You are on page 1of 143

1

Geskryf deur Gert Albertse.


Foto’s geneem deur beide die Albertse en Van Schalkwyk
families.

Bladsy 1
2

Voorwoord

Hierdie toer het sy ontstaan gehad gedurende die Junie/Julie


2005 vakansie in Namibië. Tydens verskeie gesprekke is daar
gepraat oor ʼn moontlike toer na die bekende Ngorongoro
Krater, Serengeti, sowel as die Masai Mara wildernis-
gebiede.

Dit was duidelik dat die moontlike groep moes bestaan uit
mense wie vir so ʼn lang periode verlof kon kry en baie goed
met mekaar kon klaarkom. ʼn Toer van hierdie aard en
omvang sou ook deeglike beplanning verg. Nadat die idee
bespreek was, was daar konsensus verkry vir die voorlopige
beplanning van so ʼn toer.

Terug by die huis is alle moontlike bronne/inligting oor


soortgelyke toere versamel, bestudeer en kon daar begin
word met die opstel van ʼn voorlopige roete. Nadat ons
kontak gemaak het met Karel, iemand wat Poen as verwysing
gekry het, het ons besluit op ʼn finale roete wat die volgende
plekke sou insluit: Hobas Meteoriet by Grootfontein, Victoria
Waterval by Livingstone, die Ngorongoro krater, Serengeti,
Lake Victoria, Masai Mara, Great Rift Valley, Zanzibar, Lake
Malawi en nog vele ander mooi plekke. Dit was ook belangrik
om vooraf te kon bepaal hoeveel dae by hierdie besonderse
plekke oorgebly kon word.

Met die roete gefinaliseer kon ons toe bepaal hoe lank die
toer sou neem. Ons het 37dae tot ons beskikking gehad en
kon die afstande uitwerk wat ons moet ry per dag asook

Bladsy 2
3

waar ons moes oornag. Een van die verskeie vrae wat ons
gehad het, was hoe lank moes ons spandeer in die Serengeti
en Masai Mara om baie diere te kan sien?

Reisdokumentasie het die volgende ingesluit: paspoorte,


Internasionale bestuurslisensies, voertuigversekering, Carne
de Passage, oorspronklike voertuig dokumente. Die voertuie
was ook goed nagegaan en Elrico van Elrico Motors het vir
my en Poen op ʼn vinnige voertuig bekendstellings-kursus
geneem. Hopelik sou ons dit darem nie nodig gehad het nie.
Alle voertuie was toe ook toegerus met alle moontlike
herwinnings-toerusting en ekstra onderdele.

Die mediese voorraad het Mariana vir ons gereël en ons


moes net almal self gaan vir die verpligte geelkoors
inspuitings. Omdat ons in ʼn malaria gebied sou toer, moes
ons ook alreeds voor die tyd ons malaria pille begin drink het.
Aangesien die beskikbare water nie te alle tye ongesuiwer
gedrink kon word nie, het ons suiweringmiddels gekoop om
die vuil water te behandel. Ten einde gereed te wees vir
enige probleme is daar vooraf kamp opgeslaan om te bepaal
hoe ʼn laer getrek kon word met die voertuie en windnette as
beskerming tydens ons besoek aan Serengeti en Masai Mara
waar die kampe nie omhein was nie.

Bladsy 3
4

Dag 1, Vrydag 22 Junie, Stellenbosch tot Springbok


Ons vertrek om 11:30 met ʼn seer hart vanaf Stellenbosch en
kry vir Poen hulle by Malmesbury. Sal ons dan weer almal
veilig kan terug kom by die huis na ons toer, was die vraag in
almal se harte. Aanvanklik het dit maar dol gegaan met die
inpak, maar ons het besluit om tydens die toer ons bagasie
en toerusting beter te organiseer. Vanaf Malmesbury het ons
gery tot naby Clanwilliam waar Poen-hulle nartjies vir die
toer koop.

Ons volgende stop was op Vanrhynsdorp waar ons vir Piet en


Elma Brink gaan groet het. Ons gesels ʼn bietjie en wens
mekaar ʼn veilige reis toe. Hulle gaan saam met Pieter
(Spektrum) Visser hulle in Namibië toer. Hiervandaan vertrek
ons na Springbok en kom om 18:00 daar aan. Ons ry direk na
die Roosmaryn koshuis en bevestig ons blyplekke vir die
aand, waarna ons diesel in die voertuie gaan ingooi,
aangesien ons die volgende oggend vroeg wil ry. Ons sal
maar altyd probeer om saans die voertuie vol diesel te maak.
Vanaand eet ons hoender en gaan slaap vroeg. Die beddens
is ou koshuis beddens en is heeltemal deurgelê. Ek en Yvette
besluit om eerder die matrasse op die vloer te gooi en dan
maar eerder daar te slaap. Die koshuis- leerlinge maak tot
laat die aand musiek.

Bladsy 4
5

Dag 2, Saterdag 23 Junie, Springbok tot Okahandja

Ons staan vanoggend reeds om 04:00 op, maak koffie en pak


ons slaapgoed in. Ons vertrek teen 05:00 vanaf Springbok na
Okahandja en kom 06:00 by die grenspos aan. Dit neem ons
30 min om deur beide grensposte te gaan. Dit kos N$160 per
voertuig vir die padbelasting. Een van die grenspos beamptes
vra vir Yvette of ons enige vleis het om te verklaar, waarop sy
gelukkig “ja” kon antwoord. Ons het gelukkig ʼn permit van
die staatveearts op Elsenburg gehad vir alle vleis en
suiwelprodukte.

Op die pad tussen Noordoewer en Grunau.

Ons eerste stop is net voor Grunau waar ons ʼn paar foto’s
neem van die mooi landskap en die sonsopkoms.

Bladsy 5
6

Op die pad tussen Noordoewer en Grunau.

Ons maak die voertuie vol diesel by Keetmanshoop waar daar


soos gewoonlik ʼn sterk wind waai. Ons eet sommer ook gou
ontbyt aangesien ons vroeg reeds vanaf Springbok weg is. Die
volgende stop is op Mariental waar ons ʼn vinnige middagete
geniet en dan verder tot by Okahandja ry. Op die pad
soontoe luister ons oor die radio na die rugby- toets tussen
Suid-Afrika en Nieu-Seeland wat deur Nieu-Seeland gewen
word. Teen 16:00 kom ons by Okahandja aan waar ons kamp
in die nuut oor geneemde Kings Highway kampplek.

Bladsy 6
7

Gert en Poen sit rustig in King’s Highway Rest Camp,


Okahandja.

Ek en Poen gaan maak die voertuie weereens vol diesel.


Vroegaand maak ons vuur en braai ons net wors. Ons het
vandag een van langste afstande op die pad, agter die rug.

Bladsy 7
8

Dag 3, Sondag 24 Junie, Okahandja tot Rundu

Ons staan vanoggend 06:30 op, slaan tente af en vertrek na


Rundu. Op die pad na Otjiwarongo stop ons eers langs die
pad en koop biltong vir ons toer. Dis maar redelik duur, maar
ons gaan nie gou weer eetbare biltong kan koop nie. By
Otjiwarongo stop ons en koop water en koek. Dis vandag
Mariana se verjaarsdag. Ons volgende stop is by Otavi vir ʼn
toiletbreek en ry toe verder na Grootfontein. Voor
Grootfontein, stop ons weer om na die Hobas meteoriet te
gaan kyk.

Yvette, Mariana, Cecile, Nicolette by die Hobas Meteoriet


naby Grootfontein.

Bladsy 8
9

Op die pad vermaak ons vir Poen hulle met musiek van
onder andere Die Briels en Chris Blignaut, musiek wat nie in
Poen se smaak val nie. Die kinders het dit baie amusant
gevind. By Hobas eet ons ʼn vinnige middagete en ry verder
na Grootfontein waar die voertuie en alle Jerry kanne vol
brandstof gemaak word. Ons het gehoor dat diesel se prys in
Zambië maar redelik duur is en ons wil so ver as moontlik,
maar so goedkoop as moontlik ry! Hierdie is dan ook die
laaste skof van die dag tot by Rundu. Op die pad Rundu toe
stop ons en koop hout vir die aand se braai. Die pad is maar
ver en reguit met min draaie. Gelukkig is dit ʼn nuwe
omgewing en dus nie te vervelig nie.

Ons kom teen 15:00 by Rundu aan en stop eers by die


Ngandu Safari Lodge, maar dit is te ver van die rivier af en die
kampplek is nie baie mooi nie.

Bladsy 9
10

Uitsig oor die Okavango Rivier, Rundu.

Ons ry gou deur die Lodge se kampplek tot by die Sarasungu


River Lodge. Ons gaan vanaand hier slaap. Die plek lyk baie
mooier as die Ngandu Safari Lodge. Die pad is maar redelik
sanderig en twee wiel trek voertuie sal daar kan vassit. Daar
staan een Overland vragmotor maar die toeriste is ouerige
mense en ons hoop nie hulle is te raserig nie.

Bladsy 10
11

Sarasungu River Lodge, Rundu.

Vanaand eet ons elkeen ʼn stuk koek om Mariana se


verjaardag te vier. Twee jaar gelede was ons op toer deur die
Kaokoveld en het ons Mariana se verjaardag by Hardapdam
gevier.

Bladsy 11
12

Dag 4, Maandag 25 Junie, Rundu tot Livingstone


Ons staan weer eens teen 06:30 op, en gaan kyk na die
Okavango rivier wat teen die Sarasungu River Lodge se
kampplek verbyvloei. Nadat ons die voertuie weer vol diesel
gemaak het, vertrek ons na Livingstone. Ons het besluit om
eerder tot by Livingstone te ry en nie by Katima Mulilo te
gaan slaap nie. Op pad na Katima Mulilo ry ons by die Popa
Valle in.

Begin van die Popa Valle.

Op ons Kaokoveld toer het ons twee nagte by die Epupa valle
geslaap. Langs die pad ry ons verby verskeie veld-slaghuise.
Die rou vleis hang sommer aan drade uit bome en daar is
geen manier om die vlieë weg te hou nie. Die mense wat die
vleis koop, sal dit maar goed moet gaarmaak om seker te

Bladsy 12
13

maak die vleis is eetbaar. Ons sal dit glad nie eers oorweeg
om te koop nie. ʼn Mens kan ook nie te vinnig ry nie, want
daar is orals beeste en bokke wat oor die pad stap, om nie
eers te praat van die mense wat te voet is of op fietse ry nie.
Ons stop by die Popa Valle wat maar eintlik net ʼn stroom
versnelling is.

Almal met hulle Crocs aan.

Hier moes ons eers toegangsgeld betaal. Nadat ons die plek
verken het en ʼn paar foto’s geneem het, eet ons ʼn ligte
middagete. Na Katima Mulilo moes ons nog deur die Namibië
/ Zambië grenspos gaan en ons weet nie hoe lank dit gaan
neem nie, en het ons besluit om nie te veel tyd langs die pad
te versuim nie. Ons ry verder oor die Okavango rivier tot by

Bladsy 13
14

die hek waar ons die Caprivi strook inry. Orals is daar borde
wat sê dat ons 80 km/h moet ry en uitkyk vir die olifante vir
die volgende 180km, maar nêrens was daar enige diere nie,
wel tekens van olifante. Hierdie pad sal maar baie gevaarlik
wees in die nag. Die naam Caprivi was altyd iets wat ʼn
bekoring inhou maar daar is niks om oor opgewonde te raak
as jy net op die hoofpad bly nie. Ons kom teen 14:00 by
Katima Mulilo aan waar ons by die toerisme kantoor stop en
Poen vir hom wit en rooi weerkaatsers koop. Volgens die
dokumentasie wat ons by die AA ontvang het, is dit in sekere
lande verpligtend om wit weerkaatsers voor en rooies agter
aan weerskante van jou voertuig te hê. Ons gooi diesel in en
vertrek na Livingstone. Eers moes ons deur die Namibiese
grenspos gaan waar daar groot aanbouings is. Die twee
kantoortjies weerskante van die pad is maar in ʼn
verwaarloosde toestand. Na 10 minute is ons klaar en ry ons
verder na die Zambiese grens. Hier word ons vinnig met die
paspoorte gehelp. Hier moes ons 3de party versekering teen
R120 uitneem vir die tydperk in Zambië, en ook N$75 betaal
vir die voertuig vir padbelasting. Daarna is ons na doeane
waar ons die Carne de Passage moes wys asook 15000
kwachas betaal vir uitlaatgas-belasting. Nie een van ons het
kwachas gehad nie en ruil dit buite die kantoor by ʼn straat-
wisselaar. Ek het iewers gehoor dat dit onwettig was maar dit
was die enigste plek waar ons geld kon omruil, nêrens in
Suid-Afrika kon ons geld van die ander Afrika lande kry nie.
Elkeen van ons gee R300 en kry 15000 kwachas. Ons vertrek
na 20 minute verder oor die brug na Sesheke en Livingstone.
Yvette neem video van die brug en die rivier.

Bladsy 14
15

Brug oor Zambezi, tussen Katimo Mulilo en Sesheke.

Terwyl sy besig was om die video te neem sien ek daar kom


iemand met ʼn uniform en geweer aangestap wat iets skree,
maar ignoreer hom omdat ek het nie geweet of hy vir ons
geskree het nie. Mariana was nog besig om af te neem, toe
skree die man vir haar ook iets en maak asof hy sy geweer op
Poen wil rig, Poen stop toe. Volgens die polisieman mag ons
nie die brug afgeneem het nie. Ons ry verder verby Sesheke
en Kazungula waar ons met die terug kom oor die veerboot
gaan ry. Ons kom die aand 18:30 in Livingstone aan. Ons
moes die laaste uur in die donkerte ry. Ons was verbaas om
te sien hoe die mense se padgebruik gewoontes was. As ʼn
voertuig voor jou ry sit die bestuurder sy linker flikkerlig aan
as jy hom kan verbysteek en sy regter flikkerlig aan as daar

Bladsy 15
16

iets van voor aankom. Snags sit hulle hul regterkantse


flikkerlig aan om seker te wys waar die voorkant van die
voertuig is. Ons kon nog nie uitvind hoekom nie. Ons ry tot by
Maramba River Lodge waar ons beplan het om te gaan slaap.
Die Landie se voorruit is baie vuil en maak die ryery maar
baie moeilik. Die Maramba River Lodge was vol bespreek en
hulle verwys ons toe na The Livingstone Safari Lodge waar
ons toe gaan kamp. Ons betaal net eers vir 1 dag en sal eers
môre wil kyk hoe dit lyk voor ons nog ʼn dag gaan oorbly. Die
eienaar van die plek, Chess, is ʼn Noorweër en hy het vir ʼn tyd
in Suid-Afrika gebly. Hy kan nog baie goed Afrikaans praat.
Die aand eet ons pasta. Daar is naby die kampplek is ʼn
sjebeen wat tot in die vroeë oggendure musiek speel. Die
honde van die buurt blaf die hele nag en is baie steurend vir
die van ons wat maar lig slaap.

Bladsy 16
17

Dag 5, Dinsdag 26 Junie, Livingstone

Vanoggend het ek en Poen gegaan om geld om te ruil. Ons


het eers gestop by die Zambian State Insurance om die
Comesa Yellow Card Insurance te kry, maar niemand wou dit
vir ons gee nie. Ek het ʼn versekering vanaf Madison Insurance
gekry en Poen Goldman Travel Insurance by verskillende
mense op die grenspos. Daar was gelukkig ʼn Madison
agentskap in Livingstone. Ons stap toe oor die straat na die
naaste Bureau de Change wat in ʼn klein winkeltjie was en ruil
ons geld om. Ons kry 950000 kwachas vir U$200. Toe ons
buite kom het twee manne besluit Poen se bakkie is vuil en
dit moet gewas word. Niemand het hulle natuurlik gevra nie.
Ek het van die geleentheid gebruik gemaak om paspoort
foto’s te laat neem, vir ingeval ek later foto’s sou benodig,
aangesien ons almal moes aansoek doen vir ʼn tydelike visum
vir Tanzanië. Dit kos my 20000 kwachas vir 4 foto’s, gelukkig
het Yvette en al die ander mense darem ekstra foto’s gehad.
Poen vra toe die sekuriteitswag, wat voor die Zambian State
Insurance gebou staan, hoeveel hy die twee manne moet
betaal wie sy bakkie gewas het. Die voorstel was 15000
kwachas per persoon. Ewe skielik is daar skielik drie manne
wat die bakkie gewas het. Terwyl Poen met hulle staan en
stry neem ek sy tas met al hulle dokumentasie uit sy hand uit
en spring in die bakkie. Poen kon nie sy deur vinnig genoeg
toemaak nie, en druk die een man sommer so halflyf binne in
die bakkie in. Na ʼn groot gestry en betaal van die wassers, is
ons daar weg op soek na die Madison gebou. Na ʼn paar keer
se rondvra en rondry kom ons by ʼn gebou waar daar ʼn bakkie

Bladsy 17
18

voor die gebou staan met ʼn Madison plakker op. Ons stop by
die museum aan die oorkant van die pad en Poen vra die
sekuriteitswag dat hulle tog nie weer sy bakkie moet was nie.
Die Madison kantoor was op die derde vloer, waar ek toe die
Comesa Yellow Card Insurance kon kry. Die Comesa Yellow
Card kos 88000 kwachas vir 3 lande. Ek neem ook die
versekering uit vir Tanzanië, Kenia en Malawi. Die kantoor
was verskriklik vol papiere en kon definitief nie baie goed
bedryf word nie. Daar was ʼn gekrap aan een van die mure en
het ons vir mekaar spottenderwys gesê dat dit seker muise
moet wees. Poen kon nie regkom nie en moes sy versekering
in Lusaka gaan kry want dit was nie Madison nie. Ons ry toe
maar terug na die kamp waar ons vir die eerste keer ʼn lekker
ontbyt maak. Na ontbyt ry ons almal in Poen se bakkie tot by
die Victoria Valle. Die sproeiwolk is al van ver af sigbaar. Dis
waar die naam “Smoke that Thunders” vandaan kom. Die
toegangsfooi is US$10 per persoon. Die rivier was baie vol
water en veroorsaak dit baie sproei oor die waterval.

