulle in julle gebede op om emosioneel en geestelik nie uit te brand nie.

Moenie moed verloor nie, want die Here gee nuwe moed deur Louwtjie Strauss
Die woordjie moed word dikwels in ons alledaagse gesprek gebruik. Moet nie moed verloor nie, hou moed, moenie moedeloos word nie, wees moedig, blymoedig, moedverlore vlakte, om mekaar te bemoedig. In die Bybel kry ons ook dikwels verse waar di woord gebruik word. Hou moed en wees dapper! Deut. 31:6, Wees dus sterk en hou goeie moed Psalm 31:25, die wat by God hulp soek, sal moed skep.- Psalm 69:33, Moed laat n mens sy lyding dra; as hy moed verloor het, kan niemand hom dit weer gee nie. - Spreuke 18:14, Ek gee nuwe krag aan die wat moeg is. Ek maak die moedelose weer vol moed.- Jeremia 31:25, Praat mekaar moed in en versterk mekaar 1Tessalonisense 5:11 Uit bogenoemde is dit duidelik dat daar mense is wat moed verloor om een of ander rede, dat die mens na God toe moet vlug om hulp en dat mense mekaar nodig het om mekaar by te staan en te bemoedig. Dit is duidelik dat ons moed nodig het in beproewing, lyding en mislukking. Soms gebeur dit dat vrees ons moed vernietig. Besluite en optrede wat moed verg word vermy omdat vrees sterker kan wees as moed. Daarom moet ek en jy besef dat ons nie alleen kan staan in die stryd teen vrees en moedeloosheid nie. Ek ry so tyd terug na Robertson en Bonnievale en op dieselfde dag was daar n klomp fietse op die pad. Daar het n verskriklike sterk wind gewaai en die arme fietsryers moes behoorlik beur teen die wind. Voor Robertson het die wind reg van voor gewaai en sommige fietsryers het moed verloor, afgeklim van die fietse en op een of ander voertuig geklim. Hulle het nie geweet dat die sirkel net n klein entjie vorentoe was en en daarvandaan was die sterk wind reg van agter. Ek kon die verligting op die fietsryers wat volhard het se gesigte sien soos die wind hulle van agter gehelp het. As di wat opgehou het nog net vir die laaste kilometer of wat moed gehou het, was hulle by die draaipunt met die wind van agter. Moet nooit moed opgee nie, die draaipunt is dalk nader as wat jy dink. Ds Solly Ozrovech skryf in sy boek, Dink aan jou Skepper , die volgende oor moed: Moed is om te doen wat gedoen moet word, om onverskrokke te soek na die waarheid, om eerlik en regverdig te wees, om te kan nee s indien dit vereis word, om met jou probleme te worstel tot die oorwinning toe, om selfdissipline oor jouself te beoefen, om nie agter verskonings te skuil nie en om jou Christelike getuienis vreesloos te kan lewer. Joh. 16:33 In die wreld sal julle dit moeilik h, maar hou moed: Ek het die wreld klaar oorwin.

Abigails deur Wendy Strydom


Die Abigail bediening tree op as ambassadeurs van ons gemeente. Hulle verwelkom besoekers op Sondae, bid gereeld weekliks saam en ryk ook op `n deurlopende basis uit na siek, eensame en sterwende mense. Skakel met Wendy as jy graag betrokke wil raak. Die Abigails bied die 26ste Julie n fancy dress en talent aand aan. Die tema is die 60s. Kom aangetrek soos jou gunsteling karakter! Kaartjies is R40 per volwassene en R20 per kind. Daar is ook lekker pryse om te wen. Kom geniet n lekker aand saam met ons! Daar is talle nuwe boeke, DVDs en nog meer in die boekwinkel. Die oggenddiens se preke kan ook bestel word op CD teen R20. Wendy Strydom kontaknommer: 084 501 7377 epos: wendystrydom@ymail.com

