You are on page 1of 3

Sonde met die skoonfamilie SARIE OCTOBER 2008

Vraag 1:
Dit is asof daar tradsioneel probleme tuseen n skoonma en n skoondogter is. Dit is
asof daar direk of indirek n kompetisie is van wie is die blenagrikste persoon in die
man se lewe . Die skoonma voel sy is nogsteeds die belangrikste vrou in haar seun se
lewe en sy wil vir haar seun net die beste h, daarom probeer sy van haar kant af om
dinge te doen om die seun gelukkig te hou sonder om bewus te wees daarvan dat sy
die privaatheid en die grense van haar skoondogter binneval. Die skoondogter van
die ander kant af voel onbewustelik die bedreiging van die skoonma en sy voel sy
word geweeg en dikwels te lig gevind, en die skoondogter kan dan dikwels met n
selgeldende aggressiwiteit begin optree.

Die stomme man is in die middel tussen die duiwel en die diep blou see sy vrou en sy
ma. Hy weet nie wat om te doen nie en in die meeste gevalle ontrek hy tot Ek doen
niks nie. Dit los nie die probleem op nie, en uiteindelik kan dit ontplof. Die antwoord
hierop is dat die mense volwasse genoeg moet wees om na n berader toe te gaan
wat as middleman kan optree om openlik te praat. Dit is egter baie moeilik vir
gemiddelde mense om dit te doen.

Vraag 2:
Wanneer kleinkinders naby grootouers woon, kan dit of positief of negatief wees en
die ander beinvloed. Dit kan in sommige gevalle wees dat die kinders wat verder bly
meer aandag kry wanneer hulle dan kom, want die ouma en die oupa voel hulle sien
die ander kinders wat naby bly meer gereeld en hulle weet meer van die ander se
stoutigheid, waar die ander kinders wat verder bly amper in n ballon van
volmaaktheid is.

Die teenoorgestelde kan egter ook wees dat die kinders wat ver bly, baie min bande
met die oupa en ouma het en daarom gee die oupa en die ouma meer aandag aan
die kinders. Ek sou voorstel dat die vroue en haar man met die ouers praat en s,
(Grbruik die ek boodskap): Ons ervaar dat julle meer aandag aan die ander kinders
gee en ons kleinkinders voel eintlik hulle is nie baie belangrik in julle lewe nie. Hoe kan
ons dit regstel?. Probeer om n vraag te vra en samewerking te kry, eerder as om
aanvalle te loods om aanvalle te loods gaan niks bereik nie.

Vraag 3:
Dit is een van die moeilikste situasies onder die son wanneer skoonouers by mense bly.
Dit is eintlik makliker as die ouers wat moet versorg word by die dogter bly as by die
skoondogter. Uiteraard weet hulle alles wat in die huis aangaan veral as hulle in die
huis bly. Wanneer dit in n sogenaamde granny cottage op die grond is, is dit veel
makliker. Dit is moeilik om baie mense in een huis te h veral uit verskillende geslagte
nie. Daar is nou drie geslagte en dis n wonderlike resep vir probleme. Duidelike
grense moet gestel word en die skoonouers moet definitief weet dat hulle die paartjie,
die man en die vrou, moet tyd gee om alleen saam te wees, al is dit net om televisie
te kyk en met die kinders te wees. Aan die ander kant kan die grootouers baie doen
om die kinders op te pas sodat die paartjie kan uitgaan. Draai dit om om te kan sien
hoe n mens dit beter kan gebruik.

Vraag 4:
My man moet my skoonfamilie gereeld met geld help.

Jong mense het hulle eie geld nodig. Dit is n baie groot knelpunt van die ouers wat
versorg moet word, maar tog moet die man aandag aan sy eie familie gee. Ek
wonder of daar nie meer kinders is wat kan bydra nie. n Jong paartjie kan net soveel
vir hulle ouers gee. Intussen is daar ook die morele, emosionele en wettige verpligting
deesdae dat kinders na hulle ouers moet omsien en ook ouers na hulle kinders en
kleinkinders om die las op die staat te verlig. Dit maak die emosionele toestand en die
emosionele spanning verskriklik baie. Ek stel voor julle sit en werk n begroting uit en kyk
wat is moontlik en kyk of ander kinders ook kan help.

Vraag 5:
Ek is met n wewenaar met n sesjarige seuntjie getroud.

Ek dink die skoonsusters voel niks is goed genoeg vir hulle oorlede suster nie. Wat ek
voorstel is dat hulle meer betrokke moet raak en dan die fairy godmother moet
speel. Jy doen jou bes, hy doen wat jy kan en die kinders gaan jou geleidelik aanvaar
as die vrou in hulle pa se lewe jy is nie hulle ma nie en ook nie sy beste vriendin nie, jy
is nou die primre versorger en dit is n ander verhouding. Die storie van beste vriendin
is n mite, dit bestaan baie min.

Vraag 6:
Kompetisie bestaan in die lewe. Dit is baie moeilik, veral omdat jy sleg gemaak word
by jou skoonma met wie jy eintlik n goeie verhouding wil h. Ek sal voorstel dat jy
probeer en hulp kry van n berader om jou nie daaraan te steur nie. Im not
competing with the Joness, ek kompeteer nie met mense nie, ek is myself. Die
maklikste antwoord l om totaal op jouself gefokus te wees, en dit nie te selfsugtig te
bedoel nie, maar om jou eie goeie punte te beklemtoon en openlik met jou skoonma
te praat van jou bereikinge, jou doelwitte, jou menswees. Praat, die woordjie
kommunikasie is die goue sleutel.

Vraag 7:
Ek het al nommer 7 gedeeltelik beantwoord.

As jou skoonma n jare nogsteeds s hoe jou man van sy kos en sy klere hou, moet jy
haar daarop wys dat jy dit weet en dat jy probeer, maar n mens diens nie n 2008 kar
met n 1960 kit nie - jy gebruik nuwe tegnieke. Omdat die lewe dinamies en
voortstuwend is moet n mens voortgaan en ander dinge probeer en jou man hou
nou ook van jou manier van dinge doen.

Vraag 8:
Dit is so onregverdig dat ouers een kind voor n ander trek of een mens in n ander se
skadu laat staan, en dit dan nog gebruik teenoor iets waarop n mens so min beheer
het oor geboorte en dood. Dit is asof hulle vooropgestelde idees het van wat in die ou
tyd die liedjie gehad het Little Boxes. Die miskraam was dubbele slag vir jou en jou
man, moenie probeer om aan die verwagtinge van jou skoonouers te lewe nie - wees
jouself. En jy is kwaad vir jou skoonouers omdat jy eintlik magteloos voel omdat jy sien
jou man speel tweede viool selfs met voortplanting. Dit is baie erg, maar solank jy en
jou man bymekaar is en mekaar ondersteun.

En weereens stel ek voor kry berading.

You might also like