You are on page 1of 30

agtes skree kliphard EK!!!, maar nee, my hand wil nie opgaan nie!

Twee aande gelede was embarrassing genoeg! My hand het maar diep in my hart opgegaan, nes Tom ges het dit nie moet wees nie! Ek wil ook julle aandag vestig op n paar getuienisse in hierdie uitgawe wat as kruikstories gemerk is. Lees dit asb! n Getuienis vertel van ons Skepper se trou en genade waarvan ons regdeur die Woord lees. En ons mt getuig, dit is n opdrag uit die Skrif. Hand 1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees... tot in die uithoeke van die wreld. Dit is wonderlik om te sien hoe die Here vandag nog in ons lewens werk. Hy is groter as die vyand! Ek het my eie ervaring gehad twee weke gelede, en deel ook graag my getuienissie in die kolom net hier langsaan. Ons het n paar prestasies in die geloofsfamilie gehad die afgelope tyd. Lees ook daarvan in hierdie uitgawe. Daar l n heerlike vakansie vir die kinders voor, moenie uitmis nie! Kry die inligting op bl 11. Ons geloofsfamilie het verseker n hart vir ons medemens in nood. Bl 12 en 13 het my laat huil met n dankbare glimlag vir dit wat ons kan doen vir ander. Lees ook die artikel op bl. 27. Dit is vir my onmoontlik om ietsie te s oor elke storie in hierdie uitgawe, ek wil in elk geval nie al die verrassings weggee nie. Geniet elke tone-omkrul-storie! Senwense en groete

Die jaar is op n drafstap. Pinkster is verby. Oor drie weke is ons in die tweede helfte van die jaar. En ons was besig in die eerste helfte! In hierdie uitgawe vertel ons julle daarvan en hoop om n vrymoedigheid te kweek by diegene wat nie deel daarvan kon wees nie om volgende kwartaal met n onverklaarbare opgewondenheid te kan inskakel. Pinkster hierdie jaar was baie gesend en ek hoop jy was ook daar! Tom Smith het al my verwagtinge oortref, net soos hy ges het ons al sy verwagting oortref het! Leef jy sonder grense? Lees meer oor Pinkster 2012 in Ryno se artikel op bl. 4. En as julle die reeks nie kon bywoon nie of een van die aande gemis het, gaan gerus op die webwerf en luister na die preke daar.

Tydens die tweede aand by pinkster was ek een van die 4 baie eerlikes wat my hand so ewe opsteek toe Tom vra wie het n gunsteling teksvers. Nou wil ek graag weet, het julle dan nie so iets nie? Ek het n hele paar gunstelinge! Hoewel ek n konteks mens is wat hou van die groot prentjie, n gunsteling bly n gunsteling! Mooi bly mooi! Die skrywers van die Skrif het ook hulle kreatiewe oomblikke gehad. Die vierde aand vra Tom wie van julle is sendelinge? My ged-

Hier is my Kruikstorie kruikstorie... Toe ek so halfpad met hierdie uitgawe was, mors ek koffie op my skootrekenaar, en ek bedoel die vol koppie het omgetiep oor die hele sleutelbord! En daar sterf die rekenaar binne minute. (Wys jou hoe giftig koffie is!) My eerste bekommernis is dat ek nie genoeg tyd sal h om die hele uitgawe van voor af te begin nie! En ek bid, Here! Beskerm asb die data! Maar die menslike mens in my bly bekommerd. Toe gaan sit ek op my tuinbankie onder die bome in n poging om stil te raak en troos by my Lewensredder te kry. Intussen het n hele swerm klein voltjies in die boom bokant my kom sit en tjirp, die mooiste voltjie geklets ooit, wat my gedagtes totaal tot stilstand ruk. Al wat ek gedink het was n vraag aan die voltjies gerig, probeer julle vir my ietsie s? Net daar begryp ek die waarheid wat ek eintlik reeds geweet het! Hierdie Familie Nuus is God se projek, wie sal Hom kan stop? Ek is net die instrument in Sy hande! En God het my net herinner deur sy voltjies te stuur om my gedagtes werklik stil te kry. Die saligheid! Ek het net geweet die volgende dag sal ek weer verder werk aan hierdie uitgawe! En dit was ook so! Prys ons troue Lewensredder!

Kollig Stories
4
Bybelreis met Stephan Joubert Vrouebediening: Herfskonferensie, Nataniel was hier, Vrouekamp en volgende byeenkoms Moederskamers

Lewe sonder grense Ryno som ons Pinkster 2012 ervaring op Wat is n volwasse intensionele huweliksverhouding? Toebroodjie projek Besoek aan Ivory en Ebonypark, Tembisa

16

8 9 10

Sentrum vir Lewenskuns

12 27

17
Huweliksnaweek!

20
Brul en Piep: terugvoer

Young Adults

22 11 13
Vakansieprogram vir kids en gemeenskapsprojek Klerekas: Waarheen gaan jou skenkings? Koskas: Waarheen gaan jou skenkings? Voorwaarts mars! Straatstap en versorging Selgroepe

Boeke - n Splinternuwe bundel op die rakke na 10 jaar! Musiek... gepraat van psalms Voel jy dalk geroep om n mentor te wees? Solo Bediening: wat doen ons alles? 3 Vs en die kinders

Kruik Stories
Getuienisse uit ons geloofsfamilie
Ons wat hierdie skat in ons het, is maar kleipotte wat maklik breek; die krag wat alles oortref, kom dus van God, nie van ons nie. 2 Kor 4:7
Ek het Jesus gesien...

23

24

13

26 28

14 15 15

Die manne het gaan jag

29 30 31

Kinderpret! Wees n bietjie slim en kunstig Toets jou Woordkennis Blokraai #1 Inligtingsblad met tye en kontak besonderhede

Die waarheid (Sy is jonk maar wys) Ons ervaring tydens die Ons trou kursus Dankie Here! (Ons paadjies het byna geskei!)

8 9 10

Ster Stories
18
Daar is altyd hoop (n Gedig) Dit wil gedoen wees!

My Brul en Piep ervaring

23

Psalm van halftyd Manne skryf n Psalm!

19

Goddelike ingryping: Gert vertel

21

25

Baie geluk Francois!

24
3

Jeugmentor se ervarings

Ryno Meyer ~

Nuwe ritme. Nuwe lewens. Nuwe stories wat een word met God se storie. Alles deur die kragtige werking van die Heilige Gees. Dit is die storie van Pinkster: dat die Gees van God uitgestort is op gewone mense soos ek en jy, sodat God Sy storie van liefde, verlossing en versoening kan voltooi deur in ons te woon en ons te bekragtig om nuwe stories te leef. Die tema van Pinkster hierdie jaar was Lewe sonder Grense. Hoe doen 'n mens dit? Tom Smith het hierdie vraag geantwoord deur voor te stel dat ons begin om 'n nuwe ritme te leef. Een wat in pas is met die storie van Jesus, die storie van die kerk as die liggaam van Jesus en in pas is met God se hart en plan vir ons spesifieke konteks as Pierre van Rynevelders in SuidAfrika in 2012. Hierdie ritme is 'n sirkel, en herhaal homself telkemale in ons lewens as gelowiges. Dit is nie vier stappe na vervulling of iets wat mens net eenkeer deurgaan nie. Hierdie ritme behels die volgende: om geanker te wees in God se liefde en te weet en te leef dat ons geliefd is; om deur die Gees van God gevorm te word; om deur die Gees van God bekragtig te word; om deur die Gees van God gestuur te word. Hierdie ritme is so anders as die ritme wat ek dikwels leef, en

daarom maak dit my opgewonde en was dit baie verfrissend vir my. Ek het die waarde besef daarvan om in voeling te wees met dit waarmee die Gees besig is in my lewe, om teenwoordig te wees in daardie deel van die ritme en om alles in die stryd te werp om daardeur te groei en 'n lewe van vervulling en Geesvervullig te leef. Dit is soveel anders as om net hard te werk, geld te spaar vir Desember, geld te spandeer oor Desember, te "rus" en dan weer die siklus te herhaal. Hierdie nuwe ritme bring nuwe lewe, vir myself en vir ander. Hierdie ritme sluit ander mense in, en maak dat ek my lewe en alles wat ek doen, na ander rig en nie net op myself fokus nie. Hierdie ritme is onmoontlik sonder die Heilige Gees, en bring 'n ervaring en bewustheid van die Gees mee, wat ons so dikwels na smag en soek en beny in ander mense se lewens. In hierdie nuwe ritme gebeur dit met elkeen van ons, in die hier en nou, binne ons liggame, in tyd en ruimte soos ons dit hier ken.
4

Die grootste uitdaging vir ons as geloofsfamilie, glo ek, is die beliggaaming van hierdie nuwe ritme. Om afstand te doen van 'n geloof wat nt persoonlik en diep binne in ons harte gebeur, en te beweeg na 'n geloof wat hande en voete kry. 'n Geloof wat vertrou op God, krag van Hom ontvang vir dit wat gedoen moet word en dan in gehoorsaamheid dit doen. 'n Geloof wat uitgeleef word op ons Here se terme deur die kragtige werking van die Gees, en nie op ons eie terme deur die kragtige werking van ons kultuur, besige programme en vooroordele nie. Laasgenoemde geloof is uitgedien, dit het 'n hardheid in ons meegebring, en dit is tyd vir Jesus om dit af te skil. Dit is tyd vir liefde om bo "realistiese denke" uit te troon. Dit is tyd vir sagte hande in plaas van vuishoue en veroordeling. Die Gees doen dit. Pinkster doen dit. Mag ons geloofsfamilie saam 'n nuwe ritme leef. Mag ons weet hoe geliefd ons is. Mag ons "ons" groter word. Mag ons met oop hande en huise leef. Mag ons stil paaie ontdek waarheen Jesus ons stuur. Mag die Gees van God alles nuutmaak en die koninkryk laat kom in Pierre van Ryneveld, soos in die hemel. Al Tom se preke van Pinkster is op die webwerf beskikbaar en kan ook op CDbestel