Bladsy 18
19

Victoria Valle, Livingstone.

Bladsy 19
20

Victoria Valle, Livingstone.

Ons neem baie foto’s en video waarna almal, behalwe ek, die
roete gaan stap. Die afgrond was te steil vir my en ek besluit
toe om maar bo te bly. Almal trek hul reënjasse aan en toe
hulle terugkom was hulle sopnat, die sproei waai van onder
af onder die reënjasse in. Ons bring ook ʼn besoek daarna aan
die inligtingsentrum waar ons ʼn baie lang eentonige lesing
kry van die geskiedenis van die valle. Daar was ʼn paar
helikopters wat oor die valle gevlieg het, en alhoewel dit
lekker sou wees, sou dit seker baie duur wees. Ons ry daarna
deur Livingstone om die ander mense te wys hoe dit lyk. Op
die pad terug stop ons eers by die Spar, koop houtskool,
brood en water en ry toe verder na die Zambezi Waterfront
waar die African Queen se kaai is om te kyk hoe dit daar lyk

Bladsy 20
21

en om te vra hoeveel dit kos. Dit kos US$55 per persoon. Ons
besluit toe ons sal op die boot kom vaar wanneer ons
terugkom van ons toer.

The Livingstone Safari Lodge, Livingstone.

Terug by die kamp gaan maak ons ʼn draai by die kroeg om


vir die vrouens te wys hoe dit lyk en om ʼn yskoue Mosi te
drink. Mosi is die naam van die Zambiese bier wat ons die
meeste geniet het. Dit word afgelei van Mosi-oa-Tunya of the
“Smoke that Thunders”. Die aand braai ons vleis en pak die
meeste van ons bagasie in die voertuie. Ons wou die
volgende oggend vroeg vertrek.

Bladsy 21
22

Dag 6, Woensdag 27 Junie, Livingstone tot Lusaka

Ons het vanoggend om 06:30 opgestaan, opgepak en vertrek


teen 07:45 na Lusaka. Die pad was baie sleg en vol slaggate.
Partykeer kon ons net 60km/h ry. Die son het ook so sleg van
voor geskyn dat ek van die slaggate nie kon sien nie. Van die
slaggate is sommer dwarsoor die pad. Ons het langs die pad
by een van die vele stalletjies gestop en een sak houtskool
gekoop wat ons sommer op die Landie gelaai het, waar daar
baie plek was.

Sakke houtskool op die pad tussen Livingstone en Lusaka.

Bladsy 22
23

Bladsy 23
24

Die pad was baie sleg tot by Zimba waar dit weer ʼn breë en
goeie teerpad geword het tot by Monze. Daarna was daar
maar weer hier en daar slaggate wat baie dieper was as
voorheen, maar ons kon darem teen 110km/h ry. Ons het
weer langs die pad gestop waar Poen vir hulle ʼn sout en
peperpot houer gekoop het. Daar was ook langs die pad
lewendige hoenders, kalkoene en tarentale te koop.
Wanneer jy ʼn dorp inry is daar gewoonlik eers ʼn 50km/h
bordjie, dan so drie stelle klein spoedwalletjies en dan een
grote, wat seker maak dat die voertuie stadig ry. Die hoofpad
loop deur die dorpies en ons moes maar gereeld stadig ry.
Daar was dan ook gereeld padblokkades. Hulle sit sommer ʼn
drom in die middel van die pad en as hulle jou wil stop, sal
hulle so aandui, anders waai hulle net met die hand dat ons
verder kon ry. Die polisie het ʼn paar standaard vrae soos, “
waar het ons laasnag geslaap”, “waar slaap ons vanaand”, en
“kan hulle ons 3de party versekering sien”. Net een keer in
Tanzanië het ʼn polisieman vir ons gevra “what presents did
you bring us”. Ons het in elke voertuig ʼn paar pakke
sigarette, penne, potlode en lekkers gehad. Ons moes ook
een keer ʼn paar koeldranke afstaan. Die polisie ken nie die
Kaapse nommerplate so goed soos die GP’s van Gauteng nie,
want hulle stop blykbaar die meeste GP’s en het al ʼn paar GP
voertuie laat uitpak. Ons ry verby Mazabuka waar daar baie
groot suikerplantasies is. Ons ry verder tot by Eureka-kamp,
waar ons vir die volgende twee dae gaan bly.

Bladsy 24
25

Eureka kamp, Lusaka

Bladsy 25
26

Nadat ons kamp opgeslaan het, gaan kyk ons hoe Lusaka lyk,
en soek ook sommer die plek waar Poen sy Comesa Yellow
Card Insurance kon koop en ook waar die Toyota Garage is.
Daar was baie straatsmouse wat hulle produkte aan ons wou
verkoop. Ons neem hulle met die videokamera af, maar van
hulle is maar sku vir die videokamera. Poen sukkel maar
aanvanklik om by die sirkels in die verkeer in te kom. Jy moet
maar indruk en hoop hulle gee jou ʼn kans om te ry. Op pad
terug wou Poen diesel ingooi, maar daar was by meeste van
die bekende garages geen diesel nie. Gelukkig kon hy sy
bakkie volmaak by een van die onbekendes. Iemand het vir
ons genoem dat daar maar gereeld brandstof probleme in
Lusaka is. Die aand braai ons frikkadelle, patat en aartappels.
Die kamp is baie mooi maar daar is te min toilette. Daar is by
die mans net twee toilette en drie storte vir die hele
kampterrein. In die kamp is verskeie wildsoorte oa. sebras,
rooibokke, buffels en apies. Die sebras stap saans in die
kamp rond en vreet die gras.

Bladsy 26
27

Dag 7, Donderdag 28 Junie, Lusaka

Ek en Poen ry vanoggend vroeg Lusaka toe om eerste by die


Toyota garage te wees vir sy bakkie se diens. Nadat hy die
bakkie by Pieter de Villiers, die werkswinkelbestuurder gelaat
het, ry ons weer terug Eureka kamp toe. Ons maak ontbyt en
ry daarna weer terug Lusaka toe. Op pad Lusaka toe kon ek
darem diesel ingooi by ʼn BP garage. My kwachas het begin
min raak. Omdat ons weer deur Zambië terugkom en dus
weer kwachas sou gebruik, wou ons weer gaan geld omruil.
Ek en Poen gaan koop toe brood en nog ander benodigdhede
in Shoprite. Aangesien Poen nie sy Comesa versekering in
Livingstone kon uitneem nie, was ons volgende stop die
kantoor waar Goldman Insurance is. Terwyl Poen sy Comesa
versekering uitneem, wag ek vir hom in die bakkie. Ons wou
nie weer ʼn herhaling hê van wat in Livingstone gebeur het
nie. Nadat Poen sy versekering gekry het, gaan laai ek hom
by Toyota af. Sy bakkie was gereed en ons ry terug Eureka
toe. Vanaand moet ons maar vroeg gaan slaap en soveel as
moontlik rus kry , die volgende paar dae gaan ons redelik vêr
ry.

Bladsy 27
28

Dag 8, Vrydag 29 Junie, Lusaka tot Mpika

Ons staan vanoggend vroeg op. Ons plan is om vandag tot by


Kapishya Hotsprings te ry, omtrent 110 km anderkant Mpika.
Tydens die aanvanklike toerbeplanning, het ek op die
internet gevra vir aanbevelings vir blyplekke en almal het ons
afgeraai om in Mpika te slaap of dat daar geen verblyf is nie.
Ons het in die Weg tydskrif gelees van die Kapishya
Hotsprings en wou vanaand daar slaap en ons wou ook die
oggend verkeer van Lusaka mis. Dit behoort chaos te wees.
Ons ry op die Great Northern Road wat die hoofpad is na die
noorde en loop tot by die bekende Copperbelt. Die
Copperbelt is waar Zambië se groot kopermyne is. By Kapiri
Moshi moes ons regs afdraai, maar daar was geen rigting
aanwyser wat aandui dat jy moet regs draai nie. Gelukkig was
daar ʼn padblokkade by die afdraai en een van die
polisiemanne noem toe vir Poen dat die meeste Suid
Afrikaners reguit aanry en nie regs draai nie. Gelukkig het ek
darem net 50m te ver gery. Net voor Mpika kry ons weer ʼn
padblokkade waar ons 10000 kwachas moes betaal vir
tolgeld en padbelasting vir die gebruik van die pad deur die
dorp. Ek weet nie of dit wettig was nie. Dit was die enigste
keer op die toer dat ons moes betaal. In Namibië op ons
Kaokoveld toer moes ons gereeld betaal het by sommige
plekke as ons foto’s wou neem, so hierdie was ook seker
maar vir ʼn skool of vir eie gewin, gelukkig was dit darem nie
baie geld nie. Ons stop weer en gooi diesel in en soek ʼn
winkel wat darem skaflik lyk, maar kon niks vind nie. Ons was
op soek na brood maar besluit om dit maar self te bak. Ons

Bladsy 28
29

vertrek verder na Kapishya Hotsprings, die afdraai is so 85 km


vanaf Mpika. Vanaf die afdraai was dit nog ʼn verdere 35 km
grondpad verby Shiwa Ngandu Africa Manor House tot by die
Kapishya Hotsprings. Die pad loop tussen mooi rye bome en
oor ʼn paar klein riviere. Die grondpad is darem nie te sleg nie.
Ons het al baie erger grondpaaie gery.

Die grondpad na Kapishya Hotsprings.

Toe ons by die ontvangs van Kapishya Hotsprings stop, kom


die eienaar ons baie vriendelik ontvang en vra dat die
vrouens tog sy tuin moet gaan kyk. Die tuine was baie mooi
met groen grasperke. Hier was definitief genoeg water vir
besproeiing, niemand sou so iets in die middel van Zambië
verwag het nie.

Bladsy 29
30

Kapishya Hotsprings kamp, Zambië.

Nadat ons betaal het, gaan slaan ons kamp op en maak


aandete. Na ete gaan swem ons heerlik in die
warmwaterbron. Die water is nie baie diep nie, maar heerlik
lekker warm en ons lê soos seekoeie in die water.

Bladsy 30
31

Dag 9, Saterdag 30 Junie, Mpika tot Iringa

Ons vertrek vanoggend weer vroeg na Iringa, aangesien ons


vandag deur die Zambië / Tanzanië grenspos by Tunduma
moet gaan en nie weet hoe lank dit sal neem nie. Ons ry die
35 km grondpad terug tot by die teerpad en neem ʼn paar
foto’s van vroeë oggendtonele.

Bladsy 31
32

Die Tunduma grenspos was ʼn ondervinding wat ons seker


nooit sal vergeet nie. Op pad na die grenspos ry ons verby rye
vragmotors wat wag vir hulle klarings. Nog voor die hekke is
daar alreeds baie mense wat die vreemde Suid Afrikaanse
voertuie sien en dan begin saamhardloop. Ons stop voor die
grenspos se hekke en terwyl die voertuie staan en luier, sluit
ons maar die deure. Daar is seker omtrent vyftien mans
rondom die Landie. Sommige van hulle wou ons help en ʼn
klomp ander wou geld ruil. Ek wys toe vir een man dat ek net
met hom gaan onderhandel en dat hy van die res van die
mense moet wegstaan. Gelukkig kom daar toe ʼn persoon aan
met ʼn kaartjie op sy bors wat redelik offisieel lyk. Hy sê toe
dat ons maar kan uitklim en net eers by die hek gaan inteken.
Nadat ons klaar is, ry ons toe die grenspos binne, maar terwyl
ek terugstoot hoor ek ʼn klapgeluid soos wanneer iemand oor

Bladsy 32
33

ʼn bottel of stuk glas ry, maar ek ignoreer dit omdat daar nog
steeds baie mense om ons saamgedrom het. Daar het baie
voertuie binne die grenspos gestaan, waarvan ʼn klomp duur
4x4’s was. Hierdie is voertuie waarvan die eienaars nie die
invoerbelasting kon betaal nie, en dit bly jare daar staan.
Gelukkig het ons die Carne de Passage gehad, wat verhoed
het dat ons invoerbelasting moes betaal. Hierdie was die
deurmekaarste grenspos wat ons op die hele toer ervaar het.
Nadat al die nodige dokumente gestempel en deurgegaan
was, ry ons na die Tanzanië deel van die grenspos. Die
Tanzanië deel was baie meer georganiseerd, skoner en die
geboue was ook nuut. Ons ruil toe eers geld om te betaal vir
die pad fooie. Deel van ons toer beplanning was om op die
internet die nuutste wisselkoers vir die geldeenhede wat ons
gaan gebruik op ons toer te kry. Dit het vir ons darem ʼn idee
gegee wat om te kry vir Amerikaanse dollars. Om Tanzanië te
kan ingaan, moes elkeen van ons ʼn visum hê. Ons moes ook
elkeen US$50 betaal vir ʼn tydelike visum wat dan 30 dae
geldig was. Ons betaal ook US$25 per voertuig vir die
padbelasting en permitte. Die foto’s wat ek met moeite in
Livingstone laat neem het, was toe nooit nodig gewees nie.
Nadat ons klaar was by die grenspos en weer eens onseker
was oor die spoedbeperking, vertrek ons na Iringa. Ons plan
was om by Kisolanza Farm, so 40km voor Iringa te slaap,
maar ons wou verder ry en eerder by Iringa Riverside
Campsite gaan bly, net 10 km anderkant Iringa . Op pad stop
ons by Mbeya wat op die terugkom roete ʼn slaapplek sou
wees, maar ons sien dat die plek het nie regtig kampplekke
het nie. Ons gooi weereens diesel in en toe ek klaar betaal

Bladsy 33
34

het kom sê iemand dat ek ʼn pap band het. Dit was natuurlik
die klapgeluid wat ek by die grenspos gehoor het. Die band
was darem nie heeltemal pap nie. Reg langs die garage was
daar ʼn plek wat bande regmaak. Volgens een van die manne
daar, was dit die klep van die band wat lek. Nadat ek dit
vervang het en die band weer gepomp het, ry ons verder. Na
so 120 km stop ons langs die pad vir ʼn toiletbreek. Ek merk
toe op dat die band weer pap is. Ek wou nie die band langs
die pad omruil nie, en besluit dat ek eerder elke 100 km die
band gaan pomp. Dit was nie meer te ver na Iringa toe nie.
Op pad Iringa toe het ons deur ʼn paar plantasies gery. Ons
sien die dag baie stukkende voertuie langs die pad en besluit
om die volgende dag te tel hoeveel ons sien.

Riverside kamp, Iringa, Tanzanië.

Bladsy 34
35

Riverside kamp, Iringa, Tanzanië.

Ons kom donker by Iringa Riverside Campsite aan. Nadat ons


betaal het gaan ruil ek en Poen die bande om. Terwyl ons
besig was om die pap band reg te maak, maak die vrouens
kos. Die kampplek is reg langs die rivier.

Bladsy 35
36

Dag 10, Sondag 1 Julie, Iringa tot Mombo

Ons ry vandag heeldag in Tanzanië en ʼn deel van die pad


loop deur die Mikumi Nasionale park. Net anderkant Iringa ry
ons deur ʼn bergreeks langs ʼn groot rivier vir ongeveer 60km.

Kitonga Gorge, tussen Ilula en Mikumi.

Daar is baie kremetartbome langs die rivier. Die busse jaag


onverskillig op die paaie en moes ons maar versigtig ry. Die
busse bedien die roete tussen Dar Es Salaam en Tunduma.

