You are on page 1of 25

Monsters & Madonnas

Die ou gode het tot n val gekom en is deur nuwes vervang maar die basiese beginsels van die lewe het nie verander nie. Die lewe is meer gekompliseerd maar die dood is vandag nog net so onverstaanbaar as wat dit vir ons voorouers was. Die lewe het egter wel verander in die sin dat die geheime van die natuur geformuleer is, voorspel word en tot n redelike mate, beheer kan word. Ons is nie meer slawe van die natuur nie. Heelwat van die verskrikking is uit die nag gehaal. Maar nie heeltemal nie.

n Domein van duisternis het deur die eeue heen ongerep gebly.

Dis n terrein van engele en tjankende demone wat van die vroegste tye af om die siel van die mens meeding. Op daardie terrein skiet die bonatuurlike steeds wortel soos hardnekkige onkruid wat weerstand bied teen die skoffel van tyd. Di land van die bonatuurlike word in hierdie boek verken, en meer spesifiek, sy inwoners wat as monsters bekend staan. Ons sal hulle spoor volg die vampiere en weerwolwe, die demone en hekse om by hulle skuilplek uit te kom.

Die monsters skuil in n goed gekamoefleerde kuil van primitiewe gedagtes, bygelowe en mites, n kuil wat deesdae as vlak en betekenisloos beskou word. n Plek wat aan die kindertyd toegeskryf word en deur die lens van humor betrag word. Die reis gaan ons op verskeie bekende en minder bekende we neem. Ons sal met verbystering uitvind wanneer en waar hierdie paaie kruis, saamvloei en uiteenvurk. En oor wat ons op die reis ontdek. Wanneer ons oplaas ons bestemming bereik, sal ons eindelik sien uit watter skrikwekkende dieptes die water van die kuil opstyg en watter donkerrooi strome van bloed daaruit vloei.

Di boek bevat skokkende onthullings wat sommige lesers sal ontstel. Tog is dit beter om alle dinge deeglik te ondersoek in die nastrewing van die waarheid, selfs al lei dit tot pynlike insigte. In sielkundige terme: Instink wat nie tot uiting kom nie word toksies waar dit onder die oppervlak gis, onbekend en verskans teen die lig van die rede. Waar dit simboliese stelsels aangaan, lei beide onbuigsaamheid en disrupsie tot vernietigende skade. Die instandhouding en oorlewing van n beskaafde samelewing vereis respek vir tradisie sowel as die konstante revaluering en hersiening van simboliese kodes.

Die doel van di resensie is allermins om verwarring of ontnugtering of verbittering te veroorsaak, hoewel voorgenoemde wel by sommige individue die resultaat mag wees. By diegene waar blinde geloof die rede oorheers, sal hierdie onthullings in elk geval met woede verwerp word; n minder skadelike reaksie in my opinie. Dis die moontlike negatiewe uitwerking op redelike, verdraagsame, liefdevolle en gebalanseerde Christene wat my bekommer. Spirituele trauma kan ernstige gevolge h. My boodskap aan rasionele gelowiges is die volgende: lees die boek, toets die bevindinge aan die bronne in die bibliografie en teen die lesse van jou persoonlike ervaring en dink daaroor na op n nugtere manier. Moenie toelaat dat emosie die oorhand kry nie. Neem ook asseblief die feite van die geskiedenis in ag. Teen hierdie tyd is dit tog alombekend dat godsdiens n voordelige sowel as n toksiese uitwerking kan h. Voorbeelde daarvan vind n mens daagliks in die nuus en die geskiedenis lewer voldoende bewys. Die Christendom het beide goeie en slegte vrugte opgelewer. Vergelyk konflikte soos die Dertigjare Oorlog tussen Katolieke en Protestante teenoor die feit dat die koms van die Christendom n einde gemaak het aan die algemene praktyk van kindermoord (infanticide) en ander booshede wat algemeen in die klassieke Grieks-Romeinse beskawing plaasgevind het. Die konsep van die mens as Beeld van God het daardie barbaarshede beindig. Judith Taylor Gold stel ondersoek in na die monster-fenomeen soos dit in bygeloof, mite en literatuur na vore kom. Sy bekyk die vorme van die monster en sy eienskappe soos dit in volksverhale, film, literatuur en die verskynsel van die Vreemde Vliende Voorwerp aangetref word.

