You are on page 1of 3

Tel: (011) 814 4971 Fax: (011) 814 2295 Fax2Email: 086 509 4229 Tax Practitioner:

75 Hendrik Verwoerd Street Nigel 1491 Private Bag X3008 Nigel 1490 admin@britsaccountants.co.za

PR-DFB7D44

Augustus Nuusbrief
Ons bedank Riana Gouws wat die laaste paar maande ons rekeninge afdeling behartig het, ons verwelkom Ria Pieterse, n ou bekende by SARS wat ons admin gaan oorneem. Yolani van der Westhuizen sal vanaf 15 Augustus 2012 rekeninge oorneem. Ons besef dat die laaste paar maande daar n hele paar skommelings by die praktyk was en die einde is nog nie heeltemal in sig nie. Dit is nou maar so dat mense kom en gaan en dat mense geskuif word om sodoende hulle talente tot die beste vir die praktyk aan te wend.

Vervolgens wil ons die volgende paar sake onder u aandag bring:

Skakelbord: Daar is steeds mense wat nie die regte opsies uitoefen nie. Ons bring dit weer onder almal se aandag dat hulle asb. mooi moet luister na die skakelbord opsies en nie net n nommer druk nie. Neem asseblief kennis van die opsies: Opsie 1: Opsie 2: Opsie 3: Opsie 4: Opsie 5: Opsie 6: Opsie 7: Opsie 8: Rekeninge of Yolani Cecilia, LBS, Salaris aangeleenthede Alida BTW Michelle - Inkomstebelasting Wilmari BTW Melanie BTW / Leandri Fatima Chantel

As u hierdie opsies byderhand het hoef u nie na al die opsies te luister nie en kan dadelik die regte opsie kies. Dit is belangrik dat u die korrekte keuse maak omdat almal baie besig is en nie onnodig gepla moet word nie. Ons hoop dat hierdie lys dit makliker vir u sal maak. Moet asb. nie fakse na 011 814 4971 stuur nie, hierdie nommer is nie gekoppel aan n faks masjien nie. Indien eposse gestuur word en u is nie seker aan wie dit moet gaan stuur dit asseblief na admin@britsaccountants.co.za om te verseker dat u epos wel gelees word.

Algemene fakse moet ook asseblief gestuur word na 086 502 2993 of 011 814 2295, die 086 509 4229 nommer gaan na Christo toe en word dus nie elke dag nagegaan nie. Enige rekening navrae moet asb. voortaan ge-epos word na accounts@britsaccountants.co.za

Personeel Indien u n probleem met n personeel lid het, kan u met Fatima praat anders vra Ria om met Christo te praat. Noem egter dat dit in verband met n klagte is. Ons is bewus dat daar jare lange verhoudings met die praktyk opgebou is en dat u nie altyd op hoogte is van die wisselwerking in die praktyk nie. Christo is nie altyd beskikbaar nie, om dus u saak so spoedig moontlik afgehandel te kry vra ons dat u asb. die aangeleentheid aan Ria (admin.) sal deurgee. In sommige gevalle is daar n sekere personeellid wat in beheer is van n afdeling en dus u versoek vinnig en akkuraat kan afhandel. Die volgende personeel sal kan help: Alida en Melanie BTW navrae Fatima Voorlopige belasting, CIPRO (CIPC) en sake waarmee Alida en Melanie nie kon help Cecilia LBS, UIF, Payslips en ander arbeid navrae, SARS registrasies Michelle SARS registrasies, inkomstebelasting Leandri inkomstebelasting, soek van dokumente Yolani Probleme met rekenaars of Pastel, kredietaansoeke, PAIA, CIPC, BEE sertifikaat, inkomste bevestiging, inkomstebelasting of BTW nommers en rekeninge (invorderings) Ria algemene navrae, PAIA, CIPC, inkomste bevestiging, BEE sertifikaat, afsprake

