You are on page 1of 4

STUDIE-EENHEID 3:

GEVOLGE VAN DIE SEKWESTRASIE TEN AANSIEN VAN DIE BATES VAN DIE INSOLVENT:
5.1 VESTIGING VAN BOEDEL IN
KURATOR:
Die funksie van die kurator is om die
bates in die boedel in te samel, dit te
gelde te maak en die opbrnegs onder die
skuldeisers te verdeel in die rangorde
wat deur die Wet bepaal word.
Om hom in staat te stel om dit te doen,
bepaal die wet dat n sekwestrasie bevel
die gevolg het dat die insolvent van sy
boedel ontneem word en dat dit op die
Meester en daarna by sy aanstelling op
die kurator oorgaan.
Indien n voorlopige kurator aangestel
word, gaan die boedel op hom oor
voordat dit op die kurator oorgaan.
Die boedel setel in die kurator totdat:

die intrekking van die


sekwestrasiebevel deur die hof
gelas word;
die skuldeisers n aanbod om
akkoord deur die insolvent
aanvaar wat voorsiening maak
dat die insolvent se goed aan
hom terugbesorg word;
n bevel vir die insolvent se
rehablitasie ingevolge artikel
124(3) uitgevaardig word.

Indien die kurator sy amp ontruim het of

5.2 GOED WAT IN DIE BOEDEL VAL:


Onderhewig aan sekere uitsonderings wat uit die Wet en ander wette voortspruit, bestaan die insolvente
boedel uit:
alle goed van die insolvent op die datum van sekwestrasie, insluitende goed wat ingevolge n
lasbrief tot beslaglegging in die hande van die balju is; en
alle goed wat gedurende die sekwestrasie deur die insolvent verkry mag word of aan hom mag
toeval, met inbegrip van enige goed wat die insolvent verhaal vir die voordeel van die boedel
waar die kurator versuim om die nodige aksie in te stel.
Ingevolge Artikel 2 beteken goed roerende of onroerende goed waar dit ook al in die Republiek gelee
is, en omvat dit voorwaardelike regte op goed met uitsondering van die voorwaardelike regte van
fideikommissere erfgenaam of legataris.
Onroerende goed word omskryf as grond en elke reg op of belang in grond of minerale wat
gregistreer kan word in n aktekantoor in die Republiek.
Met roerende goed word bedoel elke soort goed en elke reg wat nie onroerende goed is nie.
Roerende goed sluit n dranklisensie in en n reg van aksie, anders as een wat die insolvent persoonlik
mag afdwing.
Bates wat buite die Republiek gelee is, word nie ingesluit nie alhoewel, indien die skuldenaar binne die
regsgebied van die hof gedomisilieer is, die sekwestrasiebevel hom van al sy roerende goed ontneem.
Wanneer n insolvent besit verkry het van goed wat deur die kuratpr opgeeis kan word, word dit geag om
tot die insolvente boedel te behoort, tensy die teendeel bewys word. Indien n persoon wat na
sekwestrasie n skuldeiser van die insolvent geword het egtre beweer dat n bepaalde bate nie tot die
boedel behoort nie en aanspraak maak word die goed geag nie tot die boedel te behoort nie, tensy die
teendeel bewys word.
Sekwestrasie van n gesamentlike boedel maak albei eggenote insolvente skuldenare vir doeleindes
van die Wet. met die gevolg dat die goed van albei van hulle op die kurator oorgaan en is beskikbaar om
die eise van skuldeisers te dek. Goed wat n eggenoot in n huwelik in gemeenskap van goedere erf,
maak deel van die gesamentlike boedel uit, selfs waar die testament n bepaling bevat wat die goedere

5.3 BATES WAT NIE IN DIE


BOEDEL VAL NIE:
3. KLERE, BEDDEGOED ENS:
Die insolvent mag vir sy eie gebruik die
klerasie en beddegoed, sowel as huisraad
en gereedskap en ander noodsaaklike
bestaansmiddele as wat die skuldeisers
mag bepaal, behou Artikel 82(6).
Die insolvent mag ten gunste van sy
skuldeisers afstand doen van die
beskerming teen verkoping wat die Wet

1. VERGOEDING VIR BEROEPSBESERINGS


OF- SIEKTES:

2. PENSIOEN:
Die insolvent kan tot sy eie voordeel n
pensioen waarop hy geregtig mag wees
weens dienste deur hom gelewer, invorder
Artikel 23(7).
Daar is n aantal statutere bepalings wat
pensioengeld beskerm, onder andere
Artikel 3 van die Algemene Pensioenwet
29 van 1979.

