You are on page 1of 2

t

Met die sesde generasie Louw


op Diemersdal kry n mens
die gevoel dat oud en nuut
mekaar hier ontmoet. Deur
Edo Heyns.

SE STORIES TOT

Sauvignon.com

aar is meer gewels op Diemersdal


as op enige ander landgoed. Hier
word sedert 1702 wyn gemaak en
daar staan vandag nog geboue van
daardie era. Dit is egter dieselfde
besigheid wat die progressiewe
stap geneem het om www.sauvignon.com
te registreer en die afgelope dekade reuse
spronge in die plaaslike en internasionale
bottelmark gegee het.
Thys verteenwoordig die sesde generasie
Louws op Diemersdal, met erfenis en
geskiedenis as n trotse hoeksteen van
die onderneming n n groot motivering
om dit nog verder uit te brei. Elke tweede
generasie dra die name Michael Matthys
Louw, soos Thys (en die MM Louw
Sauvignon Blanc), wat met Tienie Louws,
soos Thys se pa en seun, afgewissel word.
Jy kan sommer voel daar is baie stories
wat op hierdie plaas afgespeel het en dit
vat nie lank voordat Tienie snr begin vertel
nie. Toe my oupa die een wat veral lief
was vir gewels Elsenburg toe was, het my
ouma die wynmaak verantwoordelikhede
oorgeneem. Sy het geglo dat wyndrink
n sonde is en daarom eerder begin asyn

produseer. Gelukkig het hierdie gier nie lank


gehou nie! spot hy.
Die vroer geslagte Louws het nie baie oud
geword nie, met Tienie die eerste Louw
wat die 60 jaar mylpaal gehaal het. Toe sy
pa oorlede is, het hy vir Tienie en sy broer
Wheatie die plaas sonder geld of skuld
nagelaat. Diemersdal het toe aan KWV begin
druiwe lewer, maar kort daarna ook 750
hektaar grond vir saai-doeleindes gehuur.
In 1982 het Tienie en Wheatie met 75%
kontant vir Maastricht gekoop. Daardie
jaar het Diemersdal amper 2500 ton aan

Thys het n
waardeketting
benadering veral
in n tydperk waar dit
volgens hom makliker
is om vertikaal as
horisontaal uit te brei.

FOTO: ANNA-LOUISE SPREETH

FAMILIEBOOM: N REEKS OOR WYNBEDRYF FAMILIEBESIGHEDE

oeka
Drie geslagte,
Tienie,
Tienie jnr
en Thys.

FOTOS: ANNA-LOUISE SPREETH

Die Louw-familie: Tienie, Joanita, Tienie jnr, Thys, Amelie en Ladine.

die KWV gelewer. Vergenoegd en


Diemersdal was op daardie stadium
die KWV se grootste verskaffers; die
basis van KWV Roodeberg was tot en
met 1995 op laasgenoemde gemaak.
Sauvignon Blanc en een van die
kultivar se grootste ondersteuners,
Thys, het ook beide in die jare 80 hul
opwagting op Diemersdal gemaak.
In 1987 het Tienie vir die eerste keer
agt vate wyn as Diemersdal wyn
opsy gehou. Hy erken dat hy maar n
bulk-mentaliteit gehad het, maar het
nietemin in 1992 sy vrou, Joanita,
se raad gevolg en n proelokaal op
Diemersdal oopgemaak. Vroue
kyk anders na n ding. Dit is die
moeite werd om na hulle te luister
en gereeld idees op hulle te toets,
verduidelik hy.
Diemersdal se witwyn kelder is in
1998 gebou. Dit was n volgende
stap na die kelder se onafhanklikheid
van KWV in 2005, presies n jaar
voordat Thys die leisels in die kelder
oorgeneem het.
Toe Thys in 2006 by die kelder
instap, het ek uitgestap. n Kelder het
net een baas en dit was van daardie
dag af Thys. n Mens moet jou kop
regkry vir die skuif, maar jy ken
mos jou kinders. As iemand my vra
hoe jy iemand moet vertrou, is my
antwoord eenvoudig. Jy vertrou hom
of haar, vertel Tienie.

Thys het vantevore by


Buitenverwachting en Jordan gepars
en toe hy by Diemersdal oorgeneem
het, het hy die eerste paar maande
net op die wynmaak gefokus,
terwyl sy pa na die res van die
onderneming omgesien het.
Sy fokus en passie was vanuit die
staanspoor Sauvignon Blanc en
om die skuif van grootmaat na die
bottelmark te maak. Thys het n
waardeketting benadering, veral
in n tydperk waar dit volgens
hom makliker is om vertikaal as
horisontaal uit te brei.
Tienie en Thys erken albei dat hulle
baie verskillende benaderings het.
Thys wil by punt A uitkom. Ek ook.
Thys gaan dit net op n heel ander
manier as ek doen, vertel Tienie.
Thys sluit aan hierby deur reguit
te erken dat sy pa heelwat meer
toegeeflik as hy is. Vir my is dinge
meer wit of swart, n ding is reg of
verkeerd, bevestig Thys.
Dis baie lekkerder om n bottel in
n winkel te sien, eerder as om bloot
druiwe of grootmaat wyn te laai.
Die omstandighede is ook reg
daarvoor: die wreld het klein
geword en tegnologie speel n
groot rol. Druiwe is ook goedkoop
en mens het toegang tot baie
goeie druiwe, vertel hy. Volgens
Thys hou n waardekettingbenadering ook veel meer

waarde vir Handelsmerk


Suid-Afrika in.
Suid-Afrika het nie n sterk uitvoer
handelsmerk van meer as een
miljoen bottels nie. Ons het dit
nodig en bemarking moet hiervoor
opgeknap word, vertel hy.
Die familie-aspek van Diemersdal
speel n enorme rol in hoe die
besigheid funksioneer n hou
volgens Thys groot voordele in.
In China dra familiebesighede groot
gewig. n Mens moet self jou agente
gaan sien en ek en my pa doen dit
baie.
Volgens Thys moet familie
besighede wat teen groot
korporatiewe maatskappye
meeding, na hul sterk punte speel.
Ons kan nie die groot spelers met
vet tjeks aanvat nie, maar ons kan
hulle op diens en gehalte aanvat.
Boonop is daar baie besighede wat
deur buitestaanders bestuur word,
wat nie vir hul eie sak baklei nie.
Hulle het groot begrotings, sonder
om innoverend te wees, vertel Thys.
Diemersdal is sterk op pad om
Thys se droom van n 5000 ton
kelder wat die bottelmark bedien,
te realiseer. En terselfdertyd word
Tienie se droom bewaarheid, want
die witwynkelder is immers vir
Thys en sy Sauvignon Blanc-droom
gebou. w

*Familieboom word aangebied met die ondersteuning van Hauptfleisch Grondverskuiwing, n vierde-geslag familiebesigheid.

Grondverskuiwing
Alle familiebesighede het n verhaal om te vertel ...
en alle goeie verhale begin met wit en swart fotos.
Ons dek die tafel vir goeie wyn.

Tel: 021 - 873 2026


Sel: 082 801 7707
E-Pos: niel@hauptfleisch.co.za
Web: www.hauptfleisch.co.za

You might also like