You are on page 1of 19

Die Neo-Babiloniese koning en sy lofliedere

ulgi was die tweede koning van die Neo-Sumeriese Ryk. Hierdie Ryk het tot stand gekom in die Ur III periode (2112-2004 vC). ulgi was n baie bekwame en kompeterende sportsman gewees. Sy prestasies in die verband is in detail opgeteken in verskeie koninklike lofsange. Die lofsange wat oor ulgi handel kan in drie groepe verdeel word, die eerste is heldedigte, die tweede gebede en die derde derde groep is self verheffend van aard. Dit is dan ook in die laaste groep lofsange waarin al die prestasies van ulgi as sportsman opgeteken is, en bestaan uit drie lofsange wat as volg getitel is: ulgi, the King of the Road, ulgi, the Ideal King en ulgi, the King of Name and Fame. In hierdie lofsange word n ideale beeld van ulgi geskets, of dit egter histories feitlik was is onseker. Dit was gebruiklik gewees in die ou Nabye Ooste om te oordryf, veral as dit by die koning gekom het. Die gebruik het guns by die onderdane gewen en ook die vyand die skrik op die lyf gejaag.

ulgi het egter nie slegs uitgeblink as dit by sport kom nie, maar hy was ook (volgens homself) n uitblinker op elke veld. In een van ulgi se koninklike lofsange meld hy dat hy n talentvolle skrywer is, en dat geen adellike op n tablet kan skryf soos hy kan nie. Hy beskryf ook dat hy n genie is as dit by wiskunde kom en dat hy alle wiskundige kursusse al voltooi het. Hy beskryf homself ook as n perfekte soldaat en militre leier. Sy fisiese krag is buitengewoon en niemand is so braaf soos hy nie. Hy is n kenner op die hantering van alle wapens. Op die slagveld lei hy altyd sy troepe en die berig van al sy oorwinnings laat sy vyande in hulle spoor omdraai.

Sedert die begin van die mensdom was hardloop deel van nie mens se daaglikse lewe. Die vermo om vinnig en ver te kon hardloop het was essensieel. Voor die tem van perde, moes hardlopers gestuur word as boodskappers. Hardlopers was dan ook gebruik vir militre doeleindes en as koninklike boodskappers.

In ulgi A word daar in detail beskryf hoe ulgi in een dag van Nippur na Ur en terug gehardloop het. Hierdie prestasie van ulgi het gepaard gegaan met n die ee fees. In hierdie lofsang word nie slegs sy spoed en fiksheid geprys nie, maar ook sy deursettingsvermo in uitdagende weerstoestande. Daar word beskryf dat ulgi deur n hewig donderstorm met hael en sterk winde moes hardloop. Die koning was egter nie bang gewees nie.

I am the runner who arose in my strength in Order to show myself in running from Nippur To the brick-work of Ur and my heart prompted me to Traverse, as if it was a distance of one mile. Like a wild ass I ran. With my heart full of joy, I ran onward, racing like a solitary wild donkey. Before Utu set his face toward his house, I traversed a distance of fifteen miles.
ulgi was ook baie vinnig gewees, en sy spoed word dikwels vergelyk met die van ander mans en diere.

I am ulgi. Whenever I run, I can pass by/catch a gazelle.

Die fiksheid van ulgi was besonders en hy moes n baie streng oefenprogram gevolg word, al word daar nie daarna verwys nie behalwe dat hy sy boogskiet geoefen het.

As a donkey colt in its running, my strength never fades away. When I come back from the race, my knees never feel tired. Without any rest, as I am of strong complexion, I can still dance and prance.

Boogskiet was een van die gunsteling sport soorte van die ou Nabye Oosterse konings. Verskeie relif werke uit Egipte en Mesopotami dui daarop dat dit n belangrike deel van jag en oorlog voering was.

ulgi beskryf dat hy n besondere skut was en baie akkuraat kon skiet. Hy het die sport aangeleer in n plek wat Dabrum genoem is.

In Dabrum, the place where bows skills were instructed, I proved to be an expert in shooting with the bow. Its speed was that of lightning sent from on high. Whatever I hit, did not raise its head from the spot.

Die spoed waarmee die pyle geskiet word was ook baie belangrik gewees, veral wanner daar gejag is. Die ideaal was om die dier n vinnige dood te laat sterf, iets wat nie moeilik vir ulgi was nie.

A fierce boar of the mountain, I would pierce its liver with an arrow. One of mine would be sufficient to pin it into the ground. The projectiles thrown by my arm could go as far as the arrow of my bow. My mighty arm assailed them with barbed arrows. The barbed arrows will flash before me like lightening. The barbar-arrows like flying swiftly flying bats will fly into the mouth of its target.