Uit die Boekwinkel deur Wendy Strydom


Die eerste 5 minute in die Hemel deur Dr Isak Burger. Die dood is nie die einde nie. Gelowiges weet na die dood wag die Hemel. Saam met die wete is daar vrae: Hoe lyk die Hemel?; Watter lewe wag daar vir ons?. Die boek beskryf met groot verantwoordelikheid wat die Bybel s oor dit wat n gelowige in die lewe na die dood kan verwag. Dr Isak Burger se preek by Nuwe Lewe die 17de Maart oor die Hemel kan op CD bestel word van die boekwinkel. DVD: Amazing grace Amazing Grace captures the heart with the compelling, incredible life story of an unsung hero, 19th century ambolitionist William Wilberforce (played by Ioan Gruffudd). Elected to The House of Commons at the age of 21, this stubborn man of conscience made it his life's work to fight in parlaiment, for the end of the inhuman slave trade. The essence of his life, is captured in the film in the sentence by one of his co-workers, "It is our opinion that, perhaps you (William Wilberforce) don't have to choose between to work for God and to work for man, but that you can do both."

Transformasie deur Tina Verreynne


Die transformasiebediening se bestaansrede is evangelisasie. Hierdie bediening se doel is om ons gemeente aan te spoor tot betrokkenheid in gemeentelike uitreike en tot ondersteuning van sendelinge in die veld.

Terugvoering oor die uitreik aksie tydens die Transformasie week in Mei.
Die span van die Transformasie bediening kan met trots terugvoering gee van uitreike soos deur die gemeente se verskillende bedienings deurgegee is van soveel wat betrokke geraak het in en om die gemeente. Die gemeente het weereens bewys dat hulle kan en wil 'n verskil maak in die gemeenskap om sodoende te help met die uitbreiding van die Koninkryk. Ja, deur Sy genade en liefde het elk met dankbare harte gedoen wat hulle kon gedurende die Week van Transformasie. Die Vroue bediening het op verskillende dae sop aan die polisie bedien. Die polisie lede het dit werklik waardeer, ook om te weet dat hulle diens aan die gemeenskap waardeer word. Die Sondag Creche-personeel het uitgereik na Montagu Kliniek om die personeel daar met koek te gaan bederf en om hul net te laat besef dat hul werke in die gemeenskap waardeer word. Die personeel was so verras en die gebaar van liefde en omgee het vir hul baie beteken. Die Manne bediening het met agt manne drie badkamers van die Ouetehuis gaan uitverf en sodoende goeie bande in die gemeenskap gesmee deur om prakties hul liefde en omgee aan die mense van ons gemeenskap te toon. Ons glo dat die mooi badkamers nog lank sal spreek van hul liefde en omgee. Die Abigails en Barmhartigheid bedienings het die personeel van die Ashbury Laerskool gaan bedien en bederf met eetgoed. Minnie het 'n toespraak gelewer wat die skoolhoof en personeel diep geraak het. Die omgee en deel van soveel liefde het hulle bemoedig en weet hulle dat hul waardeer word vir hul opofferinge vir die gemeenskap se kinders. Hulle het ook vir die Bram Sorg Sentrum bederf met eetgoed en die personeel bedank vir hul diens aan die siek mense. Hulle opregte