Jan Venter ~

Na weke se frustrasie met n motor wat uitgekamp het by die werkswinkel en die paneelklopper moes ek een Woensdag Groenkloof se kant toe ry om iemand te gaan oplaai. Ek was lekker omgekrap en moeg gesukkel. Ongeduldig ook sommer. Toe ek by die verkeerslig daar naby die Little Company of Mary Hospitaal stop, sien ek hulle twee... Die verslonste, bruinverbrande vrou met haar toutjieshare en flenters getrapte skoene. Met haar huis in n bondeltjie by haar voete. Haar lank klaar gebruikte klere sakkerig oor haar skouers. Sy lyk so effe soos n tannie wat ek lank terug geken het. Skuins agter haar die jong seun. Sy pikswart vel stowwerig

van die ontbering in die buitelug. Sy verslete kortmou hemp, met een knoop, en die te groot kortbroek gedrapeer op sy skraal skouers en knopperige knie. Kaalvoet. Terwyl ek nukkerig wag vir die verkeerslig om groen te word, sien ek die vrou haal n broodsakkie met n paar snye brood uit. Middagete. Sy haal twee van die snye uit die sakkie, neem n lekker groot hap uit die broodjie en draai die ander paar snye weer versigtig toe in die sakkie. Seker om te bere vir later, dink ek. Maar sy wink met die sakkie. Die seun loer ongelowig en versigtig vir haar. Sy wink weer, sonder woorde. Hy verstaan. Sy gesig kraak in n onverwagse, skamerige glimlag terwyl hy eenkant toe stap en op n klip gaan sit met sy onverwagse sakkie brood. Middagete. Of dalk die dag se ete,

ek weet nie meer nie.

Kruikstorie

Uit die hoek van my oog sien ek die groen verkeerslig en ek word weggeraap deur die besige stadsverkeer. Met n gekneusde hart. n Skaam hart. Oor my eie ondankbaarheid en onvergenoegdheid. Verwondering oorweldig my want, dink ek, vandag het ek vir Jesus gesien. Op die hoek van George Storrar en Leyds, in Groenkloof. Here Jesus, bid ek, ek wil so omgee, deel, versorg, liefh en leef, dat ander U sal sien. Asseblief Here, help my hiermee, want as dit van my alleen afhang sal U on-

Henk Janse v Rensburg ~

Sedert 2009 het ons geloofsfamilie die voorreg dat Stephan Joubert deel van ons geloofsfamilie is. Hy is een van ons deeltydse leraars wat by ons preek en saam met my die Bybelreis aanbied. Soos baie van ons geloofsfamilie kan getuig, beteken die Bybelreis vir elkeen van ons geweldig baie. Ons word uitgedaag om te groei en Jesus op n nuwe, intiemer manier te verstaan en uit te leef. Ons is juis nou besig om deur die boek van Filippense te reis. Elke kwartaal word drie

aandsessies aangebied en een oggendsessie wat n samevatting van die aandsessies is. As jy nog nie die Bybelreis bygewoon het nie, kom word gerus deel van hierdie ervaring. Een van die dinge waaroor ons baie opgewonde is, is dat Stephan Joubert onlangs as Buitengewone Professor in Nuwe Testamentiese en Praktiese Teologie: Kontemporre Ekklesiologie by die Universiteit van die Vrystaat aangestel is. Aangesien dit nie n voltydse aanstelling is nie, bly Stephan nog steeds betrokke in ons geloofsfamilie. Hy is ook n navorsingsgenoot by die Radboud-universiteit in Nijmegen, Nederland,
5

waar Prof Jan van die Watt is. Stephan is ook nog steeds betrokke by ekerk en tree as leierskapskonsultant op. Ons nooi jou uit om gerus die ekerk webblad te besoek by www.ekerk.org In die Mei-uitgawe van die JUIGtydskrif is daar n goeie artikel waarin Stephan reflekteer oor sy geloof. Gaan lees dit gerus by www.juig.co.za.

Jana-Marie van Rooyen ~

Kruikstorie

Elmarie van Wyk ~

Wonder jy wat het van die man/ vrou geword op wie jy so verlief was? Wie is die mens met wie jy nou getroud is? Waar is die op die wolke of die ons sien kans vir enige iets gevoel? Wil jy graag jou huwelik weer op n plek kry waar julle saam trek, werk en speel? Hierdie plek noem ons volgens die Imago-teorie n INTENSIONELE VERHOUDING. Om by intensionele verhouding uit te kom, help dit om te verstaan hoekom ons twee in die eerste plek op mekaar verlief geraak het. Hoe verlief kan verander in n magstryd en hoe om doelbewus en effektief deur konflik te werk. Met die hulp van Imago-terapie kan ons dus leer om wysheid in konflik te soek en hoe om intensioneel aan ons verhouding te werk. Hoe lyk n intensionele huweliksverhouding dan? Jy raak sensitief vir die subtiele agenda van jou huwelik, nl. om kinderjare wonde te heel. Jy besef dat hierdie verwonding selfs die op of af toiletsitplek

struwelinge onderl en met die toenemende sensitiwiteit vir die raaisels in jou huwelik begin groei tot n groter gevoel van beheer. Jy ontwikkel n meer realistiese beeld van jou maat. Wanneer jy verlief is, verwar jy jou maat onbewustelik met jou primre versorgers(ouers). Nog n bietjie later in die verhouding projekteer jy jou eie negatiewe eienskappe op jou geliefde en steeds word sy/haar werklike identiteit verskuil. In n intensionele verhouding erken ons hierdie illusies en sien ons nie meer ons maat as ons redder nie, maar as n aparte mens met sy/haar eie behoefte aan genesing. Jy aanvaar jou verantwoordelikheid om jou behoefte duidelik aan jou maat te kommunikeer. Jy erken die feit dat jou maat nie jou behoeftes net kan weet nie en dat julle doelbewuste kommunikasie kanale moet skep. Jy leer om konstruktief te praat en op te tree. In plaas daarvan om jou ou brein toe te laat om reaktief op te tree, dink jy wat besig is om te gebeur en hoe om dit meer effektief te hanteer. Jy besef en erken dat jou maat se rol in die lewe nie is om met magiese vermons na jou behoeftes om te sien nie, en ag sy/haar behoeftes net so hoog as jou eie. Jy leer om jou eie minder goeie eienskappe te erken en te aanvaar. Wanneer ons verantwoordelikheid vir ons eie swakplekke aanvaar , verminder die geneigdheid om dit op ons maats te projekteer en skep ons so n veiliger omgewing waarin ons verhouding kan groei. In n intensionele verhouding leer jy effektiewe maniere aan om behoeftes te bevredig en besef jy dat jou maat inderdaad n liefdevolle hulpbron in
7

die proses kan wees, mits jy negatiewe taktiek afleer. Jy leer dat om n werklik volwasse MENS te wees, jy jou eie wysheid en positiewe eienskappe moet ontwikkel, in plaas daarvan om te verwag dat dit in jou maat moet wees. Met ander woorde, elkeen van julle aanvaar self verantwoordelikheid vir sy eie groei. Jy raak toenemend bewus van jou Godgegewe vermo om onvoorwaardelik lief te h. In n intensionele verhouding besef julle beide toenemend elkeen se behoefte om heel te wees en te leef! Beide van julle besef en aanvaar dat n blywende liefdesverhouding harde werk is. In plaas daarvan om te glo dat om gelukkig getroud te wees jy net die regte maat moet kies, besef jy dat jy eerder die regte maat moet WEES.
Om ons huwelike by hierdie

vlak van intensionaliteit en volwassenheid te kry is dit soms nodig om hulp te vra, veral as ons voel ons het mekaar iewers langs die pad verloor. Imago terapie is n effektiewe manier om n egpaar toe te rus en te bemagting om met vaardighede en toegewydheid n liefdevolle huweliksverhouding te bou. Bronne: Getting The Love You Want; ~ Harville Hendrix. A Happy Human

