You are on page 1of 3

Die wreld van dans

Regoor die wreld kan daar onderskei word tussen twee tipes danse:

1.

Kulturele danse
Hierdie danse word gedans deur die lede van n spesifieke gemeenskap. Dit
word dikwels gebruik tydens rituele en help om mense en gemeenskappe
bymekaar te bring. Dit kan ook bloot vir plesier gedans word.
Die danse vorm dikwels deel van mense se dag-tot-dag bestaan.
Dit het nie een oorspronklike skepper of outeur nie en word van geslag tot
geslag en plek tot plek oorgedra en ondergaan veranderinge tydens die oordraproses.
Twee tipes kulturele danse kan onderskei word:
Tradisionele danse
Dit behoort aan mense en kulture.
Hierdie danse word gedans waar mense van n spesifieke kultuur hulself
bevind.
Die danse skep n gevoel van aanvaarding tussen mense, aangesien meeste
mense binne n kultuur gewoonlik die passies ken en saam kan dans.
Byvoorbeeld volkspele, rituele Afrika danse
Inheemse danse
Dit behoort aan spesifieke lande of streke waar dit ontstaan en ontwikkel
het.
Byvoorbeeld hip-hop of Briekdans wat ontstaan het in Harlem, New York,
maar nou regoor die wreld gedans word. Dit is inheems aan die VSA.

Sommige inheemse danse is ook tradisioneel, indien jy byvoorbeeld n Zulu is wat


nog in die land van jou voorvaders bly, is die danse van jou feeste beide
tradisioneel en inheems.
Kwaito is egter n dans wat inheems is aan Suid-Afrika, maar nie tradisioneel nie.
2. Konsert

danse

Hierdie danse word deur professionele- of amateur dansers uitgevoer. Hierdie


dansers het opleiding in die dansvorm ontvang. Hulle dans vir n gehoor wat
toeskouers eerder as deelnemers is.
Verskeie vorme van konsert danse bestaan, byvoorbeeld:
Moderne- of kontemporre danse
Klassieke ballet
Klassieke Indiese danse
Afrofusie (n mengsel van moderne dans en tradisionele Afrika danse)
Jazz dans
Klopdans (Tapping)
Fisiese teater

Opdrag:
Doen navorsing oor enige dansvorm. Skryf ongeveer n bladsy oor die dansvorm
en verduidelik die volgende aspekte. In watter kultuur/land/streek het die
dansvorm ontstaan?
Wat beteken die dans vir die mense van die kultuur waar dit vandaan kom?
Is daar passies of formasies wat spesifieke betekenis dra?
Watter musiek word vir die dans gebruik?
Is daar spesifieke instrumente wat vir die dans se musiek gebruik word?
Jou opdrag gaan soos volg geassesseer word:
Inhoud
Verwysings
Uitleg, netheid, aanbieding
Totaal

15 punte
5 punte
5 punte
25 punte

Tydskedule
Dinsdag, 28 September Bring inligting skool toe, werk in klas aan taak.
Dinsdag, 4 September Bring inligting skool toe, werk in klas aan taak.
Dinsdag, 11 September Finale afronding van taak, handig taak in.

You might also like