You are on page 1of 3

ASCLEPIAD HEALING DREAM

Afrikaanse verwerking van Dr Eldon Taylor se meditasie

deur Pieter Uys

http://www.innertalk.com/

http://www.progressiveawareness.org/
Genesingsdroom deur Eldon Taylor

Die heelal vind gestalte uit net een bewussyn


Wat ontluik soos golfkruine en -dale in een see
Beperkte aspekte, elkeen en almal van ons, alles wat is
Alles is, die ”as” is ons
Uit, van en deur liefde gebore.

Een droom versmelt in ʹn ander in ʹn see van drome


Beweging ontvou uit stasis en rangskik gebeure in tyd
Deur polse van energie, materie en die lere van lig
Wat versprei soos ʹn leidraad, ʹn blinddoek vir dié sonder sig
Die hemelse ryk is binne-in ons
Die tydlose nuutheid van God vergestalt in my
Die vreugde van Sy nabyheid vloei deur my en is ek
Die prag wat die Almagtige is
Sy krag, een alomteenwoordige asem
Genees en versterk my en alles waaraan ek dink.

Ek skyn soos ʹn lamp van Sy skepping

Een in ʹn see van grenslose wit lig


Hy genees alles
Sy volmaaktheid vol vrede, balans, harmonie en orde
Vul nou alle vlakke van my bestaan
Waar ons Vader is, kan daar net vrede wees.
http://www.progressiveawareness.org/articles/About_the_Founder_of_PAR.html

http://www.innertalk.com/cgi-bin/store/agora.cgi?p_id=CD200&xm=on&ppinc=search2

You might also like