You are on page 1of 1

Aanbidding: n Lewenstyl

1 Kor 10:31 Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.

In die Klas
Ons luister na die storie van die arme weduwee wat haar laaste pennie gegee het (Luk 21:1-4) Ons gesels al het ons min om te gee, maar jy gee jou alles, is dit jou beste Ons kyk ook hier na Oscar Pretorius: Al het hy laaste gekom op die gewone Olimpiese spele, het hy tog nogsteeds God geer! Musiek en sang is o.a. n hulpmiddel om ons te help fokus op God en Hom te eer en aanbid Ons gesels daaroor wat dit beteken om God te aanbid deur alles in jou lewe Voorbeelde hiervan: As die leeu brul, dan eer hy eintlik God en s hy Halleluja God!!! As die juffrou haar klas goed leer, dan eer sy God Ons praat oor hartsgesindhede in ons alledaagse lewe: Hoe lyk ons gesindheid as ons tandeborsel of kamer opruim? Hoe lyk die skoolwerk wat God eer? x Hoe lyk die skoolwerk wat nie God eer nie? Hoe lyk ons verhoudings met ons maatjies, is dit tot eer van God? Hoe lyk ons gesindheid as ons dit vir God doen? Hoe lyk dit as ons dit vir ons self doen? Doen ek my bes? Of julle eet en of julle drink of wat julle ook al doen, doen alles tot eer van God.... (of ons eet, bad) Onthou: n Offer (lofoffer) kos jou iets, dis die beste, dit gaan moeilik wees. Die kinders gaan uit vir lofprysing saam met die volwassenes. Ons loof die Here met vlae en ons hele liggaam!

By die Huis
Kyk wat is daar in jou huis waarmee jy die Here kan loof Julle kan selfs musiekinstrumente soos n ratel / shaker maak Paar idees: Maak gaatjies in koeldrankdoppie en ryg dit in n stukkie rondgebuigde draad in. Gooi dro rys in n le koeldrankbotteltjie Speel ouderdomstoepaslike aanbiddingsmusiek in jou huis. H n gesperk na die tyd wat die effek daarvan was op jou liggaam, siel (emosies) en gees Lees n lofpsalm (Ps 100:1) Shout for joy. H buite n skree sessie tot eer van die Here saam met die kinders Gee vir jou kind n spesiale potlood, dalk met n sticker op, wat hom/haar oral sal herhinner, ook by die skool, om God te eer in wat hy/sy doen

Ouers onthou asseblief dat jou kind sy Bybel saam bring kinderkerk toe, sodat hulle die bybelverse kan saam lees. Sodoende leer hulle dat die dinge waaroor ons praat, regtig in God se Woord staan.

You might also like