5. VERGOEDING VIR WERK GEDOEN:


Artikel 23(9) bepaal dat die insolvent tot sy voordeel die besoldiging of vergoeding vir sy
werk of professionele dienste wat hy of iemand anders namens hom na die sekwestrasie
van sy boedel verrig het, mag invorder.
Hierdie bepaling word gekwalifiseer deur Artikel 23(5) wat lui dat die kurator geregtig is
op alle geld wat die insolvent ontvang het (of sal ontvang) in sy professie, beroep of diens
wat volgens die Meester se oordeel nie nodig is om homself en sy afhanklikes te onderhou
nie.Die gesamentlike uitwerking van hierdie twee bepalings is dat die besoldiging wat n
insolvent ontvang vir werk wat gedoen is in hom setel tot die Meester die mening
uitspreek dat n deel daarvan onnodig is.
Die Meester se beslissing in hierdie verband kom op die oefening van n kwasiegeregtelike
of administratiewe diskresie neer, en dit kan dus deur Artukel 151 op hersiening geneem
word.
Die kurator is geregtig om die gedeelte vandie insolvent se loonof salaris wat volgens die
Meester se oordeel onnodig is, te ontvang bloot deur die insolvent se werkgewer in kennis
te stel dat hy ingevolge artikel 23(5) op n gedeelte van die insolvent se besoldiging
geregtig is. Die kurator kan enige bedrag van die insolvent invorder d.m.v n lasbrief tot
eksekusie wat die Griffier moet uitreik op vertoon aan hom van n sertifikaat van die
Meester dat die vermelde bedrag invorderbaar is.
Die Wet stel nie enige tydsbeperking vas waarbinne die kuratorstappe moet doen om die
insolvent van enige oorskotinkomste teontneem nie, en die kurator kan stellig te eniger tyd

Vergoeding wat ingevolge die Wet op Vergoeding vir


Beroepsbeserings en Siektes 130 van 1993 aan n
werknemer betaalbaar is, of reeds betaal is, is
skynbaar uitgesluit van die insolvente boedel op
grond daarvan dat dit vergoeding is vir verlies of
4. VOORDELE BETAALBAAR AAN
MYNWERKER:
Die reg van n mynwerker op n voordeel of n
gratifikasie, of geld wat as sodanig aan die mynwerker
betaal is, vorm nie deel van sy insolvente boedel nie.
6. WERKLOOSHEIDVERSEKERINGSVOORDELE:
Artikel 33 van die Werkloosheidversekeringswet 63
van 2001 bepaal dat voordele waarop n werknemer
ingevolge die Wet geregtig is, nie afgestaan kan word
en dat daar nie ingevolge n hofbevel daarop beslag
gele mag word nie.
7. AANDEEL IN AANWAS:
In die geval van n huwelik wat aan die
aanwasbedeling ingevolge die Wet op
Huweliksgoedere 88 van 1984 onderhewig is, vorm
die reg van n eggenoot om in die aanwas van die
ander eggenoot te deel, nie n bate in die insolvente

8. REG VAN HUURARBEIDER OP GROND OF REG


IN GROND:
Indien die insolvent n huurarbeider is en geregtig is
om aansoek te doen om die toekenning van grond of
n reg in grond ingevolge die Wet op Grondhervorming
3 van 1996, maak sy reg in hierdie verband nie deel

9. LEWENSVERSEKERINGSPOLISSE:

10. TRUTSGOED/FONDSE:

Artikel 63(1) van die


Langtermynversekeringswet 52 van 1998
sluit sekere polisvoordele uit die insolvente
boedel uit,naamlik:

In die algemeen vorm geld of goed wat aan n


verteenwoordiger oorgedra word om hom
instaat te stel om sy mandaat uit te oefen deel
van die insolvente boedel van die
verteenwoordiger. Die posisie is egter anders in
die geval van trustgoed en fondse.

die polisvoordele wat verskaf word of


verskaf staan te word aan die insolvent
kragtens n bystand-,lewens-,
ongeskiktheids- of gesondheidspolis wat
vir n tydperk van minstens 3 jaar van
krag was en waarin die insolvent of sy of
haar gade die versekerde lewe is; en
enige bates wat die insolvent uitsluitelik
met sulke polisvoordele verkry het vir n
tydperk van 5 jaar vanaf datum waarop
hulle verskaf is.