omgee en besorgheid oor die mense word waardeer. Beide die uitreikings is tot groot sen vir elkeen wat betrokke was en kan net getuig van God se groot genade. Die Jeug en Kinderbediening was besig met eksamen en hulle sal vroeg in die derde kwartaal hul uitreik in die gemeenskap doen. Die Kinderbediening is baie opgewonde oor hul beplanning wat heel moontlik 'n lang termyn projek gaan word. Transformasie en die Kommunikasie bediening het uitgereik na die Vervolgde Kerk deur briewe of bemoedigende verse te rig aan medegelowiges in moeilike omstandighede. Die gevoel was om regtig uit te reik na die Vervolgde Kerk en nie net met gebede nie, maar wel om iets prakties te doen. Met die lees van Geopende Deure het ek verneem van Sari wat met haar 50ste verjaardag besluit het om al haar vriende te nooi om saam met haar briewe te bemoediging te skryf aan vervolgde vroue in plaas van 'n partytjie en geskenke vir haar. Ek het die uitdaging met ons span bespreek en ons het saam gevoel om ook so ons bydrae te lewer aan die Vervolgde Kerk, maar wel aan almal wat as gevolg van hul geloof vervolg word. Die inligting is met die nodige veiligheid en deur die regte kanale gedoen. Ons is so bevoorreg om ons geloof te kan uitleef net waar jy is en weet nie altyd wat 'n groot genade dit is om te kan Bybel lees, om te kan bid en om te kan getuig!!!! Ons is 'n gemeente wat regtig 'n verskil wil maak en is my gebed dat ons ons o gerig sal hou op God se Woord en dat ons biddend sal bly om in gehoorsaamheid op te tree in belang van Sy Koninkrykswerke. Kontak Tina by 076 287 4415 ThysenTina@vodamail.co.za

Mannebediening deur Cobus Uys


Die mannebediening is `n bediening vir en deur manne. Hierdie bediening streef daarna om vriendskap, eenheid en geestelike groei onder die manne van ons gemeente te verbeter. Kom gerus saam met die Men@6 bymekaar elke week van Dinsdag tot Vrydag om 6:00 by die kerk. Daar is heerlike koffie en beskuit. Kontak Cobus by 082 789 5079 of Tafelkop4x4@gmail.com

Music Ministry by Annie Naud

We are half way through this year and so thankful for what God has done in our ministry so far, and extremely excited about the months ahead. Some of you might have noticed some new faces in the band during the evening Nations Celebrations meetings. All glory to God with the growth thats happening. On Friday the 14th of June we had a band workshop. An opportunity was given to our young musicians to play as a band and work through some new songs. We also got to spend some time to get to know each other better. I am so excited about the potential that was revealed that evening. Our brightest days are yet to shine! I would like to give special thanks for the dedication of our band members. It is a pleasure to serve with you and I pray that together we go from strength to strength. Thanks to Pastor Lourens, Helen and Richard for all your support and thanks to the congregation joining in our song of praise to the King of Kings. Praise and glory and wisdom and thanks and honour and power and strength be to our God for ever and ever. Amen Revelation 7:12

Prayer focus: Abortion rates escalates in SA


The statistics were released at a symposium on the issue organised by Ipas. 529 410 women have had legal abortions since the introduction of the Choice on Termination of Pregnancy (TOP) Act in 1997, with 256 808 of these abortions happening in the past three years. In Limpopo, abortions have increased from 533 in 1997 to 4 864 last year. 24 percent of all abortions performed in the country are done in the second trimester, putting the health of women at risk.
http://www.hst.org.za/print/news/half-sa-pregnancies-end-abortion

10

CREARE kom weer!