Elmarie van Wyk ~

Wat is die Sentrum vir Lewenskuns? Buiten dat dit n plek langs die kerk is, is dit veel eerder n diens. Dis n ruimte waar mense tot verhaal kan kom en sin kan maak uit hulle stories. Wanneer gaan n mens vir terapie of berading? M.Scott Peck antwoord die vraag in sy boek, The Road Less Travelled and Beyond, perfek. Wanneer jou wiele gly. Dit voel asof jy in modder vassit en hoe harder jy probeer, hoe dieper sak jy weg. Watter dienste lewer ons? Huweliks- en verhoudingsterapie; Huweliksverrykingswerkswinkels. Lees gerus die advertensie van ons eerste werkswinkel in Julie. Huweliksvoorbereiding, hetsy individueel of die Ons Trou

program wat kwartaalliks aangebied word; Egskeidingsbegeleiding; Ouerleiding; Traumaberading; Persoonlike/karakter groei, soms voel dit asof jy in n groef is en oor en oor dieselfde foute maak; Roubegeleiding; Studiehulp; Personeelversorgingspakette vir besighede (lees gerus die brosjure hier langsaan). Hoe kontak jy/julle ons? Skakel vir Amanda by die kerkkantoor; deur enige van ons predikante of kontak direk vir my, Elmarie van Wyk 072 238 0549, vir n afspraak by myself of Berna Pretorius. Wat is die kostes? Ons hef n konsultasiefooi van R250 per sessie wat of kontant , of per internet betaal kan word. Moet egter asb. nie dat kostes

jou van hulp weerhou nie ons pas hierdie kostes aan na gelang van die klient so omstandighede. Wat het ons nodig? Jou voorbidding! Tydens terapie word n veilige ruimte geskep vir die klient om sin te maak van, en te groei deur, sy/haar verhaal. Ons doen dit in absolute afhanklikheid van die werking van die Heilige Gees. Ons het ook behoefte aan iemand wat veral kan help met die bemarking van ons dienste aan die privaatsektor en die moontlike werwing van fondse. Ons wys niemand weg nie, wat beteken dat sessies soms deur ander fondse geborg moet word. Vir enige verdere inligting kontak gerus die kerkkantoor of Elmarie van Wyk 072 238 0549

Kruikstorie
n Verloofde paartjie in ons gemeenskap ~

Verhoudings is moeilik. Die trou kursus het ons baie geleer, maar nie net, soos ons gedink het oor wat dit is om getroud te wees, en wat vewag kan word as ons getroud is nie, maar wel oor mekaar. Hoekom ek lief is vir die persoon met wie ek beplan om te trou, hoekom dit normal is om te verskil, en hoekom ons mekaar nie altyd verstaan nie. Die heel beste ding van die trou kursus was dat dit ons geleer het om mekaar beter te verstaan, om meer geduldig met mekaar te wees, om aktief na mekaar te

luister en om saam te groei na heelheid. Baie interessant is dat al die temas wat bespreek word in Ons Trou amper net so van toepassing is in jou ander verhoudings, bv. by die werk. Ons beveel die kursus aan vir almal of jy al getroud is of nog gaan trou. Omdat jy nie besef hoe groot die impak van jou eie gebrokenheid is op jou alledaagse verhoudings nie,
8

sukkel baie van ons om effektief in verhouding te wees. Die Ons Trou Kursus help n mens om na jou eie gebrokenheid terug te gaan, sodat jy daarvan bevry kan word.

Vir meer inligting oor die Ons Trou program, kontak gerus vir Riana by die kerkkantoor.

Waar staan jou huwelik as jy dit aan die inligting in die meegaande artikel meet? Wil jy en jou man/vrou julle huwelik versterk, laat groei of dalk herstel? Die naweek van 27 -29 Julie bied die Sentrum vir Lewenskuns n huwelikswerkswinkel aan om jou presies hierin te begelei. Vrydagaand 6 -9 uur: oop vir almal @ R120 p.paar.: Inset oor die Bybelse perspektief van die huwelik ; kort oorsig oor die inhoud van die huwelikswerkswinkel wat op Sa-

terdag en Sondag volg en n demonstrasie van n Imago frustrasie dialoog (dit is vir di van julle wat nog nie seker is of julle die werkswinkel as geheel wil meemaak nie en dit by n vlg. geleentheid sou wou doen). Saterdag en Sondag van 8 tot 6 die volledige Huwelikswerkswinkel @ R1 300 per paar (insluitend Vrydagaand, twee ligte maaltye, koffie,tee en versnapperinge asook lesingmateriaal. Die eerste 8 pare wat n 50% deposito betaal het, sal die spesifieke werkswinkel bywoon. Volgende werkswinkels sal,

afhangend van die behoefte, kwarttaalliks aangebied word. Besprekings en betalings geskied by Amanda by die kerkkantoor. Vir enige navrae oor die werkswinkel self, kontak gerus vir

Anoniem ~

Vier en n half jaar na ons sprokies troudag besef beide van ons skielik dat ons huwelik nie meer is wat dit was of moet wees nie. Boonop het die Here ons gesen met n pragtige seuntjie - nou twee jaar oud. Des te meer het die wete dat ons eenheid besig is om te verkrummel ons behoorlik benoud gehad. Ja, dit het gevoel of ons letterlik afstuur op egskeiding. Wie dink ooit op daardie spesiale dag dat so n nare tyd in jou huwelik sou voorl? Ek, as man van die huis, het lank gedink oor wat die regte ding is om te doen en hoe om dit te hanteer. Ek weet nog steeds nie of ek dit reg hanteer het nie, maar weet wel dat dit die regte besluit was. Dit was nie lekker om te besef dat, as ons nie onmiddellik n plan maak nie, ons probleem net groter gaan word. Ek het die kerkkantoor

Kruikstorie

geskakel om te hoor hoe die kerk kan help en word toe verwys na Elmarie van Wyk. Ek as vrou het gevoel dat ek n mislukking is vir my man. Ek het nie geweet hoe ek dit moet regstel nie. Nadat my man die oproep gemaak het, het hy vir my ges ons moet dringend hulp kry en dat hy reeds vir ons n afspraak gemaak het. Ek was onmiddellik kwaad, want die persoon gaan nou seker weer SY kant kies. Maar dit was sowaar nie die waarheid nie. Elmarie is AWESOME!!!! Ons het vir Elmarie gaan sien en sy het dadelik n verskil begin maak. Die wonderlikste was om te besef dat n man en vrou gereeld vir huweliksberadingsessies moet gaan. Die lewe is so n gejaag, veral as jy kinders het, en die sessies is eintlik n check -up/reality check. Dit is waar n mens werklik kan stil raak en fokus. Die teenwoordigheid van n buite persoon word as n klankbord gebruik. Hierdie waardevolle sessies is nou ons huweliks-belegging wat geen geld in die wreld kan koop nie. Drie sessies en baie trane later het ons geleer om mekaar weer opreg te waardeer en hoe om met mekaar te kommunikeer in
9

tye van verskille. Want verskille sal daar altyd wees, dit is normaal. Ons probleem is nie oornag opgelos nie, maar ten minste is ons nou albei bewus van mekaar se pyn en probleme en ons beskik oor die regte tegnieke om die probleemareas te adresseer, soos dit moet wees. Ek dink die grootste fout wat mens maak is dat ons te lank wag om te gaan vir hulp van buite af. Waarskynlik in die hoop dat alles sommer net vanself sal regkom. Ons wag en speel vir tyd. En ek dink die rede daarvoor is oor daardie stigma dat jy vir berading gaan. Maar dan kom jy by by n punt waar jy besef jou huwelik is belangriker as stigmas. Ek het tot die besef gekom dit kom nie vanself reg nie, die be sluit om iets te doen l by ons. En ek het ook besef ons huwelik is belangriker as stigmas en dinge. Ons huwelik sal n voorbeeld wees vir ander! Dit sal n getuienis wees, tot eer van God. Want Hy is getrou! Lief vir jou my vrou en dankie dat ons saam kan werk aan ons huwelik. Lief jou meer , my man, vir ALTYD!!!!

Hanlie Boshof ~

Die mal prentjie hier in die middel doen die rondte tussen facebook en bbm, maar dit is hoe elke pa oor sy dogter voel, of behoort te voel. Die verhouding tussen n pa en sy dogter is so spesiaal. Dogtertjies leer by pappas wat hulle waarde as n vrou is en hoe hulle deur mans hanteer en behandel moet word. Meisies moet weet dat hulle pappas hulle altyd sal beskerm, en dat pappa aan hulle kant is. n Pa se verhouding met sy dogter het n enorme effek op haar vroulikheid, haar skoonheid, haar persoonlikheid en hoe sy omgaan met mans. Jong dames wat n noue, liefdevolle verhouding met hul pas gehad het toe hulle klein was; veilig en gelukkig

in hul kinderjare gevoel het en wat onvoorwaardelik aanvaar is, lei minder aan depressie en eetversteurings en het n sterk persoonlike identiteit. Brul en Piep is so n geleentheid waar pappas saam met hulle dogters kan gaan kamp, hulle kan beskerm teen die brullende leeus wat in die nag rondloop en sommer net hulle prinsessies baie spesiaal kan laat voel. 40 Pas en dogters het saam tent opgeslaan, saam pret gehad, saam gelag vir die beer wat so funny l en slaap en saam in die koue langs die kampvuur gesit en marshmallows braai, kuier en net mekaar se gesleskap geniet. Hier is wat een van ons graad 7s Jana Boshoff s oor die ervaring:

Dit was heerlik om saam met my pappa in die dieretuin te gaan slaap. Verlede jaar het ek dit gemis want ek was siek, maar is verskriklik bly dat ons die jaar kon saamgaan. Ons het daar aangekom, die tente opgeslaan, ons slaapplekkies geskrop en toe lekker buite gaan saamkuier met almal. Ons het die aand saam met n gids deur die dieretuin gestap, en al die diere het of geet of rustig geslaap. Omdat ons elke Sondag by groepies gesels oor die 3 Vs, het ek die volgende beleef....Die beer het so sorgeloos op sy rug met sy pote in die lug geslaap, toe dink ek by myself, as volgeling van Jesus, is dit hoe rustig ek by God se voete moet wees.......my grootste verwonderings oomblik was toe ons Saterdagoggend vroeg die tente opslaan, die stukkies ys wat op die tente gel het, dit was pragtig.......die derde V wat Verhoudings is, het ek die heeltyd beleef waar almal om die kampvuur gesels het, ek en pappa wat lekker saam gekuier het, waar ons saam met Zetta, Nicole en oom Freddie in die tent geslaap het, en hoe al die kinders saam gespeel het, al het ons mekaar nie geken nie.