Sekere algemene kenmerke soos teriantropie (halfmens-halfdier), uiterstes in grootte, van magtige reuse tot slinkse dwerge, die vermo tot transformasie (vormverandering) is eie aan die monster. n Besondere tipe onsigbaarheid ook fisiese onsigbaarheid wat aan waarneembare teenwoordigheid gekoppel word. Onsigbaarheid verleen aan die monster die vermo om mense dop te hou en skade aan te doen. Onsigbaarheid impliseer n spesifieke tipe van dood of eerder nie-lewe teenwoordigheid sonder fisiese manifestering. Voorbeelde van monsters is die helhond Cerberus, die draak, sfinks, feniks, griffin, gargoyle, Lilith, Cyclops, eenhoring, elwe, fe, vampiere, yeti, zombie en weerwolf. Spoke, dwaalgeeste en demone maak deel uit van die monsterspesies. Dan dekonstrueer sy die spookstorie, monsterverhaal en bonatuurlike riller wat betref milieu, die dromerige, onwerklike aard van tyd waarin die verhaal afspeel, die drietal hoofkarakters, ondergeskikte karakters en die ontplooiing van die narratief. Haar navorsing en analise omvat n magdom verwysings na, sowel as aanhalings uit, onder meer die werk van Ray Bradbury, Walter de la Mare, Arthur Conan Doyle, Algernon Blackwood, James George Frazer, Die Epos van Gilgamesh, H P Lovecraft, Edgar Allan Poe, Mary Shelley, Bram Stoker, Mark Twain, Robert Louis Stevenson en H G Wells. Onder di werke val Dracula, Frankenstein, The Wendigo, The Creatures, The Shuttered Room, The Devil in the Belfry, The Willows, The Black Seal, The Whisperer in Darkness, The Strange Case of Dr Jekyll and Mr Hyde, Carmilla & The Fall of the House of Usher.

Hoofstuk 5 word aan die godinfiguur toegewy. Di word deurgaans aan vrugbaarheid verbind, verteenwoordig n sintese van maagdelikheid en moederskap en word altyd deur n jong, manlike god vergesel. Voorbeelde sluit in Inanna & Dumuzid, Ishtar & Tammuz, Anat & Baal en Isis & Osiris. Aanhalings uit die Bybel, Egiptiese hirogliewe, Herodotus en verskeie Pouse verleen kleur aan die narratief.

Die volgende drie hoofstukke analiseer die Christus-verhaal in terme van milieu, geskiedenis, Romeinse oorheersing, die verskeidenheid strominge in die Joodse geloof van die tyd, sowel as die Griekse religio-filosofiese invloed. n Hoofstuk elk word aan die Messias-konsep en intertestamentiese geskrifte toegewy, laasgenoemde bestaande uit die Apokriewe, Pseudo-epigrapha en die Dooie See Perkamente. Hierna volg n vergelyking tussen die milieu, karakterisering & ontplooiing van die gebeure in die monsterverhaal en die Evangelies.

Die aard van die natuur in beide word as misterieus en skrikwekkend uitgebeeld, swanger met voorbodes van geweld en dood, waarin onnatuurlike fisiese en metafisiese gebeure afspeel. Binne di milieu hou die rede geen gewig nie en word die wette van die natuur opgeskort. n Onderliggende gevoel van onafwendbare tragedie en vooruitbestemming transformeer konvensionele tyd in onnatuurlike tyd, n statiese oertyd wat nie aan verandering onderhewig is nie.

