You are on page 1of 3

Alleen - JUNIE 2008

Vraag 1:
Watter emosie ervaar mense wat alleen bly?

Mense wat alleeen bly teenoor mense wat saambly hang baie af van die
persoonlikheid of emosionele ontwikkeling van die persoon. Baie mense wat saambly
hetsy in n verhouding of net as woonstel- of huismaat voel steeds baie alleen. Die
gevoel van samesyn is nie noodwendig van iemand wat asem het nie, maar met n
gevoel van samesyn. Meer en meer mense wat alleen woon fokus hulle aandag op
eksterne goed en vind hulle bevrediging ekstern sowel as intern met dinge soos lees
en meditasie. Mense wat alleen bly het uiteraard meer tyd om hulle stokperdjies te
beoefen. Daarenteen kan die gevaar bestaan dat sulke mense wanneer hulle
depressief raak baie depressief raak.

Vraag 2:
Hoe beinvloed dit die persoon se interaksie?

Twerlei, party mense is ernstiger om interaksie met ander mense sosiaal te h, terwyl
ander mense as gevolg van die gebrekkige interaksie totaal onttrek en in hulle self bly
en in werklikheid swak sosiale vaardighede het. Maar daarenteendeel is daar ook
baie mense wat swak sosiale vaardighede het wat saam met mense bly. Dit hang
baie meer persay van die persoon af as van die omstandighede.

Vraag 3:
Is sommige mense beter op hulle eie of saam met n maat?

Volle funksionering, self-aktualiserende persoon mag alleen bly maar nie noodwendig
alleen wees nie. Ja, sommige mense is beter as ander mense om alleen te bly, sterk
individue, mense wat baie in die geestelike, spirituele lewe ingaan. Ek ken n man wat
ges het vir die volgende drie maande wil hy nie mense sien nie omdat hy wil
mediteer. Dit is n sort van pelgrimsreis van die siel

Baie mense kan beter allenbly as ander mense. Die meeste mense het mense om
hulle nodig om gemaklik en spontaan te wees, want dit werk spanning af.

Vraag 4:
Wat is gesonde alleentyd en wat is ongesond?

Gesonde alleentyd is nodig vir alle mense, veral mense wat in hulle beroepe baie
menslike interaksie het, bv mense in inbelsentrums en klinte dienste. Dit is nodig om
ons energie te herlaai deur byvoorbeeld n lekker aromatiese bad met kerse te h of
om spa toe te gaan, jou hare te laat doen en vir mans om byvoorbeeld gim toe te
gaan. Om alleen te gaan draf of fiets te ry is ook gesonde alleentyd. Meditasie en
joga speel ook n groot en belangrike rol in baie mense se lewens, want dit help ons
om net weer gefokus te raak op dit wat werklik saak maak

Ongesonde alleentye is wanneer ons in n hoekie wil inkruip en net nooit weer wil
uitkom nie. Dit gaan gewoonlik ook hand aan hand met depressie, en mense voel nie
eers lus om mooi aan te trek of hulle hare te was nie. Winkels toe gaan is moeite want
die persoon wil nie tussen ander mense wees nie.

Vraag 5:
Wat is n goeie tydperk vir n mens om alleen te wees?

Dit hang van mens tot mens af. Party mense soos die budiste in Tibet kan vir baie lang
tye hulle self totaal afsonder vir meditasie en spirituele doeleindes, maar dit gaan nie
gepaard met negatiewe denke of n negatiewe selfbeeld wat hulle verhinder om
normale kontak met ander mense te h nie.

Ander mense kan en wil vir n hele naweek alleen wees, maar om tyd vir hulle self te
maak en dinge te doen wat vir hulle genot verskaf soos lees of tuinmaak ens.

Sodra die tye wat n mens alleen wil wees saam gaan met negatiewe denke en
emosies, is dit tyd om hulp te vra by n dokter of sielkundige.

Vraag 6:
Wenke vir mense wat alleen bly en eensaam is

Daar is baie sosiale geleenthede waar mense ander mense met dieselfde
belangstellings kan ontmoet, soos byvoorbeeld latynse danse, vrywillige werk te doen
om by sopkombuise te help ens, deel te word van groepe wat ouetehuise besoek.
Gaan op kursusse waar jy mense met dieselfde belangstellings kan ontmoet .

Vraag 7:
Is daar n ooreenkoms tussen extended solitary confinement wat in tronke as straf
gebruik word en afsondering?

Ja, afsondering kan uit vrye wil gedoen word as n mens wil alleen wees waar
extended solitary confinement op mense afgedwing word en uiteraard baie moeilik
kan wees.

Vraag 8:
Enige gevallestudie wat toon dat alleenbly negatiewe/positiewe uitwerking het?

Vraag 9:
Wat is die plus en minus punte van alleenbly?

Die plus punte is dat mense wat alleenbly gewoonlik hou van hulle eie spasie en dit so
verkies.
Die minus punte daarvan is dat mense anti-sosiaal en selfsugtig in hulle gewoontes
kan raak, en as hulle later wel in n verhouding sou beland en skielik hulle spasie met
iemand anders moet deel, dit n groot aanpassing kan wees.

Vraag 10:
Hoe hanteer verskillende persoonlikheidstipes alleentyd; oud/jonk, intro/ekstrovert en
mans en vroue?

Vraag 11:
Watter gedrag sal mense in indulge uit eensaamheid?

Vraag 12:
Is daar nog iets wat u wil byvoeg, sal dit welkom wees

Vraag 13:
Is eensaamheid een van die hoofredes vir swak keuses in vriende en huweliksmaats?
Hoe so?

You might also like