MUSIC | DANCE | DRAMA | ART | MULTIMEDIA | WORSHIP AND MUCH MORE


Hierdie jaar besoek Nickey Ras, Renshia Roux en JJ de Villiers Montagu vanaf 20 26 Julie 2013. Creare stuur jaarliks vanaf Julie tot September spanne uit. Ongeveer 96 dorpe in Suid-Afrika, Namibi en Lesotho word besoek en Montagu is bevoorreg om een van die dorpe te wees. Ons is soekend na wie ons is en waar ons hoort. Die wreld gee baie alternatiewe wat aanloklik klink, maar nie die soeke bevredig nie. Deur Jesus kan elkeen vind wie hulle werklik is. Creare gee jou die geleentheid om dit wat God in jou geplaas het te ontdek en te ontwikkel. Klasse word in al die bogenoemde afdelings aangebied. Die musieklesse word individueel aangebied. Indien jy belangstel om vir een van hierdie klasse te bespreek, doen dit so gou moontlik om jou plek te verseker. Die groepklasse in drama, dans, kuns en multimedia is wonderlike geleenthede om nuwe vaardighede aan te leer. Moenie vergeet van die Profetiese -, Aanbiddings- en Woord-akademies nie. Wil jy net weer God se stem hoor, meer oor die gawes weet of weet dat God n wonderlike droom vir jou het? Bespreek dan gerus jou plek vir een van hierdie kursusse. Gaan hoor by God waar Hy wil h dat jy moet inskakel. Vertel ook vir iemand van hierdie geleentheid. Kontak gerus vir Janine Strauss 071 898 2582 om vir n kursus te bespreek. Inskrywings sal Sondag, 21 Julie finaliseer word. Daar is n inskrywingsvorm op die agterste bladsy van die bulletin. Onthou Creare is vir oud en jonk!

11

God is die skepper van hoop - Anoniem


Anette Marais sit op n stomp en skud die stof van haar verslete klere af. Rondom haar sit die groepie bekende gesigte van moe vrouens. Net n paar tree verder is die ho draad van die konsentrasie kamp. Sy slaan haar Bybel oop en begin lees. Sy het in die donker ure van die nag geworstel met God en Hom gesmeek vir boodskap om hierdie vrouens te bemoedig, want wie weet hoe lank nog . . . Anette lees die woorde van Matt 10:29 Is twee mossies nie vir n sent te koop nie, en tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Terwyl sy besig is om hierdie woorde te lees, kom sit daar n vaal klein mossie op haar skouer. Die groepie vrouens staar in verbasing na wat voor hulle gebeur, en so word die mossie, die teken van hoop in die onmoontlike omstandighede van die konsentrasie kamp in Bethulie. Dit was fantasties om in die maande wat volg te sien hoe die mossies van Bethulie n baken van geloof en hoop word vir hierdie vrouens. Op 21 Mei 1902 was die oorlog verby, Anette het op pad terug na haar huis gestop by n vrou met invloed en haar vertel van die mossie-boodskap, sy het dit weer oorvertel en Genl. Jan Smuts het in 1923 die mossie op die land se kleinste muntstuk (kwartpennie) laat verskyn. Amper 80 jaar later sit Jak de Priester in n park in Londen. Sy geld is op, hy kry nie werk nie, hy mis die meisie van sy drome en sonskyn en biltong. Hy slaan sy klein silwer Bybeltjie oop en lees die mossieboodskap en bid vir die soveelste keer vir werk! Vroeg die volgende oggend lui sy telefoon en dis die oproep waarvoor hy gewag het, hy spring op die eerste trein en begin met lang dag se onderhoude. Moeg maar gelukkig en met n permanente werk klim hy weer laatmiddag op die trein. Toe hy inklim sien hy n muntstuk op die vloer l, hy tel dit op, en daar op n trein in Londen hou hy n Suid-Afrikaanse 1c in sy hand, met n mossie agter op. Hy vertel dat die wreld rondom hom gaan stil staan het, dat hy besef het dat God daar by hom op die trein is en dat gebed sy waarborg is in hierdie stukkende wreld. Vandag n paar jaar later, skud ek my beursie uit. Ek sit 1c neer vir my vriendin met borskanker, nog 1c vir huwelike wat sukkel, n 1c vir iemand na aan my hart se werksomstandighede, vir enkel ouers en weduwees en ek besef die mossie boodskap is dalk net een versie in n dik Bybel, maar n Almagtige, liefdevolle Pappa staan agter dit! Here Dankie, dat daar altyd hoop is. Dankie, vir bakens langs die pad wat ons help om geduldig te wees, terwyl ons wag vir U, om op die perfekte tyd ons omstandighede te verander. Amen

12

Vrouebediening deur Elsa van Heerden


Die vrouebediening bestaan om eenheid, vriendskap en samesyn onder die vrouens van ons gemeente te bou. Die leierskapspan van die bediening werk dus om geleenthede te rel waartydens ons saam kuier, saam kan bid en mekaar se geselskap kan geniet. Hierdie maand het die vroue bediening n lekker blokraaisel saamgestel. Geniet dit!