Totale determinisme/fatalisme en sikliese herhaling kenmerk di vorm van tyd. Toekomsgebeure is onafwendbaar en verloop soos voorspel. Die toekoms is bloot die vervulling van die verlede; die teenwoordige is bloot die sikliese herhaling van die verlede. Een van die narratiewe tegnieke om tyd op hierdie manier voor te stel, is die aanwending van ooggetuie verslae in die eerste persoon, asof die gebeure in konvensionele tyd afspeel, so asof die karakters die verloop van gebeure kan verander. Sodoende word spanning geskep deur die jukstaposisie met die wete dat die gebeure onafwendbaar en die karakters magteloos is. Binne die derdepersoon verledetydsnarratief van die evangelies verskyn lang gedeeltes in die eerstepersoon teenwoordige tyd, waaronder dialoog, gelykenisse, wonderwerke, genesings, die laaste avondmaal, arrestasie en verhoor, kruisiging en opstanding.

Die

oeroue

misterieuse

fisiese

omgewing,

die

konsep

van

vooruitbestemming en die tegniek van ooggetuieverslae vorm n sielkundige raamwerk waarin konvensionele die tydsbegrip deur tydloosheid of sielkundige tyd verplaas word. Tydloosheid is n gemoedstemming meditasie, waarin metafisika en en die bonatuurlike ervarings; dis die die werklikheid verplaas. Sielkundige tyd is kenmerkend aan drome, hallusinasie, euforie mistieke tydsbegrip van die onderbewuste teenoor konvensionele tyd wat die raamwerk van normale bewussyn is. Die aard van die verhoudings, die interaksie van die karakters en die vermommings-meganismes in die evangelies word noukeurig ontleed, weer eens met verwysing na en deur aanhalings uit klassieke werke soos Dr Jekyll and Mr Hyde, Dracula en The Fall of the House of Usher. Die drie hoofkarakers in die tradisionele monsterververhaal is die ouer man (die monsterfiguur), die jonger protagonis (die gedoemde held) en die jong vrou wat onskuld versinnebeeld. Die karakter van die ouer man bestaan uit n goedgunstige destruktiewe skadukant. Die ligkant (veral aanvanklik) en n is jonk, deel van n protagonis

voortreflike familie, het n sterk verbintenis of pligsgevoel om n morele missie te vervul en soos die narratief ontvou, verkry en betoon hy al hoe meer metafisiese kragte.

Die vrou is vroom, eerbiedig, jonk en bly tydloos jonk, spruit uit n betekenisvolle of ongewone stamboom en staan op troue of verlowing. Moederlike eienskappe soos empatie en vergewensgesindheid is sentraal aan haar persoonliheid. Daar bestaan intense sielkundige bande tussen haar en beide die ouer en jonger man. Onder die belangrikste ander karakters is die ouer man se dienaar, die jonger man se vriend en die vrou se vriendin.

10

Ander

karakters

sluit

in

religieuse

owerheidsfigure,

lede

van

koningshuise, kinders en vreemdelinge (mense uit ander kulture) as simbole van konformisme teenoor nonkonformisme, goedgekeurde metafisika (godsdiens) teenoor verbode metafisika, onskuld teenoor korrupsie en die status quo teenoor verandering. Die monsterverhaal en die evangelies stem ook nou ooreen in aksies wat aan temas gekoppel word en die verloop van die interaksie en verhoudinge tussen die drie hoofkarakters. Wat is die element in die metafisiese riller wat dit so gewild maak? Sonder twyfel die erotiese, maak nie saak hoe subtiel dit verhul word nie. Angs en erotiek word een in die metafisiese konflik waar die ouer wese die jong man en die vrou aanval. Die detail van di voorvalle dien as maskers van verplaasde, gekamoefleerde of gempliseerde seksualiteit. Die narratief se sadomasochistiese geheel die

11

masochisme van die protagonis en van die vrou tesame met die monster/ouer man se sadisme, raak n snaar in die psige.

Seks, wat normaalweg met plesier en lewe verband hou, gaan in die monsterverhaal met pyn en dood gepaard. Benewens moord/dood simboliseer hierdie aanvalle ook bloedskandelike verhoudings tussen die drie hoofkarakters. Die metafisiese interaksies tussen God, Jesus en Maria word deur pyn, sadomasochisme en die dood gekenmerk.

