You are on page 1of 10

Adios, Damaskus?

deur Pieter Uys, 23 Maart 2012, opgedateer 27 Augustus 2013.

Die afgelope twee jaar is Siri in die nuus. Soos elders, het die sogenaamde Arabiese Lente die land ook bereik maar die opstand is wreed onderdruk deur die regime van Bashar Assad en het in n burgeroorlog ontwikkel. Daar word geskat dat tot op datum meer as 100 000 mense reeds omgekom het. Ten einde Assad se brutaliteit te begryp, is dit nodig om die land se geskiedenis en die heterogene bevolking te verstaan.


Al-jumhuryah Al-arabia as-suriah

LET WEL: Syfers wat hier vermeld word, is blote skattings aangesien statistieke van die Siriese regering nog altyd onder verdenking was.

TAAL
Arabies is die moedertaal van ongeveer 90% van alle Sirirs behalwe in die noordooste - Hasakah Provinsie - waar die Kurmanji dialek van Koerdies gepraat word. Koerdies is die taal van miljoene mense in Oos-Turkye, NoordIrak en Noordwes-Iran. Die Turkiese taal Trkmen het tussen 750 000 en 1 500 000 sprekers, hoofsaaklik in Aleppo, Damaskus en Latakia terwyl Armeens die moedertaal van ongeveer 200 000 mense is. Die volgende Arabiese dialekte word in Siri gepraat: 1. Levantynse Arabies in die ooste, wat ook in Libanon, Israel, Westelike Jordani en die Gazastrook gepraat word. 2. Noord-Mesopotamiese dialekte in die verre noorde en noordooste is nader verwant aan Irakse Arabies. 3. Irakse Arabies in die oostelike en sentrale dele. 4. Najdi of Bedawi in die suidoostelike woestyn is die dialek van die sentrale dele van die Arabiese Skiereiland.

GODSDIENS
Daar word geraam dat ongeveer 74% Sirirs Sunni Moslems is, 11% Alawi (Nusairi), Christene rondom 10%, Druze 3% en die res Shia Moslems.

http://geocurrents.info/geopolitics/syrias-ethno-religious-complexity-and-potential-turmoil

ALAWI
Die Alawi is die land se grootste minderheid en vorm die meerderheid in die noordwestelike kusprovinsie waarvan Latakia die hoofstad is. Die regerende elites in Damaskus is hoofsaaklik Alawi. Di godsdiens dateer is in die 9de eeu deur Ibn Nusayr gestig. Alawi doktrines behels n mengsel van antieke Fenisiese paganisme, Persiese Mazdasme, Gnostisisme, Manichesme, Islam en die Christendom.

CHRISTEN
Christene woon hoofsaaklik in Damaskus en Aleppo, noordoos Siri en die kusstad Latakia. Die verskeidenheid is wyd: Assiriese Kerk, Nestories, Grieks Ortodoks, Siries Ortodoks, Armeens, Katoliek (Grieks-Katoliek, Latynse Rite, Armeens, Siries, Chaldees en Maroniet).

DRUZE
Druze is hoofsaaklik in die bergagtige suidwestelike Jabal ad-Druze gekonsentreer in Suwayda Provinsie. Di godsdiens dateer uit die 10de eeu en is ietwat geheimsinnig. Net die ingewydes ken die kerndoktrines en geen bekeerlinge word aanvaar nie.

SHIA MOSLEM
Shia Moslems bestaan uit twee groepe: Die Imami wat hoofsaaklik in Homs, Aleppo en Hamah Provinsie woon; Die Ismaili hoofsaaklik in die Salamiyah area van Hamah Provinsie en in Latakia Provinsie.

SUNNI MOSLEM
Ongeveer 80% van Sunni Moslems praat Arabies en woon regdeur die land. Die Koerde van die noordooste is 100% Sunni Moslem maar kultureel assosieer hulle met die Koerde van Irak en daar bestaan geen hegte verbintenis tussen hulle en Arabiessprekende Sunni Moslems nie.

Onder die Franse Mandaat van 1930 tot 1944 het die Alawi oor hul eie semioutonome regering beskik in wat vandag as Latakia Provinsie bekend staan. Die Alawi staan ook bekend as Nusairi of Ansari. Hulle beklee leiersposisies in die huidige regering van Bashar Assad, veral in die weermag, polisie en staatsdiens in die algemeen. Alawis word dikwels verkeerdelik as Shia Moslems beskou, veral deesdae in lig van die Siriese regering se alliansie met Shia Iran en met die Shia terroristegroep Hezbollah in Libanon.