Bybelboeke: Leidrade
Af: 1. 2. 3. 4. n Evangelie (NT) Hy was die antwoord op Hanna se gebed (OT) Van skaapboer tot profeet (OT) Hy was n klein profeet (OT) Paulus skryf aan Lois se kleinseun (OT) Dwars: 1. 2. 3. 4. Die verhaal van die toekoms (NT) Een van die boeke van Moses (OT) Boek bevat riglyne vir Israeliete (OT) Die profeet was gn swemmer nie (OT) Die profeet was die seun van Kusi (OT)

5.

5.

13

Creche deur Alet Stemmet


My ma boer met kinders
Deur Lizette Murray Uittreksel uit haar boek: My hart se punt

Vars in Graad 1 kom my seuntjie die middag na skool by die huis. My juffrou het vandag gevra watse werk ons mas doen. Ja, en wat s jy toe? My ma boer met kinders, s hy in sy skik. Agterna dink ek: Eintlik was hy reg. Ek boer met kinders. Dis my werk. Dis elke ma se werk. Ons boer met kinders. Kinders kom weerloos en afhanklik in die lewe. Brose plantjies uit God se hand wat Hy staanmaak in n beddinkie in ons tuin. Ons as ouers probeer hulle afskerm teen son en wind en pietsende haelkorrels of goeters wat hul fyn blaartjies verrinneweer. Ons gee kompos en water en spuit teen insekte en plae. Ons stut hulle stammetjies sodat hulle gesond en regop kan groei. En moontlik loer ons gereeld oor die draad om te kyk of ons plantjies se vrugte blinker en geiler as ons bure sn groei. Ons vergeet dat ons maar net die landbouers is en dat die groei en vrug van God kom. Kinders en honde hou mens nederig, het my ma graag ges. Soms herinner n kind n ouer op n ongele tye daaraan dat jy nie met n uitstalplantjie in n vensterbank te doen het nie. Party mas se boerderytjie is klein. Ander sn uitgebreid. Dit maak nie saak nie. Dis ons verantwoordelikheid om na ons groen koring om te sien. Ons kan ons kinders nie maar net so aan hulself oorlaat nie. Wanneer swaarkry en siekte en hartseer hul laat verlep, kyk hulle na ons vir liefde en sorg. Wanneer ons moedeloos is met n hardkoppige tiener, of een wat wil tou opgooi of een wat minderwaardig voel teenoor ander wat selfversekerd al die sonlig en water vir hulself toe-eien, is Hy daar. Ons kan maar net koesterend by die kroes plantjie kniel en hom help om sy gesiggie na die son te draai en hom dan biddend aan God toevertrou. Ons boer met kinders, ja. Ons kan dit nie ontken of ignorer nie. Hulle staan op ons lappie grond. En hulle sal van ons hand geis word.

14

Vir die kleinspan!

15

Verjaarsdae & Huweliksherdenkings* in Julie


1 2 3 9 13 14 16 19 20 21 22 23 27 30 31 Mariana van Rooyen Frans White Jana Sadie Anna Visser Jana Groenewald Lourens Strauss Annetjie Pienaar Divan Nortj Ludwig & Elsa van Heerden Cindy Anger Henk Strydom Jackie Nortj Jaco Bruwer Bianca Nortj Johan Strydom Carine Piek Vossie Vos

