You are on page 1of 8

CTM 710

INSTRUKSIONELE HULPMIDDELS
EN MULTIMEDIA 710

WERKSTUK 1
GRONDBEGINSELS VAN GERIGTE
(DIRECTED) EN
KONSTRUKTIVISTIESE MODELLE

W.S. NEL
STUDENT: 99244374
ID: 6407075159088

INHANDIGINGSDATUM: 25 MAART 2009

W.S. Nel 99244374 0 CTM710 Exc1


1. GRONDBEGINSELS VAN DIE GERIGTE (DIRECTED) INSTRUKSIONELE
MODEL
a. Inleiding
Behaviourisme-teorieë konsentreer op die onmiddellik-waarneembare
naamlik veranderinge in gedrag deur toetse as aanduiders van leer.
Pavlov was ‘n baie groot voorstander deur sy eksperimente met honde,
waardeur onwillekeurige response beheer is deur fisiese stimuli
(Hond se mond begin water sodra ‘n klokkie gelui word).

b. Geskiedenis
i. B.F. Skinner het ‘n filosofie ontwikkel wat beweer dat gedrag
eerder deur die gevolge van aksies gekontroleer word as die
voorafgaande gebeure.
(‘n Kind glo hy sal beloning ontvang as hy homself gedra in die skool)
Hy beweer dus dat menslike gedrag deur die volgende
versterkings bepaal word:
 Positiewe versterking – Toename in gewenste gedrag
 Negatiewe versterking – Toename in gewenste gedrag deur
vermyding of verwydering van ‘n bepaalde stimilus
 Straf – Vermindering in ongewenste gedrag deur ongewenste
gevolge (Wilson:1997)
Skinner (en Pavlof) kan dus beskou word as die basiese grondleggers
van behaviourisme .

ii. R. Gagné het op Skinner se filosofie voortgebou en het die


beginsels van leerteorieë vir “optimale toestande vir leer” in
nege praktiese instruksionele beginsels geformuleer naamlik:
 Verkry aandag
 Wys aan die leerder die doelwit
 Stimuleer voorafgaande kennis verwerf
 Wys nuwe materiaal
 Bied leiding aan die leerder
 Lok prestasie uit
 Doen formatiewe assessering
 Doen summatiewe assessering
 Skerp verworwe kennis/vaardighede in

Gagné het hieruit verskillende tipes leer geïdentifiseer nadat


kennis/vaardighede verwerf is:
 Intellektuele vaardighede
 Probleemoplossing
 Hoër orde reëls
 Definiëring van konsepte
 Konkrete konsepte
 Diskriminerings
 Kognitiewe strategieë
 Verbale informasie
 Motoriese vaardighede
 Gesindhede

W.S. Nel 99244374 1 CTM710 Exc1


Gagné se werk is dan ook oral gebruik om sistematiese,
instruksionele ontwerpsbeginsels te ontwikkel soos bv in die
besigheidswêreld, die industriële wêreld en militêre opleiding.
(Roblyer:39, Wilson:1997)

c. Samevatting
Behaviouriste se siening van inligtingsverwerking in terme van geheue
kan soos volg voorgestel word:

Invoer deur Verlore


sintuie SINTUIG-
REGISTER

Aandag

KORT-
TERMYN- Verlore
GEHEUE

Herhaling
Sinvolle leer
Organisering
Uitbreiding
Verbeelding

LANG- Verlore indien nie


TERMYN- gereeld gebruik
GEHEUE word nie

(Wilson:1997)

W.S. Nel 99244374 2 CTM710 Exc1


d. Verband
Behaviourisme vorm die grondslag van GERIGTE INSTRUKSIE en die
informasieverwerkingsproses-afdeling van kognitiewe leerteorieë.
(Roblyer:36)

e. Kenmerke
i. Konsentreer op die onderrig van vaardighede op die laagste vlak
opbouend tot die hoogste vlak
ii. Doelwitte word duidelik gestel
iii. Indivuduele werk word meer beklemtoon
iv. Drilwerk en oefeninge help die leerders om te onthou
v. Selfgemotiveerde leerders word verder gestimuleer deur
“selfwerksaamheidsoefeninge”
vi. Toetse is meestal beperk tot die laagste denkvlakke naamlik
meervoudige keuse-vrae en afparing
vii. Toetse toon die hoogste vorm van objektiewe assessering
viii. Kriteria word gebruik om leerders en toetse te gradeer
(Wilson:1997)

W.S. Nel 99244374 3 CTM710 Exc1


2. GRONDBEGINSELS VAN KONSTRUKTIVISTIESE INSTRUKSIONELE MODEL
a. Inleiding
Die behaviouristiese teorie (soos deur Skinner geformuleer) word nog steeds
vandag grootliks in ons Suid-Afrikaanse skole toegepas ten spyte van ‘n
“verligte” onderwysstelsel wat ‘n konstruktivistiese uitgangspunt voorskryf.
Verskeie redes kan hiervoor aangevoer word soos bv ‘n tekort aan fondse, ‘n
tekort aan opgeleide leerkragte, ‘n swak werksgesindheid ens. Die vorige
kurrikulum is rigied voorgeskryf met die uitgangspunt dat die bemeestering
van klein hoeveelhede kennis en vaardighede op ‘n slag, later in wyer
konsepte opgeneem moet word. Assessering het dan grootliks gefokus op
die meet van verworwe kennis en vaardighede en het ook dan prestasie en
konsepsualisering genegeer.

