You are on page 1of 3

Watter motivering l agter selfskending?

- BEELD JULY 2007


Selfskending of selfbesering is n konsep wat so oud is soos die berge. In Sophokles se
Griekse tragedie maak Oidipus onbewustelik sy vader dood om met sy ma, Jocasta, te
trou en wanneer Jocasta haarself dan doodmaak, steek Oidipus haar goue borsspeld
deur sy o. Vincent van Gogh het na n rusie met n huismaat sy oor afgesny en aan n
prostituut gestuur.

Selfskending gebeur wanneer iemand doelbewus sy eie liggaam beseer of skend.
Gewoonlik laat dit n merk of weefselskade. Met hierdie besering probeer die persoon om
n sekere gemoedstoestand te verander.

Die blote gedagte dat jy jouself kan verwond, is vir die meeste mense onverklaarbaar, of
laat hulle selfs wegdeins van die idee. Opvoedkundige sielkundige, Dr Cecile Gericke s
wanneer n mens begin ondersoek instel na die reaksies van die onderbewussyn en die
psige is dit n maklik verklaarbare begrip. Selfskending het ook verskeie vlakke van
intensiteit. Dit kan wissel van steek met n naald tot omtrent die slagaar afsny met n mes
en vele ander dinge. Dit word toegepas om emosionele doodsheid te verlig. Dikwels sal
tieners wat nie weet hoe om hulle gevoelens te verwoord nie, hierdie metode gebruik om
van hulle pyn ontslae te raak.

Die redes waarom iemand haarself/homself doelbewustelik beseer is nie altyd voor die
hand liggend nie. Dit is dikwels n reaksie op n sterker vorm van trauma. Volgens Cecile
kan hierdie trauma veel wyer wees as roof of verkragting. Die mees intense vorm van
trauma wat tot selfbesering kan aanleiding gee is lang termyn lae intensiteit trauma. n
Jongmens wat subtiele verwerping beleef of onveilig voel, kan so reageer. Afsondering,
soos selfs om toegesluit te word in n kas, is ook moontlik. Nog n oorsaak kan molestering
deur n familielid wees. Dit is seker omtrent die ergste, veral waar die primre versorger (bv
die ma) bewus is daarvan dat die pa dit doen, maar as gevolg van omstandighede
verleen sy haar stille goedkeuring of kyk sy bloot weg.

Cecile s daar is ook sterk teorie wat daarop dui dat n moeilike geboorteproses waar
daar n suurstoftekort was, ook tot selfskending kan lei. Omdat die baba ervaar hy is
dood en kan nie lewe nie, ervaar n jongmens later wanneer daar probleme opduik n
gevoel van vasgekeer wees. Daar is in hulle o nie uitkoms nie, en daarom beseer hulle
hulself dan. Dit verplaas die emosionele pyn na n fisiese pyn.

Dogter sny veral hulle borste om hulle seksualiteit te ontken. Wanneer die pyn van n
emosionele na n fisiese pyn verplaas word, kry die onderbewussyn die boodskap: Ek
lewe!
Hoe lyk selfskending?
Die vorm en intensiteit van die beserings verskil en die mees algemene vorms is :
- Sny met n skerp voorwerp
- Brand
- Kopstamp
Ander metodes is:
- Kerf met n mes
- Krap
- Byt
- Kneus
- Hare uittrek
- Vel afkrap
- Slaan

Dit is nie selfbesering nie wanneer die hoofdoelwit een van die volgende is:
- seksuele bevrediging
- versiering soos n tongring of tatoeermerk
- 'n Spirituele ritueel
- om in te wees
Wie pas selfbesering toe?
Alhoewel daar min statistiek beskikbaar is omdat mense te skaam is om dit aan te meld,
kom selfskending onder ongeveer 1 % van die bevolking voor. Cecile s dit is nie net tot
tienermeisies beperk is nie. Ouer vroue kan dit ook doen en dit kom ook toenemend
onder seuns voor. Seuns se selfskendingpogings is meer gewelddadig as die van meisies.
Hulle vat hulle vuiste en slaan dit stukkend teen n muur of skop met hulle kaalvoete n klip
totdat die tone bloei.

Die volgende is gemeenskaplike faktore:
- Selfskending kom die meeste voor by jong meisies
- Baie selfskenders het n geskiedenis van fisiese, emosionele of seksuele mishandeling
- Baie selfskenders het n probleem met middelafhanklikheid, n obsessief kompulsiewe
versteuring of eetstoornisse
- Selfskenders kom dikwels uit families wat die uitdrukking van woede ontmoedig
- Hulle beskik nie oor die nodige vaardighede om hulle emosies uit te druk nie.
- Selfskenders het dikwels nie n goeie sosiale ondersteuningsnetwerk nie.

Is daar genesing?
Daar is beslis genesing. Cecile raai ouers aan om n terapeut sorgvuldig te kies. n
Sielkundige wat die tiener vertel die liggaam is n tempel van God en daarom is
selfskending sonde, gaan nie die saak verbeter nie omdat dit juis skuldgevoelens gaan
meebring wat weer tot ander probleme gaan lei.

n Holistiese, begrypende sielkundige wat nie-verdoemend is en wat die nodige leiding
kan gee, is die ideaal. Dikwels word hipnoterapie gebruik om dit te help genees.

n Ander vorm van terapie wat baie suksesvol is, is ego-staat terapie. Die pasint word
geleer haar persoonlikheid het meer dele. Een deel mag depressief wees, maar daar is
ook n deel wat sterk en gesond is. Daar word dan gefokus op die innerlike kragte en sterk
punte, eerder as op die swakhede. In fase twee van die genesingsproses word die
swakhede of die oorsake vir die selfskending behandel wanneer die persoon sterker is en
besef deur ander denke kom ander emosies en ander reaksies op situasies.
n Woord van waarskuwing:
Alhoewel n selfskender nie die intensie het om selfmoord te pleeg nie, is dit baie na aan
selfmoord, s Cecile. Wanneer n persoon deur die selfskendingritueel gaan, voel hulle
niks nie. Daar is nie onmiddellike pyn nie en daarom kan hulle aanhou en aanhou.
Gevolglike bloedverlies kan dan dodelik wees.

Sonder om paranoes te wees moet ouers op die uitkyk wees vir kneus en snyplekke op
arms en borste of erge stukkende plekke.

Moedig joernaalskryf aan!

Iets wat beslis sal help vir selfskending, is die hou van n joernaal. Cecile raai selfskenders
aan om joernaal te hou en veral aandag te gee aan:
- Wat is die situasie?
- Wat was my denke?
- Watter emosies het ek gevoel?
- Wat was my reaksie?

Op die wyse kan die selfskender besef indien sy n ander denkpatroon volg, gaan daar n
ander emosionele reaksie wees en miskien n ander reaktiewe of miskien proaktiewe
reaksie.

Ten slotte s Cecile: "Behandeling moet met respek en deernis hanteer word. Die
moderne lewe het baie stres en dis baie moeilik vir mense om die ingewikkeldheid van die
onderbewuste te verstaan."

You might also like