Kruikstorie

10

Die tyd vlieg darem verskriklik! Mens kan nie glo dis oor n week al weer vakansie en tyd vir die vakansieprogram nie. Elke ouer wat sy kind al gebring het vir die Junie/Julie vakansie program, sal weet dit is n moet! Die kinders jol, bou verhoudings met mekaar en die groepleiers en leer meer oor hoe om volgeling van Jesus te wees.......die jaar met die hulp van Madagascar......WAARS JY? Elke jaar is ons as leiers verwonderd oor alles wat net uitwerk; die kos, die aktiwiteite en oor die feit dat almal elke dag veilig is. Ons dien voorwaar n wonderlike God!

Hanlie Boshoff ~

Die eerste week van die Junie vakansie, bied ons vir die Horskool jeug, wat met gewillige harte en hande aanmeld, n geleentheid om in ons eie gemeenskap, Pierre van Ryneveld, betrokke te raak en n verskil te maak. Dis egter nie net beperk tot ons jongmense nie, enige iemand is welkom. Die graad 11s wat voorberei vir belydenisaflegging moet hierdie

belewenis beslis nie misloop nie. Ons het in die afgelope kwartaal Christus weekliks ontdek in ons groepe op verskillende maniere en deur n wye verskeidenheid materiaal, ervarings en gesprekke. Maar hier kry ons nou die geleentheid om Christus te gaan uitleef en werklik n verskil te maak. Dis baie maklik om die 3 Vs elke dag binne-in ons comfort zone te erken en uit te leef, maar nou gaan ons ons grense n bietjie rek na die
11

onbekende en gestuurdes word! Verdere inligting is by die jeugkantoor beskikbaar.

12

Doulos
Doulos is n organisasie wat in East Lynne, Jan Niemandpark en Lindo Park werk. Hulle help arm blankes met geestelike- en fisiese groei. Hierdie mense het hulle werk verloor en het gesinne met geen heenkome. Die organisasie het kleuterskole en verskeie voedingskemas. Hulle het ook n winkel waar hulle 2de handse ware verkoop om kos te kan koop. Ons het hulle gehelp met speelgoed en breekware vir die winkel.

Elmarie Hattingh ~

Amanda Smit ~

Gedurende Mei maand het ons baie mense se harte en lywe warm gemaak. Baie dankie vir al julle skenkings. Graag wil ek julle wys wat van jul barmhartige skenkings word:

Sopkombuis
Klere is geskenk aan n Sopkombuis in Zambela (Sasolburg) wat na sowat 100 kinders omsien. Die projek word bedryf deur SA Vinyls Association. Al die hulp wat aan hulle verleen word is skenkings uit die gemeenskap. Ons het klere aan hulle geskenk.

Dankie aan ieder en elk vir die koskas bydraes wat ons so gereeld van julle ontvang! Dit is n riem onder die hart om te sien hoe oop ons mense se harte is, vir ander in nood! Ek maak graag die volgende statistieke van die koskas bekend: Daar is tans 4 gesinne wat op n maandelikse basis kos ontvang 51 kospakkies is al uitgegee sedert Januarie 2012, dit sluit in die kospakkies wat maandeliks uitgaan, asook persone wat net inloop en kom vra vir kos Ons het ook beurte om kos aan die CMR Lyttleton te voorsien Ek maak ook van hierdie geleentheid gebruik om baie, baie dankie te s vir Frieda wat so getrou vir my die kospakkies pak en aankope doen waar ons uit voorraad hardloop! Jy is n ster! Uittreksel: Karos orie dyne, Hans du Plessis ~ Genesis Innie begin hettie Jirre alles Self gekom maak. Ennie aarde was wild, pikstikdonker en leeg, en God het sosse wind oor woeste waterse geja. Toetie Jirre nou ges: lat da lig is, ennie lig het lig in strate tissen dyne gekom l! (Lees artikel op bl 22)

Helpende Hand
Jan straat no 1, Eldoraigne. Hier woon sowat 60 mense wat geen heenkome het nie. Die huis dien ook as krisissentrum aan persone met alkohol en middelafhanklikheid. Ons het 18 komberse en mooi gordyne aan die huis geskenk . Pastoor Walter Stander is die kontak persoon.

Dankie vir elke liewe skenking Pierre van Ryneveld Gemeenskapskerk! As Gemeente het ons hulp verleen van Sasolburg tot Eastlynn in net een maand! Hou julle harte oop en laat weet asb. indien jy van enige nood weet waar ons kan help. 0834603868 elmarie.hattingh@sita.co.za

13

Henk Janse v Rensburg ~

Een van die take van n geloofsfamilie is om vir mekaar om te gee en te versorg. Die leraarspan weet dat daar n groot behoefte aan versorging is en daarom is hulle besig om hieraan aandag te gee. Dit speel op twee maniere uit. Die leraarspan het besluit om die gemeente in drie areas te verdeel en dat elke voltydse leraar oorhoofse verantwoordelikheid vir n area neem. Dit beteken dat jy welkom is om die leraar van jou area te kontak of om enige van die ander leraars te kontak as jy iets onder sy aandag wil bring. Die leraars wil ook spanne opbou wat kan help met die versorging in die verskillende areas. As jy graag deel wil word van so n span, kontak asseblief een van die leraars. Soos jy dalk al gehoor het, het die voltydse leraars ook begin met straatbesoeke. Die leraars stap in hulle areas rond en maak kontak met die mense by hulle huise. Dit is sommer net n hallo s en bladskud. Indien daar n behoefte is aan n opvolg afspraak, kan dit met die leraar gerel word. Die indeling van die gemeente is as volg: (Daar sal binnekort kaarte by die twee hoofingange van kerk wees as wil seker maak in watter area jy val) Area 1 Jan Venter 082 333 6552 Die gebied oos van van Ryneveld weg en noord van die N1 Buitewyk sluit in: Elarduspark, Wingate Park, Moreleta, Garsfontein, Erasmusrand, Waterkloof, Monumentpark, asook ander gebiede oos van die R21

Ons sien uit om binnekort met jou kontak te maak. Die leraarspan.

Area 2 Henk Janse van Rensburg 082 336 7555 Die gebied suid van van Ryneveld weg en oos van Vorster - en Hertzoglaan (Insluitend Irene Farms/Cornwall Hill) Buitewyk sluit in: Irene, Centurion Golf Estate, Highveld, Southdowns, Eco Park, Roohuiskraal en ander gebiede suid van die N1 en Wes van die R21 waar daar lidmate woon.
14

Area 3: Ryno Meyer 082 460 2103 Die gebied wes van Vorster- en Hertzoglaan (wes van van Ryneveld) en Kirknesspark, asook noord van die N1. Buitewyke sluit in: Lyttleton, Lyttleton Manor, Die Hoewes, Doringkloof, Centurion, Hennopspark, Wierdapark en ander gebiede noord van die N1 en wes van die R21, waar daar lidmate woon.

Louise Jackson ~

Die selgroepleiers het op 6 Mei 2012 saam met Ds Jan n interessante gesprek begin. Ons gaan saam deur die boek van Mike Breen Building a Discipling Culture werk. Dis nie n boek wat die tipiese aanslag het van 5 tips to run your cell

more effective nie. Nee, dis eerder n boek waar ons vaardighede leer om na aan mekaar te leef. Om beGEESter te raak of my selgroep uit 4 of 15 mense bestaan. Een van die aspekte waaroor ons gesels het, was dat om dissipels te wees, n uitnodiging, maar ook n uitdaging is. Dis n interaktiewe proses, want as jy eers die warmte van die kerk betree het, word jy ook uitgedaag! Ons wil mekaar so leer en inspireer sodat selgroepe di plek word waar harte oop is vir die Here, vir mekaar en vir n wreld in nood (M. Breen). As daar nog selleiers is wat die boek wil bestel kontak asb vir Louise. Die selgroepe was die afgelope

tyd bedrywig om die gemeente te help met teebeurte en Nagmaalvoorbereiding en bediening. Boonop is daar vir n paar Sondae n bekendstellingstafel buite die kerk beman om belangstellendes se vrae te beantwoord. As JY meer oor selgroepe wil weet of wil inskakel, stuur asb jou/julle besonderhede na Louise Jackson groepe@pvr.co.za

Deon Fourie ~

Gedurende die laaste naweek in April 2012 het die mannebediening vir n naweek weggebreek uit die gejaag van die stad, bosveld toe. Die geleent-heid was ook aangegryp om van die seuns saam te neem om saam met die ouer manne skouer te skuur. Dit was n wonderlike naweek met baie stories en belewenisse, perfek met die kampvuur kuier saam met Jan en sy kitaar! Gewapen met koffie en beskuit het die jagters vroegoggend die veld in gestap, terwyl party

manne laat gel het en ander om die oggend vuur stiltetyd gehou het. Party het sommer net die bos ingestap om God se grootheid en teenwoordigheid te beleef. Dit was n naweek vir stilraak en rustig wees, die gejaag vergete, om net te wees. Die intense vreugde op elke seun se gesig met die klap van elke eerste skoot, herinner mens aan jou eie eerste keer. En dan word die bokke langs die pad opgetel en ry ons in daardie vroe oggend ure agter op die bakkie. En dan weet jy, hierdie seuns is besig om aan hulle eie spesiale terugdink oomblikke te bou. Want dis verseker n ervaring wat mens nooit vergeet nie. Daar was ook baie unieke oomblikke. Die beste een was

toe Eppo sy vlakvark by die rivier moes gaan haal met n quadbike en n flits! Later het die seuns gehelp om die bokke te slag en die vleis te bewerk. Die weer was heel naweek perfek en die samesyn was opbouend. Ons het gekuier en gekuier. En ons het soos konings geet. Maar die heel beste, God was heeltyd teenwoordig. Ons het huiswaarts gekeer met dankbare harte.