12

Vervolgens behandel die hoofstuk oor bloedskande die mens se biologiese en sielkundige ontwikkeling; nes ons steeds oorblyfselorgane soos die mangels en blindederm het, mag daar ook latente oorblyfsels van gedragspatrone in ons onderbewuste skuil. Die streng taboe teen bloedskande is universeel maar die gode en koninklike gesinne was nooit daaraan onderhewig nie. Die komplekse vermommings-meganismes wat aangewend word om bloedskandelike verhoudings en voorvalle in die evangelietekste te bedek, word gedentifiseer. .

Die storie van die troue by Kana wat net in die Evangelie van Johannes voorkom (Johannes 2 verse 1 tot 11), hou die sleutel tot baie geheimenisse; Gold bespreek die episode dus in die fynste besonderhede. Die resultaat is verbysterend en onmoontlik om te ontken: onder n vernislaag van Judasme word daar n Dionisiese vrugbaarheidsrite voltrek. Eers n woord of twee oor die Evangelie van Johannes. Sekere prominente geleerdes beweer dat die boek so openlik vyandig teenoor die Judasme is dat dit beslis nie deur n Jood geskryf is nie.*1 Raymond E Brown*2 voorsien n opsomming van n prominente teorie oor die evolering van hierdie evangelieteks. Hy identifiseer drie teksvlakke daarin: 1. n Oorspronklike weergawe gebaseer op persoonlike kennis van n figuur soortgelyk aan Jesus; 2. n Gestruktureerde literre skepping deur n redakteur wat op ander bronne staatmaak;

13

3. n Poging tot harmonisering daarvan met die finale kanon van die Nuwe Testament.

Die leerstellinge en persoon van Jesus in die Evangelie van Johannes verskil so drasties van di in die drie Sinoptiese Evangelies, dat prominente teolo al sedert die 1800s tot die slotsom gekom het dat net een van die twee tradisies betroubaar is; albei kan onmoontlik nie waar wees nie.*3

14

Terug na Kana toe. Vreemde eienskappe van die narratiewe styl sluit die volgende in: die sombere terme waarin n bruilofsfees beskryf word; die onverklaarbare gebrek aan besonderhede byvoorbeeld wie se troue dit was; die eienaardige dialoog tussen Jesus en Maria. Die literre styl wek trouens die indruk van n droom. Vers 1: Die derde dag van wat? Dionisiese feeste het drie dae geduur, en die huwelik is op die 3de dag voltrek. Vers 6: En daar het volgens die reinigingsgebruike van die Jode ses klipkanne gestaan Hierdie is n masker-meganisme. Daar was geen so n Joodse gebruik nie! Ses klipkanne vol wyn was wel n eienskap van Dionisiese rites. Verse 8 tot 10: Daar was geen Hoofdienaar by Joodse troues nie maar wel by heidense huwelikseremonies. In die voorvermelde Dionisiese seremonie het die moedergodin met haar seun die songod in n bloedskandelike huwelik getree. Gold voorsien nog bladsye en bladsye stawende bewyse van die oeroue troue tussen die vrugbaarheidsgodin en haar seun die songod uit die Evangelie van Johannes. Onder n Joodse fasade word daar dus in werklikheid n heidense ritueel beskryf.

15

16

Die

volgende

hoofstuk

ondersoek

ooreenkomste

tussen

die

bonatuurlike riller en pornografie. Om etlike ooreenkomste in struktuur en inhoud te vermeld: die eerstepersoon narratief, voyeurisme, rol van dagboeke, briewe, ooggetuieverslae en narratiewe binne narratiewe speel n belangrike rol. Beide maak van n spesiale woordeskat gebruik: erotiese en magiese terme. Inhoudelike ooreenkomste omvat onnatuurlike handelinge en voorkeure, superseksuele en bonatuurlike magte en die ontheiliging van religieuse simbole wat die moreel transgressiewe aard van die aksies beklemtoon. Die voorkoms van oer-seksualiteit in n tipe droomtyd is kenmerkend van beide pornografie en die bonatuurlike riller. Die finale hoofstuk oor antisemitisme bring al die bevindinge byeen. Di builepes van die siel wat reeds in die pre-Christen tydvak bestaan het, het n moorddadige wending geneem nadat die Konstantynse kerk in die jaar 394 regdeur die Romeinse Ryk as staatsgodsdiens verklaar is. Die kenmerkende manifestering van Anti-Semitisme deur die eeue die uitbeelding van die Jood as monster word aangetoon deur aanhalings uit die Johannes evangelie, die uitsprake van die kinderagtige kerkvaders, n verskeidenheid pouse, Martin Luther, Shakespeare, die Russiese vervalsing The Protocols of the Elders of Zion, Europese passiespele sowel as 20ste eeuse propaganda.

