You are on page 1of 2

Nastassje Joubert

18169880
Staatsreg
Tutoriaal 6
4 Mei 2015
Suid-Afrika bestaan uit n multiparty politieke sisteem waarin daar 13 politieke partye
op die kieserslys verskyn. Hierdie verkose partylede vorm dan die Nasionale
Vergadering asook die Nationale Raad van Provinsies. Die ANC is die dominante
party in Suid Afrika en beheer agt van die land se provinsies. Die Suid-Afrikaanse
parliament bestaan uit twee huise, die Nationale Vergadering en die Nasionale Raad
van Provinsies. Die Nationale vergadering is baie meer invloedryk, aangesien hulle
die wette opstel. Elke lid van die parliament word verkies vir n tydperk van 5 jaar.
Alle burgers bo die ouderdom van 18 jaar is geregtig om te stem.
Lede van elke twee kamers van die parlement word op verskillende wyses verkies, dit
beteken dat hierdie twee huise verskillende belange verteenwoordig, en dit pas ook n
wig en teenwig funksie teenoor mekaar uit. Die Nasionale Vergadering word
demokraties verkies as n laer huis van die parlement. Daar word in Suid-Afrika n
sisteem van proporsionele verteenworrdiging gebruik gemaak om te verseker dat die
regering deur die mense verkies word. Die kiesers stem egter nie vir individuele
kandidate nie, maar vir politieke partye.
Ons demokratiese stelsel kan dus nie funksioneer sonder die teenwoordigheid van
politieke partye nie en daarom beklemtoon die Grondwet dat Suid-Afrika 'n
demokratiese staat is wat gegrond is op die waardes van 'n stemreg vir volwassenes, 'n
nasionale gemeenskaplike kieserslys, gereelde verkiesings en 'n veelparty-stelsel van
demokratiese regering.
Die Grondwet bepaal egter nie uitdruklik die verhouding tussen die buiteparlementre aspek van die politieke partye en die intra-Parlementre en intrauitvoerende aspek van die party nie. Omdat die kiesers stem vir 'n politieke party en
nie 'n individu is, moet die lede van die wetgewende en die uitvoerende gesag
1

algemeen voldoen aan die beleid van die politieke party hulle behoort. Lede van die
wetgewer het nie 'n vrye mandaat om te stem volgens hulle eie oortuigings nie.
Verteenwoordigers moet n balans vind tydens hul verteenwoordining tussen die
verpligting om die politieke party se beleid te volg en die behoefte om die kiesers se
belange te verteenwoordig. Aan die een kant moet openbare verteenwoordigers gelei
word deur die beleid en besluite van hul partye. Aan die ander kant, moet hulle die
kiesers verteenwoordig, volgens die vereistes van die grondwet. Waneer lede van die
wetgewende of die uitvoerende gesag nie enige onafhanklike besluite neem nie maar
slegs besluite van die buite-parlementre leierskap van die politieke party voer, is die
strukture van die land ondemokraties.
In die saak August v Verkiesingskommissie het die Konstitutionele hof bevind dat die
Kommisie nie aan sy verpligting volgens die Grondwet voldoen het nie, aangesien
hulle nie gevangenes in staat gestel het om te registreer en te stem in die demokratiese
verkiesing nie. Dit is dus teen die beginsels van n demokrasie, soos uiteengesit in die
Grondwet.

You might also like