You are on page 1of 1

Liefde, blydskap en gelukkig. Dit is die drie gevoelens wat so na aan my hart l.

Niemand verstaan hoe dit voel om n weeskind te wees nie om uitgesluit en


alleen te voel asof jy die laaste pak meel is op die rak. Tog hoor ek elke keer die
musiek, hul stemme en dis die stemme wat die vlam binne my laat brand. Met sterk
geloof, glo ek dat my ouers steeds lewe en dat ek hulle eendag sal vind.
In ons woonbuurt brand daar n reeks flou kersligte. Die straat is vol poele water,
die lug is koud, my tande kners en ek bewe. Skielik hoor ek die stemme soos die
van die engele soos ek verby die kerk stap. Die stemme nooi my in die kerk en soos
ek instap, sien ek dat daar n koor op die verhoog is wat besig is om te oefen. Die
dominee sien my toestand dat ek bewe en hy bied vir my n plek aan in die kerk. n
Gevoel van warmte oorval my net om te dink dat hom oor my ontferm.
Die volgende oggend sien ek dat daar in die gang n orrel staan. Dit is een van die
grotes wat stoom gebruik om n noot te speel. Alhoewel ek nog nooit geleer het om
n instrument te speel nie, voel ek hande wat my klein vingers help om die orrel te
speel. Wat ek gespeel het, was n vertroosting vir my siel, maar die begeerte om
geliefd te word deur iemand is nog steeds daar. Die dominee nader my toe en s
dat ek vir die musiektalent wat ek het verder moet gaan studier. Dit was die begin
van my droom om die gesogte musiekskool in die land by te woon Juliard Skool
van Musiek.
Die eerste paar dae by Juliard was opwindend. My professor was verbaas vir die
talent wat ek as n tienjarige het. Hy besluit toe om my na die Juliard Raad van
Direkteure te stuur. Eers was ek bang, want ek het nie geweet wat hulle van my
verwag nie. Tot my verbasing wou hulle h dat ek my eerste meesterstuk moet
speel by die Mahattan Perk Konsert
Die vols tjirp, die blare ritsel, die wind fluit en ek hoor hoe die branders teen die
Hudson Baai se rotse breek. Soos ek die verhoog betree, begin die musiek speel. Ek
voel hoe die meesterstuk wat ek moet speel deur my are hardloop. Dit maak my
bewus van twee stele voetstappe wat hul weg maak deur die skare. So aan die
einde van my optrede maak ek my o oop en sien uitgestrekte arms.
Ek val in die arms van my ouers en dit voltooi my asof ek in n warm kombers
toegdraai word. Die was die musiek wat my na hulle gelei het EK WEET DIT! Net
drie woorde beskryf hoe n weeskind voel: LIEFDE, BLYDSKAP EN GELUK!!!

You might also like