17

18

Waarop stuur dit af? In die dialektiek van die onderbewussyn van Christene word Jesus as mens n as god herken. Die troue by Kana plant op n subtiele wyse die bloedskande-beeld in die onderbewuste. Onthou egter: gode en koninklikes is nie aan die taboe onderhewig nie. As god is Jesus dus kwytgeskeld van die skuld van bloedskande. Maar as mens is hy onderhewig aan veroordeling daarvoor. As god is Jesus die saligmaker, die seun van God gebore uit die maagd Maria wat gesterf het en op die derde dag opgestaan het. As mens is Jesus n Jood. Die volgelinge van Jesus die Christene wat in hom glo, wat deel het aan hom as god word dus kwytgeskeld van bloedskande. Maar sy lewende bloedverwante, die familie van Jesus die mens wat nie deel het aan hom as god nie is aan bloedskande skuldig op grond van hul verwantskap met Jesus die Joodse man. Judith Taylor Gold het die monster se kamoeflering in die Johannesevangelie afgeruk en die sielkundige kompleks agtervolg tot in sy kuil binne die dialektiek van die kollektiewe onderbewuste. Vele teolo weet meer as wat hulle wil voorgee maar sal dit nooit met gewone Christene deel nie. Die opregte Christen behoort met skok en afgryse op hierdie onthulling te reageer. Die waardevolle insig van die metafisikus Ernest Holmes moet ook ter harte geneem word. Hy het n ernstige waarskuwing gerig teen die ondermyning van n persoon se geloof as daardie geloof vertroosting bring en die individu help om dit wat goed, reg en edel is, na te streef:

19

"Every person's religion is an answer to the cry of the soul for something which is real, something which may be relied upon a resting place for which everyone instinctively feels a need."*4

Ander werke van belang is Christian Antisemitism: A History of Hate deur William Nicholls, Christian Attitudes Towards the State of Israel deur Paul Charles Merkley, Demonizing Israel and the Jews deur Manfred Gerstenfeld en Why the Jews?: The Reason for Antisemitism deur Dennis Prager en Joseph Telushkin. Madonnas & Monsters bevat 19 bladsye notas plus n uitgebreide bibliografie en sluit af met n indeks.

20

VOETNOTAS
*1 Vermes, Geza. The Authentic Gospel of Jesus. London, Penguin Books. 2004. A note on sources, p. x-xvii. *2 Brown, Raymond E. An Introduction to the New Testament. New York: Anchor Bible. 1997. *3 Sanders, E. P. The historical figure of Jesus. Penguin, 1993. Chapter 6, Problems with primary sources. p 57-77. *4 Holmes, Ernest. Can We Talk to God? Deerfield Beach, Health Communications, 1992.

21

http://www.monstersandmadonnas.com/

Judith Taylor Gold; Joseph Gold, RedakteurNew York, Syracuse University Press, 1999Hersiene uitgawe. ISBN 0-8156-0583-8

INHOUDSOPGAWE
1. Monsters and Their Attributes Mythical monsters and those of the new technology, their origins and attributes. 2. Construction of the Horror Story: Setting From hostile nature to haunted houses, the settings of tales of horror create an unconventional state of time. 3. Construction of the Horror Story: Characterization The triad configuration of characters and their relationships. Variations in characterization and auxiliary characters. 4. Construction of the Horror Story: Plot Encounters: earthly meets unearthly. 5. Madonnas Mother goddesses to the Virgin Mary. 6. Background of the Christ Story: Historical Diaspora and conquest shape the history of the Holy Land. 7. Background of the Christ Story: Political The religiopolitical parties of Palestine: Pharisees, Sadducees, Essenes and Zealots. 8. Background of the Christ Story: Philosophical The Divine Mission unfolds against a turbulent confluence of syncretistic ideas and beliefs. 9. The Intertestamental Writings The bridge between the Old and New Covenants. 10. The Messiah Superhero to supernatural being. 11. The Christ Story: Setting, Characterizations and Plot Apocalyptic and natural settings, the Holy Triad, Divine encounters.