Om Daniel Pipes aan te haal: Imam Musa Sadr, founder of the Shia movement Amal in Lebanon, struck a deal with Hafez Assad in 1974 and issued a fatwa, or religious ruling, somewhat implausibly declaring Alawites part of the Shia community. Yet the Alawites are not Shias. Theyre Alawites. The two communities need religious cover for their political alliance, however, and Sadrs fatwa gives it to them. The relationship between Hezbollah and Damascus Alawite regime, though, is strictly one of convenience. While Hezbollah and Amal are politically aligned with the Alawite government, the Sunnis are not, and Sunnis make up around 70 percent of Syrias population. The fundamentalists among them have long detested Assads Baath Party regime, not only because it is secular and oppressive, but because its leaders are heretics. *1 In Februarie 1982 het die vader van Bashar Assad en vorige president van Siri, Hafez Assad, n Sunni Moslem opstand in die stad Hama wreed onderdruk. Ramings van die aantal mense wat omgekom het, wissel van 10 000 tot 40 000. Uit Wikipedia: The Hama massacre occurred in February 1982, when the Syrian army, under the orders of the country's president, Hafez al-Assad, conducted a scorched earth operation against the town of Hama in order to quell a revolt by the Sunni Muslim community against the regime of al-Assad.[1] The Hama massacre, carried out by the Syrian Army under commanding General Rifaat al-Assad, President Assad's younger brother, effectively ended the campaign begun in 1976 by Sunni Islamic groups, including the Muslim Brotherhood, against Assad's regime, whose leaders were disproportionately from president Assad's own Alawite sect. Dit behoort nou duidelik te wees waarom Bashar Assad so naarstiglik aan die mag vasklou en waarom sy veiligheidsmagte die opstand so wreed onderdruk. Daar bestaan n vrees onder alle Alawis dat indien Assad se regime omvergewerp en deur n Moslem regering vervang word, die Alawis uitwissing in die gesig staar. Die val van Assad sou ook die einde van Hezbollah beteken omdat die terreurgroep lank reeds afgesonder staan in die Arabiese wreld wat dit as n handlanger van Shia Iran beskou. In Libanon self is daar sterk weerstand en vyandigheid jeens Hezbollah onder Sunni Moslems, Christene en Druze.

Vandaar ook Turkye en die Arabiese Liga se veroordeling van Assad, terwyl Iran, Hezbollah, Rusland en Sjina Assad se regime ondersteun. Siri skuld biljoene dollars aan Rusland vir wapenaankope en Latakia is die enigste hawe in die Middellandse see waar die Russiese vloot welkom is. Die situasie in Siri is uiters gevaarlik. n Desperate diktator kan dom dinge doen, veral in die lig van dreigemente deur die VSA. Daar bestaan rede om te vermoed dat Siri oor chemiese en biologiese wapens beskik. We know they have a lot of nerve agents, blister agents, persistent and nonpersistent gases, and theyve weaponized them for battlefield use, says Jeffrey White, a defense affairs fellow at the Washington Institute for Near East Policy.*2 Dis ook welbekend dat Hezbollah oor missiele beskik wat die hele Israel kan teiken vanaf di terreurgroep se basisse in Suid-Libanon. In a briefing to foreign journalists, Dan Meridor said the Lebanese Shiite militia, which fought a rocket war with Israel in 2006, has 42,000 rockets and missiles aimed at Israel. He added that some of them cover the north of the country, which includes 1 million Israelis. Some of them cover all of Israel.*3 Die nagmerrie scenario is dat Assad in sy desperate situasie kan besluit om die Arabiese state wat die rebelle van wapens voorsien, met hierdie missiele aan te val, onder meer Qatar en Saoedi-Arabi. En selfs lande wat nie by die stryd betrokke is nie, soos Jordani en Israel. Di nagmerrie kan n besliste apokaliptiese wending neem indien die plofkoppe met chemiese/biologiese wapens toegerus word. Indien so n aanval op Israel geloods word, sal die Israeli reaksie dadelik, dodelik en doeltreffend wees om sy bevolking van uitwissing te red. Eerstens sal die operasionele sentrum van so n missiel-aanval summier vernietig moet word. Dit beteken dat alle Siriese militre installasies in en om Damaskus geneutraliseer word en dat Hezbollah se missielvoorraad in Suid-Libanon en die Bekaavallei ook uitgewis word. Die implikasies van so n oorlog kan n permanente verandering in die MiddeOosterse magsbalans veroorsaak. Dis te betwyfel of Siri as n eenheidstaat sou bly voortbestaan na afloop van hierdie nagmerrie scenario.

VOETNOTAS
*1 Pipes, Daniel. The Alawi Capture of Power in Syria. Middle Eastern Studies, 1989. http://www.danielpipes.org/191/the-alawi-capture-of-power-in-syria *2 LaFranchi, Howard. Could Al Qaeda get Syria's chemical weapons? Syria is thought to have large caches of nerve and mustard gases, plus thousands of shoulder-fired missiles weapons that some worry could fall into the hands of Al Qaeda.
http://www.csmonitor.com/USA/Foreign-Policy/2012/0217/Could-Al-Qaeda-get-Syria-schemical-weapons

*3 Rees, Matt Beynon. Israel on edge: Hezbollah's missile threat. A senior official admits the Lebanese Shiite militia can now strike "all of Israel."
http://www.globalpost.com/dispatch/israel-defense-hizballah-missiles

BIBLIOGRAFIE
Lewis, Martin W. Syrias Ethno-Religious Complexity and Potential Turmoil http://geocurrents.info/geopolitics/syrias-ethno-religious-complexity-andpotential-turmoil#ixzz1pxIqWIzF Rubin, Barry. The Truth About Syria. Palgrave MacMillan, 2007. Totten, Michael J. The Tower of the Sun. http://www.worldaffairsjournal.org/blog/michael-j-totten/tower-sun

WIKIPEDIA
http://en.wikipedia.org/wiki/Hama_massacre http://en.wikipedia.org/wiki/Religion_in_Syria

KAARTE
http://en.wikipedia.org/wiki/Syria http://geocurrents.info/geopolitics/syrias-ethno-religious-complexity-and-potentialturmoil#ixzz1pxIqWIzF http://geocurrents.info/geopolitics/syrias-ethno-religious-complexity-and-potential-turmoil

http://www.worldaffairsjournal.org/blog/michael-j-totten/tower-sun http://www.yourchildlearns.com/online-atlas/syria-map.htm

10

You might also like