You are on page 1of 1

Mieliebrood (Mikrogolf)

1 Blik soetmielies
2 Eiers
15 ml olie
5 ml sout
15 ml suiker
500 ml bruismeel
Paprika
Kaas

Meng die mielies, olie en eiers


Voeg die sout, suiker en bruismeel by en meng deeglik
Spuit ringpan met kleefwerende middel en strooi paprika onder-in
Strooi kaas oor paprika en skep deeg in bo-op kaas in pan
Bak @ 60% krag vir 7 minute en dan @ 100% krag vir 3 minute
Keer uit gietvorm (kaas na bo) en laat afkoel

Roomys Verrassing
2l Vanilla roomys
1 Pak Chuckles sjokolade balletjies
Pakkie glanskersies
1 Pakkie Oreo Koekies
k Neute (ongesout)

Haal die roomys uit die vrieskas en laat effens sag word.
Voer n broodpannetjie uit met kleefplastiek
Breek die Oreo koekies in stukkies
Kap die kersies en neute fyn
Meng al die bestandele met die roomys en skep in die broodpannetjie.
Bedek die roomys met kleefplastiek en plaas in die vrieskas. Vries tot hard.
Keer die roomysmengsel net voor bediening uit die pannetjie. Haal die kleefplastiek
af en sny die roomys in skywe.

You might also like