22

12. A Comparison of the Horror Story and the Christ Story Shared similarities of the apparently dissimilar. 13. Horror in the Horror Story When common relationships turn uncommon. 14. Horror in the Christ Story The nature of the uncommon encounter. 15. Incest The prerogative of the gods. 16. Pornography Contemporary expression for a psychological antiquity. 17. Anti-Semitism The paradox of Jesus: Jewish man and Christian God. Epilogue

A brilliant and provocative explanation of what was previously inexp licablethe pervasiveness and intractability of anti-Semitism. . . .It is a must read for all Christians, for all Jews, and for people of good will who would try to root out the sin and the crime of anti-Semitism. Alan M. Dershowitz What makes this book so remarkable is not just its combination of genuine scholarship and literary talent, but its highly original approach to a problem of blazing concern. Norman Cousins Monsters and Madonnas . . .is controversial, psychological, originaland terrifying. Joseph Wershba , former senior producer, CBS 60 Minutes Human beings are still trying to reclaim the night from the terrors and demons. This book is a unique contribution to scholarship, and to our literature. Karen DeCrow , former national president, National Organization for Women Every effort to probe the unconscious roots of anti -Semitism must be given full consideration. Monsters And Madonnas is deserving of serious thought. Rev. Edward H. Flannery , former director, Office of Catholic-Jewish Relations

23

VERWANTE LEESSTOF
Artikels deur Pieter Uys
Oriana-Fallaci-oor-Europese-Antisemitisme Die-Oer-leuen-wat-net-aanhou-baar DIE-VERDERFLIKE-PES Who-are-the-contemporary-antisemites

Artikels deur ander outeurs


http://antisemitism.org.il/article/80250/untold-truth-150-million-europeans-hate-israel www.newenglishreview.org/print.cfm?pg=custpage&frm=7937&sec_id=142183www.jns.org/lat est-articles/2013/8/26/sounding-the-alarm-on-modern-anti-semitism-and-anti-israelism www.jewishtribune.ca/arts-and-culture/2013/09/17/book-shows-pathological-prejudiceagainst-jews-never-disappeared-after-wwii www.jpost.com/Opinion/Columnists/Candidly-Speaking-A-global-tsunami-of-anti-Semitism314563 www.nysun.com/arts/the-worlds-oldestsickness/88388/ mediateamisrael.wordpress.com/2013/02/24/victor-gordon-an-open-letter-to-marthiemomberg/

Illustrasies en Fotos
http://www.geocities.ws/lumini_previsoes/PREVISOES_E_PROFECIAS_ARTIGOS/Hercolubus/Arq uivos/Adam.jpghttp://1.bp.blogspot.com/moC7bmvF5CI/UYKfEz4DzhI/AAAAAAAAF6o/EtTK4M3z_UM/s1600/mae2.jpghttp:// www.transfuzion.biz/images/CthulhucoverWeb.jpg https://artdoxa-images.s3.amazonaws.com/uploads/artwork/image/44153/normal_Draculacover.jpg http://d2oz5j6ef5tbf6.cloudfront.net/movie/large/Nosferatu_%281979%29.jpg http://2.bp.blogspot.com/UzMejyvzhQA/TmyCsmbNaRI/AAAAAAAABfE/uJbT8M1eyg4/s1600/fr ankenstein.jpg http://1.bp.blogspot.com/My_E6LjOras/UZQt5A8yDyI/AAAAAAAAAwc/2k_jMmND7rs/s400/wer ewolf.jpg http://jeffdiehl.com/_borders/Black_Virgin.jpg http://sophia-dione.livejournal.com/?tag=olympic%20spirits

Illustrasies op bladsye 8 en 11 uit die YouTube video Love of Life deur Swans; op Google Images verkry. Skedel-illustrasie moontlik deur Deryk Thomas.

24

25

You might also like