Die polisvoordele of bates word tot n totale


bedrag van R50000 of n ander bedrag wat deur
die Minister van Finansies voorgeskryf word,
uitgesluit
Artikel 63(1) is nie van toepassing nie as die
betrokke polisvoordeel betaalbaar is aan n
derde persoon en nie aan die insolvent nie. Die
reg op die voordele in so n geval vestig in die
derde persoon (sodra hy sy aanvaarding aan die
versekeraar meedeel) en daar is dus geen
moontlikheid dat hulle deel van die insolvente
boedel word nie.
n Lewenspolis wat deur die insolvent uitgeneem
is ten gunste van n derde persoon is n bate in
die insolvente boedel in die mate dat die kurator
gevestig is met enige reg wat die insolvent
gehad het om die polis af te koop voor sy
afsterwe en betaling van die afkoopwaarde te
verkry.
Die bewyslas rus op die insolvent om op n
oorwig van waarskynlikhede e bewys dat hy

Die bates van n behoorlike opgerigde


trust, ofskoon dit in die trustee setel
vorm by sy insolvensie nie deel van sy
persoonlike boedel nie.
Geld wat in die trustrekening van n
prokureur, notaris of aktebesorger of
eiendomsagent gehou is, vorm nie deel
van die insolvente boedel van die
betrokke persoon nie, tensy en todat alle
eise teen die trustrekening betaal is en n
oorskot in die rekening agterbly.
Trustgoed bele, gehou, in n veilige
bewaring gehou, beheer of
geadministreer deur n finansiele
instelling of n benoemde maatskappy
maak nie deel uit van die bates of fondse
van daardie instelling of maatskappy nie.
Dieselfde uitsluiting is van toepassing op
authorized user wat deur n beurs
gemagtig is om sekuriteitsdienste
ingevolge die beursreels te verrig.
Fondse in n trustrekening van n
authorized user word as trustgoed
soos gedefinieer in die Wet op Finansiele
Instellings beskou en daardie wet is op
daardie fondse van toepassing en
onderworpe.

11. GOED VERKRY MET GELD UIT


BOGENOEMDE BRONNE:
Goed wat met geld uit enige van
bogenoemde bronne verkry is, gaan nie op
die kurator oor nie. Dit geld ook vir goed wat
verkry is met besoldiging t.o.v werk wat
gedoen is.
Soos die besoldiging self, is die goed prima
facie die eiendom van die insolvent en bly
dit by die afwesigheid van n mening deur
die Meester dat die besoldiging, of deel
daarvan, nie noodaaklik was vir die
onderhoud van die insolvent of sy
afhanklikes nie, die geval.
In Ex Parte Fowler het die insolvent na sy
sekwestrasie spaarsamig op sy salaris geleef
en n boedel opgebou wat, interalia, uit
sekere vaste eiendom wat in sy naam
geregistreer was, bestaan het. Daar was
geen bewys dat die Meester in enige
stadium die vraag oorweeg het of daar n
oorskot aan verdienste bo die noodsaaklike
bedrag wat vir die onderhoud van die
insolvent en sy afhanklikes nodig was,
bestaan het nie. By die rehablitasie van die

5.4 BESKIKKING OOR BOEDELBATES DEUR


INSOLVENT:

5.5 VERKRYGING VAN NUWE BOEDEL GEDURENDE


INSOLVENSIE:

n Insolvent kan om vanselfsprekende redes nie goed


wat deel van sy insolvente boedel vorm, vervreem nie,
maar die Wet laat een uitsondering op hierdie reel toe.
Indien die insolvent kragtens artikel 25(3), enige
registrasiehandelung teweg gebring mbt onroerende
goed in sy boedel nadat elke caveat wat teen die goed
by die Registrateur van Akte aangeteken is, verval het,
is die betrokke regshandeling geldig.

In die lig van die feit dat verskeie goed nie op die
kurator oorgaan nie, is dit duidelik dat die insolvent
tydens die termyn van sy insolvensie n nuwe boedel
mag verkry en dit, vry van enige aanspraak van die
kurator, kan behou.

n Caveat, soos dit later blyk word op die titelaktes van


die onroerende goed in die insolvente boedel
aangeteken ten einde die insolvent te verhinder om die
goed oor te dra of enige reg daaroor te registreer
Indien n insolvent ingevolge Artikel 25(4), onroerende
goed of n reg op n onroerende goed wat deel van sy
insolvente boedel vorm, onregmatig vervreem, kan die
kurator, ondanks die bepalings in artikel 25(3)
vergoeding verhaal t.o.v die goed of reg wat vervreem
is. Die kurator is geregtig om dit te verhaal tov die goed
of reg wat verveem is. Die kurator is geregtig om dit te
verhaal van:

die insolvent persoonlik;


n persoon wat die goed of reg verkry het terwyl
hy geweet het dat die goed deel van die
insolvente boedel gevorm; of
n persoon wat nie geweet het dat die goed of
reg deel van n insolvente boedel gevorm het
nie, maar wat dit verkry het sonder om
voldoende teenwaarde in ruil daarvoor te gee.

Die howe het egter beslis dat die boedel wat na

You might also like