15

Herfskonferensie
Op 19 Mei het 2 vroue van ons gemeente die Herfskonferensie by Skuilkrans bygewoon. Dit is aangebied deur die Diensgroep : Vrouelidmate van die Oostelike Sinode. Die spreker vir die oggend was Ds Nico van Rensburg van die NG Gemeente Heliconpark, en sy tema was n Nuwe Visie vir die Christenvrou. Ons het geleer dat ons visies en drome is die olie wat die lampie aan die brand hou in elke bediening.

Vrouekamp 2012
19 21 Oktober by Meulstroom Lodge net anderkant Bronkhorstspruit Kostes is R600 per persoon Sluit etes en akkommodasie in Spreker vir die naweek: Thea Coetzer en haar tema is Wie is ek in God se hart? Ons nooi elke vrou graag uit om hierdie naweek met ons te deel. Kom maak nuwe vriendinne, leer om die Here te loof en prys op n wonderlike manier, en kom leef uitbundig in Sy teenwoordigheid.

Volgende byeenkoms
Die volgende byeenkoms is op 20 Augustus om 19h00. Madelein Greyling, n voorkoms Konsultant en Stilis gaan met ons gesels oor kleure, klere, hare en grimering asook die regte style vir verskillende figure. Kaartjies kos R30 per persoon, en is beskikbaar by Amanda by die Kerkkantoor. Kom gerus, en begin n nuwe jy. Lees meer oor Madelein Greyling op volgende bladsy.

Natanil was hier...


Op Saterdag, 26 Mei het ongeveer 750 persone die oggend met Natanil bygewoon. Wat n belewenis en n reuse sukses!! Hy was sowaar n inspirasie vir elkeen van ons. Vir n uur lank het ons lekker gelag, maar vir ure en dae daarna kon ons nog peins oor al die waarhede wat hy kwytgeraak het.

Dis die beste tyd van die dag: aandete word gemaak, kinders word gebad

en... Pappas kom huis toe.

16

FASILITEITE VIR OUERS MET KINDERTJIES


Riana Janse van Rensburg ~

Ouers met kindertjies wat nog nie gereed is om in die ouditorium te sit nie, word daarop gewys dat die volgende fasiliteite beskikbaar is:

Madelein Greyling

1. Moederskamer in die Ouditorium Hierdie fasiliteit is bedoel vir ouers met kleuters wat al rondbeweeg. Hierdie lokaal het speelfasiliteite wat gebruik kan word om die outjies besig te hou. Daar is ook luidsprekers aan die agterkant van die kerk indien ouers buite op die gras met hulle kleuters na die diens wil luister. 2. Moederskamer in Kantoorblok (Agter die klankkas) Hierdie moederskamer is geskik vir ouers met kleiner kindertjies wat nog nie veel rondbeweeg nie. Dit is tipies babas in wiegies en op ouers se skote wat hier geakkommodeer word. Daar is nie speelfasiliteite nie en ouers sorg self vir wat nodig is. 3. Borsvoedkamer Hierdie klein lokaal is langs die moederskamer in die kantoorblok en is uitsluitlik vir mammas wat gedurende die erediens wil borsvoed, bedoel. Ouers wat van bovermelde fasiliteite gebruik maak, word versoek om die nodige beheer oor hulle kleingoed uit te oefen, sodat daar nie onnodige steurnis vir ander mense is nie. As u enige klagtes of voorstelle rondom die gebruik en benutting van die vermelde lokale het, kan u dit onder die aandag van die kantoor bring. Die kontakbesonderhede is soos volg: Riana: 012 662 1708 of admin@pvr.co.za Peet: 012 662 1708 of info@pvr.co.za

Madelein is n gereelde gasspreker by korporatiewe seminare en fondsinsamelingsfunksies, met gehore wat wissel van bestuurshoofde en professionele sekretaresses tot politici en huisvrouens. Madelein se doelwit is om selfversekerde vrouens te skep wat altyd op hul beste lyk en voel. Of jy wonder oor wat by jou en jou liggaamsvorm, lengte en leefstyl pas, en of jy sit met n kas vol impulsiewe kopies wat jy nie dra nie, Madelein sal jou help om n oplossing te vind deur eenvoudige stylstrategie.

17

Jesaja 42:1-4 Hier is my dienaar, Ek stel hom aan. Ek het hom uitverkies, hy geniet my guns. Ek laat my Gees op hom kom, hy sal my wil aan die nasies bekend maak. Hy sal nie roep nie, hy sal nie hard skree nie, hy sal nie sy stem op straat laat hoor nie. n Geknakte riet sal hy nie afbreek nie, n lamppit wat dof brand, sal hy nie uitdoof nie. Hy sal my wil bekend maak soos dit is. Self sal hy ook nie uitgedoof of geknak word nie totdat hy my wil op die aarde gevestig het. Die eilande wag op wat hy hulle sal leer.

Na n raakvat boodskap deur Jan Venter op Sondag 15 April met die tema Die storie agter die storie, het Ilse Hugo aan een van haar eie gediggies gedink. Sy s: Toe ek die prentjie sien wat jy vir ons gewys het, het ek onwillekeurig aan di gediggie gedink, wat ek seker 20 jaar gelede geskryf het. Die bottomline van my gediggie is dat lewe en optimisme altyd sal deurbreek, maak nie saak ho streng en onpersoonlik die wreld rondom ons lyk nie.

Hokkamers blokvloere in vier mure vas hysbakke suig op en neer op en neer Streng na bo pryk beton obeliskwoud (vir die mens) Maar in die pad breek uit die swart n groen pronk-ertjie!

Mat 12: 21 En op Hom sal die nasies hulle hoop vestig.

18

Ek was oppad om Comrades te gaan hardloop vanjaar, en was op n goeie wicket, lekker fiks en het goeie tye in my oefen marathons gehardloop, en geglo ek is so border line case vir nog n silwer medalje toe ek sonder enige waarskuwing n graad 2 skeur in my regter hamstring gekry het in n dood normale oefensessie. Laas jaar het ek n kuit besering gekry wat ook so paar weke voor Comrades gebeur het, nie herstel het nie, en my weerhou het om te gaan.Ek het n goeie gevoel gehad, my hamstring is baie seerder as wat ek hoop. My moed was gekrenk en ek was nie op n goeie plek nie, selfs soms so bie-tjie ontevrede met Jesus dat dit nou weer moes gebeur, en selfs in vertwyfeling oor Sy beheer. Maar ek het nog nie handdoek ingegooi nie, net bly hoop dat die besering sal herstel, en ek sal kan hardloop. Ek het daagliks fiets gery om my fiksheid tot n sekere mate te behou en te help met die herstel proses. Op Sondag 22 April het ek saam met my Mentor vriend, Oom Ollie (74) wat my help, 50km gaan ry. Ons was al so 10 km aan die ry op die KloofsigFonteine pad in die rigting van Eeufees weg toe ek n geweldige geraas agter my hoor

Kruikstorie

Gert Pelser ~

aan my linkerkant. Ollie was op daardie stadium so 20 meter voor my en ons het teen so 50 kph gery, toe ek links oor my skouer loer. Ek het n blou VW Polo gesien wat die pad verlaat het, teen die graswal op was en besig is om af te kom en reg op my afpeil. Ek het vir Ollie geskree want ek was seker die kar gaan my tref en dan nog vir hom ook. In hierdie moment het alles in slow motion gebeur. Ek het steeds vir die kar gekyk wat teen so ongeveer 120kph op my afkom. Die Heilige Gees s vir my om links te swenk na die veld se kant toe, nie regs na die pad se kant toe nie, en ek swenk links. Die tollende kar mis my agterwiel met sentimeters, tol oor die pad, deur die veld tussen die twee paaie, en land in die sloot. Toe ek tot stilstand kom s die Gees vir my: EN WAT S JY NOU VAN IN BEHEER, HET JY

GESIEN HOE HET EK HIERDIE HELE SITUASIE HANTEER? ALLES WAT GEBEUR HET WAS SLEG EN TOG HET NIEMAND SEERGEKRY NIE. Ek het net geantwoord, Dankie HERE, want ek weet dit kon so anders gewees het. Die bestuurder van die motor was dronk en moes deur die Polisie uit sy voertuig gehelp word. Ek het n ongelooflike kalmte beleef en geen wrok of kwade gevoelens gehad nie. Jesus het my sopas gered uit n lewensgevaarlike situasie, wie is ek dan om te wil vergeld. Dankie Jesus die 22ste April 2012 om 7:20 was nie my tyd nie, ek het weer n kans gekry om my Familie en Vriende meer te waardeer en Lief te h. U het saam met my n geskeurde hamstring, ONS sal nie saam vanjaar se Comrades hardloop nie maar SAAM DAAR