Vanaf die laat 1980’s, het navorsers egter begin verstaan dat leer ontstaan uit
kognitiewe en ontwikkelende psigologie. Die kern van die nuwe
“konstruktivistiese teorie”, is dat mense die beste leer deur hul eie
konseptualisering te ontwikkel.

b. Geskiedenis
i. J. Dewey het leer as ‘n Sosiale Ondervinding beskou
Dewey het beweer dat:
 Die kurrikulum volgens die leerders se belangstellings
saamgestel moet word
 Die kurrikulum-onderwerpe moet geïntegreerd en nie geïsoleerd
beskou word nie
 Onderrig is groei
 Leer geskied deur die interaksie met die lewe eerder as
interaksie met die kurrikulum
 Leer moet “hands-on” ervaar word eerder as op ‘n abstrakte
wyse
(Roblyer:39)

ii. L. Vygotsky
Vygotsky het beweer dat leer geskied as ‘n kognitiewe leerproses
 Kognitiewe ontwikkeling is direk verwant aan en gegrond op
sosiale ontwikkeling en die invloed van kultuur
 Volwassenes en kinders beskou die wêreld uit verskillende
perspektiewe en die verskil staan bekend as “Zone of proximal
development “
 ‘n Steierstelsel (scaffolding) bestaan waar volwassenes die
kinders help en ondersteun op grond van dit wat die kind reeds
weet (Roblyer:39)

W.S. Nel 99244374 4 CTM710 Exc1


iii. J. Piaget
Piaget het beweer dat sekere tipes konseptualisering plaasvind
gedurende verskillende vlakke van liggaamlike ontwikkeling.
 Hy het vier vlakke van ontwikkeling geïdentifiseer:
 Sensomotories
 Pre-operasioneel
 Konkreet
 Formelel-operasioneel
 Wanneer die leerder gekonfronteer word met die onbekende,
veroorsaak dit ‘n wanbalans wat soos volg hanteer kan word:
 Assimilasie
 Akkomodasie (Roblyer:39)

iv. J. Bruner
Bruner het beweer dat leer interaksie met die omgewing is en dit
bewerkstellig kognitiewe groei.
 Kinders sal makliker verstaan en konsepte onthou wanneer hul
ontdek gedurende interaksie met die omgewing
 Leerkragte ondersteun “leer deur ontdekking” deur genoegsame
geleenthede te verskaf vir ontdekking, eksperimentering en
manipulasie van voorwerpe. (Roblyer:39)

v. H. Gardner
Gardner het die rol van intelligensie in leer probeer definieer met agt
soorte intelligensies
 Linguïsties
 Musikaal
 Logies-Wiskundig
 Ruimtelik
 Liggaamlik-kinesteties
 Intrapersoonlik
 Interpersoonlik
 Natuurkundig (Roblyer:39,Wilson:1997)
Die opvoedkundige implikasie is dat die leerkrag moet probeer om elke
leerder se tipe intelligensie te bepaal en dan die leerder se aktiwiteite
te rig op dit wat deur dié tipe intelligensie ondersteun word.
(Wilson:1997)

c. Samevatting
 Konstruktivisme is meer ‘n filosofie en nie ‘n vaste stel
strategieë nie.
 Die realiteit is in die gedagtes van die individu, die
individu interpreteer realiteit gebaseer op sy eie
persepsies
 Kennis word individueel gekonseptualiseer in die
gedagtes van die individu
 Die individu probeer die wêreld verstaan deur vooroordele en
filters wat saamgaan met menslike aktiwiteite
 Die mens maak staat op koöperatiewe interaksies
(Wilson:1997)

W.S. Nel 99244374 5 CTM710 Exc1


d. Verband
Konstruktivisme is sover bekend een van die mees populêre
onderrigfilosofieë in die tegnologies ontwikkelde wêreld en vind duidelik
gestalte in die huidige onderwysstelsel in Suid-Afrika.

e. Kenmerke
i. Alle kennis is gekonseptualiseer deur nadenkende terugskouing.
ii. Kognitiewe strukture eie aan die leerder fasiliteer die leerproses.
iiii. Die kognitiewe strukture van elke individu ontwikkel deurgaans.
iv. Leer word beïnvloed deur die omgewing, klimaat en kultuur.
v. Elke brein is uniek en moet voorsiening voor gemaak word.
vi. Effektiewe leer vereis verskillende onderrigmetodes.
(Caine:1991)

