You are on page 1of 2

AGT GEHEIME VIR DIE HANTERING VAN SPANNING

 Lewe en program is buite beheer


 Alles en almal jaag net verby
 Ons kan spanning nie wegwens nie maar ons kan dit beheer
 Spanning beheer of word beheer.
 Jesus het ook baie spanning beleef
 Ten spyte van ‘n vol program, haat volle teenstanders, min privaatheid, het sy lewe ‘n duidelike
gesonde balans gehad
 Wat was Sy geheim???

1. IDENTIFIKASIE: WEET WIE JY IS


John 8:12 En Jesus het weer met hulle gespreek en gesê: Ek is die lig van die wêreld; wie My volg, sal
sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe hê.

 18 keer het Hy gesê wie Hy is.


 Daar was geen twyfel in Sy denke oor wie Hy was nie.
 As jy onseker is oor jou identiteit gaan jy toelaat dat ander jou in hulle vorms indruk
 Om te probeer om iemand anders te wees wat jy nie is nie veroorsaak spanning.

TOEWYDING: WEET WIE JY WIL TEVREDE STEL


John 5:30 Ek kan uit Myself niks doen nie. Soos Ek hoor, oordeel Ek; en my oordeel is regverdig,
omdat Ek nie my wil soek nie, maar die wil van die Vader wat My gestuur het.

 Ons kan nie almal tevrede stel nie


Kyk na al die verskillende kerke dan sien jy nie eers die Here kan almal tevrede stel nie.
 Ons sien dit al die Bybel toe Jesus op aarde gewandel het.
 Jesus het nooit dat die vrees van verwerping hom spanning gee nie
 Moenie toelaat dat mense se verwagtinge jou manipuleer nie
 Niemand kan druk op jou sit sonder jou toestemming nie

3. ORGANISASIE: STEL VIR JOUSELF DUIDELIKE DOELWITTE


John 8:14 Jesus antwoord en sê vir hulle: Al getuig Ek ook van Myself, my getuienis is waar, omdat Ek
weet van waar Ek gekom het en waarheen Ek gaan. Maar julle weet nie van waar Ek kom en
waarheen Ek gaan nie.

 Jesus het weet waar kom Hy vandaan en waarheen is Hy oppad


 Niks maak ‘n mens so moedeloos as rigtingloosheid nie.
 Jy sal of gelei word deur prioriteite of druk.
 Prioriteite sê “ek is in beheer”
 Druk sê “iemand anders is in beheer”

4. FOKUS: FOKUS OP EEN DING OP ‘N KEER


Luke 2:42-44
42 En toe Hy twaalf jaar oud was, het hulle, volgens die gebruik van die fees, na Jerusalem opgegaan.
43 En nadat die feesdae vir hulle verby was, en terwyl hulle teruggaan, het die Kind Jesus in
Jerusalem agtergebly; en Josef en sy moeder het dit nie geweet nie.
44 Maar omdat hulle gedink het dat Hy by die reisgeselskap was, het hulle ’n dagreis vêr gegaan en
Hom onder die familie en onder die bekendes gesoek.
49 En Hy sê vir hulle: Waarom het u My gesoek? Het u nie geweet dat Ek in die dinge van my Vader
moet wees nie?

 Jy kan nie twee hase op een slag jaag nie.


 Jesus het geweet hoe om te konsentreer op dit wat belangrik is.
 Vat jou probleme een vir een vas
 Moenie almal gelyk wil hanteer nie, dit laat die berg groter lyk as wat hy is.

5. DELEGERING: MOENIE PROBEER OM ALLES SELF TE DOEN NIE.


Mark 3:14 En Hy het twaalf aangestel, sodat hulle saam met Hom kon wees en Hy hulle kon uitstuur
om te preek

 “As jy ‘n ding gedoen wil hê doen dit self”


 Ons raak gespanne wanneer ons dink dat alles van ons afhang
 Moenie toelaat dat perfeksionisme of die vrees dat ander dit dalk beter sal doen, jou
weerhou om ander betrokke te maak nie.
 Twee koppe is beter as een.

6. MEDITASIE: MAAK ‘N GEWOONTE VAN GEBED


Mark 1:35 En vroeg in die môre, nog diep in die nag, het Hy opgestaan en uitgegaan en na ’n eensame
plek vertrek en daar gebid.

Maak nie saak hoe besig Jesus was nie Hy het tyd gevind om in gebed te spandeer.
 ‘n Daaglikse TAMG is ‘n uitstekende spanning ontlader
Gebruik die tyd om met die Vader te praat oor die dinge wat pla.
 Luister “Sy raad is altyd die beste raad”
 Hy is nooit te besig of te haastig nie. Sy telefoon is nooit beset nie.
Vir jou het Hy al die tyd in die wêreld

7. ONTSPANNING: MAAK ‘N GEWOONTE DAARVAN OM DIE LEWE TE GENIET


Mark 6:30-31
30 EN die apostels het by Jesus saamgekom en Hom alles vertel wat hulle gedoen sowel as wat hulle
geleer het.
31 En Hy sê vir hulle: Kom julle self in die eensaamheid na ’n verlate plek en rus ’n bietjie. Want daar
was baie wat kom en gaan, en hulle het selfs geen geskikte tyd gehad om te eet nie.

 Balans is die sleutel tot die hantering van spanning.


 Werk moet gebalanseer word met plesier en aanbidding
 Ons moet soms iets doen, sport, ‘n stokperdjie, iets anders wat ons gedagtes van alles om ons kan
wegneem.

8. TEVREDENHEID: DIE HERE KEN JOU OMSTANDIGHEDE


Matthew 26:38-39
38 Toe sê Hy vir hulle: My siel is diep bedroef tot die dood toe; bly hier en waak saam met My.
39 En Hy het ’n bietjie vêrder gegaan en op sy aangesig geval en gebid en gesê: My Vader, as dit
moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.

 Jesus het geweet, dit maak nie saak wat met my gebeur nie die Vader weet wat is die
beste.
 Al verstaan ek nie nou nie, al is die omstandighede moeilik, Hy sal die uitkoms gee.
 Ek kan met die Vader gaan praat oor my probleme.
 Jesus is bekend met groot probleme angs en droefheid, Hy verstaan jou situasie. Gee
dit vir Hom vra Hom om te help.

You might also like