Bladsy 36
37

Kitonga Gorge, tussen Ilula en Mikumi

Dat daar nie een omslaan nie is net ʼn wonder. Ek waarsku


maar gereeld vir Poen as daar een van vooraf kom, weet nie
hoekom nie, maar hy kry altyd die busse op die draaie. Hulle
bly nie eers aan hulle kant nie, dis sommer gereeld dat hulle
oor die wit streep ry, dan moet ons maar so links as moontlik
hou. Daar was baie bobbejane ook langs die pad wat sit en
saadjies vreet, dat nie een raak gery word nie is ʼn
wonderwerk, hulle is seker te rats. ʼn Groot deel van die
Mikumi Nasionale park wat langs die pad is, het lelik
gebrand. Ons sien ʼn paar kameelperde, rooibokke en sebras.
Hopelik sal ons nog baie sien in die Serengeti en Masai Mara.
Nadat ons deur die Mikumi Nasionale Park gery het, het die
omgewing ook groener begin word. Daar was baie mense

Bladsy 37
38

langs die pad wat piesangs, papajas en tamaties verkoop het.


So 100 km voor Dar Es Salaam by Chalinze draai die pad weg
na Arusha toe. Net nadat ons by Chalinze afgedraai het, hoor
ek ʼn klapgeluid op die Landie, maar kon nie vasstel waar dit
vandaan kom nie. Ek trek toe af langs die pad om ondersoek
te doen. Al vyf moere van die linker agterwiel wat gister pap
was, was los gewees. So los dat ek hulle almal met die hand
kon uitdraai. Dit was net die Here se genade dat die wiel nie
uitgeval het nie. Nadat ek die moere van die wiel asook alle
ander wiele nagegaan het, vertrek ons verder na Mombo.
Ons ry verby baie aalwynagtige plante in landerye, wat ons
later uitvind, vlasplante was. Naby Mombo kom ons op ʼn
ongeluk af wat seker so pas gebeur het. Daar het baie mense
gestaan maar geen teken van polisie of ʼn ambulans nie. Ons
het vandag 22 stukkende of omgeslaande voertuie langs die
pad getel. Teen skemer kom ons by Pangani River kamp aan,
ongeveer 40 km anderkant Mombo. Dit is ook ʼn mooi plek
langs die rivier. Vanaand gaan die muskiete ons seker
opvreet. Die eienaar van die plek het geslaap, hy was
blykbaar moeg. Een van sy werkers het ons ontvang. Die plek
is mooi maar die geriewe is baie verwaarloos. Daar was wel
storte maar geen lopende water Ons sal die kampplek vir
niemand aanbeveel nie. Ons was ook van plan om hier te
oornag as ons terugkom, maar het maar besluit om ʼn ander
plan te maak. Vanaand braai ons wors en Poen maak lang
roosterkoeke vir die worsbroodjies.

Bladsy 38
39

Bladsy 39
40

Dag 11, Maandag 2 Julie, Mombo tot Ngorongoro Crater


Vandag ry ons tot by die Ngorongoro Crater. Ons staan
donker op want daar moet nog inkopies gedoen word en ook
geld op Arusha geruil word. Ons ry maar teen 80km/h omdat
dit nog donker is. Teen oggendskemer stop ons langs die pad
en koop ʼn paar bondels hout, aangesien ons weet waar ons
weer hout sou kry nie. Die weer was betrokke en ons was nie
seker of ons Kilimandjaro sou kon sien nie. Ons het gesoek na
die berg, maar met groot teleurstelling kon ons dit nie sien
nie. Daar het ʼn ligte reënbui geval toe ons Arusha inry. Ons ry
eers na Masai Campsite om te gaan kyk waar dit geleë is. Die
Masai Campsite was een van die kampplekke waar ons
miskien sal bly wanneer ons terugkom vanaf Kenia. Daarna
gaan ons terug na die midde dorp waar ons eers by ʼn Bureau
de Change stop om geld te ruil. Arusha is ʼn groot dorp en die
paaie is baie besig met feitlik geen stoptekens nie, wat dan
nog van robotte gepraat. Ons volgende stop was om diesel in
te gooi en toe na Shoprite waar ons voorraad koop vir
Ngorongoro Crater, Serengeti en Masai Mara. Ons sal eers
weer oor byna twee weke in ʼn groot stad kom. Nadat ons
inkopies gedoen het, stop ons by ʼn garage waar Poen sy
watertenk volmaak. Hierdie water wil ons gebruik om te stort
en vir wasgoed. Ons het by ander verneem dat daar nie
lopende water in Tanzanië se parke was nie. Ons vertrek
hierna verder na Ngorongoro Crater met die plan om vinnig
by Lake Manyara te stop waar daar glo baie flaminke is. Op
pad na Lake Manyara ry ons verby baie Masai veewagters
met hulle troppe beeste en bokke. Die veld was kaal gevreet
en baie oorbewei en die stof trek soos die diere stap. Die

Bladsy 40
41

Masai’s kyk die voertuie baie agterna want hulle weet


toeriste het geld en hulle vra ʼn paar dollar vir ʼn fotosessie.
Later stop ons by ʼn Masai winkel waar ek en Poen vir ons
elkeen ʼn Masai kombers koop.

Masai Winkel op die pad na Ngorongoro Crater.

Bladsy 41
42

Masai Winkel op die pad na Ngorongoro Crater.

Lake Manyara, net soos alle ander Tanzaniese parke, vra


US$35 per persoon per dag asook nog US$15 per voertuig,
wat volgens ons, net te duur was om gou te gaan kyk hoe lyk
die flaminke. Ons ry egter verder na Ngorongoro Crater. Die
pad begin al hoër klim en die plantegroei word al digter. Ons
kon darem vir Lake Manyara in die verte sien. Ons stop by die
eerste hek waar daar ʼn paar mense rondstaan. Niemand wou
ons help nie. Ons kom toe agter dat dit nie die amptelike hek
was waar ons moes betaal nie, maar dat die hek nog 500m
verder was.

Bladsy 42
43

Ingang na die Ngorongoro Bewaringsarea.

Ons betaal al die fooie vir die Ngorongoro Crater wat insluit
US$35 per persoon per dag en koop ook ʼn kaart van die
krater asook ʼn plakker van Tanzanië. Hier was net so ʼn klomp
bobbejane soos by Kaappunt, maar hulle val darem gelukkig
nie die mense aan nie.

Bladsy 43
44

Die pad vanaf die Ngorongoro Bewaringsarea hek tot by die


krater wand.

Na die hek kronkel die grondpad tussen digte bome deur, al


hoër teen die kraterwand uit tot by die krater se uitkykplek.
Ek dink die pad sal maar redelik glad wees in die reënseisoen.
Die woud lyk soos een van die woude in die Tarzan flieks.
Wat ʼn gevoel was dit nie toe ons die krater sien nie. Ons het
baie ver gery in ʼn kort tyd om hier te kan wees. Die
Ngorongoro Crater was een van die hoogtepunte van die toer
waarna almal uitgesien het.

Bladsy 44
45

Bladsy 45
46

Dit was baie winderig bo-op die krater se rand en die lig was
maar dynserig, maar nog steeds was die uitsig van bo af baie
mooi. Hierdie was ʼn uitsig wat baie mense al op televisie
gesien het, maar baie min mense het dit al self beleef. Daar
is ʼn paar mooi Lodges bo-op die krater se rand, maar dit sal
seker baie duur wees om daar te bly. Ons gaan vandag kamp
opslaan en dan môreoggend vroeg afgaan in die krater. Die
fooie vir Ngorongoro Crater en Serengeti werk in 24 uur
siklusse d.w.s. as jy teen 15:00 ingaan moet jy teen 15:00 uit
wees, anders betaal jy vir nog ʼn dag. Jy mag ook net 6 uur
lank in die krater wees en dit kos US$200 per voertuig. Nadat
ons klaar foto’s geneem het en die groot oomblik klaar
ingeneem het, ry ons na Simba A kamp waar ons vir die nag
gaan kamp. Dit is waar die Voetspore manne ook was. Die
groot boom wat ons op die Voetspore video gesien het, was
duidelik uitkenbaar. Ons is gewaarsku teen die vuil ablusie
geriewe, maar het gehoop dat dit darem nie so is nie. Nadat
ons die tente opgeslaan het, het ons die kans gebruik om
rustig te wees.

Bladsy 46
47

Simba A kampplek, Ngorongoro Carter

Bladsy 47
48

Ek bel vanaf die krater se rand vir my ouers in Stellenbosch.


Terwyl ons die toer beplan het was een van die items wat ons
oorweeg het ʼn satelliet telefoon, maar dit sou net geldmors
gewees het. Op 99% van al die plekke waar ons was, was
daar altyd selfoon ontvangs, natuurlik teen ʼn baie hoër koste
as in Suid-Afrika. Later die middag begin waai daar ʼn yskoue
wind. Die kamp opsigter kom maak later ʼn draai by ons en
waarsku ons teen bosvarke. Hy noem toe ook dat hy nie
verwag dat dit sou kom reën nie. Ons maak die aand vuur in
ons stofies vir die vleis wat ons wil braai. Die wind sou al die
kole weggewaai het as ons ʼn oop vuur maak. Ongelukkig vir
ons, kom stop daar ʼn Overland vragmotor reg langs ons.
Gelukkig was die mense baie stil. Die nag begin dit reën en
die wind waai baie sterk. Skielik hoor ons net ʼn geraas
buitekant. Daar was twee massiewe groot swart bosvarke
buitekant besig om ons swart sak vol vullis, wat ons bo-op
Poen se tafel gesit het, uitmekaar te skeur. Die varke het met
hul voorpote bo-op die tafel geklim om die sakke af te haal.
Die tafel is gelukkig darem nie te erg beskadig nie. Poen het
toe maar die sak bo-op sy bakkie se dak gaan wegsit.

Bladsy 48
49

Dag 12, Dinsdag 3 Julie, Ngorongoro Crater tot Serengeti.

Vanoggend staan ons vroeg op in die reën, maak koffie en


klim almal in Poen se bakkie vir ons rit na die krater. Ons wil
kostes bespaar en dit gaan baie duur kos om met twee
voertuie teen US$200 per voertuig in die krater te gaan. Die
hek van die krater maak om 07:00 oop en ons wil vanoggend
eers krater toe gaan en namiddag moet ons uit die
Ngorongoro Crater park wees voor 15:00. Dan is dit nog 82
km tot by die Serengeti hek.

Yvette geniet ‘n glasie vonkelwyn op die Ngorongoro


Crater.

Bladsy 49
50

‘n Baie winderige, koue aand, Ngorongoro Crater

Bladsy 50
51

Ons het gehoop dat dit nie in die krater sou reën nie, want
dit sou darem ʼn groot teleurstelling vir ons wees. By die
krater-hek moet ons die bewys van betaling toon en toe wil
hulle hê daar moet ʼn gids saam met ons gaan. Volgens die
amptelike dokumente is gidse verpligtend, maar daar was nie
plek op ons voertuig nie. Ons was dan reeds ses mense in
Poen se bakkie. Gelukkig het Poen die naam van die vrou wat
in beheer was van die Overland vragmotor wat gisteraand
langs ons geslaap het gehoor. Hy noem toe dat Wanda gesê
het ons kan saam met hulle ry. Die manne by die hek het ons
nie eintlik geglo nie, maar ons tog later toegelaat om verder
te ry. Terwyl ons teen die kraterrand afgery kom, het die
wolke ook gelig en die reën opgehou. Die plantegroei was
glad nie soos bo-op die kraterrand nie, daar was meer gras
en redelik droog met min bome.

Bladsy 51
52

Ons het al hoe meer diere begin sien, maar gewonder waar
die groot troppe wildebeeste dan was. Ons het op ʼn ver
afstand twee leeus in die gras sien lê. Dit was die eerste leeus
wat ons op die toer gesien het. Verder sien ons nog baie
wildebeeste, sebras, gaselle, en seekoeie. Dit is jammer dat
die tyd in die krater net beperk is tot ses ure, want daar was
so baie ander wild om te sien. Gelukkig het die Serengeti en
Masai Mara nog voorgelê waar ons wild kon sien. Net
voordat ons uit die krater gaan, stop ons by ʼn piekniek-
terrein en toilet. Daar het ons die enigste olifant wat ons in
die krater gekry het, van naby gesien. Die ou grote het ons
nogal laat skrik. Dit is ʼn een-rigting pad en is baie steil teen
die wand uit. By die hek mag jy net afgaan en dan by die
ander pad mag jy net opry. Ons kom teen ongeveer 12:00
terug by Simba kamp. Toe ek by die Landy kom sien ek dat

Bladsy 52
53

daar twee oliestrepe by die linker agterwiel afloop. Dit was


die wiel wat ʼn paar dae tevore pap was. Ons het die idee
gekry dat dit die ewenaar is wat olie lek en dat ons maar net
moet kyk dat die olievlak hoog bly. Ongelukkig het nie een
van ons ewenaarolie by ons gehad nie en moes ons maar tot
in Nairobi ry. Ons wou nie terugdraai nie en sal maar die kans
vat om gewone enjin olie in te gooi. Ons vertrek hierna na
die Serengeti. Die mense by Ngorongoro Crater hek het gesê
dit neem so twee tot drie ure om tot by die Serengeti hek te
ry. Die afstand is 82 km maar die pad was baie sleg. Die
Overland voertuie wat die toeriste vervoer, jaag by ons
verby. Ons hoor later dat hulle hul voertuie se bande tot 3.5
bar pomp en dan ry hulle so vinnig as wat hulle kan. Ons
bande was effens papper en ons kon nie vinnig ry nie omdat
ons voertuie swaar gelaai was en dit ons eie voertuie is. Ons
gemiddelde spoed was 28km/h en dit het ons twee ure en 58
minute geneem om die afstand te ry. Poen ry op die toer met
ʼn feitlik splinternuwe bakkie. Ek glo hy het elke stamp en
skud gevoel en die bakkie seker baie jammer gekry. Ons kom
net voor 15:00 by die hek aan. Ek en Poen gaan betaal solank
terwyl die vrouens by die voertuie wag. Daar was ʼn baie lang
ry en dit neem ons amper ʼn halfuur om alles af te handel. By
die hek moet jy jou betalingsbewys van Ngorongoro Crater
wys, waarop hulle dan die inkom-tye nagaan. Volgens die
man by die hek was ons laat en wou hy ons laat betaal, maar
nadat ons vir hom genoem het dat ons ʼn halfuur in die ry
gestaan het by die kantoor, laat hy ons die Serengeti binne
sonder ʼn boete. Ook maar goed ons het nie gaan kyk hoe lyk
dit by die Olduvai Gorge nie, ons sou dit nie betyds gemaak

Bladsy 53
54

het nie. Die eerste deel van die Serengeti waar ons inkom het
groot kort-gevrete grasvlaktes met baie gaselle daarop. Op
ons kwitansie was die Dik Dik kampplek by Seronera
opgeskryf vir kampering, maar dit was reeds vol. Gelukkig is
daar vier kampplekke reg langs mekaar, die Dik Dik, Pimbi,
Nyati en Ngiri kampe. Die Dik Dik en Pimbi kampe was vol,
maar daar was geen mense by die Nyati kamp nie. Dit was
vir ons ʼn teken dat daar waarskynlik fout was met die
geriewe. Gelukkig kry ons nog plek in die Ngiri kamp waar
ons vir twee nagte gaan bly. By Ngiri kamp aangekom, was
dit Poen se beurt om ʼn pap wiel reg te maak. Gelukkig was
dit net ʼn gat op die loopvlak wat deur ʼn klip veroorsaak is. Hy
kon darem die band maklik met ʼn prop heelmaak. By Ngiri
kamp was die stortgeriewe nog in aanbou, dus moes ons
maar ons eie stort opslaan. Gelukkig is daar baie lopende
water. Die aand maak ons ʼn lekker groot vuur en braai
steaks wat spesiaal in Suid-Afrika gekoop is vir die Serengeti.
Die nag hoor ons gereeld die Sebras senuagtig blaf, maar
geen roofdiere nie. Die hiënas kom gewoonlik snags by die
kampe aas, maar ons was baie gelukkig dat nie een ons kom
pla het nie. Daar is geen heining om enige van die
kampeerplekke nie, die wildediere kan dus maklik inkom. Die
teenwoordigheid van mense is seker maar ʼn afskrikmiddel.

Bladsy 54
55

Dag 13, Woensdag 4 Julie, Serengeti.

Vanoggend maak ons lekker ontbyt en ry dan deur die


Serengeti op die hoofpad na Lobo Lodge wat so 50 km van
Seronera geleë is. Die pad is in ʼn noordelike rigting waar ʼn
groot deel van die migrasie sal wees. Die migrasie van die
diere wissel maar na gelang van die seisoene. Ons sien groot
troppe wildebeeste. Die idee wat ons op die televisie gekry
het van groot grasvlaktes met migrerende diere, was eintlik ʼn
wanindruk. Die deel van die Serengeti wat ons gesien het,
was redelik boomryk met baie bosse, maar nie so dig dat ons
geen diere kon sien nie.