Lecinda Uys Helen Pieterse Ron Johnstone-Robertson

Johan Burger Marius & Jackie Nortj

Ansie van der Westhuizen

Klein Advertensies
Ons wil mekaar ondersteun in die produkte en dienste wat ons bied. As jy enige produk of diens wil adverteer, dit is gratis. Die kriteria is slegs dat die produk of diens aan die waardes van ons kerk voldoen en dat die kwaliteit van ho aard is. Skakel met Zelda of Christine om te adverteer. Die kerk hou die reg voor om nie advertensies te plaas nie en kan nie die diens of kwaliteit waarborg nie. Charns Ironing services Wasgoed strykdiens. Klere, linne ens vinnig en professioneel gedoen. Skakel Charn - 076 874 8641 Elkana vars organiese heel hoender. Elke dag van die week beskikbaar. R25.02/kg geen soutwater bygevoeg nie. Kontak Helene 023 614 2702 Genesis Medical Aid Exceptional benefits that will suit your pocket Michelle van Zyl 082 770 2955 Kinderoppaser Saterdagaande Monica Stofberg 082 770 2955 Montagu Biltong Badstraat 21, tel nr, 023 614 3116 Kontak Kootjie Montagu Laundry Services Professionele was en stryk 1 Le Roux Street - 023 614 1538

16

Raak betrokke
Is jy kreatief, lief vir lees en skryf en praat? Wil jy graag help om die gemeente se beeld na buite uit te dra? Stel jy belang om n gereelde bydrae te maak tot die artikels in die maandbladjie? Skakel Zelda by 082 469 0094

Jaarbeplanning: Belangrike datums!


Teken solank hierdie datums in jou dagboek aan!
20 27 Julie Vry 26 Jul Vry 9 Aug 16 - 18 Aug Sat 24 Aug Vry 6 Sep Sat 7 Sep Maan 23 Sep Do 26 Sep Vry 11 Okt Vry 25 Okt Son 27 Okt Vry 8 Nov Son 10 Nov Sat 16 Nov Son 1 Des
Antwoorde: Blokkiesraaisel Bybel boeke Af: 1. 2. 3. 4. 5. Johannes Samuel Amos Jol Timotheus Dwars: 1. 2. 3. 4. 5. Openbaring Numeri Levitikus Jona Sefanja

Creare Fancy Dress - Abigail Bediening Pa en Dogter Aand - Mannebediening Gemeentekamp by Guano Caves Bybelse Ete met Bybel vasvra Vrouebediening

Kort Uitreik + Bid-Stap - Transformasie Gemeentedag - Abigail Bediening Jeugkamp (Graad 1 - Matriek) Manne Wegbreek - Mannebediening Vrouekamp - Vrouebediening Fliekaand vir Tieners - Abigailbediening Geloofsoffersondag - Transformasie Vroue Jaarafsluiting - Vrouebediening Kinderkerk Jaarafsluiting - Kinderkerk

17

Raak betrokke by ons bedieninge


Nuwe Lewe Montagu is n aktiewe gemeente wat ten doel het om uit te reik na alle mense. Daar is verskeie bedieninge waarby mense betrokke kan raak. Abigail Bediening: Die Abigail bediening tree op as ambassadeurs van ons gemeente. Hulle verwelkom besoekers op Sondae, bid gereeld weekliks saam en ryk ook op `n deurlopende basis uit na siek, eensame en sterwende mense. Barmhartigheid: Die Barmhartigheidsbediening werk met welsyn en noodsituasies. Hulle besoek huishoudings wat behoefte het aan basiese lewensmiddele, en bied fisiese hulp en geestelike ondersteuning. Mannebediening: Die mannebediening is `n bediening vir en deur manne. Hierdie bediening streef daarna om vriendskap, eenheid en geestelike groei onder die manne van ons gemeente te verbeter. Transformasie: Die transformasiebediening se bestaansrede is evangelisasie. Hierdie bediening se doel is om ons gemeente aan te spoor tot betrokkenheid in gemeentelike uitreike en tot ondersteuning van sendelinge in die veld. Vrouebediening: Die vrouebediening trek die vroue van ons gemeente bymekaar vir vriendskap, ondersteuning en gebed. Die vrouebediening stel dit hulle ten doel om geestelike eenheid en ondersteuning onder die vroue van ons gemeente te bewerk. Kommunikasiebediening: Die kommunikasiebediening maak van alle vorme van die media gebruik om ons gemeente se interne en eksterne kommunikasie effektief te laat vloei. Hierdie bediening dra ons gemeente se beeld na buite en sorg daarvoor dat die lidmate op datum bly met die nuutste verwikkelinge. Tegniese Span: Sonder die tegniese span sal bitter min kan gebeur. Hierdie toegewyde groepie lidmate sorg daarvoor dat ons klank, beligting en projeksie op Sondae en by spesiale geleenthede kan gebeur

