You are on page 1of 5

Die Opium van die Intellektuele; resensie van Raymond Aron se

The Opium of the Intellectuals

Aron se analise van die intellektuele klimaat in Frankryk tydens die 1940s en 1950s het geen van sy relevansie verloor in die 21ste eeu nie. Steeds dra dit by om die gedagtewreld van intellektuele te ontbloot, veral van die voorstanders van irrasionele utopianisme. Destyds het dit gegaan oor Sowjet kommunisme, vandag gaan dit oor die Postmodernistiese Multikulti ideologie. "The Opium of the Intellectuals" voorsien merkwaardige insigte in die denkprosesse van die voorstanders van utopiese idealisme, veral wat betref hul ekstremisme.

Marx het beweer dat godsdiens mense se aandag aftrek van die gebreke van die wreld deur n utopiese bestaan in die hiernamaals te belowe. Aron verduidelik dat kommunisme hierdie presiese rol gespeel het vir radikale intellektuele wat die barbarisme daarvan verskoon en gerasionaliseer het juis oor die ideologie se belofte om utopie op die aarde te bewerkstellig. En soos by alle vorme van religie was geloof die dryfveer, nie die rede nie. Marxisme in al sy vorme is n godsdiens wat poog om ander geloofstelsels te verplaas en verteenwoordig al die hooftemas van progressiewe denke. Intellektuele is geneig om nie in die tradisionele sin godsdienstig te wees nie, en bou dus ideologiese lugkastele waarin alles moontlik is. Die geloof van die progressiewes spruit dus uit fantastiese utopiese drogbeelde. Die idee is alles. Die feit dat mense nie perfek is nie, lok sulke denkers se minagting uit. Die grusame misdade van kommunisme het daardie Franse intellektuele nie gepla nie want hulle het geglo die doel heilig die middele. Elke menseslagting is dus gerasionaliseer as deel van die weg tot verlossing, n noodsaaklike stap nader aan die aardse utopie. Sulke afsydigheid teenoor lyding word moontlik gemaak deur n vorm van verliefdheid of erotiese assosiasie met die utopiese belofte van die ideologie. Marxisme en verwante kollektivistiese ideologie het nooit werklik die opium van die mense geword nie. Dit bly egter die gunsteling dwelmmiddel van hedendaagse utopiese intellektuele. Voorstanders van sulke ideologie beroep hulle altyd op die rede. Aron wys daarop dat die mag van die rede altyd beperk is. Die Franse na-oorlogse eksistensialistiese filosowe se versnit van Marx en Nietzsche voed vandag die relativistiese postmoderniste. Oor die algemeen gaan die denke van die Verligting mank aan een eienskap. Alle geloofstelsels word gekritiseer behalwe die Verligting se eie geloof in die oppergesag van die rede. Aron redeneer dat die ideale van die Verligting aan dieselfde kritiek onderwerp moet word as di van sy teenstanders. In die

outeur se eie woorde: Deur godsdiensvryheid te verdedig, verdedig die ongelowige sy eie vryheid van denke.

Fanatisme is een van Aron se hoofteikens, maar hy beweer ook dat die teenoorgestelde apatie ewe skadelik is. Beide is n ekspressie van nihilisme. Een van sy waardevolle insigte is die rol van skeptisisme. Die bruikbaarheid of skadelikheid van skeptisisme hang af van watter vorm van nihilisme op n gegewe tydstip die botoon voer: fanatisme of apatie. Die teenmiddel, volgens Aron, is praktiese wysheid of n versigtige benadering tot verandering.

Aron se veroordeling van intellektuele beskonkenheid beteken nie dat hy antiintellektueel was of idees as sulks verwerp het nie. Hy het egter n heldere begrip gehad vir die geweldige krag van idees, en waartoe dit lei. Politici is altyd die dienaars van denkers. Idees ontstaan gewoonlik in die akademie vanwaar dit deur die media in die populre kultuur en politieke sfeer insypel. Vandaar deesdae se alomteenwoordige idees van politieke korrektheid (sensorskap), diversiteit (n bedrieglike woord vir multikulturalisme), morele relativisme (n uiters gevaarlike konsep) en die verheerliking van n groen bewustheid (geensins so edel of onskuldig as wat dit mag voorkom nie).

VERWANTE LEESSTOF (kliek op die skakels). Intellektuele-Idiote Kerk-van-die-Kokende-Aardbol MASKERS-VAN-DIE-MENSESLAGTERS Die-Natuur-is-Gewetenloos Oplaas-Word-Jy-Verplig-Om-Die-Vullis-Uit-Te-Smyt Die-Plaag-van-Postmodernisme Resensie-van-Science-Faith-and-Society The-True-Believer-review DIE-WESTE-SE-NUWE-GODSDIENS

BIBLIOGRAFIE Himmelfarb. Gertrude. On Looking into the Abyss. Resensie Lilla, Mark. The Reckless Mind. Resensie Milosz, Czeslaw. The Captive Mind. Resensie Revel, Jean-Franois. Last Exit to Utopia. Resensie

You might also like