Bladsy 55
56

Bladsy 56
57

Die foto’s en video kan ʼn mens ʼn goeie idee gee van hoe dit
daar lyk, maar as jy dit nie self beleef nie, mis jy baie. In
sommige dele kom ʼn mens by groot stukke veld waar al die
bome se blare afgevreet is. As die kameelperde eers deur so
ʼn strook veld geloop het, bly daar nie veel oor nie. Die
middag stop ons by Lobo Lodge vir ʼn Sampie breek en ry toe
weer terug na ons kamp. Ons sien glad nie leeus nie en ook
min olifante. Terug by die Seronera, gaan stop ons eers by
die toerisme winkel vir ʼn paar aandenkings. Later die middag
ry ons gou weer ʼn ent om diere te gaan kyk. Ons kom toe
heel toevallig op twee leeus af wat taamlik ver die pad af
was. Op pad terug ry ons verby twee hiënas. Die een het
dragtig gelyk en die ander een het iets in sy poot gehad want
hy het net op drie bene geloop. Hierna moes ons terugkeer

Bladsy 57
58

kamp toe want geen voertuie mag na 19:00 buite die


kampeerplekke wees nie.

Bladsy 58
59

Dag 14, Donderdag 5 Julie, Serengeti tot Lake Victoria.

Ons pak vanoggend alles op en vertrek na Lake Victoria, ons


volgende slaapplek. Ons ry nou in ʼn westelike rigting waar
daar nie veronderstel was om baie diere te wees nie. Net
voor die Serengeti se westelike hek was ʼn groot deel wat
afgebrand het. Op pad na die hek hoor ek skielik ʼn harde
klapgeluid agter by die Landy en skrik my natuurlik boeglam.
“Wat sal dan nou weer die fout wees” het ek vir myself
gevra. Nadat ek ondersoek ingestel het, kom ek agter dat die
oliestreep wat ek by Ngorongoro Crater op die wiel gesien
het, nie die ewenaar was nie, maar die linker agter
skokbreker wat al sy olie verloor het. Die verligting was groot
dat dit nie die ewenaar was nie, maar hoe om nou te maak
met die skokbreker? Die klapgeluid wat ek gehoor het, was
die regter skokbreker wat al besig was om sy laaste moer te
verloor en die speling op die bout was toe al redelik groot.
Die klapgeluid was die laaste moer wat teen die skokbreker
klap. Die moer wat die ander een moet sluit, het al lankal
afgeval omdat ek toe alreeds ʼn ent met net een skokbreker
gery het en die een nie die swaar voertuig se las kon hanteer
nie. Gelukkig het Poen darem ʼn moer gehad wat min of meer
gepas het. Ons het gehoop dit sal hou en ry toe maar verder.
Ons het ʼn verlate Cheetah in die verte sien loop. Net soos by
die Ngorongoro Crater moes ons ook hier in 24 uur terme
betaal, so ons mag nie later as 15:00 uit die Serengeti wees
nie. Ons kom so 13:00 by die hek aan, wys ons
betalingsbewys en ry toe Lake Victoria toe. Ons sou die aand
slaap by die Serengeti Stop-over kamp wat 5km van die hek

Bladsy 59
60

is, maar dit is reg langs die hoofpad wat tussen Musoma en
Mwanza loop . Ons het toe ons inligting ingesamel het vir die
toer, by Karel gehoor van die Nyatwale kampplek, maar kon
dit nêrens op enige kaart sien nie, maar toe ons by die hek
van die Serengeti uitry, sien ons ʼn groot bord wat die
kampplek aandui. Dit was maar net so 10km ver. By die
Nyatwale kampeerplek is geen krag nie, maar wel lopende
water. Ons kry toe ʼn lekker kampplek reg onder ʼn groot
boom. Ons was die enigste mense in die kampplek. Die
opsigter gee toe ook vir ons ʼn kamer met ʼn toilet en stort in.
Die stort se water was veronderstel om warm water te wees
maar of die donkie het nie gewerk nie of die opsigter het ons
verkeerd verstaan toe ons vra of daar warm water was.
Gelukkig was dit darem nie te koud nie en ons stort maar
almal koud. Ons het so 50m vanaf Lake Victoria gebly, en die
muskiete het ons vanaand weer net soveel gepla soos by
Pangani Rivercamp, maar ons kon nie die geleentheid laat
verbygaan om langs Lake Victoria te kamp nie. Poen het vir
hom ʼn visstok gehuur en gaan maak toe ʼn paar gooie in die
Lake Victoria sonder enige sukses.

Bladsy 60
61

Omdat ons so lekker vroeg by die kamp aangekom het, was


dit ʼn ideale geleentheid vir die vrouens om klere te was.
Later het Mariana gaan kyk hoe Poen visvang en op die
bruggie na die meer het haar voet geglip en val sy binne in
Lake Victoria. Sy het darem nie te ernstig seer gekry nie, net
een van haar tone het seergekry. Die aand maak Poen
vetkoeke en Yvette kerrievleis en ons gaan slaap redelik
vroeg. Na donker kan niemand buite wees nie, anders dra die
muskiete jou weg. Ons was darem redelik veilig in die tente
agter ons muskietnette.

Bladsy 61
62

Gedurende die nag was daar ʼn groot geraas wat seker vir 3
tot 4 ure geduur het. Iemand het die hele tyd kliphard gegil
oor ʼn mikrofoon en dan so slag-slag baie onluisterbare Afrika
musiek. Die volgende oggend het ons gehoor dat iemand
gedoop is. Dit was die meeste wat ons nog gesteur was
gedurende die hele toer, nie eers deur wilde diere nie.

Bladsy 62
63

Dag 15, Vrydag 6 Julie, Lake Victoria tot Masai Mara

Ons het vandag tot by die Masai Mara gery en moes maar
gaan slaapplek soek. Daar was geen amptelike
kampeerplekke vir die publiek binne in die Masai Mara nie.
Die meeste van die parke het voorsiening gemaak vir oorsese
toeriste en nie toeriste wat met hulle eie voertuie rondry nie.
Ons het in ʼn noordelike rigting gery al langs die Victoria meer
tot by Musoma waar ons gaan diesel ingooi het. Ons sou nie
gou weer diesel kon ingooi nie en ons het nie geweet hoe ver
ons gaan rondry in die Masai Mara nie. Daarna was ons
volgende stop die Tanzanië/Kenia grenspos, wat darem nie te
veel moeite en tyd van ons geneem het nie. Na die gewone
geld ruil transaksies en doeane stempels, ry ons Kenia binne.
So 20 km anderkant die grenspos, net voor die dorpie Suna,
is daar ʼn afdraaipad na regs na die Masai Mara. Daar was ʼn
groot rigtingaanwyser langs die pad wat een van die Lodges
in die Masai Mara aangedui het. Die pad was aanvanklik ʼn
grondpad vol slaggate, wat daarna ʼn twee spoor pad geword
het tot by ʼn sekuriteitshek. Daar moes ons ook maar net
aandui dat ons Masai Mara toe op pad was en is toe
deurgelaat. Hierna het die pad partykeer beter geword en
soms moes ons deur slote en oor riviere met nou bruggies ry.
Hoe nader ons aan die Masai Mara gekom het, hoe slegter
het die pad geword. Meeste van die toeriste wat na die
Masai Mara toe kom, vlieg vanaf Nairobi tot in die Masai
Mara, dit neem maar so 45 minute. As die toeriste die pad
moes ry, sou niemand die park besoek het nie.

Bladsy 63
64

Bladsy 64
65

Bladsy 65
66

Sekere dele van die pad moes ons sommer langs die pad ry of
op ompaaie deur die bosse. In die reënseisoen is die pad
seker ʼn nagmerrie. Toe ons by die Oloololo hek aankom,
gaan vra ons of daar slaapplek was. Net voor die hek is daar ʼn
nie- amptelike publieke kampeerplek waarvoor ons moes
betaal. Ons betaal vir twee nagte en sommer ook die
volgende dag se park fooie. Die park fooie van Kenia is
heelwat goedkoper as die van Tanzanië. Die kampplek het
ook geen omheining gehad nie. Daar is lopende water, put-
toilette en koue storte, so dit was nie werklik nodig om water
saam te ry nie. Gelukkig was daar al mense wat daar gekamp
het. Hulle maak maar saans ʼn groot vuur en hou dit aan die
gang om die roofdiere, soos hiënas, weg te hou. Nadat ons
kamp opgeslaan het, gaan klim al die groot mense op die
Landy se dak. Poen wou baie graag op ʼn voertuig se dak sit
en die uitsig oor die Masai Mara waarneem. Die grasvlaktes
met die doringbome was baie mooi. Ek het gou huis toe
gebel om te laat weet dat ons veilig in die Masai Mara was.
Alles het goed gegaan by die huis. Die Masai Mara het geen
grensdraad nie, die diere migreer oor na die aangrensende
Serengeti soos die reënseisoene is.

Bladsy 66
67

Dag 16, Saterdag 7 Julie, Masai Mara

Vanoggend toe dit lig word, maak ons koffie vir die pad en
gaan ry ons in die park, op soek na die diere. Van ons
kampplek af kon ons drie lugballonne sien opstyg. Dit moes
baie mooi uit die ballonne wees. Hulle beweeg baie stil, sodat
die diere nie skrik nie. Die kaart wat ons die vorige dag by die
hek gekoop het, was maar taamlik onakkuraat. Dit het nie al
die paaie aangetoon nie, en van die paaie was ook nie
duidelik gemerk nie. Ons ry tot by die naaste rivier waar daar
ʼn trop olifante was, wat baie naby ons bakkies verby gestap
het. Ons het toe verder op een van die paaie gery, maar die
navigasie was maar moeilik. Ek kon nie op die kaart, die GPS,
die pad en diere tegelykertyd konsentreer nie. Ons het toe
besluit dat ons maar by die hek moet gaan vra of daar nie ʼn
gids was wat saam met ons kon ry nie. Ons was baie gelukkig
om ʼn gids te kry wat toe saam met Poen in die bakkie gery
het. Die gids het ʼn twee-rigting radio by hom gehad,
waarmee hy in kontak was met die ander gidse en vinnig vir
ons kon neem na waar daar diere was. Dit was ook nie lank
nie, toe kom ons op twee leeus af. Hierdie was die eerste
groep leeus wat ons van naby af kon dophou.

Bladsy 67
68

Bladsy 68
69

Bladsy 69
70

Die gids neem ons toe na die Mara rivier waar die diere wat
jaarliks migreer, deur die rivier moet swem. Dit is hier waar
die krokodille lê en wag vir die diere, dis net jammer ons kon
nie die migrasie deur die rivier sien nie. Ons was blykbaar ʼn
week of wat te vroeg vir die migrasie. Die gids laat ons toe
sommer oor die grasvlaktes ry waar daar geen paaie was nie,
ons het nie geweet of dit wettig was nie.

Bladsy 70
71

Ons het nog luiperds gaan soek, omdat ons nog niks gesien
het nie, maar kon niks kry nie. Ons stop later die dag by die
Hippo Pool park hek vir ʼn Sampie en ʼn vinnige middagete.
Daarna ry ons terug na ons kampplek en sien nog ʼn groot
verskeidenheid diere. Die Masai Mara grasvlaktes is baie
mooi. Sekere dele is daar geen bome nie, maar net
grasvlaktes met lang gras. Op pad terug kry ons mense wat
die pad regmaak en vra hulle of hulle nie enige luiperds
gesien het nie, maar hulle sê daar is niks in die omgewing nie.
Terug by die kamp het ons ʼn tydjie rustig gewees en toe weer
gaan rondry op soek na diere. Ongeveer 2.5 km van ons
kampplek af kry ons toe twee leeus in die lang gras. Daar het
alreeds ʼn paar voertuie by hulle gestaan. Ons het maar
gehoop dat hulle ons nie vannag sal kom pla nie. Terug by die
kamp, neem ons die enigste groepfoto van die hele toer. Die

Bladsy 71
72

aand maak ons vuur in die stofies, ons was maar bang dat die
wind die gras aan die brand sou steek. Vannag was ons feitlik
alleen in die kamp, die meeste mense het alreeds vertrek na
ander plekke toe.

Bladsy 72
73

Dag 17, Sondag 8 Julie, Masai Mara tot Eldoret

Ons plan was om vandag tot by Eldoret te ry, die plek in


Kenia waar die meeste van hul bekende langafstand atlete
vandaan kom en ook oefen, en wat ook deel is van die Great
Rift Valley. Die pad terug was weereens baie sleg. Die Landy
het verwoed op en af gehop, en na verdere ondersoek het
die laaste moer van die heel skokbreker toe ook afgeval. Die
draad op die bout was heeltemal glad en kon nie nog ʼn moer
vat nie. Ons ry toe ʼn ander pad na Eldoret. Een van die
mense wat ons gekry het by die Oloololo hek, het aanbeveel
dat ons die pad oor Kilgoris moes ry. Dit sou darem so 100km
korter wees en hopelik nie so sleg soos die pad wat ons na
die Masai Mara gery het nie. Die omgewing was groen en
baie mooi met baie heuwels, maar die pad het maar sleg
gebly tot by Kilgoris. Vanaf Kilgoris was dit ʼn teerpad tot by
Kisii, maar dit kon net sowel ʼn grondpad gewees het, ons sien
net kolle teer en op ander plekke is dit net slaggate wat
darem gelukkig nie te diep was nie. Kisii is een van die vuilste
dorpe waardeur ons gery het. Daar was ook nie regtig
rigtingaanwysers om te wys watter rigting ons moes ry om na
Kisumu te gaan nie en ons was maar bly ons het GPS’e gehad.
Kisumu is een van Kenia se grootste stede, maar is ook baie
besig en het een van die grootste taxi staanplekke in die land.
Heel toevallig het die pad na Kakamega langs die taxi
staanplek verby geloop. Ons volgende stop was 15km noord
van Kisumu by die grens van die ewenaar.

Bladsy 73
74

Bladsy 74
75

Die plek was niks besonders nie, net ʼn bord langs die pad wat
die ewenaar aandui. Toe ons deur Kakamega ry, het dit begin
reën. Ons gaan vanaand slaap by die Naiberi Rivercamp 10
km anderkant Eldoret. Eldoret is ʼn groot plek met selfs
robotte, maar die robotte werk natuurlik nie.

Bladsy 75
76

Ek het iewers op die internet gelees dat die eienaars van


Naiberi Rivercamp daarop aanspraak maak dat hulle die
beste storte in Afrika het. Op die GPS se Tracks4Africa-kaart
dui dit die Naiberi Rivercamp aan, maar toe ons afdraai van
die grootpad, ry ons met ʼn slegte grondpad vol gate en
waterpoele tot by die verwysingspunt van die Naiberi
Rivercamp. Die plek was verlate en was vir ons ʼn groot
teleurstelling. Gelukkig het daar iemand aangekom wat vir
ons vertel het dat die kamp geskuif het. Die bord was langs
die pad en dat die Tracks4Africa kaart nog die ou kampplek
aangedui het. Die eerste kampplek het die eienaars van
Naiberi net gehuur, maar die nuwe kampplek was hulle
eiendom. Wat ʼn groot verligting was dit nie toe ons by die
nuwe Naiberi kamp kom nie. Die bestuurder Ash kom

Bladsy 76
77

ontvang ons en wys vir ons die geriewe. Dit was baie
indrukwekkend, daar is afsonderlike afdakke met braaiplekke
vir elke kampplek. Die ablusie was tot sover die beste wat
ons in Afrika by ʼn kampplek gekry het. Daar is ook ʼn groot
ontspanningsarea onder dak, wat ʼn kroeg en restaurant
insluit. Buite is daar baie gras en ʼn groot splinternuwe
swembad. Op pad na die ontspanningsarea loop ʼn mens in ʼn
tropiese tuin tonnel wat net deur ʼn argitek of iemand met
goeie smaak ontwerp kon gewees het. Nadat ons kos gemaak
het, het dit weer begin reën. Ons gaan maak toe ʼn draai in
die kroeg, betaal gou vir die verblyf en drink ʼn yskoue bier
terwyl ons ʼn paar stories met Ash uitruil. Later kom die
eienaar van die Naiberi kamp ook daar aan, en heet ons
welkom. Hierdie kampplek sal ons oral waar ons kom vir
mense aanbeveel, net jammer Kenia se paaie was so sleg.

Bladsy 77
78

Dag 18, Maandag 9 Julie, Eldoret tot Nairobi

Ash het die vorige aand verduidelik hoe ons moet ry tot waar
ʼn mens die Great Rift Valley die mooiste kon sien. Volgens
hom was die pad nie te sleg nie, en kon ons sommer
daarvandaan direk tot in Nairobi ry. As hierdie pad nie te sleg
was nie, sou ek glad nie die werklik slegte paaie van Kenia
wou sien nie.

