You are on page 1of 1

Gr.

12s + syfers = swak Beeld, 2012-02-08 (1) Een uit elke ses matrikulante wat verlede jaar wiskunde geskryf het, het minder as 10% behaal en n derde wat fisiese wetenskappe geskryf het, het minder as 30% gekry. Di skoksyfers blyk uit die onaangepaste syfers vir verlede jaar se matriekeksamen. Media24 se ondersoekspan het di syfers van Umalusi, die raad vir gehalteversekering in algemene en verdere onderwys en opleiding, bekom n n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting (PAIA). (2) Die rou syfers wys dat ondanks die beter slaagsyfer vir 2011 (nasionaal was dit 70,2%) daar geen of baie min vordering gemaak is in belangrike vakke soos wiskunde, wetenskap, ekonomie en rekeningkunde. Skoolverlaters se gebrekkige kennis in van die belangrike vakke en n tendens waar al hoe minder gr. 12s di belangrike vakke neem en slaag, kwel ontleders. (3) In 2008 het 300 008 matrikulante wiskunde geskryf en 136 184 het bo 30% gekry. (4) In 2009 het 290 407 di vak geskryf, terwyl dit in 2011 tot 224 635 gedaal het waarvan net 104 033 bo 30% gekry het. In fisiese wetenskappe het 217 300 kandidate in 2008 die vak geskryf en 119 206 het bo 30% gekry. Verlede jaar het 180 585 die vak geskryf en net 96 441 het bo 30% gekry. (5) Die gemiddelde prestasie in rekeningkunde was 33,75% en n die aanpassing 34,79%. Di punte is net vir vraestelle wat kandidate geskryf het wat 75% van die totale eksamenpunt uitmaak. Die jaarlikse deurlopende assesseringspunt (SBA), wat 25% tel, is nie daarby ingereken nie. Maar hoe gaan die land di situasie verander? Prof. Johan Engelbrecht, uitvoerende direkteur van die Suid-Afrikaanse wiskunde-stigting (SAMF) s die grootste probleem is die gebrek aan goed opgeleide onderwysers in die vakke. Daar is n geweldige tekort aan onderwysers wat wiskunde en wetenskap kan gee en di wat wel opgelei word, verlaat die beroep vir beter salarisse buite skole. Engelbrecht meen hoewel vakbonde teen die idee is dat sekere onderwysers beter as ander betaal moet word, moet onderwysers wat skaars vakke gee, veral in townships en landelike gebiede, beter vergoedingspakkette kry. Tans bly ons goeie onderwysers verloor, want daar is vir hulle geen aansporing om te bly nie. Engelbrecht s die gebrek aan lojaliteit en toewyding waar te veel onderwysers ook steeds kinders aan hul lot oorlaat en min onderrig gee, bevorder ook nie beter prestasie nie. Volgens Engelbrecht moet wiskunde n nasionale prioriteit word omdat die land se vooruitgang en ekonomie daarvan afhang. Die regering moet meer doelgerig in wiskunde-opleiding en -onderrig bel. Engelbrecht meen nog n probleem is dat te veel kinders wiskunde neem wat dit nie behoort te neem nie. Hy s wiskunde behoort hoofsaaklik deur studente geneem te word wat n skool in numeriese en ander studierigtings soos medies en ingenieurswese gaan studeer en waarvoor die vak nodig is. Dit is totaal onrealisties om te wil h almal moet wiskunde neem. Vir diegene wat dit nie in hul studies gaan nodig kry nie, is wiskundige geletterdheid n uitstekende vak om te neem. (6) Volgens Engelbrecht is die wiskunde wat kandidate tans op skool doen en wat dit daarna verder gaan nodig kry, boonop nie voldoende nie en sukkel talle geweldig op universiteit. In plaas van om te kyk hoeveel matrikulante wiskunde kan neem en deurkom, behoort eerder gefokus te word om skoolwiskunde te verbeter en uit te bou. Diegene wat dus reeds wiskunde neem, behoort nog meer daarvan te doen. Engelbrecht meen ook hoewel talle maatskappye private inisiatiewe aanbied om te help met beter wiskunde-onderrig, is die omvang van die probleem so groot dat industrie en die private sektor ook baie meer moet doen.

You might also like