"That is the mystery of Gods grace: it never comes too late. ~Franois Mauriac (1885-1970)
19

Lizelle Faber ~

Ek hoor iemand nou die dag vra: so, hoe lyk jou familie? Die antwoord kom heel gemaklik, Ag jy weet, soos familie maar lyk. Die vraag laat my wonder, hoe sal ek dit antwoord. Ons is gesen met n extended familie buiten vir Henk, Lizelle en Henli Faber, n ouma aan elke kant, oupas met hemel-adresse, susters aan die een kant en n suster en broers aan die ander kant, elkeen met n metgesel en n kind, of twee of drie wat die getalle vol maak, is daar ... n kinkel in ons familie-verhaal, of as jy wil n alternatiewe verhaal of nog beter n voller prentjie, n groter famlie portret

vergadering een oggend, toe ek by my foon kom, is daar n boodskap van een van die jongmense, my ryding het opgepak ek moet by die kampus kom HELP!! Ek skryf so vinnig as wat my vingers kan waar is jy, ek is oppad! Die antwoord kom terug No Prob LizFab ek het reggekom een van my boetas gebbm en hy het my sommer gou by kampus kom aflaai!! Hoe lekker om ook omgee vir mekaar te beleef en Jesus vir mekaar te kan wees. Bedieningstyd op n Dinsdagaand word ook aangegryp en op n paar geleenthede steek van die jongmense hul teaching voelers uit. Dit is asemrowend om te sien hoe hulle, hul wreld met mekaar deel. Hul verstaan van mens-wees, hul verstaan van God met mekaar deel. Om verwerping saam te beleef en raad te gee. Die moet of nie moet van die lewe te ervaar en te bevraagteken. n Besef van my waarheid is nie die absolute waarheid nie, maar n ander se perspektief, embrace of ruimte gee daarvoor: Space of Grace! Ja ons kuier graag, ons lag graag, ons speel graag, ons fliek graag, ons het pret saam, ons bid saam, ons gaan graag saam op ontdekkingstogte, ons gee graag om, en wil graag saam n verskil maak. Ons leef graag voluit vir God, vir ander en vir mekaar!! Ek is oortuig:
20

The world is so much brighter, a much better place, because of the Young Adults that are in it.

Hart Kinders

So amper twee jaar terug sen God ons met die ongelooflike geleentheid om deel te mag word van die Young Adult Bediening van Pierre van Ryneveld Gemeenskapskerk. Ons deel in hierdie jong mense se verhale, seer-verhale, oorwinningsverhale. Ons onderneem ontdekkingsreise en stilword reise. Hier huil ons saam en lag ons tot die trane loop. Ons kry goeie nuus, en deel slegte nuus. Soveel keer al gegroet as nuwe loopbane afskop in ander dorpe, deel ons uitslae van goed en minder goed. Dus hier leef ons die lewe. So twee weke gelede, na n

Statistieke en geskiedenis
Louanda Gentle ~

Ondersteuning aan deelnemers


Deon Fourie ~

Gedurende Pinkster was die boodskap van vergroot jou ons so deurlopend, dat mens bloot gereeld daaraan dink. Dit is nou anders om na mense te kyk en terselfdertyd te besef dat God hulle ook lief het. Daarom het die manne-bediening besluit om die Pierre van Rynevelders wat aan die Comrades deelneem op te spoor en te ondersteun. Ons kon 14 name van deelnemers in ons gemeenskap bymekaar kry. Die idee was dat ons hulle vooraf per foon en sms kontak en sterkte toewens. Gedurende die wedloop is hulle per sms gevolg en dit was wonderlik toe almal binne die 12 ure spertyd klaarmaak. Daar is n hele paar van die atlete wat baie van ons ken, maar daar is ook name wat ons nie ken nie en dit was n goeie geleentheid om meer mense van ons gemeenskap te leer ken. Dit was n klein begin, maar hou ons dop volgende jaar. Die betekenis van n sms of n klein woordjie van ondersteuning word baie waardeer en soms kom dit net op die regte tyd. God se tydsberekening was nog nooit uit nie.

Agt en veertig atlete het die eerste comrades op 24 Mei 1921 gehardloop. Tot op hede het daar al meer as 300 000 atlete deelgeneem. Hierdie jaar was die 87ste maraton. Dit is die wreld se grootste en oudste ultramaraton. In 2010 is die maraton in die Guinness world records geplaas vir die ultramaraton met die meeste atlete. Daar was al 7 sterftes in die geskiedenis van die comrades. Bruce Fordyce het die comrades nege keer gewen en hou die rekord daarvoor. Verbeel jou: 2 miljoen water sakkies 1 miljoen Energade sakkies 1 ton piesangs 8 ton Lemoene Hierdie jaar het Ludwick Mamabolo gewen in n tyd van 5:31, en is die eerste Suid Afrikaner in sewe jaar wat wen! Dankie Ludwick! Baie geluk aan almal in ons gemeenskap wat hierdie jaar aan die Comrades Maraton deelgeneem het!

21

Louanda Gentle ~

Onthou julle hierdie bundels?

En nou, tien jaar later, verskyn daar 'n splinternuwe bundel met nog Griekwa-psalms uit die pen van dieselfde skrywer, Karos orie dyne. Nou kan ons die res van die Dawidspsalms in die aangrypende Afrikaanse dialek van Griekwalandwes lees. Daar is ook verse uit ander Bybelgedeeltes, soos n paar gelykenisse. Die gedigte vertel van die skepping, die voorspelling en geboorte van Christus, die kruisiging en die einde van die aarde, maar veral van die Groot Genade. Bekende sowel as minder bekende Skrifgedeeltes word weer nuut gemaak deur die seggingskrag van hierdie variteit van Afrikaans. Die verse verras weer met die vernuwing van die Bybelse metafore.

Uit: Innie skylte vannie Jirre ~ Spreke 26:27 die wat n gat grou vi hom, kan altemit self da-in kom, ennie klipperse wat jy goi, vlie miskien innie lig in om

Dis Innie skylte vannie Jirre Griekwapsalms en ander gedigte en Boegoe vannie liefde, Hooglied innie Kalahari, beide geskryf deur bekende skrywer, Hans du Plessis. Dis geskryf in annerlike Afrikaans soos die Griekwas dit praat. Eersgenoemde bundel is propvol gedigte hoofsaaklik uit Psalms en Spreuke, uitgegee in 2001. Die ander bundel gaan oor Hooglied, uitgegee in 2002. Ek het verlede jaar die voorreg gehad om Hans du Plessis te ontmoet en wat n fantastiese mens is hierdie plat op die aarde Prof. Ek het ook die voorreg gehad om n verhoogproduksie van Boegoe vannie liefde te sien uitgevoer deur NWU se drama studente.

Uit: Innie skylte vannie Jirre ~ Psalm 121 Ek slat my twee oge op, my kyk vang die verste kop: waavanaf sal my hulp nou kom? My hulp is vannie Jirre, van Hom: Hyt nou die jimmel en Prieska gekom maak. Sonner lat jou voete klipperse raak, is Hy skoene agterrie skaap. Hy dink nooit nie eers oor slaap. Sontyd is Hy hoed op jou kop, innie nag hou Hy gevaarlikheid dop. Hys mos nou da om jou op te pas: jou siel hou Hy tissen jou ribbes vas. Gan jy nou in of gan jy nou yt: Hys oor jou vi ewig en vi altyd.

Uit: Karos orie dyne ~ Die Jirre se pat (Spreuke 3:110) My seun, goeterse wat jy geleer het by my, moet sosse wet diep in jou se gedagtes bly, want dan sallie lewe agter jou kyk en jou dae sal baie en beterder lyk. Vekoester nettie liefde ennie trou, hou dit styf in jou se borskas vas, totlat dit sosse hart in jou pas, en God en mens sal van jou hou. Vra eers wasie Jirre se pat voorlat jy jou eie ene vat. As jy ammekaar virrie Jirre bid, gat Hy jou oppie regte spore sit. Dis sos salf wat jy op jou vryf, sos mirresyne virrie moe lyf. Erie Jirre met jou trop se grootste os, loof Hom mettie dryf se soetste tros. Dan kom sien jy hoe raak jou kraal te klein, ennie kellers beginte oorloop van baie wyn.