Bladsy 78
79

Die feit dat ons sonder skokbrekers gery het, het die ry seker
vererger, maar om plek-plek nie vinniger as 20km/h op ʼn
teerpad te kon ry nie, moes die kondisie van die pad baie sleg
gewees het. Daar was dele van die pad waar die slaggate die
hele pad vol was en dan moes ons maar langs die pad ry.
Soms was daar selfs ook slaggate in die ompad. Dit het maar
op en af geskud en was baie frustrerend vir ons in die Landy.
Ons het gehoop dat die pad nie heelpad so sleg sou wees nie,
en dat die uitsig oor die Great Rift Valley die moeite werd sou
wees. Dit het gelyk soos die heuwels van Switserland. Daar
was groen golwende heuwels, met baie bome en diep valleie.
Dit was maar bewolk en effens dynserig, maar ons kon darem
ʼn goeie idee kry van hoe dit lyk. Die slegte pad het ook nie
beter geword nie. Ons stop toe weereens by die ewenaar se

Bladsy 79
80

grens, die keer op ʼn ander pad. Daar was darem ʼn toerisme


winkel waar ons ʼn paar aandenkings kon koop.

Die pad het darem nie meer slaggate nie, maar dit het gelyk
soos die see, met golwe, wat veroorsaak het dat ons nie
vinniger as 60 km/h kon ry nie, anders het die Landy in ʼn
groot wieg in gegaan wat baie gevaarlik kon wees. Van
Nakuru af was hulle besig om ʼn nuwe pad te bou wat tot in
Nairobi loop. Die ou teerpad lyk erger as ʼn sinkplaat pad en
dit was vir 60km ver so. Ons ry nou verby Lake Nakuru en
Lake Naivashu op ʼn tydelike grondpad, terwyl hulle aan die
pad bou tot by Limuru waar ons op die nuwe pad begin ry.

Bladsy 80
81

Net voor Nairobi stop ons by nog toerisme winkels langs die
pad. Hiervandaan kon ons ook ʼn mooi uitsig oor die Great
Rift Valley kry. Ons kom so 15:00 se kant in Nairobi aan. Die
pad wat ons moes ry as ons Nairobi inkom, was ʼn groot breë
pad, net soos die N2 in Kaapstad. Ons moes mooi kyk vir die
afdraai na International Livestock Research Instute (ILRI),
waar ons vir twee dae gaan bly het by Etienne en Santie.
Etienne was op die see besig om sy seiljag vanaf Suid-Afrika
na Kenia te bring, so net Santie en die kinders was by die
huis. Hulle huis is in die ILRI sekuriteit-kompleks. Dit is baie
veilig daar met wagte wat 24 uur die plek patrolleer en ons
moes deur groot hekke by ILRI inry. Voor die huis is daar ʼn
groot grasperk met lekker koeltebome.

Bladsy 81
82

Ons besluit toe om sommer op die grasperk voor die huis te


kamp, ons wou nie vir Santie ongerief veroorsaak nie. Ons
besluit om sommer vir ons almal Pizzas te bestel vir aandete,
aangesien ons lanklaas kitskos geëet het. Santie hulle het
permanent internet in die huis en ek gebruik toe sommer die
geleentheid om ʼn paar foto’s per e-pos aan die mense by die
huis te stuur en ook ʼn bietjie nuus te lees. Yvette stuur toe
ook gou vir Nichola by Nungwi Amaan Bungalows, waar ons
in Zanzibar gaan bly, ʼn e-pos om te sê dat ons toer nog
volgens plan verloop, en dat ons ʼn dag ekstra op Zanzibar wil
bly. Nichola wou weet hoe laat ons op Zanzibar sou wees,
maar ons kon dit nog nie vir haar bevestig nie. Ons het
afgespreek om haar te bel sodra ons die veerboot kaartjies in
Dar Es Salaam gekoop het.

Bladsy 82
83

Dag 19, Dinsdag 10 Julie, Nairobi

Ek en Poen gaan vanoggend eers die Landy se skokbrekers


laat vervang en dan kyk na die geraas op sy Toyota. Ek het op
die internet gesoek na ʼn plek wat skokbrekers verkoop in
Nairobi en kon darem twee plekke kry wat ook in Suid-
Afrika is. Santie skakel toe die een nommer om uit te vind of
hulle oop was, maar kon nie antwoord kry nie. Sy het die
ander plek geken en kon dus vir my die regte pad verduidelik.
Ons ry toe so 08:00 se kant, gelukkig was daar nie baie
verkeer nie en ons kry die plek redelik maklik. Dit was ʼn Kwik-
Fit agentskap. Hulle kon my help maar het nie Munro
skokbrekers by hulle gehad nie en sou dit eers teen 11:00
kon kry vanaf hulle stoor. Hulle het wel Gabriel skokbrekers
gehad, maar dit was presies wat ek in die Landy gehad het.
Ek wou dit nie weer laat opsit nie.

Ons ry toe eers weer terug ILRI toe om Poen se bakkie te


gaan haal. Die vrouens was intussen besig om klere te was.
Ons ry nou met Poen se bakkie na Nairobi Toyota wat aan die
ander kant van die stad is. Die verkeer was baie erger in die
middestad as aan die buitewyke. By Toyota was daar maar
chaos met al die voertuie wat gediens moes word. Na dertig
minute se wag kon Poen darem twee tegnici kry wat met sy
bakkie, terwyl ons agterin sit, gaan ry het. Hulle moes
natuurlik eers deur slaggate gaan ry voordat hulle die
probleem kon vasstel. Terug by die Toyota garage was dit
weer ʼn verdere dertig minute se wag sonder dat iemand hom
kon help. Toyota in Kenia het glad nie eers die model van

Bladsy 83
84

Poen se Toyota geken nie en sou hom nie kon help nie. Baie
gefrustreerd ry ons toe terug ILRI toe.

Dit was nou weer die Landy se beurt en ons ry nou terug na
Kwik-Fit toe. Gelukkig was die skokbrekers daar en kon hulle
die stukkende skokbrekers gou omruil. Ek het net gevra dat
ek die stukkende skokbrekers kon kry om dit te gaan terugeis
op Stellenbosch.

Nadat ek klaar betaal het, gaan stop ons by ʼn Bureau de


Change om geld te ruil, ons moes nog inkopies doen en diesel
gaan ingooi. Terug by ILRI diens Poen toe die twee voertuie,
hy het net nuwe diesel filters opgesit en gekyk dat die water
en olie reg was.

Die middag ry ons almal met Poen se bakkie stad toe. Ons
gaan doen inkopies by die Sarit Sentrum en ry ook na die
Springchoice Butchery, waarheen Santie ons verwys het om
lekker Fillet Steaks te koop. Die steaks het baie lekker gelyk
en teen R40 ʼn kilogram koop ons sommer ʼn klomp vir die pad
terug Suid-Afrika toe en vir saamneem huis-toe as daar sou
oorskiet.

Nadat ons beide voertuie vol brandstof gaan maak het, gaan
ruil ons weer die Kenia Sjielings terug na US$. Ons wou die
volgende oggend vroeg uit Nairobi vertrek om te kyk of ons
die verkeer van Nairobi kon vermy en wou ook probeer om
tot by Dar Es Salaam te ry. Ons besluit toe om die tente af te
breek en eerder binne in die huis te slaap. Die aand braai ons
heerlike fillet steaks.

Bladsy 84
85

Dag 20, Woensdag 11 Julie, Nairobi tot Dar Es Salaam

Ons staan vanoggend 05:00 op en ry net voor 06:00 uit


Nairobi. Die verkeer was al redelik besig maar dit vloei
darem. Dit was darem nie stop-ry soos in Kaapstad nie. So
dertig km uit Nairobi op die Mombasa pad draai die pad regs
af in die rigting van Tanzanië en Arusha. Die laaste deel van
die pad in Kenia was weer sleg en ons ry maar stadig. Dit was
vanoggend weer betrokke, natuurlik die dag wat ons weer
verby Kilimandjaro moes ry. Langs pad sien ons weer ʼn paar
Masai veewagters met hulle tradisionele drag .

Masai veewagter in Kenia

By die Kenia / Tanzanië grenspos gaan ons redelik vinnig


deur. Ons betaal US$25 per voertuig vir pad- belasting en
permitte. Ons vra ook hoe ver ons moes ry om Kilimandjaro

Bladsy 85
86

te kon sien. Een man vertel vir ons dat so 35km op die Arusha
pad moes ry en dan aan die linkerkant behoort ons
Kilimandjaro te sien. Die geluk was weer nie aan ons kant nie.
Ons sal maar weer ʼn toer moet onderneem, net soos
verskeie ander toeriste, om Kilimandjaro te kan sien.

Ons stop nou in Arusha en gooi weer diesel in. Ons was van
voorneme om maar tot by Dar Es Salaam te probeer ry. Ons
sou seker laat daar aankom maar liewer dit as om twee dae
lank op die pad te wees. By die Pangani kampplek se afdraai
stop ons en eet ʼn middagete langs die pad. Ons gebruik ook
die geleentheid om ʼn bietjie bene te rek, omdat ons nou al
ver gery het. Ons plan was om die Bagamoyo grondpad na
Dar Es Salaam te ry, as ons nie te laat by die afdraai kom nie.
Ons ry redelik goed sonder baie verkeer, en daar was vandag
nie so baie van die busse op die pad nie.

Teen skemer kom ons by die Bagamoyo afdraai en besluit


dat ons maar as daar tyd is die volgende dag soontoe sou ry.
Dit was nog 120km grondpad tot in Dar Es Salaam as ons via
Bagamoyo moes ry. Ons het nie op een van die twee GPS’e
die roete na Dar Es Salaam vanaf die dorp Chalinze gehad nie.
Ons stop net buite Chalinze by ʼn garage waar ek eers die
nuwe kaart- inligting op beide GPS’e gelaai het. Dit was nou
alreeds baie donker. Ons ry verder in die rigting van Dar Es
Salaam, maar teen ʼn stadige spoed. Ek het probeer om so
kort as moontlik agter ʼn ander voertuig te ry, net om darem
die pad makliker te kon volg. Die Landy se voorruit was baie
vuil van al die goggas wat ons die dag al gekry het.

Bladsy 86
87

Ons kom so teen 21:00 in Dar Es Salaam aan. Daar was nie
baie verkeer nie, maar groot dele van die stad het nie krag
gehad nie. Die straatligte het nie gebrand nie en het die ry en
soek van paaie baie moeilik gemaak. Ek moes iewers ʼn fout
begaan het toe ek die nuwe kaarte opgelaai het. Ek kon net
nie die pad binne in Dar Es Salaam vind wat na ons kampplek
by Kipepeo Beach moes loop nie. Nadat Yvette die laptop
met die groot kaart op haar skoot vasgehou het, en ons ʼn
paar paaie verkeerd gery het, vind ons darem die regte pad.
Die grondpad was ʼn ompad vir een van die paaie wat in die
proses was om herbou te word. Ons hoop toe maar net dat
dit die regte pad is, dit het darem in die regte rigting geloop.

Ons kom toe by die Kipepeo Beach se afdraai aan maar dit
het nie meer bestaan nie. Nadat ons ʼn paar keer daar
rondgery het, kom daar toe gelukkig twee manne aan wat vir
ons die pad kon wys tot by Kipepeo Beach. By die kampplek
was daar al ʼn paar tente opgeslaan, en twee Overland
vragmotors. Gelukkig was daar vir ons nog slaapplek. Dit was
toe alreeds 22:30 en ons wou nie graag nog verder gaan soek
na slaapplek nie. Nadat ons kamp opgeslaan het maak die
vrouens vir ons ʼn vinnige aandete en gaan slaap ons maar
redelik moeg. Ons kon die branders van die see redelik naby
ons hoor breek.

Bladsy 87
88

Dag 21, Donderdag 12 Julie, Dar Es Salaam.

Ons slaap vanoggend later as gewoonlik. Toe dit lig word, kon
ons sien hoe naby ons aan die see was. Die see was so plat
soos ʼn dam.

Kipepeo Beach, Dar Es Salaam, Tanzanië

Terwyl ons ontbyt gemaak het, gaan swem Poen en sy


kinders in die see. Die water was heerlik. Na ontbyt klim ons
almal in Poen se bakkie en ry na die Kigamboni veerboot wat
tussen die Skiereiland waar ons bly en Dar Es Salaam vaar.

Bladsy 88
89

Kigamboni veerboot, Dar Es Salaam, Tanzanië

Ons het beplan om net met die veerboot oor te gaan Dar Es
Salaam toe en dan weer met die pad te ry wat ons die vorige
aand gery het. Hierdie was maar net so ʼn 40 km ompad
maar neem darem net 1 uur om te ry. Ons koop toe kaartjies
by die veerboot kantoor en wag een en ʼn halfuur om op die
veerboot te klim. Ons het op die veerboot in ʼn ry voertuie
gesit tussen ʼn klomp klein winkeltjies. Ons kon sit en kyk hoe
die mense hulle maaltye geniet in een van die restaurante.

Die veerboot neem so 30 minute om Dar Es Salaam toe en


terug te vaar. Die veerboot kan ongeveer tien voertuie en
nog ʼn hele klomp mense oplaai. Terwyl ons staan en wag vir
die veerboot, kon ons die Dar Es Salaam vismark aan die
oorkant van die baai sien, dit het gelyk asof dit daar redelik

Bladsy 89
90

bedrywig is. Ek het iewers op die internet gelees dat die


veerboot-rit maar taamlik riskant was, maar dit was tog nie
so erg nie.

In Dar Es Salaam ry ons tot by die Zanzibar veerboot kantore.


Dit is nie baie ver van die Kigamboni veerboot af nie. Daar is
verskeie kantore, asook verskeie veerbote wat na Zanzibar
vaar op verskillende tye. Terwyl ons nog in Poen se bakkie sit,
kom staan daar weer so tien mense om ons, wat kaartjies
aan ons wou verkoop. Die een man maak toe sommer
aanspraak daarop dat hy in Kimberley gebore is. Dit het vir
my darem net te veel na ʼn liegstorie geklink en dat hy net
ons besigheid gesoek het, maar hy kon nog ʼn paar woorde in
Afrikaans sê, miskien het hy tog die waarheid gepraat! Hy
help ons toe om eersteklas retoerkaartjies op die veerboot te
koop. Ons wou die volgende oggend vertrek en kies toe die
veerboot wat om 10:00 vanaf Dar es Salaam vertrek. Die
eersteklas kaartjies het darem vir ons ʼn spesifieke sitplek
gegee en was net US$5 duurder as die gewone kaartjie van
US$35. Die sitplekke was ook op die boonste dek van die Sea
Express. Volgens die man wat ons met die kaartjies gehelp
het, bedien hulle koeldranke en beskuitjies, maar dit was
ongelukkig nie waar nie.

Nadat ons die kaartjies gekoop het, ry ons na die huis waar
ons vir die tyd wat ons in Zanzibar sou wees, ons voertuie
gaan agterlaat. Dit is die huis van Erik Bakkes, Hans Scheffler
wat saam met my werk, se swaer. Die man wat ons met die
kaartjies gehelp het, het ʼn taxi gehad waarmee hy ons kon
vervoer. Hy ry toe voor ons met sy motorfiets om te sien

Bladsy 90
91

waar die huis van Erik was. Hy sal ons die volgende dag net
daar kom oplaai. Iewers langs die pad het ons hom verloor.
Ons het maar net gehoop dat ons hom die volgende dag
weer sou raakloop. Nadat ons die Askari wat die huis oppas
gesê dat ons die volgende dag die voertuie sou bring, ry ons
terug Kipepeo Beach toe.

Terug by Kipepeo Beach bel Yvette vir Nichola by Nungwi


Amaan Bungalows, en bevestig hoe laat ons in Zanzibar sou
wees en sy reël ook sommer dat daar ʼn taxi vir ons sou
wees. Ons maak toe middagete en gaan swem almal in die
see. Die water was heerlik warm en ʼn plesier om in te wees.
Dit was maar redelik bedompig buitekant. Terwyl ons swem
kom daar ʼn beeswagter met sy beeste verby. Die
kampeerplek se strand area is afgebaken en hulle verkies dat
jy vir jou eie veiligheid nie buite dié area beweeg nie. Daar
was ook verskeie wagte met knuppels op die strand wat die
geskenke handelaars weggehou het . Ons mag items by hulle
koop , maar net aan die kant van die strand area. By die
Kipepeo Beach kampplek is daar riet afdakke waaronder
tente opgeslaan kan word, wat darem ʼn beskutting teen die
son is.

Bladsy 91
92

Kipepeo Beach kampplek, Dar Es Salaam, Tanzanië

Vanaand braai ons vleis en ontmoet mense van Porterville


wat ook op ’n Afrika toer is. Ons ruil lekker inligting uit oor
die plekke waar ons reeds was en vra ook meer inligting oor
Zanzibar waar hulle reeds gewees het. Volgens hulle is
Zanzibar ʼn baie mooi plek.

