You are on page 1of 15

Die skild bordspeletjie

Die godin as religieuse simbool is n vreemde konsep in die moderne Westerse wreld, waar die godhede gewoonlik in manlike vorm uitgebeeld word. In die ou Nabye Ooste was godinne egter n algemene verskynsel en het hulle spesifieke funksies gehad binne hul onderskeie kultusse. Die term moeder godin word in literatuur vandag gebruik om veral te verwys na politestiese, pre-moderne en die sogenaamde primitiewe godsdienste. Die term oorvleuel dan ook met die van aard moeder en fertiliteit godin. Die fertiliteit aspek was dan ook die mees algemene en bekendste eienskap van die tipe godin in die ou Nabye Ooste

Wat verstaan julle onder die begrip fertiliteit in verband met antieke godsdienste?

Die rol van die moeder godin kan egter nie losgemaak word van haar man, die storm god nie. Die storm god was nou verbind aan die jaarlikse landbou siklus. Die moeder godin was verantwoordelik vir die regenerasie van die storm god, wat n jaarlikse instelling was, en dus die twee godhede nouliks verbind het. Verskeie van hierdie pare het in die ou Nabye Ooste bestaan, naamlik Isis en Osiris (Egipte), Inanna en Tammuz (Sumeri), Adad en Itar (Akkadiese geskrifte) en Baal en Anat (SiroPalestina).

In die Egiptiese mite van Isis en Osiris word Osiris deur sy broer Seth doodgemaak. Osiris se ledemate was dan deur Seth verdeel en na verskeie gebiede in Egipte gestuur, met die gevolg dat Isis deur die hele Egipte moes gaan soekend na al sy ledemate. Toe Isis al die ledemate versamel het was sy in staat om Osiris te regenereer. Hierdie hele proses was later verbind aan die jaarlikse landbou siklus van winter en somer. In die Mesopotamiese mites word daar beskryf dat Inanna en Itar respektiewelik die hiernamaals betree het om vir Dumuzi en Tammuz terug te bring na die land van die lewendes, en so doende is nuwe lewe gebring in die landbou siklus deur middel van die aankoms van die somer en ren.

Na aanleiding van hierdie merkwaardige rol van die moeder godin was sy dikwels uitgebeeld as n leeu (wat n aanduiding is van haar krag), n troon (wat n simbool is van haar waardigheid) en n boom (wat dui op haar fertiliteit aspek).

Voorbeelde van hierdie elemente is gevind op ou Nabye Oosterse bord speletjies, wat n aanduiding is dat die moeder godin met spel geassosieer was, en dat die speletjies moontlik ook n kultiese betekenis gehad het in terme van die moontlike aanmoediging van die godin om die storm god te regenereer sodat die somer kan aanbreek.

Bord speletjies was baie gewild gewees in die ou Nabye Ooste. Voorbeelde van speletjies is gevind in Egipte, Mesopotami, Anatoli, Elam, Palestina en Siprus. Verskeie van die speletjies was gespeel en verskillende soorte kategorie word onderskei, byvoorbeeld lyn-speletjies, oorlog-speletjies, jag-speletjies en jaag-speletjies. Een van die populrste speletjies, wat verbind word aan die moeder godin, was die skild speletjie. Hierdie speletjie was ook bekend as die spel van agt en vyftig gaatjies en die spel van honde en jakkalse, dit word egter vandag die skild bord speletjie genoem na aanleiding van die vorm van die bord.

Die vorm van die bord het deur verskillende stadiums van ontwikkeling gegaan. Die algemene vorm het soos volg gelyk:

Voorbeelde van die Vroe Brons Tydperk toon n skild vorm, gedurende die Middel Brons Tydperk het die vorm begin verander en menslike eienskappe aangeneem wat n tipe hibriede vorm tot gevolg gehad het. Gedurende die Laat Brons Tydperk het die bord egter verder verander en heeltemal in menslike vorm voorgekom. Die ontwikkeling van die bord word soos volg uitgebeeld:

Die verandering van die vorm van die bord mag dalk aandui dat die speletjies nie slegs binne n sekulre konteks gespeel is nie. Die menslike vorm wat die borde aangeneem het kan wel op verskeie maniere genterpreteer word. Een voorbeeld hiervan is n bord wat in Egipte gevind is, waarop n gesig met o op die bord uitgebeeld is. Die uitbeelding mag die van n mens of n goddelike wese wees en die betekenis daarvan was waarskynlik alom bekend gewees. Die bord het soos volg gelyk:

Verskeie skild bord speletjies met leeu uitbeeldings daarop is ook in gebruik in die ou Nabye Ooste. Die leeu was n baie bekende assosiasie met die moeder godin, waar sy ook bekend gestaan het as die leeu dame. Die meeste van die borde met die leeu motief is gevind in grafte, en dui daarop dat die leeu moontlik die beskermer van die grafte was. Dit hou ook verband met die ou Nabye Oosterse landbou mites, waar die moeder godin na die onder wreld moes gaan om die storm god te haal en hom te regenereer om sodoende somer te laat aanbreek. Voorbeelde van die borde het soos volg gelyk:

Daar is ook van die skild bord speletjies met uitbeeldinge van bome gevind. Die boom wat ook verwys is na die gestileerde boom en die heilige boom was n baie gewilde motief in die ou Nabye Ooste. Die boom motief was ook dan geassosieer met die moeder godin. Voorbeelde van die tipe borde het soos volg gelyk:

In Egipties reliefwerke word konings, koninginne, gode en godinne dikwels uitgebeeld waar hulle bord speletjies speel. In hierdie werke word die spelers ook dan uitgebeeld in die sittende posisie waarin die speletjies gewoonlik gespeel is. Die moeder godin is ook geassosieer met die troon motief, waar gode baie uitgebeeld word as sittend op n troon. Voorbeelde van hierdie reliefwerke het soos volg gelyk:

You might also like