If you have trouble understanding any of the articles in this bulletin due to language issues, we will gladly assist you with an explanation or quick translation where possible. Help ons asseblief om hierdie bladjie n sukses te maak vir die gemeente. Ons het julle hulp nodig om interessante artikels, gebeure en gedagtes hier in te sit. Volgens die Wet op Kopiereg moet enige artikels wat geplaas word, die toestemming van die oorspronklike outeur dra en ook verwys na die outeur. Indien iemand artikels wil plaas moet hierdie reels streng nagekom word. As jy geroepe voel om deel te word van hierdie bediening, laat weet ons gerus. Ons het mense nodig om artikels te skryf, onderwerpe voor te stel ens. Stuur asseblief enige inligting aan Zelda@churchstreet.co.za.

18

Ons kom bymekaar: Almal is welkom! Oggend diens Sondae 9:30 10:45 Woordskool Sondae 18:30 19:30 in die kerksaal Every Nation Every 2nd Sunday at 18:30 Celebration Creche Sondae 9:30 10:45 (ook gedurende skoolvakansies) Kinderkerk Sondae 9:30 10:45 Gebedsuur Dinsdae tot Vrydae oggende tussen 6:00 en 7:00 Manne biduur Vrydae 6:00 7:00 in die kerksaal Dames biduur Dinsdae 9:30 10:30 in die kerksaal Praat met Pastoor Lourens
Kontak Pastoor Lourens asb dadelik in geval van siekte, dood en ander hartseer. Deel jou vreugde soos verlowings, troues, geboortes en nog meer. Indien jy n behoefte het aan n pastorale besoek, vul asb die groen kaartjie in, Pastoor Lourens sal jou skakel

Kontak ons Pastoor Abigails Administrasie Algemene sekretaris Barmhartigheid Gebedsaksie Jeug Kinderkerk Kommunikasie Manne Musiekspan Sondag Creche Tegniese span Terrein & Geboue Transformasie Vroue bediening

Lourens du Plessis Wendy Strydom Tilla Greyling Johan Stemmet Minnie Thompson Hannes van Rooyen Richard Thomson Thys Verreynne Zelda Roscherr Christine Laubscher Cobus Uys Annie Naud Alet Stemmet Stephan van der Walt Frans White Tina Verreynne Elsa van Heerden

023 614 2260 agsmontagu@telkomsa.net 084 501 7377 wendystrydom@ymail.com 082 648 1574 082 572 3855 076 345 7215 084 517 1226 083 990 1910 Coaching77@gmail.com 082 867 9086 ThysenTina@vodamail.co.za 082 469 0094 zelda@churchstreet.co.za 082 926 6555 christine@montaguproperty.com 082 789 5079 Tafelkop4x4@gmail.com 079 877 3292 annienaude@gmail.com 079 346 1086 lelanie@telkomsa.net 079 311 9971 073 318 1626 whitesons@telkomsa.net 076 287 4415 ThysenTina@vodamail.co.za 083 641 5826

Bankrekening besonderhede: AGS Nuwe Lewe Sentrum ABSA Bank Tak / Branch 632005 Rek Nommer / Acc number: 1050140225

Volg ons op

www.facebook.com/NLMontagu of soek Nuwe Lewe Montagu www.nlmontagu.org

19

20

You might also like