You are on page 1of 2

Geld is belangrik in enige mens se

verhouding - JUNE 2008


Geld is belangrik in enige mens se verhouding, binne of buite n verhouding - geld is
persay belangrik.

Baie mense meet hulle nutwaarde en sukses aan geld. Daar is beslis n verhouding
tussen die mens se selfbeeld en die belangrikheid van geld. n Goeie houding van
geld en met geld is om altyd vir jouself te s, maak nie saak wat gebeur nie, ek kan dit
hanteer, daar sal n plan gemaak word, ek kan weer geld genereer. Geld asulks bied
geen sekuriteit nie, die vermo om met geld te werk, het weliswaar n sekuriteit. Jou
vermo om geld te maak is n vaardigheid wat n mens moes aanleer. Baie van ons
het nie betyds daardie vaardigheid aangeleer nie. Ons voel dan onseker, veral as
mense in hulle vyftigs is.

Geld is gewoonlik n gevoelige onderwerp in meeste verhoudings, veral as die een
lewensmaat heelwat meer as die ander een verdien, want dit kan dan ontwikkel in n
magspel maar dit hoef nie. Daar is verskeie moontlikhede die tradisionele een die
man verdien baie meer geld en die vrou is n tuisteskepper om verskeie redes. Die
man voel dan veronreg dat hy so hard moet werk terwyl die vrou dit so maklik het.
Daarenteen voel die vrou sy het geen geld van haar eie nie, en die man s hoe alles
bestee moet word. Hy het n s in die koop van die gordyne en die meubels hy het
die finale s. Vrouens voel dikwels hulle bly by sulke mans terwille van die geld,
daarenteen voel die mans dat die vrouens by hulle bly terwille van die geld en nie vir
hulle self nie. Beide gevalle bring dit baie spanning en onsekerheid, en die mens voel
dan hy word nie na waarde geskat nie.

Jou assosiasie met geld is belangrik, ondersoek dit. Dit is dikwels oorblyfsels van
kinderjare wat na alle waarskynlikheid of moontlik verskillende ekonomiese toestande
as jou huidige huwelik of jou huidige situasie het. Die paartjie moet dit net openlik met
mekaar bespreek, nie net die besteding van geld nie, maar elkeen se houding ten
opsigte van geld. Geld kan nie geluk koop nie, maar wel gemak. As geld geluk kon
koop sou alle ryk mense gelukkig gewees het, en arm mense ongelukkig dis nie waar
nie. Geld hoef nie noodwendig problematies te wees nie, alhoewel dit n baie
belangrike plek in n mens se lewe kan inneem.

Genoeg beteken verskillende bedrae vir verskillende mense. Dit gaan die lang ure
wat dit gepaardgaan met bogemiddelde inkomste bring meestal probleme want
meeste probleme, want die werk word die ander een se lewensmaat. Die eerlikheid
ten opsigte van geld is gekoppel aan eie waarde. Moet ek altyd iets weghou van my
lewensmaat?. Dis baie tragies dat een party die finansile adviseur apart sien en dan
sekere gelde wegsteek sodat die ander lewensmaat nie daarin kan deel nie. Dit is nou
n lewensmaat van twintig, dertig jaar n mens wonder hoe iemand dit aan een so
na aan jou kan doen.


In n normale gewone huwelik werk dit gewoonlik dat een party A, B en C betaal en
die ander party D, E en F ooreenkomstig met hulle inkomste. Die geld wat oorbly uit
elkeen se afsonderlike salaris kan dan vir eie gewin, of eie geluk of eie weelde
toegeken word. Dit is onrealisties en onregverdig om geld wat vir die gesamentlike
huishouding gebruik moet word, juis gebruik moet word vir iemand se luukse artikels.

Party paartjies het n gesamentlike rekening waarin elkeen n sekere bedrag geld
deponeer en die gesamentlike rekeninge daaruit betaal. Die afsonderlike geld word
dan apart hanteer. Dit is wenslik dat indien die vrou nie werk nie, sy n salaris of
toelaag moet kry. Wat nie net huishoudelik is nie, maar wat haar ook n gevoel van n
eie inkomste gee.

Persoonlikheidstrekke het baie dimensies, maar waardes het baie meer. n Sekere
persoonlikheidstipe meet die waarde van n persoon aan die inkomste en materile
dinge. Dit is dan gewoonlik die selfgeldende of soms byna aggresiewe persoonlikheid.
Die afhanklike tipe mens wat tradisioneel meer die vrouens is,voel dat hulle die reg het
om versorg te word. Hulle gebruik dan ook dikwels seks as n magwapen in ruil vir geld
dit is die lelike deel, daar is ook baie mooi dele.

Ek het reeds voorheen verwys na die agtergrond en die raamwerk waaruit n mens
kom ten opsigte van geld. Dit verg baie werk om uit n vorige agtergrond en n vorige
verwysingsraamwerk in jou huidige huwelik te wees met jou huidige lewensmaat. Daar
is baie gevallestudies, maar die een gevallestudie wat ek wil aanhaal is vir my n
wonderlike positiewe gevallestudie. Marie en Eben is getroud. Eben is twintig jaar ouer
as Marie Marie het haar eie finansile besigheid en is baie suksesvol en sy voel baie
vervuld. Eben daarenteen het sy werk gehaat en het lang ure gewerk. Hulle het saam
besluit hy kan bedank en by die huis bly en die huisbestuurder word.

Toe die kinders kom het sy die minimum tyd afgeneem en geleidelik teruggegaan
kantoor toe. Eben het al die versorging gedoen en die rondry, hy was die
sakebestuurder ook wat die aanbouings en verbouings gedoen het. Omdat daar so
n goeie en openlike verstandhouding was en nogsteeds is gaan dit baie goed. Die
kinders is onderskeidelik ses en drie jaar oud. Sy geniet haar werk en haar intellektuele
uitdagings en sy het die emosionele sekuriteit van haar man en die huis.

Hy geniet dit om gold te speel en gim te doen en alles verder te hanteer, die
finansile en huishoudelike bestuurder te wees, en sommer haar persoonlike
bestuurder. Hulle is baie gelukkig en ongeag wat die verdeling van geld is, kan so n
huwelik baie goed werk.

You might also like