Bladsy 92
93

Dag 22, Vrydag 13 Julie, Dar Es Salaam tot Nungwi

Ons staan vanoggend weer vroeg op en gaan met die pad om


die Skiereiland ry tot by die Zanzibar veerboot en wou nie
laat wees vir die veerboot nie. Ons het ook nie geweet hoe
besig die verkeer gaan wees nie. Ek en Poen gaan laai eers
die vrouens en kinders by die veerboothawe af. By die
veerboot-hek word alle bagasie eers deurgesoek, seker maar
vir wapens en dwelms. Nadat ons die man gesoek het wat
ons die vorige dag gehelp het, kry ons darem later een van sy
vriende wat van sy taxi’s bestuur om ons by Erik se huis te
gaan haal. Blykbaar het ʼn motor hom die vorige dag gestamp
terwyl hy voor ons met sy motorfiets gery het, dit was darem
nie te ernstig nie. Ons ry toe na Erik se huis en los die twee
bakkies daar. Ons het alle kos in Poen se yskas gepak en het
maar gehoop dat dit na drie dae nie sou ontdooi het nie.

Met die taxi ry ons toe terug na die veerboothawe en wag vir
die veerboot in die vertreksaal, wat maar eintlik net ʼn afdak
met banke was. Die veerboot was vasgemeer by die kaai en
het darem nie te sleg gelyk van die kant af nie. Daar was nog
ʼn veerboot, die Flying Horse in die hawe. Dit was ʼn baie
groot veerboot, maar dit was baie oud en verwaarloos. Die
Flying Horse neem sowat vier ure tot by Zanzibar en die
ander veerbote so tussen 1hr45min en 2 ure. Ek sou niemand
aanbeveel om op die Flying Horse te gaan nie. Toe die tyd
aanbreek dat ons op die veerboot moes klim, het almal maar
saamgebondel en in die pad na die veerboot begin staan.
Gelukkig was daar darem iemand wat die kaartjies nagegaan
het.

Bladsy 93
94

In die veerboot oppad Zanzibar toe.

Ons sitplekke was darem op die boonste dek en bespreek vir


ons. Daar was nie baie mense op die boonste dek nie, maar
onder was die veerboot vol mense. Dit is seker maar baie
bedompig onder in die veerboot. Daar was geen teken van
koeldranke en koekies nie. Hulle speel toe vir ons ʼn video en
daarna ‘n tweede een maar dit het net halfpad klaar gemaak,
toe ons by Zanzibar aankom. Die televisies en die gehalte van
die video was maar baie swak en oud. Poen het nie sy oë van
die televisie afgehaal nie, hy was maar bang hy word seesiek.
Gelukkig was die veerbootrit nie te stamperig nie en het nie
een van ons seesiek geword nie.

By Zanzibar hawe was daar weer ʼn samedromming van


mense wat gewag het vir die veerboot. Orals was daar ook

Bladsy 94
95

portiere wat ons wou help met ons tasse maar ons het net
rugsakke en ʼn paar sakke gehad wat ons self kon dra. Die
hotel waar ons by Nungwi gaan bly, het vir ons ʼn taxi gestuur.
Toe ons by die veerboot afklim het die taxi bestuurder met
ons naambord daar gestaan. Ons stap toe agter die taxi
drywer aan tot by die doeane kantoor, waar ons paspoorte
eers gestempel moes word. Hulle het Mariana se paspoort
lank staan en bekyk omdat sy ʼn Suid- Afrikaanse burger was,
maar in Namibië gebore is. Dit was net snaaks dat ons toe al
deur vyf grensposte was sonder enige probleme. Ons moes
ook ʼn visum hê vir Zanzibar, maar gelukkig was die visums
wat ons op die Zambië / Tanzanië grenspos gekry het nog
geldig.

Die taxi was ʼn minibussie met lekker lugreëling en nog in ʼn


goeie toestand. Ons ry toe met die bussie vanaf Stone Town
tot in Nungwi. Nungwi is maar ʼn arm Zanzibar dorpie en dit
het verwaarloos gelyk. Dit was ʼn teerpad vanaf Stone Town
tot by Nungwi, maar verander later in ʼn swak grondpad. Ons
het nie geweet wat om te verwag nie. Nungwi Amaan
Bungalows was die enigste verblyfplek wat ons bespreking
aanvaar het, sonder ʼn deposito. Ons wou nie op Zanzibar
aankom en dan nog ʼn taxi en verblyf moes soek nie.

Ons ry in ʼn smal paadjie tussen hoë mure tot by die hek van
ons blyplek. Dit het baie netjies gelyk, skoon en mooi en reg
teen die see. Ons het nie die goedkoper plek gekry nie, want
dit was vol- bespreek. Die goedkoper plek se kamers is nie
reg op die see nie. By ons kamers het die branders teen die

Bladsy 95
96

strandhuis se fondasies gebreek. Die strandhuis was op pale


gebou en het ‘n mooi uitsig oor die see gehad.

Nungwi Amaan Bungalows, Zanzibar

Ek en Yvette se kamer was omtrent 50 meter van die Van


Schalkwyk’s af. Al ons kamers het eenders gelyk, Poen hulle
het net ʼn groter stoep gehad. Hierdie het soos ʼn regte
paradys gelyk en die indruk wat ons buite in die dorpie gekry
het weerspieël glad nie dit wat hierbinne is nie. Die Nungwi
Amaan Bungalow se restaurant, Fat Fish, waar ons ontbyt
gaan eet, was reg langs my en Yvette se kamer. Ek het net
gehoop dat dit nie te raserig sou wees nie. Amaan beteken
Peacefull en dit was regtig so. Ons gaan eet middagete in die
Fat Fish en natuurlik was seekos die eerste keuse van bykans
almal. Die aand gaan ons die ander restaurant probeer. Daar

Bladsy 96
97

is ʼn klomp restaurante langs mekaar teen die see. Links en


regs van die Nungwi Amaan Bungalow is daar verskeie ander
strandhuise en hotels, maar nie een van hulle het so ʼn mooi
ligging soos ons blyplek nie. Die middag gaan slaap ons met
lekker vol mae. Ons het die rus nodig gehad vir die volgende
paar dae en het nog glad nie op die toer kans gekry om
behoorlik te rus nie. Die middag gaan swem ons in die
heerlike water wat maar dieselfde temperatuur as Kipepeo
sin was, tot net voor sononder. Ons kom later almal by Poen
hulle op die stoep bymekaar en geniet die mooi
sonsondergang en ʼn rustige drankie. Ek en Poen het vir ons
brandewyn saamgebring uit Suid-Afrika vir die geleentheid.

Nungwi Amaan Bungalows, Zanzibar

Bladsy 97
98

Fat Fish restaurant, Nungwi Amaan Bungalows, Zanzibar

Die aand het ons na die ander restaurant gegaan vir nog ʼn
seekos maaltyd. By die restaurant kry ons toe iemand wat vir
ons ʼn bootrit en ʼn snorkel-duik kon reël. Ons maak toe ʼn
afspraak vir die volgende dag, hoopvol dat die weer sal
saamspeel.

Bladsy 98
99

Dag 23, Saterdag 14 Julie, Nungwi

Vandag gaan ons snorkel duik. Die see was nie rof nie, daar
het net so ʼn ligte windjie gewaai en dit was effens betrokke.
Ons kry toe die man wat die duik gereël het by die see en
gaan eers na ʼn duik winkel waar ons elkeen paddavoete en ʼn
duikbril uitsoek vir die dag. Dit was laagwater en die see het
ver teruggetrek. Ons moes so 50m in die vlak water stap
voordat ons by die boot, wat ʼn Dhow genoem word, uitkom.
Poen het sommer dadelik daarop aangedring om die Dhow
self te skipper.

Poen agter die stuur van ‘n Dhow

Dit sou help teen seesiek. Saam met ons op die Dhow was
twee meisies van Ierland wat in Tanzanië onderwys gee. Die
boot het ʼn kort bo-dek gehad. Ek het sommer daarop geklim

Bladsy 99
100

vir ʼn mooi uitsig. Poen skipper toe die boot, terwyl die
eienaar wys waarheen om te vaar. By die duikplek gekom,
moes die dhow eers geanker word. Toe die dhow begin
skommel het Poen sommer dadelik begin naar voel. Hy
spring toe af in die water met sy duikbril en paddavoete,
maar dit het nie regtig gehelp nie. Die res van ons het rustig
rondgeswem op kyk na die klein skole vissies. Die eienaar van
die boot het klein stukkies kos in die water gegooi wat die
vissies gelok het.

Poen en Mariana op die Dhow

Bladsy 100
101

Ons duik ekspedisie op Zanzibar

Die sig in die water was baie goed. Hierdie was my eerste
duikpoging, nadat ek op ʼn ouderdom van sestien die
kreefduik-sport vaarwel geroep het. Hierdie was darem
ander toestande as die koue water van die Atlantiese oseaan
teen die Weskus. Nadat ons sowat ʼn halfuur in die water
was, is ons na die strand naby Kendwa met die dhow. Deel
van ons duikpakket was ook ʼn ligte maaltyd op die strand.
Die maaltyd het bestaan uit papaja, pynappel en kokosneute.
Die kokosneute was in stukke opgesny. Ons het nie geweet
dat ons die kokosneute met die bruin dop kan eet nie. Poen
was nie gretig om op die dhow terug te vaar nie, en wou
sommer terugstap. Ons kon hom darem gelukkig oorreed om
saam met ons terug te vaar. Op die terugvaart het die wind
van agter gewaai en ons seil toe saam met die wind terug na

Bladsy 101
102

Nungwi toe. Op die pad terug na ons slaapplek sien ons ʼn


restaurant wat “Eat as much as you can” vir US$10 adverteer.

Middagete na die duik by Kendwa

Ons bespreek sommer dadelik vir ons plek in die restaurant.


Die middag gaan eet ons in die Fat Fish restaurant, waarna
ons eers weer ʼn bietjie gaan rus voor die volgende eetsessie.
Later die middag gaan stap ons in die dorp rond en koop vir
ons koeldrank en mango’s in ʼn plaaslike winkel. Die
koeldrank was maar warm, dit word nie koud verkoop nie.
Ons stap tussen al die stalletjies langs die pad en gaan drink
later koffie en eet sjokolade- koek by een van die kafees.

Na ons gebruiklike sonsondergang drankie, gaan ons na die


buffet restaurant toe. Van die mense het sommer op die
strand by tafels gesit. Die kostafels was ook op die strand.

Bladsy 102
103

Besig om sjokolade koek en koffie te geniet op Zanzibar

Die kos in die bakke het min gelyk en ons het maar gehoop
daar sal nog kom. Toe ons ʼn tweede bord wou gaan inskep,
was die meeste van die lekker seekos al op. Nadat hulle
bevestigend geantwoord het op Poen se navraag, drink ons
maar intussen nog ʼn bier. Daar was egter geen teken van
ekstra kos nie. Ons was nie die enigste mense wat oor die
hoeveelheid kos gekla het nie en betaal toe nie die volle
bedrag van US$10 per persoon nie. Toe ons by hulle
advertensiebord met die spyskaart verbystap was die deel
van “Eat as much as you can” doodgevee! Hierdie restaurant
sal ons vir niemand aanbeveel nie. Die hoeveelheid seekos by
die ander restaurante was baie meer en ook baie lekkerder.
Teleurgesteld gaan slaap ons maar die aand na al die dag se
aktiwiteite.

Bladsy 103
104

Dag 24, Sondag 15 Julie, Nungwi

Vanoggend na ontbyt gaan stap ons eers in ʼn noordelike


rigting langs die strand tot waar hulle aan die dhows werk.
Ons sien ʼn klomp vrouens wat met skerpgemaakte stokke na
die water stap. Hulle het seker na seekos vir die restaurante
gesoek.

Nungwi Strand, Zanzibar

Daarna stap ons in ʼn suidelike rigting verby Nungwi tot by


Kendwa strand, waar ons die vorige dag met die dhow was.
Die strand was baie mooi met wit sand en turkoois water.
Daar was baie stalletjies op die strand en ons doen toe
sommer nog ʼn paar inkopies. Die see het weer soos die
vorige dag ver teruggetrek, en dit was duidelik dat ons tydens
hoogwater nie via die strand kon terugstap Nungwi toe nie.

Bladsy 104
105

Op pad terug vanaf Kendwa begin so ’n lekker ligte koel


reëntjie val. Naby Nungwi was daar ook ʼn klomp stalletjies.
Ons loop tussen die stalletjies rond en speel die mense se
pryse teen mekaar af. Meeste van hulle verkoop maar
dieselfde goed en ons probeer maar altyd vir die beste prys
soek.

Na middagete gaan rus ons eers weer vir ʼn kort rukkie, ons
sal nie nou weer na middagete kan slaap voor ons terug is in
Suid Afrika nie. Die aand eet ons ‘n laaste groot bord seekos
op Zanzibar. Ons gaan die kos mis, maar ons sal weer oor ‘n
paar jaar terugkom Zanzibar toe. Laat in die aand kon ons al
die mooi dhow liggies ver op die diep see sien. Die
vissermanne sien vir baie kans, deur so ver vanaf die land te
gaan met sulke swak bote en sonder enige lewensredding
toerusting.

Bladsy 105
106

Dag 25, Maandag 16 Julie, Nungwi tot Dar Es Salaam.

Vanoggend moet ons die taxi om 08:00 voor die kantoor kry
om ons terug te neem na Stone Town. Ons veerboot vertrek
10:00 en dit is so ʼn een uur se rit met die taxi tot by Stone
Town. Ons vaar vandag terug met die Sea Star wat ook twee
dekke het. Ons sit weer op die boonste dek, maar hierdie
keer was die dek buite met net ʼn seil oor. Hoe dieper ons die
see ingevaar het, hoe rowwer het die see begin word. Een
van die boot se bemanning het begin om klein swart sakkies
uit te deel vir die mense. Amper almal van ons het op ʼn
stadium nie lekker gevoel nie. Die skipper het sy bes probeer
om die stilste waters uit te soek.

Op die veerboot terug vanaf Zanzibar, almal is maar


hartseer.

Bladsy 106
107

Poen het maar swaar gekry. Langs ons het daar toeriste gesit
en een van die vrouens het maar siek gelyk en ons het almal
gewag dat sy moet opgooi. Dit sou natuurlik veroorsaak het
dat die van ons met swak mae, ook sou opgooi. Ek het maar
solank as moontlik vasgebyt en gehoop dat die vaart so
vinnig as moontlik moet verbygaan. Dit het ons amper twee
dae geneem om weer normaal te voel. Vir iemand wat die
see gewoond is sou dit nie snaaks wees nie, maar vir ons
groentjies was dit ʼn nagmerrie ondervinding.

Terug by Dar Es Salaam, het ons die taxi drywer gekry met
wie ons afgespreek het om ons te kom haal. Ons ry toe almal
met sy bussie na Erik se huis. Daar was die yskas in Poen se
bakkie nog kliphard gevries na drie dae. Dit wys jou hoe lank
kan ʼn yskas koud bly as dit nie oopgemaak word nie. Ons
stop by ʼn garage en maak die voertuie vol diesel en gaan ruil
ook geld om by ʼn Bureau de Change. Daarna ry ons terug na
Kipepeo Beach om weer vir nog een aand daar te gaan slaap.

Ons stop eers langs Kipepeo Beach by Sunrise Beach, maar


hier was die kampgeriewe nie so goed as by Kipepeo Beach
nie. Die mense maak meestal voorsiening vir toeriste wat in
strandhuise bly. By Kipepeo Beach kry ons toe dieselfde
staanplek wat ons drie dae tevore gehad het. Ons gaan eet
eers almal ʼn hamburger in die restaurant voor ons tente gaan
opslaan. Vanaand wou ons die yskaste so koud as moontlik
stel terwyl daar kragtoevoer was. Die kragtoevoer was egter
so swak dat beide yskaste soms afskakel as die toevoer te
min raak. Ons besluit toe om die yskaste maar weer op
battery krag te laat loop teen ʼn hoër temperatuur.

Bladsy 107
108

Dag 26, Dinsdag 17 Julie, Dar Es Salaam tot Iringa

Vanoggend gaan ons die pad wat ons oorspronklik moes ry,
toe ons vanaf Chalinze Dar Es Salaam toe gery het, probeer.
Die pad was veronderstel om ons darem vinniger uit die stad
te neem. Die oggend reën dit weer liggies. Dit neem ons
amper twee ure om vanaf Dar Es Salaam tot by Chalinze te
ry. Hier en daar kon ons Chinese sien wat besig was om die
Tanzaniese regering te help met die bou van groot brûe en
die herstel van die paaie. Ek wonder hoeveel geld China hier
in Afrika spandeer, daar moet tog iets wees wat hulle sal wil
terugkry uit die investering. Daar was redelik baie verkeer op
die pad en ons kon nie maklik die stadiger voertuie
verbysteek nie.

Pad stalletjie tussen Dar Es Salaam en Iringa, Tanzanië

Bladsy 108
109

Langs die pad was daar baie stalletjies wat groente en vrugte
verkoop het. Poen wou baie graag kokosneute koop. Ons
stop toe langs die pad waar Poen toe sommer ʼn klomp
tamaties, piesangs en kokosneute koop. Hy koop ʼn emmer
vol tamaties en toe hy dit wil omruil vir ʼn kleiner emmer wou
die persoon wat die tamaties verkoop dit nie doen nie, hy
verloor seker dan op die transaksie. Ek het net gehoop Poen
het pakplek vir al die klomp tamaties, hy sal moet tamaties
eet tot dit by sy ore uitloop. Vanaand wil hy ʼn tamatie
roosterbroodjie eet.

