You are on page 1of 4

WOORDORDE

Leeruitkomste en Assesseringstandaarde
Leeruitkoms 4 (Taal) Die leerder is in staat om taalstrukture en -konvensies gepas en doeltreffend te gebruik. Assesseringstandaarde: Gebruik woordordes korrek in sinne.

Les

21

In hierdie les
In hierdie les gaan ons kyk na:

Die gebruik van korrekte woordorde in sinne Die belang van korrekte woordorde Die rels wat vir die korrekte woordorde in Afrikaans geld

Lesinhoud
1. Korrekte woordorde
Hoekom is korrekte woordorde so belangrik? Dit beklemtoon die regte deel van die sin, bv.: Ek gaan volgende week met my vakansie Kaap toe. Volgende week met my vakansie gaan ek Kaap toe. Met my vakansie volgende week gaan ek Kaap toe. (Sien ook DVD vir meer besonderhede oor die belangrikheid van korrekte woordorde. Sinne wyk af van hul gewone rel, om sekere dele in sinne te beklemtoon.) Kom ons kyk nou na die eenvoudige volgorde van n sin. (Rel 1) 1 ONDERWERP + 2 + 3 VOORWERP = = SIN SIN

DVD

GESEGDE (WERKWOORD)

(Onthou jul nog die vrae: wie/wat + gesegde = onderwerp EN gesegde + wie/ wat = voorwerp). Voorbeeldsinne: Die man (Onderwerp) Die kinders (Onderwerp) Hul onderwyser (Onderwerp) speel (Gesegde) koop (Gesegde) gee (Gesegde) rugby. (Voorwerp) lekkers. (Voorwerp) les. (Voorwerp)

Voorbeelde van sinne met verkeerde woordorde As gevolg van die invloed van leerders se moedertaal word woordordes baie keer omgeruil.

13

05 LEES EN GRAMMATIKA.indb 13

2008/07/18 06:29:22 AM

Kyk na die onderstaande voorbeelde van foutiewe sinne a.g.v. verkeerde woordordes: Ek het gewerk laat gister. x Ek gewerk gister het laat. x Ek het gister gewerk laat. x Ek gister het laat gewerk. x Onthou: In Afrikaans is die tendens om die hoofwerkwoord so bietjie later in die sin te plaas, bv.: Ek het gister laat geslaap. Belangrike rels (of resep) wat geld vir die korrekte woordorde Volg die STOMPI-metode: S = ( Subject Onderwerp) Werkwoord 1 T = (Time Tyd) O = (Object Voorwerp) M = (Manner Manier) P = (Place Plek) Werkwoord 2 I = (Infinitive-Infinitief) Die volgende sin moet soos volg wees as ons die STOMPI-metode gebruik: Die man groet elke aand die mense saggies in die park om sy vriendelikheid te bewys. Subject/Onderwerp Werkwoord 1 Time/Tyd Object/Voorwerp Manner/Manier Place/Plek Werkwoord 2 Infinitive/Infinitief : om sy vriendelikheid te bewys. : : : : : : Die man groet elke aand die mense saggies in die park

Onthou: nie alle sinne het al die dele van STOMPI nie, maar die volgorde sal steeds so wees. As daar nie al die dele van STOMPI in die sin is nie, gaan dan voort met die res van die sin. Kan jy sien dat bogenoemde sin nie n tweede werkwoord het nie? Indien die sin in die verlede tyd geskryf word, sal het Werkwoord 1 wees en sal die hoofwerkwoord, Werkwoord 2 wees. Hierdie rel sal jou veral baie help in Afrikaans waar jy wil seker wees oor watter woorde eerste in sinne geskryf moet word.

14

05 LEES EN GRAMMATIKA.indb 14

2008/07/18 06:29:23 AM

Kom ons kyk saam na die volgende voorbeelde:

ubject

ime

bject

anner

lace

nfinite

Opdrag: Korrekte woordordes (Volg die bespreking op die DVD en maak notas.) 1. 2. 3. 4. Matilda dans om jonk te bly elke naweek. Om te wen, oefen die sokkerspan elke aand. Twee motors het gebots die afgelope naweek. Die paartjie wed baie geld op die lotto elke week om te wen.

Antwoorde: 1. 2. 3. 4. Matilda dans elke naweek om jonk te bly. Die sokkerspan oefen elke aand om te wen. Twee motors het die afgelope naweek gebots. Die paartjie wed elke week baie geld op die lotto om te wen.

Gaan nou na jou werkboek vir n aktiwiteit.

Aktiwiteit 1
Skryf die volgende sinne in die korrekte woordorde neer: 1. 2. 3. 4. 5. Gister het sy laat gaan slaap om te leer vir die Afrikaanse toets. Tot baie laat het hulle gewerk verlede week om die motor se remme te herstel. Vir twee was die plaas te koop aangebied. Pligte om na te kom, het elke mens gewoonlik. Destyds het mense daarvan gehou om na die radio te luister. Totaal: 5

INDIVIDUEEL

GROEP
FORMATIEWE ASSESSERING

15

05 LEES EN GRAMMATIKA.indb 15

2008/07/18 06:29:24 AM

Aktiwiteit 2
INDIVIDUEEL
(Hierdie soort vrae is nie vir eksamineringdoeleindes nie. Dit sal jou slegs help om die rels korrek toe te pas.) 1. 2. Watter vrae is belangrik om die onderwerp of voorwerp uit teken? Watter redes is die woordorde in die onderstreepte deel van die (onderstaande) sin foutief? Sin: Om lekker te slaap, geniet die meisies dit. 3. Wat is die onderwerp in die bostaande sin waarmee jy sal begin sodat die woordordes korrek kan wees? (3)

GROEP
FORMATIEWE ASSESSERING

Samevatting
Die invloed van n mens se moedertaal bring mee dat woordordes in Afrikaans soms foutief omgeruil word. Dit is dus nodig om te weet watter rels belangrik is vir die gebruik van die korrekte woordorde in Afrikaans.

16

05 LEES EN GRAMMATIKA.indb 16

2008/07/18 06:29:26 AM

You might also like