Stoei was n gewilde sport in die ou Nabye Ooste gewees. Die beste dokumentasie van die sport kom vanuit Egipte, waar uitbeeldings van stoeiers in verskeie koninklike grafte gevind is. Die Hetiete het gestoei as deel van n rituele fees. In dokumente wat in Mari gevind is word stoei metafories gebruik om te verwys na strategie wat binne die militre sfeer gebruik is. So n tipe metafoor kon slegs gebruik word as die sport bekend was. In Sumeri het verskeie artefakte waarop stoeiers uitgebeeld is behoue gebly. Dit was dus glad nie vreemd dat ulgi na die sport in sy loflied verwys het nie.

In die uittreksel wat volg verwys ulgi na n tipe internasionale stoei kompetisie wat plaasgevind het, waar hy meegeding het teen stoeiers van vreemde lande: I am the strong man of the tricks and wrestling. I am the shepherd, with my very long fingers I split [...] In the great court, like on the battlefield, wo could challenge me? The great hero of the country. The strong mighty man, who was selected from all the countries. The runners of Sumer. Those who repel with hand and breast, who possess wide-open knees. In Dubla I let them contend with me. Like goring oxen I turned them back by their horns. In wrestling I was indeed the mighty one. In tricks I was indeed the strong one. I, ulgi, the shepherd of Sumer, am a person with whom none can compete. I, the hero let them make my prayers shine for me like the stars of heaven! Let them sing my great hymns, which are most suitable for recitation! I am a very fast runner, taking the fair course ...

ulgi word uitgebeeld as n bekwame jagter. Daar word beskryf dat ulgi in die graslande en tussen die riete gejag het. Om n bekwame jagter te kon wees het vereis dat hy die gebruik van verskeie wapens moes bemeester. Jong mans was gewoonlik opgelei in die gebruik van wapens, en moes teen mekaar oefen. ulgi beweer dat hy die gebruik van die volgende wapens bemeester het: die hout swaard, die metaal spies, die metaal werpspies, die leer slingervel en die pyl en boog.

Deur ulgi se jag ekspedisies het hy die veiligheid van sy land verseker, nou was mens en mak dier beskerm teen wilde diere:

Then pens folds would become open/safe places. For the shepherds and the pack dog sit was a pleasant/comfortable time, from then until distant days. Indeed I would all by myself bring down the beast. To finish the lion with the cutlass was my own privilege. I would follow its trail until the en of its energy.

Sport in die ou Nabye Ooste moet op n ander manier interpreteer word as wat ons dit vandag verstaan. Vandag word sport vir ontspanning gespeel en is dus sekulr van aard. In die ou Nabye Ooste was sport verbind aan verskeie aspekte van die beskawings, soos byvoorbeeld onderrig, die ideologie van die koning, die militre sfeer en godsdiens.

In die ou Nabye Ooste was dit baie belangrik gewees dat die koning altyd uitgebeeld word as die wenner in alle aspekte van die lewe, en natuurlik ook in sport aktiwiteite. As die koning sou verloor in n sport aktiwiteit was daar glad nie daaroor gepraat of daarna verwys in enige dokumente nie. In die ou Nabye Ooste was konings altyd vergelyk met ander mense en selfs diere, hulle moes vrede in hulle magsgebied verseker en omsien na die rykdom van die land, maar hulle moes ook hulle fisiese krag en vaardighede ten toon stel. Sport was dus die manier waarop hy sy bonatuurlike vermons kom demonstreer. ulgi se bonatuurlike vermons wat deur homself beskryf word in sy lofliedere het dus gedien om die ideologie van die koning te bevorder.

Alhoewel daar hoofsaaklik in die lofliedere van ulgi gekonsentreer word op die ideologie van die koning, word die godsdienstige geloof in sy goddelike afstamming ook na verwys. Dit was gebruiklik in Mesopotami dat n koning tot die status van n god verhoog is na sy dood, ulgi is egter toe hy steeds gelewe het na die status verhoog, al was dit nou deur homself. Dit is ook interessant dat in die lofliedere verwys ulgi glad nie na die gode wanneer dit by sy oorwinnings en prestasies op die sportveld kom nie.

Gedurende die tyd van die ou Nabye Ooste het sport n belangrike deel gevorm van militre opleiding. Die ontspannende wyse waarom die soldate fiks geword het was en die gesonde atmosfeer wat die deelname aan sport geskep het was hoog aangeprys. Een van die beste verwysings na die verbintenis tussen sport en militre opleiding kom van n uitbeelding in n Egiptiese graf wat aan Beni Hasan behoort het gedurende die Middel Koninkryk Tydperk. In die kunswerk word die verbintenis tussen stoei en militre opleiding uitgebeeld. Die verwysing na militre aspekte van sport is totaal gegnoreer in ulgi se lofliedere.

Alhoewel ulgi aandui dat sy wysheid en krag van die gode afkomstig was, is daar tog dele van sy lofliedere wat aandui dat hy tog moes oefen om sy vaardighede op te skerp. Hy het as boogskut opleiding ontvang in n plek wat Dabrum genoem was, waar hy uitgeblink het as skut. Sy verwysing dat hy glad nie moeg was nadat hy van Nippur na Ur en terug gehardloop het nie, dui daarop dat hy n tipe van oefen plan moes gevolg het om sy fiksheid te bevorder.

You might also like