Anderkant Morogoro en net voor die Mikumi Nasionale park


stop ons langs die pad by stalletjies wat gevlegte mandjies
verkoop. Ons ry toe ʼn deel van die pad wat ons gery het toe
ons oppad was na Serengeti toe. Net anderkant die Mikumi
Nasionale park stop ons om hout te koop, ons was nie seker
of ons maklik hout in Malawi sou kon kry nie.

Bladsy 109
110

Kremetartbome tussen Morogoro en Iringa, Tanzanië

Ons ry weer verby al die klomp mooi kremetartbome wat so


teen die rivier staan. Ons volgende stop was in Iringa waar
ons diesel ingegooi het. Die vorige keer het ons by Iringa
Riverside kamp gebly, maar ons wil vandag Kisolanza farm
probeer. So 10 km anderkant Iringa aan die linkerkant van die
pad is daar die Isimila Stoneage Site, ons ry toe gou daar in
om te kyk of ons iets interessants sien, maar ons moes stap
tot by die uitgrawings. In die inligtingskantoor sien ons toe ʼn
paar van die klipmesse en byle, maar niks besonders nie. Ons
ry verder na Kisolanza farm wat nog so ʼn verdere 30 km was.
By die Kisolanza farm is daar netjiese kampplekke onder
bome met groot oop areas om op die grond te kan braai.
Daar is ook netjiese warmwater storte en put-toilette, maar

Bladsy 110
111

geen elektrisiteit nie. Daar is ook huisies vir mense wat nie
wil kamp nie.

Poen besig om tamaties te eet by Kisolanza farm, Iringa

Poen gebruik die geleentheid om vanmiddag van die


tamaties te eet wat hy langs die pad gekoop het. Hy skil dit af
om seker te maak dat dit skoon is. Volgens hom het dit baie
lekker gesmaak. Die aand braai ons hoender en
roosterbrood.

Bladsy 111
112

Dag 27, Woensdag 18 Julie, Iringa tot Chitimba

Vandag is ons laaste dag in Tanzanië en ons ry tot in Malawi


waar ons eers slaapplek moet gaan soek. Ons was van plan
om tot by die Livingstonia Mission bo-op die berg te ry en
daar te kamp, maar die pad is blykbaar baie steil en ons het
nie geweet hoe laat ons daar sou wees nie. Net voor Mbeya
waar die pad afdraai na Malawi, gooi Poen gou met sy laaste
Tanzaniese Sjielings diesel in. Die pad na Malawi loop oor
baie mooi heuwels met groot aartappel, piesang en tee
landerye langs die pad.

Tee plantasies anderkant Mbeya, Tanzanië

Tanzanië is een van die Afrika lande wat kan bekostig om


landbou-produkte uit te voer. Net voor die Tanzanië / Malawi
grenspos ruil ons geld om vir Malawiese kwachas. Dit gaan

Bladsy 112
113

vinnig deur die Tanzaniese deel van die grenspos, maar by


Malawi moes alle voertuie se registrasienommers eers
neergeskryf word deur amptenare wat nie baie haastig was
nie. In die doeane-kantoor moes ons eers wag vir die man
wat ons Carne de Passage kon stempel. Daarna moes ons
voor die hek wag totdat iemand ons Carne de Passage weer
kon nagaan voordat ons verder kon ry. Aanvanklik het die
pad baie slaggate gehad, maar later word dit ʼn goeie teerpad
wat al langs die Malawi meer loop. Ons ry tot by Chitimba en
besluit om sommer hier te kamp.

Op die strand by Chitimba, Malawi

Die kampplek is reg langs die meer met ʼn groot stuk wit
strand, met ʼn ry mooi pers bougainvilleas teen die kant. Hier
was baie Overland vragmotors. Die ablusie fasiliteite is nie

Bladsy 113
114

genoeg vir al die kampeerders nie, maar daar is darem


spoeltoilette en storte. Die kampplek het groot koeltebome
met afdakke waar kos gemaak kan word. Daar is ook ʼn kroeg
op die strand wat yskoue koeldranke en bier verkoop. Op die
strand was dit winderig en die water van die meer was maar
koelerig, niemand van ons het kans gesien om te gaan swem
nie. Die boeke wat ons gelees het, het ons gewaarsku teen
bilharzia. Daar was ook baie plaaslike mense wat ons op die
strand lastig geval het.

Chitimba kampplek, Malawi

Net buite die kampplek is daar houtsneewerk stalletjies. Die


pryse van die bakke was van die goedkoopste en die kwaliteit
was baie goed. Ons besluit toe om liewer die volgende dag
langs die pad te stop vir houtsneewerke. Een van die

Bladsy 114
115

Overland vragmotor bestuurders het ons aangeraai om


eerder by Nkhata Bay te stop. Ons het besluit om maar nie
Livingstonia Mission toe te ry nie, dit sou te lank neem en ons
wou eerder net rustig wees. Vanaand was daar frikkadelle op
die spyskaart. Dit was vanaand die enigste aand tot dusver op
die toer dat die Overland toeriste geraas het tot laat in die
aand. Daar is ʼn paar van hulle wat persoonlike probleme met
mekaar gehad het en dit wou uitsorteer.

Bladsy 115
116

Dag 28, Donderdag 19 Julie, Chitimba tot Senga Bay

Vandag ry ons tot by Senga Bay, waar ons by Cool Runnings


vir twee dae gaan oorbly. Hierdie kamp kon ek glad nie op die
Tracks4Africa kaarte kry nie. Ons vertrek vanaf Chitimba met
ʼn baie steil pad, wat al langs die berg uitkronkel. Hier van bo-
af kon ons ʼn baie mooi uitsig kry oor die Malawi meer en sou
ons seker maar net so ʼn uitsig gehad het vanaf Livingstonia
Mission.

Uitsig oor die Malawi meer naby Chitimba, Malawi

Die pad draai weg van die meer af en loop deur die berge tot
by Mzusu. Hier gooi ons diesel in en stop by ʼn winkel op soek
na brood, maar kon nie vars brood kry nie en koop toe maar
ʼn klomp bottels water. Anderkant Mzusu het die pad begin
nouer raak en sak ons af in die rigting van die meer. Net voor

Bladsy 116
117

die Nkhata Bay afdraai is daar ʼn klomp houtsneewerk


stalletjies. Hier koop ons toe ʼn klomp geskenke. Baie van die
mense wou sommer kledingstukke ruil vir houtsneewerke en
van hulle wou ook sommer in Suid-Afrikaanse Rand betaal
word. Ons ry gou na Nkhata Bay om te gaan kyk hoe dit daar
lyk.

Rubberboom plantasie naby Nkhata Bay, Malawi

Op die pad na Senga Bay ry ons ʼn plantasie rubberbome


binne, waar ons stop om van die rubberballe te koop. Net ʼn
entjie verder stop ons langs die pad, waar daar nie iemand
was wat ons kan lastig val nie en eet middagete. Na ons
aankope van vroeër was die pakplek in die voertuie nou
maar min. Net voor Salima sien Poen hulle kinders staan met
klein swart goedjies op stokke ingeryg. Hy stop om

Bladsy 117
118

ondersoek in te stel en groot was sy verbasing toe hulle sien


dit was ʼn klomp muise wat gebraai was en soos vleis op ʼn
sosatie stokkie ingedruk was.

Muise soos sosaties op ‘n stokkie

Nie een van ons het kans gesien om dit te eet nie, maar ons
glo daar sal tog mense wees wat dit al geëet het. In Salima
stop ons by ʼn winkel en koop eiers vir die volgende dag se
ontbyt. Net voor Senga Bay sien ons nou die eerste
rigtingaanwyser teen die pad wat die afstand na Cool
Runnings aangedui het. Cool Runnings is net voor jy Senga
Bay inkom, aan die regterkant van die pad, teen die Malawi
meer. Om by die kampplek uit te kom, ry ons tussen ʼn klomp
modder baksteen huise op ʼn poeierstofpad tot by die hek
van Cool Runnings. Net soos by meeste van die ander

Bladsy 118
119

kampplekke op die toer, skep die buitekant van die


kampplek nie ʼn goeie indruk nie. Binnekant is daar baie mooi
groen grasperke met hoë koeltebome.

Cool Runnings kampplek, Senga Bay, Malawi

Daar is spoeltoilette en warmwater storte. Daar is ook


elektrisiteit vir die yskaste. Die kampplek het ook sy eie
restaurant, maar ons was van plan om ons eie kos te maak.

Bladsy 119
120

Dag 30, Vrydag 20 Julie, Senga Bay

Vanoggend maak ons ontbyt met die eiers wat ons


gisteraand gekoop het. Vandag gaan ons kyk hoe dit by
Monkey Bay en Cape McClear lyk. Dit is ʼn teerpad tot by die
afdraai van Monkey Bay. Hier by die afdraai is daar baie mooi
houtsneewerke. Ons stop daar en kyk of daar iets was wat
ons wou koop.

Houtsneewerke oppad na Monkey Bay, Malawi

By Monkey Bay is daar ook houtsneewerke maar ons wou net


solank die pryse vergelyk. Die pad daarvandaan tot by
Monkey Bay was seker jare gelede ʼn teerpad. Tans is dit net
ʼn slegte grondpad met hier en daar nog teerkolle. Gelukkig
was daar darem nie baie verkeer op die pad nie, sodat ons
die beste dele van die pad kan kies om op te ry. Soms moes

Bladsy 120
121

ons sommer aan die regterkant van die pad ry. Net voor
Monkey Bay was daar weer ʼn stukkie teerpad, maar
weereens vol slaggate. Op die stuk teerpad sien ons toe ʼn
Toys R US bordjie, met klein motortjies gekerf uit hout. Ons
besluit ons sal daar stop as ons terugkom. Ons stop by die
houtsneewerke net voor Monkey Bay, waar Poen ‘n sleutel
met ʼn paar mense se name op, laat maak. Ons sou as ons
terugkom van Cape McClear dit optel. Ons ry verder tot by
Monkey Bay en koop lekker koue koeldrank by die winkeltjie.
Monkey Bay is maar klein en daar gaan nie veel aan nie. Ons
plan was om tot by Cape McClear te ry, maar ons stop eers
by die Nature Conservation se kantoor om te vra wat daar te
siene is by Cape McClear.

Daarna vertrek ons na Cape McClear met ʼn smal grondpad


wat tot by Cape McClear loop. Hier is die Fat Monkey Lodge
en ook Club Makakola. Ons stop by die Fat Monkey Lodge.
Vanaf Cape McClear gaan daar bote wat duikers uitvat en
hier kan ook paragliding gedoen word. Beide hierdie plekke
was baie mooi en ons sal graag in die toekoms hier wil kom
bly vir so ʼn dag of twee.

Ons ry terug Monkey Bay toe, en stop langs die pad vir ʼn
vinnige middagete. Terug by die Monkey Bay stalletjies koop
ons nog ʼn paar houtsneewerke en ry stadig terug Senga Bay
toe met die slegte grondpad. Ons stop ook gou vinnig by die
Monkey Bay afdraaipad en koop die laaste van die
houtsneewerke op die toer.

Bladsy 121
122

Ons volgende stop was by Salima waar ons die voertuie vol
diesel maak. Die volgende dag wou ons vroeg opstaan en tot
by Lusaka ry. Daar sal nie dan tyd wees vir diesel ingooi nie.
Ons kon met US dollars betaal, een van die min garages wat
US dollars aanvaar het. Daarna ry ons terug na Senga Bay.
Net voor Senga Bay is daar stalletjies wat mooi gevlegte
artikels van riet en gras verkoop.

Stalletjie met gevlegte artikels tussen Salima en Senga Bay

Ons ry verby die Cool Runnings afdraai en gaan kyk hoe lyk
dit by Livingstonia Beach Camp. Hierdie kamp is groter as
Cool Runnings, maar daar is feitlik geen gras nie. Die kamp is
reg langs die meer, en lyk baie mooier as Cool Runnings.
Volgende keer sal ons hierdie plek probeer.

Bladsy 122
123

Toe ons terugkom by Cool Runnings, moes ons plek begin


soek vir al die nuwe aandenkings en presente wat ons
gekoop het. Die groot houtsneewerke het ons in warm
baadjies toegerol en op plekke waar dit nie kon breek nie,
ingedruk. Elke spasie wat ʼn moontlike pakplek was, word
benut. Ons sou nie nou baie meer aandenkings kon koop nie.

Die aand braai ons van die steaks wat ons in Nairobi gekoop
het. Terwyl ek en Poen by die vuur sit was die kinders besig
om iets op te warm te maak op een van die gasstofies. Skielik
was daar vlamme rondom die stofie. Poen spring op en storm
nader, maar sien nie die ankertou van die een tent nie. Hy val
oor die ankertou bo-op die tafel, wat weer met stofie en al
bo-op hom val. Poen het sy hemp baie vinnig uitgetrek om te
keer dat dit nie aan die brand slaan nie. Gelukkig het hy
darem nie baie seer gekry nie, net die tafel het vir ʼn tweede
keer tydens die toer ʼn bietjie skade gely.

Bladsy 123
124

Dag 31, Saterdag 21 Julie, Senga Bay tot Lusaka

Vandag staan ons vroeg op. Ons wou kyk of ons tot by
Lusaka kan ry. Gelukkig het ons geweet waar die Eureka
kampplek was en sou dit selfs in die donker maklik kon vind.

Ons eerste stop was in Lilongwe, waar ons probeer diesel


ingooi het met dollars, maar geeneen van die garages wou
dit aanvaar nie. Dit was seker maar net die garage in Salima
wat US dollars aanvaar het. Lilongwe is ʼn groot stad met baie
goeie paaie.

Ons vertrek na die Malawi / Zambië grenspos. By die


grenspos ruil ons dollars vir Zambiese kwachas en laat
stempel ons paspoorte. Ons laat ook die Carne de Passage
voltooi en betaal weereens vir die gebruik van die Zambiese
paaie. Eers nadat ons klaar betaal het, kom ons agter dat die
bedrag wat ons betaal het toe ons Zambië vanaf Namibië
binnegekom het, nog geldig was. Toe ons vra dat hulle ons
geld teruggee en die betaling kanselleer, doen die beampte
dit sonder enige besware.

Die pad was in ʼn goeie toestand tot by Chipata, maar daarna


was dit weer net slaggate waar jy kyk. Ons ry maar stadig tot
by Petauke. Ons wou vandag tot by Lusaka ry, maar as die
pad so swak bly, sou ons baie laat in Lusaka aankom.
Gelukkig het die pad verbeter tot in Lusaka.

Later die dag ry ons met die Luangwa brug oor die groot
Luangwa rivier, wat baie naby aan die Mosambiek grens is.
Toe ons aan die anderkant van die brug stop, was daar ʼn

Bladsy 124
125

soldaat met ʼn AK-geweer wat ons 3de party versekering wou


nagaan. Daarna kon ons verder ry, maar Poen moes eers
verduidelik hoekom hy nie gewag het totdat ons klaar oor die
brug was nie. Daar mag net een voertuig per keer op die brug
wees. Die regering probeer om die brug solank as moontlik in
ʼn goeie toestand te hou. Nêrens op pad na die brug het ons
enige kennisgewing gesien oor die aantal voertuie op die
brug nie. Snaaks genoeg, agter Poen het ʼn ou bakkie gery van
een van die plaaslike mense. Hierdie bakkie is sonder
probleme deurgelaat. Dit het net weer eens vir ons gewys
dat toeriste in hulle spore moet trap.

ʼn Ent anderkant die brug stop ons langs die pad, waar ek uit
die jerrykanne diesel ingooi. Dit was nog ʼn redelike ent
Lusaka toe en die diesel in die Landie se tenk was te min.

Ons kom teen skemer in Lusaka aan, en probeer by die eerste


garage diesel kry, maar sonder sukses. Daar was geen diesel
nie. Die vorige keer toe ons in Lusaka was, was daar ook ʼn
tekort aan diesel. Gelukkig was daar ʼn BP garage by die Spar
winkelsentrum, wat genoeg diesel gehad het vir albei ons
voertuie.

Ons gaan koop toe kos in die baie groot en netjiese Spar
winkelsentrum. Daarna ry ons in die donker tot by die Eureka
kampplek. Die kampplek was feitlik vol kampeerders met so
tussen ses en agt Overland vragmotors. Vanaand sou ons
maar tussen die mense moet slaap en hoop hulle raas nie te
veel nie.

Bladsy 125
126

Bladsy 126
127

Dag 32, Sondag 22 Julie, Lusaka tot Livingstone

Vandag wou ons ry tot by Livingstone, op die pad wat ons al


gery het met die begin van die toer, en ons het geweet wat
om te verwag. Gelukkig het die Overland mense die vorige
aand nie laat geraas nie, en kon ons ʼn goeie nagrus kry.
Vandag wou Poen kyk of hy nie ʼn paar sakke houtskool kon
koop om saam te neem huis toe. Ek was ook op soek na die
kap byle wat die mense gebruik om die houtsneewerke te
maak en het die hele toer net dit gesien op die pad tussen
Lusaka en Livingstone.