Karos orie dyne is by toonaangewende handelaars asook direk by LAPA Uitgewers beskikbaar. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek die webblad: www.lapa.co.za. Ek het spesiale permissie gekry by Prof Hans om julle te bederf met n paar van die gedigte uit sy drie bundles. Kyk uit vir nog twee elders in hierdie uitgawe! (Bl 13 en bl

Hans du Plessis

22

Die dankbaarheid van 'n man 1 Ek sal die Here altyd weer prys, sy lof sal altyd op my lippe wees. Ek sal die roem van die Here sing; di wat swaar kry, sal dit hoor en daaroor bly wees. 2 Here, U gee my lewenskrag en gesondheid. Ek kan hoor, sien, voel, ruik en proe. Ek kan beweeg, oefen en myself inspan tot U eer. 3 Dankie vir die vaardighede en talente wat U my gee. Ek kan my werk, stokperdjies en belangstellings beoefen, en sukses daarmee behaal. Ek kan my vermons tot die maksimum uitleef en 'n bydrae lewer. Aan U al die dank! 4. U het my 'n lewensmaat gegee, wat ek mag liefh en dien. Dankie vir die voorreg en die manier hoe sy my lewe verryk. 5. Dankie vir kinders. As ek nie self kinders het nie Here, het ek steeds die voorreg om 'n jong generasie te mentor en te sen met my menswees. My eie kinders is nie net vir my 'n verantwoordelikheid nie, dis 'n ontsagwekkende vreugde en gawe. Ek eer u daarvoor. 6. Ek sal die Here altyd weer prys, sy lof sal altyd op my lippe wees. Ek sal die roem van die Here sing; di wat swaar kry, sal dit hoor en daaroor bly wees. 7. Ek is so dankbaar vir my geloofsvriende. As dit nie vir hulle was nie, was ek al lankal die pad byster. Hulle is U gawe aan my en ek loof U vir hulle bydrae tot my reis. 8. Dankie dat ek 'n beroep mag beoefen en elke dag kan werk. Dankie vir geleenthede, uitdagings en frustrasies wat ek moet hanteer. Baie het nie die voorreg nie. 9. Dankie dat u my geestelik laat groei. Ek kry so lewenskrag, nuwe insigte en perspektief en al gaan dit soms gepaard met pyn en worsteling, weet ek U slyp en vorm my daardeur.
23

Randall Wicomb het in 2001 n CD uitgebring hie neffens my waar hy verskeie van die gedigte uit Innie skylte vannie Jirre van Hans du Plessis sing, getoonset deur Randal Wicomb self.

Terwyl ons so op die Psalms is, Louis Brittz het verlede jaar Maart ook n CD vrygestel uit die Psalms. Al die lirieke is geneem uit die 1983 vertaling (behalwe n gedeelte van Ps 100. Die lirieke is getoonset deur Louis Brittz self.

A poet can survive everything but a misprint.

10. Dankie vir alledaagse vreugdes van die lewe. Lekker kos, die natuur, vriende, huisvesting en versorging, mooi dinge en vele meer. U het 'n oorvloed geskep vir my plesier, en ek wil soveel as moontlik genot daaruit put 11. Ek sal die Here altyd weer prys, sy lof sal altyd op my lippe wees. Ek sal die roem van die Here sing; di wat swaar kry, sal dit hoor en daaroor bly wees. 12. Here, U verhoor my gebede en U het my oneindig lief. U is 'n genadige, getroue Vader vir my. Ek het dit so nodig. 13. Ek eer U, want U laat my nooit alleen nie. U voorsien in al my behoeftes, selfs die waarvan ek nie eers bewus is nie. Selfs toe ek met minder moes klaarkom as wat ek nou het, het u my versorg en gedra. 14. Dankie dat ek keuses het. Ek kan kies hoe ek dink en voel oor dinge. Ek kan kies wat my gemoedstoestand is. Ek kan kies hoe ek lewe. Dis 'n voorreg. 15. Ek sal die Here altyd weer prys, sy lof sal altyd op my lippe wees. Ek sal die roem van die Here sing; di wat swaar kry, sal dit hoor en daaroor bly wees. 16. Here, U is my lewe. Ek dank U vir my verlossing in Christus, U genade, geduld en barmhartigheid met my. 17. U is my reisgenoot op my lewenspad, soos 'n goeie vriend is U altyd daar vir my 18. Ek verdien nie U oorvloedige liefde nie, maar U stort dit elke dag oor my uit. Dit laat my klein, nederig en baie bevoorreg voel. 18. Ek sal die Here altyd weer prys, sy lof sal altyd op my lippe wees. Ek sal die roem van die Here sing; di wat swaar kry, sal dit hoor en daaroor bly wees.
Bron: Jan se blog gepubliseer op 16 Mei op die pvr webblad, getiteld, Pelgrims 2012 - Musee Rodin - Die Denker (Dankie!)

Hanlie Boshoff~

n Oorbevolking van olifante in die Kruger Park raak soms n groot probleem, en in 1966 is daar die eerste keer van die olifante uitgedun. Die ouer bulle van die verskeie troppe is van kant gemaak. Dit het n groot probleem in die park veroorsaak, veel groter as n oorbevolking van olifante, en dit was kwaad en buite beheer jong olifant bulle. Wat die veldwagters op daardie stadium nie geweet het nie, is dat die ouer bulle die jonges leer hoe om op te tree en hulself te beheer en vir hulle n voorbeeld is. Sonder rolmodelle het die jong olifante nie geleer hoe om op te tree teenoor ander olifante en die res van die natuur nie. Sonder ouer en wyser mentors

en rolmodelle, het die jonges nie geleer hoe om te leef en n sukses te maak in hulle omgewing nie. Die hartseer uiteinde was dat die jonges n gevaar vir die natuur, ander olifante, ander diere en die mens geword het en uitgeskiet is. Net so het ons jongmense ook mentors nodig. Hulle het wyser en ouer rolmodelle nodig wat hulle insig en raad kan gee oor hoe om in n verhouding te staan met hulle Skepper, hulleself, hulle medemens en die natuur. As jou persoonlike roeping dalk is om so n rol vir ons jongmense te speel, luister na jou roeping. Hier volg n getuienis van een van ons mentors, Rouxdi Wiink, wat sy getuienis met ons deel.

Ek is al geruime tyd in die kerk en orals betrokke maar net voluit by die aand band. Wel dit was hier teen einde laas jaar vinnig oppad om te verander. Ek was betrokke by n GEROEP EN GESTUUR naweek en dit het maar net bevestig wat ek lankal vermoed het, ek moet betrokke raak by die jeug. Nou, geduld vir die heel kleintjies het die Here my nog nie mee gesen nie, so dit het my ook mooi laat verstaan waar ek moet betrokke raak. So ges en daar kry ek vir my n Gr 8 groep en bombs away met n goeie leierspan om my te help en te wys waar ek sukkel. Ek het die jaar afgeskop met n Adventure Kamp en net daar weer besef dis waar ek moet wees. Die jaar tot dusver het sy goeie paar uitdagings gehad, maar niks wat nie oorkom kon word nie. Tans is ek besig met n jong groep manne en daar is meer as genoeg opwinding om 3 van my besig te hou, maar my betrokkenheid ook in hulle lewens slaan hopelik deur daar waar hulle in hulle eie wrelde is. Al wat ek kan doen is om n voorbeeld te wees en daardeur hopelik die manne aan te spoor om ook in hulle eie lewens so te maak. Dit als doen ek in algehele vertroue op die Here, ek is maar net n instrument in Sy hande.

Kruikstorie

24

die Sandtonse Konvensiesentrum. Francois het ook wyle Josie Raath se toekenning ontvang. Dit is die derde bestaansjaar van hierdie prestige kompetisie wat hierdie jaar 866 inskrywings gelok het. Dit was n heerlike geleentheid waar die radioindustrie bymekaar kom soos 'n uitgebreide familie om mekaar se suksesse te vier. Baie geluk aan Radio Kansel met die twee toekennings! Baie geluk Francois, ons klavierman, die familie is trots op jou! Francois Botha & Izaan Steenkamp, aanbieders van Jubel & Juig, die bekroonde Beste Gemeenskapstasie Musiekprogram by die MTN Radio Awards 2012

Louanda Gentle ~

Radiokansel (657AM) is in vanjaar se MTN Radio Awards benoem vir ses kategorie! Hulle het twee daarvan opgeraap! Die kategorie waarin Radiokansel met die louere weggestap het, is beste Gemeenskapstasie Musiekprogram (Jubel en Juig) waarvan Francois Botha en Izaan Steenkamp aanbieders is en beste Gemeenskapstasie Sportaanbieder (Josie Raath postuum toekenning). Francois en sy kollega, Izaan, het hulle toekenning ontvang tydens n gala-banket op Saterdagaand, 14 April 2012 by

Luister elke Saterdagoggend na Jubel & Juig tussen 8:00 & 9:00 op Radiokansel 657AM of DStv Oudio kanaal 182. Radiokansel is ook op facebook.

Deon Fourie ~
Na 'n baie suksesvolle jaar by die Comrades deur van ons gemeenskapslede, is daar nou 'n geleentheid om betrokke te raak by die voorbereiding vir volgende jaar. Mr C (Coach of Comrades) Gert Pelser gaan volgende jaar se Comrades atlete help voorberei! Gert het self 16 Comrades voltooi met 12 Silwer medaljes (4 voltooi in sub-7 ure), 2 Bill Rowan en 2 Brons (Voor Bill Rowan). Hy spog ook met 'n beste tyd van 6 ure 47 minute. Hierdie jaar het al die atlete wat hy gehelp het binne die vereiste tyd klaargemaak. Indien jy voel of selfs net dink dat jy dalk dit sou of wil doen of 'n vriend of familielid het wat wil, maar jy kort 'n coach, ondersteuning en oefengroep, is dit nou jou kans. Comrades 2013 gaan met alle mag uit Pierre van Ryneveld,gestorm word! Skakel Gert by (w) 0126723862 (h) 0126622264 (s) 0824114827
25

Uittreksel: Boegoe vannie liefde, Hans du Plessis ~ n Griekwa gedig uit Hooglied 8:6-7: Kom ons dans nourie liefde lekker los! Die liefde het eentlikie dood se krag, hy gryp jou waar jy niks verwag, die liefde die soek okkie ytie, vra nou nie wat jy self beslytie. Die liefde brandsteek n annerlike vier, en jy kannie hele waterse kom stier, of goi ma Grootrivier yt op hy se kop, mre sien jy, hie statie liefde self wee op!