Inkomstebelasting - Salaris sake dokumente benodig en betaling 1. Ons vra almal om asseblief te verseker dat alle nodige dokumente ingedien word vir verwerking en indiening. As jy onseker is van watter dokumente ingedien moet word praat met Michelle (michelle@britsaccountants.co.za / skakelbord opsie 4) of Leandri (leandri@britsaccountants.co.za / skakelbord opsie 6). 2. Net weer ons werk onafhanklik van SARS. Dus ons werk nie vir SARS nie, kry nie kommissie van hulle af of enige ander vergoeding. 3. Ongelukkig is daar klinte wat weier om ons te betaal totdat hulle hul geld van SARS af ontvang het. Hierdie praktyk het GEEN kredietooreenkoms nie en vesroek ons dat u ons wel op tyd betaal. a. Om n eenvoudige voorbeeld te gebruik jy stap by Spar in laai n waentjie vol goed en wil uitstap met die verskoning dat jy sal betaal sodra jy jou salaris ontvang het. Jimmy sal dit nie toelaat en jy sal maar jou waentjie daar moet laat. b. Die Spar lewer produkte, ons dienste, net soos Spar betaling verwag ongeag van jou salaris verwag ons betaling ongeag van SARS. c. As gevolg van bogenoemde moet ons voortaan vra dat alle inkomstebelasting verwerking en indiening voorafgegaan moet word met betaling gelykstaande aan die vorige jaar. Indien dit blyk dat u minder hoef te betaal sal u n krediet vir die volgende jaar ontvang. Indien u meer moet betaal sal u gefaktureer word vir daardie bedrag.

BTW 072012 MOET VOOR/OP MAANDAG 13 AUGUSTUS 2012


INGEDIEN WORD

Fakturering 4. Wat belasting behels die volgende: a. Fakture sal op die eerste Maandag van elke maand uitgestuur word. Waar die eerste in die middel van die week is, sal die fakture op die laaste Maandag van die voorafgaande maand uitgestuur word. b. Die faktuur sal al die gewone inligting bevat maar ook die datum waarop die BTW ingedien moet word. c. Ons vra dat hierdie faktuur so gou moontlik vereffen word voor of met indiening van u dokumente. d. U kan u BTW oor twee maande betaal aangesien elke BTW tydperk oor twee maande strek. e. Indien u rekening nie op datum betaal is nie, kan ons nie Finansile State doen totdat dit vereffen is nie. 5. Finansile State: a. Ons is bewus dat die state nie net n paar sent is nie, daarom kan klinte state maandeliks afbetaal. b. Weereens ons benodig 50% deposito voor werk begin kan word. c. Indien u nie die deposito kan betaal kan u maandeliks bedrae betaal totdat u die nodige deposito betaal het. d. Bogenoemde is teen niemand gemik en u moet dit nie persoonlik neem nie, maar in vandag se ekonomie waar niks seker is, kan ons nie werk doen sonder betaling nie. 6. Terme van betalings a. Ons is nie n finansile instelling nie en mag volgens wet dus nie krediet verskaf nie b. Dit beteken dat alle dienste wat ons lewer dadelik betaalbaar is. c. Indien u dus nie so spoedig moontlik u rekening vereffen na ontvangs van u faktuur verbreek u die wet, maar is ons nog altyd ons klinte tegemoetkomend in die verband. d. U as besigheidspersoon weet hoe dit is wanneer n klint nie sy rekening vereffen nie die besigheid staan nie stil nie rekeninge moet betaal word, so ook salarisse, voorraad moet aangekoop word, as een klint nie betaal is die stres op die besigheid geweldig hoog. e. Behandel ons dus asb. soos u wil h u klinte u moet behandel. 7. Klinte inligting a. Ten einde die beste diens aan u as gewaardeerde klint te lewer het ons u samewerking nodig om seker te maak dat u inligting korrek is en dat ons u sake kan afhandel. b. Die wet beskou dit as n oortreding wanneer vals inligting verskaf word, dus maak seker dat u belangrike inligting soos adresse, telefoonnommers, bankbesonderhede op n gereelde basis nasien en aan ons verskaf.

Our deeds determine us, as much as we determine our deeds. - George Eliot

The Lord makes the practice like a city on a hill that cannot be hidden ~ Matt 5:14

CJ Brits

CJ Brits Finansile Dienste CC CK: 2002/067554/23

CL Celestino

You might also like