Ons twee-rigting radio’s het ons nou begin probleme gee en


die reikafstand was minder as 100m. Ons stop langs die pad
en ek sit toe ʼn spaar antenna op Poen se bakkie, maar dit
was nie suksesvol nie. Die laaste stuk pad net voor
Livingstone, wat voorheen vol slaggate was, was gelukkig
nou gedeeltelik opgevul met grond.

Ons het beplan om vandag tot by die Maramba River Lodge


te ry en te probeer kampplek kry vir twee dae. Voorheen
was die kampplek vol en dit was die plek wat die meeste
mense vir ons aanbeveel het. Ons was gelukkig en kon vir
twee dae plek kry. Die kampplek het baie mooi geriewe,
maar die kampplekke is maar baie eenvoudig met die toilette
redelik ver daarvandaan. Daar was ook genoeg koeltebome
om te kamp. Die kampplek is teen een van die Zambezi se
sytakke. Daar was baie ape en bobbejane wat rondgeloop het
en van hulle het ons vullisdromme omgegooi. Ons moes
maar alle kos wegpak.

Bladsy 127
128

Ons ry die middag eers na die houtsneewerk stalletjies binne


in Livingstone op soek na die laaste paar geskenke en
aandenkings.

Maramba River Logde kampplek, Livingstone, Zambië

Daarna stop ons by die African Queen waar ons kaartjies


koop vir die volgende dag se bootrit op die Zambezi. Daarna
keer ons terug na die kampplek waar ons die aand ʼn groot
vuur maak en lekker vleisbraai.

Bladsy 128
129

Dag 33, Maandag 23 Julie, Livingstone

Vanoggend kon ons ʼn bietjie later slaap. Ek en Poen ry gou


dorp toe, om sommer by die Spar eiers en spek vir ontbyt te
gaan koop. Daarna stop Poen by ʼn garage om te reël sodat sy
bakkie se olie afgetap kon word.

Terug by die kamp maak ons ʼn lekker ontbyt en terwyl Poen


sy bakkie se olie laat aftap, bly die res van ons in die kamp
om net rustig te wees. Na middagete ry ons na die Victoria
Valle se stalletjies om te kyk of daar nie nog aandenkings was
wat ons gemis het nie. In Livingstone is daar ʼn winkel wat ons
geld kon omruil na Botswana Pula. Ons stop toe daar en ruil
elkeen US$50 om. Ons wou nie wanneer ons by die Zambië /
Botswana grenspos kom, sukkel om geld om te ruil nie en wil
net probeer om so vinnig as moontlik op die veerboot te
kom.

Later die middag vertrek ons na die African Queen vir ons rit
op die Zambezi.

Bladsy 129
130

African Queen op die Zambezi, Livingstone, Zambië

Bladsy 130
131

Ons klim eerste op die boot om die beste sitplekke te kry.


Terwyl ons wag vir die ander toeriste, word ons al bedien
met drankies. Al die drank tydens die rit was ingesluit by die
prys. Sodra dit net gelyk het of ons glase half leeg was, is dit
weer volgemaak. Terwyl die boot so stadig gevaar het, was
daar ʼn stem op, seker maar ʼn cd, wat ons meer vertel van die
rivier en die plekke langs die rivier. Wanneer daar diere
gewaar is, het een van die bemanning dit oor die luidsprekers
aangekondig. Die boot het amper twee ure geneem om te op
te vaar in die rivier. Daar was ʼn paar ander bote saam met
ons op die rivier wat toeriste vir die sonsondergang rit
geneem het. Ons boot het maar baie rustig gevaar in
vergelyking met die ander bote.

African Queen op die Zambezi, Livingstone, Zambië

Bladsy 131
132

Na ʼn rukkie het ons almal ʼn bordjie kos gekry, maar dit was
definitief nie genoeg vir my en Poen nie. Daar was heelwat
seekoeie in die rivier. Aan die oorkant van die rivier kon ons
in die verte die Elephant Hills hotel in Zimbabwe sien. Dit sou
maar seker duur wees om daar te kon bly, maar nie een van
ons het ʼn begeerte gehad om in Zimbabwe in te gaan nie.

Toe dit sononder word, het die boot dwars gedraai in die
Zambezi en vir almal ʼn baie mooi uitsig gegee oor die
sonsondergang oor die Zambezi. Die mense het foto’s
geneem asof hulle nooit weer die son sou sien sak nie. Dit
was ʼn besonderse mooi uitsig.

African Queen op die Zambezi, Livingstone, Zambië

Bladsy 132
133

Nadat die son onder was, en almal klaar foto’s geneem het,
het die boot gedraai en het dit teen ʼn heelwat vinniger
tempo teruggevaar na die kaai. Die aand wou niemand op die
rivier wees nie, die muskiete sou ons wegdra. Na die bootrit
gaan ons terug kampplek toe en eet aandete. Ons wou die
volgende oggend vroeg opstaan om so vroeg as moontlik by
die veerboot te wees.

Bladsy 133
134

Dag 34, Dinsdag 24 Julie, Livingstone tot Francistown

Vandag wou ons probeer om tot by Nata te ry en kyk hoe laat


ons daar sou aankom. As dit nie te laat is nie, wou ons
probeer om liewer in Francistown te gaan slaap.

Ons moes egter eers met die berugte Kazungula veerboot


oor die Zambezi. Ons het gehoor dat dit party dae tot drie
ure kon neem om oor die rivier te gaan en ons wou so vroeg
as moontlik daar kom. Ons vertrek om 06:00 uit Livingstone
en kom net na 07:00 by die Zambië grenspos aan. Soos ons al
gewoond geraak het, was dit maar ʼn trae proses om alle
dokumente te laat stempel. Eers nadat ons aan die verkeerde
kant van die gebou ingegaan het en gestaan en wag het vir
die beamptes, word ons reggehelp deur van die ander
toeriste. Natuurlik was daar geen bordjies nie. Daarna moes
ons wag vir die amptenare om op diens te kom. Daar was net
een aan diens en kon nie alle mense hanteer nie. Na ʼn
halfuur se wag was ons darem deur die Zambië grenspos
oppad na die Kazungula veerboot wat so 100m daarvandaan
is. Dit het US$20 per voertuig gekos vir die veerboot.
Gelukkig vir ons was daar nie baie voertuie nie en kon ons
sommer dadelik toegelaat word om te ry tot bo-op die
veerboot. Die veerboot vat gewoonlik twee vragmotors en
vier kleiner voertuie. Die normale wagtyd vir die veerboot
hang af van hoe laat jy daar kom en watter dag van die week
dit is.

Na tien minute was ons aan die oorkant van die Zambezi en
oppad na die Botswana grenspos. Daar was ʼn redelike klomp

Bladsy 134
135

vragmotors aan die Zambië kant, maar gelukkig kon daar net
een vragmotor op ʼn keer oor die veerboot. As daar nie baie
motors is nie, sal dit altyd gou gaan.

Kazungula veerboot oor die Zambezi, Botswana

Aan die Botswana kant hoef ons toe nie meer die Carne de
Passage te laat voltooi nie en was ons vinnig deur die
grenspos. Ons betaal P50 per voertuig vir die pad permit en
P20 per voertuig vir die padfonds. Die voertuie moes nou
eers deur ʼn dam met water ry wat ontsmettingsmiddels en
gif bevat het. Daarna moes ons almal een-een op ʼn mat gaan
staan om ons skoene te laat ontsmet. Dit was om te voorkom
dat daar Tsetsevlieg larwes oor die grens kom en ook om bek
en klou seer te voorkom. Geen vleisprodukte en
suiwelprodukte mag oor die grens in Botswana ingeneem

Bladsy 135
136

word nie. Ons sou vandag gereeld gestop word om deursoek


te word. Terwyl ons die Botswana grenspos verlaat, het daar
ʼn lang ry vragmotors gestaan en wag om deur die Botswana
grenspos te gaan. Net anderkant die grenspos stop ons langs
die pad en maak ʼn vinnige ontbyt en koffie.

Ons volgende stop was Nata waar ons die voertuie weer vol
diesel gemaak het. Hier kon ons nou weer met ons
kredietkaarte vir diesel betaal. Ons stop 10 km anderkant
Nata by die Nata Lodge vir middagete waar ons almal
hamburgers bestel. Die Nata Lodge is ʼn baie mooi plek met ʼn
lekker restaurant en swembad. Die kampplekke is maar
sanderig maar onder koeltebome.

Dit was net na middagete en ons besluit toe om tot by


Francistown te ry, wat maar net nog 200 km verder was. Daar
was ʼn paar plekke langs die pad waar ons by bek en klou seer
hekke gestop is en gevra is of ons enige verbode items het.
By twee geleenthede het van die beamptes binne in die
Landie geklim en in die yskas gekyk vir vleis of
suiwelprodukte. So vyftien km voor Francistown is die
Woodlands Stop-over kampplek. Ons ry gou daar in om te
gaan kyk hoe dit lyk. Dit is 7 km vanaf die teerpad met ook ʼn
kleinerige swembad en lekker groen grasperke en hier en
daar ʼn koelte- boom.

Bladsy 136
137

Cresta Marang Motel kampplek, Francistown, Botswana

Die plek was net te ver vanaf Francistown en ons besluit toe
om maar ʼn kampplek in Francistown te gaan soek. Ons ry tot
by die Cresta Marang Motel, wat ook ʼn casino is, met ʼn
lekker groot kampplek. Daar is ook groot grasperke en baie
koeltebome. Die kampplek is omhein met paaltjies.
Ongelukkig is hierdie kampplek binne in Francistown en word
dit baie deur kontrakteurs gebruik as goedkoop verblyf. Hulle
kan maar redelik raserig wees. Daar is 24 uur sekuriteit by die
kampplek. Nadat ons ingeboek en die tente opgeslaan het, ry
ons en gaan koop vleis om te braai by die Spar. Ons wou
lekker Botswana steaks braai. Die kampplek het die aand
sommer redelik vol geword aangesien dit ʼn baie gewilde plek
is. Daar was ʼn wag wat die hele nag vuur gemaak en met sy
hond deur die kampterrein gestap het.

Bladsy 137
138

Dag 35, Woensdag 25 Julie, Francistown tot Vryburg

Vandag was ons laaste dag op die toer wat ons in ʼn ander
land sou wees. Ons staan vroeg op terwyl dit nog donker is
en breek die kamp af. Ons vertrek in die rigting van Gaborone
en wou vanaand net voor Vryburg by Boereplaas gaan slaap.
Mense wat ons die vorige aand in die Francistown kampplek
gekry het, het die plek aanbeveel. Hulle kamp baie gereeld
daar en was tevrede met die plek.

Ons ry maar versigtig na Gaborone, aangesien ons deur


verskeie mense gewaarsku is om binne die spoedbeperking
te hou. Ons het nou al sover gery sonder enige boetes. Ons
volgende stop was in Gaborone, waar ons weer die voertuie
met diesel volgemaak het. Daarna gaan stop ons by ʼn
drankwinkel, aangesien Poen van elke land se bier wou proe.
Gaborone is ʼn groot stad met breë paaie. Gelukkig was daar
baie goeie rigting aanwysers. Hier en daar kry ons nog ʼn
padblokkade, maar geen voertuie is gestop nie. Die feit dat
daar ʼn padblokkade was, was alreeds ʼn goeie afskrikmiddel.

Die volgende stop was die Botswana / Suid Afrika grenspos.


Hier het ons die laaste Pula’s wat ons gehad het omgeruil in
Rande. Die proses deur beide grensposte was gelukkig baie
vinnig. Ons is net in die Suid-Afrikaanse deel gevra of ons
enige braaihout het, ons mag dit seker nie ingebring het nie.

Ons stop by Mafikeng, trek geld en gaan koop vars brood en


vleis vir die aand se braai. Die pad tussen Mafikeng en
Vryburg was maar swak en daar was gereeld plekke langs die

Bladsy 138
139

pad waar ons gestop is vir padwerke. Ons kom teen 16:00 se
kant by Boereplaas aan. Die plaas is so 20 km voor Vryburg
met groot grasperke, swembad en koeltebome.

Boereplaas kampplek tussen Vryburg en Mafikeng

Die plek was nog besig om ontwikkel te word en die


stortgeriewe was nie van die beste nie. Ook, net soos in
Francistown, het hier kontrakteurs gebly wat aan die pad
gewerk het. Gelukkig was hulle nie raserig nie, maar die
storte en toilette was nie baie skoon nie. Die eienaar van
Boereplaas gee toe vir ons die sleutels van ʼn kamer waar ons
die stort en toilet kon gebruik. Ons braai vir die laaste keer
op die toer vleis en na ete gaan betaal ek en Poen gou ons
verblyf, aangesien die persoon wat die geld moes ontvang,
die middag nie beskikbaar was nie.

Bladsy 139
140

Dag 36, Donderdag 26 Julie, Vryburg tot Springbok

Weereens staan ons vroeg op, maar vanoggend was dit


bitter koud. Die voorruit van Poen se bakkie was kliphard
gevries. Ons vertrek die oggend om 06:00 vanaf Boereplaas
in die rigting van Vryburg. Ons het ʼn bespreking vir verblyf in
Kakamas gehad, maar wou probeer ry tot in Springbok. Dit
sou darem die volgende dag se rit korter maak. Dit was nog
baie donker toe ons begin ry het en ons eerste stop van die
dag was in Kathu waar ons diesel ingegooi het en ʼn ontbyt
langs die pad genuttig het.

Myn toerusting by Kathu

Ek bel toe gou my pa dat hy weer vir Oom Wessie op


Springbok moet bel om te hoor hoe die weer daar was. Ons
wou graag tot by Springbok ry, maar as dit sou reën wou ons

Bladsy 140
141

nie graag kamp nie. Volgens Oom Wessie was die weer mooi,
maar daar was ʼn kans dat dit sou reën. Ons besluit toe om
maar tot op Springbok te ry en die kans te vat.

Ons volgende stop was in Upington waar ons by Skaapland


vleis gekoop het om te braai en ook sommer lekker biltong
en droë wors. Skaapland van Upington is baie bekend vir
hulle vleisprodukte. Ons ry verder tot in Keimoes, waar ons
op die Kakamas pad in die dorp by ʼn winkel stop wat droë
vrugte verkoop. Poen se ma het ʼn bestelling vir dadels gegee.
Dit was definitief die moeite werd om by hierdie winkel te
stop.

Die pad tussen Pofadder en Springbok

Die pad tussen Kakamas en Pofadder was maar baie eentonig


met lang reguit dele. Ons ry maar verby die Augrabies

Bladsy 141
142

waterval, want ons almal was onlangs daar. Net voor


Springbok was daar mooi kolle blomme reg langs die pad.
Daar het ʼn yskoue noordweste wind gewaai, wat definitief
reën sou bring.

Nadat ons die voertuie weer vol diesel gemaak het, ry ons tot
by die Springbok karavaanpark om te kyk of daar nie ʼn
goedkoop huisie was wat ons kon huur vir die aand nie, maar
alles was vol bespreek. Gelukkig het die eienaars ook die
Boesmanland Gastehuis besit, wat vir ons elk darem ʼn kamer
kon kry. Die plek was baie netjies en het ook veilige
parkeerplek vir ons voertuie gehad. Ons besluit om maar in ʼn
restaurant te gaan eet, dit sou te koud wees om vleis te
braai. Toe ons uit die restaurant kom, het dit heerlik gereën
en ons was maar net te bly dat ons nie gekamp het nie.

Bladsy 142
143

Dag 37, Vrydag 27 Julie, Springbok tot Stellenbosch

Vanoggend was die laaste dag van ons toer. Dit het nog altyd
gereën en sou vanoggend se rit bemoeilik. Ons eerste stop
was in Klawer waar ons koffie gedrink het. Dit het nog
heelpad gereën en die garage by Klawer was besig om met ʼn
pomp die water weg te pomp wat al diep in die parkeerplek
gelê het. Terwyl ons nog wag vir ons kos, ry Poen hulle
solank verder om langs die pad te stop vir nartjies. Hulle sou
vir ons langs die pad wag. Ons was almal haastig en kon nie
meer wag om by die huis te kom nie en het net gehoop dat
alles darem nog reg was by die huis.

Ons ry sonder om weer langs die pad te stop terug huis toe.
Ons sê sommer vir mekaar op die twee-rigting radio’s
totsiens, want om dit van aangesig tot aangesig te doen sou
net ʼn tranedal veroorsaak het. Ons het meer as 15000 km
gery sonder enige groot teenspoed en ons was net baie
dankbaar dat ons veilig naby die huis was. Hierdie was ʼn toer
wat permanent in ons gedagtes sal bly. Terug by die huis was
almal baie bly om ons weer veilig terug te sien.

Bladsy 143

You might also like