3. VERSKILLE TUSSEN GERIGTE EN KONSTRUKTIVISTIESE INSTRUKSIONELE


MODELLE

Gerigte instruksie Konstruktivistiese instruksie


Leerdoelwitte Word gedefinieër in terme van Word gedefinieër in terme van groei en
bemeestering van kennis in ‘n toenemende bekwaamheid om in
bepaalde volgorde en omvang groepe en onafhanklik te kan werk
Aktiwiteite Lesings, demonstrasies, Groepswerk, “hands-on” ontdekking,
besprekings, drilwerk, oefen, leerderontwikkeling en -ontdekking
toetsing
Assessering Geskrewe toetse en ontwikkeling Alternatiewe assessering, portfolios,
gemeet aan doelwitte, alle toetse rubrieks, merklyste, ens. Kriteria mag
het vaste kriteria vir alle studente vir leerders verskil
Leerkrag Gewer van kennis, deskundige, Lei en fasiliteer terwyl leerders self eie
konsepontwikkeling deur kennis konseptualiseer; Verleen slegs
gestruktureerde gebeure hulp waar nodig
Leerder Ontvang inligting, demostreer Werk in groepe saam, ontwikkel
bevoegdheid; Alle leerders leer bevoegdhede, ens. Leerders mag
dieselfde leermateriaal verskillende materiaal ontvang om te
leer
Kurrikulum Gebaseer op kennis- en Gebaseer op projekte/probleme;
vaardigheidsvlakke; Vaardighede ontwikkel gelyktydig lae- en hoëvlak
word in spesifieke volgorde vaardighede
aangeleer
(Wilson:1997)

W.S. Nel 99244374 6 CTM710 Exc1


4. OOREENKOMSTE TUSSEN GERIGTE EN KONSTRUKTIVISTIESE
INSTRUKSIONELE MODELLE
a. Beide modelle is gerig op die inwerkingstelling van effektiewe leer by beide
kinders sowel as volwassenes.
b. Beide modelle is geformuleer deur leiers op hul onderskeie gebiede en in hul
tydvak.
c. Beide modelle het voordele en nadele vir elke onderrigsituasie en kan dus nie
sommer net negeer word nie.

5. GEVOLGTREKKING
Behaviouriste beweer dat kennis as ‘n aparte entiteit buite die individu se brein
bestaan en leer vind slegs plaas wanneer hierdie kennis na mense gestuur word
sodat dit in hul brein gestoor kan word. (Roblyer:39)

Konstruktiviste beweer dat individue alle kennis in hul brein bou deur aan sekere
gebeure deel te neem. Leer vind dus plaas wanneer beide die meganismes vir leer
en die individu se unieke weergawe van die kennis gebou word in samehang met
die agtergrond, ondervindings en aanlegte. (Roblyer:39)

Na aanleiding van die bogenoemde, lei ek af dat nie een van die modelle heeltemal
korrek is nie.

Die behaviouriste (objektiviste) fokus net op die eksterne, waarneembare aanwysers


van leer.
Die belangrikste bydrae van die behaviouriste tot die ontwikkeling van leerteorieë is
egter dat leer opbouend plaasvind vanaf die laagste tot die hoogste vlak en dat
verskillende leerfases onderskei kan word.

Die konstruktiviste fokus weer op die “realiteit” en beweer dat elke individu realiteit
waarneem en konsepsualiseer volgens sy vermoë en ondervindings. Dit beteken
dat daar soveel realiteite is soos wat daar individue is!

Uit die bogenoemde kom ek tot die slotsom dat beide modelle ‘n plek het in ons
tegnologiese era, maar dat nie een van die twee verabsoluteer mag word nie.
Kennisoordrag volgens die behaviouristiese benadering (soos byvoorbeeld drilwerk
en vaardigheidsontwikkeling) asook dié van die konstruktivistiese benadering in
terme van eksperimentering en ontdekking, het beide plek in ons onderwysstelsel.
Daar moet egter baie streng gewaak word dat die een of ander nie verabsoluteer
word nie maar dat die beste uit elke benadering benut word soos wat die
onderrigsituasie dit op daardie oomblik vereis.

6. BIBLIOGRAFIE
a. Caine, R.N., & Caine, G. (1991). Making connections: Teaching and the human
brain. Alexandria, VA: Association for Supervision and Curriculum Development.

b. Roblyer, M.D. (2006). Integrating Educational Technology into Teaching.

c. Wilson B.G. (1997)


www.ncrel.org/sdrs/areas/issues/content/cntareas/science/sc5model.htm

W.S. Nel 99244374 7 CTM710 Exc1

You might also like