Die Solo Bedening het ook eenkeer n maand n byeenkoms bv. Gautrein ry, Pizza aand en Ten Pin Bowling. Nog n enkelouer beskryf dit as volg: Ek was vreemd, het niemand geken nie en het so uit gevoel, maar was met opearms ontvang. Die kinders het so lekker saam met maatjies gespeel, dat hulle nie wou huistoe gaan nie. Ek het heerlik saam met die ander ouers gekuier en skoon vergeet van die week se uitdagings en verantwoordelikhede wat voorl. Ek het mense leer ken. Hier het ek ook geleer hoeveel seer daar is, ek nie alleen, uniek of weird is nie.

Lizette Klinkhamer ~

Die Solo Bediening is n plek waar ons ons swaarkry deel, saam lag oor dinge, krag put vir die nodige uitdagings van enkelouerskap en as n bonus ook sommer geestelik verryk word. Solo is n netwerk van ondersteu -ning en onderskraging. n Mens voel minder alleen omdat jy sommer gou besef daar is baie ander mense net soos jy! As jy solo deur die lewe gaan, is die Solo Bediening net die plek vir jou!

Die Solo Bediening se kamp vind die jaar gedurende die naweek van 12-14 Oktober 2012 plaas. Ons wil graag al die ouers met hul kinders op die kamp neem, maar fondse is partykeer n probleem. Daarom gaan ons vetkoek verkoop om ons fondse aan te vul. So onthou die datum en kom ondersteun ons asseblief.

Heerlike Vetkoekdag by die kerk! Sondag 22 Julie 2012


vanaf 9:00 by die kerk se afdak Maalvleis Vetkoek: R10.00 Plein Vetkoek: R5.00 Bestellings kan vooraf by Lizette geplaas word: 078 077 9394 solo@pvr.co.za

Lekker saam kuier en braai *** Die Solo Bediening het al reeds n kalender vir die jaar wat voorl. Eenkeer n maand drink ons Vrydagaande lekker koffie saam. Een van die enkelouers beskryf dit as volg: Die Solo byeenkomste het n manier om die naweek blues te verdryf, veral wanneer n mens op n Vrydagmiddag min lus het vir die naweek se uitdagings as enkelouer.

Ten Pin Bowling Die Solo Bediening gaan ook een keer per jaar kamp. Dit is wanneer ons mekaar op n nuwe wyse ontdek. Ouers kry die kans om te ontspan en mekaar te versterk met hulle wyshede. Kinders kry geleentheid om te kerjakker, en te gesels met jeugmentors, indien nodig. Daar word grappies gemaak, geet, geswem, gesels, gegiggel en natuurlik geslaap. Die kamp is soos volg deur n ouer ervaar : Solokamp was opnuut n belewenis. Ons het heerlik nesgeskrop in oulike huisies. Baie insiggewende sessies gehad met Henk en Karel, en opnuut weer iets van onsself ontdek. Beslis is jy huis toe, baie meer positief!
26

Ouers en kids wat bietjie tyd saam spandeer in die natuur gedurende ons jaarlikse kamp

So kry jou kalender in die voorportaal van die kerk en kom drink saam met ons koffie.

Solo kids wat lekker saam speel op ons jaarlikse kamp

Div en Loekie Grgens ~

Net na 10 op Donderdagoggend 24 Mei vertrek ons met 3 voertuie, volgepak met al die wonderlike skenkings van gemeentelede gedurende die Pinkstertyd, 3 leraars asook 8 gemeentelede na die CMR se kantore by die Thuthukani Kliniek in Ivorypark, waar Ds Erik Immelman van Halfweghuis ons verwelkom. Die sakke word uitgedra, die inhoud gesorteer en ons pak dit in hulle stoorkamer op die le rakke. Die dankbaarheid van die

Maatskaplike werker Tryphina Sasa en haar kollegas straal uit hulle gesigte. Daarna vertrek ons na die Uniting Reformed Church in Ebonypark waar Ds Erik ons die geskiedenis van die grond en die kerk vertel. Dienste word tans in tent gehou en die leraar, Ds Danil Maluleke wys ons die gebou wat in aanbou is. Dit sal die saal, kantore, kombuis asook kantore van die CMR huisves en hy vra of die Pierre van Ryneveld gemeentelede

nie die fondse vir die CMR se kantore kan bybring nie. Elkeen wat saam was, is getref deur die omstandighede waarbinne die mense bly, want 80% van die gemeente is werkloos! Ten spyte daarvan samel hulle nog steeds fondse in om hulle kerkgebou te voltooi. Vir elkeen van ons besoekers aan die vreemde, was dit verskuiwing van ons grense en is ons diep geraak.

27

3 Vs - Kids
By die Jeugbediening Sondae kry ons weekliks terugvoer by die kinders en Jongmense oor die werking van die 3Vs in hulle lewens die afgelope week. Aan die begin was dit bietjie ongemaklik, maar die afgelope maand of twee is dit so deel van die proses dat almal spontaan lekker saamgesels.

Volgeling: Gr 7 Ek is n leier by die graad 1s en deur vir hulle om te gee en lief te wees wys ek vir hulle n deeltjie van God se liefde!

Hier volg n paar dingetjies wat ges is by die kinders:

Verhoudings: gr 6 ek het my eerste sokkie by die skool bygewoon; gr 7 by die netbal proewe was daar net een dogter van n skool & ons het met haar begin gesels & selfoon nr uitgeruil!; 4jr - ek het n nuwe maatjie gemaak maar kan nie sy naam onthou nie!

Ons moet ander maatjies wat nie vir Jesus ken nie, vertel van Hom. Dalk kom hulle ook by Jesus uit! Ons moet gereeld Bybel lees sodat ons die waarheid kan ken om vir ongelowige maatjies te kan vertel of antwoord. Ons moet onthou ons is altyd welkom op Jesus se skoot, ons kan ons vreugdes en ons hartseer altyd met Hom deel! Vraag: Wie is die Lam?

Verwondering: 5jr ek het saam met my pa gaan visvang; gr 6 my pa het ons elke oggend wakker gemaak om die sonsopkoms te sien!; Gr 6 seun ons pl het in die laaste min n baie skuins strafkop oorgesit!

Een van ons graad 7 mentors Sue het moedersdag bietjie meer gefokus op die V van verhoudings, en die kinders het spesiale moedersdag geskenkies gemaak en elkeen n roos gekry om vir hulle mammas te gee. Baie

________________

GRAPPIE Juffrou: Jannie, maak vir my n sin met oomblik. Jannie: Die klein blikkie noem die groot blik Oom Blik.

28

Help die verlore Kindertjies om by die

Lam
uit te kom.
Wys vir hulle die regte pad.

Kleur dan die prentjie hieronder in:

29

30

Sondae: Skoolkwartale
08:00 08:00 09:00 10:00 10:00 13:00 17:00 18:30 Erediens (Ouditorium) Kinderdiens (Ark) Groepe Erediens (Ouditorium) Kinderdiens (Ark) Erediens (Afrikatale) Groepe Aanddiens 3j-Gr.3 Gr.4 - Gr.7 3j - Gr.3

Sondae: Skoolvakansies
09:00 Erediens (Ouditorium) 13:00 Erediens (Afrikatale) 18:30 - Vars! Kerkkantoor: Maandae: Gr.8 - Gr.11 Dinsdae - Donderdae: Vrydae: 11:0016:00 08:0016:00 08:00 - 13:00

Tye

Bedieningspan en Bedieningsleiers:
Jan Venter Henk van Rensburg Ryno Meyer Stephan Joubert Karel Verhoef Leraar Leraar Leraar Deeltydse Leraar Deeltydse Leraar Jeugleier Lewenskuns Bediening 083 297 1242 082 331 2408 072 238 0549 082 975 7465 662 3700 / 082 333 6552 662 5619 / 082 336 7555 082 460 2103 jan@pvr.co.za henk@pvr.co.za ryno@pvr.co.za stephan@pvr.co.za karel@pvr.co.za hanlie@pvr.co.za lewenskuns@pvr.co.za bediening@pvr.co.za

Kontak

Hanlie Boshoff Elmarie van Wyk Amanda Smit

Ondersteuningsdienste:
Peet Kilian Riana Janse v Rensburg Ansie Vivier Lizette Klinkhamer Alta Potgieter Bedryfshoof Kantoor Finansies Jeug Admin Koster 082 469 4708 012 662 1708 012 662 1708 078 077 9394 082 818 1622 082 555 2923 082 320 1901 info@pvr.co.za admin@pvr.co.za finansies@pvr.co.za quest@pvr.co.za

Theuns Janse van Rensburg Klank Piet Janse van Rensburg Faktotum

Bankbesonderhede
NGK Pierre van Ryneveld ABSA Centurion Rek no: 600 591 355 Takkode: 630 445 Stuur betalingsbewys na: finansies@pvr.co.za of 012 662 0104

Sluit aan op ons webblad en by ons sosiale netwerke

NAVRAE EN INLIGTING
012 662 1708 012 662 0104 (faks) info@pvr.co.za
31

You might also like